Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2017

Vergelijkbare documenten
Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2019

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

Foto-redigering vir sun.ac.za

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Trek jou NWU-tekkies aan en loop ʼn dag in die skoene

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

FAKTORE EN VEELVOUDE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

BELEID VIR PLASING IN KOSHUISE EN LUISTER-, LEER- EN LEEFHUISE, ASOOK INDELING BY PSO-WYKE EN KLUSTERS

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

AANSOEK OM STUDIELENING

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

A. ALGEMENE INLIGTING

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

A. ALGEMENE INLIGTING

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Bankstate LPF Systems BK

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Installasie van LPF AgriBusiness/Express 2010 LPF Systems BK

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Handleiding 6. Skep en bestuur van ʼn Twitter-rekening. rekening

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

A. ALGEMENE INLIGTING

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Statistieke met een oogopslag

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

KUNSKWARTIER AANSOEK 8 15 APRIL 2017 SLUITINGSDATUM: 30 NOV ADMIN.-FOOI BETAALBAAR: R300

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

Sentraalbeplande stelsel

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH BELEID VIR PLASING IN KOSHUISE EN LUISTER-, LEER- EN LEEFHUISE, ASOOK INDELING BY PSO-WYKE EN KLUSTERS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

A. ALGEMENE INLIGTING

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

Gids vir Byvoordele eise

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH BELEID VIR PLASING IN KOSHUISE EN LUISTER-, LEER- EN LEEFHUISE, ASOOK INDELING BY PSO-WYKE EN KLUSTERS

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Paulus kritiseer sy tyd se manier

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Stuur die aansoekvorm aan:

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

Laerskool Horison Graad

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Transcriptie:

Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2017 1. Hoe doen ek aansoek om ʼn koshuisplek? 1.1 Koshuisaansoeke maak deel uit van die algemene aansoekvorm vir toelating tot die Universiteit Stellenbosch (US). Gaan na www.maties.com om aanlyn aansoek te doen, of bel Kliëntediens by 021 808 9111 vir enige hulp. 1.2 Koshuisaansoeke sluit op 30 Junie in die jaar wat registrasie voorafgaan. Maak asseblief seker dat jy hierdie sperdatum haal, aangesien ons ongelukkig geen laat aansoeke kan aanvaar nie. 1.3 Koshuisplek is beperk en onderworpe aan ʼn keuringsproses. Die Universiteit ontvang gewoonlik baie meer aansoeke as wat daar plek beskikbaar is en daarom kan ons ongelukkig nie waarborg dat jy ʼn plek in die koshuis of ʼn plek in ʼn koshuis van jou keuse sal kry nie. 1.4 Onthou, om vir ʼn koshuisplek oorweeg te word, moet jy toelating tot ʼn program aan die Universiteit ontvang. Indien jou eerste studiekeuse onderworpe is aan uitgebreide keuring (soos ʼn program in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe), kan jy ook ʼn tweede studiekeuse aandui. Só verseker jy dat jy steeds vir koshuisplek oorweeg word, selfs al word jy nie vir jou eerste studiekeuse aanvaar nie. 1.5 Studente wat toelating tot die program BAgric (Elsenburg) ontvang of vir MB, ChB, Fisioterapie en Dieetkunde gekeur word, gaan nie in koshuise op die Stellenbosch-kampus tuis nie. 1.5.1 Indien die Universiteit jou vir MB, ChB, Fisioterapie en Dieetkunde keur, doen jy aansoek om ʼn koshuisplek op Tygerbergkampus, sowat 30 km van Stellenbosch-kampus. 1.5.2 Koshuisplasings op Tygerbergkampus vind eers plaas sodra die keuringsproses (in Augustus) afgehandel is. Indien jy gekeur word, sal jy ʼn keuringsbrief en ʼn koshuisaansoekvorm van Tygerbergkampus ontvang. 1.5.3 Let wel: ʼn Plek in ʼn Stellenbosch-koshuis waarborg nie ʼn koshuisplek op Tygerbergkampus nie. 1.5.4 BAgric (Elsenburg)-studente doen aansoek om koshuisplasing op Elsenburg, waar die program aangebied word. 1.6 Die hele plasingsprosedure sal teen 30 Oktober afgehandel wees. Jy behoort teen daardie tyd te weet of jy ʼn plek in die koshuis gekry het. Indien jou aansoek onsuksesvol was, sal ons dit ná 30 Oktober bevestig.

