Boodskappe. Leestyd: n Artikel oor boodskappe

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Boodskappe. Leestyd: n Artikel oor boodskappe"

Transcriptie

1 16 Boodskappe Luister en praat Hou n klasbespreking. l l Hoe stuur mense boodskappe? Hoe stuur jy n boodskap? n Brief, n e-pos, n poskaart, n SMS, n telefoonoproep,... Leestyd: n Artikel oor boodskappe As jy vir iemand n boodskap (message ) stuur, wil jy vir hom of haar iets spesifi eks sê of laat weet. Dinkvrae vooraf. 1. Kyk na die titel en die prentjies. Raai waaroor die artikel gaan. 2. In watter vak leer ons van goed wat lank gelede gebeur het? (Aardrykskunde/Biologie/Geskiedenis) 3. Terwyl julle lees, dink aan die voordele (advantages) en nadele (disadvantages) van elke manier waarop boodskappe gestuur is. Lees nou die artikel oor boodskappe. Boodskappe deur die eeue heen 1. Lank gelede het mense vure gemaak en rookseine (smoke signals ) gebruik om belangrike boodskappe te stuur. 174

2 Lesreeks Boodskappers (messengers) het te voet boodskappe van een plek na n ander aangedra. 3. Boodskappe is ook gestuur deur klein briefies aan duiwe (pigeons) se pote vas te maak. 4. Later is boodskappe te perd met n posbode (postman) gestuur. 5. Daarna is poskoetse (mailcoaches) gebruik om boodskappe per brief te stuur. 175

3 Kwartaal 4 6. Ná die poskoetse is pos per trein gestuur. Dit was vinniger. 7. Morsekode is op skepe (ships ) gebruik om belangrike boodskappe te stuur. 8. Toe telefone ontdek is, kon mense vir mekaar mondeling (orally) oor lang afstande boodskappe gee. n Mens in Engeland kon duidelik met iemand anders in Amerika praat. 9. Die eerste briewe per lugpos (airmail) is tussen Washington en New York gestuur. 10. Vandag stuur ons e-posse per internet op n rekenaar (computer) om vinnig n boodskap te stuur. 176

4 Lesreeks Die meeste mense stuur n SMS per selfoon om n kort boodskap te stuur. n Mens kan nou n mondelinge en skriftelike boodskap op n selfoon stuur. 12. Wat bring die toekoms (future)? l Wat, dink jy, gaan in die toekoms met boodskappe gebeur? Vrae Beantwoord die vrae eers mondeling en dan skriftelik. 1. Watter een pas NIE? Boodskappers wat te voet boodskappe aangedra het, het (gestap/ gehardloop/gery). 2. Gee die woorde vir die prentjies. Soek die woorde in die leesstuk. Skryf 10 woorde wat jy reeds in die lesreeks geleer het, alfabeties in jou persoonlike woordeboek neer. Teken ook prentjies by as jy wil, bv. duif, selfoon, vuur, trein, vliegtuig of wat ook al! 177

5 Kwartaal 4 Skryftyd: Voltooi die tabel Tipe boodskap Voordele Nadele 1. rookseine (vure) Mense kan die seine van die rook ver sien As dit reën, gaan die vure dood. 2. boodskapper (te voet) 3. duiwe (briefies) 4. posbode (te perd) 5. poskoetse 6. treine 7. skepe (morsekode) 8. telefone 9. vliegtuie (lugpos) 10. e-posse (rekenaar) 11. SMS (selfoon) Dit kan oor lang afstande gestuur word. As dit mistig is, kan niemand die rook sien nie. Luisterspelet jie: Telefoont jie Verdeel in groepe van 10. Sit in n kring. Leerder 1 dink aan n boodskap wat hy of sy wil stuur, bv. Die posduif dra n briefie aan sy linkerbeen. Leerder 1 fluister die boodskap vir leerder 2 en so aan. Leerder 10 moet sê wat hy hoor. Hy sê: Ek pos vir my liefie n blink steen! Is die boodskap nog dieselfde as wat leerder 1 gefluister het? Wat het verander? 178 Die posduif dra n briefie aan sy linkerbeen. Ek pos vir my liefie n blink steen!

