SKOOLREËLS INHOUDSOPGAWE. A. Aantree 2. B. Gange 2. C. Klaskamers 2. D. Speelterrein 3. E. Snoepwinkel 4. F. Afwesigheid 4. G.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "SKOOLREËLS INHOUDSOPGAWE. A. Aantree 2. B. Gange 2. C. Klaskamers 2. D. Speelterrein 3. E. Snoepwinkel 4. F. Afwesigheid 4. G."

Transcriptie

1 A.5 SKOOLREËLS INHOUDSOPGAWE A. Aantree 2 B. Gange 2 C. Klaskamers 2 D. Speelterrein 3 E. Snoepwinkel 4 F. Afwesigheid 4 G. Selfone 4 H. Kleredragreëls : Gewone Klere Dag 4 I. Algemeen 5 J. Toilette/Kleedkamers 6 K. Saal 7 L. Voorportaal 7 M. Administrasieblok 8 N. Skoolgebou na ure 8 A. AANTREE 1. Wanneer die eerste sirene loei, moet alle leerders onmiddellik na die rye beweeg. Niemand mag laat by die rye kom nie. 1

2 2. Wanneer die tweede sirene loei, moet daar stilte wees en alle leerders moet gereed wees om in te stap. B. GANGE 1. Dit is totaal verbode om voor, tydens en na skoolure in die gange te gesels, te hardloop, te speel of te drentel. 2. Wanneer leerders klasse verwissel, beweeg hulle in enkel gelid aan die linkerkant van die gang met hul tasse weg van die muur. 3. Wanneer leerders aan die begin en einde van die dag en aan die begin en einde van pouse na en van die klaskamers beweeg, stap hulle in twee rye. 4. Leerders in die boonste gang beweeg eers na buite wanneer die leerders in die onderste gang reeds buite is. 5. Leerders mag nie hul voete in die gange sleep nie, sodat daar nie swart skoenmerke op die vloer sal ontstaan nie. 6. Daar mag nie aan die hakke buite die klaskamers geraak word wanneer leerders in die gange beweeg nie. 7. Dit is verbode om in die gange of kleedkamers te eet. Hardlopery en die speel van speletjies mag nie hier plaasvind nie. C. KLASKAMERS 1. Slegs klasmonitors word voor skool in die klaskamers toegelaat vanaf 07: Klaskamers en banke moet te alle tye skoon en netjies gehou word. Skryf of teken op banke en mure is totaal verbode. 3. Geen leeders word toegelaat om gedurende lesure in die klas te gesels of rond te loop nie, tensy hy/sy die opvoeder se toestemming het. 4. As n opvoeder om een of ander dringende rede die klaskamer moet verlaat, moet die leerders ordelik en stil met hul werk voortgaan. 5. Wanneer leerders n klaskamer verlaat, moet dit netjies nagelaat word en elke leerder moet sorg dat sy/haar bank netjies reggepak is. 6. Geen klere of sakke mag na skool op hakke buite klaskamers gelaat word nie. 7. Leerders moet klop wanneer hulle n ander opvoeder se klaskamer besoek. Stap daarna dadelik in en groet beleef. 8. Geen leerder word tydens pouses of ná skool in die klaskamer toegelaat sonder toestemming van n opvoeder nie. 9. Geen leerder mag gedurende lestyd eet nie. Die opvoeder mag die eetgoed konfiskeer. 2

