Deel A: DIAS FEES (30 JANUARIE 1 FEBRUARIE 2015)

Vergelijkbare documenten
Bladsy 1 uit 7. Vir Kantoorgebruik Alleen: Verw nr.:. Datum Ontvang:.. Kwit. nr.:. Totale Bedrag Betaalbaar: R

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

STALLETJIE AANSOEK KLIPPIES DESEMBER VAKANSIE MUSIEKFEES DESEMBER 2017 KLIPDRAAI Karavaanpark / Caravan Park

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

Fisiese Adres: View laan, Rothdene, Meyerton. Besprekings NR

2015 AKADEMIESE JAAR

AANSOEK OM STUDIELENING

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

STALLETJIE AANSOEK KLIPPIES DESEMBER VAKANSIE MUSIEKFEES DESEMBER 2018

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

Aansoekvorm: Kuns- en kosmark Aardklop 2018

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

TERME EN VOORWAARDES

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

KUNSKWARTIER AANSOEK 8 15 APRIL 2017 SLUITINGSDATUM: 30 NOV ADMIN.-FOOI BETAALBAAR: R300

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Naskool Tel:

Willem's Rus: Voorwaardes van Verblyf

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

Aansoek om toelating. Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut. Hoër Sertifikaat in Landbou. Sub-Program: Hoër Onderwys & Opleiding. Hoof: Studentesake

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Slegs vir kantoorgebruik. Leerderbesonderhede

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

Stuur die aansoekvorm aan:

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

NG GEMEENTE GOUDINI VOORGENOME HUWELIK INLIGTINGSTUK NAAM EN VAN:.. DATUM EN TYD VAN HUWELIK:

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Wher e l ittle is gre at

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

AANSOEK OM LIDMAATSKAP

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Inligtingstuk September Welkom by die Harties NG Kuier-en-Kersmark Kontakbesonderhede:

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Pre-Graad R / Graad R

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

Tjokkerjol Speelgroepie

Stuur die aansoekvorm aan:

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

KONTANT BESTUUR BELEID

Inligtingstuk Augustus Welkom by die Harties NG Kuier-en-Kersmark Kontakbesonderhede:

BEVESTIGING VAN HUWELIKE

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Plasing Plasing is die uitsluitlike diskresie van die Oppi-Dorp Fees

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

LET WEL: Indien jy die oorsaak is dat n elektriese kontrakteur ingeroep moet word, sal jy vir die koste daarvan verantwoordelik wees.

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

Transcriptie:

Vir Kantoorgebruik Alleen: 1. Persoonlike Besonderhede van Aansoeker (Stalletjiehouer) ( n Afskrif van u I.D. dokument, Paspoort of Kontrolenommer moet hierby aangeheg word.) Volle naam:... Van:. ID No. Fisieke straatadres waar permanent woonagtig:... Verw nr.:... Datum Ontvang:... Kwit. nr.:... Totale Bedrag Betaalbaar: R... www.oev.co.za Markte AANSOEK / OOREENKOMS (7 Bladsye in geheel ) Hierdie totale dokument (Aansoek en Ooreenkoms) bestaan uit dele A en B. Deel A verteenwoordig n aansoek aan die O.E.V vir uitstalruimte. Deel B verteenwoordig die ooreenkoms wat tussen die aansoeker en die O.E.V bestaan nadat uitstal ruimte vir n tydperk toegeken is. Na toekenning van uitstalruimte verander die status van aansoeker na uitstaller en word beide dele A en B die totale ooreenkoms tussen die O.E.V en die uitstaller. Alle O.E.V reels en regulasies asook alle munisipale reels en regulasies en ordonnansies is te alle tye tydens uitstalling van toepassing. Deel A: DIAS FEES (30 JANUARIE 1 FEBRUARIE 2015) AANSOEKVORM VIR N STALLETJIE EN LIDMAATSKAP IN DIE MOSSELBAAI MUNISIPALE GEBIED BELANGRIKE DATUMS: Sluitingsdatum: Vrydag 28 November 2014 Uitstalplekke: Hoofsaaklik te Santos Strand ( Parkeergebied wat oorspoel na karavaanpark) Baie Belangrik Lees Asseblief!!! Alles insluitende fooi: Kyk bladsy 2 van 7 1. Geen gefakste of E-pos aansoekvorms sal oorweeg word nie. 2. Pos of koerier jou aansoekvorm met foto s of fotostate na die bogenoemde posadres of handig in by OEV Kantoor. 3. n Aansoek met kleur foto s / fotostate (Geen CD of E-pos fotos) van stalletjie en produkte (Koswaentjies ingesluit) moet gelyktydig met aansoek ingedien word. Ten opsigte van koswaentjies moet al die nodige sertifikate ook by die aansoek ingesluit word. 4. Die aansoeker moet die aansoek behoorlik in drukskrif in sy of haar eie handskrif voltooi en behoorlik onderteken. Die aansoeker is die uiteindelike stalletjiehouer. 5. Geen aansoek sonder foto s of fotostate sal oorweeg word nie - geen uitsonderings. 6. Geen onvoltooide aansoeke wat nie behoorlik onderteken is sal vir keuring oorweeg word nie. 7. n Keurkomitee (O.E.V/Mosselbaai Munisipaliteit) oorweeg alle volledig voltooide aansoeke wat betyds ontvang is. 8. As gevolg van aanvraag kan daar n beperking wees op die aantal stalletjies per produk. Is u n permanente inwoner in Mosselbaai Munisipale gebied: (JA / NEE) Posadres:... Telefoonno. W e r k : K o d e : Nommer: (Bedags) H u i s : K o d e : Nommer: Selfoon:... Faksno.Kode:... Nommer:... E-Pos adres... SA Burger: JA/NEE Indien nee - verklaar land van oorsprong.... Indien nodig mag n beëdigde verklaring van u ten opsigte van u permanente woonadres van u verlang word.

Baie Belangrik Bestudeer Asseblief 1.SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Aansoeke sluit op Vrydag, 28 November 2014. 2. SLUITINGSDATUM VIR BETALING VAN STALLETJIES: 5 Januarie 2015. 3. KOSTE VAN STALLETJIES: R600 vir enkelfase krag (10Amp) R800 vir driefase krag 4. HANDELSTYE Kosstalletjies en ander uitstallers kan hul waentjies op Donderdag vanaf 14:00 gereed maak vir handel dryf vanaf Vrydag. Vrydag: U kan om 10:00 op terrein kom, maar moet begin handel dryf vanaf 13:00 tot 18:00 (of tot 23:00, indien so verkies). Saterdag: Moet vanaf 09:00 tot 18:00 handel dryf. Kan handel dryf tot en met 23:00 indien so verkies. Sondag: Moet handel dryf vanaf 09:00 tot 14:00. 5. TOELAATBAARHEID VAN VOERTUIE OP DIE TERREIN: Voertuie sal slegs toegelaat word in die geslote mark tussen 08:00 en 08:30 daagliks om voorraad af te laai. Geen voertuie sal toegelaat Word tussen 08:30 en 18:00 nie. Slegs persone wie nie na 18:00 verder wil handel dryf nie, mag hulle voorraad per voertuig verwyder. Die O.E.V beampte sal die finale se he of n voertuig op die feesterrein toegelaat word of nie. 6. GROOTTE VAN STALLETJIES: 4 x 4m 7. DUBBELSTALLETJIES: Kan toegeken word en die kostes van die stalletjies sal dan outomaties verdubbel. 8. Slegs opeligstalletjies beskikbaar: Geen Markiestent. 9. Elektrisiteit: n Terugbetaalbare deposito van R200 sal by aankoms van u gevorder word waarna n elektriese prop wat na afloop van die fees teruggehandig moet word aan u oorhandig sal word. 10. Oorslaap op die feesterrein: Niemand sal toegelaat word om onder enige omstandighede op die feesterrein oor te slaap nie. Die feesterrein moet teen 23:00 daagliks vry van enigiemand wees waarna die polisie sal patrolleer. 11. Sondag 1 Februarie 2015 - Ontruiming: Die feesterrein moet binne 2 ure nadat die fees tot n einde gekom het (Laatste Sondag 16:00) in totaal ontruim wees. U stalletjie, voorraad en voertuie moet dan van die terrein af wees. 12. Alle Komplimente en klagtes moet deurgevoer word na die O.E.V Sekretaresse by 044-695 2331 weekliks (Maan-Don 08:00 15:00 daagliks)

