Excursio. Algemene Grondwet

Vergelijkbare documenten
REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

1 Woordomskrywings Onbehoorlike gedrag en strawwe Metode van ondersoek van bewerings van onbehoorlike gedrag 3-6

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

SEKSUELE TEISTERING: BELEID EN PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN PERSONEEL

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

VERWYSINGSGIDS VIR SOLIDARITEIT VERTEENWOORDIGERS

KONSTITUSIE VAN ARSO

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

HOOFSTUK 9 Regspleging

DISSIPLINÊRE- EN GRIEWEPROSEDURE

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

DISSIPLINêRE KODE REGLEMENT INSAKE DISSIPLINêRE OPTREDE TEEN PERSONEEL

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede:

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

DISSIPLINêRE KODE VIR LEDE VAN DIE BOSVELD JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

Stuur die aansoekvorm aan:

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

Laerskool Stellenbosch

ASA Grondwet. soos vasgestel op 12 Oktober 2009

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

HOËRSKOOL RUSTENBURG

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

HOOFSTUK 5 Die President

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

Riglyne vir Steundiensaanstellings

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Stuur die aansoekvorm aan:

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

Eerste jaarvergadering en konstitusie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Gedragskode. 3.1 Studente en hul ouers/voogde moet deeglik op hoogte wees van alle reëls en die dissiplinêre stelsel wat op DGH van toepassing is.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Tjokkerjol Speelgroepie

Transcriptie:

Excursio 2012 Algemene Grondwet

Inhoudsopgawe: Afdeling A: Die grondwet van excursio:... 1 1. Inleiding:... 1 1.1. Die missie en visie van Excursio:... 1 1.1.1. Ons Missie is om:... 1 2. Die Bestuur van Excursio:... 2 2.1. Die samestelling van die bestuur:... 2 2.2. Die verkiesing van die nuwe bestuur... 2 3. Dissipline en Tug... 5 3.1. Die samestelling van Excursio Tugkomitee... 5 3.1.1. Excursio se tugkomitee bestaan uit die volgende lede... 5 3.1.2. Tuguitoefening deur die Hoof van die Toerisme Departement:... 5 3.1.3. Die tugbevoedhede van die Excursio-Tugkomitee... 5 3.1.4. Redes vir Tug... 5 3.1.5. Prosedure... 6

Afdeling A: Die grondwet van excursio: 1. Inleiding: 1.1. Die missie en visie van Excursio: Die Visie van Excursio is om soveel as moontlik in die behoeftes van die Toerisme studente op die NWU, Potchefstroom kampus te voldoen. 1.1.1. Ons Missie is om: Alle studente op die Potchefstroom kampus van Excursio en hul funksie op die kampus, bewus te maak. Te groei tot 'n suksesvolle ASV wat 'n betekenisvolle bydrae kan lewer aan die Toerisme studente sowel as alle ander areas van belang op kampus. Toerisme studente te help t.o.v. beroepskeuses, CV-opstellings, bevordering van kennis en vaardighede. Toerisme op 'n plaaslike sowel as 'n nasionale vlak te bevorder. By te dra tot die ontwikkeling van nuwe geleenthede en bevordering van huidige geleenthede in die toerisme bedryf. 1.1.2. Patronaat: Excursio stel homself onder die patronaat van die Studenteraad van die NWU ingevolge die Grondwet van die Studenteraad, onder die vaandel van die SR-Akademiese Raad. Excursio stel homself onder die patronaat van die Suid-Afrikaanse Toerisme Raad (SATSA). 1