3 D. SPEELTERREIN 1. Leerders moet in hul betrokke gebied speel tydens pouses. 2. Leerders moet hulle toebroodjiepapiere, broodkorsies, skille, ens. in die vullisdromme plaas. 3. Die volgende word nie gedurende pouses óf voor óf na skool op die speelgrond toegelaat nie: fietsry op die skoolterrein (leerders moet by toegangshekke op- of afklim en fiets na fietsrak stoot); fietse mag nie voor die atletiek-/rugbyveld se hek of die skoolingang gelaat word nie; daar mag nie tussen of by die fietsrakke gespeel word nie; niemand mag met n ander se fiets peuter nie; boomklim, takke afbreek, bessies pluk en afpluk van blare word nie toegelaat nie; daar mag nie oor die heining geklim word nie; speletjies wat skoolklere sal besmeer, verniel of skeur, mag nie gespeel word nie; sportsoorte soos rugby, krieket, tennis, netbal, ens. mag nie met skoolklere aan gespeel word nie slegs korrekte sportdrag; op ons tennis- en netbalbane word slegs dié twee sportsoorte gespeel; speletjies waar met n harde bal gespeel word, word nie toegelaat nie; enige vorm van vuurwerke (bv. klappers), BB -gewere, vuurwapens of gevaarlike messe word nie op die skoolterrein toegelaat nie; die eet van kougom op die skoolterrein is streng verbode; leerders mag nie die skool deur die voorportaal binnekom of verlaat nie; die netbalpale mag nie vir basketbal gebruik word nie. 4. Die speelterrein is daar om deur alle leerders geniet te word. Gun hierdie voorreg ook vir mede-leerders. 5. Indien enigiets tydens n pouse gebreek of beskadig word, moet dit onmiddellik by die skoolhoof/adjunkhoof aangemeld word. 6. Leerders mag nie gedurende skoolure die skoolterrein verlaat sonder die toestemming van die skoolhoof of adjunkhoof nie. 7. Geen leerder word toegelaat om in die tuingebied voor die skool te speel nie dit sluit die gebied in tussen die voorkant van die saal verby die hoofhek tot by die hoek van die personeelkamer. 3

4 E. SNOEPWINKEL 1. Aan die begin van pouses moet die leerders in netjiese rye tussen die relings voor die luik van die snoepwinkel aantree. 2. Daar staan slegs vier leerders gelyktydig voor die luik van die snoepwinkel. Daar sal geen gestampery, indrukkery of enige ander vorm van wangedrag toegelaat word nie. Enige oortreder sal ooreenkomstig die gedragskode gestraf word. 3. Daar sal geen leerder vanaf die sydeur van die snoepwinkel bedien word nie. F. AFWESIGHEID In die geval van afwesigheid moet die ouer die rede vir afwesigheid agter in die leerder se huiswerkboek aanteken en/of n doktersertifikaat aan die opvoeder verskaf. Die huiswerkboek/doktersertifikaat moet ook waar van toepassing aan die onderstaande opvoeders getoon word: Musiek/koor Sport Verenigings en/of klubs G. SELFONE Leerders word ontmoedig om selfone skool toe te bring. Indien dit wel gebeur, aanvaar die skool geen verantwoordelikheid indien dit gesteel of beskadig word nie. Selfone moet GEHEEL EN AL AFGESKAKEL wees tydens klastyd. Indien nie, sal dit onmiddellik vir n onbepaalde tyd gekonfiskeer word. (Sirukulêre 2007/01) H. KLEREDRAGREëLS : GEWONE KLERE DAG Die enigste verskil in die kleredrag op n gewone klere dag, is dat die skooldrag vervang word met gewone klere. Die akademiese program gaan voort soos gewoonlik. BELANGRIK : GEEN ONAANVAARBARE, AANSTOOTLIKE SLAGSPREUKE OP KLERE WAT IN STRYD IS MET DIE ETOS VAN ONS SKOOL, SAL TOEGELAAT WORD NIE. 4

5 Kleredrag vir meisies Klere moet geskik wees om skool toe te dra. Geen ontblotende, skouerlose toppies met lae halslyn of kaal middelrif nie. Juweliersware soos armbande en halssnoere moet met matigheid gedra word. Geen sigbare liggaamlike deursteeksels ( piercings ), behalwe oorringe. Pette mag nie binne die skoolgebou gedra word nie. Alle onderklere moet bedek wees. Geen grimering (soos in die skoolreëls). Hare mag los gedra word, maar mag nie gekleur word nie. Kleredrag vir seuns Klere moet geskik wees om skool toe te dra. Geen sigbare liggaamlike deursteeksels ( piercings ). Geen oorringe. Pette mag nie binne die skoolgebou gedra word nie. Alle onderklere moet bedek wees. Hare moet volgens die skoolreëls wees (mag nie gekleur word nie). Leerders wat hierdie kleredragreëls oortree, sal by n daaropvolgende geleentheid nie toegelaat word om met gewone klere skool toe te kom nie. I. ALGEMEEN 1. Nuwe leerders word toegelaat om hul vorige skool se skooldrag nog vir die duur van daardie betrokke kwartaal te dra. 2. Alle kledingstukke moet duidelik gemerk wees. 3. Verlore kledingstukke word by die ontvangstoonbank ingelewer en kan daar afgehaal word. 4. n Skoolsweetpak mag slegs gedra word as deel van die sportdrag en op dae wat die leerders Liggaamlike Opvoeding het. 5. Naels moet kort geknip en skoon wees en geen naellak, korrigeerlak (tipp-ex), ens. mag op naels gebruik word nie. 6. Geen grimeermiddels word toegelaat nie. 5

