NOTULE VAN N SPESIALE VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 26 MAART 2009 OM 11:00

Vergelijkbare documenten
- ADMINISTRASIE EN FINANSIES -

NOTULE VAN N SPESIALE VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 31 MAART 2016 OM 12:00

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 12 OKTOBER 2016 OM 11:00

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NOTULE VAN N SPESIALE VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 30 MAART 2017 OM 10:00

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 8 FEBRUARIE 2017 OM 11:00

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

NOTULE VAN N SPESIALE VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP VRYDAG, 30 MEI 2014 OM 11:45

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

NOTULE VAN N SPESIALE VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 26 MAART 2015 OM 11:35

NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 29 JANUARIE 2015 OM 11:00

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 14 MAART 2018 OM 10:00

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 24 JANUARIE 2018 OM 11:00

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 25 MEI 2017 OM 11:00

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE MUNISIPALE BEPLANNINGSTRIBUNAAL GEHOU IN DIE KOMITEEKAMER, KORPORATIEWE DIENSTE OP WOENSDAG, 7 DESEMBER 2016 OM 14:00

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

- ADMINISTRASIE EN FINANSIES -

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERS- KOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 14 OKTOBER 2015 OM 11:00

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 14 NOVEMBER 2012 OM 11:00

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

4.1 NOTULE VAN N GEWONE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE- VERGADERING GEHOU OP 8 JUNIE 2016

- ADMINISTRASIE EN FINANSIES - Die Uitvoerende Burgemeester, rdh T van Essen (in ex officio hoedanigheid)

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 24 AUGUSTUS 2016 OM 11:00

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

KONSTITUSIE VAN ARSO

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

4.1 NOTULE VAN N GEWONE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE- VERGADERING GEHOU 7 DESEMBER 2011

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

Ouditdokumentasie GEYSER & DU PLESSIS. Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

KONTANT BESTUUR BELEID

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 18 APRIL 2018 OM 11:00

Eerste jaarvergadering en konstitusie

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

MUNISIPALITEIT KONTANT BESTUURS EN BELEGGINGS BELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Les 14: Entrepreneurskap

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MUNISIPALITEIT SKULDBELEID 2016/2017

REKENINGKUNDE Gr 12 SEPTEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

STORMSEE REGSPERSOON

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

AANSOEK OM STUDIELENING

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

Transcriptie:

NOTULE VAN N SPESIALE VERGADERING VAN DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD, GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP DONDERDAG, 26 MAART 2009 OM 11:00 TEENWOORDIG: Speaker, rdl A Johnson Uitvoerende Burgemeester, rdl A W Bredell Uitvoerende Onderburgemeester, rdl C McKrieling Cleophas, J H (DA) Fortuin, C (ANC) Geel, B W (ACDP) Goliath, M S I (DA) Griebenauw, J L (DA) Loxton, J (DA) Nqokoto, N E (ANC) Rust, N J A (DA) Sedeman, A C (OD) Sneewe, A M (ANC) Slade, D C (DA) Solomons, C W (ANC) Stanley, B J (DA) Stemele, O M (ANC) Van Essen, T (DA) Wilskut, W (DA) BEAMPTES: Munisipale Bestuurder, mnr J J Scholtz Direkteur: Korporatiewe Dienste, mnr H F Prins Direkteur: Beskermingsdienste, mnr P A C Humphreys Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste, mnr R du Toit Direkteur: Ontwikkelingsdienste, mnr J T Steenkamp Direkteur: Finansiële Dienste, mnr K C Cooper Direkteur: Siviele Ingenieursdienste, mnr A J Botha Administratiewe Beampte: Sekretariaat en Rekords, me N Brand 1. OPENING Ds Charles Rinkwest van die Baptiste Gemeente, Abbotsdale open die vergadering met skriflesing en gebed op uitnodiging van die Speaker. 2. VERLOF TOT AFWESIGHEID Verlof tot afwesigheid word verleen aan rdl E Schoor. 3. VOORLEGGINGS/AFVAARDIGINGS/MEDEDELINGS DEUR AMPSDRAERS/BEAMPTES n Spesiale woord van verwelkoming word gerig deur die Speaker aan die nuwe raadslid, rdl N E Nqokoto, asook mnr A van Ellewee en me H van Rooyen van die Kaapse Weskus/Swartland Toerisme Vereniging. Die Speaker dra sy gelukwense oor aan raadslede en beamptes wat gedurende Maart verjaar. Die Uitvoerende Burgemeester meld, met verwysing na item 8.6 van die notule van die Raadsvergadering gehou op 26 Februarie 2009, dat indien die nodige inligting nie bekom word teen 31 Maart 2009 ten opsigte van die Pensioenfonds vir Raadslede nie, die nodige stappe ingevolge paragraaf van die besluit volvoer sal word. VIR KENNISNAME

