6.1.2 Ons kan tussen vyf soorte selfstandige naamwoorde onderskei. Soortname het altyd meervoudsvorme of verkleiningsvorme: kas, mens, skoen.



Vergelijkbare documenten
Begripstoets - prosa leesteks van ± 600 woorde lank (22-24 punte) Visuele begrip - diagram, grafiek, prent, ens. (6-8 punte)

Telwoorde K 1 K 2 K 3 K 4 1. Hooftelwoorde: vyf, ses, twintig 2. Rangtelwoorde: eerste, tweede, derde. Lidwoorde K 1 K 2 K 3 K 4

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

Inhoud. Taalstrukture en -konvensies. Wenke vir toetse en eksamens. Skryfvaardighede. Aan die leerder...4

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

IN AFRIKAANS DIE VERLEDE TYD

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Totaal: 95 NAAM: VRAAG 1: Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in vol sinne:

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

FAKTORE EN VEELVOUDE

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Letterlike en figuurlike taalgebruik

Abu Ali tel sy donkies

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Die brief aan die Filippense

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Afdeling A: Begripstoets

Vlotheid en intonasie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

TAALWERK Oefeninge. Tweede Termyn Tom Newby School. Grade 7 Afrikaans 2016 Term 2 Taalwerk oefeninge

Welkom by Die Storie God se storie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Jakkals lê eendag heerlik en

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Ons gaan sommer lekker leer en werk! Op elke bladsy gaan n vrugte vlieg wegkruip. So, kyk baie mooi!

Direkte en indirekte rede. Naam:

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

1 Waar ek vandaan kom

EKSAMENAFBAKENING AFRIKAANS KWARTAAL 2 GR.: 5 AFRIKAANS

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NASIENRIGLYN

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

HOËRSKOOL ROODEPOORT AFRIKAANS EAT KWARTAAL 3 KWARTAALTOETS

Antonieme en sinonieme

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Hoe kies n mens n troeteldier?

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS HUISTAAL V2

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

Hersiening. Die aksentteken op die letter a wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

LIMPOPODEPARTEMENT VANONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Gr Afrikaans Huistaal Taalstrukture en konvensies

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

GRAAD 10 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL MEMORANDUM VREASTEL 1 JUNIE 2018 PUNTE : 120 TYD : 2 ½ UUR. Hierdie memoranduml bestaan uit 6 bladsye

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Ons speelgoed. 1. Kan jy onthou waarmee jy gespeel het toe jy nog klein was? 2. Het jy dit nog? 3. Wie het dit vir jou gegee?

Die Groot Gebod dennis de wet

Transcriptie:

6. Woordsoorte Die studie en kennis van die verskillende woordsoorte is baie belangrik, veral ook met die oog op sinsontleding. Ons moet die verskillende woordsoorte in sinne maklik herken. n Woord se woordsoortlikheid blyk uit die sinsverband. Dieselfde woord kan dus in verskillende sinne tot verskillende woordsoorte behoort. Kyk na die volgende voorbeelde: Hy leer sy les. (ww) Hy klim op die leer. (s.nw.) 6.1 Die selfstandige naamwoord 6.1.1 Hoe ken ek n selfstandige naamwoord uit? Meervoud Verkleining Geslag Daar kan gewoonlik n die of n n vooraan gesit word Dit kan gewoonlik met die sintuie waargeneem word 6.1.2 Ons kan tussen vyf soorte selfstandige naamwoorde onderskei 6.1.2.1 Eiename 6.1.2.2 Soortname Soortname het altyd meervoudsvorme of verkleiningsvorme: kas, mens, skoen. 6.1.2.3 Abstrakte selfstandige naamwoorde Liefde, haat, nyd, afguns, blydskap, eerbied, ensovoorts. Die woord moet in dié besondere sin nie n meervoud kan kry nie: Die liefde is lankmoedig. Afguns is afstootlik. 6.1.2.4 Stofname Wanneer hierdie woorde in hul meervoudsvorme in sinne gebruik word, is hulle gewone soortname: Hy het baie ysters in die vuur. Hy gooi met klippe. 6.1.2.5 Versamelname n Skool visse, n eskader vliegtuie, n swerm bye. Die versamelnaam staan altyd voor n ander selfstandige naamwoord. As ons sê: Daar was swerms van hulle, dan is swerms n soortnaam. 53

