Maart No. 69 INVLOED VAN ONKRUIDDODERS OP OPVOLGGEWASSE Chris Cumming PNS Konsultant

Vergelijkbare documenten
VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous

September 2013 No. 55

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Datum: 17/07/2012 Inisieerder: GHS Voorligters Nommer:17/004 Hersiening: 4 Bladsy 1 van 5

Desember 2015 No.67. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2015 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Desember 2016 No.73. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

ONKRUIDBEHEER IN GEEN-BEWERKINGSTELSELS

SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013

KANADESE CANOLA MIKPUNTE KAN ONS SAAMPRAAT Chris Cumming - PNS Konsultant

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Vestiging van Canola: Saaidigtheid

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Desember 2014 No.62. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

BEMESTINGSRIGLYNE VIR CANOLA IN DIE WINTERREëNSTREEK

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Januarie 2010 No. 42. Inleiding

FAKTORE EN VEELVOUDE

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Direktoraat Plantwetenskappe

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

Mondstuk van die canolawerkgroep

Les Plan Twee. Habitats

Die Vestiging van Canola en Bemestingsriglyne

INKOMSTE EN KOSTEBERAMINGS VAN KLEINGRAAN VERTAKKINGS IN DIE SWARTLAND

Rotasies werk vir raaigrasbeheer

Mondstuk van die canolawerkgroep

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Aspekte wat die keuse van canola kultivars in die Wes- en Suid-Kaap beïnvloed PJA Lombard, L Smorenburg en Dr J Strauss

Foto-redigering vir sun.ac.za

Slakke en Isopodes: watter rol speel hulle met die verlies van canola saailinge?

Mondstuk van die canolawerkgroep

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2006 PJA Lombard, L Smorenberg en DJ Hanekom Departement Landbou:Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607

Plantstruktuur en Plant Voedsel

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

Sentraalbeplande stelsel

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Januarie 2014 No.57. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2013 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Hondsdolheid. n dodelike siekte. Jenny Turton. Verspreiding van die siekte Simptome Voorkoming Behandeling AFRIKAANS. Departement Landbou

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Sitrus Aanplanting Bestuur

Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie.

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

SPEKTRALE WEERKAATSING VAN PLANTEGROEI, GROND EN WATER LWR314

LEES DIE TEKENS VAN BANKROTSKAP DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Kwantifisering van risiko in die Oos-Vrystaat droëlandproduksiegebied:

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Les 14: Entrepreneurskap

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

Januarie 2015 No. 63 Sclerotinia stamvrot (Sclerotinia sclerotiorum) Piet Lombard (Wes-Kaapse Dep. Van Landbou) & Jannie Bruwer (Bayer)

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Hoofstuk 11- Desibelstelsel

GRONDBEWERKING EN BEWARINGSBOERDERY

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

EKURHULENI NOORD DISTRIK

VERSLAG TER MOTIVERING VIR DIE INVOER VAN ROUNDUP READY LUSERN

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

PROTEïENNAVORSINGSTIGTING NOTULE VAN DIE CANOLAWERKGROEP VERGADERING GEHOU TE ELSENBURG OP 28 AUGUSTUS 2018

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

INKOMSTE EN KOSTEBERAMINGS VAN KLEINGRAAN VERTAKKINGS IN DIE SWARTLAND

BEKALKING EN 20 BEKALKING EN KALKSTOWWE

Prysvorming deur vraag en aanbod

Die klimaat van SA: Temperatuur

(insluitende nie-dodelike en dodelike metodes) sal mettertyd help om veeverliese te verminder.

AMERIKAANSE KOMMANDOWURM (Spodoptera frugiperda)

Boer vooruit met Russiese koringluis weerstandbiedende cultivars

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

D E P A R T M E N T of AGRIC ULTURE Provincial Government of the Western Cape

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

BARRETT SE TAKSONOMIE

Transcriptie:

Maart 2 2016 No. 69 INVLOED VAN ONKRUIDDODERS OP OPVOLGGEWASSE Chris Cumming PNS Konsultant Die moontlike skade aan gewasse as gevolg van residu oordrag van onkruiddoders wat op die vorige gewas toegedien was lok baie uiteenlopende menings uit, waarvan baie nie op wetenskaplike feite gebaseer is nie. Hierdie skrywe gaan poog om `n bietjie lig op die onderwerp te werp en dit hopelik vir produsente moontlik sal maak om die risiko verbonde aan onkruiddoder residu oordrag beter te bestuur. Faktore wat die tempo van residu afbraak by onkruiddoders beïnvloed, sluit die volgende in: - Grondvog Hoe droër die seisoen na toediening van die onkruiddoder, hoe stadiger die afbraak as gevolg van verlaagde aktiwiteite van grondmikrobes. Sekere onkruiddoders word ook deur chemiese reaksies in die grond afgebreek, en op hulle beurt vind seker van hierdie reaksies (veral hidroliese ) net in die teenwoordigheid van water of grondvog plaas. - Grond temperatuur Hoe hoër die temperatuur (in die aanwesigheid van grondvog), hoe vinniger die afbraak. - Grond ph Sulfonielureums (SU`s) is veral baie gevoelig vir grond ph. Hoe hoër die ph (alkalies) hoe stadiger is die afbraak. - Bewerkingspraktyke Hoe minder die grond versteur word, hoe meer aktiewe bestanddeel van die onkruiddoder bly in die ontkiemingsone van die gewas. Geen- of minimumbewerkingspraktyke veroorsaak dat geen verspreiding (verdunning) van die grondtoegediende onkruiddoders in die grondprofiel plaasvind nie.

Onkruiddoders wat algemeen in gewasse in die Weskaap gebruik word en moontlike residu oordrag probleme op opvolggewasse kan veroorsaak, sluit die volgende in: - SU`s Die SU groep se onthoudingsperiode vir gevoelige opvolggewasse, soos byvoorbeeld canola, wissel tussen 9 en 20 maande, afhangend van die produk en dosis toegedien (inligting gepubliseer in Canolafokus Nr. 60 Mei 2014). SU`s word deur beide suur hidroliese ( hoe hoër die grond se ph, hoe stadiger word die produk afgebreek) en grondmikrobes afgebreek. In sanderige, nat en suur gronde is die tempo van afbraak soms so snel dat onkruidbeheer nadelig beïnvloed word. Tabel 1: Glean (chlorsulfuron) se etiket in Australië het die volgende riglyne gegee: Onthoudingsperiode ph van grond 12 maande ph 6,5 of minder 22 maande (+ ph 6,6 7,5 700mm reën) >24 maande ph 7,6 8,5 (LET WEL, die dosisse van Glean wat in Australië gespuit word is gewoonlik veel hoër as wat ons gebruik, maar die impak van grond ph op onthoudingsperiodes bly relevant. Die handelsnaam Glean word vir die afgelope aantal jare nie meer in Australië gebruik nie.) Op verskeie etikette in Australië word aanbeveel dat, indien SU oordrag probleme verwag word, die plant van Clearfield ( CL) canola cultivars oorweeg word aangesien dit die risiko aansienlik sal verlaag. - Triasiene Triasiene word aangewend om raaigras en breëblaaronkruide in triasien tolerante (TT) canola cultivars te beheer. Omdat baie produsente geneig is om te laat te spuit ( raaigras veral na die 2 blaar stadium), het die praktyk pos gevat om 2l\ha atrasien met plant en nog 2l\ha na-opkoms van die onkruid te spuit om beter beheer te bewerkstellig. Indien die toediening 1 kg\ha aktiewe bestanddeel triasien oorskry, verhoog u egter die kans om triasien residue na jou daaropvolgende graangewas oor te dra. Die oorskakeling na geen- of minimumbewerking vererger die situasie aangesien die produk in die ontkiemingsone behoue bly. Veral in droë seisoene waar min loging van die produk plaasvind en grondmikrobe aktiwiteit afneem, is die risiko vir skade aan opvolg graangewasse groter.

Die skade is baie keer nie duidelik sigbaar nie, maar die graan se opbrengspotesiaal neem drasties af. Vir verdere inligting in hierdie verband kan `n volledige artikel in Canolafokus nr. 56 van September 2013 gelees word. Vervlugting is `n belangrike metode van verliese van produk vanuit die grond en spesifiek met die metode van aanwending in kleingraan produksie in die Wes-Kaap. Afbraak is die vinnigste onder warm, vogtige toestande. Nog `n gevolg van die misbruik van triasien onkruiddoders deur hoër as geregistreerde dosisse te spuit is die versnelde ontwikkeling van weerstand. Talle landbouchemiese agente, veral vanaf die Suid-Kaap, het bevestig dat die beheer van raaigras deur triasiene drasties afgeneem het. Produsente kan gerus die waarskuwing onthou: Hoër as geregistreerde dosis x frekwensie van toediening = verhoogte seleksiedruk = versnelde weerstand ontwikkeling -Trifluralien Alhoewel daar nog nie bewerings van trifluralien residu probleme gerapporteer is nie, is dit nie `n uitgemaakte saak dat dit nie kan gebeur nie. Trifluralien word beskou as `n onkruiddoder wat matig residuele eienskappe in die grond het en die vermoë het om sterk te bind aan organiese materiaal en klei. Trifluralien beweeg weinig in die grond en loog ook nie. Produsente is geneig om dosisse te verhoog om resultate te probeer verbeter, maar die risiko van oordrag word verhoog sou `n seisoen van lae reënval waar die grond uiters droog word volg. Toestande in die Swartland die afgelope seisoen is dus gunstig vir lae tempo van afbraak, alhoewel die produk deur ultra-violet strale vernietig word, kan die feit dat die grond nie versteur word vervlugting teenwerk. -Diflufenican Diflufenican is `n residuele- en loof toegediende onkruiddoder wat voorof na-opkoms van onkruide toegedien word. Dit word wyd as `n mengmaat in verskeie mengsels gebruik om die onkruidspektrum wat beheer word te verbreed. Diflufenican se adsorpsie, residuele aktiwiteit en beweeglikheid word deur grondtekstuur bepaal. Die onkruiddoder se adsorpsie is hoër in klei-leem gronde as in gronde met `n sandleem tekstuur, dus vind meer

