Dit begin alles hier. Letter en Wysbegeerte

Vergelijkbare documenten
Dit begin alles hier. Lettere en Wysbegeerte

Dit begin alles hier. Teologie

Dit begin alles hier. Teologie

SOSIALE- en OWERHEIDSTUDIE

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

EUROPA Trust Company 2

Sentraalbeplande stelsel

OUERAAND BEROEPSLEIDING:

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

Trek jou NWU-tekkies aan en loop ʼn dag in die skoene

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Dit begin alles hier. Ingenieurswese

Gestruktureerde MA in Kreatiewe Skryfkuns

Dit begin alles hier. Ingenieurswese

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Stuur die aansoekvorm aan:

Dit begin alles hier. Gesondheidswetenskappe

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

Les 14: Entrepreneurskap

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE

Stuur die aansoekvorm aan:

TOELATINGSVEREISTES TOT STUDIE AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT (ALGEMENE REGULASIES A2, A3 EN A4)

Klank en kleur in die skepping

Hierdie sertifikaat word in die volgende spesialiseringsrigtings aangebied:

Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids

NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE)

HOëRSKOOL PIONIER VAKKEUSE 2012 VERPLIGTE VAKKE. AFRIKAANS ENGELS WISKUNDE OF WISKUNDIGE GELETTERDHEID LEWENSORIëNTERING KEUSE VAKKE

Kandidate moet aan die volgende twee hoofvereistes voldoen: B. toepaslike literêre portefeulje, onderworpe aan interne en eksterne keuring.

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

n Uitkomsgebaseerde model vir die assessering van die ontvangsjaarkind

FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL STEL 1: 2012 MODELVRAE

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Innovasie deur diversiteit. Gesondheidswetenskappe

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Stelletjie Brosjure: Somer / Herfs 2017

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

2015 AKADEMIESE JAAR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

2 nd Chances... Wiskunde

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

ALGEMENE INLIGTING. Heelwat onderwerpe kan onder die hoof ingesluit word, maar dit word beperk tot enkcles wat vir alle studente van belang.

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

AANSOEK OM STUDIELENING

FAKULTEIT GEESTESWETENSKAPPE

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

JAARBOEK 2010 FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE VOORGRAADS Potchefstroomkampus

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSRIGLYNE 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 5

DESIGN RELIGIESTUDIES

Innovasie deur diversiteit NORTH-WEST UNIVERSITY YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA NOORDWES-UNIVERSITEIT POTCHEFSTROOMKAMPUS

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

JAARBOEK 2003 FAKULTEIT VAALDRIEHOEK VOORGRAADS POTCHEFSTROOMSE UNIVERSITEIT VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 MEMORANDUM

Rolprente uit twee verskillende genres *

RUGBYKLINIEK BY U SKOOL IN 2011!!

AANSOEK OM N ONDERWYSPOS BY LAERSKOOL LA HOFF

Die. BLIKslim. Bestellings Gids

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

Fakulteit Natuurwetenskappe

REKORD- EN EINDEKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Riglyne vir Steundiensaanstellings

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

Transcriptie:

Dit begin alles hier Letter en Wysbegeerte

VRYWARING Kennisgewing: Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ʼn opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is opgestel met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling vir ʼn program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word. Die toepaslike Jaarboek kan op aanvraag by die Toelatingskantoor verkry word: E-pos: magda.fourie@nwu.ac.za of skakel 018 299 2636. ALGEMENE navrae Potchefstroomkampus Skakel of skryf gerus aan: Departement Bemarking en Kommunikasie (NWU- Potchefstroomkampus), Privaatsak X6001, Potchefstroom, 2520. NWU-Pukke NWUPUK 018 299 2772 navrae@nwu.ac.za Toelating en koshuisverblyf Neem asseblief kennis dat die Universiteit weens bepaalde kapasiteitsbeperkings - die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie noodwendig tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle skolastiese prestasie gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings. Dieselfde geld vir koshuisinwoning. 018 299 2772 018 299 2772 NWU-PUKKEtv nwu.ac.za www.nwupukvirtueel.co.za 2015 NWU. Saamgestel deur die Dept. Bemarking en Kommunikasie (NWU-Potchefstroomkampus) in samewerking met die fakulteite en die Toelatingskantoor van die Potchefstroomkampus van die NWU.

