Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

Vergelijkbare documenten
REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

STUDENTEGRONDWET UNIVERSITEIT STELLENBOSCH Hersiening. Finale weergawe (weergawe 2.2)

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

STATUUT. van DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

ASA Grondwet. soos vasgestel op 12 Oktober 2009

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

GRONDWET VAN DIE TYGERBERG STUDENTE UNIE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Eerste jaarvergadering en konstitusie

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING GRONDWET

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie

KONSTITUSIE VAN ARSO

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3

REGLEMENT INSAKE DIE AANSTELLING VAN VOLTYDSE DEKANE

Grondwet van die Studente-unie van die Universiteit Stellenbosch

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

GRONDWET VAN DIE UK VAN HOЁRSKOOL NICO MALAN

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

Die volgende is die hoofde waarin die ooreenkoms verdeel is:

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

HOOFSTUK 9 Regspleging

SUID-AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL FEDERASIE

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET. (Uitgawe 1)

GRONDWET VAN DIE BRONKHORSTSPRUIT GHOLFKLUB

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN PRIMêRE SKOOL GERT MARITZ INGEVOLGE ARTIKEL 18 VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, 1996 (84 VAN 1966) AANHEF

HOOFSTUK 5 Die President

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging.

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS 31 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 26 JULIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 AUGUSTUS 2000]

SOUTPANSBERG SKAARSWILDSTUDIEGROEP (SBSW)

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

GRONDWET VAN LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING. 1.1 Die naam van hierdie Vereniging is LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING.

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

GRONDWET VAN..ROLBALKLUB..

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Excursio. Algemene Grondwet

VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS

GRONDWET VAN AARTAPPELS SUID-AFRIKA VRYWILLIG

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

RAPPORT VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM AAN DIE RAAD: NR 4/2011. Die Institusionele Forum het op 20 Oktober 2011 in die US Raadsaal (admin B), vergader.

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

RAAD OP FINANSIËLE DIENSTE

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Transcriptie:

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009 1. Naam 1.1. Die naam van die liggaam wat hierdie grondwet aanneem sal die Akademiese Belangeraad (ABR) wees. 1.2. Alle komitees, waarvan die studente van sodanige komitees die lidmaatskap van die ABR opmaak, sal fakulteitskomitees heet. 2. Samestelling 2.1. Die volgende persone maak die lidmaatskap van die ABR op: 2.1.1. Die ABR voorsitter en ABR ondervoorsitter. 2.1.2. Die volgende fakulteitskomitees wys twee verteenwoordigers elk aan as lede van die ABR, met dien verstande dat een van die twee verteenwoordigers uit elke fakulteitskomitee die voorsitter moet wees van die bepaalde fakulteitskomitee, en moet as studenteverteenwoordiger op daardie fakulteit se fakulteitsraad dien: 2.1.2.1. Agriwetenskappe Studente Assosiasie (ASA) 2.1.2.2. Ekonomiese & Bestuurswetenskappe Studentekomitee (EBSK) 2.1.2.3. Ingenieurstudenteraad (ISR) 2.1.2.4. Juridiese Vereniging (JV) 2.1.2.5. Lettere en Sosiale Wetenskappe Studentekomitee (BASK) 2.1.2.6. Natuurwetenskappe Studentekomitee (NSK) 2.1.2.7. Opvoedkunde Studentekomitee (OSK) 2.1.2.8. Teologiese Studentekomitee (TSK)

2.1.3. Die Tygerberg Akademiese Belangeraad (TABR) wys twee verteenwoordigers aan, waarvan een die voorsitter van die TABR is en die ander n lid van die uitvoerende komitee van die TABR. 2.1.4. Die Fakulteit Krygskunde kan jaarliks die ABR nader om deel te word van die Akademiese Belangeraad, met die beslissing om lidmaatskap aan hulle toe te staan wat by die ABR voorsitter en die UK (SR) berus. Ongeag hierdie beslissing mag hulle steeds spreekbeurte aanvra om enige akademiese kwessies rakende die Universiteit van Stellenbosch by die ABR te kom bespreek. 2.1.4.1. Die ABR voorsitter is onder die verpligting om die Studentekaptein van die MILAK Studenteraad in kennis te stel van die bestaan van artikel 2.1.4. 2.2. Addisionele lidmaatskap: 2.2.1. Lidmaatskap aan die ABR kan, ingevolge die Studente-uniegrondwet, aan enige ander persone toegeken word waarvoor daar voorsiening gemaak word in hierdie grondwet. 2.2.2. Die finale besluit of sodanige lidmaatskap toegeken gaan word berus uitsluitlik by die ABR voorsitter. 2.2.3. Sodanige addisionele lidmaatskap is onderworpe aan die bepalings van hierdie grondwet. 3. Doelstelling 3.1. Die ABR verteenwoordig die akademiese belange van alle studente aan die onderskeie fakulteite van die Universiteit Stellenbosch by die Studenteraad, Universiteitsadministrasie en - bestuur. 3.2. Die ABR het al die regte en bevoegdhede wat vir die uitvoering van hierdie pligte nodig is, en soos wat uiteengesit word in die Studente-uniegrondwet en die Studentereglement. 3.3. Die ABR fasiliteer die bespreking en aanspreek van akademiese en ander aangeleenthede van gemeenskaplike belang wat binne die sfeer van akademie aan die Universiteit Stellenbosch val, en bemagtig die lede van die onderskeie fakulteitskomitees om studente effektief te verteenwoordig en in te lig.

