Tel: Faks: Sel: e-pos:

Vergelijkbare documenten
MEGA VEILING Woensdag H00 Hochfeld, Namboerkrale

SERNICK VEILING 3 JUNIE 2016 BULBESKRYWINGS

HVD LOT 6 Daar is n klomp vleis aan die bul

VEILING 2017 U WORD VRIENDELIK UITGENOOI GASVERKOPERS: Bonga Bonsmaras Confido Bonsmara Abraham Manser

Lot 1 : RLH Lot 2 : RLH Lot 3 : RLH Lot 4 : RLH BULBESKRYWINGS Westelike Bonsmara Winterveiling 9 Junie 2017

Kodes vir Afkeurredes

Nuusbrief - September 2016

groot spronge koeie, of NIE dit tog korrek en betyds en die geslagsiekte Sou BULLE bespaar koste vir u, DIE September op dae

Emok Bonsmaras Edward Hansen

VEILING BOEREDAG. Woensdag 21 Mei 08H30. Donderdag 22 Mei 11H00

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

AFRIKA BRAHMAN KONGRES HALTERMAK SKOU PAKKET

Hoë potensiaal skaapras sonder grense

Belangrike voedingstappe vir die winter 2013

PIONIERSVEILING LOT DIER TOETSE INENTINGS OPMERKINGS 1 RL Vrugbaarheid

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Internasionale Simmentaler Kampioenskappe, Vryburg 22, 23 en 24 April 2014

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Russell en Ed Clark met klein Mike op sy pa se skoot.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Sussex Genetiese Evaluasie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

BELANGRIKE PUNTE OM KALFSEISOENE TE BEPAAL:

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Volgens die nuutste statistieke

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Foto-redigering vir sun.ac.za

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

VLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Les Plan Twee. Habitats

FAKTORE EN VEELVOUDE

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

BULSELEKSIE ARTHUR M. DE VILLIERS ARCADIA VREDE

Die plek van rus en vrede oor die fees tyd en oujaar. Of te wel die plek van water en vis! So vernoem ek hom in 2014.

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Wildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

JERSEY SA. Nuusbrief. Foto: Arno Theron

Bankstate LPF Systems BK

KALF GROOTMAAK. A18044 RCL FOODS Calf Brochure A5 AFR DPS.indd 1

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

AUGUSTUS 2011 NASIONALE VEILING 2011

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

Sentraalbeplande stelsel

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Belangrik om te onthou: Die kamp is in die woestyn. Sonbrandmiddel, n hoed, gemaklike skoene, ou klere en WATERBOTTELS is noodsaaklik.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Thabazimbi Skou JULIE 17

Thabazimbi Skou JULIE 17

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

BORAN GENOOTSKAP WAT TELERS MOET WEET

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Elektriese Stroombane

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Paulus en sy vriende vertel ander van God

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SPEEN EN UIER NAVORSING MET BOERBOKKE (deur Jack en Anita Mauldin)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Les 14: Entrepreneurskap

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

MEMORANDUM KWARTAAL 1

Transcriptie:

Hartebeestloop Bonsmara Stoet Tel: +264 61 296 5820 Faks: +264 61 296 5899 Sel: +264 81 124 1168 e-pos: jbried@joggie.com.na Beste Medeboere en vriende Hierdie is u eerste geleentheid om Hartebeestloop Genetika te bekom op n heerlike herfsdag in die Kalahari! Die term Hartebeestloop Genetika is nie heeltemal korrek nie aangesien nie alle diere deur ons self geteel is nie. U koop egter van die beste Suid-Afrikaanse Bonsmara genetika gekombineer met beproefde Namibiese stambome op Hartebeestloop aangesien ons die totale bulkalweroes van 2005 beskikbaar stel op die veiling. Ons hou geen diere terug nie en kalwers van die beste presterende bulle in RSA en Namibië kom onder die hamer. U het gesien in die pers watter publisiteit en erkenning die boerderygemeenskap aan ons aankope en genetika gee. Vir die nuwe Bonsmara telers is hierdie n uitstekende geleentheid om met van die beste genetika af te skop. Wees ook verseker van ons hulp en bystand met die aanwending van u nuwe bul. Vir ons ouer telers is dit n goeie geleentheid om nuwe genetika te bekom sonder die rompslomp van ver ry, pyn van permitte, burokrasie van Doeane en Aksyns en onsekerheid van oorgrens transport. Ons nooi u vriendelik uit om hierdie unieke groep bulle te kom besigtig en u keuse te maak op Donderdag 29 Mei 2008 op Hartebeestloop, Stampriet. Ons sal vanaf Woensdag 28 Mei 2008 beskikbaar wees indien u van ver kom en die veilingsdiere wil besigtig. Die moeders van die bulle aangebied, sal ook beskikbaar wees indien hulle nog steeds in die kudde is. Die moeders sal gemerk wees met dieselfde lotnommer as die bul. Sy kan dan besigtig en beoordeel word ten opsigte van haar tipe, uier en spene, haar volgende kalf, bene, kloue, haar algemene voorkoms en watter eienskappe ookal vir u belangrik mag wees. Die nuutste teelwaardes van die koeie sal beskikbaar wees. U kan op u gemak en eie tyd die diere besigtig en ons sal daar wees om enige navrae te antwoord. Middag- en aandete sal bedien word op die besigtigingsdag, asook sal n heerlike middagete op die veilingsdag bedien word. Vriendelike Kalahari-groete Nico Visser & Joggie Briedenhann