6 7. Hare: Seuns: Reëls oor hare is gebaseer op netheid, natuurlikheid en style wat geskik is vir n seun wat n uniform dra. Hare mag nie oor die ore en kraag hang nie. Die kuif mag nie onder die ooghare hang nie. Hare mag nie gekrul, gekleur of in enige kleursjampoe gewas wees nie. Geen steps, undercuts, walle of snaakse style word toegelaat nie. Geen gel mag gebruik word nie. Meisies: Reëls oor hare is gebaseer op netheid, natuurlikheid en style wat geskik is vir n dogter wat n uniform dra. Hare moet weg van die gesig vasgemaak word met rekkies of linte. Die kuif mag nie onder die ooghare hang nie. Dogters mag slegs wit bykomstighede in hulle hare dra. Hare mag nie gekrul, gekleur of in enige kleursjampoe gewas wees of sonstrepies hê nie. Geen steps, undercuts, walle of snaakse style word toegelaat nie. 8. Geen juweliersware, behalwe horlosies en medic-alert kentekens mag saam met die skooldrag gedra word nie. Meisies met enkel gaatjies in die ore mag eenvoudige ringetjies of oorknoppies ( studs ) dra. Seuns mag geen juweliersware aan hul ore dra nie. J. TOILETTE/KLEEDKAMERS 1. Die gebruik van LO-kleedkamers is verbode vir alle leerders gedurende pouses of voor skool. 2. Toilette moet asseblief gespoel word nadat dit gebruik is. 3. Geen leerder mag met toiletpapier in die toilette mors nie. 4. Seep by wasbakke in kleedkamers moet aangewend word vir die was van hande na n besoek aan die toilet. 5. Die gebied in en rondom toilette (en urinaal by seunstoilette) moet deurgaans skoon en netjies gelaat word. Dit is nie n geselsplek, eetplek of vergaderplek nie. Ronddrentel in toiletgebied/kleedkamers is dus verbode! 6. Seuns staan bo-op trappie tydens gebruik van urinaal toilette moet dus nie vir hierdie doel gebruik word nie. 7. Enige leerder wat ter enige tyd onbetaamlik/onwelvoeglik/onhigiënies en vernielsugtig optree in toilette en kleedkamers, maak hom/haar skuldig aan ernstige wangedrag. Geen leerder mag ooit toebroodjies in toiletgebied eet nie óf rolle toiletpapier in toilette inforseer of stukkies nat toiletpapier teen die plafon vasgooi nie. Teen sodanige leerders sal uiters streng opgetree word. 6

7 K. SAAL 1. Geen leerder word te enige tyd sonder die toesig van n opvoeder in die saal toegelaat nie. 2. Leerders mag nie die saal as deurgangroete gebruik nie. 3. Leerders mag nie sonder toesig in die saal hardloop of speel nie. 4. Leerders mag nie tydens die normale gang van n skooldag in die saal eet of drink nie. 5. Tensy n opvoeder so n opdrag gee, mag leerders nie op die verhoog wees nie. 6. Die gebruik van toerusting (bv. klank en beligting) mag slegs deur opvoeders of hul opgeleide assistente hanteer word. 7. Geen apparaat, stoele of koorbanke mag oor die vloer gesleep word nie. Sodanige items moet opgetel word voordat dit verskuif word. 8. Alle sydeure moet toegemaak word wanneer die saal verlaat word. 9. Indien stoele en/of tafels gebruik is, moet seker gemaak word dat dit skoon is voordat dit weggepak word. 10. Portrette en ander behangsels mag nie sonder verlof uit die saal verwyder word nie. 11. Enige skade moet onmiddellik aangemeld word. L. VOORPORTAAL 1. Leerders mag nie die voorportaal as deurgangroete gebruik nie. 2. Die portaal dien as vertoonvenster van die skool en moet as sulks beskou word. Niks mag gedoen word wat aan hierdie beeld afbreuk doen nie. 3. Indien die portaal vir die een of ander rede versier moet word, mag die aanbring van sodanige versierings nie enige skade aan die bestaande strukture in die portaal aanrig nie. M. ADMINISTRASIEBLOK 1. Leerders mag nie sonder toestemming die administratiewe afdeling binnekom nie. 2. Geen leerder word in die personeelkamer toegelaat nie. 7