2 3.1 SWARTLAND TOERISME: ERKENNING VIR UITNEMENDHEID IN TOERISME (9/1/3/2/1) Die voorsitter van die Kaapse Weskus/Swartland Toerisme Vereniging, mnr A van Ellewee beklemtoon die rol wat toerisme speel in die skepping van werksgeleenthede in die Swartland munisipale area, sowel as die geleenthede wat geskep word om toeriste na die streek te lok om hulle later hier te vestig. Mnr van Ellewee gaan voort om die Munisipale Raad te bedank vir die ondersteuning wat verleen word om die Weskus/Swartland toerisme-streek aan die res van die wêreld bekend te stel. n Toekenning vir uitnemendheid het me H van Rooyen te beurt geval tydens die Provinsiale Toerisme Toekenningsgeleentheid op 25 Februarie 2009 deurdat sy vereer is vir die bydrae gelewer tot die bevordering van toerisme entrepreneurs, werkswinkels aangebied om entrepreneurs by te staan en as mentor op te tree. Die Uitvoerende Burgemeester, rdl A W Bredell oorhandig die trofee aan me H van Rooyen as blyk van waardering vir die rol wat toerisme speel in die opheffing van die gemeenskap en werkskepping in die Swartland munisipale gebied. VIR KENNISNAME 3.2 JUNIOR STADSRAAD: VERSLAGDOENING INSAKE AKTIWITEITE DEUR JUNIOR BURGEMEESTERES, RDL T DU TOIT (3/6) [Item 6.6 verwys.] 4. NOTULES VIR BEKRAGTIGING 4.1 NOTULE VAN 'N GEWONE RAADSVERGADERING GEHOU 26 FEBRUARIE 2009 (op voorstel van rdl J L Griebenauw, gesekondeer deur rdl T van Essen) Dat die notule van n Gewone Raadsvergadering gehou 26 Februarie 2009 goedgekeur en deur die Speaker onderteken word. 5. SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE NOTULES Geen 6. SAKE VIR BESPREKING 6.1 AANVAARDING VAN DIE OORSIGVERSLAG OP 2007/2008 JAARVERSLAG (7/1/1/1 MY) Die Konsep Jaarverslag vir die 2007/08 finansiële jaar is ingevolge artikel 127 van die MFMA op 29 Januarie 2009 aan die Raad voorgelê, waarna die Jaarverslag vir kommentaar deur die publiek en betrokke staatsorgane ter insae beskikbaar gestel is. Die oorsigkomitee het op 12 Maart 2009 vergader ten einde die Jaarverslag te bespreek en 'n Oorsigverslag saam te stel. Nadat die Speaker die partye verteenwoordigend op die Raad geleentheid gegee het om kommentaar op die Oorsigverslag te lewer, word die aangeleentheid tot stemming gebring en word EENPARIG (op voorstel van rdl J H Cleophas, gesekondeer deur rdl M S I Goliath) (a) Dat die Raad, gegewe hy die 2007/08 Jaarverslag van Munisipaliteit Swartland oorweeg het, die Oorsigverslag aanvaar in terme van artikel 129 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur; Dat die/...

