KOSHUISREËLS. 1. As die eerste oggendklok lui moet alle ligte aangeskakel word en aan bly.

Vergelijkbare documenten
HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

Huis van Riebeeck Brosjure

Hoërskool Porterville. Sedert Huis van Riebeeck. Brosjure. HvR Huishoudelike reëlings 1

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

HUIS WALTERS KOSHUISBELEID Posbus 262 Telnr/Faks: Hofstraat 13 Hopefield 7355 ALGEMENE INLIGTING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoërskool Porterville. Sedert Huis van Riebeeck. Brosjure. HvR Huishoudelike reëlings 1

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

LUTHER CROWTER KOSHUIS: KOSHUISREëLS

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KROONSTAD HOëRSKOOL KOSHUIS

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

KOSHUISREëLS C.M. JOOSTEHUIS KOSHUISSTRUKTUUR. Mej. M. Matthee (Skoolhoof): Sekondêre Skool Telefoon: /

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

KOSHUISHANDLEIDING 2019

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

DIENSPERSONEELLEDE... 3 DAGPROSEDURE IN HUIS MCFARLANE... 4 REËLS/ REËLINGS VAN HUIS MCFARLANE...

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

FAKTORE EN VEELVOUDE

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

INHOUDSOPGAWE. Gedragskodes vir leerders 2

Inligtingshandleiding

Huis Eureka. Koshuisbeleid

GRAAD SKOOLURE MAANDAE TOT VRYDAE MIDSTREAM COLLEGE PRIMÊRE SKOOL

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

REKORD- EN EINDEKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling. Aktiwiteit 2: Uitvoerende kuns: Musiek

Inligtingsbrief aan Koshuisinwoners

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

HTS Drostdy. Gedragskode vir koshuise

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

Ons Prospektus 1. WELKOM

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Kontrak MISSIE TOELATINGSVEREISTES

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Antonieme en sinonieme

GRAAD 10 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL MEMORANDUM VREASTEL 1 JUNIE 2018 PUNTE : 120 TYD : 2 ½ UUR. Hierdie memoranduml bestaan uit 6 bladsye

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

Dit is egter ook die tyd van die jaar wat ons alweer moet beplan en reëlings tref vir die nuwe akademiese jaar.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 4 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM STEL 1: 2012 VOORBEELD

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Tjokkerjol Speelgroepie

Die Groot Gebod dennis de wet

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Transcriptie:

KOSHUISREËLS 1. As die eerste oggendklok lui moet alle ligte aangeskakel word en aan bly. 2. Almal staan op met die opstaanklok. 3. Sorg dat jy klaar tande borsel, hare kam ens. voor inspeksie. 4. Met beide oggend- en aandinspeksie is jy reeds klaar aangetrek/verklee en staan langs jou bed, alles netjies. Alle musiek is nou afgeskakel. Persone op gangdiens moet sorg dat die gange met oggend- sowel as aandinspeksie gevee is. Drommetjies word nie in die badkamers leeg gemaak nie, wel in die groot dromme buite! Badkamers word ook tydens inspeksie gekontroleer. Hou badkamers netjies en skoon; dis onaanvaarbaar dat vuil geriewe agtergelaat word. 5. Respekteer en benut die hele oggendstilte tyd. Geen musiek word toegelaat. Sit stil op jou bed totdat die volgende klok lui. 6. Wanneer die etensklok lui, tree almal dadelik aan. Opsigters maak seker dat almal daar is en dat almal skoene aan het. 7. In geval van siekte moet die kosganger deur middel van sy maats onmiddellik die opsigter in kennis stel, wat weer die matrone in kennis stel. Slegs noodvoorrade medisyne word in die koshuis aangehou. Indien leerling ernstig siek is, word ouers versoek om leerling te kom haal, of hulle kan vra dat matrone leerling na die dokter neem. Ouers is dan vir volle onkostes verantwoordelik. 8. Wanneer die skoolklok lui word die koshuis gesluit tot 13:00. Geen toegang vir leerlinge in die koshuis tydens skoolure. Toegang tot die koshuis deur ʼn personeellid se woonstel sal nie geduld word nie. Geen leerling mag ooit n koshuissleutel in sy/haar besit hê nie. Huis Cora word gesluit vanaf 08:00 tot 11:30 vanaf Maandag Vrydag. Huis Marie sal gesluit wees tot 13:00 vanaf Maandag Vrydag. 9. Sluit alle waardevolle besittings voor skool toe. Sorg dat jou besittings te alle tye veilig toegesluit is, ook al gaan jy net gou badkamer toe. Dra jou sleutel om jou nek, of bêre dit op ʼn veilige plek, nie onder jou kopkussing nie! 10. Die dra/saamneem van selfone in die klaskamer, studiesaal en eetsaal is verbode. Dit geld ook vir seniors wat in hulle kamers studeer. Skuldiges se fone

