Inleiding en verklarende aantekeninge rakende die funksie van die direksie (Hoof, Sporthoof, Organiseerders en Beheerliggaam). Die funksie van die direksie is essensieël (1) die ontwikkeling van n beleidsraamwerk waarin die skool sal funksioneer, en (2) die monitering (deur die Beheerliggaam) van die mate waarin die voorskrifte binne die raamwerk deur die skoolhoof en sy personeel uitgevoer word. Samevattend het die komitee n beleidmakende funksie en nie n uitvoerende funksie nie, alhoewel die komitee/ liggaam via die Beheerliggaam moet toesien dat die beleid uitgevoer word - n aksie wat deur die skoolhoof, as uitvoerende hoof, onderneem moet word. Die direksie bestuur of voer nie self die aksie/beleid uit nie. Spesifieke funksies van die direksie: Watter aksies in die program ingesluit moet word - bv. rugby, netbal, hokkie, ens. Die vlak van deelname wat van die leerders verwag word - bv. die beginsel van massadeelname, of ten minste 1 wintersport en 1 somersport, ens. Die vasstelling van die tye en duur van aksies; Die dragkode van kinders en indien nodig, van die personeel; Beleid rakende die vervoer van leerders; Beleid rakende toere en die befondsing daarvan; Beleide/riglyne ten opsigte van leerder en toeskouersgedrag; Beleid met betrekking tot die gebruik/benutting van buite-afrigters en die verwagting van die skool; Die opstel van begrotings en die voorlê daarvan aan die Beheerliggaam; Langtermyn begrotings met betrekking tot addisionele fasiliteite en/of instandhouding en opgradering van bestaande aktiwiteite; Die monitering van die sportprogram om toe te sien dat die beleide en riglyne uitgevoer/ nagekom word.
1. VISIE: Ons visie is n skool waar gebalanseerde opvoeding ondersteun word deur n uitnemende buitemuurse sportprogram waardeur al ons leerders: * sport en lewensvaardighede kweek en * die opwinding van kompeterende sport kan beleef. 2. DOELWITSTELLINGS: Ons streef die volgende breë doelwitte as maatstawwe ter bereiking van ons visie: 2. * Maksimale vrywillige deelname * Vaardigheidsontwikkeling vir almal * Kundige en entoesiastiese afrigters * Gesonde kompetisie oor n wye front * Talentontginning * Prestasie is nie n maatstaf op sigself nie, maar moet die gevolg wees van suksesvolle toepassing van bogenoemde 3. STRUKTUUR: 3.1 Sportsoorte aangebied: Die skool bied tans die volgende sporte aan: Atletiek Krieket Swem Tennis Landloop Netbal Rugby Hokkie Sokker Sewes Rugby Skaak Nie-skool sporte word sover moontlik ondersteun deur die skool se kommunikasieforums en ander geriewe beskikbaar te stel en prestasies te erken. Die skool se kontakpersoon in hierdie verband is die sporthoof. 3.2 Kommunikasie: Inligting rondom oefentye, plekke en oefendae word met die aanvang van elke sportseisoen so volledig moontlik skriftelik aan die ouers deurgegee. Die wedstrydprogram vir die komende kwartaal word so vroeg moontlik in die kwartaal skriftelik aan die ouers deurgegee. Wedstrydinligting (soos spanne, tye, plekke, vervoer, drag, ens.) moet vroegtydig (verkieslik twee dae) voor wedstryde aan spelers en ouers deurgegee word. Elke komende week se wedstrydbepalings word vooraf via die nuusbrief en Communicator deurgegee.
3. 4. AFRIGTING: 4.1 Saamstel van afrigtingspan: Die afrigtingspan word deur die Sporthoof in oorleg met betrokke afrigters en die skoolhoof saamgestel. Die finale afrigtingspan word deur die Skoolhoof aangestel/aangewys en met die Beheerliggaam ter bevestiging gedeel. 4.2 Pligte van afrigters: - Oordrag van vaardighede (soos doel gestel vir die spesifieke groep). - Hanteer oefeninge en tref reëlings indien afwesig. - Toesig by oefeninge en wedstryde (totdat die laaste kind versorg is). - Verantwoordelik vir apparaat wat tydens oefeninge gebruik word. - Spankeuse. - Skeidsregter by wedstryde. - Betrek van ouers of ander kundiges om met afrigting te help, in oorleg met die sporthoof. - Versorging van beseerde spelers - besonderhede aan sporthoof. - Die stel van n goeie voorbeeld in gedrag en kleredrag. 4.3 Ouerbetrokkenheid: Leerders word verkieslik deur onderwysers afgerig, maar ouers kan as buite-afrigters betrek word in gevalle waar daar n tekort bestaan onderhewig aan die volgende: - Hoofsaaklik gerig op grondslagfase (uitgesluit ad hoc spesialisafrigting). - Dieselfde pligte (soos hierbo) geld vir ouer-afrigters, behalwe dat onderwysers verantwoordleik is vir spankeuses. 4.4 Buite-afrigters: Gekontrakteerde afrigters word slegs betrek waar daar nie beskikbare onderwysers of ouers is nie. Aanstellings word deur die sporthoof gedoen in oorleg met die direksie. Vergoeding geskied volgens begrote riglyne, met goedkeuring deur die beheerliggaam. 5. OEFENINGE: 5.1 Program: Oefenskedules word voor die aanvang van n seisoen deur die sportorganiseerder in samewerking met die sporthoof vasgestel en deur die skool se bestuurspan goedgekeur. Addisionele oefeninge kan gereël word, mits botsings met ander sportsoorte of kulturele bedrywighede wat reeds op die buitemuurse program amptelik bepaal is, nie plaasvind nie.
