Sê nou net (Soos n man met n ou maat en n nuwe idée) 1 Sê nou is n lekker sê; 2 Alles wat n mens wil hê; 3 alles wat jou hart begeer, 4 kry hy daarmee en nog meer. 5 Nooit kan jou die tyd verveel 6 as jy altyd sê-nou speel. 7 Sê-nou, sê ek aan my maat 8 toe ons saam loop langs die straat, 9 sê, byvoorbeeld, elke iets 10 van n motor tot n fiets, 11 perderkar of ossewa, 12 ryperd wat sy ruiter dra 13 alles waaop mense ry, 14 kom onsigbaar hier verby, 15 net die mense wat n klug! 16 trek dan sit-sit deur die lug, 17 ooms te perd met lange baard 18 wip-wip luglangs doodbedaard; 19 snaaks sou wees die trem-wa daar, 20 twee verdiepings opmekaar; 21 maar die baie sukkel-trap 22 lyk my nog die grootste grap 23 as jy net die fietser sien 24 maar geen spoor van sy masjien! 25 Sê nou, antwoord toe my maat, 26 ju hou op met onsin praat; 27 jy moet na die doctor gaan 28 met jou kop: daar skeel iets aan: 29 Sulke mal gedagtes kry 30 kom van mallemole ry! Uit: Ons prille jeug, 1930 Die subtitle gee die rede vir die speletjie: n volwasse man ontmoet weer n ou bekende en leef hom in n verbeeldings wêreld in. Begeer (desire); om iets te wil hê Verveel (bored; nie weet wat om met jouself aan te vang nie; nie weet hoe om die tyd om te kry nie
Ossewa (ox-wagon); wa deur osse getrek; ou vervoermiddel van die Voortrekkers Wat n klug (what a joke) dink iets is baie snaaks Luglangs (by air); in die lug doodbedaard (cool as a cucumber); baie rustig; nie bekommerd oor iets nie Trem-wa (tram); vervoermiddel op spore Baie-sukkel (bicycle); spottende verwysing na Engelse woord; voorbeeld van volksetimologie Skeel iets aan (something wrong with); daars iets fout Mallemole (meryry go round); Mallemeule, ronomtalie A.G. Visser *1878 1929) Die digte in konteks In enige taal of gemeenskap sal daar minstens een mens wees wat as volkskrywer of as volksdigter landswyd bekend sal raak. In Afrikaans was daar eers die wydbekende C.J. Langenhoven wat as skrywer en volkse filosoof n groot aanhang gehad het, al was dit onder die minder geskooldes van die volk. Kort op sy hakke kom A.G. Visser as digter van die wrange liefdesgedig, maar ook van die humoristiese spotvers en die wyse spreuk om geslagte skoolkinders en hul ouers te vermaak met sy droewige verse en allerlei wyshede oor die ironiese gang van die lewe. A.G. Visser was n mediese doctor wat baie lank op Heidelberg in (die ou Transvaal) n praktyk gehad het, maar hy het met sy gedigte van elke slag en soort baie meer as net die mense in sy praktyk genees Sê no binne konteks Hierdie volksdigter het n hele rits mooi liefdesgedigte geskryf, maar die grootste gedeelte van sy poësie is ligte, humorisiese en kort, pittige (aforistiese) verse wat met ligte spot die een of ander wysheid aan die volk wil oordra. Se-nou kom uit sy vierde bundle wat meestal verse vir kinders bevat. Vir kinders is fantasie en humor baie belangrik en dit het A.G. Visser al te goed verstaan. Verder wil n kind graag n storie of staaltjie hoor, en as daar rymende klanke ook bykom, is kinders in hul noppies. Dit het Visser ook goed geweet, en in hierdie gedig wys hy presies hoe knap hy al diè elemente van die poësie vir die teikengroep van kinders kon saambring en hulle vermaak in n tyd toe daar van telivisie nog geen sprake was nie.
