ANGLIKAANSE KERK VAN SUIDER-AFRIKA

Vergelijkbare documenten
Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Geroep vir Gemeenskap

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Die Groot Gebod dennis de wet

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

ons rykdom in Christus 2

Jesaja sien die Toekoms

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Welkom by Die Storie God se storie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

n Tempel Leier besoek Jesus

LYS VAN BESKIKBARE VONKK LIEDERE soos op 27 Maart 2014

Hy is die Here - kom bring Hom lof en ere Dis Kersfees - dis Kersfees Loof Hom almal saam Kersfees - dis Kersfees Loof sy heilige naam

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Kerk se Geboorte

SLEUTELTEKSTE EPIFANIE 2017 TOT KERSFEES 2017 JAAR A MATTEUS EN MARKUS (DES

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Goeie Konings, Slegte Konings

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Begin Punt. Dennis de Wet 29 September 2013

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Van Vervolger tot Prediker

Petrus en die Krag van Gebed

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

KERK-IN-SUID. Waar die Gees lewens en gemeenskappe verander. 17 Skole begin

Soos 'n hert in dorre streke skreeuend dors na die genot van die helder waterbeke, skreeu my siel na U, o God! Ja, my siel dors na die Heer, na die

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

KERK-IN-SUID Nuwe Gewoontes Nuwe Werklikhede. "waar die Gees lewens en gemeenskappe verander" 9 Skole begin

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

SLEUTELTEKSTE EPIFANIE 2017 TOT SONDAG NA KERSFEES 2017 JAAR A MATTEUS EN JAAR B MARKUS (DES 2017)

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag WYSNEUSIES OPEN. 19h00 Impakleiers 19h00 Leiersforum 18h30 Leiersgebed EHD 201 EHD 201

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

JANUARIE 2018 Sondag

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Toe God alles gemaak het

Persoonlike inligting

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

EERSTE EUCHARISTIESE GEBED VIR SEISOEN VAN DIE SKEPPING Mag die Here met u wees En ook met u

Die betekenis van die doop

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

Hom alleen moet jy dien

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Toe God alles gemaak het

'n Man gestuur deur God

GEBED VIR NOG 'N NUWE DAG

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Baie welkom by vanoggend se erediens

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

DIE VRUG VAN DIE GEES. Liefde en Eenheid in die kerk is die bewys van God se werk in die lewens van mense wat Hom aanbid en dien.

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Dooppreek Mika Bogaards

NOTAS RAKENDE DIE VIERING AAN DIE TAFEL

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

LYS VAN BESKIKBARE VONKK LIEDERE soos op 1 September 2017

Transcriptie:

ANGLIKAANSE KERK VAN SUIDER-AFRIKA VOORGEBEDE VIR SONDAE EN FEESDAE JAAR B ADVENT 2014 TOT ADVENT 2015 PROVINSIALE AFRIKAANSKOMITEE

EERSTE SONDAG VAN ADVENT 30 NOVEMBER 2014 God van geregtigheid en vrede; ons staan in verwondering wanneer U in genade en guns na ons toe kom: verhef ons hoofde in verwagting dat ons na die komende dag van die Here mag smag en sonder gebrek voor U Seun, Jesus Christus mag staan, TWEEDE SONDAG VAN ADVENT 07 DESEMBER 2014 God van genade en eer, U vul ons met vreugdevolle verwagting: maak ons gereed vir die boodskap wat die weg voorberei, dat ons met opregtheid van hart en heilige vreugde die koninkryk van U Seun, Jesus Christus gretiglik kan inwag; DERDE SONDAG VAN ADVENT 14 DESEMBER 2014 God van hoop en vreugde, U het Johannes die Doper gestuur om die koms van U Seun aan te kondig: inspireer almal wat in U kerk dien om vir Sy wederkoms voor te berei deur van selfsug en ongehoorsaamheid weg te draai en die vreugde van U liefdevolle diens te aanvaar;