loging plaas hoe meer sanderig die grond is. Diflufenican se beweging binne die plant is gering, maar weens die baie hoë aktiwiteit van die onkruiddoder hoef net klein hoeveelhede van die produk die teikengebied te bereik vir effektiewe beheer. Na toediening, vorm die produk `n aaneenlopende lagie op die grond oppervlakte. Die lagie is bestand teen loging en bly aktief deur die vegetatiewe groeifase van die gewas. Soos onkruidsaailinge deur hierdie residuele lagie beweeg (binne die boonste paar millimeter van die grond) absorbeer hulle die onkruiddoder deur beide stingels en wortels. Egalige bedekking op die grond se oppervlakte plus reën na toediening sal optimale residuele aktiwiteit bewerkstellig. Dieper ontkiemende onkruide binne die grond profiel sal swakker beheer word aangesien die wortels buite die onkruiddoder lagie is. Op die ou Brodal ( diflufenican ) etiket het die volgende waarskuwing verskyn: Nadat Brodal toegedien is, kan daar vir drie maande geen gewas behalwe lupiene in die behandelde grond geplant word nie. Tussen 3 en 6 maande na toediening moet grond behoorlik geploeg of met `n diep tandbewerking bewerk word voordat daar op die behandelde land `n gewas gevestig kan word.` Dit kan dus verwag word dat waar geenbewerking toegepas word, veral op `n effe swaarder grond en min loging plaasgevind het, kan baie lae residuvlakke van diflufenican simptome van verbleiking in blare van sensitiewe gewasse, soos canola, voorkom. Diflenufican moet ook nie met naopkoms onkruiddoders gemeng word nie aangesien fitotoksiese skade kan voorkom. Wees ook versitig om bevorderingsmiddels te gebruik vir dieselfde rede. Enkele nie-geregistreerde onkruiddoders word ook in mengsels in die Weskaap gebruik vir verbeterde onkruidbeheer. Diuron, wat `n halflewe van een maand tot een jaar het, word in lae dosisse ( 300 tot 400g\ha) gebruik wat, onder normale toestande, nie oordragsprobleme behoort te gee nie. Dit word egter teen 1kg\ha in `n mengsel met metolachlor gebruik in hawer. Indien Diuron teen hoër

dosisse as `n industriële onkruiddoder gebruik word, kan residue tot 3 jaar na toediening opgespoor word. Garlon word ook teen dosisse van 100 tot 400 ml\ha toegedien in mengsels. Garlon word hoofsaaklik deur ultraviolet strale afgebreek. Dus word aanbeveel dat waar canola die opvolggewas gaan wees, dosisse van meer as 200ml\ha nie binne 3 maande voor die planttyd van canola toegedien word nie. Omdat geen navorsing plaaslik met hierdie produkte in eenjarige gewasse in die Wes-Kaap gedoen is nie, moet produsente Dit sou raadsaam omsigtig te wees werk om gaan. `n Moet ongespuite nie lukraak kontrole dosisse strook verhoog te los om om te bepaal of daar wel enige verberterde onkruidbeheer te probeer nadelige uitwerking op die bewerkstellig opvolggewas nie. is. Baie keer is die simptome wat wel voorkom van so `n mate dat dit nie maklik op landskaal opgelet word, maar kan nogtans `n beduidende invloed op opbrengs uitoefen. Dink net aan die triasien gevalle in die Swartland! Navrae: Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607, Tel 8085321. pietl@elsenburg.com Redaksie: PJA Lombard, J Bruwer & Prof A Agenbag Geborg deur die Proteïennavorsingstigting Besoek die PNS se webblad by www.proteinresearch.net vir vorige uitgawes van nuusbriewe en pamflette.