Fakulteit LETTERE EN WYSBEGEERTE Inleiding Die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte bestaan uit vyf (5) skole wat elk n bepaalde studieterrein en spesifieke vakdissiplines verteenwoordig: Skool vir Filosofie (Filosofie, Etiek en Verstaan die wêreld); Skool vir Kommunikasiestudies (Kommunikasiestudie, Grafiese Ontwerp en Illustrasiekuns en Kunsgeskiedenis); Skool vir Sosiale en Owerheidstudie (Geskiedenis en Antieke Kultuur, Sosiale Antropologie, Openbare Bestuur en Regering, Politieke Studie en Sosiologie); Skool vir Tale (Afrikaans en Nederlands, Setswana, Duits, Engels, Frans, Skryfkuns, Taaltegnologie, Vertaal- en Tolkstudie en Gebaretaal; en Skool vir Musiek (Musiekvakke). Die program in BA Musiek en Samelewing en die Diploma in Musiek word voltyds in Engels aangebied. Alle ander voorgraadse kwalifikasies waarvoor die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte verantwoordelik is, word slegs voltyds en slegs in Afrikaans aangebied. Sekere programme maak egter voorsiening vir tolking. Om vir studie in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte te kwalifiseer, moet n voornemende student aan die betrokke studierigting se vereiste APS-telling voldoen. Taalvereiste n Slaagsyfer van 50-59% (vlak 4) in die taal van leer en onderrig op huistaal- of eerste addisionele taalvlak word vereis. Die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte bied die volgende kwalifikasies en programme aan: Baccalaureus Artium (BA) Ontwikkeling en Bestuur (Programkode vir aansoekvorm: 1001331: L304P tot L309P) In die staatsdiens, met vertakkinge soos die nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede, en die verskillende departemente en afdelings daarin, is daar baie beroepsmoontlikhede vir voornemende studente. Hierdie kwalifikasie berei studente voor om n positiewe bydrae te maak in die staatsdiens se lewering van dienste aan die samelewing. Kurrikulums Openbare Bestuur en Regeerkunde Openbare Bestuur met Menslikehulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge Openbare Regeerkunde en Politiek met Regsvakke Openbare Bestuur en Regering met Ekonomie Openbare Bestuur en Regering met Sosiologie Openbare Bestuur en Omgewing Universiteitstoelating; en APS van minstens 20.

Openbare Bestuur en Regering, Arbeidsverhoudinge, Bedryfsielkunde, Ekonomie, Politieke Studie, Regsmodules en Sosiologie. Hierdie program word slegs voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar. Die suksesvolle afhandeling van die program bied toelating tot die honneursgraad in Ontwikkeling en Bestuur en, afhangend van die ander hoofvakke wat geneem is, ook tot die honneursgraad in Politieke Studie, Sosiologie, Ekonomie. Erfenis- en Kultuurtoerismebestuur (Programkode: 1001421: L301P) n Wye verskeidenheid loopbaanopsies bestaan in die toerismesektor en erfenisterreine en museums. Hierdie kurrikulum waarin Geskiedenis (met modules waarin gefokus word op erfenis- en kultuurtoerisme) en Toerismebestuur gekoppel word, berei studente in dié verband voor. Universiteitstoelating; en APS van minstens 20. Geskiedenis en Toerismebestuur. Hierdie program word slegs voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar. Hierdie program bied toelating tot die honneursgraad in Toerismebestuur. Gedragswetenskappe (Programkode: 1001431: L300P) Hierdie kurrikulum kan lei tot beroepe as bedryfsielkundiges of arbeidsverhoudingepraktisyns. Kurrikulums Slegs een kurrikulum word in hierdie program aangebied. Kurrikulums Die program het slegs een kurrikulum wat bekend staan as Erfenis- en Kultuurtoerismebestuur.

