Notule van die 76ste Algemene Jaarvergadering van Limpopo Jukskei Unie en Federasie gehou op 14 Mei 2016 te Pietersburg jukskeibane klubhuis.

Vergelijkbare documenten
Notule van die 77ste Algemene Jaarvergadering van Limpopo Jukskei Unie en Federasie gehou op 20 Mei 2017 te Pietersburg jukskeibane klubhuis.

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Nota vir die onderwyser/es:

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

NOTULE VAN TAKVERGADERING GEHOU OP 2 AUGUSTUS 2017 TE SOUTPANSBERG GOLFKLUB

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Geaffilieer by SASF SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG 1 NUWEJAAR 2 3 AFRIKA NAME EN MASSA SLUIT BY UWW NATIONAL TRAINING,

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

JERSEY SA. Nuusbrief. Foto: Marianna Pretorius

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Pragtige Koningin Ester

Wrestling Federation Stoeifederasie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

PROGRAM SATERDAG 29 SEPTEMBER 2018

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SPANVERBAND : Algeheel 1-3 in A Bond Interhoër INDIVIDUEEL: Verwerf 950+(J) en 900+(S) ABSA 2007 punte 2 x Verwerf in seisoen

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 GRAAD 10

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

NOTULE * MINUTES LEDEVERGADERING GEHOU TE IMPALA KLUBHUIS PIETERSBURG MEETING HELD AT IMPALA CLUB HOUSE PIETERSBURG OP/ON 06 FEBRUARIE 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Inhoudsopgawe. Voorwoord

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging * Bushveld Hunters and Game Conservation Association NOTULE * MINUTES

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Persoonlike inligting

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

BOLAND JUKSKEI-UNIE GRONDWET

- ADMINISTRASIE EN FINANSIES -

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

Foto-redigering vir sun.ac.za

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Transcriptie:

Notule van die 76ste Algemene Jaarvergadering van Limpopo Jukskei Unie en Federasie gehou op 14 Mei 2016 te Pietersburg jukskeibane klubhuis. 1. Opening en Verwelkoming: Bernard Pretorius open die vergadering met skiflesing en gebed om 10h05. Die President verwelkom almal by die vergadering en bedank hulle vir hul moeite en tyd. 2. Vergadering Prosedure: 2.1. Presensielys en Verskonings: Teenwoordig: Bossie Liebenberg (President), Chris Swanepoel (Vise President), Anton Botha (Direkteur Administrasie), Madeleine Ray (Direkteur Finansies), Clinton Ray (Direkteur), Georg Venter (Nylstroom), Marie Venter (Nylstroom) Naas Cornelius (Pietersburg), Bernard Pretorius (Pietersburg), Kleintjie Duvenhage (Soutpan), Susara Venter (Soutpan), Fanus Genis (Tarentale), Joyce du Preez (Thabazimbi), Elsabe Liebenberg (Thabazimbi), Willa Viljoen (Junior Komitee), Stephan Neveling (Skole Verteenwoordiger), Paula Kotze (Speler Vertenwoordiger). Verskonings: Renoster Klub Verwittig ons dat hul die klub sluit, Naboompark Klub, De Graaff Genis (Direkteur), Ria Heyman (Direkteur), Jan Opperman, Maud Myburgh. 2.2. Geloofsbriewe en Konstituering: Die vergadering word ingelig dat die Speler Verteenwoordiger reeds sitting en stemreg het op Jukskei SA se vergaderings en dat dit nog nie geimplimeteer is by Limpopo Jukskei nie maar dat ons reeds al 2 jaar lank n speler verteenwoordiger aanwys. Die vergadering word versoek om toestemming te gee dat die huidige verteenwoordiger mag sitting en stemming kry by hierdie vergadering. Die vergadering stem byvoorbaat saam en gee toestemming dat die Grondwet dien ooreenkomstig moet aangepas word. Geloofsbriewe is ontvang vanaf 5 Klubs, Junior Komitee en Skole Verteenwordiger. Daar is 5 Bestuurslede, 9 klub verteenwoordigers, 1 Junior Komitee verteenwoordigers, 1 Skole verteenwoordiger en 1 Speler Verteenwoordiger, wat ons n totaal van 17 stemgeregtigdes gee. n Kworum volgens 2015/16 statistieke is 14 en dus kan die vergadering voortgaan. 2.3. Addisionele Sake vir bespreking by punt 11: 4 Addisionele punte word by gevoeg by die Agenda.