4. 5.2 Afstel van oefeninge: Oefeninge moet slegs in uitsonderlike gevalle afgestel word en dan slegs na oorlegpleging met die Skoolhoof of sporthoof. n Besluit om voort te gaan met wedstryde op reëndae moet teen 13:00 (Intermediêre-) en 12:00 (Grondslagfase) geneem word - 12:00 op Vrydae. In slegte weer moet gepoog word om onderdak te oefen of alternatiewelik oefeninge met toepaslike besprekings/vertonings te vervang. Waar moontlik sal ouers deur middel van sms-boodskappe ingelig word. n Besluit om n oefening te kanselleer word nie weer herroep, sou die weersomstandighede verander, nadat die leerkragte, leerlinge en ouers van so n besluit in kennis gestel is nie. Indien n oefening vroeg gestaak word, moet die afrigter by sy span bly tot wanneer die oefening sou geëindig het. Daar vind nie oefeninge plaas as die meeste van die spanne in die groep wedstryde speel nie, weens die pligte van die afrigters en beskikbaarheid van geriewe. 6. OUDERDOMSBELEID: Oefeninge en wedstryde vind slegs plaas in ouerderdomgroepe. Die aantal groepe wissel per sportsoort, maar voorsiening word gemaak vir leerders vanaf onder 6 tot onder 13. Slegs in hokkie (O/11), swem (wisselslag), tennis en skaak sal spelers toegelaat word om in ouer ouderdomsgroepe deel te neem indien so n speler dit op meriete verdien. 7. WEDSTRYDE: 7.1 Liga: Laerskool Tzaneen spelers kompeteer as volg vir provinsiale kleure (soos deur die onderskeie sportunies bepaal) : Alle sporte neem in Limpopo deel. Wedstryde word as volg gereël. - Wedstryde word voor die seisoen geskeduleer op eie inisiatief teen skole wat vergelykbaar is ten opsigte van grootte en krag ten einde soveel moontlike geleenthede te skep. - Logistiek te vergemaklik. - Leerders in staat te stel om meer as een sport te beoefen, waar liga-bepalings bots, bv. krieket en hokkie. Deelname op provinsiale vlak is die verantwoordelikheid van die ouers. Hulle moet self die leerlinge vervoer na oefeninge en wedstryde.
5. 7.2 Organisasie: Die sporthoof, in oorleg met die betrokke sportorganiseerders tref voorbereidings vir wedstryddae. Die sportorganiseerder sal wedstryde telefonies minstens twee dae voor die tyd bevestig. Met die aanbieding van sportdae by ons skool moet die organiseerders minstens sewe dae voor die tyd n pligstaat aan die res van die personeel uitdeel sodat hy/sy genoeg tyd het om voorbereiding te tref. Leerders mag pouse verklee met toestemming van die sporthoof (slegs vir plaaslike wedstryde). Indien voertuie binne skoolure vertrek, mag deelnemers met sportdrag skool toe kom. Vervoer word tans deur die skool verskaf, maar deelnemers mag saam met hul ouers ry indien hulle die byeenkoms bywoon. Vervoer word deur die skool gesibsidueer, maar deelnemers betaal R10 vir elke 50 km. Dit is die afstand vanaf Laerskool Tzaneen en nie heen en weer nie. Slegs deelnemers met toestemmingsbriewe sal op busse toegelaat word. Voorgeskrewe briewe is in die eksamenstoor beskikbaar asook lyste waar spelers se vervoerreëlings en inbetalings aangedui word. Deelnemers wat aandui dat hulle van skoolvervoer gebruik maak kan onder geen omstandighede saam met maats ry nie. Tensy ouers telefonies dit met die afrigter reël. Elke skoolvoertuig moet onderwysers as toesighouers hê. Elke seisoen begin deur n vraelys aan spanne uit te gee waarop ouers belangrike inligting moet deurgee. Die vraelys is in die eksamenstoor beskikbaar. 7.3 Spankeuse: Die keuse van spanne word oorgelaat aan die diskresie van die afrigters op die volgende basis: - Intermediêre fase : Suiwer meriete (met skuiwe ook op meriete) - Grondslagfase : Meriete, maar met fokus op A-span: Rotasie op meriete en B-D span: Gereelde rotasie en eksperimentering. Spelers wat nie n oefening kan bywoon nie se saak sal op meriete hanteer word by die kies van spanne. Indien daartoe versoek, kan afrigters hulle spankeuses verduidelik, maar dit verander nie hulle diskresie t.o.v. spankeuses nie. Kommentaar moet privaat en hoflik, direk met die afrigter/sporthoof bespreek word. Die wyse waarop n kaptein aangewys word berus by die bepaalde afrigter en kan deur spanlede verkies of deur die afrigter aangewys word.