8 N. SKOOLGEBOU NA URE 1. Geen leerders mag na 14:30 in die gebou ronddrentel nie. 2. Reëls aangaande gedrag in klaskamers en gange is ook van toepassing na 14:30. M.M. WALTERS SKOOLHOOF 8

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7 SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7 1. Skooluniform (meisies) Somer: Donkergroen skoolrok met skoolwapen op linkerbors Wit kortmou, oopnekhemp Wit sokkies (enkelhoogte en omgevou). Winter: Donkergroen skoolrok

Nadere informatie

GRAAD SKOOLURE MAANDAE TOT VRYDAE MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL

GRAAD SKOOLURE MAANDAE TOT VRYDAE MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL MCP PROSPEKTUS 1 GRAAD SKOOLURE MAANDAE TOT VRYDAE MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL 1 2 07:45 13:15 3 7 07:45 13:45 PERIODES MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL REGISTERPERIODE 07:45 08:00 1 08:00 08:30 2 08:30

Nadere informatie

LAERSKOOL TUINRAND. SKOOLREëLS

LAERSKOOL TUINRAND. SKOOLREëLS LAERSKOOL TUINRAND SKOOLREëLS INLEIDING: Die beeld van Tuinrand moet met trots na buite gedra word. Elke leerder moet trots wees om n Tuinrander te wees. n Leerder van ons skool se taalgebruik en gedrag

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016 Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag Soos goedgekeur op 26 Julie 2016 -Hierdie inligting verwys na alle Skool-en Sportdrag. -Hierdie Skool- en Sportdrag is by De Jagers in Stellenbosch beskikbaar.

Nadere informatie

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE Skoolreëls & Strafprosedure SKOOLREëLS 1. ALGEMEEN EN TOEPASSING 1.1 Die doel van die skoolreëls en gedragskode is die neerlegging van reëls en prosedures om n gedissiplineerde

Nadere informatie

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014) LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG (Soos op 19 November 2014) Hierdie inligting verwys na alle skool- en sportdrag. Hierdie skool- en sportdrag is by De Jagers in Stellenbosch beskikbaar.

Nadere informatie

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag. Dissiplinêre stelsel - Beleid Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag. Alle leerders is geregtig

Nadere informatie

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word. Skooltoerbeleid Hierdie dokument is die skooltoerbeleid van Laerskool Rustenburg soos die beheerliggaam dit op 1 Januarie 2017 goedgekeur het. Die beleid is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike

Nadere informatie

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019: ODRMIG GDRAGSKOD aam van leerder: Graad 2019: Gedragskode k aanvaar die skoolreëls, gedragskode van die skool en voorskrifte ten opsigte van dissipline, skooldrag en persoonlike voorkoms van leerders en

Nadere informatie

SKOOLUNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Nie korter as vier vingerbreedtes bokant die knie nie.

SKOOLUNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Nie korter as vier vingerbreedtes bokant die knie nie. 1 SKOOLUNIFORM PRIMÊRE AFDELING ~ GRAAD 1 TOT 7 DOGTERS 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Nie korter as vier vingerbreedtes bokant die knie nie. 2. Swart skoolskoene met kort

Nadere informatie

SKOOL UNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Vier vingerbreedtes bo die knie.

SKOOL UNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Vier vingerbreedtes bo die knie. 1 SKOOL UNIFORM PRIMÊRE AFDELING ~ GRAAD 1 TOT 7 DOGTERS 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Vier vingerbreedtes bo die knie. 2. Swart skoolskoene met kort wit sokkies. Kouse

Nadere informatie

1. Ek en my nuwe skool

1. Ek en my nuwe skool 1. Ek en my nuwe skool Dag 1 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Skoolgebou en skoolterreinreëls Verken die skoolterrein en geboue: stap saam met leerders om die skoolterrein en geboue bekend

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS TARIEWE VIR 2018 PERSONEEL: R750 per kwartaal per kind Gr 1: Alta van Heyningen 073 170 5974 Gr 1: Elana Schoeman 072 204 6779 Gr 2: Lynette Pretorius 072 099 7887 Gr 2 & 3

