Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

Vergelijkbare documenten
Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

AANKONDIGINGE 26 AUGUSTUS 2018

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

AANKONDIGINGE 22 OKTOBER 2017

AANKONDIGINGE 8 OKTOBER 2017

Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

AANKONDIGINGE 7 OKTOBER 2018

AANKONDIGINGE 17 SEPTEMBER 2017

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

AANKONDIGINGE 10 JUNIE 2018

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

AANKONDIGINGE 18 MAART 2018

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

AANKONDIGINGE 13 JANUARIE 2019

Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

AANKONDIGINGE 24 SEPTEMBER 2017

AANKONDIGINGE 4 NOVEMBER 2018

AANKONDIGINGE 19 AUGUSTUS 2018

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

AANKONDIGINGE 5 AUGUSTUS 2018

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Goeie Konings, Slegte Konings

AANKONDIGINGE 12 NOVEMBER 2017

AANKONDIGINGE 2 SEPTEMBER 2018

AANKONDIGINGE 18 FEBRUARIE 2018

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

n Tempel Leier besoek Jesus

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

AANKONDIGINGE 11 MAART 2018

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

VOORNEMENDE HUWELIKSMAATS NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Les 1 vir 7 Oktober 2017

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Welkom by Die Storie God se storie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Tel: (018) Faks: (018) Webwerf: Epos:

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Pragtige Koningin Ester

AANKONDIGINGE 20 MEI 2018

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

AANKONDIGINGE 16 SEPTEMBER 2018

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

AANKONDIGINGE 28 OKTOBER 2018

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

SKOLE HEROPEN 20 WEEK VAN GEBED :30 Vroue Bybelstudie

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

AANKONDIGINGE 25 MAART 2018

sodat jy n gestuurde van die Here kan

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Wellington Moeder en -Noord NG Gemeentes. Algemene vrae. * 1. Is jy manlik of vroulik? * 2. Hoe sou jy jou verhouding met Jesus Christus beskryf?

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Wat gebeur DV hierdie week. Gebedskrygers Oggenddiens Dankofferfees Koffiediens. 07:30 09:15 17:30 Maandag 9 November

KATALOGUS. BOODSKAPPE, BOEKE EN ANDERE. PLAAS JOU BESTELLING AAN DIE EINDE VAN KATALOGUS STUUR KATALOGUS TERUG NA MAIL ADRES:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

Van Vervolger tot Prediker

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Geroep vir Gemeenskap

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Bergsig Lantern. Conspirito Musiekfees

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Preek Romeine 1:16-17

OM GOD SE WERK DEUR TRINITAS TE ONDERSTEUN

AANKONDIGINGE 29 APRIL 2018

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Transcriptie:

Ned. Geref. Kerk Kuilsrivier-De Eike Posbus 272 021 903 3818 E-pos adres: ngkeike@cybersmart.co.za Kuilsrivier Faks 021 903 9541 info@ngkeike.co.za 7579 Webwerf : www.ngkeike.co.za http://www.facebook.com/pages/de-eike-gemeente-fb/199958340046137 Leraars: Ds. H Burger Ds. C Barnardo Ds. J Morkel Ds. J Viljoen 021 903 1798 021 982 7076 021 903 6654 084 383 7427 Saakgelastigde Mariana van Schalkwyk 021 903 3818 Ure 08:00 12:00 Sekretaresse Cathy Fullard 021 903 3818 Ure 08:00 12:00 Koster Tim Burrows 021 903 3818 of 082 444 5677 koster@ngkeike.co.za Kinderkerk Riëtta Odendal 021 903 4963 Snr Kategese Anien Heydenrych 074 496 6519 Orrelis René Ferreira 021 981 4806 (h) Verlede week se erediensbywoning Oggenddiens: 380 Kinderkerk: 67 Totaal : 523 van 1728 (30.27%) Aanddiens: 76 27 Augustus 2017 Twaalfde Sondag in Koninkrykstyd BYBELSONDAG 09:30 Oggenddiens Deuroffer ten bate van: Gideons Eric Brand vertel ons van die werk van die Gideons 09:30 Kinderkerk in die konsistorie 18:00 Aanddiens Senior Kategese na afloop van die aanddiens 2016 Belydenisklas kom bymekaar Erediensspan 1 Derick du Toit VOLGENDE SONDAG SE PROGRAM 3 September 2017 NASIONALE BIDDAG VIR DOWES 09:30 Oggenddiens - DOOP Deuroffer ten bate van: Instituut vir Dowes 09:30 Kinderkerk in die konsistorie 18:00 Aanddiens Senior kategese na afloop van die aanddiens Erediensspan 2 Charl van Zyl