VIERDE SONDAG VAN ADVENT 21 DESEMBER 2014 God van ontsagtelike nabyheid, U het u dienaresse Elisabet en Maria besoek met die nuus van die wêreld se verlossing met die koms van die Verlosser: laat ons harte met blydskap juig, en vul ons monde met lofliedere, dat ons die evangelie van vrede kan aankondig, en die Christus in ons midde verwelkom, wat met U en die Heillige Gees leef en regeer, een God, vir ewig en altyd VOORAAND VAN KERSFEES [VROEë DIENS] 24 DESEMBER 2014 Heilige Heer engele het met herders gespreek en die ewigheid het in die Kind van Betlehem met die huidige vereenselwig, deur die vertelling van die Kersverhaal: laat ons tye in die tydloosheid van dieselfde Kind vasgevang word sodat ons kan deelneem met die herders en al die engele deur die koms van Jesus Christus, ons Verlosser, te besing;

KERSFEES VOORAAND OM MIDDERNAG 24 DESEMBER 2014 God van heerlikheid U glans skyn vanuit n krip in Betlehem, waar die Lig van die wêreld in die duisternis van menslike nag gebore is: open ons oë vir Christus se teenwoordigheid in die skadu s van ons wêreld, sodat ons, soos Hy, bakens van U geregtig mag word, en verdedigers van almal vir wie daar geen skuiling is nie; KERSDAG 25 DESEMBER 2014 Jesus Christus, Lig van die lewe, U is soos n kind in menslike pyn en vreugde gebore, en U het ons krag gegee om U kinders te wees: skenk ons geloof om U teenwoordigheid onder ons te erken sodat die hele skepping nuwe liedere van blydskap kan sing en in die weg van vrede mag wandel tot eer van God, Vader, Seun en Heilige Gees,

EERSTE SONDAG NA KERSFEES 28 DESEMBER 2014 Almagtige God U het ons wonderbaarlik in U eie beeld geskape en nog meer wonderlik in Jesus Christus herstel: gee dat soos Hy ons menslikheid kom deel het, ons ook die lewe van Sy goddelikheid mag deel; TWEEDE SONDAG NA KERSFEES 04 JANUARIE 2015 God ons Vader, U het ons in Jesus besoek en in menslike swakheid het U die aangesig van goddelikheid geopenbaar: versamel al die mense van die wêreld in U omhelsing sodat ons seëninge, vrede en die volheid van ons erfenis mag vind,

DIE EPIFANIE VAN ONS HERE 06 JANUARIE 2015 God van lig en vrede, U heerlikheid skyn in die Kind van Betlehem en trek nog altyd die nasies na Uself: verdryf die duisternis wat ons weg versper dat ons voor Christus in ware aanbidding kan kniel, ons harte en siele aan Hom mag bied en weer na Sy teenwoordigheid terugkeer om te lewe soos Hy geleer het; een God, in die heerlikeheid [glorie] van die ewigheid. EERSTE SONDAG NA EPIFANIE DOOP VAN ONS HERE 11 JANUARIE 2015 Hemelse Vader, U het Jesus as U geliefde Seun geopenbaar toe die Heilige Gees op Hom by Sy doop in die Jordaan neergedaal het: gee dat ons wat in Christus gedoop en deur dieselfde Gees bemagtig is, ons onsself mag verheug om U kinders en dienaars van almal te wees; deur Jesus Christus ons Here

TWEEDE SONDAG NA EPIFANIE 18 JANUARIE 2015 Aanhoudende God, U roep U sluimerende mense bedags en snags: wek ons op met U stem en deur U genade belig ons lewens dat ons onsself ten volle aan Christus se oproep tot sending en bediening mag gee; DERDE SONDAG NA EPIFANIE 25 JANUARIE 2015 Hemelse Vader, alleenlik deur U genade het U ons aanvaar en ons tot U diens geroep: versterk ons deur U Gees en maak ons aan ons roeping waardig;