6.1/... (c) (d) (e) 3 Dat die 2007/08 Jaarverslag van Munisipaliteit Swartland goedgekeur word sonder voorbehoud, in terme van artikel 129 van die MFMA; Dat die notules van vergaderings waar die Jaarverslag bespreek is in die teenwoordigheid van die rekenpligtige beampte (Munisipale Bestuurder), aan die Ouditeur-Generaal, die Provinsiale Tesourie en die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering en Behuising voorgelê word, in terme van artikel 129(2) van die MFMA; Dat uitvoering gegee word aan die korrektiewe stappe soos uitgespel in paragraaf 3 van die Oorsigverslag; Dat die 2007/08 Oorsigverslag van Munisipaliteit Swartland openbaar gemaak word in terme van artikel 129(3) van die MFMA en aan die Wes-Kaapse Wetgewer voorgelê word in terme van artikel 132(2) van die MFMA. 6.2 GOEDKEURING VAN KONSEP 2009/2010 JAARPLAN (2/1/4/4/1 MY) Die 2009/2010 Konsep Jaarplan het op 18 Maart 2009 voor die Uitvoerende Burgemeesterskomitee gedien en word dit ingevolge wetgewende vereistes aan die Raad voorgelê. Ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 moet die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) jaarliks hersien word om die veranderende omstandighede en die resultate van die munisipaliteit se prestasie-evaluering in ag te neem. Die Speaker gee geleentheid aan die verteenwoordigende partye op die Raad om kommentaar op die 2009/2010 Konsep Jaarplan te lewer, waarop (1) die ANC beswaar aanteken, met spesifieke verwysing na die toekenning in die kapitaalbegroting vir die opgradering van paaie, dat die begroting nie spesifiseer watter projekte vir befondsing kwalifiseer nie; (2) die DA noem, met verwysing na die agterstande in Wyk 7, dat dit nie uitgewis sal kan word terwyl munisipale fondse spandeer word op unfunded mandates (soos gelys op bl 28 van die Jaarplan) nie en dat dit as sulks aan die onderskeie provinsiale departemente gerapporteer word. Die Konsep GOP Jaarplan word deur die Speaker tot stemming gebring en beslis met veertien stemme ten gunste daarvan en vyf stemme daarteen. (op voorstel van rdl B W Geel, gesekondeer deur rdl J H Cleophas) Dat die 2009/2010 Konsep GOP Jaarplan voorwaardelik goedgekeur word, onderhewig aan die verkryging van publieke insette en kommentaar as deel van n verdere konsultasie- en verfyningsproses, waarna dit voorgelê sal word vir finale goedkeuring gedurende Mei 2009 nadat publieke insette oorweeg is. 6.3 GOEDKEURING VAN DIE KONSEP MEERJARIGE KAPITAAL EN BEDRYFSBEGROTING VIR 2009/2010, 2010/2011, 2011/2012 (5/1/1/1-09/2010, 5/1/1/2-09/2010, 5/1/4) Die meerjarige Konsep Kapitaal en Bedryfsbegroting vir 2009/2010, 2010/2011 en 2011/2012 het voor die Uitvoerende Burgemeesterskomitee op 18 Maart 2009 gedien en word aan die Raad voorgelê vir oorweging. Ingevolge wetgewende vereistes soos volledig uiteengesit in die verslag tot die sakelys en die beleidsrigtings ontvang vanaf Nasionale Tesourie moet die 90-dae beginsel ingevolge artikel 16(2) van die MFMA nagekom word. Die Speaker gee geleentheid vir die partye verteenwoordigend op die Raad om kommentaar op die konsep meerjarige begrotings te lewer, waarop (1) die ANC spreek sy bekommernis uit dat die Raad nie die deernissubsidie van drie keer die staats-/ongeskiktheidspensioen plus 10% sal kan bekostig nie, waarop die Direkteur: Finansiële Dienste bevestig dat die Equitable Sharetoekenning vir 2009/2010 nog voldoende is;