2. Die Bestuur van Excursio: 2.1. Die samestelling van die bestuur: Die bestuur bestaan uit die volgende portefeuljes naamlik: Voorsitter Ondervoorsitter Sekretaresse en Penningmeester Fisiese Bemarking Elektroniese Bemarking Borge en Nagraads Interne skakeling en Klerasie Events Funksies Eksterne skakeling en Publikasie Akademie en Werwing 2.2. Die verkiesing van die nuwe bestuur 2.2.1. Tyd van die verkiesing Aansoeke vir die verkiesing open 'n maand tot 'n maand en 'n half voor die Toerisme dinee, (soos deur die SR bepaal). Nuwe komitee word op die dinee aangekonding. 2.2.2. Die verkiesingskomitee Die verkiesingskomitee bestaan uit die hele huidige Excursio bestuur asook die Voog van Excursio binne die Toerisme Departement. In die toekoms kan Excursio se voog op die Akademiese UK ook deel van die verkiesingskomitee uitmaak. 2.2.3. Kandidaatvereistes Enige persoon mag genomineer word vir die Excursio-bestuursverkiesing mits hulle aan die volgende vereistes voldoen: Die kandidaat moet geregistreer wees vir 'n kursus in Toerisme en Toerisme as 'n hoofvak hê. Die kandidaat moet aan die lidmaatskap vereistes, soos uiteengesit in die Huishoudelike Reglement, voldoen en so ook sy gelde betaal het ten opsigte van lidmaatskap. 2

Die kandidaat moet ook reeds betrokkenheid getoon het by aktiwiteite wat aangebied was deur Excursio en die Toerisme Departement byvoorbeeld die jaarlikse toer. Die kandidaaat moet die gepaste aansoekvorm invul. Die aansoekvorm moet vergesel wees van 'n verkorte CV van die kandidaat se vorige ervaring. Aansoeke sluit twee dae voor die swete begin. Alle kandidate sal vir twee dae tydens 'n ooreengestemde tyd beskikbaar wees vir swete waartydens enige Toerisme student Excursio-gerigte vrae mag vra. Daar sal vir 4 dae geleentheid wees vir Toerisme studente om vir die kandidate te stem na aanleiding van die swete asook die aansoekvorms wat beskikbaar sal wees. Die kandidate moet voor die verkiesingskomitee verskyn vir 'n onderhoud. Die verkiesingskomitee het volmag om na aanleiding van die onderhoud 'n kandidaat af te wys vir verkiesing tot bestuur. Die verkiesing van die bestuur vind nie portefeulje-gerig plaas nie. Die sterkste kandidate sal gekies word, en daarna sal die portefeuljes toegewys word volgens die verkiesingskomitee se diskresie. Maar die kandidate wat verkies word tot die volgende portefeuljes moet reeds in hulle 2de akademiese jaar wees: -Events. -Funksies Nuwe bestuur word by die Toerisme Dinee aangewys en dus moet alle kandidate wat aansoek gedoen het, teenwoordig wees. Aansoeke vir die voorsitter: Slegs persone wat reeds op die bestuur vir 'n volle ampstermyn dien, mag vir die portefeulje as voorsitter staan. Die voorsitter sal gekies word deur die kandidate voor die huidige bestuur van Excursio te laat sweet. Die voog van Excursio sal ook hierby betrokke wees. Die huidige bestuur sal na afloop van die swete d.m.v. geslote stembrief stem vir die voorsitter, wat dan die verkiesingsproses saam met die huidige voorsitter verder sal hanteer. Die voorsitter wat gekies word, moet verkieslik vir die volgende jaar se termyn n derdejaar student wees, indien die geval is dat daar geen derdejaar is wat kan staan vir voorsitter nie, mag n honneurs student staan. Indien hierdie honneurs student nie keuring vir honneurs sou ontvang nie, skuif die posisie na die ondervoorsitter wat gekies is deur die voorsitter, en moet n nuwe ondervoorsitter gekies word. 3