6 Lesreeks 16 Lees- en praattyd Lees die storie in die Storiewoordeboek. Beantwoord daarna die vrae. Boodskap Wat doen jy, Mossie? vra Uil. Mossie sit naby sy nessie en kyk in die lug op. Ek wag vir n boodskap van my tant Mossie. Sy kom weer kuier. Sy sal eers n boodskap stuur om te sê wanneer sy kom. Uil skud sy kop: Hoekom kyk jy dan in die lug op? Jou tant Mossie sal vir jou n brief, n poskaart, n kaartjie of n e-pos stuur. Miskien bel sy selfs. Mossie vra verbaas: Kan jy dit alles gebruik om n boodskap te stuur? Slim ou Uil sê: Ja, natuurlik! Jy kan enige boodskap op n poskaart of kaartjie of in n brief of e-pos of oor die telefoon stuur. n E-pos is n rekenaarboodskap. n Brief skryf jy op n stuk papier en sit dit in n koevert met n seël op, dan pos jy dit. n Kaartjie ook, maar n poskaart kom oop in die pos, met n seël op. Tjirp! Tjirp! Nou verstaan ek, sê Mossie bly. Dan spring Uil op, want sy selfoon lui. Hoe-hoe! Hallo! Hallo! (Uit: My HAT Storiewoordeboek, Pearson, 2010) Vrae l Kry jy ook soms boodskappe van iemand? Van wie? l Hoe kry jy jou boodskappe? l Dink gou aan n boodskap wat jy vir iemand kan stuur. l Let op! Ons skryf seël met n deelteken en e-pos met n koppelteken. 179

7 Kwartaal 4 Pret met taal A B C Verbind die sinne met want en maar (voegwoorde). Voorbeeld: Die boodskapper moet gou maak. Dit is belangrike nuus. (want) Antwoord: Die boodskapper moet gou maak, want dit is belangrike nuus. 1. Die rookseine is sigbaar. Die vuur brand hoog. (want) 2. Sy probeer n boodskap stuur. Die sein is swak. (maar) 3. Ons stuur vandag e-posse. Dit is baie vinnig. (want) Verbind die sinne met omdat en voordat (voegwoorde). Voorbeeld: Die boodskapper moet gou maak. Dit is belangrike nuus. (omdat) Antwoord: Die boodskapper moet gou maak omdat dit belangrike nuus is. 1. Die rookseine is sigbaar. Die vuur brand hoog. (omdat) 2. Hy staan op. Hy praat op sy selfoon. (omdat) 3. Hy luister goed. Hy neem n boodskap. (voordat) Skryf die sinne oor. Begin met die woorde in vet druk (lydende vorm/teenwoordige tyd). Voorbeeld: Simon skryf die boodskap. Antwoord: Die boodskap word deur Simon geskryf. 1. Die posduif bring die boodskap. 2. Die drawwer dra die brief. 3. Die posduif lewer die briewe af. Onthou: Gebruik n komma voor want en maar. Onthou ook, die sin na want en maar se volgorde bly dieselfde. Onthou: Die sin ná omdat en voordat se volgorde verander. Die werkwoord gaan na die einde van die sin. Onthou: Gebruik word deur en ge- in die teenwoordige tyd. 180

8 Lesreeks 16 D E F G Skryf die sinne oor. Begin met die woorde in vet druk (lydende vorm/verlede tyd). Voorbeeld: Simon het die boodskap geskryf. Antwoord: Die boodskap is deur Simon geskryf. 1. Die posduif het die boodskap gebring. 2. Die drawwer het die brief gedra. 3. Die posduif het die briewe afgelewer. Kies die korrekte voornaamwoord tussen hakies. Voorbeeld: Simon se ouma stuur vir (haar/hom) n brief. Antwoord: hom 1. Simon stuur vir (sy/haar) vriend n e-pos. 2. Die posbode lewer al (hulle se/hulle) briewe af. 3. Jessica praat op (sy/haar) selfoon. 4. Simon koop vir (haar/hom) n selfoon. Die selfoon is (hare/ syne). Voltooi die volgende sinne met moet (hulpwerkwoorde). Voorbeeld: Skryf die brief! Ek moet... Antwoord: Ek moet die brief skryf. 1. Stuur die e-pos! Ek moet Vra die vraag! Ek moet Pos die brief! Ek moet Antwoord die telefoon! Ek moet... Brei die volgende sinne uit (hulpwerkwoorde). Voorbeeld: Ek skryf vir my ouma n brief. Ek sal... Antwoord: Ek sal vir my ouma n brief skryf. 1. Ek stuur vir my ma n e-posboodskap. (wil) 2. Ek bel my beste maat. (moet) 3. Ek stuur die boodskap per SMS. (kan) 4. Ek kry my pos by die poskantoor. (sal) Onthou: Gebruik is deur en ge- in die verlede tyd. 181