6.2 Die lidwoord onbepaalde lidwoord bepaalde lidwoord argaiese vorm (verouderde vorm) - n man - die seun - n kind des doods - n saak in der minne skik, wat de duiwel, ter elfder ure 6.3 Die byvoeglike naamwoord a. In n sin moet die byvoeglike naamwoord altyd die selfstandige naamwoord bepaal of beskryf. b. Die byvoeglike naamwoord kan getoets word deur vas te stel of dit trappe van vergelyking het: aantreklik/aantrekliker/aantreklikste. c. Die byvoeglike naamwoord het soms ook n intensiewe vorm, bv.: wit/spierwit. Intensiewe vorme (hemelhoog, morsdood, springlewendig, ens.) kry nie trappe van vergelyking nie. (b en c geld ook vir sommige bywoorde van tyd en wyse. Let dus op die selfstandige naamwoord.) d. Voorkoms in n sin Dit kan met n lidwoord verbind word. Die onbepaalde lidwoord ( n) voor die stellende en vergelykende trappe en die bepaalde lidwoord by die oortreffende trap. Byvoorbeeld: n mooi meisie/ n mooier meisie/die mooiste meisie. Attributiewe gebruik: Die byvoeglike naamwoord staan voor die selfstandige naamwoord. Byvoorbeeld: Die mooi meisie; die goeie man. Predikatiewe gebruik: Die byvoeglike naamwoord staan na die selfstandige naamwoord en word geskei deur n koppelwerkwoord (is, was, word). Byvoorbeeld: Die meisie is mooi. 6.4 Die voornaamwoord 6.4.1 Persoonlike voornaamwoord Die persoonlike voornaamwoord kan as onderwerp of as voorwerp in n sin voorkom, Byvoorbeeld: Hy roep na hom. Sy terg haar. Ek is hier. Persoonlike voornaamwoorde kan eiename en selfstandige naamwoorde wat persone aandui, vervang. Byvoorbeeld: Piet loop oor die straat. Hy loop oor die straat. Rita, Ina en Rina kom kuier. Hulle kom kuier. Voorbeelde van persoonlike voornaamwoorde is: julle, ons, u, ek, jy, hy, sy. 6.4.2 Onpersoonlike voornaamwoord Die onpersoonlike voornaamwoord is die woordjie DIT en DAAR: Dit reën; daar word 54

beweer dat die toekoms duister is. Wanneer die sin in die lydende vorm staan, is daar n onpersoonlike voornaamwoord. 6.4.3 Besitlike voornaamwoord Dit is my hond; dit is hulle boek. My en hulle is besitlike voornaamwoorde, want dit dui besit aan. Wanneer dit voor die selfstandige naamwoord staan, word dit attributief gebruik, bv. Dit is hulle boek. Wanneer dit na die selfstandige naamwoord staan, word dit predikatief gebruik, soos: Die boek is hulle s n. Nog voorbeelde van besitlike voornaamwoorde: jou, ons, haar, u, hare, myne, joune, syne, ons s n. Na die koppelwerkwoord (is) toon die besitlike voornaamwoord vormverandering, soos:. Die jas is myne; Die blomme is hare. 6.4.4 Onbepaalde voornaamwoord Onbepaalde voornaamwoorde is woorde soos elkeen, almal, iedereen, geeneen, iets, diegene, party. Hierdie voornaamwoorde toon nie vormverandering nie en het nie Almal sal daar wees. Geeneen kom kuier vandag nie. 6.4.5 Wederkerende voornaamwoord Die wederkerende voornaamwoord word aangetref in sinne waarin die onderwerp en die voorwerp na dieselfde saak of persoon verwys, byvoorbeeld: Noodsaaklik wederkerend Ek bekommer my oor die kind. Sy verwonder haar oor die prestasie. Ons het ons lelik verspreek. Toevallig wederkerend Hulle prys hulself (hulle kan iemand anders ook prys) Hy was hom (bedoelende homself) 6.4.6 Wederkerige voornaamwoord Hier is die onderwerp en die voorwerp nie dieselfde nie; die handeling dui n wisselwerking aan tussen die onderwerp en voorwerp: Ons was mekaar. Ons groet mekaar. 6.4.7 Die betreklike voornaamwoord Hierdie woorde lei byvoeglike bysinne in: Die hoed wat ek dra (watter hoed?) Die stoel waarop ek sit (watter stoel?) Die pen waarmee ek skryf (watter pen?) 55