3. Mosies: 3.1. Rou: Willa Viljoen met die afsterwe van haar suster en skoonsuster. Arone Swanepoel se ouma is intussen oorlede. Elsabe Liebenberg se broer se dogter is oorlede. Oom At Dreyer van Namibië is oorlede. 3.2. Meegevoel: Dr Swanepoel se familie met ma en ouma wat geval en arm gebreek het. Alle persone in die unie wie se gesondheid nie goed is nie, ons dink aan julle. 3.3. Gelukwense: Chris Viljoen, Pieter-Jan Gouws en Werner Swanepoel wat gekies is vir die Namibiese toer. Bernard Pretorius en Andri Marais met SA en SA-A span. Jan Opperman SA A Mans (kaptein) Adri Muller 5 bestes (B en C Toernooi) Rudi de Lange, Christine Klopper, Martie Lombaard Meriete-span (B en C Toernooi) de Graaff Genis, Jannie Opperman, Dalene Smit Noordoos Streek-spanne (SA Senior Kampioenskap) Johann van Zyl en Werner Swanepoel wat in die Namibiese Toer spanne opgeneem is. Geluk aan Limpopo se 3 spanne wat aan Namibië se 75ste Jaar Kampioenskap gaan deel neem het. Onder 30 span wat Silwer medalje gewen het, die Kopersbond span wat Brons gewen het en al die dubbel spanne wat ook medaljes gewen het by SA Senior Kampioenskap. Al die volgende Spelers wat in die Streek Spanne gespeel het tydens die SA Senior Kampioenskap: Daphne Liebenberg, Alet van Tonder, Willem Jonker, Paula Kotze, Johann van Zyl, Werner Swanepoel, Bernard Pretorius, Joyce du Preeze, Andri Marais, Adri Muller, Petrie Boshoff en Bossie Liebenberg as Afrigter by Streek span. Alle spanne wat medaljes en trofee gewen het by die B en C Toernooi. 4. Notule van 75te Algemene Jaarvergadering gehou op 16 Mei 2015: Die notule word deur Anton Botha aan die vergadering voorgehou. Notule word aanvaar deur vergadering: Voorsteller: Naas Cornelius Sekondant: Clinton Ray Besprekingspunte uit Notule: Terugvoering word gegee oor die volgende besprekingspunt wat op gestuur is: 9.1 Opening in Konferensie saal is baie goed bygewoon en was baie positief ontvang. 9.2 Daar is die jaar net paar name genoem tydens opening seremonie en nie almal nie. 9.3 Die Khaki hemde vertoon baie goed en alle seniors moet nou ook die hemp aanskaf. 9.6 Dankie vir die ondersteuning by opedae se etes wat verkoop is. 9.7 Unie deelname tydens SA Kampioenskap is afgestem tydens AJV. 9.8 Gemengde spanne is probeer maar was toe nie uitvoerbaar nie. 9.9 Oorgrens spelers is weer afgestem tydens AJV 9.10 Verversing by Jukskeipark Restaurant was nog steeds nie op standaard nie. 5. Presidents Verslag: Die verslag word deur Dr Chris Swanepoel aan die vergadering voorgehou. Verslag word aanvaar deur vergadering: Voorsteller: Fanus Genis Sekondant: Susara Venter Besprekingspunte uit President Verslag: Dankie vir die verslag.

6. Finansiële Verslag en Begroting: Die verslag word deur Madeleine Ray aan die vergadering voorgehou. Verslag word aanvaar deur vergadering: Voorsteller: Naas Cornelius Sekondant: Chris Swanepoel 6.1 Sake voortspruitend uit Finansiële verslag: Die hoofbane in Polokwane se huur is nogsteed n probleem. Hardus was by n vergadering en daar was n opvolg vergadering geskeduleer, maar geen terugvoering kan tot nou toe gegee word nie, Chris Swanepoel se hy is bewus daarvan en sal opvolg met Hardus. Fanus noem dat hulle by hulle munisipaliteit se maandelikse vergadering n spreek beurt gekry het en hul saak gestel het en toe is hul huur verlaag. 6.2 Sake voortspruitend uit Begroting: Daar word besluit dat geen baanfooie van die klubs aan Limpopo Jukskei (unie) oorbetaal moet word nie, want elke klub het finansie nodig vir eie gebruik. Die bedrag vir die baanfooie sal dan ook deur elke klub self bepaal word. 6.3 Affiliasie, Registrasie en Honorriums: Affiliasie Klubs: R500 Affiliasie Skole: R350 Registrasie Volle Seniors: R290 Registrasie Volle Seniors Pietersburg: R370 Registrasie Volle Juniors: R280 Registrasie Sosiaal Seniors: R120 Registrasie Skole Spelers: R70 Honorariums: Direkteur Administrasie: R2315,25 Honorariums: Direkteur Finansies: R1653,75 6.4 Bankiers & Tekenmagte: Bly onveranderd. 7. Junior Komitee Voorsitter Verslag: Die verslag word deur Clinton Ray aan die vergadering voorgehou. Verslag word aanvaar deur vergadering: Voorsteller: Susara Venter Sekondant: Elsabe Liebenberg Besprekingspunte uit President Verslag: Fanus vra of die Junior Komitee nog geld of finansies het. Die Junior Komitee se finansies ressorteer nou alles saam met die senior finansies en word nie meer apart bedryf nie. 7.1. Skole Komitee Voorsitter Verslag: Die verslag word deur Willa Viljoen aan die vergadering voorgehou. Verslag word aanvaar deur vergadering: Besprekingspunte uit President Verslag: Met dank aanvaar. Voorsteller: Clinton Ray Sekondant: Madeleine Ray 8. Prestasie Toekennings Beste Senior Man: Jan Opperman Beste Senior Vrou: Daphne Liebenberg Beste Veteraan Man: de Graaff Genis Beste Veteraan Vrou: Adri Muller Beste Onder 30 Man: Werner Swanepoel en Bernard Pretorius Beste Onder 30 Vrou: Paula Kotze Beste Onder 19 Seun: Chris Viljoen Beste Onder 19 Dogter: Andri Marais

