KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging.

Vergelijkbare documenten
KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

KONSTITUSIE VAN ARSO

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

Eerste jaarvergadering en konstitusie

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

MISSIE KONSTITUSIE VAN DIE KWAZULU- NATALSE LANDBOU-UNIE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede:

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3

GRONDWET VAN DIE BRONKHORSTSPRUIT GHOLFKLUB

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

TULI GRONDWET VAN DIE TULIBEESTELERSGENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA

GRONDWET GRAAN SA. Aangesuiwer in April 2013 itv besluite deur die 2013 Kongres

Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2016 Kongres

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING GRONDWET

MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET. (Uitgawe 1)

HOOFSTUK 9 Regspleging

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

GRONDWET VAN DIE ILE DE FRANCE SKAAPTELERS GENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA

ARTIKELS KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

SA HOLSTEIN GEWYSIGDE KONSTITUSIE

GRONDWET VAN DIE SAGTEVRUGTEPLANTVERBETRINGSVERENIGING

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194)

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET 2008 AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK

GRONDWET VAN BRAUNVIEH S A

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

GRONDWET VAN LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING. 1.1 Die naam van hierdie Vereniging is LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING.

BEEFMASTER GRONDWET VAN DIE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REGSLUI VIR AFRIKAANS

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

Dokument A. Grondwet

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

SOUTPANSBERG SKAARSWILDSTUDIEGROEP (SBSW)

GRONDWET VAN..ROLBALKLUB..

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN PRIMêRE SKOOL GERT MARITZ INGEVOLGE ARTIKEL 18 VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, 1996 (84 VAN 1966) AANHEF

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

REGLEMENT VAN DIE GKSA PREDIKANTE ONDERSTEUNINGSFONDS

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

GRONDWET VAN DIE SUID AFRIKAANSE PROKUREURSVERENIGING

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

GRONDWET VAN DIE SASF SOOS VAN KRAG OP 29 NOVEMBER 2008

Agri NW erken die seën van God Drie-Enig as onontbeerlik in sy pogings om n volhoubare en

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

PRETORIA WEDVLUGDUIWE UNIE PRETORIA RACING PIGEON UNION

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

PROTEA AFTREE-OORD CENTURION

ASA Grondwet. soos vasgestel op 12 Oktober 2009

CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie

INHOUDSOPGAWE PUNT ITEM BLADSYNR

Transcriptie:

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging. 2. DOELSTELLINGS 2.1. Om op ge-organiseerde grondslag as mondstuk van die plaaslike boere gemeenskap op te tree. 2.2. Om die belange van die betrokke boeregemeenskap te behartig, te be- skerm en te bevorder. 2.3. Om noodsaaklike boerderykennis onder boere te versprei deur middel van lesings, demonstrasies, boeredae, ens. 2.4. Om 'n gees van samewerking en samehorigheid onder die boere te bevorder en om deur middel van gesamentlike optrede die ideaal van selfhelp te probeer uitleef. 2.5. Om te ywer vir die ordelike bemarking van die boer se produk en die verkryging van 'n regverdige prys. 2.6. Om saam te werk met die ander soortelyke organisasies ten einde 'n hegte landbou-organisasie daar te stel. 2.7. Om met die koöperasies wat die lede van die vereniging bedien, saam te werk en die koöperatiewe ideaal te bevorder en uit te bou. 2.8. Om te ywer vir die ontwikkeling van die landboubedryf, die bewaring van die grondbodem, waterbronne, fauna en flora, die verhoging van die grondvrugbaarheid en verbeterde produksiemetodes. 2.9. Om sulke ander dinge te doen wat na die oordeel van 'n ledevergadering in belang van die lede of die landboubedryf is, met dien verstande dat die Vereniging se doel nie is om besigheid te dryf, wat winsbejag deur die Vereniging-of sy lede beoog nie en dat enige besparing of wins wat bewerkstellig word, slegs aangewend sal word om die doelstellings van die Vereniging te bevorder. 2.10. Om met die oog op bogenoemde doelstellifigs: 2.10.1. sover moontlik en nodig sy sake in Afrikaans en Engels te verrig. 2.10.2. alle sake slegs op meriete te behandel en nie uit 'n party-politieke oogpunt te benader nie. Indien die Voorsitter of enige aanwesige lid van oordeel is dat 'n saak van party-politieke aard, is, sal dit dadelik aan die vergadering vir 'n beslissing gestel word. 2.11. Die doelstellings, van die Vereniging sluit nie winsbejag in nie. Die fondse waaroor hy beskik sal slegs vir die bevordering van sy doel-stellings aangewend word en nie onder lede of ander persone verdeel word nie. 3. REGSBEVOEGDHEID Die Vereniging is 'n volle regspersoon met die bevoegdheid om in eie naam: 3.1. Enige vaste of roerende eiendom te besit en enige regshandelinge daaromtrent aan te gaan. 3.2. Enige fondse waaroor dit mag beskik, uit te leen of te belê.