Die glas waaruit ek drink (watter glas?) Die kind wie se boek gesteel is, is kwaad (watter kind?) Hierdie voornaamwoorde het dus betrekking op die onderwerp van die sin. Hulle kan ook verwys na die voorwerp van die sin, soos in die volgende gevalle: Hy knip die materiaal wat jy gekoop het. Ek koop die skêr waarmee ek die materiaal wil knip. Die man wat daar loop is my oom; die kas waarin die tas gebêre word. n Samestelling tussen waar + n voorsetsel (waarin, waarvan, waarmee, waaroor) word gebruik wanneer die betreklike voornaamwoord op diere en dinge betrekking het; en by mense word n voorsetsel + wie gebruik (van wie, op wie, met wie, voor wie). 6.4.8 Aanwysende voornaamwoord Aanwysende woorde is woorde soos dié, daardie, hierdie: Daardie jas is myne. Hierdie hoed is joune Dié hond is kwaai. Hierdie voornaamwoorde verwys na iets in die besonder. 6.4.9 Vraende voornaamwoord Vraende voornaamwoorde is vraagwoorde soos wie, watter, wat: Wie is daar? Watter een wil jy hê? Wat sê jy? Let wel: Slegs wanneer die woordjie wat in n vraagsin voorkom, is dit n vraende voornaamwoord. 6.5. Die voegwoord Die voegwoord voeg of bind woorde, sinne en woordgroepe saam. Ons kry twee groepe voegwoorde: a. Neweskikkende voegwoorde b. Onderskikkende voegwoorde 6.5.1 Neweskikkende voegwoorde Hulle skakel woorde of sinsdele aan mekaar. Neweskikkende voegwoorde verbind hoofsinne met mekaar sonder dat die woordorde verander. Voorbeeld: Die kinders swem. Die grootmense eet. Die kinders swem en die grootmense eet. Die kinders swem, maar die grootmense eet. Die kinders swem, want hulle kry warm. Voorbeelde: dog, trouens, inteendeel. Let op dat die normale woordorde van die sin nie na die voegwoord verander nie. 56

6.5.2 Onderskikkende voegwoorde Hierdie voegwoorde verbind sinsdele met mekaar. Hulle verbind hoofsinne met bysinne. Voorbeeld: Die kinders swem. Hulle kry warm. Die kinders swem omdat hulle warm kry. Die kinders swem aangesien hulle so warm kry. Voorbeelde: hoewel, nadat, sodat, voordat, indien, mits, dat, wanneer, asof Let op dat die normale woordorde in die sin na die voegwoord telkens verander. 6.6 Die telwoord Die telwoord word ook in twee hoofgroepe verdeel, naamlik: hooftelwoorde en rangtelwoorde. 6.6.1 Hooftelwoorde dui n hoeveelheid aan 6.6.1.1 Bepaalde hooftelwoorde een, twee, een en twintig of een-en-twintig, driehonderd en veertig of driehonderd-en-veertig, vierduisend eenhonderd en twee of vierduisend-eenhonderd-en-twee Let daarop dat die getalle met of sonder koppeltekens geskryf kan word! 6.6.1.2 Onbepaalde hooftelwoorde talle, weinig, min, verskeie: Daar is reeds verskeie gevalle van misdaad aangemeld. Talle mense het die vergadering bygewoon. 6.6.2 Rangtelwoord dui n rang aan 6.6.2.1 Bepaalde rangtelwoorde eerste, tweede, derde, vierde: Hy staan eerste in die klas. 6.6.2.2 Onbepaalde rangtelwoorde laaste, middelste, meeste, minste: Dit is die middelste rooi bal. 6.7 Die voorsetsel Voorsetsels kom in vaste en vrye verbindings voor Vaste verbindings Vrye verbindings meeding om neersit op, onder, ensovoorts. by benadering sit langs, agter, ensovoorts. 57