2. Finale toekenning prerogatief van keurkomitee. 3. Elektrisiteitsvoorsiening Het u elektrisiteit nodig: Ja ( )/ Nee( )? Dui aan - 10 amp kragpunt of 3 fase kragpunt (Net beperkte aantal beskikbaar) (Enkel Fase / 3 Fase)? Let wel: Indien 3 Fase kragpunte nie beskikbaar is nie, sal slegs enkelfase dan beskikbaar gestel kan word. 4. Kosstalletjies Elke koswaentjie (insluitende roomys) moet n afskrif van n gassertifikaat uitgereik deur n gashandelaar met die voertuigregistrasienommer en hoeveelheid gaspunte teenwoordig en geinspekteer daarop, by die aansoek aanheg indien gas gebruik word. Let wel: Volgens gesondheids- en veiligheidsregulasies mag slegs een 19kg of twee 9kg gasbottels te enige tyd op n stalletjie teenwoordig wees die hoeveelhede sluit leë gasbottels in leë gasbottels gestoor is meer gevaarlik as vol gasbottels. n Brandblussersertifikaat t.o.v elke brandblusser op hande asook n besigheidsertifikaat van Mosselbaai Munisipaliteit moet ook by die aansoek aangeheg word. n Besigheidsertifikaat van enige ander Munisipaliteit indien die voertuigregistrasie van die koskar daarop verskyn sal aanvaar word. Enige sertifikate sonder n koskar se voertuigregistrasienommer daarop is ongeldig vir O.E.V doeleindes en onaanvaarbaar. 5. Produkbesonderhede: Watter produkte wil u verkoop Onthou om foto s/fotostate (verkieslik kleur) in te sluit - keuring word gedoen op grond van visuele materiaal - voeg bladsy by indien nodig - Geen ensovoorts aanvaarbaar nie. U sal slegs toegelaat word om elke produk wat goedgekeur is, te verkoop. 6. Algemeen 6.1 Dui aan watter jaar u vir die Diasfees gekeur was en dit bygewoon het 2012,2013,2014(Ja/Nee) 6.2 Laat aansoeke sal oorweeg word slegs indien daar nog staanplek beskikbaar is. 6.3 Nadat n stalletjie aan u toegeken is, word die ooreenkoms (Deel B) wat deel van hierdie aansoek vorm van krag. n Vrywaring vorm deel hiervan. Betaling van alle gelde met inagname van n sperdatum wat deur die O.E.V bepaal mag word, word betaalbaar sodra u daarvan in kennis gestel is dat uitstalruimte aan u toegeken is. By gebrek aan betaling van totale verlangde bedrae teen die spertyd sal u stalletjie verbeur word waarna dit aan iemand anders toegeken sal word. Geen terugbetaling van enige bedrae sal na die sperdatum (5 Januarie 2015) gedoen word nie.