VANDAG SE DEUROFFER IS TEN BATE VAN: DIE GIDEON-BEDIENING Die Gideons Internasionaal is n vereniging vir Christen sake- en professionele manne, met net een droom OM SIELE VIR JESUS TE WEN. Ons doen dit deur persoonlike werk, en ook die verspreiding van God se Woord. Die vereniging het sy ontstaan gehad in die VSA gedurende 1899. In Suid-Afrika bestaan die Gideon-bediening reeds sedert 1950. Die Gideons is tans werksaam in 200 land wêreldwyd, wat lande soos Rusland, Mexico en selfs Groenland insluit. Met die finansieële steun van die kerke en individuele Christen vriende het die Gideons sedert sy ontstaan, tot en met 2016, reeds meer as 2 miljard Bybels in 100 tale in 200 lande versprei!!!! - In 2016 is wêreldwyd meer as 90 miljoen Bybels versprei en ons doelwit vir 2020 is 100 miljoen Bybels in een jaar. - In Suid-Afrika is in 2016 meer as 1.2 miljoen Bybels versprei. - Bybels word geplaas in hotelle, gastehuise, prokureurskantore, hospitale en korrektiewe inrigtings. - Lede van die veiligheidsmagte, student en diegene in die verpleegberoep ontvang ook Bybels. - Dan ons groot passie, naamlik ELKE GRAAD 8 LEERLING IN SA EN NAMIBIë, ontvang sy of haar eie Bybel elke jaar. Meer inligting oor die Gideon bediening is op ons webwerf www.gideons.org beskikbaar. Alle eer aan ons Hemelse Vader vir wat Hy reeds oor die jare deur die Gideon-bediening gedoen het, en nog elke dag doen!! Sou u miskien deur die Heilige Gees gelei word om op een of ander manier by die bediening betrokke te raak, kontak asb vir ERIC BRAND 021 981 2725, JACQUES ODENDAAL 082 808 3459, JOHAN JOUBERT 021 982 1358 of DERICK DU TOIT 082 510 7662. Die volgende getuienis is ontvang van n graad 8 leerling wat in 2015 n Bybel ontvang het: Liewe Ooms, eerstens wil ek groet in die naam van die Heilige Gees. Ek wil net vir u baie dankie sê vir die Bybels wat u aan ons gegee het. Daardie Bybel beteken vir my geweldig baie. Dit vertel my baie van God. Dis baie lekker om in die huis van die Here te dien. Dit is baie gaaf van u om van ver af te kom om net vir my n Bybel van God te kom gee. Ek wil net Ps 105 vers 2 en 3 vir u neerskryf. Groete Agnes Koleite

WEEK SE PROGRAM Gebedsonderwerp vir die week: BYBELVERSPREIDING Leesroostertekse vir die week Eks 3:1-15; Ps 105:1-6, 23-26, 45; Rom 12:9-21; Matt 16:21-28 Datum Tyd Wie / Wat Besonderhede Maandag 19:30 Vroue Bybelstudie kleingroep Byeenkoms in Moederskamer 28-Aug 19:30 Sportmanne Bybelstudie byeenkoms in konsistorie Dinsdag 09:30 Senior Burgers Bybelstudiebyeenkoms in die konsistorie 29-Aug 19:00 Kerkkoor Oefening in kerk 19:00 Pannie se kleingroep Kleingroepbyeenkoms by Pannie se huis Woensdag 9:30 Vrouelidmate Bybelstudiebyeenkoms in die konsistorie 30-Aug 9:30 Bottelary Dames Bybelstudiebyeenkoms by Cornelia Myburgh, Remhoogte Donderdag 9:30 Dienssentrum vir Seniors Byeenkoms by Moedergemeente se kerksaal Ontbyt 31-Aug Sopkombuis Othello, Elize van Wyk 19:00 Kerkraad Vergadering in die konsistorie Vrydag 9:30 Gebedsgeleentheid Alle lidmate word genooi om te deel in die weeklikse geleentheid in die Moederskamer 01-Sep Saterdag 02-Sep