in aantog wees op aandag staan uit hoofde van speel met, op, in, ensovoorts. loop onder, oor, voor, ensovoorts. aan bande lê 6.8 Die tussenwerpsel Die tussenwerpsel word gebruik om n sekere gevoelwaarde uit te druk. Ga, jy is vuil! (veragting, afkeer) Aitsa, maar sy lyk so mooi! (bewondering) Hiert, jou vabond! (skrik) Hoera! Ons gaan swem! (blydskap) Gonnatjie, pardoems, voertsek, ensovoorts. 6.9 Die bywoord 6.9.1 Die funksie van n bywoord Die bywoord kan die werkwoord van n sin bepaal: Hy hardloop vinnig. (Die bywoord vinnig bepaal die werkwoord hardloop.) Die bywoord kan ook n ander bywoord bepaal: Hy hardloop baie vinnig. (Die bywoord baie bepaal die bywoord vinnig.) Die bywoord kan verder n byvoeglike naamwoord bepaal: Dis n baie groot kind. (Die bywoord baie bepaal hier die byvoeglike naamwoord groot.) Die bywoord kan ook as bepaling by die telwoord voorkom: Hy is ongeveer veertig jaar oud. Die bywoord kan ook in verbinding met die voorsetsels wees: Hy sit bo op die leer. 6.9.2 Die verskil tussen die bywoord en die byvoeglike naamwoord Die byvoeglike naamwoord bepaal n naamwoord. As die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord geplaas word, dan word dit attributief gebruik. Byvoorbeeld: Die stout seun word gestraf. Dit is n pragtige toneel. As die byvoeglike naamwoord nie voor die selfstandige naamwoord geplaas word nie, maar deel uitmaak van die gesegde (predikaat) dan sê ons dit word predikatief gebruik. Byvoorbeeld: Die seun is stout. Die toneel is pragtig. Die attributiewe vorm van die byvoeglike naamwoord eindig partykeer op -e; die predikatiewe vorm nooit. Nou sal ons uitvind dat die predikatiewe vorm van die meeste byvoeglike naamwoorde ook as bywoorde gebruik kan word. n Bywoord eindig dus nooit op -e nie, behalwe 58

wanneer dit n attributiewe byvoeglike naamwoord bepaal, byvoorbeeld: n Verskriklike warm dag, n taamlike mooi prent, n gloeiende warm dag. Na die koppelwerkwoorde - is, word, bly, skyn, lyk, heet - vind ons gewoonlik n byvoeglike naamwoord en nie n bywoord nie. Byvoorbeeld: Koos is stout Pa word oud. Stout en oud bepaal hier onderskeidelik Koos en Pa. Hulle is dus byvoeglike naamwoorde. Hulle bepaal nie is en word onderskeidelik nie. 6.9.3 Die verskil tussen bywoorde en werkwoorde Die bywoord bepaal die werkwoord en is dikwels so nou verbonde daarmee dat die twee n saamgestelde werkwoord kan vorm, byvoorbeeld: opstaan, wegspring, afgaan. Verder kan ons die volgende vorme van die werkwoorde as bywoorde gebruik: Teenwoordige deelwoorde (hulle eindig gewoonlik op -end) Byvoorbeeld: Hy het laggend nader gekom. Die kind het verbasend gegroei. Verlede deelwoord (die vorm met ge-) Byvoorbeeld: Hy het gespanne gewag. Reduplikasie (verdubbeling van die werkwoord) Hy het lag-lag deurgekom. Opmerking: Ons gebruik ook die verdubbeling van Twee bywoorde: gou-gou, nou-nou Twee byvoeglike naamwoorde: kort-kort, blou-blou. 6.9.4 Die verskil tussen bywoorde en voornaamwoorde As ons n voorsetsel soos op met die voornaamwoord dit gebruik, skryf ons nie op dit nie, maar daarop. Byvoorbeeld: Hy sit hierop. Waarop sit hy? Hierdie woorde word voornaamwoordelike bywoorde genoem. (In die volgende sin is waarop nie n bywoord nie, maar n betreklike voornaamwoord: Die stoel waarop ek sit, is lendelam.) 6.9.5 Die verskil tussen bywoorde en voegwoorde In die volgende sin is eintlik n bywoord: Hy het eintlik geloop. In n sin soos die volgende is dit ook n bywoord, maar dit dien verder om die twee sinne te verbind: Hy het lank gepraat; eintlik het hy geloop. 59