6.4 Plasing/uitslag Aansoekers het geen reg tot plasing nie. Die O.E.V Keuringskomitee/Mosselbaai Munisipaliteit doen die plasing na gelang van produk en plek beskikbaar. By ondertekening van hierdie aansoekvorm aanvaar u die O.E.V Keuringskomitee/Mosselbaai Munisipaliteit se besluit (Positief of Negatief) as finaal. Alhoewel gepoog kan word om redes telefonies te verstrek, sal geen korrespondensie in die verband gevoer word nie. 6.5 Belangrik!! Stalletjies moet vir die volle duur van die fees bedryf word 30 Januarie tot 1 Februarie 2015. 6.6 Strukture. Mag vir die feestydperk op die terrein gelaat word op eienaar se eie risiko. Sekuriteit mag beskikbaar wees maar dit is nie n gegewe nie en daar kan nie op aangedring word nie, indien nie beskikbaar nie. 6.7 Die uitstaller is te alle tye verantwoordelik vir sy/haar personeel se optredes. 6.8 Meld u stalletjienommer / verwysingsnommer en volle besonderhede op alle strokies en korrespondensie na suksesvolle keuring. Die O.E.V en/of Mosselbaai Munisipaliteit waarborg nie die kwaliteit van enige staanplek toegeken nie en aanvaar geen verantwoordelikheid indien u produk goedgekeur nie verkoop nie. 6.9 Kopiereg/Handelsmerke Die onus is absoluut op elke stalletjiehouer om te verseker dat onwettige produkte nie van sy stalletjie verkoop of daarop uitgestal word nie. Die O.E.V aanvaar onder geen omstandighede enige verantwoordelikheid indien sodanige oortreding van toepassing sou raak nie. 6.10 Vrywaring Hiermee vrywaar ek die Onafhanklike Entrepreneurs Vereniging asook Mosselbaai Munisipaliteit van enige eise van watter aard ookal. 7.1 Onderneming (Moet geteken word) Ek verklaar dat alle inligting in hierdie aansoek / ooreenkoms verstrek juis en korrek is. Ek verstaan en aanvaar al die voorwaardes soos hierbo uiteengesit. Handtekening: Naam (Voorletters en Van in drukskrif ): Datum: NAVRAE: Rig jou dringende navrae weekliks gedurende kantoorure (8:00 15:00) aan: Die O.E.V Sekretaresse by Selfoonnommer: 072 837 8803 (Maryna) Die O.E.V kantoor kan Maandag tot en met Donderdag tussen 08:00 en 15:00 besoek / geskakel word. Kantoor: landlyn / faks: 044 695 2331 Bankbesonderhede: Bank:ABSA Tak:Mosselbaai Tak Nr.:635005 Rekening Nommer:4080057702 Let wel: Betaling vir uitstalruimte moet alleenlik gedoen word nadat u deur die O.E.V. daarvan in kennis gestel is dat uitstalruimte aan u toegeken is. Maak asseblief seker dat u stalletjienommer, voorletters en van genoteer word wanneer u n inbetaling by die bank doen sodat ons ons rekords so gou moontlik op datum kan bring en uitstalruimte vir u verseker.