Nuwe Lidmate 1. Welkom aan alle nuwe De Eike lidmate skryf gerus u naam in die Nuwe Intrekkers Registers by die deure. 2. Die volgende lidmate se lidmaatskapsertifikate is ontvang: Verjaarsdae vir die week 27/08 Tim Burrows 28/08 Nelleen Lodewyks, Karl Ochse, Estelle Conradie, Sidney de Kock, Elmien Boyes, Rynhardt de Jongh 29/08 Tia Welman, Stiaan van Zyl, Petro Combrinck, Vasti Muller, Elsabé Oosthuizen 30/08 Ziaan van Zyl, Heinrich van As, Wiehann Meyer, André Coetzee 31/08 Tanya Herholdt, Elmaré Burger, Roanda Jacobs, Marlie Saayman, Annette du Toit 01/09 Rita de Villiers, Rohan le Roux, Leoni en Rachel Lambert Danksegging en Voorbidding 1. Oom Pietie de Wit (Bosman straat 55) is in die hospitaal. 2. Bennie Scheidegger (Russel straat 9) het n prosedure in die hospitaal ondergaan. 3. Francois Brink (Bossie en Mariaan se seun) is verlede Saterdag op Porterville getroud met Annalize. 4. Derick en Ronel le Roux (Brackenfell) se seun Rohan het n draai in die hospitaal gemaak. 5. Derick Smit (Salmon str 4) is in die hospitaal. 6. Christeen van Zyl (Grayling str 15) se suster het kanker. 7. Manie Engelbrecht en Ben Jacobs (Othello Aftree-oord) herstel albei tuis na gesondheidsterugslae. Van alles en nog wat 1. Versoeke vir gebedsvoorbidding kan deurgegee word na enige van die gebedsgroepe by die volgende lidmate : Lerina Venter (021 903 9069) en Marita Koen (021 903 7820) 2. Liedere Versoek-boek: indien daar n spesiale lied is wat jy graag wil versoek deur die gemeente gesing moet word, skryf dit gerus in die versoek-boek wat in die vakkie in die voorportaal is. 3. Die Mediasentrum is elke Sondag na die erediens oop, gedurende die skoolkwartale. 4. Ons is nog steeds op soek na ou tydskrifte om te versprei na minderbevoorregtes. Bring gerus na die kerkkantoor. Enige ou klere somer sowel as winterklere is ook welkom, sowel as beddegoed, handdoeke, gordyne, ens. 5. Sopkombuis: Lidmate wat graag n brood vir die sopkombuis wil skenk, kan dit in die mandjies by die deure plaas of na die kerkkantoor neem. 6. Daar is gratis Afrikaans, Engels en Xhosa Bybels by die kerkkantoor beskikbaar wat lidmate kan skenk aan iemand wat nie n Bybel het nie. Ons dink veral aan huis- en tuinwerkers, petroljoggies, ens. 7. Lux Verbi en Alta du Toit-nasorgsentrum nooi lidmate uit na Sheri Brynard se bekendstelling van haar boek Shéri, Nes ek is. Shéri is die enigste persoon met Downsindroom in die wêreld wat n tersiêre diploma het. Kom luister na haar en haar ma, Susette op Saterdag 14 Oktober 2017. Kaartjies kos slegs R50.00 per persoon. Bespreking by Marina van der Meulen by marina@altadutoit.org.za of 021 913 2106. 8. Moedergemeente reël n gebedsgeleentheid op Woensdag 6 September 2017 13:00 tot 13:50. Kom bid saam as gemeenskap van Kuilsrivier. n Geleentheid om die Here te dank, te eer, en ons nietigheid voor Hom te erken. Daar is ook geleentheid om die gemeenskap aan die Here op te dra. 9. Bydraes vir die volgende uitgawe van Die Akker word ingewag. Die sperdatum is 7 September 2017. Stuur bydraes na ngkeike@cybersmart.co.za of gee in by die kerkkantoor. 10. Heidekoppie gemeente hou op Saterdag 2 September 2017 basaar 8:00. Sien kennisgewingbord vir meer inligting. 11. GODSDIENS IN SKOLE hoe kan gelowiges hul Christenskap in skole beoefen, op n wyse wat ander se vryheid van geloof en godsdiens respekteer? Sondag 27 Augustus 2017 om 18:30 word dié gesprek gevoer by NGK Durbanville en sal gelei word deur ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Wes-Kaapse Sinode. 12. NGK Kuilsrivier (Moedergemeente) beskik oor n vakature vir n KASSIER. Dit is n halfdagpos. Diensaanvaarding is 1 November 2017. Sluitingsdatum vir aansoeke is 13 September 2017 om 10:00. Vir navrae kontak Johan Zietsman (021 903 1529). Stuur CV s na ngkkuilsrivier@absamail.co.za.