3.3. Lenings van enige soort aan te gaan en sodanige sekuriteit daarvoor te gee as wat nodig mag wees. 3.4. Regsgedinge in te stel of te verweer en enige geskil aan arbitrasie te onderwerp. 3.5. Geskenke en/of bydraes van enige soort te aanvaar en te ontvang. 3.6. Enige ander regshandeling aan te gaan waarop deur die Vereniging besluit mag word. 4. AFFILIASIE Ten einde bo vermelde doelstellings te verwesenlik affilieer die Vereniging aan Kuruman Boere-unie. 5. LIDMAATSKAP 5.1. Lidmaatskap van die Vereniging is oop vir elke boer/boervrou, rustend of aktief, hetsy eienaar, huurder, bywoner of plaasbestuurder wat in die gebied wat deur die Vereniging bedien word, boerderybedrywighede beoefen, met dien verstande dat 'n kandidaat vir lidmaatskap eers deur 'n lid van die Vereniging op 'n ledevergadering voorgestel word en lidmaatskap daarna deur die Bestuur op die eersvolgende bestuursvergadering oorweeg word, en verder met dien verstande dat die Bestuur lidmaatskap sonder opgawe van redes kan weier. Indien lidmaatskap deur die Bestuur goedgekeur word, word dit van krag sodra aan die bepalings ten opsigte van die betaling van lidmaatskapgelde voldoen is. 5.2. Persone wat nie boerdery beoefen nie, mag ook as lede toegelaat word, met dien verstande dat dieselfde prosedure soos in paragraaf 5.1 uiteengesit, voldoen en die bepalings ten opsigte van ledegelde nagekom word. 5.3. Slegs die Bestuur kan 'n Ere-voorsitter, Ere-bestuurslid of Ere-lid benoem. Sodanige benoeming moet aan die eersvolgende jaarvergadering van die Vereniging vir bekragtiging voorgelê word. Sodanige Ere-voorsitter, Erebestuurslid of Ere-lid het die reg van deelname aan besprekings maar sal nie stemgeregtig wees nie, tensy hy nog 'n aktiewe ingeskrewe lid van die Vereniging is en ledegelde betaal. 5.4. Enige lid, wat aan die einde van die boekjaar nog nie sy verpligtinge ten opsigte van ledegelde nagekom het nie, sal vanaf die begin van die volgende boekjaar nie meer geregtig wees op enige voorreg van lidmaatskap en as bestuurslid verkiesbaar wees nie, alvorens die agterstallige en verskuldigde ledegelde nie betaal is nie. 5.5. Dubbele lidmaatskap kan oorweeg word nadat aan die volgende vereistes voldoen is: Die betrokke lid by die Boerevereniging by wie hy/sy aangesluit het, wel lidmaatskap moet hê. Die ander Boerevereniging het die reg om te besluit hoeveel lidmaatskapgeld hulle die lid wil vra per jaar en of hulle wel die lid wil aanvaar. 6. LIDMAATSKAPGELDE Lede betaal sodanige lidmaatskapgelde soos van tyd tot tyd deur die Vereniging besluit, met in agneming van die bepalings van die konstitusie van die Agri Noordkaap in hierdie