6.3/... 4 (2) die OD versoek dat aangesien telkens in die dokumentasie verwys word na die agterstande in Wyk 7, n publieke deelname sessie aangaande die GOP en Begroting vir Wyk 7 gereël word; (3) die DA beklemtoon weereens dat slegs aandag gegee kan word aan die agterstande in Wyk 7, indien munisipale fondse nie vir unfunded mandates aangewend word nie. Die Uitvoerende Burgemeester hou die aanbeveling aan die Raad voor [wat insluit die toevoegings deur die DA sien paragraaf (r)], waarna die saak beslis word met veertien stemme ten gunste en vyf stemme daarteen. (op voorstel van rdl A W Bredell, gesekondeer deur rdl T van Essen) (a) Dat die Raad beginsel goedkeuring verleen om die konsep meerjarige kapitaalen bedryfsbegroting te aanvaar, onderskeidelik ten bedrae van en bronne van finansiering: (1) Kapitaal- en Aansuiweringsbegroting : 2008/2009 R 63 305 202 Kapitaalbegroting : 2009/2010 R 43 428 000 Kapitaalbegroting : 2010/2011 R 58 024 500 Kapitaalbegroting : 2011/2012 R 54 570 500 (2) Bedryfsbegroting : Inkomste : 2009/2010 R 259 988 118 : 2010/2011 R 296 057 526 : 2011/2012 R 331 635 631 Uitgawe : 2009/2010 R 254 773 226 : 2010/2011 R 286 622 241 : 2011/2012 R 323 866 130 Surplus i.t.v. GRAP : 2009/2010 R 5 214 892 : 2010/2011 R 9 435 285 : 2011/2012 R 7 769 501 (c) Dat die begrotingsbedrae weens openbare vergaderings nie as finaal aanvaar word nie, maar dat daar gepoog word om ten minste nie af te wyk van die voorgestelde effek van n tariefverhoging op n huishouding nie; Dat die voorgestelde elektrisiteitstariewe van 25% soos deur Nasionale Tesourie voorgestel, aanvaar word (let wel: tot op hierdie stadium is geen tariewe van NERSA ontvang nie). Dit word aanbeveel dat die Raad verhogings van slegs 19% met uitsondering van sekere tariewe toepas. Dat die Raad ook verder kennis neem dat daar dalk nog verdere verhogings mag plaasvind, selfs nog voor Julie 2009; (d) Dat die Konsep Kapitaal- en Bedryfsbegroting ten aansien van die 2009/2010 finansiële jaar ingevolge artikels 16 en 17 van die MFMA in beginsel goedgekeur word, met inbegrip van Belastings; Tariewe; Projeksies van kontantvloei (wat einde Mei 2009 beskikbaar sal wees); Begrotingsverwante beleidsdokumente: (i) Kredietbeheer (beskikbaar Mei 2009) (ii) Tariefbeleid (beskikbaar Mei 2009) (iii) Eiendomsbelastingsbeleid (beskikbaar Mei 2009) Besonderhede ten aansien van beleggings (beskikbaar Mei 2009) Toelaes en voordele van ampsdraers en personeel met spesifieke verwysing na die pakkette van die bestuurspan (beskikbaar Mei 2009); (e) Dat die Uitvoerende Burgemeesterskomitee en Bestuurspan ernstige oorweging skenk aan toekomstige finansieringsbronne van die begroting na 2009, wanneer die opbrengs van erfverkope begin afneem en dat daar veral gepoog sal word om fondse ekstern te bekom ten einde die agterstande in Wyk 7 aan te spreek;