Daar is voorstellings en figure in die gedig wat gedateer is, soos n ossewa of n ryperd maar dit is nie beelde wat totaal onbekend is nie, en die genot van die gedig lê in die speelse, ongekompliseerde fantasie wat dit van die leser vra. En kenmerkend van Visser se lerende instelling om saam met die plesier ook op te voed, sluit die gedig met n grappige vermaning om van die mallemole weg te bly. Gesels in groepe en gee julle opinies. Watter tipe speletjies het jy as kind gespeel om die tyd om te kry? Vertel vir mekaar. Wat sal jy vir tydverdryf doen indien daar nie dinge soos CD s, DVD,s fliek toe gaan, rekenaarspeletjies, ensovoorts, is nie. Pitkos vir n begrip van Se nou A.G. Visser is bekend vir sy ligte satiriese hekeldigte wat hy al tydens sy skooljare geïmproviseer het tot groot vermaak van sy medeskoliere. Baie onderwysers het dit natuurlik ontgeld. Visser het hom goed ingelewe in die geestegesteldheid van n kind en hoe die kind met sy rykverbeeldingslewe die wêreld met al sy wonders sien. Hiervan getuig die bundel Uit ons prille jeug waarin Se-nou vir die eerste keer in 1930 verskyn het. Se-nou is n goeie voorbeeld van n satiriese gedig. Die spreker in die gedig en sy maat speel die ou bekend verbeeldingspeletjie, Sê nou In die sort speletjie is enigiets moontlik. Die title skep alreeds die suggestie van n verbeeldingspel, terwyl die subtitle die soort spel kwalifiseer: bekende vriende wat met nuwe,vergesogte (farfetched) idees vorendag kom om die tyd om te kry Die gedig word as een strofe aangebied. Die kort versreëls, omgekeerde woordorde (inversie) gepaste woordkeuse( doodbedaard ; baie-sukkel, (aliterasie) die s-klank in versreë 8) en die paarrym (aabbcc) dra by tot n ligte speelsheid in die gedig Die maat vind alles nie so snaaks ( ;n klug ) nie en hy dink daar is iets fout met die spreker ( met jou kop : daar skeel iets aan ) en bevel die spreker aan om n silkundige te gaan spreek. Die maat skryf die spreker se lawwigheid ( mal gedagtes ) toe aan te veel mallemeule of rondomtalie ( mallemole ry. Leerfokus (EAT) Rym en ritme Inversie Satire Volksetimologie
Strofe-en versreëlbou Stemming AFR EAT GEDIGTE GRAAD 12
MEMORANDUM 1.1 Jy sal alles kry wat jy vra. 1.2 deur dieselfde gedagte op twee verskillende maniere te herhaal (reël 2 en 3) 1.3 onwaar Jy kry nog meer 2. verveeld 3. nooit ; altyd 4. terwyl hy met sy vriend ( maat ) langs die straat loop 5. Hy sien motors, fietse, perdekarre, ossewaens en ryperde. 6. n Mens sien gewoonlik vandag nie meer perdekarre, ossewaens en ryperde op straat nie, net heir en daar in plattelandse gebiede. 7. Hy verbeel hom al die voertuie is onsigbaar en al n mens sien net al die mense. 8. onsigbaar 9.1 ruiter (te perd) 9.2 fietsryer (per fiets) 9.3 motoris (te) (per motor) 10. onwaar n klug 11. in die lug 12.1 Nee, hulle is nog altyd op hul perde. 12.2 wip-wip luglangs doodbedaard 12.3 Jy sal hulle baarde ook saam met hulle sien beweeg.
13. Die boonste verdieping se tremryers sal lyk of hulle op die mense op die onderste vlak se koppe sit. 14.1. die fietsryer 14.2 Jy gaan sien hoe sy bene die fiets se pedale trap en hy vorentoe beweeg, maar jy sal nie sy fiets sien nie. 14.3 baie-sukkel 14.4 Jy moet hard werk (baie sukkel) om fiets te ry. Direkte vertaling van bicycle 14.5 maar geen spoor van sy masjien 15. sy maat 16. onsin 17.1 na die dokter 17.2 Daar skeel iets met sy kop; hy dink sy vriend is mal. 18. Hy het op n mallemeule gery. 19. Die verteller dink en sien vreemde dinge. 20. Nee, hy dink bloot die verteller is laf. 21. ligte spelerigheid 22. Jy kan die wêreld interessanter maak as jy jou verbeelding gebruik 23. paarrym