verband, en verder me dien verstande dat die Vereniging ander lidmaatskapgelde vir Erelede en lede wat nie boerdery beoefen nie, mag vasstel. 7. FINANSIES 7.1. Die finansiële jaar van die Vereniging strek van 1 Oktober tot 30 September. 7.2. Die Vereniging open in sy naam 'n bankrekening en alle bedrae wat ontvang word, word in die rekening gedeponeer en uitbetalings geskied slegs per tjek. 7.3. Persone word jaarliks deur die Bestuur aangestel om tjeks en ander dokumente namens die Verenniging te onderteken. 8. BESTUUR 8.1. Die sake van die Vereniging word behartig deur 'n Bestuur wat elke jaar op die algemene jaarvergadering met 'n meerderbeid van stemme gekies word en bestaan uit: 8.1.1. 'n Voorsitter 8.1.2. 'n Ondervoorsitter 8.1.3. 'n Sekretaris 8.1.4. 'n Tesourier 8.1.5. Drie bykomende lede 8.2. By die verkiesing van die Voorsitter, Ondervoorsitter en Sekretaris geskied nominasie sowel as stemming by wyse van stembriefies. In die geval van die verkiesing van ander bestuurslede word kandidate mondelings voorgestel en geskied die stemming by wyse van stembriefies. 8.3. Die dienstermyn van bestuurslede is een jaar, maar hulle is daarna herkiesbaar. 8.4. 'n Kworum vir 'n bestuursvergadering bestaan uit 'n meerderheid van bestuurslede. 8.5. Enige vakature wat in die Bestuur mag ontstaan word op die volgende gewone ledevergadering of spesiale vergadering aangevul. 8.6. Enige lid van die Bestuur wat van twee agtereenvolgende bestuursvergaderings wegbly sonder n verskoning wat vir die Bestuur aanneemlik is, hou op om lid van die Bestuur te wees en die vakature word volgens paragraaf 8.5 aangevul. 8.7. Die Voorsitter het by alle vergaderings 'n gewone stem en ook 'n beslissende stem in geval van staking van stemme. 8.8. Die Voorsitter, Ondervoorsitter en Sekretaris vorm 'n spoedkomitee vir afhandeling van sake wat deur die Bestuur aan hom opgedra word. 9. PLIGTE EN MAGTE VAN DIE BESTUUR Die Bestuur sal: 9.1. Die sake van die Vereniging na die beste van sy vermoë behartig. 9.2. Nuwe lede vir die Vereniging werf. 9.3. Hom op hoogte hou met die algemene aktiwiteite en beleid van die landbouorganisasie en die lede van tyd tot tyd in verband daarmee inlig. 9.4. Dringende sake afhandel, maar daarna aan die volgende ledevergadering daaroor verslag doen.

