DISSIPLINêRE KODE VIR LEDE VAN DIE BOSVELD JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

Vergelijkbare documenten
AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

HOOFSTUK 9 Regspleging

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DISSIPLINêRE KODE REGLEMENT INSAKE DISSIPLINêRE OPTREDE TEEN PERSONEEL

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

1 Woordomskrywings Onbehoorlike gedrag en strawwe Metode van ondersoek van bewerings van onbehoorlike gedrag 3-6

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

UITSPRAAKOPHERSIENING

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

Dissiplinêre kode: Reglement insake dissiplinêre optrede teen personeel

TERME EN VOORWAARDES

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

DISSIPLINÊRE- EN GRIEWEPROSEDURE

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

DISSIPLINÊRE BELEID. Prosedure vir die hantering van Kategorie A-oortredings.

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

SEKSUELE TEISTERING: BELEID EN PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN PERSONEEL

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

Eerste jaarvergadering en konstitusie

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

HOOFSTUK 5 Die President

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

Excursio. Algemene Grondwet

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

DEPARTEMENT VAN VERVOER

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

VERWYSINGSGIDS VIR SOLIDARITEIT VERTEENWOORDIGERS

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Gedragskode. 3.1 Studente en hul ouers/voogde moet deeglik op hoogte wees van alle reëls en die dissiplinêre stelsel wat op DGH van toepassing is.

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

WET OP BEVORDERING VAN

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

SKEDULE 1 Eed/Plegtige verklaring van Regters SKEDULE 2 Eed/Plegtige verklaring van Ministers en Adjunk-Ministers

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

ANNA HENDRINA MYBURGH

MUNISIPALITEIT BEAUFORT-WES. Kennisgewing nr. 145/2005

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Pre-Graad R / Graad R

ARBEIDSREG ABR214. T:

KOOPOOREENKOMS IDENTITEITSNOMMER: ONGETROUD/GETROUD BINNE/BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE (HIERNA GENOEM DIE VERKOPER")

Tjokkerjol Speelgroepie

Outeursreg Juta & Kie Beperk

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS 31 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 26 JULIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 AUGUSTUS 2000]

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Transcriptie:

DISSIPLINêRE KODE VIR LEDE VAN DIE BOSVELD JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING ADDENDUM TOT DIE KONSTITUSIE VAN DIE BOSVELD JAGTERS- & WILDBEWARINGSVERENIGING Inleiding: Aangesien dit die doelstelling en strewe van Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging is om hoë etiese jagstandaarde en morele waardes van lede van Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging te verwag en te handhaaf, aanvaar Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging na oorlegpleging met sy lede, hiermee hierdie Dissiplinêre Kode waaraan al sy lede onvoorwaardelik gebonde sal wees. 1. Woordomskrywings: In hierdie kode beteken: handeling verrig ook n mondelinge of skriftelike verklaring maak. CHASA die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika. eiendom enige bate, hetsy roerend of onroerend van aard. jag jag soos omskryf in die wetsbepalings van krag in die onderskeie provinsies van die Republiek van Suid- Afrika wat betrekking het op die beheer en regulasie van jag, fauna en flora. jagwapen enige vuurwapen, boog of ander apparaat wat vir jagdoeleindes aangewend kan word. lid ook n gewone lid, lewenslange lid, erelid, junior lid, gesins lid en toegewyde lid. BJV Bosveld Jagers- en Wild-bewaringsvereniging. voordele ook enige reg om deel te neem aan n aktiwiteit wat deur BJV of enige tak van BJV gereël is. 2. Wangedrag: n Lid van BJV kan van wangedrag aangekla word indien so n lid:- a) In n geregshof skuldig bevind is aan n oortreding van enige van die wetsbepalings van krag in enige van die provinsies van die Republiek van Suid-Afrika wat betrekking het op die beheer en regulering van jag, fauna en flora en die lid al sy appèlregte uitgeput het of die tydperk om appèl aan te teken, verstryk het; b) n Handeling verrig het wat BJV in n negatiewe lig by enige deel van die algemene publiek of belanghebbendes in die jagbedryf gestel het of kan stel; c) Stryding met enige bepaling van die grondwet van BJV of reëls ingevolge die grondwet van BJV opgestel is, gehandel het; d) Die eiendom van BJV op n onregmatige wyse toe-eien of kwaadwillig beskadig; e) Homself skuldig maak aan korrupsie vir sover dit die werksaamhede of belange van BJV of CHASA aanbetref of aangaan; f) n Vals verklaring op skrif of andersins teenoor enige persoon maak sover dit betrekking het op die werksaamhede of belange van BJV of CHASA; g) Sy jagwapen of n ander wapen opsetlik gebruik om eiendom te beskadig of n persoon te dreig, te beseer of n lewe te neem. h) Onder die invloed van drank of n ander middel wat n narkotiese uitwerking het, jag of aan skietoefeninge of skietkompetisies deelneem; i) Hom onsportief, onwaardig of skadelik vir die Vereniging se goeie naam en prestige gedra het; j) Tydelik of permanent vir vergoeding of andersins enige wapens, klere of ander kentekens van lidmaatskap van die Vereniging aan nie-lede afstaan; of k) Enige ander handeling verrig het wat nie onder enige van die voorafgaande wangedra-oortredings tuisgebring kan word nie en wat na die oordeel van die Uitvoerende Bestuur nadelik vir BJV se beeld in n besondere opsig of in die algemeen is of kan wees of wat nadelik kan inwerk of ingewerk het op enige van die bedrywighede of aktiwiteite van BJV. 3. Prosedure van voorlopige ondersoek, ondersoek van wangedrag, strafoplegging en appèl: Wanneer n lid van BJV van wangedrag beskuldig word, kan die Uitvoerende Bestuur (UB) n stemgeregtigde lid van BJV of n subkomitee bestaande uit lede van BJV, hierna die ondersoekbeampte of komitee genoem, aanstel om n voorlopige ondersoek te doen en getuienis in te win ten einde vas te stel of daar gronde vir n aanklag van wangedrag teen so n lid bestaan.