Universiteitstoelating; en APS van minstens 20. Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudinge. Hierdie program word slegs voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar. Suksesvolle voltooiing van die program gee toelating tot die honneursgraad in Menslike Hulpbronbestuur, in Arbeidsverhoudinge, asook in Bedryfsielkunde. B Sosiale Wetenskappe (BSocSc) (Programkode: 9091001: L301P tot L306P) Die voordeel van hierdie opwindende program op die Potchefstroomkampus is dat dit aan studente aan die een kant uitstekende kombinasies van hoofvakke bied wat goeie beroeps-moontlikhede verseker en aan die ander kant n wye verskeidenheid byvakopsies aan studente bied om van te kies soos tale, ander sosiale wetenskappe en selfs enkele vakke uit ander fakulteite. Afhangend van die kurrikulum wat gevolg word, sluit beroepsmoont-likhede die volgende in: mark- of sosiale navorsers; onderwys (veral in kombinasie met tale tot op tweedejaarsvlak); joernalis;

nuuskommentator; analis; ontwikkelaar; beplanner; politieke analis; toeristeleiers; kultuurhistorici; impakstudienavorsers; bestuurders en ekonome. Kurrikulums Individu en Samelewing Sosiale Dinamika Politiek en Samelewing Kultuur en Samelewing Omgewing en Samelewing Ekonomie en Samelewing Universiteitstoelating; en APS van minstens 20. Ekonomie, Geskiedenis, Politieke Studie, Sosiale Antropologie, Sosiologie, Geografie en Omgewingstudies, Psigologie, Arbeidsverhoudinge, Afrikaans en Nederlands, Engels, Duits, Frans, Filosofie, Kommunikasie, Kunsgeskiedenis, Openbare Bestuur en Regering, Setswana. Hierdie program word slegs voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar. Afhangend van die hoofvakke wat geneem is, bied die suksesvolle afhandeling van hierdie program toelating tot die honneursgraad in Psigologie, Sosiologie, Geskiedenis, Politieke Studie, Geografie en Omgewingstudie, Ekonomie. Geesteswetenskappe (Programkode vir aansoekvorm: 1001351: L317P tot L346P) Hierdie program lei tot die verwerwing van n algemeen-vormende BA-graad en bied toelating tot nagraadse studie in n verskeidenheid vakke. Doel en beroepsmoontlikhede van dié program Die doel van hierdie program is om studente op te lei vir die eise wat die Suid-Afrikaanse samelewing stel en om hulle te skool in die toepassing van akademiese vaardighede met die oog op verdere studie.

Universiteitstoelating; en n APS-telling van minstens 20. Van die vakke wat in hierdie program geneem kan word, is Tale (Afrikaans en Nederlands, Duits, Engels, Frans, Setswana), Psigologie, Bedryfsielkunde, Geskiedenis, Politieke Studie, Openbare Bestuur en Regering, Kunsgeskiedenis, Filosofie, Sosiale Antropologie, Ekonomie, Sosiologie, Rekenaarwetenskap, Geografie en Omgewingstudies en Wiskunde. Die program word voltyds oor drie (3) jaar aangebied. Die suksesvolle voltooiing van hierdie program bied toelating tot verskeie honneursgrade, afhangende van die samestelling van vakke wat geneem word. Taal- en Literatuurstudie (Programkode vir aansoekvorm: 1001401: L331P tot L343P) Hierdie program behels die bestudering van verskillende tale en in die besonder die taal- en die letterkundes van verskillende tale. Doel en beroepsmoontlikhede van dié program Om studente se taalvaardigheid te bevorder vir die doel van effektiewe kommunikasie in n verskeidenheid van beroepe; en Om deur literatuurstudie studente se kulturele bewussyn te

verskerp wat besonder waardevol is in n multikulturele land soos Suid-Afrika, maar ook ten opsigte van die prosesse van globalisering waarin die wêreld tans is. Universiteitstoelating; en n APS-telling van minstens 20. Vakke wat in hierdie program geneem kan word, sluit in Afrikaans en Nederlands, Engels, Setswana, Frans, Duits, Skryfkuns, Vertaal- en Tolkstudie en Gebaretaal. Hierdie program word slegs voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar. Ná voltooiing van hierdie program sal die student in staat wees om die verwantskap tussen musiek, kultuur en samelewing te begryp en hierdie insig aan te wend om gemeenskapsprojekte oordeelkundig te ontwikkel. Universiteitstoelating; n APS-telling van minstens 21; en Slaag van n musiekaanlegtoets en praktiese toelatingstoets. Die belangrikste vakke in hierdie program is Musiektegnologie, Musiekgeskiedenis, Musiekopvoeding, Musieknotasie, Musiekteorie, Afrika-musiek, Musiekuitvoering, Kunstebestuur en Koorleiding. Afhangende van die student se vaksamestelling, bied die suksesvolle voltooiing van hierdie program toelating tot die honneursgraad in verskeie vakke. BA Musiek en Samelewing (Programkode vir aansoekvorm: 1001481: L325P) Hierdie program het n vasgestelde vaksamestelling. Doel en beroepsmoontlikhede van dié program Die doel van hierdie program is om die student in staat te stel om effektief te funksioneer as musikant in die Suid-Afrikaanse konteks.

Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar. BA Kommunikasiestudies (Programkode vir aansoekvorm: 1001591: L327P) Hierdie program fokus op die breë terrein van kommunikasiepraktyk. Dit is moontlik om vir hierdie program een nie-kommunikasie-hoofvak te neem. Studente verwerf ná voltooiing van die derde studiejaar die graad BA. Die doel van die program is om kommunikasiekundiges te lewer wat hul kennis en vaardighede in n professionele kommunikasiekonteks kan toepas, veral op die terreine van korporatiewe kommunikasie [skakelwerk en bemarking], joernalistiek en korporatiewe en dokumentêre videoproduksie en ontwikkelingskommunikasie. Studente wat hierdie program volg, word aangeraai om na die verwerwing van die kwalifikasie, voort te gaan met die honneursgraad in Kommunikasiestudies. Webontwikkeling, Ontwikkelings- en Politieke Kommunikasie, Video, Geïntegreerde Korporatiewe Media, Media- en Korporatiewe Skryfwerk. Hierdie kommunikasiemodules kan met n verskeidenheid nie-kommunikasievakke gekombineer word. Die program word voltyds aangebied en strek oor drie (3) jaar. Ná voltooiing van die program word studente toegelaat tot die honneursgraad in Kommunikasiestudie of die honneursgraad in die nie-kommunikasievak wat tot in die derde studiejaar geneem is. Universiteitstoelating; n APS-telling van minstens 24; Belangrikste modules Die belangrikste modules sluit in Massakommunikasie, Joernalistiek, Korporatiewe Kommunikasie, Publisering, Mediabeleid, -etiek en -reg, Interkulturele en Internasionale Kommunikasie, Bemarkings-kommunikasiebestuur,

Grafiese Ontwerp (Programkode vir aansoekvorm: 1881011: L401P en L409P) Grafiese Ontwerp is kuns in die vorm van visuele kommunikasie. Die taak van n grafiese ontwerper behels die skep van oorspronklike en kreatiewe illustrasies of ontwerpe. Grafiese Ontwerp behels die estetiese en kreatiewe aspek van alle promosie-materiaal. Voorbeelde hiervan is die ontwerp en illustrasie van embleme, brosjures, promosieplakkate, webbladsye, interaktiewe CD s, tegniese en redaksionele illustrasies, spyskaarte, besigheidskaartjies, voorbladontwerp en uitleg-ontwerp en korporatiewe beeldmateriaal wat in die besigheids- en reklamewêreld gebruik word. Program Vir hierdie kwalifikasie word twee gerigte kurrikulums aangebied wat fokus op opleiding aan studente wat n beroep in die snelgroeiende grafiese ontwerpbedryf in Suid-Afrika wil beoefen. Die gekwalifiseerde persoon wat van onafhanklikheid hou, kan sy of haar eie onderneming begin of ander ontwerpers aanstel om saam met hom of haar te werk. Die wêreld van grafiese ontwerp is een van die stimulerendste en opwindendste studierigtings wat die talentvolle student kan betree en bied talle loopbaanmoontlikhede wat bevredigend en vol uitdagings is. Beroepsmoontlikhede sluit onder meer in: Illustreerder; Kinderboekillustreerder; Multimedia-ontwerper; Onderrig; Ontwerpregisseur; Professionele grafiese ontwerper; Die doel van die program is om grafiese ontwerpkunstenaars op te lei wat hul kennis en vaardighede na behore kan gebruik op die gebied van professionele grafiese ontwerpkuns. Die grafiese ontwerpbedryf is n groeiende, dinamiese bedryf en is algemeen bekend as die grootste werkgewer van kunstenaars in kreatiewe beroepe. Individuele talent, dryfkrag en persoonlikheid speel egter n deurslaggewende rol in die bepaling van die plek wat n gekwalifiseerde persoon in die mark sal beklee. Heelwat ondernemings, maatskappye, ontwerpinstansies, kommunikasieen drukkershuise stel grafiese ontwerpers aan.