VIERDIE SONDAG VAN EPIFANIE 01 FEBRUARIE 2015 Barmhartige Here, U Woord bring genesing en lewe: reinig ons van ons sondes dat ons U met n rustige gemoed mag dien; want U leef en regeer met die Vader en die Heilige Gees, een God, in die heerlikheid van die ewigheid. DIE VOORSTELLING VAN JESUS IN DIE TEMPEL 02 FEBRUARIE 2015 Almagtige en ewiglewende God, U enig-gebore Seun was op hierdie dag in die tempel voorgestel: mag ons ook met suiwer en skoonharte aan U voorgestel word, DIE VYFDE SONDAG NA EPIFANIE 08 FEBRUARIE 2015 Ewige God, U gee krag aan die magteloses en verhef die kleinmoediges; U wek die siekes op en verdryf duiwels maak as agente van genesing en heilsaamheid dat U Goeie Nuus tot aan die eindes van U skepping bekend gemaak mag word,

SESDE SONDAG NA EPIFANIE 15 FEBRUARIE 2015 Here van wysheid en waarheid, U het Uself aan die wêreld in U Seun Jesus Christus bekend gemaak: gee dat ons Hom mag ken en liefhê en deur Hom in die volheid van die ewige lewe mag deel; wat nou leef en regeer met U en die Heilige Gees, SEWENDE [LAASTE] SONDAG NA EPIFANIE 15 FEBRUARIE 2015 Heilige God, U het die heerlikheid van U liefde in Jesus Christus aan die lig gebring, en aan ons n aandeel in U Gees gegee: skenk dat ons wat na Christus luister, Hom getrou mag volg en in die donker plekke waar U ons stuur, die lig van die evangelie van Christus mag openbaar; wat nou leef en regeer met U en die Heilige Gees,

ASWOENSDAG ; DIE EERSTE DAG VAN VASTYD 18 FEBRUARIE 2015 Here God, U neem geen behae in uiterlike vertoon nie, maar verlang na n nederige en verslae hart: versteur ons liefde vir aardse besittings en verstewig ons harte op U dat ons met ywerige geloof en liefde na Paasfees mag voortstreef, want U leef en regeer as Vader, Seun en Heilige Gees, EERSTE SONDAG IN VASTYD 22 FEBRUARIE 2015 God van ons verlossing U reënboog in die hemel verkondig U verbond met alle lewende wesens: skenk ons U Gees, vernuwe ons in ons doop en maak ons getroue rentmeesters van U skepping; deur Jesus Christus ons Here;

TWEEDE SONDAG IN VASTYD 01 MAART 2015 God van Sara en Abraham, lank gelede het U u mense in verbond omhels en hulle U seën belowe: gee ons die genade om U te erken as ons God en U te dien as U getroue mense, deur Jesus ons Here; DERDE SONDAG IN VASTYD 08 MAART 2015 God van passie en krag, U Seun het die geldwisselaars uit die tempel gedryf: reining ons van ons hoogmoed en herskep in ons n woning vir U heiligheid, VIERDIE SONDAG IN VASTYD 15 MAART 2015 God van oordeel en barmhartigheid, U reik uit na ons in genade selfs wanneer ons rebelleer: versag ons harte met die warmte van U liefde dat ons kan weet dat U Seun lewend in ons is en ons na die ewige lewe mag verhef,

VYFDE SONDAG IN VASTYD 22 MAART 2015 God van lyding en heerlikheid, in Jesus Christus openbaar U die weg van die lewe deur die pad van gehoorsaamheid: graveer U wet in ons harte, dat ons nie van U kan afwyk nie, maar U getroue mense mag bly, SESDE SONDAG IN VASTYD PALMSONDAG SONDAG VAN DIE PASSIE 29 MAART 2015 Ewige Vader, U Seun, ons Verlosser, Jesus Christus het U wil vervul deur ons menslike natuur aan te neem en Sy lewe vir ons te gee: help ons om die voorbeeld van Sy nederigheid te volg deur in die weg van die kruis te wandel, MAANDAG IN HEILIGE WEEK 30 MAART 2015 Voorgebed vir Palmsondag DINSDAG IN HEILIGE WEEK 31 MAART 2015 Voorgebed vir Palmsondag