3.4. Die ABR verseker, deur middel van noue samewerking tussen die ABR bestuur en elke fakulteitskomitee, die georganiseerde en billike verkiesing van klas-, departementele- en fakulteitsverteenwoordigers op n jaarlikse basis. 3.4.1. Eerstejaarklasverteenwoordigers moet in die tweede akademiese week van die eerste kwartaal en derde kwartaal (vir tweede semester modules) verkies word. Seniors moet in die derde akademiese week van die eerste kwartaal en derde kwartaal (vir tweede semester modules) verkies word. 3.5. Die ABR verbind homself tot effektiewe kommunikasie met alle studente, ten einde hulle bewus te maak van veral daardie regte wat van betrekking is op akademie en waaroor hulle beskik, om sodoende regverdige en billike optrede teenoor alle studente te verseker. 4. Funksionering en Pligte 4.1. Voorsitter 4.1.1. Die voorsitter word voor of tydens die tydperk van die SR verkiesing, op n vergadering gefasiliteer deur die SR stembuskonvenor, vanuit die huidige geledere van die Akademiese Belangeraad verkies. Die uittredende voorsitter belê die vergadering en bly voorsitter van die ABR tot en met die verstryking van sy / haar termyn as SR-lid vir akademiese belange, soos bepaal in die Studente-uniegrondwet. 4.1.2. Die uittredende voorsitter is verantwoordelik vir n regverdige en tydige nominasieprosedure. Stemming sal geskied by wyse van geslote stembriewe. 4.1.3. Indien slegs een kandidaat vir die posisie van ABR voorsitter staan, moet daardie kandidaat steeds met n mosie van vertroue ingestem word vanuit die huidige geledere van die ABR, wat n 2/3 meerderheidstem sal behels. 4.1.4. Indien geen kandidaat homself beskikbaar stel vir die posisie van ABR voorsitter nie, sal die Stembuskonvenor, in oorlegpleging met die huidige ABR uitvoerende komitee, en ingevolge die Studente-uniegrondwet, besluit op n billike en regverdige prosedure. 4.1.5. Die ABR voorsitter mag nie tydens sy / haar termyn lid wees van enige fakulteitskomitee nie.

4.1.6. Die ABR voorsitter is n ex officio lid van die Studenteraad, met die portefeulje van ABR: voorsitter / akademiese belange, en sy / haar termyn sal konkurrent aan dié van die SR wees. 4.1.7. Die ABR voorsitter se SR en ander verpligtinge word verwoord in die Studenteuniegrondwet. Die ABR voorsitter kan, ingevolge bogenoemde grondwet, nie verplig word om enige ander portefeuljes op die SR te aanvaar nie, mits sodanige praktyk billik en regverdig is. 4.1.8. Die ABR voorsitter, in oorleg met die res van die uitvoerende komitee van die ABR, belê die vergaderings van die ABR en is verantwoordelik vir alle administratiewe reëlings, insluitend: 4.1.8.1. notules van vergaderings ; 4.1.8.2. opstel en uitstuur van agendas aan lede ; 4.1.8.3. alle amptelike korrespondensie van en na die ABR ; 4.1.8.4. deurgee van notules aan SR voorsitter ; 4.1.8.5. jaarverslag van die ABR. 4.1.9. Die voorsitter is verantwoordelik vir die ordelike verloop van vergaderings. 4.1.10. Die voorsitter moet verseker dat die ABR in eie reg en naam elke jaar twee kandidate benoem vir die SR verkiesing. 4.2. Ondervoorsitter 4.2.1. Die ABR ondervoorsitter word so gou as moontlik na die verkiesing van die ABR voorsitter uit die huidige geledere van die ABR verkies. Die uittredende ABR voorsitter is verantwoordelik vir die prosedure wat gevolg sal word, met dien verstande dat dit gelykmatig billik en regverdig sal wees aan die verkiesing van die ABR voorsitter. Stemming sal geskied by wyse van geslote stembrief. 4.2.2. Indien slegs een kandidaat vir die posisie van ABR ondervoorsitter staan, moet daardie kandidaat steeds met n mosie van vertroue ingestem word vanuit die huidige geledere van die ABR, wat n 2/3 meerderheidstem sal behels.