ALGEMENE OPMERKINGS OOR DIERE OP DIE VEILING 1) FASE D toets Bulle het ekstensiewe 270 dae FASE D toets ondergaan onder die vaandel van die Nasionale Vleisbees Verbeteringsskema van die LandbouNavorsingsRaad van die RSA en die Ministerie van Landbou van Namibië. FASE D Data is beskikbaar tydens veiling. 2) FASE D Prestasiesertifikate Dit is uitgereik deur die Nasionale Vleisbees Verbeteringsskema van die LandbouNavorsingsRaad vir die bulle wat aan die volgende minimum prestasie standaarde voldoen het: Gemiddeld van (GDT indeks + GDO indeks + Doeltreffenheidsindeks) = minimum 90 Prestasiesertifikate word aan koper oorhandig tydens veiling. 3) Karkaseienskappe Karkaseienskappe soos gemeet met ultrasoniese skandering word afsonderlik aangedui. Die Genestar toekenning van elke bul vir marmering, sagtheid en voereffektiwiteit word tesame met die karkaseienskappe gegee. Daar is tans geen ekonomiese waarde aan marmering en sagtheid van vleis gekoppel nie. Alle diere op Hartebeestloop is gemeet vir bogenoemde eienskappe aangesien ons voorsien dat hierdie eienskappe en waardes wel n betekenisvolle rol gaan speel in die toekoms. Hoe meer sterre die bul het, hoe beter is dit vir die eienskap. Ons beklemtoon egter die ekonomiese waarde van die gene vir voer effektiwiteit. Op Hartebeestloop toets ons alreeds alle bulle vir die vermoë om gras om te sit in vleis op die veld (ekstensiewe toestande) met gekontroleerde FASE D en Veldbultoetse. Ons stuur ook bulle na die FASE C toetsstasie op Vryburg om hierdie eienskap (voereffektiwiteit) onder intensiewe toestande ook te bepaal. Vir die eerste keer nou kan ons ook die genetiese vermoë om gras in vleis om te sit, bepaal deur die 4 afsonderlike DNA merkers te identifiseer. Hoe meer merkers/sterre die bul het, hoe minder moet hy vreet om dieselfde gewig aan te sit. Vir ons Namibiese boere met wisselvallige reënval en beperkte weiding gedurende sekere jare, is die vermoë om voer in vleis om te sit sekerlik een van die belangrikste eienskappe in die seleksie van vleisbeeste. 4) DNS tipering DNS tipering (Unistel) van alle veilingsdiere is beskikbaar.

GESONDHEIDSTATUS VAN HARTEBEESTLOOP BONSMARA STOET Hartebeestloop Bonsmara Stoet is n absolute skoon kudde. Dr Andreas Gaugler is verantwoordelik vir die gesondheidstatus van alle diere op Hartebeestloop en kan direk gekontak word vir enige spesifieke navrae. Dr Andreas Gaugler Mariental Tel & Fax: (063) 241 499 Cell: 081-128 2733 Email: andreasg@mweb.com.na a. Die dragtigheidstatus van die vroulike diere sal op die dag van die veiling beskikbaar wees met dragtigheidsertifikate. b. Alle diere is geënt teen 3-dae-stywesiek en knopvelsiekte en almal is Multimin en Vitamiene A, D en E gespuit. c. Alle diere is getoets en skoon gesertifiseer van TB en CA. d. Alle bulle se vrugbaarheidondersoeke en skedewasse is gedoen en almal is negatief getoets vir Vibriosis en Trichimonase. Sertifikate sal beskikbaar wees op die veiling. e. Semen evaluasiesertifikate sal beskikbaar wees vir alle bulle op die veiling. VROULIKE DIERE OP DIE VEILING Kom vergewis u self van die gehalte van die vroulike diere op die veiling. Hierdie vroulike diere behoort n betekenisvolle bydrae te lewer tot die gehalte van u boerdery. Die koeie en verse kom uit die harde Kalahari en behoort op enige ander plek net so goed, indien nie beter, te doen. Dragtigheidsertifikate is beskikbaar op die veiling.

BETALING EN VERVOER Ons besef die invloed wat verhoogde produksiekostes op ons almal se boerdery het en veral die stygende brandstofpryse. Hartebeestloop Bonsmara Stoet bied die volgende aan as deel van u veilingsaankope: 1) Uitgestelde Betaling Ons besef dat die bulle wat u aankoop op 29 Mei 2008 eers op die vroegste gedurende Oktober 2008 gebruik gaan word. Ons het in samewerking met Agra op n sisteem besluit waartydens die volle bedrag gedurende die veiling na Agra oorbetaal word (soos op enige ander veiling). Die bedrag word dan deur Agra investeer op n rentedraende fonds tot 31 Oktober 2008 waarna ons as telers ons geld ontvang en die rente op u deposito deur Agra oorbetaal word aan u. Dit beteken inderwaarheid dat u eers op 31 Oktober 2008 vir u bul betaal hopelik is dit die dag wat u die bul by die koeie gaan plaas. 2) Gratis vervoer Ons gaan u help met gratis vervoer van diere aangekoop tot op Windhoek, Okahandja, Keetmanshoop, Mariental en Gobabis. Diere word afgelaai by die Agra krale. As u bestemming op die roete is na hierdie groter sentra laai ons u diere op die plaas af mits die pad gangbaar is! Ons sal enige redelike versoek oorweeg vir aflewering afhangende van die afstand asook die bedrag wat u spandeer het op die veiling. Hierdie behoort n wesenlike kostebesparing vir u te wees aangesien u ongeveer N$ 1 900.00 vir elke 100 kilometer vervoerkoste gaan spaar. U word aangeraai om ten minste in-transito versekering uit te neem aangesien die vervoer gratis maar op u risiko gedoen word. Versekeringsagente sal beskikbaar wees tydens die veiling. Diere sal afgelewer word binne tydperk van 2 weke of soos persoonlik met u gereël. Agente sal beskikbaar wees tydens die veiling vir diegene wat self die vervoer en versekering van hulle diere wil reël. As die diere n paar dae moet oorstaan, is dit in orde en Hartebeestloop personeel sal die diere versorg met goeie weiding. Die verblyf van die diere te Hartebeestloop is op die koper se risiko.