DEEL B: OOREENKOMS A Ooreenkoms soos gesluit tussen die Onafhanklike Entrepreneurs Vereniging (O.E.V) Van Mosselbaai en die ondergetekende stalletjiehouer Nota: Vir alle doeleindes van hierdie ooreenkoms word O.E.V Mosselbaai gelees om Mosselbaai Munisipaliteit in te sluit. Naam van Stalletjiehouer (Hierin later genoem: Die uitstaller ) Voltooi! Mnr/Me... Die uitstaller kies as sy/haar Fisieke Woonadres die volgende Adres: Indien twee of meer persone hierdie ooreenkoms as uitstallers/stalletjiehouers onderteken(minderjariges) sal genoemde persone gesamentlik en afsonderlik aanspreeklikheid opdoen vir die behoorlike nakoming van hul verpligtinge kragtens hierdie ooreenkoms. Vir kontrakdoeleindes beteken enige verwysing hieronder na uitstaller/stalletjiehouer of enige sulke verwysings in enige ander dokumentasie wat op die O.E.V of Mosselbaai Munisipaliteit van toepassing is in enkelvoud ook meervoud. Insake kennis te neem van en die neerlê by die Reëls en Regulasies soos vasgestel en bepaal. B Die aanvanklike aansoekvorm vir n stalletjie en hierdie ooreenkoms vorm n eenheid en moet volledig ingevul en deur die voornemende uitstaller onderteken word alvorens die staanplek/ke toegeken, finaal van krag word Al 7 bladsye vorm die eenheid. 1 Wanneer die woord uitstaller gebruik word, word ook bedoel enige personeel in diens - indien van toepassing. Geen stalletjiehouer verkry enige gevestigde reg behalwe n tydelike voorwaardelike reg vir die spesifieke tydperk (van 30 Jan 2015 tot 1 Feb 2015) op en ten opsigte van enige beskikbare uitstalruimte by enige uitstalgebied toegeken of voorsiening van elektrisiteit by enige beskikbare voorsieningspunt nie en aanvaar absoluut dat die toeken van uitstalruimte by enige uitstalgebied die absolute prerogatief van die O.E.V. of Mosselbaai Munisipaliteit bestuur is. Geen aanspraak kan op enige spesifieke of enige uitstalruimte gemaak word nie. 1.3 Die O.E.V/ Mosselbaai Munisipaliteit waarborg hoegenaamd nie kwaliteit van enige staanplek toegeken nie. Die onus berus totaal op die voornemende stalletjiehouer om homself voor die aanvang van die seisoen presies te vergewis waar sy stalletjie toegeken, geleë is. Die O.E.V aanvaar hoegenaamd geen verantwoordelikheid indien produkte op toegekende stalletjieruimte uitgestal, nie verkoop nie. 1.4 Die uitstaller of sy/ haar personeel (die uitstaller is verantwoordelik vir die optrede van sy personeel) onderneem om nie n voertuig of voertuie voor sy stalletjie of voor n ander s n te parkeer nie. 1.5 Besigheidsure: Kyk bladsy 2 van 7. Dit staan stalletjiehouers vry om tot 23:00 uur uit te stal waarna alle stalletjies gesluit moet word. Stalletjiehouers mag hulle stalletjies met of sonder inhoud totaal op eie verantwoordelikheid oornag los. 1.6 Die uitstaller onderneem om by die voorgeskrewe handelsure soos neergelê te hou en om nie sonder rede vroeg op te pak nie. 1.7 Geen troeteldiere word op staanplekke toegelaat nie. 1.8 Die O.E.V behou die reg voor om n uitstaller as gevolg van wangedrag of verontagsaming van reëls en regulasies, na verweer van n uitstaller aangehoor is te skors, in welke geval so n stalletjie onmiddellik sonder terugbetaling van enige gelde ontruim sal word en die stalletjie na die O.E.V sal terugval. 1.9 Die uitstaller aanvaar n O.E.V Komitee-besluit in geval van n dispuut as finaal. 1.10 Uitstallers en hul personeel onderneem om geen alkoholiese drank van enige aard of dwelmmiddels op n stalletjie te gebruik nie. Oortreding in die verband sal tot onmiddellike ontruiming van so stalletjie aanleiding gee. 1.11 Niemand sal te enige tyd vuil of vulgere taal teen sy medestalletjiehouers of teen enige lid van die publiek gebruik nie. 1.1 Indien die volle bedrag betaalbaar nie voor of op 5 Januarie 2015 (sonder enige ander goedgekeurde reëling met die O.E.V) ten volle vereffen is nie, sal die oorspronklike aansoek sonder kennisgewing gekanselleer en die uitstalruimte reeds toegeken, hertoegeken word. Wanneer n uitstaller nie meer kan of wil uitstal nie gaan sy plek terug na die O.E.V. Onderverhuring sal onder geen omstandighede toegelaat word nie. 1.2 Slegs produkte wat soos per aansoek, of per spesiale toestemming van die O.E.V goedgekeur is, mag uitgestal word, mag van u stalletjie verkoop of afgelewer word. Geen ander items/produkte nie goedgekeur mag verkoop of van u stalletjie aan ander stalletjiehouers of die publiek afgelewer of verkoop word nie. Geen bestellings vir produkte nie goedgekeur mag ook van u stalletjie van enigiemand geneem word nie en die O.E.V behou die reg voor om enige produk, volgens die O.E.V se diskresie, waarvoor nie keuring toegestaan is nie, te verwyder.