WOENSDAG IN HEILIGE WEEK 01 APRIL 2015 Voorgebed vir Palmsondag WIT-DONDERDAG 02 APRIL 2015 God ons Vader, U Seun het Sy liefde geopenbaar deur aan ons hierdie Nagmaal] te gee om die nuwe en ewige Offer te vier: mag Hy ons deur Sy teenwoordigheid voed en ons in Sy liefde verenig, Hy GOEIE VRYDAG 03 APRIL 2015 Almagtige Vader verhoor ons gebed en sien met genade op ons U familie neer vir wie ons Here Jesus Christus bereid was om aan die hande van sondaars verraai te word en die dood aan die kruis te ly;

VOORAAND VAN PAASFEES 04 APRIL 2015 PAASWAAK Here God, U het hierdie nag met die glans van die opgestane Christus verhelder: mag die lig van Christus in die Kerk só skyn dat ons in gees en liggaam vernuwe mag word en U met ons hele wese mag dien, PAASFEES 05 APRIL 2015 Here van alle lewe en mag, deur die magtige opstanding van U Seun het U die ou orde van sonde en dood oorwin en in Hom alles nuut gemaak: gee dat ons, wat vir die sonde dood is en in Jesus Christus vir U leef, met Hom in heerlikheid mag regeer aan Wie met U en die Heilge Gees lof en eer, heerlikheid en mag toekom, nou en in alle ewigheid.

TWEEDE SONDAG VAN PAASFEES 12 APRIL 2015 Here God, U het Jesus Christus as U getroue Getuie opgewek as die eersgeborene uit die dood: deur U Heilige Gees, help ons om van Hom te getuig sodat hulle wat Hom nog nie gesien het nie tot geloof in Hom mag kom wat is en was en wat sal kom, en met U en die Heilige Gees leef en regeer, een God, in ewigdurende heerlikheid/ glorie. DERDE SONDAG VAN PAASFEES 19 APRIL 2015 Opgestane Christus U het Uself aan die dissipels geopenbaar en hul vrese gekalmeer: ontmoet ons in ons onsekerhede en maak ons moedige getuies van die nuwe lewe wat U bring; want U leef en regeer met die Vader en die Heilige Gees,

VIERDE SONDAG VAN PAASFEES 26 APRIL 2015 Herder van almal, deur U lewe vir ons, U kudde, neer te lê, het U u liefde vir almal geopenbaar: lei ons uit die plekke van die dood na die plek van oorvloedige lewe dat ons, gelei deur U sorg, tereg ons lewens in liefde vir U en ons naaste mag bied; want U leef en regeer met die Vader en die Heilige Gees, VYFDE SONDAG VAN PAASFEES 03 MEI 2015 God van liefde, U het U Seun in die wêreld gestuur dat ons in Hom mag bly ent ons in Sy opgestane lewe en snoei ons dat ons vrugte van liefde vir U en vir mekaar mag dra, een God, vir ewig en altyd

SESDE SONDAG VAN PAASFEES 10 MEI 2015 Opgestane Here, U noem ons U vriende: vul ons harte met liefde vir mekaar, dat ons U geregtigheid mag uitleef en U lof in die nuwe lied van U wonderlike oorwinning mag besing, want U leef en regeer met die Vader en die Heilige Gees, DIE HEMELVAART 14 MEI 2015 Oppermagtige Here, U Seun het in triomf opgevaar om in liefde en heerlikheid oor die hele skepping te heers: gee dat alle mense die gesag van Sy koninkryk mag erken,