word summier gekonfiskeer. Ook van toepassing na ligte uit en tydens stiltetye(ook in die middae). Selfone moet ingehandig word na aandete tot die volgende dag na middagstudie. (Wintertyd na middagete) Maandagoggende moet fone voor skool ingehandig word. Leerlinge sal selfone op Vrydae of laaste dag voor naweek ontvang. 11. Na middagete moet julle reguit kamers toe vir stilte. Sorg dat julle reeds verklee is met die aanvang van stilte sodat jy rustig en stil op jou bed kan verkeer. Geen harde musiek. Geen rondlopery in koshuisgange nie. Niemand op skoolgronde nie behalwe as die leerling ʼn verpligte aktiwiteit het. 12. Die koshuis word gesluit tydens stilte. Reël indien jy vroeër by bv. sport moet wees met die personeel aan diens. Geen besoek geskied tydens stiltetyd nie. Dit is jou plig om jou ouers op hoogte te hou met die koshuisreëls. Geen leerling, wat nie n koshuisganger is nie, word in kamers toegelaat nie. 13. Wees betyds vir studie. Selfone is ontoelaatbaar in die studiesaal. Geen haarafsprake ens. sal tydens studie toegelaat word nie. Reël afsprake vroegtydig. 14. Alle etes moet bygewoon word al is jy nie honger nie. So weet ons jy is veilig. Wees betyds vir etes. Dit is ontoelaatbaar dat kos vir jou aangedra word. Kos word ook nie in koshuiskamers toegelaat nie. Skottelgoed in kamers is strafbaar! Skoene of plakkies moet gedra word tydens aandete en alle etes oor naweke. Geen persoonlike bekers, borde of skottelgoed word na die eetsaal geneem nie. 15. Van na middagete tot en met aandinspeksie moet jou kamer altyd netjies gelaat word. Geen papiere skoene ens. mag rondlê nie. Tasse word netjies bo-op kaste gebêre. Kaste moet te alle tye netjies wees. Enige prefek en opsigter sal deurloop enige tyd van die dag en ongerymdhede sal die aand met betrokkenes opgeneem word. 16. Drag van koshuisgangers sal te alle tye deur personeel (en prefekte) gemonitor word. Ons hou die reg voor om julle terug te stuur en iets anders aan te trek. Spaar jouself die verleentheid en sorg dat wat bedek moet wees bedek is! As jy verjaar trek ordentlik aan geen spagetti-tops nie. 17. Sou jy die skoolgronde moet verlaat tydens die week, moet jy skriftelike toestemming van die opsigter aan diens hê en moet jy skooldrag aanhê. Saterdae mag kinders wat inbly gedurende die oggend dorp toe gaan tussen 09:00 en 10:00.

18. Indien jy die naweek by ʼn vriend of vriendin gaan kuier, moet jou ouers skriftelik toestemming gee. Dit kan per e-pos of sms na die opsigter aan diens gestuur word. Dieselfde geld ook indien jy om een of ander rede in die week moet uitslaap. 19. Die koshuishek sluit 10 minute na aandstudie. Kom dus by jou kamer uit so gou moontlik na aandstudie en maak reg vir inspeksie. Sondae sluit die hekke om 20:00. 20. Geen skootrekenaar mag na aandstudie gebruik word nie. Skakel af dit mag slegs vir herlaai ingeprop word. 21. Tydens aandstilte moet elkeen die geleentheid gegun word om sy/haar godsdiens te beoefen. Respekteer dit asseblief. 22. Laatlig word met die personeellid aan diens gereël in studiekamers. Nie later as 23:00 word vergun nie. Daar is geen laatlig vir Huis Cora en Marie nie. Gangligte word om 22:00 uitgedoof. 23. Kamerleiers sien toe dat ligte af is met ligte uit. Soggens wanneer almal skool toe gaan, moet die kamerleier toesien dat die kamerlig af is. 24. Hou by die voorgeskrewe swemtye en versorg jou swemklere na die tyd. Geen klere/swemklere mag nog sigbaar hang met oggendinspeksie nie. Slegs graad 1 6 word in die klein swembad toegelaat. Swemklere en handdoeke mag nie oor kasdeur of in badkamers gehang word nie. 25. Rook, steel, vandalisme, vuil taal, ontgroening, alkohol en dwelms is verbode praktyke in die koshuis, so ook die snuif/inasem van petrol, thinners, onderarmspuitgoed en enige ander soortgelyke middels. VERMY DIT: dit word ook baie swaar gestraf deur die skoolhoof. 26. Wanneer die koshuissirene oor naweke en in die week lui, ongeag die tyd, moet jy dadelik na jou kamer toe beweeg vir roukol. Leerlinge betrokke by aktiwiteite sal by persone verantwoordelik gekontroleer word. 27. Sondae: Jy mag nie die skoolgronde verlaat nadat jy afgelaai is nie. Koshuise sluit om 20:00. 28. Geskeduleerde medisyne moet aan die opsigter of matrone oorhandig word. Graad 1 tot 4 leerlinge se medisyne moet by die Junior Matrone ingegee word.