VERBLYF Ons het beperkte verblyf vir gaste beskikbaar op Hartebeestloop. U is welkom om daarvan gebruik te maak. Laat ons asseblief vooraf weet sodat die nodige reëlings getref kan word. Daar is ook n paar Gastehuise en Lodges in of naby Stampriet wat lekker verblyf bied. Stampriet Historiese Gastehuis: Tel: 063-260013, Faks: 063-260215 stampriet@iway.na Anib Lodge: Tel: 061-230066, Faks: 061-251863 info@gondwana-desert-collection.com Auob Lodge: tel: 063-250101, Faks: 063-250102 reservations@ncl.com.na Indien u enige verdere inligting benodig, kontak asseblief: Nico Visser 081 124 1168 Juanita van Wyk 063-260 273 KAART & ROETE na HARTEBEESTLOOP asook GPS VERWYSINGS na PAN Daar is n groot kalkpa n naby die huis waarop u met veiligh eid kan land. Reël met ons die verwagte aankomstyd sodat u gehaal kan word. Dit is as die pan nie vol water is na die goeie reën nie! Pan landing S 24º 22' 35" E 18º 42' 93" Plaashuis S 24º 22' 198" E 18º 40' 881"

KOOP ONGESIENS Gewaarborgde tevredenheid: Ons wil vanjaar hierdie konsep aan u voorhou wat u moontlik reeds ken. Dit is die koop van diere op ons veiling sonder dat u die diere gesien het. Vir u wat moontlik nie die veiling kan bywoon nie, kan die konsep uitstekend werk. U skakel ons, verkieslik ten minste een week voor die veiling, vul die ingeslote vorm in (op heel laaste bladsy van hierdie document) en beskryf die tipe bul/le of vroulike dier(e) waarin u belangstel en stel u prysklas. Nico Visser bespreek die diere met u en bie vir u op die beste dier volgens u beskrywing, en sy mening, wat aan u behoeftes sal voldoen. U sal na afloop van die veiling in kennis gestel word of u bod suksesvol was of nie. U betaal dan die tersaaklike bedrag in Agra se rekening en u aankope word dan gratis na u naaste bestemming vervoer soos bespreek in die veilingskatalogus. Transito-versekering op die diere moet uitgeneem word om moontlike dood of besering te dek. Sodra die diere by u aankom, besluit u of u tevrede is met die aankoop of nie. Indien u nie tevrede is nie, is u onder geen verpligting om die diere te aanvaar nie. Skakel ons dadelik sodat ons die probleem kan bespreek. Volle tevredenheid word gewaarborg, anders stuur u die diere op ons koste dadelik terug, verkieslik met die trok waarmee die diere daar aangekom het. Faks of stuur ingeslote vorms aan ons, verkieslik nie later as 20 Mei 2008 nie. Nico Visser bespreek die vorm met u en u besluit saam watter diere vir u die beste gaan pas. VEILING ONDER BESKERMING VAN DIE BONSMARA BEESTELERSGENOOTSKAP VAN NAMIBIË

BESPREKING VAN BULLE WAT OP VEILING AANGEBIED WORD: LOT 1: HART 05-0017 Lot 1 bied meestal n vroeë geleentheid om n goeie bul te koop teen n redelike prys gewoonlik aan die goedkoop kant. Voornemende kopers is gewoonlik effe onseker en wil eers die gevoel van die veiling kry voordat hulle ernstig begin bie hier is u kans! Hierdie bul is geteel uit TSU 98-0309 wat konstant baie mooi donkerrooi kalwers geteel het. Sy ma (HART 02-0023) is n koei wat ons self geteel het en alreeds 3 kalwers gegee het. Hy vertoon baie goeie aanpassingseienskappe, is meer Indicus (Afrikaner) tipe en effens hoër op been. Hy vertoon mooi vel en haar met goeie verdonkering. Die bul is goed gepunt op skede, kloue, testis en met sterk oogbanke. Die bul se teelwaardes vir speendirek, speenmaternaal asook groei tot 18 mnde is heelwat bo die rasgemiddeld. Hy behoort kalwers te teel met goeie speen en na-speense groei met oorgenoeg melkproduksie. Die bul self het 282 kg gespeen wat swaarder is as die Hartebeestloop speengemiddeld. Ons sou aanbeveel dat die bul net op koeie gebruik word. Vir die kommersiële boer wat swaar kalwers wil speen asook goeie groei na speen verlang, is hierdie n bul om te oorweeg. Ons maak voorsiening in ons teelbeleid vir boere wat graag swaarder speenkalwers wil teel en u sal sien dat ons bulle goed groei en baie vleis dra. Kyk goed na hierdie bul. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 1.41 0.72 6.0 2.6 17.1 21.3 20 8 50 61-48.9 3 12 24-1.7 Marmering: (1) Sagtheid: (4) Voedingseffektiwiteit: (5) RASGEMIDDELD Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 0.37-0.05 4.8 1.3 12.7 16.1 11 74-116 233 11.80 0 8 39 7

LOT 2: HART 05-0020 Die bul het mooi balans met n hoogte/lengte verhouding van 1.20 wat bo die rasgemiddeld is. Hy het goeie groei vertoon tydens die FASE D periode en meer as een kilogram per dag in gewig aangesit. Sy vaar FCT 00-0065 (kyk na beskrywing by Lot 4) is n amptelike KI-bul in RSA. Sy geboortegewig teelwaarde is in die onderste 10% van die ras en met sy lae maternale geboorte waarde is die bul baie geskik om verse oop te maak. Sy eie geboortegewig was 30 kg. Hy is n kleinerige raam (2,5), vroegryp bul met goeie bespiering, mooi breedte met goeie skede, testis, hakke en bene. Die kalftempo van 51 is ver bo die rasgemiddeld. Stoettelers moet daarop let dat hierdie n B-bul is;- hoofsaaklik agv lae speenindeks. Sy moeder BHE 01-0033 het na aankope in winter gekalf op Hartebeestloop en swaar getrek deur droogste en hardste winter vir lang tydperk. Sy het alreeds 5 kalwers gegee waarvan 4 as stoet geregistreer is. Haar laaste bulkalf HART 07-0016 is n BRONS MERIETE Fase C bul vanaf Vryburg toetsstasie. Kommersiële boere moet goed kyk na die bul hy kom van beide vaar en moer uit goed beproefde bloedlyne. Hy is n ALL ROUNDER bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) -1.36-0.27-0.4 4.1 7.5 9.3-8 29-156 -98-0.26-29 -11 51-6.6 Marmering: (4) Sagtheid: (5) Voedingseffektiwiteit: (7)