9 Kwartaal 4 Skryftyd: n Brief A Voltooi die volgende raam en skryf n brief van 60 tot 80 woorde aan jou ouma en oupa. Vertel hulle hoe dit by die skool gaan en wat jy al op die rekenaar kan doen. Straatnaam: Straatnommer: Dorp of stad: Kodenommer: Datum: Liewe Inleiding: Paragraaf 1: Paragraaf 2: Slot: Liefde 182 Skryf die eerste weergawe neer. Herskryf dit netjies nadat dit nagesien is.

10 Lesreeks 16 B Voltooi die raam en skryf n e-pos aan jou maat. Skryf vir jou maat n e-pos van 30 tot 40 woorde. Onthou om jou eie en jou maat se e-posadres in te vul. Onthou om die ONDERWERP waaroor jy skryf, in te vul. Vertel jou maat hoe dit by die skool gaan en van die aktiwiteite wat julle in die klas doen. l Wat is die grootste verskil tussen n brief en n e-pos? Skryftyd: n Plakkaat Werk in pare. Maak n plakkaat in twee kolomme: Briewe/ E-posse. Dit is die opskrif van die plakkaat. Wat het jy nodig om n brief te skryf? Wat het jy nodig om n e-pos te stuur? Plak prente in om jou plakkaat mooi te maak. Gee byskrifte vir die prente op die plakkaat. Kies uit die lys woorde hieronder wat julle links en regs gaan skryf. rekenaar papier brief e-pos pen skerm toetsbord koevert muis seël Onthou om netjies te werk. Voorbeeld: Briewe E-posse (10 punte) 183

11 Kwartaal 4 Praattyd: n Rympie Leer die rympie en sê dit vir die klas op. n Muis is nie n regte muis nie Hier is my nuwe rekenaar En ek vra vir jou waar, of waar Sit hy aan of af? Ek weet ek is laf, Maar waar, of waar, sit hy aan of af? O daar! Dit is daar Dáár is die aan- en afskakelaar. switch Wat is dit? Wat is dit? mouse Dit is n muis ek moet sit! n Muis? n Muis? In my huis? moustache Waar is sy stert en waar is sy snor? Sal hy soos n regte muis piep of sal hy knor? Die muis wys die pyltjie op die skerm En ek moet ophou kerm, Met hom stuur ek n boodskap Sonder om n tree te stap! Dié muis is nie n regte muis nie En in mý huis is net hierdie muis tuis! l 184 Soek al die rymwoorde in die rympie, bv. rekenaar waar, af laf. Selflees: Stories oor rekenaars arrow screen Gaan gerus biblioteek toe en lees Liewe Heksie en die Rekenaar deur Verna Vels en Die Geel Komplot deur George Weideman. Dit is lekker stories oor mense en heksies en muise en rekenaars!

12 Lesreeks 16 Hersiening: Wat ken jy nou? A B C D Verbind die sinne met die woorde tussen hakies (voegwoorde). 1. Die posduif bring nuus. Daar is n briefie aan sy poot. (want) 2. Die posduif bring nuus. Daar is n briefie aan sy poot. (omdat) 3. Die boodskapper verdwaal. Hy ken nie die pad nie. (want) 4. Die boodskapper verdwaal. Hy ken nie die pad nie. (omdat) 5. Ek stuur n e-pos. Dit is baie vinnig. (want) 6. Ek stuur n e-pos. Dit is baie vinnig. (omdat) Skryf die sinne oor, maar begin met die woorde in vet druk (lydende vorm). 1. Die posbode bring n boodskap. 2. Die posbode het n boodskap gebring. 3. Ouma skryf n brief. 4. Ouma het n brief geskryf. 5. Simon stuur n lang e-pos. 6. Simon het n lang e-pos geskryf. Onthou, gebruik word in die teenwoordige tyd en is in die verlede tyd. Voltooi die volgende sinne met jou eie woorde (hulpwerkwoorde). Hier is my sinne: 1. Ek wil... Ek wil in die modder rol. 2. Ek moet... Ek kan vinnig hardloop. 3. Ek kan... Ek moet baie gras eet. Gee die korrekte voornaamwoord vir die woorde tussen hakies. Kies uit die blokkie. 1. Jessica stuur n SMS vir (Jessica se) vriendin. sy 2. Ouma gaan vir (Ouma) n nuwe rekenaar koop. haar 3. Ek stuur vir (ek se) vriend n boodskap. 4. Simon hou van (Simon se) nuwe rekenaarspeletjie. my haar 185