2. Watter kriteria gebruik die Universiteit om my in ʼn koshuis te plaas? Uitnemendheid versterk deur diversiteit is n belangrike beginsel in die Universiteit se koshuisplasingsbeleid, en albei word deurentyd saam met al die ander bepalings oorweeg. Die Universiteit glo dat diversiteit n belangrike bydrae lewer om sy studente uitnemend te maak. n Mens kan immers meer leer van mense wat van jou verskil as van diegene wat presies soos jy is. Diversiteit op universiteitsvlak berei studente ook goed voor vir die Suid-Afrikaanse en internasionale werklikheid. In die lig hiervan, werk die Universiteit met spesifieke plasingskategorieë, soos wat die koshuisplasingsbeleid (beskikbaar op www.maties.com) bepaal. Die plasingskategorieë is soos volg: 2.1 Akademiese meriete 2.1.1 Die Universiteit gebruik akademiese meriete as hoofoorweging om die eerste rondte koshuisaanbiedings aan eerstejaars op Stellenbosch-kampus te maak. 2.1.2 Aanbiedings in dié kategorie berus op jou graad 11-eindeksamenpunte indien jy in jou graad 12-jaar aansoek doen. 2.1.3 Indien jy reeds gematrikuleer het, word jou graad 12-eindeksamenpunte gebruik. 2.2 Diversiteit 2.2.1 Nadat die eerste rondte aanbiedings afgehandel is, gebruik die Universiteit vyf diversiteitsfaktore (kyk 2.2.2) om die beoogde diversiteitsprofiel met die oorblywende koshuisplekke te bereik. Akademiese meriete word egter steeds in ag geneem. 2.2.2 Die vyf diversiteitsfaktore wat die Universiteit gebruik, is (i) studente se burgerskap Suid-Afrikaans of buitelands; (ii) studente se voorkeurtaal (Afrikaans, Engels of ander); (iii) studente se etnisiteit (bruin, swart, Indiër of wit); (iv) of studente eerste- of nie-eerstegenerasiestudente is, en (v) studente se ekonomiese klas (vir studente wat ondersteuningsbeurse benodig en op grond van n middeletoets wel daarvoor in aanmerking kom). 2.2.3 Die Universiteit neem elke keer ál vyf diversiteitsfaktore van elke student in ag om daardie studente te kies wat in die geheel die beste voldoen aan die diversiteitsprofiel wat ons graag op kampus sou wou sien, en ook om studente met verskillende profiele so eweredig moontlik oor koshuise (en huise vir privaatstudente (PSO)) te versprei.

2.3 Spesiale plasings Soos die koshuisplasingsbeleid aandui, sal die Universiteit ook spesiale plasings oorweeg, soos plasings van beursmaatskappye, sportplasings 1, rektorsdiskresionêre plasings, studente in verlengde graadprogramme, studente met fisiese gestremdhede wat hul mobiliteit beïnvloed en weermagstudente. 3. Hoe werk dit indien ek koshuisplek ontvang? 3.1 Indien die Universiteit n koshuisplek op Stellenbosch aan jou toeken, verander jou aansoekstatus op www.maties.com na gereserveer. Onthou egter, in hierdie stadium is jy nog nie in ʼn spesifieke koshuis geplaas nie. 3.2 Hierna sal jy ʼn reserveringsbrief (per pos of e-pos) ontvang wat vra dat jy ʼn aanvaardingsbedrag van R10 600 teen ʼn sekere datum betaal. Die volgende is belangrik in verband met die aanvaardingsbedrag: 3.2.1 Die aanvaardingsbedrag bevestig dat jy jou plek in die koshuis, sowel as die bepalings wat jou saam met die reserveringsbrief bereik het, aanvaar. 3.2.2 Die aanvaardingsbedrag is ook die eerste verpligte paaiement vir jou koshuisverblyf. Om die aanvaardingsbedrag in kontant in te betaal: Bank: Standard Bank Rekeningnaam: Universiteit Stellenbosch Rekeningnommer: 063163225 Rekeningsoort: Tjek Takkode: 050610 of 051001 Verwysing: US-studentenommer (slegs eerste agt syfers) Faks/e-pos betaalbewyse na +27 21 808 3739 of studentegelde@sun.ac.za Om die aanvaardingsbedrag aanlyn per kredietkaart te betaal: Gaan na www.maties.com Klik op Gelde. Klik op Betalingopsies. Volg die stappe. Faks/e-pos betaalbewyse na +27 21 808 3739 of studentegelde@sun.ac.za 3.3 Indien die Universiteit nie jou aanvaardingsbedrag teen die sperdatum ontvang nie, sal ons aanvaar dat ons jou aansoek om koshuisplasing kan kanselleer. Jou aansoekstatus op www.mymaties.com sal dan na gekanselleer verander. 3.4 Nadat ons die aanvaardingsbedrag ontvang het, begin ons studente in spesifieke koshuise plaas. Dit gebeur gewoonlik in September. Die koshuis waarin jy geplaas word, sal op www.maties.com onder jou aansoekstatus verskyn en jy sal ook n bevestigingsbrief van plasing per pos of e-pos ontvang. 3.5 Indien jy in enige stadium nie meer in ʼn koshuisplek belang stel nie, kanselleer asseblief jou aansoek deur ʼn e-pos na info@sun.ac.za te stuur. 3.6 Die volgende inligting oor koshuisplasing is ook belangrik: 3.6.1 Koshuisplek is beperk en daarom kan ons ongelukkig nie waarborg dat jy ʼn plasing in ʼn koshuis van jou keuse sal kry nie. 1 Provinsiale spelers kan Maties Sport by 021 808 4642/4941 kontak vir meer inligting.

