HOËRSKOOL PORTERVILLE Posbus 22 6810 Tel: (022) 931 2174 Faks: (022) 931 3321 e-pos: admin@porterhs.co.za Gestig 1870 26 Junie 2015 Kwartaalbrief 2/2015 Geagte Ouers 1. DANKIE Dankie aan so baie van u wat op so n onbaatsugtige wyse by die skool betrokke is. U hulp word raakgesien en opreg waardeer. Baie dankie ook vir skenkings aan die skool gemaak gedurende die jaar. Graag bedank ons ook weer die volgende konvenors vir hul dienste: Hoof Konvenor: Amanda Gloyne en haar span: Marlette Bester, Maritza Taljaard, Geraldine Kirsten, Tina van der Merwe, Amanda Kalp, Marnie Redelinghuys, Stephanie Louw en Marieta van Wyk. 2. SKOOLTYE VIR DIE DERDE KWARTAAL Skool heropen : Maandag, 20 Julie 2015 om 07:30 Graad 1 : 07:30-13:00 Graad 2-12 : 07:30-14:00 LET WEL: DIE SKOOL BEGIN MET MAANDAG SE ROOSTER 3. PERSONEEL Juf. Jeanne Kriel is steeds met kraamverlof. Me. Maureen van Rooyen los af in die graad 4 klas. Ons wens vir juffrou Adriani Engelbrecht wat in die hospitaal is en mnr. Engelbrecht en haar familie wat haar moet bystaan baie sterkte toe. Ons bid dat sy spoedig sal beter word! 4. LEERDERS Ons wens vir Jody Soloms en sy ouers en familie baie sterkte toe en bid vir spoedige herstel. Jody was in n ernstige motorongeluk en is tans in die hospitaal.
5. RAPPORTE Gr. 1 12 se rapporte is vandag uitgedeel. Ons vestig u aandag daarop dat alle Gr. 1 12 ouers hulle kinders se rapporte moet onderteken en op Maandag, 20 Julie 2015, na die skool moet terugstuur. 6. OUERAAND 28 Julie 2015 Hierdie aand sal gebruik word vir afsprake wat deur die skool met spesifieke ouers gereël word. Indien u van u kant af n afspraak wil maak, kan u dit enige ander tyd gedurende die kwartaal doen, maar nie op die spesifieke aand nie. 7. SKOOLKLERE Ter wille van die nuwe leerders en ouers gee ons weer die wintersdrag: Graad 8-12 Dogters: Voorgeskrewe somersrok, swart sykouse OF donkerblou langbroek met langmou wit hemp, voorgeskrewe skooldas en wit sokkies MET voorgeskrewe skoolbaadjie, donkerblou trui met skoolkleure/ pull-over - indien nodig - en swart skoolskoene met veters of bandjies oor die voet, donkerblou serp. Seuns: Grys langbroek, wit skoolhemp, voorgeskrewe skooldas, grys sokkies met skoolkleure, voorgeskrewe skoolbaadjie, donkerblou trui met skoolkleure/ pullover - indien nodig - en swart toerygskoene, donkerblou serp. L.W. Die voorgeskrewe skoolbaadjie is verpligtend. Die skooltrui/ pull-over mag nie sonder die baadjie gedra word nie. Hierdie reël geld wanneer volle wintersdrag gedra word. Graad 1-7 (seuns en dogters) Hulle mag gedurende die winter die voorgeskrewe skoolsweetpak dra saam met n wit hemp, das, sokkies en skoolskoene. Onder die sweetpak mag die skooltrui/ pull-over gedra word. Die sweetpak moet toegerits wees. Andersins kan presies dieselfde kleredrag soos voorgeskryf vir graad 8 12 gedra word (nie langbroek nie). n Skoolbaadjie is egter nie verpligtend vir laerskoolleerders nie. Merk asseblief u kind/ers se besittings duidelik. Daar word gedurig klere en sportsakke by die skool opgetel wat naamloos is. ALLE LEERDERS: Slegs die HSP-serpe wat by die klerewinkel beskikbaar is, mag gedra word. 8. KLEREWINKEL Die klerewinkel sal gedurende die winterkwartale op die volgende vasgestelde tye oop wees: Maandae : 07:15 07:45 Dinsdae : 13:45 14:15 Donderdae : 13:45 14:15 Vrydae : 13:45 14:15 **********************************************************************************