Nadere informatie

HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE KOSHUISBELEID- EN REëLS Aile inskrywings moet skriftelik voltooi word en by die koshuis of skool ingehandig word [1 per leerder]. Daar word voorkeur aan broers en susters,

Nadere informatie

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam

Nadere informatie

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U DdP/LP 27 Oktober 2017 Geagte Ouers OMSENDSKRYWE Ons nader nou die laaste gedeelte van n baie besige jaar. Ons bring n paar belangrike sake onder u aandag. 1. NOVEMBER-EKSAMEN Hierdie eksamen is een van

Nadere informatie

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS GEDRAGSKODE VIR LEERDERS A. ALGEMENE RIGLYNE Daar word verwag dat: Leerders te alle tye in n respekvolle en konsidirerende manier teenoor mekaar, onderwysers en besoekers sal optree. Leerders by die skoolreëls

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

REKORD- EN EINDEKSAMEN

REKORD- EN EINDEKSAMEN HOËRSKOOL OOS-MOOT GRAAD 12 REKORD- EN EINDEKSAMEN ROOSTER EN REËLS 2018 Bladsy 2 van 7 REKORDEKSAMENROOSTER DATUM TYD VAK TYDSDUUR 20/8 14:00-16:00 Engels FAL (P3) Afrikaans HT (V1) 21/8 Rekeningkunde

Nadere informatie

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID Die doel van hierdie beleid is om n veilige, nie-ontwrigtende opvoedkundige omgewing te skep en te onderhou sodat doeltreffende onderrig en leer kan plaasvind. So n omgewing

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

VOOR SKOOL EN POUSE: 1 Wanneer leerders skool toe kom, is dit noodsaaklik dat hulle die skolierpatrollie te alle tye gehoorsaam, ter wille van hul

VOOR SKOOL EN POUSE: 1 Wanneer leerders skool toe kom, is dit noodsaaklik dat hulle die skolierpatrollie te alle tye gehoorsaam, ter wille van hul VOOR SKOOL EN POUSE: 1 Wanneer leerders skool toe kom, is dit noodsaaklik dat hulle die skolierpatrollie te alle tye gehoorsaam, ter wille van hul veiligheid. 2 Leerders mag nie buite die skoolterrein

Nadere informatie

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls Morsjorsie Reëls Die Doel van Skool Reëls Die Doel van Skool Reëls En hoekom Jy as Ouer daarby moet hou... 1. Skool Reëls is ontwerp om 'n skool meer effektief en doeltreffend te maak. 2. Skoolreëls word

Nadere informatie

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar! Tygienuus Webblad: www.tygies.co.za E-pos: admin@tygies.co.za Tel: 012 809 0029 / 0340 Faks: 012 809 0341 / 086 559 4837 25 April 2018 PROGRAM VIR DIE WEEK: DONDERDAG 26 April Tennis: Oefening (Seuns:

Nadere informatie

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3 Eerste Kwartaal Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3 Voorbereiding Doelstellings Lees: Spreuke 1: 4 Mattheus 6: 25-34 Eksodus 22: 28 Romeine 13: 1-7 1. Opvoeding en onderrig by die skool sluit aan

Nadere informatie

Vlotheid en intonasie

Vlotheid en intonasie Vlotheid en intonasie Marlene van der Berg 5/20/2012 2 Vlotheid Die gebrek aan vaardigheid in swak lesers is bewys deur hul stadige, hakkelrige en inkonsekwente tempo, swak frasering; en onvoldoende intonasie

Nadere informatie

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 Beoordeling vind plaas 15 tot 19 Augustus 2016 1 KLAS E: Enige Taal: SPRAAK EN DRAMA Algemene Riglyne Inskrywings is onderhewig

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

Foto-redigering vir sun.ac.za

Foto-redigering vir sun.ac.za Foto-redigering vir sun.ac.za Foto s is ʼn baie kragtige bemarkingsinstrument. Ons het oor die afgelope paar jaar nuusberigfoto s op ʼn sekere manier hanteer, maar dit is tyd vir vernuwing om die webwerf

Nadere informatie

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING VOLLE NAME EN VAN VAN LEERLING: VOLLE NAME EN VAN VAN OUER / VOOG: 1. Alhoewel die leerder se veiligheid en welstand ten alle tye voorop gestel word, aanvaar die

Nadere informatie

Veiligheidsbeleid. Laer Meisieskool La Rochelle. Girls' Primary School. Veiligheidsplan