3.6.2 As jy nie in een van jou voorkeurkoshuise geplaas is nie, beteken dit dat die kategorie waaronder jy in daardie koshuise geplaas sou word reeds vol was (sien plasingskategorieë onder punt 2 vroeër in hierdie dokument). 3.6.3 Ons streef daarna om in al ons koshuise diversiteit te bevorder en studente uit verskillende agtergronde eweredig oor koshuise te versprei. Daarom volg ons die riglyne van die koshuisplasingsbeleid en kan ons ongelukkig geen oorplasings of verskuiwings na ander koshuise oorweeg nie. 3.6.4 Die Universiteit behandel oud-maties se studentekinders dieselfde as alle ander studente en verleen nie voorkeur op grond van alumnistatus nie. 3.6.5 Omdat ons verskillende plasingskategorieë gebruik, kan dit wel gebeur dat studente met laer punte voor diegene met hoër punte geplaas word. 3.6.6 Daar is GEEN enkelkamers vir eerstejaars beskikbaar nie, behalwe in Majuba en Metanoia. 3.6.7 Die Universiteit oorweeg slegs senior studente vir plasing in studentehuise en universiteitswoonstelle. Jy sal dus nie in jou eerste jaar in hierdie huise/woonstelle kan tuis gaan nie. 3.6.8 Koshuisplasings is altyd voorwaardelik. Dit waarborg nie toelating tot die Universiteit nie. As jy byvoorbeeld dalk nie aan die einde van graad 12 aan die Universiteit se toelatingsvereistes voldoen nie, sal die aanbod van n koshuisplek verval. 3.6.9 Daar is baie min parkeerplek op kampus. Senior studente kry voorkeur met die toekenning van parkeerplek by koshuise en in strate. 3.6.10 Koshuise word gedurende Junie- en Desember-vakansies ontruim en studente moet dus dan hul besittings uit hul kamers verwyder. Die meeste koshuise het egter stoorkamers. 3.7 Die Universiteit bied ʼn verwelkomingsprogram vir eerstejaars aan voordat die akademiese jaar amptelik begin. Jy sal vooraf ʼn afskrif van die verwelkomingsprogram en ʼn inligtingstuk van jou koshuis ontvang wat jou aankoms en inskakeling sal vergemaklik. Besoek ook die webtuistes van die koshuise by www.maties.com vir meer inligting. 4. Wat gebeur as ek nie koshuisplek kry nie? 4.1 Indien jy teen 30 Oktober nog nie ʼn gereserveerde of bevestigde plek in n koshuis gekry het nie, was jou aansoek om koshuisplasing onsuksesvol. Jy sal ook teen die begin van November ʼn brief of e-pos ontvang wat dit bevestig. 4.2 Indien jy steeds vir ʼn koshuisplek oorweeg wil word, kan jy vanaf 1 November op die elektroniese koshuiswaglys registreer. 4.2.1 Gaan na www.maties.com en klik op Waglys onder Verblyf. Dit is die enigste plek waar jy op die waglys kan registreer of deregistreer. 4.2.2 Registrasie op die waglys sluit op 31 Desember. 4.2.3 Indien die Universiteit jou in ʼn spesifieke koshuis geplaas het, maar jy die plasing kanselleer, kan jy ongelukkig nie op die elektroniese waglys registreer nie. ʼn Koshuisplek is immers dan reeds aan jou toegeken, en geen oorplasings of verskuiwings word toegelaat nie.