SEWENDE SONDAG VAN PAASFEES 17 MEI 2015 Heilige Vader, U Seun het gebid dat ons een mag wees: beskerm ons in U Naam, verenig ons in U vrede, heilig ons in U waarheid en stuur ons die wêreld in om U heerlikheid te verkondig, PINKSTERDAG 24 MEI 2015 Almagtige God, op Pinksterdag het U u Heilige Gees na U dissipels gestuur met die wind uit die hemel en in tonge van vuur: inspireer ons harte, maak hul brandend met Sy vreugde en krag, en stuur ons uit as getuies van die wonder van U liefde,

VOORGEBED VIR DIE WEEKSDAE NA PINKSTERDAG 25 30 MEI 2015 Here God, alle goeie dinge kom van U: inspireer ons deur U genade dat ons kan onderskei tussen die dinge wat goed is en deur U krag dit ten uitvoer mag bring, deur ons Here Jesus Christus wat met U in die eenheid van die Heilige Gees leef en regeer, DRIEëENHEIDSONDAG/ TRINITEITSONDAG 31 MEI 2015 [EERSTE SONDAG NA PINKSTER] Ewige en oneindige God U het ons geïnspireer om die heerlikheid van die Drieëenheid te erken en in U Goddelike krag die Eenheid te aanbid: hou ons standvastig in hierdie geloof en verenig ons in U grenslose liefde, dat ons U altyd mag loof as Vader, Seun en Heilige Gees,

CORPUS CHRISTI 04 JUNIE 2015 Almagtige God, U Seun, ons Here Jesus Christus het ons die wonderbare Sakrament van Sy Liggaam en Bloed gegee om Sy dood te verteenwoordig en Sy opstanding te vier: versterk ons toewyding aan Hom in hierdie heilige verborgenhede en vernuwe daardeur ons eenheid met Hom en met mekaar, deur Jesus Christus ons Here een God, in ewige heerlikheid. TWEEDE SONDAG NA PINKSTER 07 JUNIE 2015 Heilige God, U is ons Vader deur Wie ons broers en susters in Christus is: vul ons met hoop en gee ons vertroue in U genade dat ons as lede van een ware familie, U en mekaar mag liefhê en dien, een God, in ewige heerlikheid.

DERDE SONDAG NA PINKSTER 14 JUNIE 2015 Skepper God, deur U Seun het U die saad van die koninkryk in ons geplant: gee ons genade om nie vir onsself alleen te lewe nie en die geloof om in die oes van die nuwe skepping te arbei, een God, in ewige heerlikheid.. VIERDE SONDAG NA PINKSTER 21 JUNIE 2015 God ons beskermer, U Seun het die storm bedaar en kalmte herstel: wees met ons in alle storms van die lewe, en gee ons moed om hulle wat gevaar in die gesig staar, te beskerm, sodat almal U as hul toevlug en hoop mag ken; wat met U en die Heilge Gees leef en regeer,

VYFDE SONDAG NA PINKSTER 28 JUNIE 2015 Here van lewe en dood, U medelye is standvastig en eindig nooit nie: raak ons aan met U genesende genade, sodat ons wat volkome herstel is, as U opstandingsmense mag lewe, SESDE SONDAG NA PINKSTER 05 JULIE 2015 Hemelse Vader, U Seun het in tekens en wonderwerke die grootheid van U reddende liefde geopenbaar: vernuwe ons deur U hemelse genade, en in ons swakheid ondersteun ons deur U magtige krag, wat met U en die Heilige Gees leef en regeer