13. Herstelwerk aan die kerk se parkeerterrein begin more en die werk sal ongeveer 5 tot 6 weke duur. Daar sal gedurende die tydperk geen ingang vanaf Van der Heeverstraat wees nie. Ons besef dat dit baie ongerief gaan veroorsaak, maar vra geduld en samewerking van al ons lidmate. 14. Die volgende kerkraadsvergadering vind plaas op Woensdag 30 Augustus 2017 om 19:00 in die konsistorie. 15. Bestellings vir die gewilde Bybeldagboek UIT DIE BEEK 2018 kan by die kerkkantoor geplaas word. Die nuwe skrywer is dr Barend Vos. Die normale prys is R175, maar indien ons genoeg bestellings kry, kan die prys laer wees. Kontak die kerkkantoor teen 20 September 2017 om jou bestelling te plaas. 16. Alta du Toit Nasorg bied aan KLASSIEKE KONSERT 2017 met Charl du Plessis en die Tygerberg Kinderkoor op 29 Oktober 2017 om 16:00 by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow. Kaartjies teen R120 per persoon (R100 vir pensionarisse) is beskikbaar by Computicket. 17. Jan Kriel se Bike & Tekkie Challange vind plaas op 2 September 2017. Vir navrae skakel 021 903 0434. Vir aanlynregistrasie gaan na www.topevents.co.za. 18. GOSPEL SKOUSPEL 2017 vind plaas op 2 September 2017 by Grand West. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. 19. Ons kerkkoor neem vanaand deel aan die jaarlikse koorfees by VGK Kraaifontein. Ons wens hulle sterkte toe. 20. Die Belydenisklas van 2016 kom vanaand na die aanddiens weer in Tim se kantoor bymekaar. Die Kommissie vir Vrouelidmate (voorheen bekend as Vrouediens) Skryf Die Bybel is soos n bril wat die dowwigheid voor ons oë wegneem en ons n helder blik op God se wil gee. Johannes Calvyn (1509-1564) VROUEDANKOFFER Baie dankie aan al die dames wat reeds hul dankoffer gegee het. Die bedrag van R22 840 (133 bydraes) is reeds ontvang. Danksy dié bydraes kon die kommissie die kerkraad help om die vrieskas en 2 urns in die kombuis te vervang. Koeverte kan steeds enige Sondag in die mandjies geplaas word. DANKOFFERFEES 29 OKTOBER 2017 Ons begin vandag weer, soos verlede jaar, met n Rubriek oor Dankoffer met die oog op ons Dankofferfees DV op 29 Oktober. In die Bybel is daar baie verwysings na geld en die regte gebruik daarvan: * Daar is 500 verse oor gebed, minder as 500 oor geloof, maar 2350 verse oor geld en besittings * In die 4 Evangelies handel een uit elke tien verse (288) direk oor geld * 16 van die 38 Gelykenisse wat Jesus vertel het, handel oor die regte aanwending van geld en besittings. God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid n ryk oes laat oplewer. 2 Kor 9:10