4.2.4 Die Universiteit kan die studente op die waglys nog na die eerste dag van die akademiese jaar in koshuise plaas. 4.2.5 Let wel dat dieselfde plasingskategorieë as vir ander plasings gebruik word (sien punt 2). ʼn Student wat laer op die waglys is, kan dus voor jou geplaas word op grond van een van die plasingskategorieë. 4.2.6 Jou plek op die waglys sal voortdurend verander namate ander kandidate registreer. Wat akademiese meriete betref, sal dieselfde punte as in paragraaf 2.1.2 en 2.1.3 hierbo geld. Jy sal ongelukkig nie in hierdie stadium jou matriekpunte kan aanpas nie. 4.2.7 Vanaf 1 Desember sal die Universiteit studente slegs bel en e-pos oor enige verdere reserverings. 4.3 Die elektroniese waglys verval op die eerste dag van die akademiese jaar, aan die begin van Februarie. Daarna open ʼn nuwe waglys waarvoor jy op my.sun.ac.za kan registreer. 4.3.1 In hierdie laat stadium is daar ongelukkig geen waarborg dat jy wel ʼn koshuisplek sal kry of in ʼn koshuis van jou keuse geplaas sal word nie. 4.3.2 Wat akademiese meriete betref, sal die Universiteit nou jou finale eindeksamenpunte (graad 12) in ag neem. Die plasingskriteria (sien punt 2) sal egter steeds geld. 4.3.3 Indien ʼn student sy/haar koshuisplek kanselleer wat toegeken is, of hy/sy kanselleer nadat in ʼn koshuis ingetrek het of die aanbod wat gemaak is van die hand wys, sal die student in die waglys afgeskuif word. Die Universiteit het immers reeds aan die betrokke student ʼn plek toegeken. 5. Hoe maak ek om my koshuisplek te kanselleer? 5.1 Die Universiteit sal slegs n kansellasie van koshuisverblyf aanvaar as jy dit skriftelik of per e-pos indien. Stuur daarom asseblief enige kansellasie na faksnommer 021 808 3822 of e-posadres info@sun.ac.za by die Koshuisplasingskantoor, en onthou om jou studentenommer en die rede vir jou kansellasie by te voeg. 5.2 Sonder so n kennisgewing sal jy ongelukkig nie vir enige moontlike terugbetaling van die aanvaardingsbedrag in aanmerking kom nie. 5.3 Die Universiteit sal die datum van ontvangs van jou skriftelike kennisgewing as die amptelike datum vir die berekening van enige verskuldigde geld gebruik. 5.4 In geval van kansellasies van koshuisverblyf, hanteer ons die aanvaardingsbedrag soos volg: 5.4.1 Indien jy voor of op 31 Oktober kanselleer, sal jy die volle koshuisaanvaardingsbedrag terugontvang. 5.4.2 Indien jy ná 31 Oktober kanselleer, sal die Universiteit jou ʼn kansellasiefooi van R640 vra. 5.4.3 Indien jy ná die eerste Vrydag na die beskikbaarstelling van die NSS-resultate aan die begin van die studiejaar kanselleer, sal jy ongelukkig die volle aanvaardingsbedrag verbeur. 5.4.4 Indien jy nie teen die begin van die verwelkomingsprogram opdaag nie, sal jy ook die volle aanvaardingsbedrag verbeur en sal die Universiteit ook jou koshuisplek kanselleer. 5.4.5 Indien jy nie toelating tot jou studieprogram kry nie of weens omstandighede buite jou beheer nie die koshuisplek kan gebruik waarvoor jy reeds die vereiste aanvaardingsbedrag betaal het

nie, kan jy skriftelik aansoek doen dat ons die aanvaardingsbedrag terugbetaal. Hiervoor moet jy ʼn volledig gemotiveerde brief aan die Koshuisplasingskantoor rig en dit na info@sun.ac.za stuur. 5.4.6 Onthou egter, die besluit om enige geld terug te betaal, berus by die Universiteit. 5.4.7 Koshuisplek word vir die volle akademiese jaar toegeken. Indien jy jou verblyf gedurende die akademiese jaar kanselleer, sal jy n kansellasiefooi van 30% van die uitstaande verblyfgeld moet betaal. 6. Hoe maak ek as ek privaat verblyf soek? 6.1 Studente wat nie in koshuise woon nie, word outomaties in Privaatstudenteorganisasie- (PSO-)wyke geplaas. PSO-wyke neem aan al die Universiteit se aktiwiteite op kulturele, sosiale én sportvlak deel en word ook saam met koshuise by klusters ingedeel. Die PSO-wyke op Stellenbosch-kampus is Pieke, Aurora, Libertas, Oude Molen, Vesta, Equité, Venustia, Silene, Olympus en Aristea. Osler is die PSOwyk op Tygerbergkampus. 6.2 Hierdie privaat wyke sorg egter net dat PSO-studente by alle universiteitsaktiwiteite inskakel dit verskaf nie verblyf nie. 6.3 As jy dus inligting oor privaat verblyf wil hê, kan jy die Universiteit se nuwe verhuringskantoor by 021 808 2895 bel of die webtuiste www.stayatstellenboschuniversity.co.za besoek Indien jy na die volledige beleid en bestuursriglyne vir plasing in koshuise en luister-, leer- en leefhuise, asook indeling by PSO-wyke en klusters wil gaan kyk, klik op die Verblyf -skakel op die webtuiste vir voornemende studente, www.maties.com.