Abu Ali tel sy donkies

Abu Ali tel sy donkies 8 Abu Ali tel sy donkies Luistertyd: n Storie uit die Midde-Ooste Luister eers na die woorde en herhaal hulle. een twee drie vier vyf ses sewe agt nege Luister daarna na die kort storie. Abu Ali koop nege

Nadere informatie

Ons speelgoed. 1. Kan jy onthou waarmee jy gespeel het toe jy nog klein was? 2. Het jy dit nog? 3. Wie het dit vir jou gegee?

Ons speelgoed. 1. Kan jy onthou waarmee jy gespeel het toe jy nog klein was? 2. Het jy dit nog? 3. Wie het dit vir jou gegee? 18 Ons speelgoed Praattyd: Onthou jy nog? 1. Kan jy onthou waarmee jy gespeel het toe jy nog klein was? 2. Het jy dit nog? 3. Wie het dit vir jou gegee? l Vertel van die speelgoed waarmee jy nou speel.

Nadere informatie

Dinge wat kan verander

Dinge wat kan verander 13 Dinge wat kan verander Praattyd: Eksperimente Kyk na die prente en vertel wat gebeur. water stoom Eksperiment 1: Voltooi: Die water verander in. Waarom gebeur dit? Kan die stoom weer water word? Waarom

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT Afdeling A: Leesbegrip EKURHULENI NORTH Lees die storie en beantwoord die vrae Samantha en Tinkerbel se nuwe maats 1 2 3 4 Eendag was daar n dogtertjie met die naam Samantha. Sy het saam met haar ma en

Nadere informatie

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: ee Dubbelklankstorie: ee (bl. 7) Assosiasieprent 1: ee vir een (bl. 108) Assosiasieprent 2: ee vir beer (bl. 109) Rympie: Die beer (bl. 110) Natrekvel

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: oo (Apparaat) Dubbelklankstorie: oo (bl. 7) Assosiasieprent 1: oo vir oog (bl. 91) Assosiasieprent 2: oo vir boom (bl. 92) Letterkaarte Natrekvel oo

Nadere informatie

Lag n slag. Praattyd: n Visuele teks. Kyk na die prent en beantwoord die vrae.

Lag n slag. Praattyd: n Visuele teks. Kyk na die prent en beantwoord die vrae. 15 Lag n slag Praattyd: n Visuele teks Kyk na die prent en beantwoord die vrae. 1. Wat is fout in die prent? 2. Watter soort sport wil die seun in die gestreepte trui graag speel? 3. Op watter sportveld

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

n Kat kan ver loop Praat- en leestyd: Diere wat jy ken n Koei is n plaasdier wat bulk of loei. Sy gee vir ons melk.

n Kat kan ver loop Praat- en leestyd: Diere wat jy ken n Koei is n plaasdier wat bulk of loei. Sy gee vir ons melk. 2 n Kat kan ver loop Praat- en leestyd: Diere wat jy ken Kyk na die prentjies van die verskillende diere en lees die sinne. Sê wat die ooreenkomste en verskille tussen die diere is, byvoorbeeld n koei

Nadere informatie

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Week 3 Werkboek 1: bl. 19-30 Spellingboek: bl. 13-16 Skrifboek: bl. 10-12 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie fdeling : Leesbegrip Die emmer met die gaatjie 1. Eendag, lank, lank gelede was daar n nare monster wat in die bos gewoon het. n Dogtertjie met die naam Mamela het altyd in die bos gespeel. Elke dag, net

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Leef groen. Luister- en praattyd: n Prent

Leef groen. Luister- en praattyd: n Prent 14 Leef groen Luister- en praattyd: n Prent Kyk na die prent. Luister na die woorde in die prent en herhaal hulle. Lees die titel van die toneelstuk op bl. 153. Voorspel wat jy dink gaan gebeur. geelhoutboom

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Week 8. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 8. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: ie Dubbelklankstorie: ie (bl. 8) Assosiasieprent ie vir mier (bl. 142) Letterkaartjies Leesstuk: Liewe Droompie (bl. 143) Leesboek 3 (Deel 2) bl.