6.3/... (f) (g) (h) (i) (j) (k) (l) (m) (n) 5 Dat die Raad kennis neem dat daar nie ten volle uitvoering gegee kan word aan die volgende besluit nie, weens n gebrek aan fondse: Dat goedkeuring verleen word dat die beginsel van depresiasie van infrastruktuur ten aansien van die ontwikkeling van onroerende eiendom en die verkoop daarvan teen 'n wins, nie 'n las plaas op die gemeenskap (belastingbetaler) nie, maar dat dit uit 'n bydrae van die onaangewende oorskot rekening gefinansier word. Dat die Raad verder kennis neem dat die tekort in die bedryfsbegroting hoofsaaklik toegeskryf kan word vanweë die waardevermindering en rente op voormelde infrastruktuur; Dat kennis geneem word van die oorlegplegingsproses met die gemeenskap en die wykskomiteelede op 28, 29 April en 4, 5 Mei 2009; Dat die dokumentasie ten opsigte van die begroting aan Nasionale Tesourie voorsien word soos versoek in Omsendbrief 15 van 2006; Dat volstaan word met die diskresionêre bevoegdheid om n deernissubsidie goed te keur bo die perk soos vervat in die Raad se Kredietbeheerbeleid van drie keer die staats-/ongeskiktheidspensioen plus 10%, maar dat die voorwaardes waaronder die toekenning gemaak kan word streng toegepas moet word in terme van die Kredietbeheerbeleid. Dat verder goedkeuring verleen word aan die Direkteur: Finansiële Dienste of sy gedelegeerde om af te wyk vanaf die bo perk vir Deernishulptoekennings, onderhewig daaraan dat hierdie afwyking aan die Uitvoerende Burgemeesterskomitee voorgelê word; Dat daar vir die toekoms en in lyn met die 2015 Visie se strategiese ontwikkelings-beplanningsdokument nie net op die skep van nuwe infrastruktuur gefokus word nie, maar ook die onderhoud van bestaande infrastruktuur - dat die Raad met erns kennis neem van dr Kapp se kommentaar in hierdie verband soos uitgewys in bygaande verslag; Dat die Raad goedkeuring verleen dat die uitdebitering van departementele koste nie deur Munisipaliteit Swartland gedoen sal word nie na aanleiding van 'n verslag wat deur dr Kapp aan die Raad voorsien is waarin laasgenoemde die mening huldig dat dit net onnodige administratiewe las sal meebring. Dat die Raad verder kennis neem van n latere verslag in hierdie verband deur dr Kapp; Dat die Raad kennis neem dat hierdie bedryfsbegroting nie die begrote bedrae vir Vaste en Werklike Kapitaalbydrae insluit nie, aangesien dit buite rekening gelaat moet word ten einde eers die tariewe op verbruikerskommoditeite en eiendomsbelasting te kan vasstel; Dat geen voorsiening gemaak kon word vir delgingstekort soos in die verlede weens n gebrek aan fondse met verwysing na waar die delgingstermyn van eksterne lenings nie ooreenstem met die lewensduur van bates nie; Dat die Raad met groot erns kennis neem van die kommer wat deur dr Kapp in bygaande verslag uitgespreek word dat Munisipaliteit Swartland nie meer kontant gerugsteunde begrotings opstel nie. Die volgende aspekte is ook deur die Direkteur: Finansiële Dienste by herhaalde kere aan Bestuur en die Raad uitgewys: (i) dat die Kapitaalbegrotings van die verlede se kapitaalonkoste (rente; waardevermindering; deling op eksterne lenings) onbekostigbaar vir die gemeenskap geraak het; (ii) dat huidige kapitaalprojekte noodgedwonge nou afwaarts aangepas sal moet word en eksterne fondse (skenkings) bekom sal moet word vir vernalatigde gebiede; (iii) dat die styging in personeelonkoste wat deur statutêre bepalings op die Raad afgedwing word nou totaal onbekostigbaar geraak het, en die Raad nou op sy knieë dwing; (iv) dat die Direkteur: Finansiële Dienste nie voldoende voorsiening kan maak vir Bedryfskapitaal Reserwe nie, wat beteken dat kontant bedryfsuitgawes die gehefde inkomste oorskry wat meebring dat n negatiewe kontantvloei gaan ontstaan;