Beste Onder 16 Seun: Pieter-Jan Gouws Beste Onder 16 Dogter: Danica Ray en Daniele Ray Beste Onder 13 Seun: Druan Venter Beste Onder 13 Dogter: Tia Wilkonson Beste Administrateur: Madeleine Ray 9. Beskrywingspunte 9.1. Artikel Nr.: 5 Bylae B Reglement J Deelname (Voorstel 1) 5. SPANDEELNAME 5.1 Distrikte wat by Jukskei SA geaffilieer is, deur hul provinsies, mag deel neem aan die SA Seniors (al 7 afdelings), 5.1.1 Boland 5.1.2 Eden 5.1.3 Gauteng-Noord 5.1.4 KwaZulu Natal 5.1.5 Limpopo 5.1.6 Mpumalanga 5.1.7 Noord-Kaap 5.1.8 Noord-Vrystaat 5.1.9 Noordwes 5.1.10 Oos-Gauteng 5.1.11 Oos-Kaap 5.1.12 Oos-Vrystaat 5.1.13 Sentraal-Gauteng 5.1.14 Suid-Vrystaat 5.1.15 Weskus 5.1.16 Wesrand Distrik 5.1.17 Westelike Provinsie Tans speel ons dit min of meer so maar ons skryf hulle op as Weskaap 1 en Weskaap 2 ens. Dit gaan baie beter lyk en ook minder verwarrend wees as ons die Distrik name gebruik. Waar provinsies nog nie hul distrikte in plek het om te speel nie, moet dit as aansporing dien om dit wel in plek te kry. En waar dit moeilik gaan is daar die opsie om as provinsie te speel. Dan kan die Provinsiale kampioenskap ook beter tot sy regkom, sodra die 9 provinsies teen mekaar speel. Ons vra ook dat dit die komende seisoen oorweeg moet word, eerder as die 5 huidige indelings. Besluit: Aanvaar met amendement. Daar moet gekyk word om oorgrens spelers op distrik vlak te beperk. 9.2. Artikel Nr.: 5 Bylae B Reglement J Deelname (Voorstel 2) 5. SPANDEELNAME 5.1 Provinsies wat by Jukskei SA geaffilieer is mag deel neem aan die SA Seniors (al 7 afdelings). 5.1.1 Gauteng 5.1.2 KwaZulu Natal 5.1.3 Limpopo 5.1.4 Mpumalanga 5.1.5 Noord-Kaap