Die voorsitter, en die voog van die departement kies aleenlik die nuwe ondervoorsitter, ondervoorsitter moet n derdejaar student wees as die voorsitter n honneurs is, maar as die voorsitter n derdejaar student is moet die ondervoorsitter n honneurs student wees. In die geval waar die ondervoorsitter die voorsitter se posisie moet inneem moet die nuwe voorsitter, van uit die vorige termyn sy/haar nuwe ondervoorsitter kies. 2.2.4. Dispuuthantering In alle gevalle moet daar gekyk word of 'n dispuut wat intern ontstaan, nie onderling hanteer kan word nie (nie net dispute wat ontstaan a.g.v. die verkiesing nie). Indien die dispuut nie intern opgelos kan word nie, word eerstens die hulp van die Excursio se voog in die Toerisme Departement ingeroep. Indien die dispuut nog steeds nie opgelos kan word nie, moet die hulp van die Akademiese Raad ingeroep word as fassiliteerder. Indien die proses nie die saak oplos nie, moet die een of albei partye die ander skriftelike kennisgewing oorhandig aan die ander party dat hul na die volgende vlak van gesag gaan: die lede moet dit met die hoof van die Departement van Toerisme en Vryetydstudies opneem. 2.2.5. Vakturevulling Indien 'n vakture ontstaan vir wat 'n rede ookal, moet die bestuur (Voorsitter en ondervoorsitter) terugverwys na die aansoeke van die verkiesing om te bepaal wie die persoon is wat tweede inlyn is vir die portefeulje. Die persoon kan dan aangestel word in die portefeulje deur die bestuur. Indien die bestuur nie gelukkig is met die volgende kandidaat nie, kan hulle ook van die ander aansoekers nader om die pos te vul, mits hulle instem. Indien die kandidaat nie die portefeulje wil oorneem nie, moet daar oorgegaan word na 'n tussenverkiesing. 4

3. Dissipline en Tug 3.1. Die samestelling van Excursio Tugkomitee 3.1.1. Excursio se tugkomitee bestaan uit die volgende lede Excursio se Voorsitter Excursio se Ondervoorsitter Excursio se Sekretaresse Excursio se Voog in die Toerisme Departement Excursio se Voog afkomstig van die Akademiese Raad. Die Sekretaresse het nie stemreg in die verhoor nie, maar is net daar om die notule en tugboek van die vereniging op datum te hou. Indien die Voorsitter getug word moet die hoof van die Toerisme Departement die verrigtinge oorneem en hanteer. Indien die Ondervoorsitter getug word, word hy/sy nie vervang met ander persone nie. Die posisie op die tugkomitee is dan net vakant, so ook met die sekretaresse. 3.1.2. Tuguitoefening deur die Hoof van die Toerisme Departement: Die hoof van die Toerisme Departement het selfstandige tugbevoegdhede. Die sake wat so gehanteer word is sake wat nie deur die studente gehanteer kan word nie. Dit sluit in sake waarby die hele bestuur betrokke is of waar die voorsitter en/of die ondervoorsitter betrek word. Die sake wat in verband staan met die akademiese oneerlikheid en Studente-Dosent verhoudings. 3.1.3. Die tugbevoedhede van die Excursio-Tugkomitee Die bevoegdhede van die tugkomitee word bepaal deur die voorskrifte van bylaag D van die Statuut van die Universiteit en die reëls van die Grondwet en reglement. 3.1.4. Redes vir Tug Die afskryf van antwoorde tydens toetse en eksamens. Studente/Komiteelede wat wangedrag toon in klas en die klas ontwrig. Studente/Komiteelede wat wangedrag toon tydens 'n funksie wat deur Excursio aangebied word. Studente /Komiteelede wat hulself skuldig maak aan seksuele teistering of naamskending. Studente /Komiteelede wat die gesag van die Excursio-bestuur ondermyn. 5