4.2.3. Indien geen lede van die huidige ABR hulself vir hierdie posisie beskikbaar stel nie, sal die verkiesing van die ABR ondervoorsitter geskied uit die geledere van die volgende ABR, binne n redelike tydperk, maar onderworpe aan die diskresie van die nuwe ABR voorsitter. 4.2.4. Die ABR ondervoorsitter mag nie tydens sy / haar termyn lid wees van enige fakulteitskomitee nie. 4.2.5. Indien die ABR ondervoorsitter vanuit die geledere van die nuwe ABR verkies is, is die betrokke fakulteitskomitee waarvan die nuutverkose ABR ondervoorsitter lid was, verplig om n nuwe lid aan te wys, met dien verstande dat die ABR voorsitter spesiale reëlings kan tref indien die betrokke fakulteitskomitee nie n nuwe lid aan kan wys nie. 4.2.6. Die ABR ondervoorsitter tree op as ABR voorsitter in die afwesigheid van die ABR voorsitter, mits die ABR voorsitter uitdruklike kennisgewing gee aan die ABR ondervoorsitter van sy voorgenome afwesigheid. Die ABR ondervoorsitter se pligte en bevoegdhede in so n geval is beperk tot dit wat in hierdie dokument hanteer is as die funksionering en doelstelling van die ABR. 4.2.7. Die ABR ondervoorsitter kan optree as secundus van die ABR voorsitter, waar van pas. 4.3. Uitvoerende komitee (UK) 4.3.1. Die uitvoerende komitee bestaan uit die voorsitter, die ondervoorsitter en twee addisionele lede, verkies uit die geledere van die nuwe ABR. Die sekretaris, indien een aangestel is, het ook sitting op die uitvoerende komitee, onderworpe aan art. 4.4.3. 4.3.2. Die addisionele lede van die UK word tydens n normale vergadering van die nuwe ABR verkies, so gou as wat moontlik en billik is, en die verkiesing word gefasiliteer deur die ABR voorsitter. Stemming sal geskied by wyse van geslote stembrief. 4.3.3. Die lede van die uitvoerende komitee verteenwoordig die ABR op vaste en ad hoc komitees van die Senaat en ander Universiteitsliggame/-komitees, met die diskresie wat uitsluitlik by die ABR voorsitter berus ; met dien verstande dat verteenwoordiging op sodanige komitees en liggame nie beperk is tot lede van die UK (ABR) nie. 4.3.4. Vergaderings van die uitvoerende komitee word oorgelaat aan die diskresie van die ABR voorsitter.

4.4. Sekretaris 4.4.1. Die ABR voorsitter mag, indien die behoefte daarvoor bestaan, n sekretaris vir die ABR aanstel. Die sekretaris hoef nie uit die vorige of huidige geledere van die ABR aangestel te word nie. 4.4.2. Die ABR geniet n kontraktuele werksverhouding met die sekretaris, met die ABR voorsitter wat verantwoordelik is vir die formulering, hetsy mondelings of op skrif, van sodanige kontrak. 4.4.3. Die sekretaris dien ad hoc op die uitvoerende komitee van die ABR, maar geniet nie stemreg tydens vergaderings van die UK (ABR), die volle ABR of enige ander aangeleenthede van die ABR nie. Die sekretaris mag wel spreukbeurte toegestaan word. 4.4.4. Die primêre pligte van die sekretaris behels die administrasie van die ABR en ABR vergaderings, interne kommunikasie, personalia en enige ander aangeleenthede wat deur die UK (ABR) aan die sekretaris toegewys is. 4.5. Ander Lede 4.5.1. Die funksionering en pligte van die ander ABR lede word deur die ABR voorsitter gestipuleer aan die begin van sy / haar termyn, met dien verstande dat sodanige pligte binne die doelstellings van die ABR sal val, en redelik en billik is. 4.5.2. Elke fakulteitskomitee moet enige veranderinge aan die spesifieke fakulteitskomitee se grondwet skriftelik onder die aandag van die ABR voorsitter bring en by n vergadering van die ABR laat ratifiseer, met dien verstande dat sodanige wysiging nie strydig mag wees met die ABR Grondwet of die Studente-uniegrondwet nie. 5. Vergaderings 5.1. Gewone vergaderings 5.1.1. Gewone vergaderings word gehou wanneer die voorsitter, in oorleg met die ABR, of uit eie beweging, 'n vergadering belê. 5.1.2. 'n Gewone vergadering word ten minste drie maal per kwartaal gehou.