LOT 3: HART 05-0039 Hy is geteel uit B 970046 en CEF 00-0018. Sy was n dragtige koei uit n goeie moederlyn wat ons uit die hand van Fourie Scheepers (Zinabos) gekoop het. Sy het op 29 maande vir die eerste keer gekalf en het nou alreeds 6 kalwers met TKP van 387 dae. Al die kalwers aangebied vir stoet tot nou is goedgekeur. Sy los vel en gladde haar wys dat hy oral sal aanpas. Met n veldikte van 18,5 mm sal dit ook goed weerstand bied teen bosluise en insekte. Die bul sou kon doen met bietjie meer bespiering. Hy vertoon egter goeie lengte, sterk kloue en goedgevormde skede en testis. Die bul is onder die laagste 10% van die ras vir geboortedirek, vertoon goeie melkproduksiesyfers en goeie na-speense groei. Sy volwasse massa is egter nog steeds onder die rasgemiddeld wat wys dat die groei afplat met volwassenheid. Hierdie meduim raam tipe 3 bul is uitstekend om verse oop te maak en met die eerste kalwers alreeds goeie fenotipe te teel met gebalanseerde BLUP waardes. Volgens ons het hy die ideale bouvorm (lae skouerhoogte) en BLUP teelwaardes vir n versbul veral vir verse wat vroegryp is met goeie groei en alreeds 320 kg weeg op 14 16 maande. Hy is n ALL ROUNDER wat op verse en koeie gebruik kan word. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) -1.38-0.34 0.8 1.8 9.3 14.1 8 5 5 111-10.6-18 -6 42 2.8 Marmering: (1) Sagtheid: (6) Voedingseffektiwiteit: (7)

LOT 4: BHE 05-0143 Sy vaar FCT 00-0065 is tydens die Fortress veiling 2006 verkoop vir N$ 240 000.000 wat n saadaandeel insluit. FCT 00-0065 is ook geregistreer as amptelike Bonsmara KI-bul. Sy moer BHE 00-0100 is uit die bekende AG J8 en AG 92-0282 lyne en staan bekend as n baie vrugbare moederlyn. Sy het alreeds 5 kalwers gehad met n TKP van 421 dae en al haar kalwers aangebied vir stoetkeuring is goedgekeur. Hierdie is n meduim raam (tipe 3) bul met sterk bespiering, goeie breedte en lengte met sterk bene om ver te loop. Hy vertoon n sterk, manlike kop met goeie funksionele oogbanke. Sy testis en skede is beide uitstekend. Die bul het uitstekende BLUP teelwaardes met die meerderheid beter as die - rasgemiddeld. Hy het lae geboortegewig, uitstekende groeiwaardes, goeie voeromset en sy dogters behoort baie melk te hê. Hierdie is n ALL ROUNDER wat op beide verse en koeie gebruik kan word. Hy was n TOP PRESTEERDER (onder die eerstes) tydens die FASE D toets en all sy indekse is bo 100. Sy gemete skrotumomtrek was 415 mm aan die einde van die FASE D toets. Ten spyte van sy bespiering, is die speen maternale teelwaarde 5.1 wat ver bo die rasgemiddeld is. Soos verskeie boere oor die laaste paar weke opgemerk het wat die bulle besigtig het hierdie is n yster. Vir die ernstige stoetteler kyk weereens baie mooi na hierdie bul. Dit is n stoetbul met baie potensiaal. Ons konsultant, Arthur de Villiers is baie beïndruk met die bul. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 0.18-0.30 7.1 5.1 14.5 18.3 13 84-183 172 12.53-11 4 38 0.1 Marmering: 0 Sagtheid: (6) Voedingseffektiwiteit: (4)

LOT 5: HART 05-0011 Hierdie bul is geteel uit die bekende GMS 99-0226 (Okamaja Stoet) wat ons in vennootskap met Woestyn Bonsmaras (Ponk O Kennedy) vir n rekordbedrag van N$60 000,00 by die 2005 Nasionale Veling aangekoop het van Jörg Sigwart. Sy ma (NGO 95-0192) het ons in 2000 by Woestyn Bonsmaras aangekoop en sy het op Hartebeestloop 6 kalwers gegee vanaf 2000 tot 2006, waarna sy weens ouderdom uitgeskot is. Die bul is goed gepunt op vel en haar, testis en skede met n aanvaarbare toplyn en uitstekende kloue. Die bul se teelwaardes vir speendirek, speenmaternaal (top 10% van ras en hoogste van alle veilingsbulle) asook 12mnde en 18 mnde groei is heelwat bo die rasgemiddeld. Hy het 292 kilogram gespeen wat swaarder is as ons gemiddelde speengewig. Hy behoort kalwers te teel met goeie speen en na-speense groei sonder die verlies van geboortegemak en melk. Hy is ook n effens groter raam bul (tipe 4) en n meer Indicus tipe. Hierdie is werklik n bul wat die kommersiële boer ernstig kan oorweeg wat swaar speenkalwers wil teel asook baie goeie groei na speen verlang sonder om kalwingsprobleme te ervaar. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 0.62 0.97 6.2 6.8 20.3 26.6 18 69-42 313 2.42 14 20 40 9.8. Marmering: N/A Sagtheid: N/A Voedingseffektiwiteit: N/A

LOT 6: HART 05-0038 Hierdie is n B-generasie bul weens die wit kleur bokant die onderlyn en stertkwas en sy brindle kleur. Hy is geteel uit PHR 00-0143 en sy ma is n bekende Fortress koei BHE 01-0022 (uit AG J8 bloedlyn) wat alreeds 5 kalwers gehad het met TKP van 390 dae. Hy het aanvaarbare kloue, testis en skede. Stertaanhegting is effens hoog en die kruis bietjie plat. Die bul het n hoë geboorte direk teelwaarde en het in die nat Desember 2005 45 kg met geboorte geweeg. Die bul het uitstaande groeisyfers vir voor en naspeense groei wat al 3 in die top 10% van die ras is. Hy het 308 kg geweeg met speen ver bo die Hartebeestloop gemidddeld. Sy voeromsetwaarde is ook bo die rasgemiddeld. Tipies van hierdie uitstaande groeiers met sterk bespiering, is die speen maternale waarde onder die rasgemiddeld. Met dit in ag geneem, het hy nog steeds n speenindeks van 121 gehad wat wys dat sy ma oorgenoeg melk produseer het. Sy ma se melkproduksie waarde is ver bo die rasgemiddeld. Hy was n TOP PRESTEERDER tydens die FASE D toets en al sy indekse is ver bo 100. Skrotumomtrek was 415 mm aan end van toets. Telers moet besef dat hierdie bul verkieslik net op koeie gebruik moet word. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum ( kg) Direk Maternaal Direk Maternaa l gewig ( g/dag ) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) T empo (mm) 3.64-0.33 17.9-0.4 32.4 40.5 34 46-145 -3 5.59-30 -17 47 6.1 Marmering: (2) Sagtheid: (5) Voedingseffektiwiteit: (6)