SEWENDE SONDAG NA PINKSTER 12 JULIE 2015 Almagtige Vader, U het die tirannie van sonde gebreek, en die Gees van U Seun in ons harte geplant: aanvaar ons vryheid en skenk dat ons mag deel in die heerlike vryheid van die kinders van God, deur Jesus Christus ons Here AGSTE SONDAG NA PINKSTER 19 JULIE 2015 Here God, U het u Seun gestuur om vrede te verkondig aan hulle wat ver en dié wat naby is: gee dat U mense oral na U mag soek en vir U mag vind; bring alle nasies U kudde in, stort U Gees op alle vlees en bespoedig die koms van U koninkryk, [Tradisionel voorgebed vir die Sending]

NEëNDE SONDAG NA PINKSTER 26 JULIE 2015 Vrygewige God, U voed ons met die woorde van die lewe en die brood van seëninge: versterk ons in ons vertroue om in U goedheid te leef, deur ons vrese in die gesig te staar en ons brood met andere te deel, een God, noue en vir ewig. TIENDE SONDAG NA PINKSTER 02 AUGUSTUS 2015 Genadige Vader, U geseënde Seun Jesus Christus het uit die hemel neergedaal om die ware brood te wees wat lewe aan die wêreld gee: skenk ons altyd hierdie brood dat Hy in ons en ons in Hom mag lewe,.

VERHEERLIKING / GEDAANTEWISSELING VAN JESUS 06 AUGUSTUS 2015 Almagtige Vader, U Seun is in heerlikheid geopenbaar voordat Hy aan die kruis gely het: gee dat ons deur geloof in Sy dood en opstanding deur die krag van Sy oorwinning mag triomfeer, DIE ELFDE SONDAG NA PINKSTER 09 AUGUSTUS 2015 Here Jesus Christus, die Brood van die lewe, U roep ons om om te vergewe en vriendelik te wees: versterk ons deur U genade dat ons in gemeenskap met U, mekaar mag vergewe en in liefde te lewe soos U ons liefhet, want U leef en regeer met die Vader en die Heilige Gees,

DIE GESEëNDE MAAGD MARIA, MOEDER VAN JESUS 15 AUGUSTUS 2015 God ons Verlosser, U het die Geseënde Maagd Maria in haar nederigheid aanskou, en haar in U heerlikheid ontvang: leer ons om onsself voor U te verneder en bring ons ook na die heerlikheid van U ewige koninkryk, TWAALFDE SONDAG NA PINKSTER 16 AUGUSTUS 2015 Here Jesus Christus, U is die lewende Brood wat uit die hemel neergedaal het: gee ons altyd hierdie Brood, dat ons en almal wat dit deel, brood vir ander mag wees soos U die Brood vir ons is, want U leef en regeer met die Vader en die Heilige Gees,

DERTIENDE SONDAG NA PINKSTER 23 AUGUSTUS 2015 Here Jesus Christus, U het die woorde van die ewige lewe: plaas U lewende brood voor ons dat terwyl ons rondom U tafel feesvier, ons versterk mag word om voort te gaan met die werk waartoe U ons geroep het, want U leef en regeer met die Vader en die Heilige Gees, VEERTIENDE SONDAG NA PINKSTER 30 AUGUSTUS 2015 God van ewige lig, U Woord is die waarheid: maak ons gretig om te luister en stadig om te praat, dat die Woord wat in ons geplant is, wortel kan skiet om al ons woorde en dade te voed,

VYFTIENDE SONDAG NA PINKSTER 06 SEPTEMBER 2015 God van liefde, U omhelsing sluit almal in: open ons harte en gedagtes vir U vrygewige wil dat ons Christus se liefde mag verkondig deur wat ons sê en doen, en in die behoeftes van ons naaste mag dien, SESTIENDE SONDAG NA PINKSTER 13 SEPTEMBER 2015 Here Jesus Christus, U is die Messias: bemagtig almal wat U as Here bely om U op die weg van die kruis te volg en daarin die weg van die lewe en heerlikheid te vind,