1.12 Enige geweldpleging, bakleiery, gebruik van wapens of intimidasie teenoor mede-stalletjiehouers of enige lid van die publiek, is ontoelaatbaar. Elke stalletjiehouer moet hom/haar by sy/haar eie uitstalruimte bepaal en mag nie op enige manier voorskrywend teenoor enigiemand wees en met ander stalletjiehouers inmeng nie. Elke stalletjiehouer het die reg om in vrede vreedsaam sonder inmenging van n medestalletjiehouer handel te dryf. Geen stalletjiehouer mag deur sy/haar optrede die harmonie tussen stalletjiehouers versteur of die lewe vir n ander versuur nie. Die O.E.V het n grieweprosedure in plek. Afwyking van bogenoemde sal in n ernstige lig beskou word. Die O.E.V. het die prerogatief om te besluit watter aksie geneem moet word byvoorbeeld of n waarskuwing, n besluit in plek gestel of dissiplinêre optrede geregverdig is. 1.13 Elke uitstaller is verantwoordelik vir die higiëne en netheid van sy eie staanplek. U uitstalruimte moet elke dag skoon agtergelaat word. Geen ankermateriaal (klippe, sandsakke ens.) mag op u uitstalruimte of op enige iemand anders se uitstalruimte agtergelaat word nie. 1.14 Elke uitstaller onderneem om streng by die toegelate spasie van sy stalletjie te hou. Oorskreiding sal in n ernstige lig beskou word. 1.15 Geen uitstaller mag hoegenaamd op sy stalletjie kampeer, slaap of oornag nie. 1.16 Die weer in die Mosselbaai-gebied is onvoorspelbaar. Geen terugbetaling van enige gelde sal a.g.v. weersomstandighede oorweeg word nie. 1.17 Die uitstaller onderneem om alle reëls en regulasies van die O.E.V sowel as die van die Munisipale owerheid in plek, te eerbiedig en na te volg. Die O.E.V grondwet vorm n belangrike deel van reëlings in plek. Die O.E.V behou die reg voor om enige reëls, regulasies of reëlings in plek met skriftelike kennisgewing aan uitstallers te verander waarna sulke veranderings as bindend op die stalletjiehouer beskou sal word. 1.18 VRYWARING AAN O.E.V en Mosselbaai Munisipaliteit: Uitstalling geskied te enige tyd op eie risiko en nie die O.E.V of Mosselbaai Munisipaliteit aanvaar enige verantwoordelikheid vir enige beserings, verlies of skade nie. Die uitstaller vrywaar die O.E.V en/of Mosselbaai Munisipaliteit hiermee van enige eise van watter aard ookal. 1.19 Vrywaring Elektrisiteit Elke gekeurde uitstaller aan wie tydelike voorwaardelike gebruik van beskikbare elektrisiteit toegeken is, moet vir en voor elke Dias feestydperk n aparte vrywaring ten gunste van die O.E.V. en Mosselbaai Munisipaliteit behoorlik onderteken voordat enige elektrisiteit gebruik mag word. By gebrek aan die ondertekening van die dokument sal geen elektrisiteit aan n stalletjiehoue r beskikbaar gestel word nie. 1.20 U Depositostrokie: Bring die oorspronklike dokument saam, dit moet aan die O.E.V beampte getoon word voordat u n stalletjie kan beset. 1.21 Reg van toegang voorbehou O.E.V uitstalruimte is op publieke gebied. Geen reg van toegang mag deur enige stalletjiehouer ten opsigte van enigiemand voorbehou word nie. Enige probleem in die verband moet dadelik met die O.E.V beampte opgeneem word. 1.22 Afkraak van produkte deur mede-uitstallers vir verkoop anngebied: Dit kan as skadelike besigheidspraktyk gesien word indien produkte deur n medestalletjiehouer te koop aangebied sondermeer teenoor die publiek of enigiemand wie wil luister afgekraak word. Indien u bewus daarvan is dat n probleem aangespreek behoort te word en u oor die nodige bewyse beskik moet slegs met die O.E.V Beampte daaroor gepraat word. 1.23 TOTALE BEDRAG DEUR U VERSKULDIG: ALLE GELDE: Die bedrag betaalbaar deur u waarvan u in kennis gestel is moet direk in die ondergenoemde O.E.V bankrekening inbetaal word. Asseblief!! U STALLETJIENOMMER EN VAN MOET IN DIE VERWYSINGSKOLOM OP DIE DEPOSITOSTROKIE AANGEBRING WORD. Bankbesonderhede: Bank:ABSA Tak:Mosselbaai Tak Nr.:635005 Rekening Nommer:4080057702 1.24 BAIE BELANGRIK: Voordat u begin om handel te dryf moet u asseblief u kwitansie (bewys van betaling) by die O.E.V mobiele kantoor op die perseel haal. Indien u sonder die kwitansie handeldryf kan u deur die verkeersafdeling van u handelsplek verwyder word. Bring u oorspronklike depositostrokie saam met u.