5.1.3. Kworum behels een verteenwoordiger van ten minste ses fakulteite en 'n minimum van tien lede fisies teenwoordig by die vergadering. 5.1.4. Vir gewone vergaderings moet vier universiteitsdae skriftelike kennisgewing gegee word. 5.1.5. Die agenda en / of sakelys moet lede nie later as 24 uur voor die vergadering bereik nie. 5.1.6. Alle lede van die ABR is verplig om alle vergaderings by te woon, tensy geskrewe verskoning 24 uur voor die aanvang van die vergadering aan die ABR voorsitter gegee is, met n gepaardgaande geldige rede. 5.1.7. Die ABR voorsitter mag spesiale reëlings tref rakende die bywoning van vergaderings deur die lede van die TABR en ander persone aan wie daar lidmaatskap gegee is ingevolge art. 2.2. 5.2. Buitengewone vergaderings 5.2.1. Buitengewone vergaderings word gehou indien die ABR voorsitter daarom versoek, of indien vyf lede van die ABR die voorsitter skriftelik daarom versoek. 5.2.2. Sodanige buitengewone vergadering moet so gou as wat moontlik en billik is geskied, en mag nie vir langer as vier universiteitsdae uitgestel word nie. 5.2.3. Kennisgewing van buitengewone vergaderings moet lede nie later as twaalf uur voor die aanvang van die vergadering bereik nie. 5.2.4. Die agenda van die buitengewone vergadering sal by die aanvang van die vergadering gefinaliseer word. 5.3. Stemming 5.3.1. 'n Mosie kan ingevolge normale praktyk op die tafel geplaas word tydens enige vergadering van die ABR, en kan met 'n gewone meerderheid aanvaar word. 5.3.2. Slegs lede omskryf in artikel 2.1 het stemreg. 5.3.3. Enige lid, die addisionele lede ingevolge art. 2.2 ingesluit, mag hulself beskikbaar stel vir enige posisie binne die ABR, behalwe vir die posisie van ABR voorsitter en ondervoorsitter, wat slegs gevul mag word deur die persone vermeld in art. 2.1.

5.3.4. Elke lid wat ingevolge art. 5.3.2 stemreg het, is geregtig op een stem. In die geval van enige stemming wat gelykop eindig, het die ABR voorsitter die beslissende stem. 6. Tugprosedure 6.1. Indien 'n lid sonder geldige verskoning afwesig is van drie ABR vergaderings, homself / haarself skuldig maak aan ernstige pligsversuim, of die goeie naam die ABR, SR of die Universiteit Stellenbosch in gedrang bring, moet daar tugmaatreëls teen so n lid ingestel word. 6.2. Die ABR kan op n ad hoc basis 'n tugkomitee aanstel. 6.3. Die ABR tugkomitee bestaan uit die ABR voorsitter, ABR ondervoorsitter en twee addisionele lede, verkies op n billike, regverdige en verteenwoordigende wyse. 6.4. Die ABR tugkomitee het, nadat die aangeleentheid duidelik ondersoek is, afhandelingsbevoegdheid in terme waarvan hulle n beslissing kan maak wat onder andere insluit tydelike opskorting van lidmaatskap of permanente skorsing, maar wat nie beperk is daartoe nie. 6.5. Die prosedure gevolg deur die ABR tugkomitee moet te alle tye regverdig wees, die betrokke lid moet in alle optrede geken word, en daar mag na afloop van die beslissing na die Studentehof geappelleer word. 6.6. Die lid het nie die reg tot verteenwoordiging voor die ABR tugkomitee nie. 6.7. Indien 'n lid geskors word, het die bepaalde fakulteitskomitee waaruit die persoon gekom het die verpligting om 'n nuwe lid op die ABR aan te wys. 6.8. Indien vertroue verloor word in die ABR voorsitter of ABR ondervoorsitter, kan n mosie van wantroue teen sodanige persoon ingestel word. 6.8.1. n Mosie van wantroue moet deur n voorsteller en vyf (5) sekondante voorgelê word by n buitengewone vergadering, ingevolge art. 5.2 saamgeroep. 6.8.2. n Mosie van wantroue moet met n 2/3 meerderheidstem ingestem word.

