HANDLEIDING VISUELE KUNSTE GRAAD 10

Vergelijkbare documenten
HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1

FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 2

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8

HANDLEIDING WISKUNDE GRAAD 9

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 9

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 8

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 1

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7

Sentraalbeplande stelsel

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Hoërskool Montana SW Graad 8 Eindeksamen: 22 November 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2. Naam & Van:

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Antieke Egipte en die Nylrivier

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Afrikaans Huistaal (Werkskedule) Graad 3 Kwartaal 1 Werkboek: Ons leer saam met Manie Muis. / Diftonge / Hannes en die koek / Zak die kat bak koekies

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

HANDLEIDING DRAMATIESE KUNSTE GRAAD 10

HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 10

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 4

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 7

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Vlotheid en intonasie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Rolprente uit twee verskillende genres *

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

DESIGN RELIGIESTUDIES

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Les 14: Entrepreneurskap

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSRIGLYNE 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 5

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V2

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Klank en kleur in die skepping

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Vraag 1: Danse in Verskillende Kulture Beantwoord die vrae gebaseer op die foto's langs die vrae.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Les Plan Twee. Habitats

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINASOCIAL SCIENCES

Navorsingsvoorstel TITEL VAN DIE VOORSTEL

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcriptie:

HANDLEIDING VISUELE KUNSTE GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Kopieregwet, mag geen gedeelte van hierdie boek gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring en opname, sonder skriftelike toestemming van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk nie. KABV-aangepas Ë1510-A-VIA-SG01µ µ µî

KUNS HANDBOEK GRAAD 10 NKABV INHOUD: Hoofstuk 1 Ons begin die jaar Kurrikulum en assesseringspraktyk soos uiteengesit in die Nasionale Kurrikulum-en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV), finale konsepdokument, 2011. Die uitvoer van hierdie doelstellings in die Graad 10-klaskamer. Hoofstuk 2 Visuele Geletterdheid en die Visuele Dagboek Visuele Geletterdheid Maak jou eie betekenisweb: die visuele dagboek Begin met jou dagboek: navorsing Begin werk Gebruik jou dagboek om idees vir jou praktiese projekte te begin versamel Voorbeelde van kunstenaars se visuele dagboeke Kunstenaars uit die verlede wat visuele dagboeke gebruik het Voorbeelde van ander leerders se visuele dagboeke Hoofstuk 3 Tydsmeting: hoe antiek is antiek? n Voorwoord tot die studie van antieke kulture en samelewings Hoofstuk 4 Samelewings van die Antieke Wêreld: EGIPTE Die samelewing van Antieke Egipte is een van die oudste ter wêreld Vrae om te beantwoord n Praktiese projek wat aansluit by jou studie van Antieke Egipte Hoofstuk 5 Samelewings van die Antieke Wêreld: MESOPOTAMIË Vanaf die Tuin van Eden tot oorwinnings deur Alexander die Grote in die 4 de eeu VCE Mesopotaamse beeldhouwerke vanuit vier paleise Hoofstuk 6 Die kuns van die Klassieke Wêreld: GRIEKELAND Griekeland, die land en die kultuur Die verhouding tussen die Antieke Griekse geloof en Griekse kuns Die ontwikkeling van Griekse beeldhouwerk Antieke Griekse pottebakkery Praktiese werk: Maak jou eie Griekse vaas Antieke Griekse teater Vrae om te beantwoord n Praktiese projek gebaseer op Romeinse mosaïek en fresco-skilderwerk Hoofstuk 7 Die Kuns van die Klassieke Wêreld: ROME Die samelewing van Antieke Rome Romeinse tempels, akwadukte (watergange), baddens, huise en teaters Romeinse beeldhouwerk Beantwoord die vrae oor Rome BLADSY: 1 6 16 19 38 48 73 iii.