5.1.6 Noordwes 5.1.7 Oos-Kaap 5.1.8 Vrystaat 5.1.9 Wes-Kaap Die idee is dat die SA Seniors meer n nasionale provinsiale kampioenskap word, dat provinsies meeding vir die huidige trofees en medaljes, en sodoende die top provisie kan bepaal word. Daar kan dubbel's gespeel word op die eerste dag, dan op dag twee en drie speel provinsies teenmekaar, dan op dag vier speel die top spelers wat aangewys word in spanne teenmekaar (die nasionale spelers word byvoorbeeld uit die groep aangewys), en dan op dag vyf speel die SA spanne teen mekaar en Namibië en andere, net as n voorbeeld. Meeste provinsies speel reeds interne distrik kampioenskappe of soortgelyke toernooie. En hoe kan 6 provinsies teen 9 distrikte n Nasionale Kampioenskap speel? Besluit: Nie Aanvaar nie. 9.3. Artikel Nr.: 13.1 Reglement J Deelname 13.1 Geen nuwe aansoeke vir deelnemers (seniors en juniors) wat oor provinsie of distrik grense wil affilieer sal vanaf Julie 2017 (na die AJV) toegestaan word nie. a) Spelers speel in die provinsie of distrik waar hulle woon. Om oorgrens spelers tot op distrik vlak ook te beperk, soos deur SASCOC en SRSA bepaal. Besluit: Daar word gevra dat die punt ook bewoord en op gestuur word na Jukskei SA. 10. Besprekingspunte 10.1. JUNIORS (Tarentale Klub) Geen O/19 speler wat nie meer skoolgaan nie, moet toegelaat word om aan n Junior toernooi deel te neem nie. Dis moeilik om n persoon te beheer wanneer hy klaar is met skool en om hom/haar aan die dissipline van die juniors te onderwerp. In skoolsport moet alle O/19 persone wat aan sport deelneem nog op skool wees. Besluit: Aanvaar - Stuur op na Jukskei SA. Die belangrike punt is skoolgaan. 10.2. LEEN SPELERS (Tarentale Klub) Spelers wat nie in hul onderskeie Unies in spanne opgeneem is vir die SA s of spelers wie se Unies nie n span of spanne na SA stuur nie en as leen speler beskikbaar is, moet op n databasis, soos bv. op n webblad geplaas word, sodat n Unie wat n speler benodig, uit daardie lys van spelers kan kies. Die unie wat n speler wil leen, moet nog steeds eers toestemming by die leen-speler se unie verkry.

Die unie wat n speler benodig, sal dan weet of daar n leen-speler beskikbaar is. Dit sal onnodige oor-en-weer bellery uitskakel. Besluit: Aanvaar - Stuur op na Jukskei SA. 10.3. STEMMING TYDENS VERGADERINGS (Tarentale Klub) Alle stemmings tydens n vergadering moet d.m.v. n stembrief geskied. Stemgeregtigdes kan maklik deur die persoon wat die vergadering lei, beïnvloed word om soos hy te stem d.m.v. hande opsteek. Besluit: Aanvaar met amendement. - Stuur op na Jukskei SA. Die Junior Komitee, Skeidsregters Komitee en Afrigters komitee se besluite moet net vir Kennisname dien by Jukskei SA sa AJV. 10.4. SUBSIE VIR NIE SPELENDE BESTUURSLEDE (Pietersburg Klub en Dir Finansies) Daar word versoek dat nie spelende bestuurslede se registrasie geld gedeeltelik of ten volle gesubsidieer word deur Limpopo Jukskei. Dit is lede wat jukskei op die hart dra en bereid is om jukskei te bevorder, kan ons nie sulke lede ook tegemoet kom of help met hul registrasie gelde nie? Besluit: Vergadering Neem Kennis Daar moet eerder gekyk word na borge vir sulke lede en dit staan almal vry om aansoek te doen by Besuur vir subsidie. 10.5. SA NASIONAAL EN STREEKS KAMPIOENSKAP OUDERDOMS GROEPE (Pietersburg Klub) Daar word gevra dat spelers by die SA Senior toernooi in hulle verskillende ouderdoms groepe in die Streeks spanne verkies word. Ons voel dit is onregverdig teen oor die spelers en dat almal ʼn regverdige kans moet kry. Besluit: Nie Aanvaar nie Die beste spelers word eers in die senior spanne gekies dan word die onder 30 spanne gekies. Die senior spanne is die prestige (room) span om in te wees. 11. Samestelling van Seisoen speel rooster: Die volgende datums word bepaal, waarvan sommige onderhewig is aan Jukskei SA se kalender en sal eers daarna gefinaliseer word. Saterdag, 28 Mei 2016, Naboom Klub Ope-dag in Naboomspruit, 10-16 Julie 2016, SA Nasionale Skole Kampioenskap in Durban, 22-23 Julie 2016, Jukskei SA 77ste AJV en Presidentsraad in Kroonstad, Saterdag, 23 Julie 2016, Skole Oefenkamp in Pietersburg, Saterdag, 30 Julie 2016, Pietersburg Klub Ope-dag in Pietersburg, Saterdag, 13 Augustus 2016, Tarentale Driespel in Potgietersrus, Saterdag, 27 Augustus 2016, Skole Liga in Pietersburg, Saterdag, 3 September 2016, Junior Keuring in Pietersburg, Saterdag, 10 September 2016, Naboom Klub Ope-dag in Naboom,