7. Magte, Pligte en Bevoegdhede van die Akademiese Belangeraad 7.1. Die ABR se magte, pligte en bevoegdhede, as gesaghebbende besluitnemende en beleidmakende liggaam in terme van akademie, word vervat in die Studente-uniegrondwet en die Studendereglement van die Universiteit Stellenbosch. 7.2. Enige besluit wat die ABR ten opsigte van algemene akademiese beleid neem, of enige standpunt wat die ABR as liggaam steun, sal bindend wees op die onderskeie fakulteitskomitees. 8. Finansies 8.1. Die ABR, as sentrale verteenwoordigende liggaam van elke student se akademiese belange, se werking moet nie ingeperk word deur finansiële bande nie, insovere moontlik en billik. 8.2. Die ABR mag borge in eie naam nader, mits die borgooreenkoms in lyn is met enige besluit of beleid rakende borge wat deur die SR of Universiteit Stellenbosch ingestel is. 8.3. Die ABR is geregtig op n gedeelte van die SR begroting, soos bepaal deur die SR voorsitter, die SR tesourier en enige ander partye betrokke by die proses. 8.4. Addisioneel aan art. 8.3 word daar van elke fakulteitskomitee, soos uiteengesit in art. 2.1.2, lidmaatskapfooie gehef. 8.4.1. Hierdie fooi behels n heffing van R1 per voorgraadse student in die bepaalde fakulteitskomitee se fakulteit. 8.4.2. Die bedrag is aan die ABR betaalbaar sodra fasiliteite daarvoor beskikbaar is, mits dit vereffen word teen n redelike tyd voor die einde van die ABR se termyn. 8.4.3. Addisionele donasies of administratiewe kostes vanaf fakulteitskomitees mag aanvaar word, mits dit aan die ABR openbaar word. 8.5. Elke lid van die ABR, soos vervat in art. 2.1, kom in aanmerking vir n leierskapsbeurs, met dien verstande dat die Afdeling Beurse en Lenings absolute bevoegdheid geniet t.o.v. die toekenning van leierskapsbeurse. 8.5.1. Die leierskapsbeurs is n vergunning, en lede wat nie aktief betrokke is by die werking en uitvoering van die pligte van die ABR nie, sal nie in aanmerking kom om die beurs, of n gedeelte daarvan, te ontvang nie.

8.5.2. Evaluering van die bedrag waarop elke lid soos hierbo gedefinieer aanspraak kan maak sal geskied deur die volgende punte in ag te neem, maar is nie beperk daartoe nie: 8.5.2.1. Tydige reaksie op interne kommunikasie ; 8.5.2.2. Stiptelikheid en voorbereiding vir vergaderings, asook die hoeveelheid vergaderings gemis sonder dat n geldige verskoning betyds ingedien is ; 8.5.2.3. Uitvoering van opdragte ontvang vanaf die ABR voorsitter en ander lede van die UK (ABR) ; 8.5.2.4. Uitvoering van alle ander pligte op die lid gelê deur hierdie, asook die onderskeie fakulteitskomitees se grondwette. 8.5.3. Die diskresie vir die toekenning van leierskapsbeurse, op grond van die kriteria gestipuleer in art. 8.5.2, berus by die UK (ABR). 8.6. Elke lid van die UK (ABR), soos vervat in art. 4.3, kom in aanmerking vir n honorarium. 8.6.1. Dieselfde bepalings geld hier soos vervat in 8.5.2, met die finale besluit wat by die ABR voorsitter berus, in oorlegpleging met die Studentedekaan. 8.7. Die ABR voorsitter moet op n kwartaallikse basis deeglik verslag lewer aan die ABR aangaande die stand van die ABR se finansies. 9. Wysiging van die Grondwet 9.1. Enige wysiging van hierdie grondwet moet met 'n twee-derde meerderheid goedgekeur word. 9.2. Mosies ter wysiging van hierdie grondwet moet die voorsitter ten minste 48 uur voor die gegewe vergadering waarop dit bespreek moet word, bereik. 9.3. Alle wysigings van die ABR grondwet moet deur die Studenteraad geratifiseer word.

Geteken: ABR VOORSITTER : Naam : : Geteken : ABR ONDERVOORSITTER : Naam : : Geteken : ABR LID : Naam : : Geteken : ABR LID : Naam : : Geteken : DATUM :