2 4. Die UB kan na goeddunke te eniger tyd enige inligting ten opsigte van die beweerde pleging van n misdryf deur enige lid van BJV aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens of die toepaslike natuurbewaringsowerhede oorhandig vir ondersoek en vervolging in n geregshof en kan te eniger tyd daarna n ondersoek na beweerde wangedrag teen so n lid ingevolge hierdie kode laat instel. 5. Na voltooiing van die voorlopige ondersoek in paragraaf 3 bedoel, moet die ondersoek-komitee of beampte oorweeg of daar voldoende getuienis is om n aanklag van wangedrag te staaf en, indien wel, wat die aard en inhoud van die aanklag moet wees. Meer as een aanklag kan teen so n lid ingebring word en meer as een lid kan gesamentlik aangekla word indien die getuienis dit regverdig. 6. Indien die ondersoekbeampte of komitee van oordeel is dat daar voldoende gronde vir n aanklag van wangedrag teen so n lid is, moet die ondersoekbeampte of komitee so n lid skriftelik van wangedrag aankla. 7. n Aanklag van wangedrag moet skriftelik formuleer word en aan die betrokke lid persoonlik of per geregistreerde pos afgelewer word en moet n kennisgewing bevat of van n kennisgewing vergesel gaan waarin die lid aangesê word om voor n bepaalde datum, wat in die kennisgewing vermeld moet word, aan die UB n skriftelike pleit op die aanklag(te) af te lewer. 8. a) Indien die lid die aanklag of van die aanklagte ontken of versuim om aan die kennisgewing in paragraaf 7 bedoel, te voldoen, stel die UB n geskikte persoon aan wat n lid van BJV is aan om die dissiplinêre verhoor van die beweerde wangedrag waar te neem (hierna die voorsittende beampte genoem). b) Die UB moet die ondersoekbeampte, wat n lid van BJV is, aanstel om die getuienis te lei teen die lid wat so aangekla word (hierna die aanklaer genoem). 9. Dien ondersoek in paragraaf 8(a) bedoel, word op die perseel van die hoofkantoor van BJV gehou en neem n aanvang op n datum en tyd wat in die klagstaat vermeld word, met dien verstande dat die UB die plek, datum en tyd meet die instemming van al die partye kan verander. 10. Die ondersoek in paragraaf 8(a) bedoel word in kamera gehou. 11. By die ondersoek na wangedrag het die aangeklaagde lid die reg om persoonlik teenwoordig te wees en deur n regsverteenwoordiger van sy keuse verteenwoordig te word; Met dien verstaande dat die aangeklaagde lid persoonlik vir al sy kostes in verband met die bywoning, verblyf- en reiskostes, regskostes en sodanige kostes vir sy getuies wat hy mag roep om namens hom in die ondersoek te getuig, verantwoordelik sal wees. n Junior lid kan deur sy ouer of voog bygestaan word. 12. Die aangeklaagde lid sal geregtig wees om insae te hê in dokumentêre getuienis en skriftelike verklarings van getuies wat teen hom in die ondersoek gebruik gaan word; met dien vertande dat hy afskrifte daarvan op eie koste en voor aanvang van die ondersoek by die hoofkantoor van die BJV moet aanvra, teen voorafbetaling van die koste daarvan, en dat dit nie as verskoning of rede aangevoer mag word om die aanvang van die ondersoek te vertraag nie indien hy dit nie vooraf ontvang het nie. 13. a) By die aanvang van die ondersoek moet die aangeklaagde lid versoek word om op die aanklagte te pleit deur die aanklag te erken of te ontken en redes aan te voer waarom hy die aanklag ontken. b) Die aangeklaagde lid kan te eniger tyd gedurende die ondersoek van die bewerings of al die bewerings in n aanklag erken in welke geval die erkende bewerings as bewese aanvaar kan word. 14. a) Indien die aangeklaagde lid die aanklag of van die aanklagte teen hom erken het ingevolge die bepalings van paragrawe 7 of 13(a) word hy geag skuldig bevind te wees aan daardie aanklagte van wangedrag wat hy erken het. b) Indien die aangeklaagde lid ingevolge paragraaf 7 of 13(a) al die aanklagte erken het, moet die voorsittende beampte met die ondersoek voortgaan volgens die bepalings van paragraaf 19(a) en (c).