Herhaaldelik misdrywe teenoor die bestuur (Voorsitter en ondervoorsitter) van Excursio. En/of die ondermyning van gesag van Excursio se Voorsitter deur ander komitee lede. Herhaaldelik afwesig te wees van funksies en vergaderings sonder geldelike verskonings deur lede van Excursio se bestuur. Verskonings moet binne 7dae (naweke ingesluit) ingehandig word by die sekretaresse van Excursio, en daarna is die ondervoorsitter geregtig daarop om tug toe te pas. 3.1.5. Prosedure 3.1.5.1.1. Die vooraf-prosedure Indien die tugsaak nie van 'n ernstige aard is nie, word studente en bestuurslede van Excursio d.m.v. 'n skriftelike waarskuwing in kennis gestel wat hy/sy moet onderteken. Met aanvang van die derde waarskuwing word 'n tugverhoor vereis vir minder ernstige sake soos deur herhaaldelik sonder verskoning nie vergaderings by te woon nie. Versuim van die aangeklaagde om by die verhoor op te daag maak die verrigtinge nie ongeldig nie. 'n Persoon wat voor die Tugkomitee moet verskyn moet ten minste vyf dae voor die verhoor skriftelik in kennis gestel word van die verhoor. (Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae ingesluit). Die skriftelike kennisgewing moet melding maak van die volgende: Die klag teen die persoon. Aantal waarskuwings (indien van toepassing). Datum, tyd en plek van die verhoor. Die student moet ook in kennis gestel word as hy/sy 'n regskundige wil saamneem vir 'n verteenwoordiger of deur iemand bygestaan mag word. 3.1.5.1.2. Prosedure tydens die verhoor: Die Voorsitter hanteer verrigtinge tydens die verhoor. By aanvang van die verhoor moet die Voorsitter toesien dat die Tugkomitee saamgestel is soos in afdeling 3.1. Geen bespreking van die meriete van die saak, geloofwaardigheid van die getuies en vonnis mag voor die aanvang van die verhoor plaasvind nie. 6

Die aangeklaagde moet in kennis gestel word dat hy homself kan verweer of van die hulp gebruik kan maak van 'n verteenwoordiger. Wanneer die aangeklaagde voor die komitee verskyn moet die Voorsitter dit aan die aangeklaagde bekend maak dat die saak nou ondersoek word tydens die verhoor en moet hy ook die prosedure aan die aangeklaagde verduidelik. Die klag word deur die Sekretaresse van Excursio voorgelees aan die aangeklaagde. Die aangeklaagde kry nou die geleentheid om die aanklag te erken/ontken. Vrae mag nou deur die Tugkomitee gevra word ten opsigte van die uitklaring van moontlike onduidelikhede ten opsigte van die persoon se ontkenning/erkenning. Indien die beskuldigde reeds skuldig bevind is in 'n geregshof aan die bepaalde misdryf, is die skriftelike bewys van die bevinding voldoende om die persoon skuldig te bevind. Ten spyte van punt h mag die persoon nog steeds getuienis aanvoer hoekom hy nie skuldig is aan die misdryf nie. Indien die aangeklaagde die beweerde oortreding erken, kan die Tugkomitee die aangeklaagde skuldig bevind en 'n vonnis opgelê word sonder om getuienis aan te hoor. (Getuienis mag aangehoor word ten opsigte van die versagting of die bepaling van 'n geskikte straf). Indien die beskuldigde die bewerings ontken, moet die komitee die getuienis van albei kante aanhoor. Die komitee mag getuies ondervra, kruisondervra en ook terugroep vir 'n ondervraging. Buiten die mondelinge getuienis wat gebruik word, mag daar ook skriftelike dokumente gebruik word. Die Tugkomitee verleen aan die aangeklaagde en sy verteenwoordiger redelike en billike tyd om getuies te ondervra asook om vrae te stel t.o.v. dokumentere bewyse asook reële bewyse. Nadat daar namens die Tugkomitee getuig is, kry die aangeklaagde getuies in sy/haar verweer, met die volgende voorbehoude: Die aangeklaagde moet nie voor sy getuies getuig nie en die aangeklaagde se getuies nie voor mekaar nie. Indien 'n persoon klaar getuig het, mag hy wel die verhoor verder bywoon. Die Tugkomitee mag die aangeklaagde en sy getuies ondervra. Nadat die Tugkomitee die getuienis namens die aangeklaagde aangehoor het, mag die Tugkomitee van die getuies herroep en ondervrae. Die aangeklaagde mag die getuies kruisondervra. 7