Hoofstuk 8 Afrika-Kuns Die rotskuns van die San-Boesmans n Praktiese projek gebaseer op die San Rotskuns: Teken Tradisionele Afrikakuns: Die kuns van samelewings in Wes-Afrika Nok, Ife en Benin Die kuns van Suidelike Afrika Groot Zimbabwe; die Lydenburgkoppe Tradisionele keramiekwerk van landelike Suid-Afrika n Navorsingsprojek oor landelike pottebakkers in Suid-Afrika Praktiese werk: vorm en bak jou eie, tradisionele bierpot Opstelle en vrae oor die Kuns van Afrika Praktiese projek gebaseer op Afrika-kuns Hoofstuk 9 Middeleeuse Kuns in Wes-Europa Vroeë Christenkuns en Argitektuur Bisantynse Kuns en Kultuur Romaneske Kuns en Argitektuur Gotiese Kuns en Argitektuur Middeleeuse Beeldhoukuns Geïllumineerde Manuskripte en Gebrandskilderde Glas Werkkaarte en teoretiese projekte oor die Middeleeuse Tydperk n Praktiese projek gebaseer op die studie van die Middeleeuse Tydperk in Europa Hoofstuk 10 Renaissance Kuns in Wes-Europa Vroeë Renaissance Skilderkuns: Giotto Die Perspektiefstelsel van die Renaissance Die Hoog-Renaissance: Michelangelo en Leonardo Navorsingswerk en vrae om te beantwoord Die Renaissance in Noord-Europa: Hieronymus Bosch en Pieter Breughel Werkkaarte Skep jou eie Triptiek: n Praktiese Renaissance-projek Hoofstuk 11 Die Kuns van die Barok- en Rococoperiodes in Wes-Europa Hooftendense in die skilder en beeldhoukuns van die 17 de en 18 de eeu in Italiё en Holland: Bernini, Caravaggio en Rembrandt Vrae oor Barokkuns Rococo-kuns: Watteau, Boucher en Fragonard in Frankryk gedurende die 18 de eeu Rococo keramiekwerk, dekoratiewe kuns en argitektuur in Wes-Europa Skep en versier jou eie Rococo teestel. n Praktiese projek wat skep en teken behels. 88 129 147 186 Hoofstuk 12 Die Kuns van die nie-westerse wêreld: OSEANIA, ASIË en die AMERIKAS, voor die vestiging van mense uit Europa ANTIEKE CHINA: Skilderkuns en Kalligrafie, Porselein en die Terracotta Weermag OSEANIA: Die Kuns van die inheemse mense (Aboriginies) van Australië; die Kuns van die Maori s van Nieu-Seeland AMERIKA: Die Kuns van die oorspronklike bewoners, inheemse Amerikaners. 204 iv.

HOOFSTUK 1 Voorwoord Visuele Kuns in die Suid-Afrikaanse skole: n kykie na die nuutste kurrikulum en assesseringspraktyke Hierdie handboek is geskryf om gebruik te word deur onderwysers van Visuele Kunste in Suid- Afrikaanse skole. Die eerste uitgawe het in 2001 verskyn en dit is sedertdien herskryf en 'n paar keer hersien om tred te hou met die kurrikulum wat ontwerp is deur die Departement van Onderwys. Hierdie uitgawe is uitgebring in reaksie op die jongste veranderinge in die kurrikulum en in die onderrigpraktyk, soos uiteengesit in die KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING (NKAVB), vir die Visuele Kunste. Die finale ontwerp van hierdie dokument is in Februarie 2011 beskikbaar gestel en die inhoud van hierdie dokument moet in 2012 in die graad 10-klaskamer geïmplementeer word. Boeke in hierdie reeks vir Graad 11 en 12 sal volg. Die jongste kurrikulum vir graad 11 en 12 moet in 2013 en 2014 in die skole in werking gestel word. Die NKABV- dokument begin met die definisie van die Visuele kunste as: n breë veld van kreatiewe praktyk wat die hand, die oog, die intellek en die verbeelding in die konseptualisering en die skep van die kunswerk insluit, beide 2-dimensioneel en 3-dimensioneel. Van die leerder word vereis om n samehangende versameling van eie werk te ontwikkel wat sy of haar kreatiewe reaksie op die wêreld demonstreer. Die leerder se wêreld is beide persoonlik en globaal, en die Graad 10 leerder wat Kuns bestudeer moet aangemoedig word om beide te verken om n individuele visuele taal en geletterdheid te ontwikkel, wat toegelig word deur die studie van visuele kulture, van die verlede en die hede - Suid-Afrikaans, sowel as globaal. Alle projekte wat deur die onderwyser aan die leerders gegee word of deur die leerders self voorgestel word, moet die volgende twee doelwitte bevorder: Die ontwikkeling van samehangende versameling van eie werk ( n oeuvre) of portefeulje), waarop elke leerder trots sal wees en sal uitstal as sy/haar eie Die ontwikkeling van leerders wat hul eie visuele taal het en wat visueel geletterd is Die inhoud van hierdie handboek, en die praktiese projekte en die skriftelike werk wat verwag word, is ontwerp om die ontwikkeling van leerders te bewerkstellig wat visueel geletterd is en wat al geproduseer het en trots is op hul eie werk (wat spreek van die individualiteit van elke student, maar wat gegrond is op n begrip van sy of haar eie wêreld). 1