9. RUGBY- en NETBALOEFENINGE Sportoefeninge sal op die normale oefentye plaasvind. Geen sportoefeninge sal egter op Maandag, 20 Julie plaasvind nie, as gevolg van die Personeelvergadering om 14:15. 10. KWARTAAL OORSIG Beheerliggaam n Beheerliggaam verkiesing het plaasgevind op 13 April 2015 en die volgende persone is verkies op die beheerliggaam: Ouers W. Opperman (Voorsitter) W.G. Treurnicht (Tesourier) Sandra Vlok (Sekretaris) Ludwig Behm Chirs Immelmal MacHendrik Jordaan Ks-Opvoeders Marietjie Potgieter Jaco Lourens Nie-Ks-Opvoeder Glenda Verwey. Buitemuurse aktiwiteite Porterville kan trots wees op n hele aantal leerders wat die afgelope kwartaal op buitemuurse gebied besonder goed presteer het. Baie geluk aan hierdie presteerders en hul ouers. Hulle is ware beeldbouers van ons skool en bring vir die skool groot eer. Graag deel ons enkele aspekte kortliks met u. Rugby Boland O/16 Grant Khomo Rugby - Boetie Opperman Swartland Vroue Rugby - Lyzanne Janse van Rensburg Netbal Wes-Kaap Netbalspan - O/18 Sashen Cox Boland Netbalspan - O/13 Inge von Wielligh O/18 Sashen Cox Finale Bolandproewe - O /13 Inge von Wielligh O/14 Miché Farao & Anke van der Merwe - O /18 Sashen Cox Semi-Finale Bolandproewe - O /13 Francesca Olivier en Inge von Wielligh ****************************************************************************
**************************************************************************** Atletiek - O/14 Jana Cronjé, Antoinette Burger, Cassidy Visser, Miché Farao & Anke van der Merwe O/15 Danelle Behm & Roxette Meyer O/16 Hanneke Kotzé O/18 Sashen Cox Wes-Boland Atletiek - O/14 Antoinette Burger (SG en 300mH) Gholf Boland Gholfspan - Morné du Plessis Swem Junior Liga Wes-Kaap Streekkampioenskappe - Paul Louw Karate JKA WP Kompetisie - Kuyno Smit, Liza Snyders, Jaydene Klaasen, Fahreeck Rhode, Ruan Briers, Cornél de Villiers & Ewert Bredenhann JKA SA-Kompetisie - Kuyno Smit & Liza Snyders Oscar aand Hierdie gesellige geleentheid is deur die graad 11 leerders op 28 Mei aangebied. Nampo Oesdag Die graad 11 klas het die Nampo-oesdag op Bothaville bygewoon vanaf 13-15 Mei. Die leerders het hierdie geleentheid baie leersaam gevind. Winterbal Die winterbal is gehou op Donderdag, 25 Junie en het goed afgeloop. 11. RUGBY TOER Die O/19A Rugbytoer vind plaas vanaf 12 tot 17 Julie op Hartenbos. 12. SKOOLFONDS Betaal asseblief u skoolfonds soos met die skool gereël. **********************************************************************************
13. MATRIEKSERTIFIKATE Daar is nog matrieksertifikate wat nie afgehaal is nie. U samewerking word waardeer! Leerders wat die aanvullende eksamen in 2016 afgelê het of aansoek gedoen het om te skryf en nie die aanvullende eksamen geskryf het nie, se sertifikate sal vanaf September 2015 beskikbaar wees. 14. BEROEPSVOORLIGTING Mnr. Chris Prins besoek die skool op 24 Julie om die graad 11 leerders se Beroepsvoorligting, asook die Gr. 9 leerders se Vakkeuses te kom doen. Leerders moet asseblief onthou om n potlood en uitveër saam te bring. 15. INTERSKOLE Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is: Rasieleier : Armand Fourie Dirigente Hoofdirigente : Boetie Opperman Bianca Mackriel Hulpdirigente : Shaan-D Ockhuis Patricia Baadjies 16. NOODHULP (VLAK 3) Baie geluk aan die volgende leerders wat sertifikate ontvang het: Elana du Plessis, Sonja Horn Juf. Hanneli Malherbe het ook n sertifikaat ontvang baie geluk! 17. O/11 BOLAND ATLETIEK Baie geluk aan Lienke Liebenberg wat opgeneem is in die O/11 Boland Atletiekspan. 18. SKOTSE O/19 (A+B) en O/16A RUGBYTOER Die Skotse Rugbytoerspanne (50 seuns) besoek ons op Woensdag, 29 Julie. Die Rugbyspanne sal op dieselfde dag hulle wedstryde speel en oorslaap. Hulle vertrek weer die Donderdagoggend. Ouers wat bereid is om verblyf aan die seuns te verskaf, kan asseblief vir mnr. Heini Redelinghuys by die skool kontak. Baie dankie dat ons op ons ouers kan staatmaak. 19. ONTHOU!!! Vakveranderinge vir Gr. 10 en Gr. 11 leerders sluit op 31 Julie 2015. Fondsinsameling Ina Paarman produkte. **********************************************************************************