Redaksionele ontwerper; Reklamekunstenaar; Spotprenttekenaar; Uitlegkunstenaar; Verpakkingsontwerper; en Webbladontwerper. Universiteitstoelating; n APS-telling van minstens 22; en Keuring, op grond van n voorgelegde portefeulje, vind op 31 Augustus van die voorafgaande jaar plaas. n Akademiese rekord word vereis. Die belangrikste vakke in hierdie program is Grafiese Ontwerp, Illustrasiekuns, Kunsgeskiedenis en Kommunikasiestudie. Die program word voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar. Ná voltooiing van die program kan studente toegelaat word tot die magistergraad in Grafiese Ontwerp (praktyk). Baccalaureus Musicae (BMus) (Programkode vir aansoekvorm: 1141011: L416P) Programme Die eerste twee studiejare word as basiese opleiding in musiek beskou. Daarna kan studente hulle kurrikulum só saamstel dat dit n spesifieke fokus het, bv. musiekuitvoering, musiekwetenskap, musiekopvoeding, komposisie of musiektegnologie. Om studente só toe te rus dat hulle in staat sal wees om hulle kennis en vaardighede in die beroepsituasie toe te pas en om op eie inisiatief verdere kennis vir die beoefening van hulle beroepe te verwerf; Om kennis en vaardighede te verskaf waarmee studente in die musiekwêreld n bydrae kan lewer tot die bevordering van alle tipes en genres musiek in Suid-Afrika; en Om studente voor te berei vir n uitvoerende, skeppende, onderwys- of akademiese beroepsloopbaan. Spesifieke toelatingsvereistes van die onderskeie programme Bykomend tot die algemene universiteitstoelatingsvereistes, geld die volgende vereistes: Universiteitstoelating; n APS-telling van minstens 21; Graad VII in een instrument en Graad V in teorie (UNISA) of minstens vlak 5 (60-69%) in Musiek as Aangewysde Senior Sertifikaat-vak, of n ander gelykwaardige standaard in musiek wat deur die Senaat goedgekeur word; en n Praktiese oudisie en teoretiese toelatingstoets moet suksesvol afgelê word. Die belangrikste vakke in hierdie program is Musiekgeskiedenis, Gehooropleiding, Musiekopvoeding, Praktiese Musiek, en Musiekteorie.

Ander vakke wat ingesluit kan word, is Sosiale Musiekwetenskap, Populêre Musiek, Komposisie, Musiekkritiek, Musiektegnologie, Akoestiek, en Musiekterapie. Daarmee saam moet in die loop van die kursus n keusevak geneem word uit Afrikaans en Nederlands, Duits, Engels, Frans, Psigologie en Wiskunde. Die program word voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar. Afhangend van watter fokus gekies word, kan studente tot die magistergraad in die spesifieke spesialiseringsrigting toegelaat word. Diploma in Musiek (DM) (Programkode vir aansoekvorm: 9021001: L206P) Program Een (1) kurrikulum word aangebied vir hierdie kwalifikasie. Om studente voor te berei om as musikante met basiese kennis en vaardighede op te tree; en Om studente toe te rus met basiese kennis van musiekopvoeding wat hulle in staat sal stel om ander studente op n basiese vlak te onderrig. Nasionale Senior Sertifikaat; APS-telling van minstens 15; en Musikale aanlegtoets en onderhoud met keuringspaneel.

Die belangrikste vakke sluit die volgende in: Musiekgeskiedenis, Musiekopvoeding, Musieknotasie, Musiekteorie en Musiekuitvoering. Die program word voltyds aan-gebied en strek oor drie (3) jaar. Toelating tot verdere studie Studente wat nie oor universiteitstoelating beskik nie, kan ná verwerwing van hierdie kwalifikasie en die verkryging van universiteitstoelating op grond daarvan tot graadstudie toegelaat word, soos bv. die BA Musiek en Samelewing.

Beroepsgerigte opleiding Internasionaal erkende grade Afrikaans (met opvoedkundige tolking in sekere kursusse) Polsende studentelewe Veilige kampus 018 299 2772 navrae@nwu.ac.za nwu.ac.za nwupuk.mobi NWU-Pukke NWUPUK NWU-PUKKEtv