LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

Vergelijkbare documenten
Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

LAERSKOOL EVERSDAL INFORMASIE EN KOMMUNIKASIE- TEGNOLOGIEBELEID

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

HOËRSKOOL OOS-MOOT AANHANGSEL TOT GEDRAGSKODE

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

LUCAS MEYER PRIMÊRE SKOOL

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

DISSIPLINêRE KODE VAN DARLING KOLLEGE

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

NASKOOLSENTRUMBELEID

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

Naskool Tel:

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Laerskool Stellenbosch

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

HOËRSKOOL TYGERBERG DWELMBELEID

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

REKORD- EN EINDEKSAMEN

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

Elizette Nel Opvoedkundige Sielkundige Paarl-skool

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

SEKSUELE TEISTERING: BELEID EN PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN PERSONEEL

REGULASIES EN GEDRAGSKODE VIR LEERLINGE EN ANDERE (Hersien en aangepas 2010)

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

LAERSKOOL TUINE SKOOLREëLS & DISSIPLINE STELSEL

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

OAKDALE HOËR LANDBOUSKOOL AANSOEK OM TOELATING SKOOL & KOSHUIS. Betree met trots die akkerlaning van samehorigheid, tradisie, karakter en dissipline

Vlotheid en intonasie

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

EUROPA Trust Company 2

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

n Uitkomsgebaseerde model vir die assessering van die ontvangsjaarkind

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

DISSIPLINÊRE BELEID. Prosedure vir die hantering van Kategorie A-oortredings.

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

LAERSKOOL EVERSDAL GEDRAGSKODE

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

AANSOEK OM STUDIELENING

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

Stelletjie Brosjure: Somer / Herfs 2017

Tjokkerjol Speelgroepie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

KONTANT BESTUUR BELEID

Transcriptie:

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

Die doel van hierdie beleid is om n veilige, nie-ontwrigtende opvoedkundige omgewing te skep en te onderhou sodat doeltreffende onderrig en leer kan plaasvind. So n omgewing sal orde en dissipline verseker, asook leerders weerhou van aksies wat afbrekend of skadelik vir hulself, en hul mede-leerders mag wees. So kan hulle dan ook nie afbreek doen aan die waardesisteem wat deur die skool onderskryf word nie en word daar verseker dat hulle binne die perke van wetlikheid opereer. LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID BELEID T.O.V DIE GEBRUIK VAN SELFONE GEDURENDE DIE SKOOLDAG Leerders is persoonlik verantwoordelik vir hulle selfone. Nie die skool, die onderwysers, of die Onderwysdepartement sal enige aanspreeklikheid vir die steel, verlies, of beskadiging van n selfoon, of die ongemagtigde gebruik van sodanige selfoon aanvaar nie. Ouers ontvang aan die begin van die akademiese jaar alle reëlings rondom selfone en die gebruik daarvan en onderteken hierdie brief om so aan te dui dat hulle kennis neem van die beleid en die prosedures rondom selfone. Hierdie ondertekende brief word teruggestuur na die skool en op rekord geplaas van elke leerder. Leerders se selfone moet vir die duur van die skooldag afgeskakel wees. Hierdie reëling is ook van toepassing gedurende pousetye. Indien n dringende oproep wel gemaak moet word, moet sodanige oproep in die teenwoordigheid van n personeellid gedoen word. Die skool neem geen verantwoordelikheid vir selfone wat wegraak nie. Selfone mag nie sigbaar wees, of hanteer word gedurende die skooldag nie. Indien n leerder se selfoon gedurende die skooldag lui, of deur die leerder hanteer word, sal die selfoon gekonfiskeer en in die kluis gebêre word vir n periode van een week. Ouers sal skriftelik in kennis gestel word indien n leerder se selfoon gekonfiskeer word. Van ouers word verwag om hulle kinders in te lig oor die gevare wanneer n selfoon gebruik word op pad huis toe. Leerders moet aangemoedig word om hulle oproepe liefs na skool te maak terwyl hulle steeds op die skoolgronde is. Dieselfde beginsels geld ook vir MP 3-spelers, ipods en ipads. Daar sal geen gebruike van selfone gedurende normale skoolure binne die klaskamers geskied nie, tensy n onderwyser toestemming daartoe verleen vir opvoedkundige gebruik, waar dit deel vorm van n spesifieke lesplan en/of akademiese program. Die gebruik hiervan geskied volgens die oordeel van die onderwyser, wat verantwoordelikheid aanvaar vir die monitering, kontrole en die algemene gebruik daarvan. Die gebruik van n selfoon om ongemagtigde foto s, of onwelvoeglike, onwettige of pornografiese materiaal te stoor of te versprei, word ten strengste verbied op die skoolterrein. So ook tydens skoolverwante aktiwiteite, of opvoedkundige uitstappies, of terwyl daar na en van skoolgeborgde uitstappies gereis word. Die gebruik van n selfoon anders as wat gelys word (bv. kontak na die ouerhuis, om miskien ander reëlings rondom vervoer te tref), mag geskied met toestemming by Ontvangs.