Nadere informatie

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister. Week 8 Dag 1 Leermateriaal: Klaskoerant Letterkaart en prent v vir vis Klankstorie: v (bl. 13) Leesstuk: Ben en Vis (bl. 284) Leesboek 2 bl. 28 en 29 Werkboek 2 bl. 112 Witborde en witbordmerkers Aktiwiteit

Nadere informatie

Tema 8: Mense wat ons help

Tema 8: Mense wat ons help Tema 8: Mense wat ons help Dag 1 Week 4 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart aa (Apparaat) Dubbelklankstorie: aa (bl. 7) Assosiasieprent 1: aa vir aap (bl. 69) Assosiasieprent 2: aa vir haan

Nadere informatie

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer. Naam: 1 Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer. Waar jy die sterretjie sien is daar n opdrag. Kyk mooi!! Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan

Nadere informatie

Afrikaans Huistaal (Werkskedule) Graad 3 Kwartaal 1 Werkboek: Ons leer saam met Manie Muis. / Diftonge / Hannes en die koek / Zak die kat bak koekies

Afrikaans Huistaal (Werkskedule) Graad 3 Kwartaal 1 Werkboek: Ons leer saam met Manie Muis. / Diftonge / Hannes en die koek / Zak die kat bak koekies Ons leer saam met Manie Muis. 3 LU 1 AS4 Luister met genot na gedig (Vakansie jolyt) en lees saam met juffrou. 3 en 4 LU 2 AS1 AS5 Neem deel aan klas- en groepbesprekings: Praat oor gediggie en leerders

Nadere informatie

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf OpenStax-CNX module: m25766 1 Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

Nadere informatie

1 Waar ek vandaan kom

1 Waar ek vandaan kom 1 Waar ek vandaan kom Groepaktiwiteit 1. Lees Psalm 139:13. Leer die Here jou eers ken nadat jy gebore is? Wanneer dan? 2. Waar of vals: Die doel van n baba se doop is om vir hom of haar n naam te gee.

Nadere informatie

Diererympies. Luister en praat: Raaiselrympies. 1. Dié diere het lang nekke met sulke groot bruin vlekke.

Diererympies. Luister en praat: Raaiselrympies. 1. Dié diere het lang nekke met sulke groot bruin vlekke. 5 Diererympies Luister en praat: Raaiselrympies Speel die taalspeletjie. Luister na die rympies wat die onderwyser voorlees. Kyk na die prentjies en raai watter dier by watter rympie pas. Voorbeeld: 1.

Nadere informatie

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit. PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS PUNTE: 20 TYD: 1 UUR PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL OBIS-NOMMER (9 syfers) KLAS (bv. 1A) VAN NAAM GESLAG ( ) SEUN DOGTER

Nadere informatie

Soek al die woorde met n y klank en skryf dit in jou woordeboek.

Soek al die woorde met n y klank en skryf dit in jou woordeboek. Week 3 Datum: Bosluis se huis Ben Bosluis sit op n grassie. Hy wag vir n huis om verby te kom. Hy soek n huis, en hy soek kos. Hier kom Ietermagô verby. Sal ek lekker op sy skubbe bly? wonder Ben Bosluis.

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind L e s 1 5 Verantwoordelikheid en hoe om Hulp te kry Gedurende hierdie les sal jy: Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind Erken wanneer die

Nadere informatie

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/ Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGS TAAK

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit / Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGSTAAK

Nadere informatie

Klein Klaas se avonture!

