10 Die bou van n plant Groepaktiwiteit: blaarvorms Bring blare skool toe. Groepeer die blare volgens die blaarvorms waarvan ons geleer het, en pars dit. n Mens kan dit ook tussen twee lae koerantpapier sit en stryk as daar nie genoeg tyd is om dit te pars nie. Plak dit op die skoon vel papier en skryf elke blaar se vorm by. Nadat die soorte plante in die klas bespreek is, onderneem ons n uitstappie in die omgewing van die skool, en kyk na die plante in die omgewing. Elke groep konsentreer op een soort plant (byvoorbeeld varings). Hulle teken die volgende aan: Waar groei die plante. Watter eienskappe het die plante (kyk na die blare, stam, of die plante blomme het, ensovoorts). Enige interessante dinge wat julle aan die plante sien soos hoe die are van die blare lyk? 51
52
Groepwerk: die bou van n plant 1. n Mens se lyf bestaan uit n kop, n lyf, arms en bene. Waaruit sou julle sê bestaan n plant? 2. Kyk na julle groep se plante. Teken elke soort blaar en sê watter vorm is die plant se blaar. Kyk na die blare met die vergrootglas. Waarom dink jy is daar sulke paadjies op die blare? 3. Hoe lyk julle plante se wortelstelsels? Hoeveel plante het penwortelstelsels, en hoeveel het bywortelstelsels? 4. Kyk na die wortels met n vergrootglas. Sien jy fyn haartjies? Wat, dink jy, doen die fyn haartjies? 5. As julle plante sade of blomme het, teken dit hier: 53
Plantvrae 1 1. Teken n plant en maak byskrifte om te wys uit watter dele n plant bestaan. 2. Watter belangrike dinge doen die groen blare vir die plant? 3. Noem ses blaarvorms en teken n voorbeeld van elk langsaan. 54
4. Noem twee soorte wortelstelsels en teken hoe elkeen lyk. 5. Noem vier dinge wat plante nodig het om te kan lewe. 55
Plantvrae 2 1. Wat is n botanis? 2. Noem ses soorte plante wat ons kry: 3. Wat beteken dit as ons sê dat gras eenjarig is? 4. Noem vier graansoorte (hulle is ook soorte gras) 5. Wat is die langste grassoort ter wêreld? 6. Beskryf hoe n struik lyk. 7. Wat beteken dit as ons sê dat n struik meerjarig is? 8. Wat is n sierplant? 9. Waarom plant ons saailinge in ons tuine? 10. Noem vier soorte inheemse bome. 11. Beskryf die habitatte waar varings graag groei. 12. Watter soort plant hou ook van die habitatte waar varings groei? 56
13. Waarom is vetplante se blare so dik? 14. Maak n plakbladsy om te wys waarvoor plante alles nuttig is. 57
Groepaktiwiteit: die mielieplant Kyk na die mielieplant wat julle groep ontvang het. 1. Teken die blaar van die mielieplant. 2. Hoe is die blaar aan die stam vasgeheg? 3. Watter soort wortelstelsel het die mielieplant? 4. Kyk na die mieliekop. Beskryf dit. 5. Sit koppe bymekaar, en skryf n paar dinge neer wat julle dink van mielies gemaak word. 6. Teken n mooi mieliekop. 58
Vrae 1. Vul in: Mieliepitte is die van die mielieplant. Ons noem die sade ook. Mieliesaad word in oop, plekke in rye gesaai. Boere saai mielies in die nadat die grond bewerk is. Bewerkte grond is die natuurlike tuiste of van die mielieplant. 2. Beskryf die mielieplant se blomme: Die is die blomme. Die is die blomme. 3. In die winter word die mielies. Die mieliesade word in gesit. Die mielies word na die gestuur en daar word die mielies tot gemaal. 4. Die mielies kan ook in gebêre word. Soms word dit in gelaai en oorsee gestuur. 5. Skryf n paar gebruike van mielies neer: Self-assessering: Mielievrae 1 2 3 4 My werk is alles voltooi Ek het netjies aanmekaar geskryf Ek het met potlood geteken en netjies ingekleur Ek het my foute op die regte manier herstel 59
60 Voltooi die byskrifte van die mielieplant en kleur dit mooi netjies in.
Ongewenste plante en verspreiding van sade Vrae 1. Gee n ander naam vir ongewenste plante of plante wat op plekke groei waar ons hulle nie wil hê nie. 2. Wat beteken dit as ons sê dat onkruid geharde plante is? 3. Waarom, dink jy, is dit so dat daar so gou baie onkruid in n mens se tuin kan groei? 4. Noem vier soorte plante wat giftig is. 5. Hoe hoog groei die knapsekêrel? 6. Beskryf die blomme, blare en vrug van die knapsekêrel. Blomme: Blare: Vrug: 7. Op watter manier versprei die vrug van die knapsekêrel? Die verspreiding van sade Vooraf Versamel verskillende soorte sade. Bring dit skool toe. Elke groep sorteer die sade wat hulle gebring het, volgens die manier waarop dit versprei word. Teken n prent op n plakkaat wat die verspreiding van sade uitbeeld. Die prent kan byvoorbeeld n dam, n boom met n voël in, n haas onder die boom, n peul in die boom ensovoorts, in hê. Plak nou die sade met sterk gom waar hulle hoort, byvoorbeeld die sade wat vasklou bo-op die haas, die sade wat uit peule kom bo-op die peul, ensovoorts. Lekker werk! 61
Vrae 1. Watter gelykenis in die Bybel gebruik die saai van saad as n beeld om te verduidelik hoe die Woord verkondig word? 2. Noem twee redes waarom sade versprei moet word. 3. Noem vyf maniere waarop sade versprei word. 4. Noem twee soorte sade wat deur die wind versprei word. 5. Noem twee soorte sade wat deur water versprei word. 6. Hoe versprei voëls sade? 7. Hoe word die duwweltjieplant versprei? 8. Noem drie plantsoorte waarvan die peule oopbars om sade te versprei. Maat-assessering: Verspreiding van sade 1 2 3 4 My maat se werk is alles voltooi Hy/sy het netjies aanmekaar geskryf Hy/sy het met potlood geteken en netjies ingekleur Hy/sy het foute op die regte manier herstel 62