LOT 7: HART 05-0026 Seun van vaar FCT 00-0065 (Fortress) en moer BHE 99-0163. Sy is n uitstaande koei wat uit die hand van Burkhard Herrmann aangekoop is en het alreeds 6 kalwers gehad. Alle kalwers is stoet geregistreerd behalwe HART 05-0026 wat met n klein witkol voor kop spog en dus as B-generasie bul geregistreer is. Haar laaste seun BHE 04-0127 is op die 2007 Fortress veiling vir N$ 80 000.00 verkoop. Sy is bekend daarvoor om konstant goeie bulle te teel wat gereeld top pryse op veilings behaal. Hy is n mooi en sterk meduim raam (tipe 3,5) bul met baie goeie bespiering. Hy is hoog gepunt vir kloue, bene, skede, testis en lengte. Hierdie is n TOP PRESTEERDER en al sy FASE D indekse (Kleiber indeks ingesluit) is bo 100. Nieteenstaande sy speenindeks van 107 het hy nog n GDT indeks van 108 gehad. Hy was onder die 5 beste bulle op die FASE D groeitoets. Sy speengewig van 297kg is die 3de swaarste in sy kontemporêre groep en bo ons speenmassa gemiddeld. Anita Schröer het hierdie bul se potensiaal alreeds raakgesien as klein kalfie. Sy teelwaardes vir speendirek, speenmaternaal (top 10% van ras), speenmassa en na-speense groei asook skrotum (gemeet 425mm) is ver bo die rasgemiddeld. Sy lae skouerhoogte, lang lyf met hoogte/lengte verhouding van 1:22, sterk bespiering, goeie sekondêre manlikheid eienskappe en los vel maak hom n merkwaardige bul. Stoettelers hierdie is n B-generasie bul. Vir die kommersiële teler hierdie bul sal n merkwaardige impak op u kudde maak. HART 05-0026 is die beste B-generasie bul wat ons nog te koop aangebied het. Kyk na sy op-en-wakker houding veral as daar koeie naby is. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 0.98 0.07 7.7 6.9 24.8 32.3 19 43-68 217-3.74-21 7 31.0 8.8 Marmering: (2) Sagtheid: (5) Voedingseffektiwiteit: (4)

LOT 8: BHE 05-0114 Hy is geteel uit die bekende Fortress bul BHE 03-0083 wat op die Augustus 2006 veiling vir N$ 150 000.00 verkoop is. BHE 03-0083 is n geregistreerde KI-Bul en Goue Meriete FASE C bul geteel uit die beproefde AG J8 en RCO 98-0037 bloedlyne. BHE 05-0114 se moer BHE 03-0015 is uit die NPT 91-022 (Norton Thompson) lyn en n baie vrugbare Fortress koeilyn. Hierdie is n mediumraam tipe 3 bul met ideale bespiering, goeie balans en mooi breedte. Hy vertoon baie manlikheid met sterk bene. Hy is top gepunt vir sterk bek, goeie onderkaak, oogbanke, skede en testis. Hierdie bul het goeie tot bogemiddelde BLUP teelwaardes. Sy geboorte direk, GDT, voeromset, voerkraalwins en kalftempo teelwaardes is almal beter as die rasgemiddeld. Hierdie mediumraam bul met sy goeie groeisyfers is n ALL ROUNDER wat op verse en koeie gebruik kan word. Daar is altyd n paar bulle in n groep wat deurentyd uitstaan vanaf jong kalwers tot op veiling en hierdie is een van hulle. Arthur de Villiers het die bul top gepunt en dit is een van sy keuses op die veiling. Hierdie bul is stoetpotensiaal en ons voorsien dat hy n betekenisvolle toekomstige bydrae gaan maak tot die Bonsmara ras in Namibië. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) -0.07 0.56 4.2 0.4 7.9 10.8 0 101-215 294 33.66-13 -5 44 6.2 Marmering: (2) Sagtheid: (4) Voedingseffektiwiteit: (5)

LOT 9: HART 05-0041 Hy is geteel uit B 970046 en CEF 98-0095. Hierdie dragtige koei is uit die hand aangekoop van Fourie Scheepers en sy kom uit die bekende NPT 91-020 (Norton Thompson lyn). Hierdie is n vrugbare moederlyn en sy het 7 kalwers met TKP van 407 dae gehad. Die bul het goeie diepte en kapasiteit, gebalanseerde bene, mooi vel en haar met aanvaarbare testis, skede en kloue. Die bul sou beter vertoon het met meer bespiering. Die bul het gebalanseerde BLUP syfers en behoort goed te doen by kommersiële telers wat se teeldoelwit is om swaarder speenkalwers te teel en osse wat vroeg markgereed sal wees. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 1.29-0.32 7.4 0.2 9.2 17.1 18 91-104 289 67.11-9 2 23 2.6 Marmering: (2) Sagtheid: (5) Voedingseffektiwiteit: (8)