VRYWARING AAN MOSSELBAAI MUNISIPALITEIT AANVULLEND TOT DIE OOREENKOMS DIE VOLGENDE: 1. Die Munisipaliteit behou die reg voor van vrye toegang, sonder kennisgewing indien nodig, tot die grond vir soveel van sy Amp tenare en Werknemers as wat nodig mag wees vir die doeleindes van Inspeksie of Herstelwerk van die perseel of enige Munisipale diens wat op/oor/onder die perseel geleë is. Die Munisipaliteit is nie aanspreeklik vir enige verliese of skade wat opgedoen mag word deur die Huurder as gevolg van die uitvoering deur die Verhuurder van genoemde werk nie of die verskuiwing van die struktuur of onderbreking van die handelsaktiwitiete nie. 2. Die Munisipaliteit sal ook nie aanspreeklik wees vir die volgende nie: 2..1 Vir enige Verlies of Skade aan persoonlike besittings of handelsware van die huurder nie, 2.2 Enige besering of lewensverlies wat die Huurder of enige ander persoon mag ly as gevolg van die doen en late van enige persoon terwyl hulle op die verhuurde eiendom is nie. 2.3 Verlies of skade weens onderbreking of foutief raak van enige Munisipale diens onder/naby/oor die huurgrond of weens lekplekke, storms, hael of van watter ander aard of gebeure ookal. 3. Die Huu rder Onde rneem: 3.1 Om enige struktuur of voorwerp wat op die huurgrond geplaas word, met sodanige nodige sorgsaam en kundigheid op te rig of te plaas dat dit geen oorlas, gevaar of risiko van skade, beserings of dood inhou nie. 3.2 Die Huurder onderneem, by ondertekening van hierdie ooreenkoms, om die Munisipaliteit te vrywaar en gevrywaar te hou teen alle gedinge, stappe, eise en vordering, koste, skadevergoeding en uitgawes wat gehef, gebring of gemaak mag word teen die Munisipaliteit of wat die Munisipaliteit mag betaal, opdoen of aangaan as gevolg van enige versuim of nalatige handeling aan die kant van die Huurder, sy werknemers of persone wat onder sy beheer handel. Ek, die ondergetekende stalletjiehouer het die Aansoekvoorwaardes (Deel A), Ooreenkomsvoorwaardes (Deel B), Reëls en Regulasies bestudeer en onderneem om my daarby te hou. UITSTALLER: VOLLE NAAM:. VAN: I.D. NOMMER: Geteken te... op hierdie dag van... 2014/2015 Getuies: 1... 2... O.E.V Geteken te Mosselbaai op hierdie...dag van... 2014/2015 Getuies: 1... 2... Namens O.E.V.