6. 7.4 Uitstel / afstel van wedstryde: Wedstryde moet slegs in uitsonderlike gevalle gekanselleer word na motivering en in oorleg met die skoolhoof en betrokke sporthoof. n Besluit om voort te gaan met wedstryde op reëndae moet teen 13:00 (Intermediêre-) en 12:00 (Grondslagfase) geneem word - 12:00 op Vrydae. Sodra n wedstryd uitgestel of afgestel word, moet dit onmiddellik aan die personeel en ouers deurgegee word tesame met n motivering - verkieslik by wyse van n sms of communicator. Waar moontlik, moet oefening dan voortgaan vir alle spanne in die groep. Elke sport stel eie doelwitte in terme van wedstryddoelwitte, maar daar moet gepoog word om ten minste drie wedstryde per kwartaal vir B-spanne te reël. Elke afrigter in samewerking met die sporthoof is hiervoor verantwoordelik. 8. DISSIPLINE / ETIKET / GEDRAGSKODE: Afrigters, in samewerking met ouers, moet poog om die etiket van elke bepaalde sportsoort aan spelers oor te dra. Hulle is te alle tye verantwoordelik vir hul span se gedrag op en van die veld af. Die sportgedragskode bied verdere riglyne. 9. NOODHULP: Noodhulpdienste word beskikbaar gestel by tuiswedstryde en oefeninge na gelang van die behoeftes van die spesifieke sportsoorte en sportbyeenkomste. Vir hierdie doel wys die skool n personeellid aan wat noodhulpdienste koördineer. Hierdie persoon moet verseker dat: - elke sportorganiseerder die noodhulp-behoeftes vir die spesifieke sport deurgee, afrigters basiese opleiding in noodhulp ontvang en toegang hê tot die skool se noodhulptoerusting. - toepaslike dienste by wedstryde / byeenkomste beskikbaar is. Hierdie dienste word vooraf vir die seisoen geskeduleer in samewerking met die sporthoof. Oop / bloeiende wonde moet te alle tye met mediese handskoene aan hanteer word. Geen speler/ster mag aan enige kontaksport deelneem met n oop-/nat of bloeiende wond/besering nie. 10. TOERE: Toere word van jaar tot jaar gereël ooreenkomstig die doelwit van wye deelname en blootstelling. Daar word meestal gefokus op die senior leerders sodat spelers almal tydens hulle skoolloopbaan toerblootstelling kry. Daar kan ook ander toere plaasvind, hetsy uit eie inisiatief of wanneer genooi word, in oorleg met die sporthoof en skoolhoof.
7. 11. AFSLUITINGSFUNKSIES: Daar kan aan die einde van n seisoen n afsluitingsfunksie per sportsoort gehou word. Dit sal verkieslik in die vorm van n piekniek-ete op die skoolterrein wees en leerders sal verantwoordelik wees vir hul eie eetgoed. Versoeke van ouers om n bring-en-braai te hou sal oorweeg word. 12. BEFONDSING: Die speel van sport word as n belangrike komponent van leerders se totale ontwikkeling gesien en die verskaffing van afrigting en geriewe vir goedgekeurde skoolsporte word derhalwe deur die skool befonds via die normale begrotingsproses. Dit sluit onder meer die volgende in: vergoeding en skeidsregterskursusse, oefenhulpmiddels en vevoer. Spanne mag ook borgskappe vir kleredrag of ander toerusting bekom. Voorgeskrewe sportdrag word egter gebruik (eerste / oopspanne word uitgesluit). 13. BELEID EN RIGLYNE VIR ONDERSKEIE SPORTE: Die sentrale sportbeleid hierbo geld vir alle sportsoorte. Riglyne vir onderskeie sportsoorte kan ook opgestel word vir praktiese reëlings wat nie beleid raak nie. Hierdie riglyne kan bv. handel met reëlings vir oefeninge, proewe/keuring en ander organisatoriese sake en word deur die sportorganiseerders in oorleg met die sporthoof en die skoolhoof hanteer.