9.5. Sake, deur die ledevergadering na hom verwys, so gou doenlik afhandel. 9.6. Bestuursvergaderings belê volgens goeddunke van die Bestuur, of op skriftelike versoeke deur drie lede van die Bestuur behoorlik onderteken en aan die Voorsitter gerig. 9.7. Aan die einde van die boekjaar 'n jaarverslag deur die Sekretaris opgestel, saam met die finansiële verslag van die Tesourier, Balansstaat en Rekeningstaat, behoorlik ge-ouditeer, aan die Algemene Jaarvereadering voorlê. 'n Ouditeur(s) sal jaarliks aangestel word, en alle rekeninge en state sal ge-ouditeer word voor die algemene jaarvergadering. 9.8. Toesien dat die Sekretaris behoorlik notule hou in 'n notuleboek van alle vergaderings, en dat dit op 'n daaropvolgende vergadering vir goedkeuring voorgelê word. 9.9. Die reg hê om enigeen van sy bevoegdhede aan 'n onderkomitee oor te dra en verder die reg hê om enige persoon of persone, indien nodig te koöpteer om pligte uit te voer. 10. VERGADERINGS 10.1. GEWONE LEDEVERGADERINGS 10.1.1. 'n Behoorlik byeengeroepe en gekonstitueerde ledevergadering is die hoogste gesag van die Vereniging. 10.1.2. Die Vereniging streef daarna om agt, maar nie minder as ses ledevergaderings per jaar te hou nie. 10.1.3. Kennisgewings van vergaderings sal ten minste 7 dae voor die datum van 'n vergadering aan die lede gegee word. In die kennisgewing sal die datum, plek en tyd van die vergadering aangedui word. 10.1.4. 'n Kworum sal bestaan uit nie minder as.50%+ lede nie met dien verstande dat slegs lede wie se ledegelde tot op datum betaal is, vir die berekenings van 'n kworum in aanmerking geneem word. Indien 'n kworum nie teenwoordig is nie, kan die lede teenwoordig besluit om 'n vergadering te belê, nie minder as 14 dae en meer as 30 dae na die oorspronklike datum nie en aandui dat vir daardie vergadering die lede wat teenwoordig is, 'n kworum sal uitmaak. Indien behoorlik van so 'n vergadering kennis gegee word, vorm die teenwoordige lede 'n wettige vergadering. 10.1.5. Stemming by vergadering geskiet by wyse van opsteek van hande behalwe in gevalle waar die konstitusie bepaal dat stemming by wyse van stembriefies geskied of die meerderheid van die vergadering so besluit of 'n verdeling geëis word. 10.1.6. Die Voorsitter of in sy afwesigheid die Ondervoorsitter, tree op alle vergaderings as Voorsitter op en indien albei afwesig is, kies die lede teenwoordig 'n Voorsitter vir die geleentheid. 10.1.7. Die Voorsitter het op alle vergaderings, behalwe 'n gewone, ook 'n beslissende stem. 10.1.8. Die Voorsitter kan eis dat alle voorstelle of amendemente skriftelik ingehandig word en alle voorstelle moet gesekondeer word, voordat daaroor gestem kan word.

10.1.9. Alle sake word deur 'n meerderheid van stemme beslis, behalwe waar hierdie konstitusie anders bepaal. 10.1.10. 'n Besluit wat deur 'n vergadering geneem is, kan nie op die- selfde vergadering herroep word nie, tensy dit eenparig gedoen word. Kennis van voorstel tot herroeping van 'n besluit kan op een vergadering gegee word vir oorweging op die daaropvolgende vergadering of kan skriftelik by die Sekretaris ingedien word, ten minste 14 dae voor die datum van 'n vergadering. 10.2. ALGEMENE JAARVERGADERING Die Vereniging hou elke jaar aan die einde van sy boekjaar 'n jaarvergadering. Op hierdie vergadering word 'n nuwe Bestuur vir die daaropvolgende jaar gekies, verslag gelewer van die werksaamhede van die voorafgaande jaar, 'n finansiële verslag behandel en sulke ander sake behandel waarop besluit word. 10.3. SPESIALE VERGADERINGS 'n Spesiale ledevergadering kan deur die Voorsitter of in sy afwesigheid deur die Ondervoorsitter belê word en hy moet sodanige vergadering belê op die skriftelike versoek van ten minste vyf lede van die Vereniging, wat in die versoek die rede vir die vergadering moet vermeld. Geen ander saak sal op daardie vergadering bespreek word nie. (Algemene en spesiale vergaderings funksioneer verder onder dieselfde bepalings as gewone vergaderings soos onder artikel 10.1 bepaal.) 11. VOORREGTE EN PLIGTE VAN LEDE Onderhewig aan die vereiste dat n lid sy/haar ledegeld betaal het, besit hy/sy die volgende voorregte en verpligtinge: 11.1. Om die reëls van die Vereniging na te kom. 11.2. Om die belange van die Vereniging te beskerm en sy doelstellings te bevorder. 11.3. Om op vergaderings sake voor te 1ê, aan besprekings deel te neem, voorstelle te maak, te sekondeer en daaroor te stem. 11.4. Om tot die Bestuur of enige ander komitee of as afgevaardigde verkies te word of te stem vir enige voorgestelde persoon. 11.5. Enige lid kan bedank deur sy/haar voorneme om dit te doen skriftelik aan die Sekretaris te oorhandig. 11.6. 'n Lid mag deur die Bestuur geskors word waar hy hom aan oortreding van die reëls skuldig maak. 11.7. As die optrede van 'n lid volgens die mening van die Bestuur in stryd met of nadelig vir die belange of doelstellinge van die Vereniging is, kan die Bestuur hom versoek om te bedank. As hy/sy nie binne n maand aan die versoek voldoen nie moet die Bestuur 'n spesiale lede- vergadering belê. Stemming op so 'n vergadering sal per geslote stembriefie beskied. Indien meer as twee-derdes van die lede teenwoordig op so 'n spesiale vergadering teen die optrede van die betrokke lid stem, word sy naam geskrap en hou hy dadelik up om n lid van die Vereniging te wees.