3 15. a) Indien die aangeklaagde lid nie opdaag by die ondersoek op die bepaalde plek, datum en tyd nie en daar nie namens hom n gegronde rede aangevoer word waarom hy nie teenwoordig kan wees nie, moet daar met die aanbied van getuienis voortgegaan word; Met dien vertande dat die aangeklaagde lid, indien hy later tydens die ondersoekverrigtinge teenwoordig is, insae in die gelewerde getuienis kan hê. Indien hy versuim om teenwoordig te wees tydens die ondersoek, word die ondersoek in sy afwesigheid afgehandel en word die bepalings van paragrawe 17,18,19,20,21 en 22, soos van toepassing, daarna gevolg. b) Indien daar n grondige rede bestaan waarom die aangeklaagde lid nie die ondersoek kan bywoon nie en hy laat blyk het dat hy die ondersoek wil bywoon, moet die ondersoek n a n geskikte datum verdaag word vir die voortsetting van die ondersoek in die teenwoordigeheid van die aangeklaagde lid. c) Indien n getuie in die ondersoek om n gegronde rede nie teenwoordig kan wees nie, sal die bepalings van paragraaf 15 (b) mutatis mutandis van toepassing wees. 16. Die voorsittende beampte kan op gegronde redes die ondersoek verrigtinge na n ander datum plek en tyd verdaag en die ondersoek op sodanige datum, tyd of plek voortsit soos omstandighede mag vereis. 17. a) Indien die aangeklaagde lid die aanklag of van die aanklagte teen hom ontken, kry die aanklaer die geleentheid om die getuienis te bewys van die aanklag of aanklagte aan te bied en daarna kry die aangeklaagde lid geleentheid om getuienis tot die teendeel aan te bied. Alle getuies wat mondeling getuig kan deur die teenparty onder kruisverhoor geneem word. b) Slegs oorspronklike of gewaarmerkte afskrifte van dokumente kan tydens die ondersoek na wangedrag as getuienis voorgelê word. c) Alle getuienis afgelê tydens die ondersoek sal onder eed afgelê word tensy n getuie geloofsbeswaar daarteen hê, in welke geval die getuienis as die waarheid bevestig sal word. d) Nadat die getuienisaanbieding afgesluit is, kan die partye die voorsittende beampte op die meriete van die getuienis toespreek waarna die voorsittende beampte, indien hy of sy dit nodig ag, kan verdaag om die getuienis te oorweeg. e) Daar moet n notule (meganies of andersins) van die ondersoekverrigtinge gehou word. 18. By die voorlegging, tydens die ondersoekverrigtinge, van n gewaarmerkte afskrif van n klagstaat of ander amptelike dokument waarvolgens die aangeklaagde lid in n geregshof skuldig bevind is aan n oortreding wat op wangedrag ingevolge hierdie kode neerkom, word daar in die afwesigheid van aanvaarbare getuienis wat n redelike twyfel tot die teendeel skep, aanvaar die aangeklaagde lid aan so n misdryf skuldig bevind is. 19. a) Na oorweging van die getuienis moet die voorsittende beampte sy bevinding bekend maak en die redes vir sy bevinding gee. n Skuldigbevinding kan slegs uitgebring word indien daar bo redelike twyfel bewys is dat die aangeklaagde lid die beweerde oortredinge in die aanklag of aanklagte vervat, gepleeg het. b) Indien die betrokke lid skuldig bevind word, moet die partye die geleentheid gebied word om verswarende of versagtende omstandighede voor te lê. c) Die voorsittende beampte moet daarna die verswarende en die versagtende omstandighede beoordeel en met inagneming van die bepalings van paragraaf 22(3) een of meer van die strawwe, soos van toepassing, wat in paragraaf 22(1) vermeld word, oplê. 20. a) Indien die aangeklaagde lid verontreg voel oor sy skuldigbevinding en/of straf, kan hy binne 14 dae na strafoplegging skriftelik appelleer na die UB. Die kennisgewing van appèl moet die hoofkantoor van BJV nie later as 16h00 van die 14de dag na oplegging van straf bereik nie; Met dien verstande dat die UB op gegronde redes n langer tydperk van nie meer as 3 dae vir die laat indien van die kennisgewing van appèl kan toelaat. b) In sodanige kennisgewing van appèl moet die gronde en argumente waarop geappèlleer word, duidelik uiteengesit word. Geen mondelinge betoë sal toegelaat word by die oorweging van die appèl nie.