LOT 10: HART 05-0022 Hierdie is n donker mediumraam (tipe 3) bul wat goed gedoen het in die FASE D toets en beide sy GDT en Kleiber indekse is 106. Die bul het aanvaarbare BLUP syfers met voerkraalwinssyfer in top 10% van ras. Hy is n ALL ROUNDER en kan op beide verse en koeie gebruik word. Die vel is lekker los en glad van haar. Hy wys sterk sekondêre manlike eienskappe en belangrik vir ons is die sterk bene en uitstekende kloue wat so nodig is in die Kalahari om ver stap in die duineveld. Sy sterk manlike kop, goed ontwikkelde oogbanke en breë bek maak hom n bul. Hy het mooi diepte maar kort effens meer bespiering en sou kon doen met meer sprong van rib. Die moeder (CEF 99-0004) is uit die AG J8 bloedlyn en is uit die hand by Fourie Scheepers (Zinabos Bonsmaras) gekoop. Sy is n uitstekende koei wat alreeds 7 kalwers gehad het met TKP van 378 dae en is nou weer dragtig. Sy het 100% suksessyfer vir stoetkeuring van haar nageslag sover. Hierdie is n prima stoetkoei en is haar jaarlikse registrasiefooi werd! Die vaar (CEF 99-0259) is n geregistreerde KI bul;- hyself en 7 van sy bulkalwers is intensief in die Zinabos kudde gebruik. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 1.15 0.08 7.2-2.2 2.1 4.4 3 90-175 183 60.38 5 9 37.0-0.4 Marmering: (2) Sagtheid: (6) Voedingseffektiwiteit: (7)

LOT 11: HJB 05-0208 Ons voel regtig goed om die eerste seun van AG 98-338 op Namibiese bodem aan te bied. AG 98-338 spreek vir homself kyk na die voorblad van ons brosjure. AG 98-338 teel konstant uitstekende seuns wat die veilings oorheers wanneer dit kom by topverkopers en prys. Dit is die bul met sekerlik van die grootste invloed op die Bonsmara ras en daar is pas weer n kleinseun (AG 02-251) van hom vir N$ 400 000.00 uit die hand verkoop. Die moer HJB 01-0582 is vanaf Benchmark Bonsmaras aangekoop en kom uit die AG J8 lyn. Volgens Hennie Bezuidenhout is dit een van die beste en vrugbaarste Benchmark koeilyne gewees. Sy het alreeds 4 kalwers gehad met n TKP van 382 dae. Hy is n sterk maar effens kleiner raam bul - tipe 2,5. Wat uitstaan van die bul is die goeie bouvorm, regte tipe bespiering, toplyn, skede en testis. Die bul het oor die algemeen goeie tot uitstekende BLUP teelwaardes. Sy teelwaarde vir speendirek is die derde hoogste van al die veilingsbulle, voeromset is in die boonste 10% van die ras en die tweede hoogste van alle veilingsbulle, voerkraalwinssyfer en kalftempo (hoogste van alle bulle op veiling) is beide ook in die top 10% van die ras. Die bul het goed gegroei gedurende die FASE D toets en dit word weerspieël in sy bogemiddelde speendirek, 12 en 18 maande groeisyfers. Sy skrotumomtrekteelwaarde is onder die rasgemiddeld maar sy gemete skrotumomtrek aan die einde van die FASE D toets is 480mm! Hy is van die jongste bulle op die veiling en behoort nog baie beter te ontwikkel. Boere wat ernstig is oor meerderwarige stoetteelmateriaal moet baie goed na hierdie bulletjie kyk. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 0.89-0.03 9.1 0.4 21.5 27.2 19 134-322 315 47.85-4 8 59.0-0.2 Marmering: (3) Sagtheid: (5) Voedingseffektiwiteit: (6)

LOT 12: BHE 05-0128 Hy is geteel uit FCT 00-0065 wat alreeds goed bespreek is by van die vorige bulle op die veiling. Die moer is BHE 00-0114 (AG J8 Bloedlyn) uit die Fortress stoet met 5 kalwers en n TKP van 412 dae. Hy is n tipe 3 meduim raam bul met goeie bespiering, mooi vel en haar met aanvaarbare testis en skede. Hierdie bul vertoon ook goeie bevleising. Die bul het baie goeie teelwaardes met geboortegewig direk en maternaal, speenmaternaal, GDT, voeromset, voerkraalwins, kalftempo en skrotum bo die rasgemiddeld. Sy lae direkte en maternale geboortegewig maak hom n bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hyself het 32 kg by geboorte geweeg. Hy behoort kalwers te teel met gebalanseerde BLUP teelwaardes wat fenotipies goed vertoon. Hier het u n kombinasie van lae geboortegewig, goeie groei, voeromset, vrugbaarheid en melk! Bogenoemde eienskappe behoort van hom n gewilde keuse op die veiling te maak. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) -0.03-0.43 4.2 3.6 12.3 14.6 4 79-131 257 16.63-14 -2 51 8.4 Marmering: (2) Sagtheid: (3) Voedingseffektiwiteit: (6)

Lot 13: HJB 05-0254 Sy vaar is WAT 00-0067 (Frikkie Kruger, Waterpaslaagte) wat as spesialisbul vir moederlyn, groeispesialis en ALL ROUNDER deur die LNR geïdentifiseer is. Hy is die enigste bul wat deur Hartebeestloop stoet gebruik is wat in 3 afdelings spesialisstatus het. Kyk gerus na HJB 05-0254 se fenotipe en BLUP teelwaardes en u sal sien dat hy hierdie eienskappe van sy vaar gekry het. Sy moer HJB 02-0289 is n vrugbare koei uit die AG 90-0421 bloedlyn en sy het 3 kalwers gegee met n TKP van 368 dae. Hy is n TOP PRESTEERDER en al sy indekse is bo 100. Die bul wys n sterk, manlike kop met goeie keelvel, staan sterk op sy bene, met baie goeie kloue, skede en testis. Sy bek is breed en sterk met goeie onderkaak en hy vertoon mooi kruis en stertaanhegting. Sy BLUP waardes is meerendeels goed tot uitstekend. Alhoewel hy beter (laer) as die rasgemiddeld is vir geboorte direk en geboorte maternaal vertoon die bul beter as rasgemiddelde vir groei vanaf geboorte tot 18 maande. Die bul se groei plat mooi af na 18 maande sodat hy nog steeds n meduim raam tipe 3 bul is met n volwasse gewig onder die rasgemiddeld. Sy speendirek, speenmaternaal, 12 en 18 maande groei is beter as rasstandaard. Kalftempo en skrotum is ook beter as die rasstandaard. Hierdie bul is n ALL ROUNDER en kan op verse en koeie gebruik word. Hierdie bul behoort n betekenisvolle bydrae tot u kudde te maak. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) -0.11-0.44 5.9 2.3 15.7 19.2 5 65-91 237 11.10-7 4 47 11.0 Marmering: (2) Sagtheid: (5) Voedingseffektiwiteit: (7)