In hierdie sin is eintlik n voorwoordelike bywoord. Twee verskille tussen voegwoorde en bywoorde is dus: Die voegwoord kom altyd aan die begin van die bysin, terwyl die bywoord slegs in die middel of aan die end kom. Byvoorbeeld: Hy is siek, tog gaan hy skool toe. (voegwoord) As die voegwoordelike bywoord aan die begin van die sin staan, veroorsaak dit inversie (dit wil sê die gesegde vorm die voorwerp). Na n gewone voegwoord het ons die normale woordskikking (kyk voorbeeld hierbo) - (Inversie + omgekeerde woordorde). Ons onderskei verskillende soorte bywoorde. 6.9.5.1 Bywoorde wat die werkwoord bepaal a. Bywoord van tyd Byvoorbeeld: Die kinders speel môre; die gaste vertrek vanaand. Die bywoord van tyd word dikwels verkry wanneer ons die vraag vra: Wanneer? b. Bywoord van wyse Byvoorbeeld: Die leerlinge vorder pragtig; sy brei wonderlik. Die bywoord van wyse word verkry deur die vraag Hoe? te stel. c. Bywoord van lokaliteit / plek Byvoorbeeld: Die seuns hardloop hierheen. Hy swem stroomaf. Die bywoord van plek word bepaal deur vrae soos Waarheen? of Waarvandaan? te vra. Kan onderverdeel word in bywoord van plek ( Waar? ) en bywoord van rigting ( Waarheen?, Waarvandaan? ) Let wel: As ons al drie klasse bywoorde in een sin aantref, is daar n vaste volgorde: Die volgorde is bywoord van tyd, wyse en lokaliteit, byvoorbeeld: Die mense kom vanmôre haastig hierheen. 6.9.5.2 Bywoorde kan ook die byvoeglike naamwoord of n ander bywoord bepaal Byvoorbeeld: Die stoeier is bomenslik sterk; hulle werk altyd ontsettend hard. a. Bywoord van graad Hy werk baie hard. (Baie dui op die graad van sy harde werk.) Hy verloor byna al sy skape. (Byna dui op die graad van die hoeveelheid skape wat hy verloor het.) 60