Klein Klaas se avonture! Voorbeeld NAAM: Klein Klaas se avonture! In die werkboek leer: ons wat n hipotese is en hoe om n onderhoud te voer, ons die ie- klank, ons woorde in alfabetiese volgorde rangskik, ons oor voorvoegsels,

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

Direkte en indirekte rede. Naam:

Direkte en indirekte rede. Naam: Direkte en indirekte rede Naam: Direkte en indirekte rede Direkte rede is iemand se eie woorde en dit staan in aanhalingstekens. Ryan sê: Ek weet nie wat die Afrikaanse woord beteken nie. Andrew sê: Ek

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 40 TYD: 2 uur NAAM: *6AFAL2* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (NOVEMBER

Nadere informatie

10 Die bou van n plant

10 Die bou van n plant 10 Die bou van n plant Groepaktiwiteit: blaarvorms Bring blare skool toe. Groepeer die blare volgens die blaarvorms waarvan ons geleer het, en pars dit. n Mens kan dit ook tussen twee lae koerantpapier

Nadere informatie

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL* GRONDSLAGFASE GRAAD 3 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL PUNTE: 40 TYD: 1 uur *3AFHL* NAAM: VAN: Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit elke

Nadere informatie

Tema 4: Kommunikasie: In die verlede en vandag. Luister na afkondigings oor die interkom en skryf dit neer:

Tema 4: Kommunikasie: In die verlede en vandag. Luister na afkondigings oor die interkom en skryf dit neer: Tema 4: Kommunikasie: In die verlede en vandag Week 1 Datum: Luister na afkondigings oor die interkom en skryf dit neer: 4 Tsoko en Brian baklei Tsoko en Brian is baie kwaad vir mekaar. Brian het iets

Nadere informatie

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * OpenStax-CNX module: m22939 1 Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

Nadere informatie

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk. Hulpmiddels: Vir die speletjie: 8 koeverte en die Sjona-alfabet-flitskaarte wat saam met die projek inligting gestuur is. Kopieer die volgende flitskaarte 2 keer: B (Bhaibheri), C (china), D (dongi), G

Nadere informatie

Tema 2: Water. Week Luister en praat. 2. Lees en klanke. Werkboek 1: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl

Tema 2: Water. Week Luister en praat. 2. Lees en klanke. Werkboek 1: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl Tema 2: Water Week 4 Werkboek 1: bl. 31-38 Spellingboek: bl. 15-16 Skrifboek: bl. 13-15 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens

Nadere informatie

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee Kinderwerf.co.za leesprodukte (2014) Evalueringsvorm Meer inligting Gratis diftongkaart Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Beantwoord die volgende vrae om te kyk of die leesmateriaal op julle van

Nadere informatie

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi!

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi! Naam: Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi! 1 As jy die prentjie sien is daar iets wat jy moet doen. So lees die opdrag mooi. Skryf al die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Skoolgereed in 10 weke: Week 1 Skoolgereed in 10 weke: Week 1 www.kinderwerf.co.za Vaardigheid 1: Kan jou kind al skoenveters vasmaak? Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie! Hasie-gaatjie om die draaitjie,

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Briewe, posseëls en elektroniese pos moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2013 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam

Nadere informatie

Nota vir die onderwyser/es:

Nota vir die onderwyser/es: 2010 JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGS GRAAD 2 GELETTERDHEID: AFRIKAANS VAN GESLAG (MERK!) SEUN DOGTER NAAM PROVINSIE GEBOORTEDATUM SKOOL SE NAAM EMIS NR. DISTRIK/STREEK Nota vir die onderwyser/es: Lees

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 1 DBE/November 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

Lees en Leesgereedheid

Lees en Leesgereedheid Lees en Leesgereedheid Leesgereedheid Dit is belangrik dat voordat met formele lees begin word om seker te maak dat u kind wel leesgereed is. Visuele en ouditiewe diskriminasie speel n uiters belangrike

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Omgekeerde bewerkings Getalsinne Omgekeerde bewerkings As jy twee getalle bymekaar tel, soos sê nou maar 12 en 13, dan gaan jy mos n antwoord kry van 25? Ons sê dan dat die som van 12 en 13 vyf-en-twintig is. Maar jy behoort nou te verstaan,

Nadere informatie

Tema 7: Stories van dapper helde

Tema 7: Stories van dapper helde DERDE KWARTAAL Week 1 Tema 7: Stories van dapper helde Dag 1 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Assosiasieprent y vir ys (bl. 13) Klankkaart: y Y Letterkaartjies Liedjie: Winter (bl. 14) Lees maak slim

Nadere informatie

Speel saam. Luistertyd: Verskillende sportsoorte. Luister na die woorde vir die sportsoorte. Herhaal dit. Katija. tennis. hokkie. swem. krieket.