SELFONE EN KAMPE: Leerders moet verkieslik geen selfone saamneem wanneer hulle op kampe gaan nie. Dikwels is daar geen ontvangs by hierdie kampterreine nie. Indien n leerder wel n selfoon saamneem na n naweekkamp, n buitelugkamp of tydens skooltoere, mag die selfone nie sigbaar wees tydens lesaanbiedings of uitstappies nie. Die personeellede in beheer van uitstappies, soos hierbo genoem, sal tydgleuwe bepaal waartydens leerders time out of vyf minute sal kry om enige oproepe te maak, indien hulle so verkies. Daarna sal selfone afgeskakel, ingeneem en weggesluit word. Daar sal vasgestelde selfoontye bestaan, wat vooraf met die leerders gekommunikeer sal word. Geen selfone sal by die leerders gelaat word vir die nag nie. Enige leerder wat hom/haarself skuldig maak aan die misbruik van sy/haar selfoon, moet aanvaar dat die selfoon gekonfiskeer sal word vir die volle duur van die kamp/uitstappie/toer. In gevalle waar die hele graadgroep op n Buitelugkamp is, sal die skool ouers via sms laat weet sodra die groep hul bestemming bereik het. EIENAARSKAP EN PRIVAATHEID Ten einde die veiligheid en welsyn van alle betrokkenes verbonde aan die skool en die integriteit van die skoolstelsels te bestuur, behou die skool homself die reg voor om die gebruik, sowel as die inhoud (op onaangekondigde tye) van enige lêers, boodskappe, foto s of soortgelyke prentjies wat geskep, ontvang, gestoor, aangestuur, gelees word, op enige elektroniese toestel, tydens skoolure, op pad skool toe, of tydens enige skoolgebaseerde funksie of aktiwiteit te onderskep, al was die toestel miskien nie in gebruik nie. Toegang tot die wêreldwye web, e-posdienste, die internet en skoolbedieners ( servers ) van die skool word intern bestuur. Kommunikasie via e-pos op die skool se stelsel kan dus nie as privaat geklassifiseer word nie. Dieselfde voorwaardes geld dus vir boodskappe, data of prentjies op enige elektroniese toestel wat binne die skool se grense hanteer word, of wat naby/in die omgewing van die skool, of tydens skoolfunksies of aktiwiteite binne skoolure, hanteer word. Dit is n voorwaarde dat toestemming wat verleen word in terme van hierdie beleid, die skool die reg verleen om enige e-posrekening, sowel as elektroniese toerusting, wat selfone en soortgelyke toestelle insluit, sowel as sosiale platforms soos Facebook en Twitter, asook enige gebruiker, van wie daar suspisieuse gedrag vermoed word, te ondersoek. Ook ooggetuies se rapportering van persone wat die reëls oortree, mag ondersoek word. Indien hierdie beleid oortree word deur n leerder of n persoon wat die skool se toerusting gebruik, hetsy wanneer hy/sy sy eie toerusting skool toe bring, of die skool se toerusting gebruik, sal die volgende sanksies toegepas word: Enige personeellid wat n leerder betrap wat sy/haar selfoon ongemagtig gebruik, sal die betrokke selfoon inneem en in die kluis wegsluit vir n periode van een week.

Indien daar vermoed word dat, binne redelike perke, en volgens ooggetuies se verslag, enigeen n selfoon gebruik teenstrydig met die skool se selfoonbeleid, mag die personeel in opdrag van die skoolhoof die inhoud van die selfoon nagaan. Indien enige bewyse gevind word, moet dit aan die skoohoof gerapporteer word. Hy mag die aangeleentheid verder ondersoek, hetsy deur n interne dissiplinêre proses, of deur dit te rapporteer aan die Beheerliggaam, die Skoolsielkundige, n maatskaplike werker, die Departement van Onderwys, of die Polisie. n Selfoon wat gekonfiskeer is, mag vir n maksimum periode van vyf skooldae in bewaring gehou word. Wanneer n selfoon van n leerder gekonfiskeer word, moet die volgende inligting gedokumenteer en op rekord gehou word: Datum waarop die selfoon gekonfiskeer is. Tyd waarop dit gekonfiskeer is. Plek/lokaal waar dit gekonfiskeer is. Naam van die persoon wat die selfoon gekonfiskeer het. Naam en adres van die leerder in wie se besit die selfoon gevind is. Naam en adres van die eienaar van die selfoon (indien dit verskil van die van die leerder in wie se besit die selfoon gevind is).. Beskrywing van die selfoon, sowel as sy reeksnommer. Rede waarom die selfoon gekonfiskeer is. Verskaf detail van die bewyse indien van toepassing. OPVOEDERS EN SELFONE Daar sal geen gebruik van selfone tydens amptelike skoolure binne klaskamers geduld word nie, tensy die skoolhoof amptelike toestemming verleen het vir opvoedkundige redes. Geen persoonlike toestelle mag op die skool se internet en skoolbedieners gebruik word nie. Die gebruik van n selfoon om ongemagtigde prentjies, foto s, onwettige pornografie af te neem en te stoor, word ten strengste verbied op die skoolterrein, gedurende skoolaktiwiteite of opvoedkundige uitstappies, of terwyl leerders en personeel na en van die skool reis gedurende uitstappies of toere. Toegang tot die wêreldwye web, e-posdienste, die internet en skoolbedieners word gefilter en bestuur deur die IT-Departement. Kommunikasie via e-pos op die skool se stelsel kan dus nie as privaat beskou word nie en dieselfde beginsels geld vir enige boodskappe, data of prentjies op enige selfone en elektroniese toestelle wat skool toe gebring, of in die omgewing van die skoolterrein gebruik word, tydens skoolaktiwiteite of -funksies. ELEKTRONIES GETEKEN 2015 MNR. C. KLEM BEHEERLIGGAAM: VOORSITTER MNR. H.L. ARANGIES LAERSKOOL EVERSDAL: SKOOLHOOF