Hierna moet die Voorsitter die aangeklaagde die geleentheid gee om vertoë te lewer t.o.v. of die klag bewys is of nie. Nadat vertoë gelewer is, moet die Tugkomitee d.m.v. 'n twee-derde meerderheid stem bepaal of die aangelaagde skuldig of onskuldig is. Die aangeklaagde en sy verteenwoordiger mag nie hier teenwoordig wees nie. Die Voorsitter maak die bevindinge mondelings bekend aan die aangeklaagde. Indien skuldig bevind word, moet die aangeklaagde tyd gegee word om getuienis te lewer of om getuies te roep ter straf versagting. Die Tugkomitee neem die bogenoemde getuienis in punt s in ag, asook die getuienis aangaande die akademiese en dissiplinere rekords van die persoon. Die Tugkomitee besluit nou in die afwesigheid van die persoon en sy verteenwoordigers op 'n gepaste straf. Die voorsitter van die tugkomitee deel die persoon mondelings sy straf mee of skriftelik en verduidlik aan die persoon hoe daar geappeleer kan word teen die straf. 3.1.5.1.3. Strawwe Oplegging van enige straf, kombinasie van strawwe of opgeskorte straf wat opvoedkundig van aard is en binne die Universiteit se institusionele kultuur regverdigbaar is en onder die omstandighede regverdigbaar is. Berispe sonder om 'n boete op te lê. Geldboete wat nie meer is as die bedrag wat die Raad voorskryf vir sy koshuistugsake nie, (Geld boetes se bedrae word elke termyn deur die ondervoorsitter onder die deskresie van die voorsitter opgestel.) Beeïndiging van die student se lidmaatskap van die vereniging mits: Die Hoof van die Skool vir Toerisme en Vryetydstudies deel was van die Tugkomitee OF Die bogenoemde persoon saamgestem het met die straf. 3.1.5.1.4. Die Tug leer Die tug leër moet die volgende bevat: Datum en die tyd waarop die verhoor plaasgevind het asook die name van die Tugkomitee lede. Die volle name en van van die aangeklaagde asook sy/haar studentenommer. 'n Beskrywing van die aard van die oortreding met die 8

vermelding van waar, die tyd en datum van die oortreding asook die aangeklaagde so pleit. Die name en vanne, asook hul studentenommers van die getuies. Die bevinding van die Tugkomitee. Die vonnis wat opgele is en indien 'n boete opgele is, asook die kwitansienommer t.o.v. betaling daarvan, wat die aangeklaagde binne sewe dae na strafoplegging van die Tug-voorsitter moet toon. Die tugboek moet ter insae altyd by Excursio se sekretaresse beskikbaar wees. 3.1.5.1.5. Appél teen die uitspraak van die Tugkomitee 'n Persoon wat appèlleer teen die uitspraak van die Tugkomitee moet skriftelik binne vyf dae (uitgesonder Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae), kennis gee van sodanige appèl aan: Die Voorsitter van Tugkomitee. Die Voog van Excursio in die Departement van Toerisme. Die Hoof van die Skool vir Toerisme en Vryetyd studies. Die kennis van die appèl moet die gronde vir die appèl duidelik uiteensit. Die persoon kan vir die doeleindes van die appèl bygestaan word deur n ander persoon. Die prosedure word bepaal deur die tugkomitee. Die Tugkomitee kan suiwer sy beslissing maak op die dokumente wat ingedien is. Afwesigheid van die aangeklaagde by die verhoor maak nie die verhoor ongeldig nie. 3.1.5.1.6. Verandering aan die Grondwet van Excursio Indien n lid of lede van die vereniging n verandering wil voorstel aan die Grondwet van Excursio moet die volgende prosedure gevolg word: Die verandering moet op skrif gestel word. Dit moet sewe dae voor n Excursio-bestuursvergadering ingedien word. Die sekretaresse van Excursio moet die saak gaan ondersoek ingevolge die Studenteraad Grondwet en ook die Grondwet van die SAASF. Indien die veranderinge geen botsings het met die bepalings van die SAASF, Studenteraad en Excursio-Grondwet nie, moet dit op n bestuursvergadering voorgelê word. Indien die bestuur nie n fout kan vind met die veranderings nie, kan die bestuur stem oor die aangeleentheid. 9