Veiligheidsbeleid. Laer Meisieskool La Rochelle. Girls' Primary School. Veiligheidsplan Veiligheidsplan Laer Meisieskool La Rochelle Girls' Primary School Veiligheidsbeleid Aangepas op 24 Januarie 2017 Terrein en Geboue Omheining rondom skool word gereeld nagesien. Alle hekke word tydens

Nadere informatie

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019 OMSENDBRIEF NR. 1/2019 9 Januarie 2019 Geagte Ouers / Voogde 1. WELKOM Dit is altyd wonderlik om elke ouer/voog en leerders op die eerste dag van die nuwe skooljaar hartlik te verwelkom. n Spesiale woord

Nadere informatie

Beleid oor Leerders se Algemene Voorkoms Tydens Skoolure en ander Skool Aktiwiteite

Beleid oor Leerders se Algemene Voorkoms Tydens Skoolure en ander Skool Aktiwiteite Beleid oor Leerders se Algemene Voorkoms Tydens Skoolure en ander Skool Aktiwiteite 2013 1. Inleiding 2. Wetlike Raamwerk 3. Skooldrag 4. Liggaamlike Voorkoms 5. Gewone Klere 6. Dispute en Sanksies INHOUD

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2013 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS 1. DOELSTELLINGS VAN DIE BELEID 1.1 Om alle handboeke en leerhulpmiddels te herwin aan die einde van die jaar. 1.2 Die effektiewe

Nadere informatie

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 TAAK 3: VRAESTEL 3 OPSTELLER: R. TOYER INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN

Nadere informatie

PRO-ED AKADEMIE SKOOLREËLS

PRO-ED AKADEMIE SKOOLREËLS PRO-ED AKADEMIE SKOOLREËLS Pro-Ed Akademie se skoolreëls is die uitvloeisel van samesprekings tussen personeel, leerders en Bestuursraad. Reëls van menige ander skole is in ag geneem met die opstel van

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Skoolgereed in 10 weke: Week 1 Skoolgereed in 10 weke: Week 1 www.kinderwerf.co.za Vaardigheid 1: Kan jou kind al skoenveters vasmaak? Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie! Hasie-gaatjie om die draaitjie,

Nadere informatie

HOëRSKOOL ROODEPOORT VOORKOMSREËLS

HOëRSKOOL ROODEPOORT VOORKOMSREËLS HOëRSKOOL ROODEPOORT VOORKOMSREËLS Die skooldrag is die trots van Hoërskool Roodepoort en daarom moet leerders altyd netjies tydens skoolgeleenthede, sport- en kultuurbyeenkomste, op busse en OP STRAAT

Nadere informatie

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK Hierdie kontrak word aangegaan tussen Laer Volkskool naskoolsentrum (hierna genoem Die naskoolsentrum ) en (hierna genoem Die ouer ). 1 Leerderbesonderhede

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK AANGEGAAN TUSSEN HUGO LAMBRECHTS MUSIEKSENTRUM POSBUS 68 PAROW 7499 Tel: 021 939 9105 Faks: 021 939 9123 / 086 751 0778 E-pos: finance@hugolambrechts.co.za EN HIERIN

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

Gestig 1870 PROSPEKTUS 2013

Gestig 1870 PROSPEKTUS 2013 BASSONSTRAAT 8 TEL: (022) 931 2174 POSBUS 22 FAKS: (022) 931 3321 PORTERVILLE E-MAIL: sekretaresse@porterhs.co.za 6810 WEBTUISTE: www.hsporterville.wcape.school.za Gestig 1870 PROSPEKTUS 2013 Ons streef

Nadere informatie

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE 1. Inleiding Hierdie dokument is die Beleid oor Geslotekringtelevisie van (voeg naam van skool in), soos die beheerliggaam dit op (voeg datum in) goedgekeur het. Die beleid

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) GRAAD 11 PROEFVRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E 1. INLEIDING 2. DOEL 3. PROSEDURES 3.1 Bespreking 3.2 Voertuie 3.3 Vervoer 4. BEKRAGTIGING VAN BELEID 5. HERSIENINGSDATUM VOERTUIG

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E 1. INLEIDING 2. DOEL 3. PROSEDURES 3.1 Bespreking 3.2 Voertuie 3.3 Vervoer AANVAAR: 16 September 2010 Bladsy 1 van 6 GOUDVELD-HOëRSKOOL

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2015 (R) PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL* GRONDSLAGFASE GRAAD 3 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL PUNTE: 40 TYD: 1 uur *3AFHL* NAAM: VAN: Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.