6.3/... (v) 6 dat kennis geneem word dat onbekostigbare eiendomsbelasting en dienste rekeninge n verdere druk op oninbare skuld (uitstaande debiteure) plaas wat weer n negatiewe invloed op kontantvloei plaas wat kan meebring dat krediteure en salarisse moontlik nie betaal kan word nie. Hierdie negatiewe impak kan operasionele dienslewering erg ontwrig en later selfs tot stilstand dwing; (o) (p) (q) (r) Dat goedkeuring verleen word om n kontant bydrae vanaf die onaangewende oorskotrekening te maak ten einde die watertarief te subsidieer. Dit word eerder aanbeveel op n lewensnoodsaaklike diens soos water waar elke verbruiker n klein finansiële voordeel kan behaal eerder as n ander diens. Die bedrae is as volg: 2009/2010 : R1 865 108 2010/2011 : R2 053 038 2011/2012 : R2 249 419 Dat opdrag aan die Bestuurspan gegee word om n 3 tot 5 jaar finansiële herstelplan aan die Raad teen einde Augustus 2009 voor te lê wat sal aandui watter pogings Munisipaliteit Swartland moet aanwend om uit die finansiële verknorsing te kom; Dat opdrag aan die Munisipale Bestuurder gegee word om gesprekke te inisieer aangaande die werklike koste- en kapitaalbydraes ten opsigte van ontwikkelings in die sogenaamde brown fields en green fields ten einde te bepaal hoe hierdie fondse aangewend moet word; Dat (op versoek van die DA) opdrag aan die Bestuurspan gegee word om die volgende beleide dringend te hersien: (i) kapitaalbydraebeleid (ten opsigte van [1] vrystelling in spesifieke gevalle, byvoorbeeld vernalatigde gebiede soos dorpe in Wyk 7, [2] bed-enontbytfasiliteite vs gastehuise); (ii) kredietbeheerbeleid (ten opsigte van die betaaldatum op die munisipale rekening). 6.4 VERVANGING VAN RDL N L GALI AS ANC-VERTEENWOORDIGER OP DIE SWARTLAND MUNISIPALE RAAD (3/1/7) Rdl N L Gali het op 31 Januarie 2009 sy bedanking ingedien as proporsionele ANCverteenwoordiger op die Swartland Munisipale Raad. n Skrywe is ontvang vanaf die Provinsiale Verkiesingsbeampte waarin bevestig word dat rdl N E Nqokoto, as die kandidaat boaan die ANC-partylys, met ingang van 4 Maart 2009 tot die Swartland Munisipale Raad verkies is. VIR KENNISNAME 6.5 ANC: VUL VAN VAKANTE SETEL OP TEGNIESE DIENSTE KOMITEE (3/3/1) n Skrywe is ontvang vanaf die ANC waarin versoek word dat rdl A M Sneewe aangewys word as ANC-verteenwoordiger op die Tegniese Dienste Portefeuljekomitee in die plek van rdl N L Gali wat op 31 Januarie 2009 bedank het. (op voorstel van rdl C W Solomons, gesekondeer deur rdl C Fortuin) Dat goedkeuring verleen word dat rdl A M Sneewe aangewys word op die Tegniese Dienste Portefeuljekomitee van die Raad met onmiddellike effek. 6.6 JUNIOR STADSRAAD: VERSLAGDOENING INSAKE AKTIWITEITE (3/6) [Item 3.2 verwys.] Die Speaker stel rdl Tienke du Toit, Junior Burgemeesteres van die Junior Stadsraad aan die woord om verslag te doen oor die aktiwiteite van die afgelope termyn. Rdl du Toit/...