4 c) die voorsittende beampte en die aanklaer kan skriftelik op die appèlgronde en argumente antwoord en moet hul antwoorde binne 7 dae na ontvangs van die kennisgewing van appèl en argumente aan die UB verskaf. 21. 1) Na oorweging van die notule van die ondersoekverrigtinge, die redes vir die bevindings en strawwe opgelê, die appèlgronde en argumente en antwoorde ingevolge paragraaf 20(c) voorgelê, indien enige, moet die UB die skuldigbevindings en/of strawwe deur die voorsittende beampte opgelê: a. bekragtig, of b. tersyde stel, of c. bekragtig om ander redes as die van die voorsittende beampte of komitee, of d. tersyde stel en die saak na die voorsittende beampte of komitee terugverwys met die opdrag om verdere getuienis ten aansien van een of meer bepaalde aangeleenthede aan te hoor, of e. die skuldigbevinding vervang met n skuldigbevinding van n ander wangedragoortreding wat deur die getuienis bewys is, of f. n ander straf in paragraaf 22(1) vermeld, oplê indien die getuienis na die oordeel van die UB so n ander straf regverdig, welke ander straf ook n swaarder straf mag wees as wat die voorsittende beampte opgelê het ingevolge parafraaf 19(c). Geen voorafkennisgewing aan die appellant word gegee indien die UB die straf in enige opsig verander nie. 2) Wanneer die UB ingevolge die paragraaf 21(1)(d) die saak na die voorsittende beampte of komitee terug verwys het, moet al die partye dienooreenkomstig ingelig word en van die datum, tyd en plek van die aanhoor van die addisionele getueinis in kennis gestel word en moet die aanklaer die reëlings tref wat nodig mag wees om daardie getuienis aan te bied. 3) Na aanhoor van addisionele getuienis, moet die partye die geleentheid gegun word om bykomende getuienis aan te bied. 4) Na aanhoor van die bykomende getuienis, as daar is, moet die bepalings van paragrawe 19 en 21(1)(a), (b), (c), (e) of (f) gevolg word en mag die UB nie weer die aangeleentheid terugverwys nie. Geen verdere appèl word toegelaat nie en die bevinding van die UB is finaal. 22. 1) Een van die volgende strawwe kan die oortreder ten opsigte van elke oortreding van wangedrag, waaraan so n persoon skuldig bevind word, ingevolge hierdie Kode opgelê word; Met dien verstande dat meerdere oortredinge vir doeleindes an straf saamgeneem kan word en dan slegs een van die volgende strawwe ten opsigte van daardie oortredinge opgelê kan word: a. Die lid se lidmaatskap van BJV, met verbeuring van opbetaalde lidmaatskapgelde, beëindig, b. Die lid se lidmaatskap van BJV met verbeuring van opbetaalde lidmaatskapgelde en/of voordele of n aanspraak op voordele vir n tydperk van hoogstens vyf jaar op gepaste voorwaardes opskort. c. Die lid se uitoefening van alle of bepaalde voordele of aanspraak op sodanige voordele vir n tydperk van hoogstens vyf jaar op gepaste voorwaardes opskort; of d. Die oplegging van straf vir n tydperk van hoogstens vyf jaar op gepaste voorwaardes uitstel; of e. Die lid te vermaan. f. Enige van bogemelde strawwe oplê, maar dit opskort vir sodanige tydperk en op sodanige voorwaardes as wat die voorsittende beampte goed mag ag. 2) Enige opgeskorte straf wat n lid ingevolge hierdie Kode opgelê is, kan deur die UB, wanneer die opskortingvoorwaardes deur die lid verbreek is, na goeddunke in werking gestel word en kan die UB ingelyks, wanneer die lid die voorwaardes verbreek het wat ingevolge paragraaf 22(1)(d) bepaal is, n straf oplê wat die lid opgelê kon word tydens die ondersoek na wangedrag. 3) By die oorweging van n gepaste straf moet enige vorige skuldigbevinding(s) aan wangedragoortredings deur die betrokke lid en die tydperk wat sedert sy vorige skuldigbevinding(s) verstryk het, die straf wat hom in n geregshof opgelê is, indien van toepassing, die uitwerking van die beoogde straf vir die lid mag inhou, die uitwerking wat die wangedrag van die lid op die beeld van BJV of die jagbedryf gehad het of mag hê, die kumulatiewe effek van die beoogde strawwe en enige ander relevante oorweging in aanmerking geneem word.