Speel saam. Luistertyd: Verskillende sportsoorte. Luister na die woorde vir die sportsoorte. Herhaal dit. Katija. tennis. hokkie. swem. krieket. 6 Speel saam Luistertyd: Verskillende sportsoorte Luister na die woorde vir die sportsoorte. Herhaal dit. Katija tennis hokkie swem krieket Jerry sokker 66 Lesreeks 6 Praat oor die prent. Aan watter sportsoort

Nadere informatie

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum OpenStax-CNX module: m30314 1 Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

Hoe kies n mens n troeteldier?

Hoe kies n mens n troeteldier? Naam: Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Hoe kies n mens n troeteldier? Honde en katte Knaagdiere n Hond kan jou beste vriend wees, maar onthou dat honde

Nadere informatie

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Week 5 Werkboek 1: bl. 39-52 Spellingboek: bl. 17-19 Skrifboek: bl. 16-18 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

TWEEDE KWARTAAL Tema 4: Vervoermiddels Week 1

TWEEDE KWARTAAL Tema 4: Vervoermiddels Week 1 TWEEDE KWARTAAL Tema 4: Vervoermiddels Week 1 Dag 1 Leermateriaal: Klaskoerant 8 Klankkaart k K k met n prent van n kat Klankstorie: k (bl. 10) Leesstuk: Ans kry n maat (bl. 181) Sigwoorde die dit is ek

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 GRAAD 11 JUNIE 2017 LEERUITKOMS 3: SKRYF Punte:80 EN AANBIED ALGEMEEN Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

Afdeling A: Begripstoets

Afdeling A: Begripstoets Afrikaans 1st Add Language: Test 1 Grade 5 Afdeling A: Begripstoets Lees aandagtig deur die volgende advertensie en beantwoord dan die vrae wat volg: Vraag 1: Begripsoefeninge 1. Onderstreep die korrekte

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM PUNTE: 40 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (NOVEMBER 2014) AFDELING A: LEESBEGRIP WENKE VIR NASIEN

Nadere informatie

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond-Agtergrond Wat is voorgrond-agtergrond? Dit is die vermoë

Nadere informatie

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 6 Strukture Vrae 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 3. Plak of teken prente van die verskillende soorte strukture. Raamstrukture 24 Dopstrukture

Nadere informatie

Naam:. My naam is Faan. Ek is n haas. As jy met my praat raak ek baie skaam. My naam is Peet. Ek kuier by my neef. Ons klim n leer en eet n peer.

Naam:. My naam is Faan. Ek is n haas. As jy met my praat raak ek baie skaam. My naam is Peet. Ek kuier by my neef. Ons klim n leer en eet n peer. 1 Naam:. My naam is Faan. Ek is n haas. As jy met my praat raak ek baie skaam. My naam is Peet. Ek kuier by my neef. Ons klim n leer en eet n peer. 2 Jan en San vertel Les 1 1. Skrif: Doen skrifwerkkaart

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Muis. Arme fyn gesiggie sit hongerig en loer dan skielik gaan daar n vaal streep oor die vloer.

Muis. Arme fyn gesiggie sit hongerig en loer dan skielik gaan daar n vaal streep oor die vloer. Tema 3: Seisoene Week 7 Datum: Muis Arme fyn gesiggie sit hongerig en loer dan skielik gaan daar n vaal streep oor die vloer. Arme fyn gesiggie kruip weg die lange dag. Arme fyn gesiggie kom peusel elke

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer 1. Voltooi al die vrae. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord.

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb Leesbegrip nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer Dieretuine/Hannes en die koek/zak bak koekies tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopas

Nadere informatie

Onderwyser sit die assosiasieprent van die h-klank op die bord h vir hok

Onderwyser sit die assosiasieprent van die h-klank op die bord h vir hok Dag 1 8 Leermateriaal Klaskoerant Letterkaarte van h vir hok en Klankstorie: h (bl. 10) Leesstuk: Buks (bl. 165) Leesboek 1 bl. 38 en 39 Werkboek 1 bl. 151 en 152 Witborde en witbordmerkers Aktiwiteit

Nadere informatie

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014 ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014 GRAAD 4 AANTAL BLADSYE:10 PUNTE: 60 TYD: 1 UUR NAAM: AFDELING A: Leesbegrip 20 Poësie 18 38 AFDELING B: Taal in konteks

Nadere informatie