Die bestuur besit stemreg t.o.v. veranderinge aan die Grondwet omdat hulle verteenwoordigend gekies is deur die studente. Die stemming wat behaal moet word om n verandering geldig te maak, is n twee-derde meerderheid stem. Die Voorsitter van Excursio het nie stemreg nie tensy daar n staking in stemme is. Die hele bestuur moet teenwoordig wees indien daar tot stemming oorgegaan word. Indien dit wel gebeur dat n bestuurslid nie die stemming kan bywoon nie, moet die twee-derde meerderheid daarvolgens aangepas word. Die sekretaresse moet die besluit notuleer en indien die verandering goedgekeur word, moet hy/sy dit aanbring op die Grondwet. 3.1.6. Tugsake Die volgende prosedures sal gevolg word in terme van tug sake en boetes 3.1.6.1. Kantoordiens As lid laat kom of nie opdaag vir sy kantoordiens nie sal n boete van R20* aan lid gegee word deur die Voorsitter of Ondervoorsitter. Daar sal 2 boetes uitgedeel word, die 3rde klag sal daar n tug aan die lid gegee word. 3.1.6.2. Vergaderings : Elke lid mag net 2 formele vergaderings per Kwartaal mis, daar moet ook vooraf verskoning gemaak word by die Voorsitter of die Ondervoorsitter. Dit is ook elke lid se eie verandwoordelikheid om binne 7 dae na die Formele Vergadering n skriftelike verskoning in te dien by die Sekretaresse ( Clarise Westhof ). 3.1.6.3. Aksies : Daar mag net 2 Nie-Formele Aksies per komitee lid gemis word per Kwartaal, n skriftelike verskoning word ingehandig by die Voorsitter asook by die Sekretaresse. Formele Aksies (bv. Opedag, Eerstejaarsontbyt ens.) mag slegs gemis word as dit persoonlik met die Voorsitter en Ondervoorsitter bespreek is, gee n skriftelike verskoning aan die sekretaresse. 10

3.1.6.4. Verantwoordelikhede : Elke komitee lid het n pligstaat ontvang en dus is daar van elke komitee lid verwag om aan daardie pligte te voldoen, dus as n komitee lid nie aan sy verantwoordelikhede voldoen nie saal daar n persoonlike vergadering gehou word met hom of haar. As komitee lid vir n 2de keer nie voldoen aan sy verantwoordelikhede nie sal daar n tug saak aan hom of haar gegee word. As komitee lid nie die opdragte van sy Voorsitter, Ondervoorsitter of Voog voldoen nie sal daar n tug saak aan die lid gegee word. 3.1.6.5. Rook en Alkohol misbruik : Enige wangedrag by aksies van n komitee lid af sal daar n Formele Tug Vergadering geskeduleer word waar lid asook Voorsitter,Ondervoorsitter en Voog teenwoordig is. Daar mag NIE gerook word in Formele asook Informele Excursio drag nie. As n lid die reel oortree sal daar dadelik n tug saak aan hom/haar gegee word. 3.1.6.6. Oneerlikheid : Enige oneerlikheid i.v.m geldsake sal daar dadelik n tug aan die komitee lid gegee word, die komitee lid sal ook van Excursio af geskors word. 11