12. VERANDERING VAN KONSTITUSIE 12.1. Die konstitusie kan alleen verander word as aan die volgende vereistes voldoen word: 12.1.1. Skriftelike kennis van so 'n wysiging moet aan alle lede van die Vereniging gegee word ten minste 14 dae voor die lede-vergadering waartydens die betrokke wysiging oorweeg sal word. 12.1.2. Minstens twee-derdes van die lede teenwoordig op die vergadering moet ten gunste van die voorgestelde wysiging stem. 12.2. Toevoegings tot die konstitusie moet op dieselfde wyse as in 12.1 hierbo gedoen word. 12.3. Die aanwesige lede op 'n lede-vergadering moet beslis oor enige saak waarvoor geen voorsiening in hierdie konstitusie gemaak is nie, asook oor die interpretasie van enige reël. 13. ONTBINDING 13.1. Die Boerevereniging kan ontbind word by besluit aangeneem deur minstens twee-derdes van die totale aantal lede van die vereniging teenwoordig in eie persoon op 'n algemen vergadering spesiaal vir daardie doel byeengeroep. 13.2. In die geval van ontbinding word eers die skulde van die vereniging betaal en ander verpligtings nagekom. Die bates word dan onder trusteeskap van die Noord Kaaplandse Landbou-unie geplaas tot tyd en wyl 'n nuwe landbou-organisasie, geaffilieer aan die Landbou-unie in sy plek gestig word. 13.3. Waar die Vereniging ophou.om te funksioneer en daar dus geen lede is om die bepalings onder 13.1 en 13.2 uit te voer nie, moet die laaste gemagtigde amptenaar die Noord Kaaplandse Landbou-unie in kennis stel. Die Noord Kaaplandse Landbou-unie sal dan 'n poging aanwend om die vereniging te laat herlewe om die nodige besluit te neem en indien daarin nie geslaag word nie, die bates in trust hou totdat daar weer 'n geaffilieerde organisasie gestig word. 13.4. By likwidasie of ontbinding sal die Vereniging se bates wat oorbly, na voldoening aan enige verpligtinge, gegee of oorgemaak word aan 'n ander maatskappy, genootskap, vereniging, of organisasie met soortgelvke oogmerke as dié van die vereniging. Indien daar by ontbinding nie sodanige organisasie met soortgelyke oogmerke bestaan nie, sal die vereniging se bates in trust gehou word totdat so n organiasie gestig word.