6.6/... 7 Rdl du Toit bevestig dat die Junior Stadsraad sy verantwoordelikhede op só n manier nagekom het dat elke ouer, skool en die Senior Munisipale Raad baie trots kan wees op wat bereik is. Rdl du Toit noem verder dat die Junior Stadsraad daarin kon slaag om met entoesiasme n impak te maak op die lewens van hul eie portuurgroep. Die projekte wat aan die jeug voorgehou is, het ten doel gehad om hul te beïnvloed om ingeligte, volwasse en verantwoordelike besluite te kan maak, ten spyte van hul eie beperkings en groepsdruk deur ander. Hoogtepunte van die afgelope termyn was die Mad about Me -projek en die vakansieprogram wat tydens die September-vakansie aangebied was. (op voorstel van rdl J L Griebenauw, gesekondeer deur rdl J H Cleophas) (a) Dat die Raad kennis neem van die Junior Stadsraad se aktiwiteite gedurende sy afgelope termyn, dit is vir die periode 1 Maart 2008 tot 28 Februarie 2009; Dat n afskrif van die jaarverslag ook ter insae gesirkuleer word aan die skoolhoofde van die hoërskole wie se leerders op die Junior Stadsraad verteenwoordig word; (c) Dat kennis geneem word (i) van die notules van vergaderings van die junior stadsraad wat onderskeidelik op 3 November 2008, 26 Januarie en 23 Februarie 2009 plaasgevind het; (ii) dat die inhuldiging van nuwe raadslede op 14 Mei 2009 sal plaasvind. 6.7 KAAPSE WESKUS/SWARTLAND TOERISMEVERENIGING: HERNUWING VAN DIENSLEWERINGSOOREENKOMS (SERVICE LEVEL AGREEMENT) (9/1/3/2/1) Die voorneme om met onderhandeling n aanvang te neem ten einde die Diensleweringsooreenkoms met die Weskus/Swartland Toerismevereniging vir n verdere termyn te verleng, het op 11 Februarie 2009 voor die Uitvoerende Burgemeesterskomitee gedien. Die onderhandelinge tussen die onderskeie rolspelers het op 3 Maart 2009 plaasgevind en is die ooreenkoms gefinaliseer. Die Speaker gee geleentheid vir die partye verteenwoordigend op die Munisipale Raad om kommentaar op die Diensleweringsooreenkoms te lewer geen kommentaar word ontvang. (op voorstel van rdl B W Geel, gesekondeer deur rdl J L Griebenauw) (a) Dat die Diensleweringsooreenkoms met die Kaapse Weskus/Swartland Toerismevereniging, soos aangeheg by die verslag, goedgekeur word met ingang van 1 Julie 2009 tot 30 Junie 2012; Dat die Munisipale Bestuurder gemagtig word om die Diensleweringsooreenkoms namens die Raad te onderteken om die Raad se wetlike mandaat ten opsigte van toerisme te volvoer. 6.8 VERVREEMDING VAN KERKPERSEEL, ERF 6352, MALMESBURY (12/2/5/2-8/4) Die Raad het op 28 Augustus 2008 goedkeuring verleen dat die kerkperseel vervreem word teen n reserweprys van R5/m² aangesien dit nie vir n basiese munisipale diens benodig word nie. Die tenderevalueringskomitee, asook die tendertoekenningskomitee het die tenders en ontwikkelingsvoorstelle oorweeg van die Methodist Church of SA en die Yahweh Shammah Ministries en is die verslae met die sakelys gesirkuleer. /...

6.8/... (op voorstel van rdl D C Slade, gesekondeer deur rdl J L Griebenauw) 8 Dat die Raad die tendertoekenningskomitee se aanbeveling vir die vervreemding van erf 6352, Malmesbury aan die Methodist Church in die bedrag van R45 600,00 (BTW ingesluit) goedkeur, onderhewig aan die algemene tendervoorwaardes. 6.9 VOORGESTELDE BELEID INSAKE RAADHEERSKAP (3/B) n Konsep beleid insake die erkenning van raadheerskap is met die sakelys gesirkuleer. (op voorstel van rdl T van Essen, gesekondeer deur rdl J L Griebenauw) Dat die Raad die aangehegte beleid rakende erkenning van raadheerskap met onmiddellike effek goedkeur, onderhewig aan die volgende wysiging laaste paragraaf Die munisipale bestuurder sal n aanbeveling by die Uitvoerende Burgemeesterskomitee maak, ná inagneming van al die tersaaklike besonderhede. GETEKEN: SPEAKER