Bywoorde van graad as bepaling by: telwoorde byvoeglike naamwoorde amper dertig buitengewoon sterk effens min behoorlik vuil byna honderd vreeslik groot geweldig baie gemiddeld intelligent b. Die bywoord van modaliteit Die bywoord van modaliteit dui op n besondere houding of gevoel by die spreker, byvoorbeeld: Dit is darem te veel. Ek kom liewer later. Die ontkenningswoorde: Hy sal nie kom nie, nooit... nie, niemand... nie, nêrens... nie, is ook bywoorde van modaliteit. 6.10 Die werkwoord Hoe herken ek n werkwoord? n Werkwoord beskryf die handeling in n sin. Die meeste werkwoorde kry ge- in die verlede tyd. Werkwoorde wat met be-, ge-, her-, er-, ver-, en ont- begin, kry nie ge- in die verlede tyd nie. n Sin is nie n volsin sonder n werkwoord nie. n Sin kan wel uit een werkwoord bestaan: Loop! 6.10.1 Soorte werkwoorde 6.10.1.1 Hoofwerkwoorde a. Oorganklike hoofwerkwoord doener na die ontvanger.) b. Onoorgangklike hoofwerkwoord Byvoorbeeld: Ek ry vinnig; die hond eet gulsig. (Daar is nie n ontvanger waarop die handeling oorgedra kan word nie.) c. Deeltjiewerkwoorde (Skeibare / partikelwerkwoorde) Byvoorbeeld: Ongeskei: Jy moet n joernaal saamstel. Die polisie ondersoek die saak. Geskei: Julle stel joernale saam vir latere verwysing. Teenwoordige tyd: Hy kruip in die kamer weg. Toekomende tyd: Hy sal in die kamer weggekruip. Verlede tyd: Hy het in die kamer weggekruip. d. Wederkerende werkwoorde Wederkerende werkwoorde word gebruik saam met wederkerende voornaam woorde byvoorbeeld: - Sy skaam haar. Ons onderskei tussen noodsaaklik wederkerende werkwoorde en toevallig wederkerende werkwoorde. Noodsaaklik wederkerend Daar is slegs enkele werkwoorde wat noodsaaklik wederkerend kan wees. Dit is werkwoorde soos bekommer, bemoei, skaam, vererg, vergis, verspreek, verwon 61

der, en enkele ander. Hierdie werkwoorde moet na die betrokke persoon of onder werp van die sin terugkeer. Byvoorbeeld: Ek bekommer my of hy bekommer hom. Toevallig wederkerend n Werkwoord is toevallig wederkerend wanneer die direkte voorwerp na die persoon in die onderwerp verwys. Byvoorbeeld: Ek was my. Ek hoef nie net my self te was nie, ek kan iemand anders ook was: Ek was hom (die kind) Opsommende voorbeeld: Ek was my (was = toevallig wederkerende werkwoord) Ek was hom (was = oorganklike werkwoord) Ek skaam my (skaam = noodsaaklik wederkerende werkwoord) e. Die wederkerige werkwoord Hulle was mekaar. (Dit beteken dat die een die ander een was.) f. Onpersoonlike werkwoorde van die sin is in so n geval die onpersoonlike voornaamwoord dit, byvoorbeeld: Dit reën/sneeu/blits. 62 6.10.1.2 Koppelwerkwoorde Koppelwoorde kan nie selfstandig bestaan nie en moet aan n selfstandige naamwoord, n byvoeglike naamwoord of n sinsdeel gekoppel word om sinvol te wees: Lukas was n tandarts; Anna lyk vrolik. Woorde wat as koppelwerkwoorde optree is: is, was, word, lyk, blyk, heet, skyn, klink, voel, voorkom, bly en wens. 6.10.1.3 Hulpwerkwoorde (medewerkwoorde) Die teenswoordige, toekomende en verlede tyd word met behulp van hulpwerkwoorde gevorm. Voorbeelde: het, sal, moet, kan, mag, sou, moes, wou, kon a. Hulpwerkwoord van tyd: Die hulpwerkwoord word gebruik om die verlede tyd aan te dui: Ek het gister die motor gewas. Ek het die werk gedoen. b. Hulpwerkwoord van modaliteit / wyse Die hulpwerkwoord van modaliteit / wyse dui n sekere gesindheid/houding/ voorneme aan: Jy kon dit doen hier dui kon die vermoë aan. Ek sal dit doen - hier dui sal n voorneme aan. c. Hulpwerkwoord van vorm Die hulpwerkwoord van vorm word gebruik om die lydende vorm/passiewe vorm in die teenwoordige en verlede tyd uit te beeld: Die appel word geëet: die passiewe vorm van die teenwoordige tyd word aangedui. Die vure is aangesteek: die passiewe vorm van die verlede tyd word aangedui.