20. PRYSWENNERS VAN FIZZER-LOOTJIE VERKOPE Die 1ste span het Fizzer-lootjies verkoop om fondse in te samel vir hulle toer na Hartenbos. Ons wil net die volgende mense gelukwens met die pryse wat hulle gewen het. 1ste Prys ( n Naweek by Piekenierskloof) 2de Prys ( n Braaidrom) 3de Prys (Fiets) 4de Prys (Coleman) 5de Prys (Facial by Simply Cinnamon) 6de Prys (Facial by Simply Cinnamon) - Amanda Gloyne - Mzawaziwa Arthur - Sanet Minnaar - Sannie Brand - Judie Groenewald - Jackie Janse van Rensburg 21. BAIE DANKIE Pryse geskenk Fizzer-lootjies Piekenierskloof Lodge (Naweek by Piekenierskloof) Andrew Gloyne (Braaidrom) Porterville Spar (Fiets en Coleman) Facials (Simply Cinnamon) Kleinskooltjie Die Kleinskooltjie klim en klouter baie lekker op die splinternuwe klimrame! Graag wil ons net baie dankie sê aan ons anonieme skenkers. Wees verseker dat hierdie klimrame ten volle benut en opreg waardeer word! 22. STERKTE aan die volgende leerders wat die vakansie gaan deelneem: Boetie Opperman wat vanaf 5 tot 9 Julie gaan deelneem aan die O/16 Grand Khomo Rugbytoernooi in Oudtshoorn. Sashen Cox wat vanaf 28 Junie tot 3 Julie die Weskaap gaan verteenwoordig by die SASN Nasionale Alle Ouderdomtoernooi in Boksburg. Lyzanne Janse van Rensburg wat gaan deelneem aan die SARU Dogters Rugbytoernooi in Durban vanaf 5 tot 10 Julie. 23. KENNISGEWING Die afgetrede Internasionale Rugby Skeidsregter, Jonathan Kaplan se boek Jonathan Kaplan s Story : Call it like it is (deur homself geteken) is nou beskikbaar.jonathan het die meeste wêreldbeker rugby se eindwedstryde hanteer. Hy gaan ook die Interskole se hoof rugbywedstryd blaas. Ouers en leerders kan met hom gesels voor die eindwedstryd begin.hy sal die hele dag by die Interskole wees. Belangstellendes kan die boek bestel by Elna Lombard by die Hoërskool. Die boek kos R200. **********************************************************************************
24. WEEKPROGRAM Vrydag, 26 Junie 2015 - Skool sluit Inskrywings vir leerders sluit Saterdag, 28 Junie 2015 Saterdag, 11 Julie - Sondag, 12 Julie 2015 Saterdag, 17 Julie - 0.19A Rugbytoer - Hartenbos Maandag, 20 Julie 2015 - Skool heropen : 07:30 Saalbyeenkoms : 07:30 Skool verdaag : 14:00 Personeelvergadering : 14:15 Dinsdag, 21 Julie 2015 - Rugby- en Netbaloefening Woensdag, 22 Julie 2015 - Donderdag, 23 Julie 2015 - Rugby- en Netbaloefening Vrydag, 24 Julie 2015 - Gr. 11 Beroepsopleiding & Gr. 9 Vakkeuses (Mnr. Prins) Saterdag, 25 Julie 2015 - Rugby & Netbal - Dirkie Uys (T) Aangeheg is die KWARTAALPROGRAM en die MIDDAGROOSTER vir die derde kwartaal. Nog n tydperk van 3 maande het gekom en gegaan, en wat n bedrywige kwartaal is nie agter die rug nie. Ons kan met groot rede tot dankbaarheid terugkyk op hierdie tydperk omdat ons groei en ontwikkeling op elke terrein van die skoollewe kon bespeur. Ons wens u n aangename tyd saam met u kind(ers) toe. Geniet u kind tuis en wees asseblief betrokke by sy/haar rapport, sport en ander skoolbedrywighede. Vriendelike Groete W.J. Engelbrecht SKOOLHOOF DIE OUD-SKOLIERE BOND HOU N LEKKER INTERSKOLEDANS OP SATERDAG, 22 AUGUSTUS. HOU DIE ASB. DIE AAND OOP!!