5 4) Strawwe ingevolge hierdie Kode opgelê, tree in werking by die oplegging daarvan of, indien daarteen geappelleer word, by die afhandeling van die appèl deur die UB. 5) Die UB moet die lid en die voorsitter van die tak waar hy ingeskakel is, skriftelik in kennis stel van die oortreding waaraan die lid skuldig bevind is en die starf wat die lid opgelê is en dieub kan na goeddunke die finale uitslag van die dissiplinêre optrede in n persverklaring of andersins binne of na buite die Vereniging bekend maak. 23. Ondanks enige bepaling van hierdie Kode of enige stappe daarvolgens geneem, kan die UB te eniger tyd, enige skade wat BJV gely het as gevolg van die onregmatige toeëiening of beskadiging van eiendom van die BJV deur n lid, van so n lid verhaal word. 24. Oorgangsbepaling: Enige dissiplinêre optrede of stappe wat betrekking het op die neem van dissiplinêre optrede wat die UB geneem het of besig is om te neem en wat nog nie afgehandel is ten tyde van die inwerkingtreding van hierdie Kode nie en enige beweerde optrede of handeling wat volgens die mening van die UB dissiplinêre optrede regverdig en wat begaan is voor die inwerkingtreding van hierdie Kode, word teen opgetree of voortgesit volgens die bepalings van die Grondwet voor die wysiging daarvan asof hierdie Kode nie in werking getree het nie. 25. Inwerkingtreding en toepassing: Die bepalings van hierdie Kode tree in werking na die aanvaarding van die Kode deur n meerderheidstem op n Algemene Jaarvergadering of Spesiale Algemene Vergadering van BJV en is van toepassing op beweerde wangedrag-oortredings wat na die inwerkingtreding daarvan begaan is.