6.10.1.4 Deelwoorde Ons kry twee soorte deelwoorde: a. Die teenwoordige (onvoltooide) deelwoord Die teenwoordige deelwoord word aktief gebruik en gee dinge weer soos dit op die oomblik is, (die handeling is nog nie voltooi nie, is nog besig). Die vorm van die werkwoord word verander deur -ende of -end by te voeg: singende kinders; lopende water; staande water; juigende skare. Hierdie deelwoorde doen meestal die werk van die byvoeglike naamwoord, maar kan ook as selfstandige naamwoord of bywoord diens doen: Moenie slapende honde wakker maak nie (b.nw) Ons voel jammer vir die treurendes (s.nw) Party mense is mos siende blind en horende doof (bw) b. Die verlede (voltooide) deelwoord In die geval van die meeste werkwoorde in Afrikaans, word n ge- voor die stam van die werkwoord geplaas om die verlede deelwoord te vorm, (die handeling is afgehandel, voltooi). Die vorm van die WERKWOORD word dus verander deur die voorvoegsel ge- en dit eindig soms op -de en soms op -te: Hy het gebreekte ribbes. Hy het hout gekap. Ons maak vuur met gekapte hout. Hy het die hout gesaag. Hy skaaf die gesaagde hout. Onthou: Werkwoorde wat met be-, ge-, her-, er-, ont- en ver- begin, kry nie die ge- in die verlede deelwoord nie, behalwe geherkou en geherberg. c. Swak verlede deelwoorde Ons praat van n opgewende horlosie. Deelwoorde waarin die klank van die werk woord (opwen) nie verander word nie, noem ons SWAK verlede deelwoorde. Swak voltooide deelwoorde word meesal letterlik gebruik. Swak verlede deelwoorde word gevorm deur: n e aan die werkwoord te voeg: opgeskorte, uitgeputte, afgebrande n te aan die werkwoord te voeg: verpligte, gesifte, geplukte n de aan die werkwoord te voeg: gesteelde, gekerfde, verhoogde n Swak verlede deelwoord se stamklinkers verander nie soos sterk verlede deelwoorde nie. d. Sterk verlede deelwoorde Ons praat van n opgewonde skare. Deelwoorde waarin die klank van die werk woord (opwen) verander word, noem ons STERK verlede deelwoorde. Sterk Let op die volgende: Stamwoord Letterlik Figuurlik (swak voltooide deelwoord) (sterk voltooide deelwoord) buig gebuigde spykers geboë hoofde slyp geslypte messe geslepe diewe bederf bederfde vrugte bedorwe kinders skink geskinkte tee beskonke man verskrik verskrikte bokkies onverskrokke helde 63

breek gebreekte koppies gebroke hart bind gebinde stokkies gebonde lewe bespreek onbespreekte plekke onbesproke gedrag krimp verkrimpte vrugte bekrompe persoon suip versuipte voël besope persoon swel geswelde enkel geswolle hoof Nog ander: oordryf - oordrewe beskrywing verbied - verbode vrugte doen - gedane sake herwin - herwonne vryheid skend - geskonde eer handelinge deur iemand of iets verrig word nie, maar gedeeltelik die funksie van die naamwoord en die werkwoord vervul. Dit is heerlik om te swem. Die man is besig om sy baadjie aan te trek Die huis is te huur. Deur jou huiswerk te doen, sal jy beter vaar. (Om te) Swem is lekker. Hy leer (om te) swem. 6.10.2 Die lydende of bedrywende vorm van die werkwoord Alle sinne, of dit nou in die teenwoordige-, toekomende- of verlede tyd voorkom, kan in die lydende of bedrywende vorm geskryf word. Kyk na die onderstaande voorbeelde: a. Teenwoordige tyd b. Verlede tyd c. Toekomende tyd onnodig om in die lydende vorm aan te dui wie die handeling uitgevoer het: Hy skop die bal. (bedrywend) Die bal word deur hom geskop. (lydend) 64