SEWENTIENDE SONDAG NA PINKSTER 20 SEPTEMBER 2015 Here Jesus Christus, U keer alles om en maak ook alles nuut: stort U wysheid in ons harte in dat ons met kinderlike geloof, van selfsug weg sal draai en in U weë van genade en vrede mag wandel, een God, nou en ewig. AGTIENDE SONDAG NA PINKSTER 27 SEPTEMBER 2015 God van oordeel en genade, U herstel lewe en skenk gesondheid aan die lydendes, en hulle wat van die waarheid wegdwaal, bring U terug: inspireer ons om vir mekaar en vir die wêreld te bid dat ons in U volkomendheid kan lewe en op U Woord kan vertrou,

NEëNTIENDE SONDAG NA PINKSTER 04 OKTOBER 2015 Ewige Vader, deur U Woord het die wêreld tot stand gekom, die profete het U wil verkondig en in Jesus Christus het U Woord vlees geword: spreek ons in hierdie tyd aan dat, net soos kinders, ons met verwondering U werke mag aanskou, op U voorsienigheid mag vertrou en in die vreugde van U genade mag lewe, TWINTIGSTE SONDAG NA PINKSTER 11 OKTOBER 2015 Here Jesus Christus, U het ons geleer dat sonder liefde alles wat ons doen waardeloos is: stort in ons harte in die allesoortreffende gawe van liefde waarsonder almal wat leef as dood voor U getel word,

EEN EN TWINTIGSTE SONDAG NA PINKSTER 18 OKTOBER 2015 Here Jesus Christus, U het die genade van nederige diens geopenbaar: werp omver ons onregmatige trots en maak ons gretig om met liefdevolle self-opoffering ons broers en susters te dien, TWEE EN TWINTIGSTE SONDAG NA PINKSTER BYBELSONDAG 25 OKTOBER 2015 Geseënde Here, U het aan ons die Skrif gegee om die weg na verlossing aan te wys: leer ons om dit aan te hoor, te lees en met liefde en gebed te studeer, en versterk ons deur hul inspirasie om die hoop op die ewige lewe ferm vas te hou,

FEES VAN ALLE HEILIGES 01 NOVEMBER 2015 Genadige Here, U het u heiliges saam in die gemeenskap van u Kerk verbind en vir hulle vreugdes buite ons begrip voorberei: help ons om hulle in ons daaglikse lewe te volg en bring ons saam met hulle na U ewige heerlikheid, DIE HERDENKING VAN DIE GELOWIGE ONTSLAPENES ALLE SIELEDAG 02 NOVEMBER 2015 God die Skepper en Verlosser van alle gelowiges: verleen aan die siele van die gelowige ontslapenes al die verborge voordele van U Seun se dood en opstanding, dat hulle by Sy wederkoms as U kinders geopenbaar mag word,

VIER EN TWINTIGSTE SONDAG NA PINKSTER 08 NOVEMBER 2015 God van medelye en genade, U besorgdheid vir die weduwees en vreemdelinge is van ouds: kom in ons midde, o Christus, en gee ons ruim harte om vir hulle wat die wêreld vergeet het, te sorg, deur Jesus Christus ons Here VYF EN TWINTIGSTE SONDAG NA PINKSTER 15 NOVEMBER 2015 Genadige Here, U Seun het die Goeie Nuus en krag aan ons gebring om ons lewens te verander: gee dat wanneer Hy weer as Regter kom, ons gereed mag wees om Hom met vreugde te ontmoet,

HEERSKAPPY VAN CHRISTUS / CHRISTUS DIE KONING SES EN TWINTIGSTE SONDAG NA PINKSTER 22 NOVEMBER 2015 Allerhoogste God, verhewe en almagtig, ons Begin en ons Einde: heers in ons harte en lei ons om getrou te wees in ons daaglikse optrede en Hom wat kom as Here en Verlosser te aanbid; wat met U in die eenheid van die Heilige Gees leef en regeer, JAARKRING A se voorgebede reeds in 2012 voltooi.