LOT 14: BHE 05-0123 Hy is geteel uit die bekende/beproefde John Lietchi KI bul (HJL 96-0168) en n Fortress koei BHE 00-0131. Sy is een van ons top koeie uit die bekende AG J 8 bloedlyn wat op 30 maande die eerste kalf gehad het. Sy is nou op 5 kalwers met TKP van 416 dae. Die bul het uitstekende balans, gemiddelde bespiering, n besondere mooi toplyn, goeie testis en onderkaak, mooi vel en haar met gebalanseerde bene (nie te grof of te fyn nie). Sy BLUP teelwaardes is goed tot uitstekend. Teelwaardes vir speendirek en speenmaternaal, speengewig, 12mnde en 18 mnde gewig, GDT, voeromset, kalftempo en skrotum is bo die rasgemiddeld. Sy kalftempo is die 3de hoogste van alle bulle op die veiling en hy behoort uitstekende vroulike nageslag te teel met hoë retensiesyfers in stoet en goeie melkeienskappe. Hy is n medium raam tipe 3 bul met lae volwasse gewig. Hierdie is n ALL ROUNDER wat op beide verse en koeie gebruik kan word. Ons verwag baie van hierdie bul en dink dat hy uitstekend gaan ontwikkel. Elke teler het sy gunsteling bul en hierdie is bepaald een van Nico se keuses. Arthur de Villiers het hierdie bul algeheel onder die eerste 3 beste bulle op die veiling gepunt. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 1.00-0.05 8.1 4.5 15.6 21.0 4 123-236 329 16.82-3 5 52 12.5. Marmering: (2) Sagtheid: (4) Voedingseffektiwiteit: (7)

LOT 15: HART 05-0029 Hy is geteel uit die bekende ROBCO stoetvaar RCO 97-0028 en moer BHE 02-0011 wat uit die AG J8 en NPT 91-0022 bloedlyne kom. Daar is diepte in hierdie bul se stamboek! BHE 02-0011 het alreeds 3 kalwers gehad en almal wat aangebied is vir keuring is goedgekeur. Hierdie bul is n TOP PRESTEERDER met alle indekse bo 100. Sy GDT en Kleiber indekse was 122 en 116 onderskeidelik. Uitsonderlik is dat alhoewel sy speenindeks 110 was, het hy nog steeds n GDT indeks van 122 gehad! Hy was een van die beste presteerders in die FASE D toets. Hierdie is n sterk en manlike bul wat effens hoër op bene is (raam 3,5). Die bul kon n bietjie sterker agter die blad gewees het met gepaargaande beter toplyn. Die bul het gunstige teelwaardes vir geboorte direk en geboorte maternaal asook hoë speendirek en verdere uitstekende groei teelwaardes tot 18 maande. Sy lae geboortegewig en rasgemiddelde volwasse gewig maak hom n ALL ROUNDER wat op verse en koeie gebruik kan word. Ons was suksesvol om hier lae geboortegewig en uitstekende groei te kombineer (gewoonlik negatief gekorreleerd) in die teel van hierdie bul. Sy BLUP teelwaardes vir GDT, voeromset, voerkraalwins is almal in die top 10% van die ras terwyl sy voerinname in die laagste 10% van die ras is. Hierdie is n bul wat gras in vleis omsit teen die mees effektiefste tempo. Kalftempo en skrotum teelwaardes (top 10% van ras) is ook ver bo rasgemiddeld. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) -0.31-0.62 7.5 0.4 21.3 27.3 8 194-357 639 130.6 26 28 44 18.9 Marmering: (1) Sagtheid: (4) Voedingseffektiwiteit: (5)

LOT 16: HART 05-0030 Die bul is geteel uit die bekende Fortress stoetvaar FCT 00-0065. Ons het 5 bulkalwers van FCT 00-0065 op die FASE D toets gehad en sy nageslag het onderskeidelik die volgende gemiddelde indekse behaal: GDO (103); GDT (107) en Kleiber (105). Dit wys die genetiese diepte van hierdie bul. Sy moer is BHE 00-0022 wat uit die bekende AG J8 bloedlyn kom. Sy het op 30 maande die eerste keer gekalf en het al 6 kalwers gehad met TKP van 400 dae. Alle kalwers sover aangebied, is goedgekeur as stoet. Haar laaste bulkalf HART 07-0006 is n GOUE MERIETE bul soos getoets op die FASE C toetsstasie te Vryburg gedurende Februarie 2008. Hy het uitstekend gedoen tydens die FASE D toets en was die TOP PRESTEERDER met GDT, GDO en Kleiber indekse van 110, 122 en 114 onderskeidelik. Dit is n meduim raam tipe 3 bul met mooi vel en haar, baie goeie diepte, goeie skede en kloue en redelike bespiering. Sy beenstruktuur is fyner en hy behoort baie goed te doen om verse te open. Die bul het uitstekende teelwaardes en dit, gekombineer met sy goeie fenotipe, behoort die aandag van voornemende kopers te trek. Sy teelwaardes vir geboorte maternaal, melkproduksie en beide voor en na-speengroei is beter as die rasgemiddeld. Sy GDT en voerkraalwins teelwaardes is beide in die top 10% van die ras. U moet weer na die bul kyk! Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 0.45-0.07 5.0 3.3 14.8 21.2 3 162-268 356 82.82 17 11 47 4.0 Marmering: (1) Sagtheid: (3) Voedingseffektiwiteit: (8)