God is genoeg! Paulus het dit nie altyd maklik gehad nie. Eintlik verwag ons dat hierdie groot man van God so bietjie van n binnebaan moet hê. Maar dit werk nie so nie. God ken die mens. Hy het hulle immers geskep. God ken vir Paulus en Hy weet waartoe hy alles in staat is. Daarom is Paulus toegerus met dorings om hom naby aan God te hou. Maar Paulus was nie so ingenome hiermee nie. Hy het die aanvalle van die duiwel intens beleef. 7... Ja, dit was soos n boodskapper wat die duiwel na my toe gestuur het om my pimpel en pers te kom slaan. Hierdie struikelblok moes keer dat ek verwaand raak oor al die wonderlike geestelike ervarings wat ek al beleef het. Dit het pyn veroorsaak en Paulus was moeg daarvoor. Hy was moeg om so deur die duiwel en sy trawante gefoeter te word. Hoeveel pak moet n mens dan nou vir jou Skepper vat! En soos ons vir Paulus ken het hy nie stilgebly daaroor nie. Eintlik sien n mens n stukkie opstand teen God en dit wil lyk of hy God se bystand bevraagteken. 8. Nie minder nie as drie keer het ek die Here gevra om hierdie struikelblok uit my lewe weg te vat. Laat al my swaarkry en lyding asseblief tog net ophou! het ek Hom gesmeek. Hoor jy die rou snikke van Paulus? Sien jy so n stukkie van jouself in hom en in sy omstandighede? Het jy ook al vir die Here gevra om die swaarkry en lyding nou eers vir n tydjie uit jou lewe te neem? Ag, Here, neem tog nou asseblief hierdie pakkie! Ek kan nie meer nie! My besigheid, my werk, my medemens, my familie, die kinders, my ouers, my geld, my gemoed, my huwelik, alles Here, alles is teen my. Ek wonder eintlik of U nog daar is God het vir Paulus hoor roep. Hy het sy lyding gesien en dit saam met hom beleef. Daarom buk God af na Paulus en gee hom n kykie in sy groter prentjie: 9. Toe sê die Here uiteindelik vir my: My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is. God se goedheid is genoeg vir Paulus. God se goedheid is genoeg vir jou en my. Moenie jou oë vestig op die swaar of die seer waardeur jy nou gaan nie, maar plaas jou visier en jou fokus op die wete dat God oorgenoeg is vir jou. Glo met jou hele verstand dat God in beheer is. Weet dat Hy op n manier die swaar waardeur jy nou moet gaan, sal omdraai en gebruik tot eer van sy Naam. Jy hoef nie nou alles te verstaan nie. Al is jy nie nou in beheer van alles nie, God weet. God bly in beheer. God sal sorg. God sal vir jou deurkom. Daar waar jy swak en buite beheer voel, met die woeste winde wat in jou lewe waai of nog gaan waai, moet jy weet dis wanneer God se krag werklik sigbaar gaan word. Ja, wanneer ons eers so n bietjie back off, sien ons skielik God se krag raak. Dan gee ons vir God as te ware plek om sy ding te doen en die een wonderwerk na die ander sal in jou lewe opspring. Eintlik wil ek vir jou sê: Sit terug en watch this space. Kyk verby jou ontberinge ja, daar waar jy so teen die aanvalle van die lewe beur en hou jou oë stip op God. Prent dit in jou kop vas dat God se goedheid eenvoudig genoeg is. Weet dat sy krag oorgenoeg is. Daar waar jy swak is, kom God en laat jou toe om sy krag te beleef. Teks: 2 Korintiërs 12:1-10 Gebed: Vader, soms kan ek nie verstaan hoekom dit so swaar gaan nie. Soms kyk ek ook vas na die omstandighede hier om my en ek wonder waar U is. Ja, ek sukkel om swak te wees, maar ek besef dat ek baie keer in U pad staan om U wonderlike krag in my lewe los te laat. Here, ek is swak. Wees asseblief my anker! Amen.