*Saterdag, 10 September 2016, Junior Direkteurs Toernooi, plek nog nie bevestig, *Saterdag, 17 September 2016, Junior Bonde-dag Toernooi, plek nog nie bevestig, *Indigenous Games het laas jaar net voor 24 September plaas gevind, *SA Meesters Toernooi, moontlik in eerste week van Oktober 2016 in skool vakansie, Saterdag, 15 Oktober 2016, Junior en Senior Keuring in Pietersburg, Saterdag, 29 Oktober 2016, Klub Liga in Pietersburg, Saterdag, 5 November 2016, NUJV Klub Kampioenskap, plek nog nie bevestig, Saterdag, 19 November 2016, Klub Liga in Potgietersrus, Saterdag, 26 November 2016, Skole Oefenkamp in Pietersburg, *SA Junior Kampioenskap, moontlik in eerste of tweede week van Desember 2016, *13-14 Januarie 2017, Jukskei SA Presidentsraad Saterdag, 21 Januarie 2017, Senior Keuring in Potgietersrus, Saterdag, 4 Februarie 2017, NUJV Senior Kampioenskap, plek nog nie bevestig, Saterdag, 11 Februarie 2017, Pietersburg Klub Ope-dag in Pietersburg, *SA B&C Toernooi, moontlik voor laaste of laaste week van Februarie 2017, *Saterdag, 4 Maart 2017, Senior Keuring of Limpopo & Mpumalanga & KZ Natal, *Saterdag, 11 Maart 2017, Limpopo & Mpumalanga & KZ Natal of Senior Keuring, *Saterdag, 18 Maart 2017, Klub liga in Pietersburg, * SA Senior Kampioenskap, moontlik eerste of tweede week van April 2017, Saterdag, 6 Mei 2017, Soutpan Klub Ope-dag in Louis Trichardt, Saterdag, 13 Mei 2017, 77ste Algemene Jaarvergadering in Pietersburg. 12. Addisionele Sake vir bespreking 12.1. Afgevaardigdes na Jukskei SA Algemene Jaarvergadering en Limpopo Sport Confederation AGM. Bossie Liebenberg, Anton Botha en de Graaff Genis word afgevaardig na Jukskei SA. Anton Botha en Clinton Ray word afgevaardig na LSC vergadering. 12.2. Nuwe verbeterde Keurmetode word voorgestel. Die vergadering stel voor dat die metode getoets word op 15 Oktober 2016. 12.3. Erelid Die metode vir die aanwys van n erelid word aan die vergadering verduidelik. 12.4. Speler Verteenwoordiger Die speler verteenwoordiger se doel en werkswyse word aan die vergadering verduidelik. 12.5. Onder 16 Afdleing by SA Junior Kampioenskap Die gevoel is om weg te doen met die onder 16 afdeling inskrywing by SA Junior Kampioenskappe en net n Hoërskole afdeling te maak. Jukskei SA Junior Komitee kan nog steeds onder 16 nasionale spelers aanwys vir Toetse en Toere. Ons getalle spelers laat dit nie toe om altyd beide onder 19 en onder 16 spanne of gehalte spanne in te skryf nie. As ek net 2 onder 19 en/of 2 onder 16 spelers het moet hul by die huis bly of moet van leen spelers gebruik maak wat maar eintlik net gaan saam oefen vir n week... As die huidige onder 16 en onder 19 afdeling saam gevoeg word kan dalk beter spanne gebou word en kan dalk meer spelers van jou Provinsie speel en hoef spelers nie by die huis te bly, omdat daar te min in die ouderdoms groep is nie. Groter Provinsie kan toegelaat word om soveel spanne in te skryf as wat hulle altyd het. Wil ook nie hê dat hulle spelers by die huis moet bly nie, maar tans bly die kleiner Provinsies se spelers by die huis. Besluit: Nie Aanvaar nie Eerder n punt opstuur wat onder 16 toelaat om in onder 19 afdeling te speel.

13. Reorganisasie en Nominasies 13.1. Federasie / Unie Slegs vakante poste, indien enige. 13.2. Junior Komitee Nominasies: Voorsitter: Bernard Pretorius Sekretaris: Willa Viljoen Afrigtingslid: Clinton Ray Addisionele Lede: Naas Cornelius, Andri Marais Skole Verteenwoordiger: Stephan Neveling en Gerhard Booyens 13.3. Keur Komitee: Lede: Direksie 14. Afsluiting Fanus Genis sluit die vergadering af met gebed om 15h50.