29. Alternatiewe Sondae word kerkdiens bygewoon onder toesig van n opsigter. Sondagmiddae is dit rustyd tot 15:30. Niemand loop rond nie hekke gesluit. 30. Graad 1 tot 6 leerlinge mag slegs op hulle onderskeie speelgronde en op die tjokkerveld speel. Geen leerlinge bo graad 6 mag die afgekampte terrein van die Blouskool betree nie. 31. Senior leerlinge word nie sonder die toestemming van die opsigter op diens in die slaapkamers van ander toegelaat nie. Nie meer as een persoon word op ʼn bed toegelaat nie. 32. Binne die koshuisgebou word nooit gehardloop nie. Dit geld ook vir handoekslanery, stoeiery, watergooiery, ens. Beddens word nooit omgedop nie. Geen beddens teen mekaar geskuif nie. 33. Leerlinge word geldelik aanspreeklik gehou vir die kamer wat aan hulle toegesê is. Leerlinge betaal die onkoste verbonde aan die breek van ruite, bedplanke, klerehakke, ens. 34. Geen spykers of drukspykers mag in die mure, deure of meubels geslaan word nie. Geen prente mag teen mure of meubelment geplak word nie. 35. Elke leerling wat iets breek, sien dat ʼn ander iets breek, merk dat iets gebreek is, of weet van diefstal moet dit onmiddellik by die opsigter aan diens aanmeld. 36. Besoekers word nie in die slaapkamers van leerlinge toegelaat nie. Dagskoliere mag nie in die koshuis vertoef / bly / oornag nie tensy hulle toestemming het. 37. Leerlinge wat klere en toerusting in die koshuise los gedurende vakansies, doen dit op eie risiko. Die skool kan nie verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie. Merk veral skoolklere en sweetpakke! 38. Leerlinge van Huis Cora mag geen funksie bywoon sonder dat hulle deur hulle ouers vergesel word nie. 39. Leerlinge van Huis Cora mag geen kos in hulle kamers aanhou nie. 40. Geen manspersone in Huis Hessie behalwe as gereël is met adjunkhoof. Pa s mag sleg met skoolopening en skoolsluiting in Huis Hessie kom.

41. Naweke sluit die koshuise se deure vanaf middagete tot 15:00. 42. Alle kragpunte in kamers moet gedurende skooltyd afgeskakel wees. 43. Skoene moet skoongemaak wees voor aandinspeksie. 44. Klere wat deur die koshuis gewas word, moet duidelik gemerk wees. 45. Geen koshuishemde word op Vrydae skooltoe gedra nie. Wees te alle tye bedagsaam, respekteer verskille en spits jou elke oomblik toe om jouself te verbeter noodwendig sal jou omgewing ook verbeter. Jy kan slegs respek en waardering verwag indien jy bereid is om te respekteer en te waardeer! PREFEKTE 1. ALLE koshuissake (diefstal, koue water, breekskade, dissipline, bakleiery, rook, drank, dwelms en uitslip) moet eerste aan onderwyser op diens rapporteer word alvorens dit op/met enige ander persoon/vergadering bespreek word. 2. Lui klokke op bepaalde tye. 3. Sien toe dat leerlinge presies weet wie is op gang-, badkamer- en kamerdiens. 4. Prefek wat die week/dag diens doen moet alreeds Sondagaand in die koshuis wees. 5. Geen straf aan enige leerling indien personeellid aan diens nie eerste ingelig is en kennis dra daarvan nie. 6. Sien toe dat alle kamers besems het. 7. Oggend voor skool moet inspeksie gehou word. 8. Doen alle inspeksie saam met opsigter aan diens. 9. Prefek aan diens neem alle selfone in om 19:00 by studiesale/kamers.

10. Sien toe dat stiltetye eerbiedig word. 11. Moedig mooi tafelmaniere aan in eetsaal. 12. Sien toe dat leerlinge alreeds voor ontbyt reg aangetrek is. 13. Kyk te alle tye (veral dogters) dat kleredrag nie aanstoot gee nie en toepaslik is. 14. Sien toe dat seuns en dogters slegs op gras voor hoërskool kuier, en dat hulle hulle gedra soos dit betaam en niemand aanstoot gee nie. Geen kuiery voor Huis Hessie of Bakgat nie. Leerlinge moet hulself gedra soos die skoolreëls bepaal. 15. Prefekte word toegelaat om hulle selfone by hulle te hou. Voorregte matrieks 1. Mag studeer in kamers. 2. Kan eie lessenaars bring (nie te groot nie). 3. Mag een ketel, een yskas, een musieksentrum en een mikrogolf in kamer hê. 4. Graad 8 s moet koffie maak voor ligte uit. 5. Laatstudie is ʼn voorreg en mag net vir studie aangewend word. ONTHOU: Julle moet ʼn voorbeeld wees vir die ander kinders, hulle kyk op na julle.