Nadere informatie

8 Die mens in die ruimte

8 Die mens in die ruimte 8 Die mens in die ruimte Ons sonnestelsel 1. Die middelpunt van ons sonnestelsel is die 2. Noem die nege planete van ons sonnestelsel in volgorde: 1 4 7 2 5 8 3 6 9 3. Wat is die planeet naaste aan die

Nadere informatie

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE Met die gedragskode vir leerders poog ons om ordelike en effektiewe onderrig te bevorder en poog ons ook om die leerder te begelei tot die ontwikkeling en verwerwing

Nadere informatie

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 6 Strukture Vrae 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 3. Plak of teken prente van die verskillende soorte strukture. Raamstrukture 24 Dopstrukture

Nadere informatie

AANTREE VIR KLASSE, BEWEGING IN GEBOUE (NOORD OF SUID) EN KLASWISSELING TUSSEN TWEE GEBOUE

AANTREE VIR KLASSE, BEWEGING IN GEBOUE (NOORD OF SUID) EN KLASWISSELING TUSSEN TWEE GEBOUE Hoërskool Duineveld Privaatsak X5886 Upington 8800 Tel. : 054-338 8222 Faks : 054-338 8288/99 E-pos: duineadmin@telkomsa.net INTERNE SKOOLREëLS 1. AANTREE VIR KLASSE, BEWEGING IN GEBOUE (NOORD OF SUID)

Nadere informatie

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME Alle beheerliggaamlede staan in ʼn vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom ʼn vertrouensplig teenoor

Nadere informatie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 EHLANZENI STREEK JUNIE 2014 GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 PUNTE : 100 TYD : 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL HEBRON CHRISTENSKOOL MEER AS OORWINNAARS... Hebronstraat, Oakglen, Bellville, Posbus 640, Brackenfell, 7561 Tel (021) 919 6356; Faks 086 6717 472 E-Pos: admin@hebronchristenskool.co.za Webtuiste: www.hebronchristenskool.co.za

Nadere informatie

Laerskool Darling GEDRAGSKODE DISSIPLINESTELSEL VIR LEERDERS. Beleid hersien: Januarie 2018

Laerskool Darling GEDRAGSKODE DISSIPLINESTELSEL VIR LEERDERS. Beleid hersien: Januarie 2018 Laerskool Darling GEDRAGSKODE EN DISSIPLINESTELSEL VIR LEERDERS Beleid hersien: Januarie 2018 1 DEEL I INLEIDING TOT GEDRAGSKODE VIR LEERDERS 1. AGTERGROND 1.1 Laerskool Darling, (hierna genoem "die skool")

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie. STUDIESENTRUMBELEID 1. Doel van die sentrum Die doel van die studiesentrum is om n leer- en huiswerkfasiliteit te skep vir leerders van Kroonheuwel Primêre Skool wie se ouers voldag werksaam is en nie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

LAERSKOOL GARSFONTEIN

LAERSKOOL GARSFONTEIN LAERSKOOL GARSFONTEIN GARSIEBEELD 2016 MEISIES SOMERSDRAG Grys rompie / broekrompie Wit kortmouhemp Groen moulose skooltruitjie (opsioneel) Koeler dae: Donkergroen drimacbaadjie met skoolwapen Langmou

Nadere informatie

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3 Eksaminator: M Swanepoel Moderator : C van Niekerk Tyd: 2 uur Punte: 30 punte Datum: 2 November 2016 Eerste sessie, Woensdag TAAK 11 : Opstel

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete - 8 - Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete L.1 INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. Notebalk... 8 2. Toonhoogte... 9 3. Sleuteltekens... 10 4. Lettername van lyne en spasies in die diskantsleutel...