LOT 17: HART 05-0024 Sy vaar FCT 00-0065 is geregistreer as amptelike KI-bul in RSA. Die moer is BHE 02-0199 uit die bekende AG J8 en RCO 93-0012 lyne. Haar TKP is 723 dae aangesien sy die eerste jaar op Hartebeestloop oorgeslaan het. Sy het in die winter op die Kalahari veld aangekom en dadelik gekalf. Fenotipies is sy n uitstekende koei met goeie BLUP waardes en daarom het ons haar nog n kans gegee. Dit was n goeie besluit aangesien sy daarna n pragtige bulkalf by ons topstoetvaar AG 02-0027 gehad het en sy is nou weer dragtig. Die bul vertoon goeie breedte, het n besondere mooi kleur, goeie vel en haar en is baie goed gepunt op kloue, skedeaanhegting, testis, toplyn, kruis en stertaanhegting. Hierdie bul het goeie gebalanseerde BLUP teelwaardes met geboorte maternaal, speenmaternaal en kalftempo teelwaardes wat beter as die rasgemiddeld is. Sy skrotum het 410mm gemeet aan die end van FASE D. Sy hoogte/lengte verhouding is op rasgemiddeld en hy vertoon goed gebalanseerd. Hierdie mediumraam tipe 3 bul is n uitstekende ALL ROUNDER wat op verse en koeie gebruik kan word. Volgens ons is hierdie die ideale bul om verse oop te maak en goeie fenotipiese eienskappe met gebalanseerde BLUP waardes te teel met eerste kalwers. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV In- VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum name Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 0.46-0.48 4.5 2.6 10.6 12.3-1 45-109 81-1.86-25 -7 54 6.4 Marmering: (1) Sagtheid: (5) Voedingseffektiwiteit: (8)

LOT 18 : HART 05-0035 Die bul is geteel uit GMS 99-0226 (Okamaja Stoet) van Jörg Sigwart. Die moer is NGO 98-0206 wat alreeds 7 kalwers gehad het waarvan al die kalwers aangebied, goedgekeur is as stoet. Haar laaste bulkalf HART 07-0011 is n GOUE MERIETE Fase C bul wat goed gepunt is deur die keurders. Die bul vertoon n effens groter raam (tipe 4) met mooi vel en haar, goeie kloue en mooi diepte van hiel. Die bul het hoë geboorte direk en geboorte maternale teelwaardes en ons sal aanbeveel dat die bul slegs op koeie gebruik word. Sy speendirek, melkproduksie en voor en na-speen groeiwaardes is ver bo die rasgemiddeld. Sy voerkraalwinssyfer, kalftempo en skrotum is ook heelwat hoër as die rasgemiddeld. Vir die kommersiële teler wat swaar speenkalwers wil teel of osse wil bemark wat op 18 maande swaar genoeg is, is hierdie n bul om na te kyk. Al sy indekse was 100 of hoër gedurende die FASE D toets en dit word reflekteer in sy hoë groeisyfer teelwaardes. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 2.89 0.56 12.1 2.4 19.3 28.0 27 97-83 402 21.97 19 19 46 26.0 Marmering: 0 Sagtheid: (4) Voedingseffektiwiteit: (6)

LOT 19: HART 05-0028 Seun van vaar CEF 99-0259 (Zinabos Bonsmaras) is n geregistreerde KI bul;- hyself en 7 van sy bulkalwers is intensief in die Zinabos kudde gebruik. Die moeder CEF 99-0157 is uit die hand by Fourie Scheepers gekoop. Sy kom uit n goeie en beproefde moederlyn en het alreeds 6 kalwers gehad en is nou weer dragtig. Al haar kalwers aangebied sover is gekeur as stoet! Hierdie is n effens groter raam bul (tipe 4) met redelike bespiering en goeie diepte. Die bul het goed gebalanseerde BLUP waardes met geboorte direk, speendirek en 18 maande groei bo die rasgemiddeld. Sy goeie voeromsetteelwaarde, groot GDT en hoë voerkraalwins (top 10% van ras) is almal positiewe eienskappe. Hy is n TOP PRESTEERDER en het die derde beste presteer in die FASE D toets en sy GDO (105), GDT (112) en Kleiber (108) indekse is almal bo 100. Hierdie bul moet nie op verse gebruik word nie maar behoort goed te doen in kuddes waar die teeldoelwit is om grootte in die koeikudde in te bring. Geboortegewig Speengewig Jaargewig 18mnde Volwasse GDT VOV Inname VWI Hoogte Lengte Kalf Skrotum Direk Maternaal Direk Maternaal gewig (g/dag) (g/kg) (g) ( R) (mm) (mm) Tempo (mm) 0.09 0.02 5.8-0.7 11.6 20.0 20 86-221 147 59.54-11 6 29.0 4.3 Marmering: (2) Sagtheid: (4) Voedingseffektiwiteit: (7)

Hartebeestloop Bonsmara Stud Tel: +264 61 296 5820 Fax: +264 61 296 5890 Cell:+264 81 124 1168 e-mail: nvisser@joggie.com.na KOOP ONGESIENS: NAAM: PLAASNAAM & NAASTE DORP: TEL: SEL: FAKS: EMAIL: Ek stel belang in: BULLE: VROULIKE DIERE: My koeikudde is: Bonsmara Stoet Bonsmara Kommers BrahXBrits BrahXkontinentaal Sanga Kruisings Gemengde Kruisings Bulrasse wat ek die afgelope 3 jaar gebruik het: - - - Ek bemark kalwers deur: Voerkrale Verkoop as tollies Voer self Maak as osse groot Ek beplan om die bul(le) te gebruik op; Kleinraam verse Grootraam verse Koeie Nommer die volgende eienskappe soos dit vir u belangrik is: 1 baie belangrik / 2 minder belangrik / 3 minste belangrik Kalfgemak Raamgrootte Groei Melk Bespiering Kleur Ander eienskappe wat vir my belangrik is: Maksimum geboortemassa: My ideale raamgrootte: Klein Medium Groot Hou u vervangingsverse: Ja Nee Ek verkies: Ligrooi Donkerrooi Enige skakering van rooi Ek verkies bulle uit die volgende vaders: Ek verkies Lot no (s): Ek wil nie meer as N$ per bul spandeer N$ per vroulike dier spandeer Ek het die bul(le) of vroulike diere nodig voor: Faks of stuur hierdie vorm aan ons, verkieslik nie later as 20 Mei 2008 nie. Nico Visser bespreek die vorm met u en u besluit saam watter diere vir u die beste gaan pas.