Die oordrag van hierdie doelwitte na die Graad 10-klaskamer Die tyd wat die Graad 10-leerder in die kunsklas deurbring, moet drie breë areas dek: 1. KONSEPTUELE WERK Gedurende hierdie tyd ontwikkel die leerder die begrippe wat hy/sy wil aanspreek. Dit sou die leerder se antwoord op, onder andere, die volgende vrae wees: Waaroor handel my kunswerk? Wat wil ek ondersoek om my in staat te stel om hierdie stuk werk tot stand te bring? Watter begrippe wil ek verwoord? Wat wil ek hê die kunswerk moet sê oor myself, oor my wêreld, en wat dit vir my beteken om in my wêreld te lewe op hierdie spesifieke tyd in die geskiedenis? Hierdie konseptuele werk sal die vorm van allerlei inskrywings in die visuele dagboek bevat wat elke leerder moet produseer. Sommige van hierdie werk kan geskryf word en sommige kan visueel voorgestel word. Maniere waarop leerders hul eie visuele dagboeke kan ontwikkel, word ondersoek in Hoofstuk 2 van die handboek, KUNS 10. Daar word gereken dat so 'n werk die leerder vir ongeveer 30% van die totale tyd gewy aan KUNS as vak moet besig hou. Bylaag A van die NKABV dokument 2011, bladsy 44, gee n opsomming van wat van die leerder in Graad 10 vereis word in terme van die werk wat betrokke is. Daar is 'n lys van moontlike komponente vir die individuele leerder se visuele dagboek, en 'n voorbeeld van 'n klaskamerprojek (verf n stillewe), met moontlike leidrade van die onderwyser om die leerders in hulle dagboeke te laat werk voordat hulle met die kunswerk self begin. 2. DIE KUNSSKEPPINGSPROSES Gedurende hierdie tyd word materiale en prosesse, tegnieke en tegnologie ondersoek om iets te skep: óf 2-dimensioneel (soos n skildery op 'n ondersteuning, karton, of hout of papier) of 3- dimensioneel (soos n beeld in klei of klip, of hout, karton of plastiek - of enigiets anders wat bekombaar is). Die veilige bewaring van sodanige werk, en die aantreklike aanbieding deur die student vir assessering, is ook die belangrikste komponente van hierdie proses. Daar word beraam dat die kunsvorming die leerder behoort te beset vir ongeveer 40% van die totale tyd gewy aan die studie van kuns. - Dit is waar die leerder aanbeweeg van sy / haar visuele dagboek, en begin om die materiaal te versamel waarvan die voltooide kunswerk gemaak gaan word. Die GLB dokument (bladsy 46) bevat die volgende in vetdruk: Dit is belangrik om die direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. Te verbied. Direkte kopiëring van 'n beeld wat nie die leerder se eie is nie, moet gepenaliseer word. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. " Baie van die materiaal wat tydens die dagboekmaakproses gebruik word, kan afkomstig wees van fotografiese prente of beelde geneem uit ander kunstenaars se werk. Die leerder moet egter hierdie beelde op so 'n manier GEBRUIK, dat dit sy / haar eie gemaak is, nie net gereproduseer is nie. 2

Visuele beelde het altyd 'n geskiedenis. Hulle beland in ons koppe meestal deur middel van ons oë. Beelde en idees dryf in die wind: dit is waarom die kunstenaars van dieselfde tydperk, in die dieselfde gebied, dikwels werke lewer wat met dieselfde soort beeldspraak speel, of die gebruik van dieselfde tegnieke en prosesse produseer. Dit is waarom 'n visueel geletterde persoon na 'n kunswerk of ontwerp kan kyk, en dit met vertroue in 'n bepaalde eeu, of 'n bepaalde dekade, binne 'n bepaalde land, kan plaas. Dit is byvoorbeeld waarom die Suid-Afrikaanse mode-ontwerp, sy eie identiteit het en nie presies dieselfde is as Franse en Japannese mode-ontwerpe nie. Motors vervaardig in die 1960's het hul eie afsonderlike identiteit en verskil van die motors van die 1920's, of van die 2010 s. Die kunsproses behels veel meer as net hand-oog vaardighede. Leerders moet gelei word om verby die "gevonde" beeld te kyk, en om hul reaksie op 'n bepaalde beeld te bevraagteken. Hoekom het ek hierdie foto gekies? Wat is dit oor hierdie foto's wat met my praat? Hoe kan ek dit gebruik om te sê wat ek wil sê? Om bloot 'n beeld te kopieer, hoe vaardig dit ookal gedoen word, moet ontmoedig word. DIE KUNSPROSES IS N BAIE TYDROWENDE PROSES EN DIE LEERDER MOET AANVAAR DAT N GROOT DEEL VAN SY/HAAR VRYE TYD BUITE DIE KLASKAMER NODIG SAL WEES VIR HIERDIE STUDIERIGTING. Die NKABV dokument beklemtoon verder ook op bladsy 47: Teken is 'n verpligte deel van al die praktiese keuses in Visuele Kunste". Die visuele dagboek is 'n baie goeie plek om tekenvaardighede te oefen. Sommige beelde wat in die visuele dagboek gestalte kry, kan omskep word in kunswerke wat uitgevoer word as tekeninge. Tekeninge kan op baie verskillende maniere met verskillende materiale gemaak word. Baie klem moet geplaas word op die waarnemingstekeninge met n gebruik van n wye verskeidenheid media en n verbeeldingryke onderwerpskeuse, op n interessante en uitdagende manier aangebied. Tekenopdragte van hierdie aard kan klaswerk of huiswerk wees. 3

Die beelde wat volg, is uit die visuele dagboek van Kimberley Jandrell van St Cyprians Meisieskool in Kaapstad geneem. 3. DIE STUDIE VAN VISUELE KULTUUR Gedurende hierdie tyd sal die leerder bekendgestel word aan die onderwerpe wat tydens die Graad 10 jaar vir die studie voorgeskryf is. Daar is sewe temas in die NKABV-2011-dokument en die leerder moet vyf van die sewe aanspreek. 4