Nadere informatie

Inligtingshandleiding

Inligtingshandleiding Inligtingshandleiding Die Plaasklonkies Motto Waar ons speel-speel leer Die Plaasklonkies Missie By Plaasklonkies streef ons daarna om n atmosfeer te skep waarin kinders kan leer deur spel. Ons wil graag

Nadere informatie

MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL PROSPEKTUS

MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL PROSPEKTUS MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL PROSPEKTUS I N H O U D 1. AKADEMIESE STRUKTUUR KURRIKULUM GRONDSLAGFASE KURRIKULUM INTERSENFASE LEERAREAS 1.1 Grondslagfase 1.2 Intersenfase 2. SKOOLROETINE 2.1 Skooldag

Nadere informatie

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018 1 Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018 DATUM VAN VERHURING... Aansoeker / Kontakpersoon Naam en van: Selnr: Epos adres: Organisasie: Ander tel nr: Fisiese adres: Geleentheid (verg, konf ens): Tariewe

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond-Agtergrond Wat is voorgrond-agtergrond? Dit is die vermoë

Nadere informatie

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017 My denke bepaal my geluk Omsendbrief 097 van 2017 24 April 2017 Geagte Ouers Baie geluk! U kind in graad is gekies om aan die Afrikaanse Kunsvereniging se jaarlikse kunswedstryd in die Derde Kwartaal deel

Nadere informatie

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure Hoërskool McLachlan NUUSBRIEF 24/01 2019 Geagte Ouers/Voogde Posbus 3 Joubertina 6410 042-273-1335 042-273-1210 info@hsmclachlan.co.za www.hsmclachlan.co.za 1. Weeklikse nuusbrief: Ouers/voogde wat aangedui

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 LEWENSORIËNTERING MEMORANDUM

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 LEWENSORIËNTERING MEMORANDUM Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2012 LEWENSORIËNTERING MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 6 bladsye. 2 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2012) AFDELING A

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

MEMORANDUM VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

MEMORANDUM VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11 MEMORANDUM VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11 PUNTE INSTRUKSIES 1. Die memorandum dien om moontlike oplossings vir die probleme in die vraestel aan die leerders duidelik te maak. Leerders moet

Nadere informatie

KLEREDRAGBELEID. Die voorgeskrewe skooldrag word gedurende skoolure, sowel as by ander skoolaktiwiteite

KLEREDRAGBELEID. Die voorgeskrewe skooldrag word gedurende skoolure, sowel as by ander skoolaktiwiteite LAERSKOOL GEORGE-SUID KLEREDRAGBELEID Saamgestel deur die Klerekomitee Goedgekeur deur die Beheerliggaam Personeel en leerders van Laerskool George-Suid is trots op hul skool, asook hul skoolen sportdrag.

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

Naskoolsentrum. Laerskool Bellville-Noord. Selfoon: ( SMS) Telefoon: uitbr. 3 E-pos:

Naskoolsentrum. Laerskool Bellville-Noord. Selfoon: ( SMS) Telefoon: uitbr. 3 E-pos: Skoolreëls Die skoolreëls dien as riglyn waarbinne die leerlinge hul volle potensiaal kan ontwikkel en verdraagsaamheid teenoor medeleerlinge en onderwysers kan aanleer. Die word in die Gedragskode breedvoerig

Nadere informatie

POSBUS 22 TEL: (022) PORTERVILLE FAKS: (022) Gestig 1870 PROSPEKTUS 2017

POSBUS 22 TEL: (022) PORTERVILLE FAKS: (022) Gestig 1870 PROSPEKTUS 2017 POSBUS 22 TEL: (022) 931 2174 PORTERVILLE FAKS: (022) 931 3321 6810 E-MAIL: sekretaresse@porterhs.co.za Gestig 1870 PROSPEKTUS 2017 Ons streef daarna om n vooruitstrewende leerorganisasie met n Christelike

Nadere informatie

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019 E-pos: elize.dames@linden.co.za WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019 VORMS VIR VOLTOOIING: INSKRYWINGSVORM GRAAD 8 en 9 1. Voltooi n aparte vorm vir elke leerder in Hoërskool Linden. 2. Verstrek asseblief volledige

Nadere informatie

DISSIPLINÊRE KODE TEN OPSIGTE VAN LEERDERS

DISSIPLINÊRE KODE TEN OPSIGTE VAN LEERDERS DISSIPLINÊRE KODE TEN OPSIGTE VAN LEERDERS Ten opsigte van alle skoolreëls geld die reël van welwillendheid, d.w.s. die norm moet geld dat jy nie aan iemand anders iets mag doen wat jy nie aan jouself

Nadere informatie

Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool

Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool 1 Een van die uitstaande kenmerke van Paarl-skool, is die wyse waarop n gees van optimisme op alle vlakke geskep word. Elke klein oorwinning word met

Nadere informatie