KOMMUNIKASIE IN DE EIKE Nogmaals baie dankie vir almal wat so flink reageer het op ons oproep om e-posadresse. Ons beoog om vroeg aanstaande maand e-nuusbriewe te begin uitstuur. As jy deel hiervan wil wees maak seker dat die kantoor jou e-posadres het! DE EIKE SENIOR BURGER KLUB UITSTAPPIE Die eerste uitstappie van die Senior Burger Klub (SBK) van De Eike gaan plaasvind op Woensdag 13 September 2017. Ons gaan die Botaniese Tuin op Stellenbosch besoek. Ons vertrek 10:00 per bus vanaf die kerkgebou. Ek het gereël dat ons op n begeleide toer deur die tuin geneem word. Daarna geniet ons botterbroodjies(scons) en tee/koffie by die restaurant in die tuin(katjiepiering). Ons behoort teen 15:00 terug te wees. Die uitstappie sal jou slegs R50 kos, vervoer ingesluit! Indien jy belangstel, moet jy asseblief so gou moontlik jou naam by die Kerkkantoor opgee. Lidmate wat met eie vervoer wil gaan, moet asseblief ook hul name opgee en aandui dat hulle eie vervoer het. Aangesien die bus net n sekere hoeveelheid mense vat, sal dié wat eerste aanmeld, voorkeur kry. Daar is slegs 3 plekke in die bus van 50 sitplekke oor! Lidmate wat reeds hul name op die lys gesit het, kan solank die R50 by die kerkkantoor inbetaal. Johan Morkel UITREIK NA NUWERUS GEMEENSKAP Ds Chris en sy belydenisklas gaan teen einde Oktober op n uitreik na die gemeenskap van Nuwerus. Ons ondersteun hulle nou al geruime tyd met gereelde bydraes van klere en ander items. Daar word tans naaldwerkklasse aangebied vir die inwoners en hulle benodig die volgende: - lappe, wol, breipenne, enige ander naaldwerkbenodighede Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word en sal dan saam die uitreikspan na hulle gestuur word.

HULP BENODIG Ons gemeente het n uitreikaksie waar ons gebruik maak van leraars van die dorp om op n Woensdagoggend n kort boodskap by die speurders te bring. Die betrokke dominee/pastoor word die Dinsdag geskakel om hom/haar daaraan te herinner. So n persoon word dan die Woensdag-oggend by sy huis opgelaai en na die speurders toe geneem. Party ry self. Tans is daar net 3 manne wat die rywerk doen. Ons sal graag meer mense wil betrek. Jy ry 2 Woensdae na mekaar en dan later weer as dit jou beurt is. Hoe meer ons is, hoe minder ry jy. Die biduur is om 07:45, en jy is weer terug by die huis om 08:15. Indien jy sou belang stel, kontak my asseblief. Louis Hurter (021) 982-0845 of 083-338-2003. VANUIT DIE EREDIENS EN AANBIDDINGSKOMMISSIE HET ONS DIE VOLGENDE VERSOEKE ONTVANG. EREDIENSWERKERS Daar is steeds n tekort aan persone wat tydens eredienste kan help met die opneem van die offergawes, deurdiens te doen ens. As jy geroepe voel om die Here ook op die manier te dien,meld asb aan by die kerkkantoor wat jou naam sal deurgee aan ons Erediensspanleiers,wat jou touwys sal maak. As ons genoeg hande kry sal n spesifieke persoon slegs een Sondag per maand vir een uur diens doen,en sal dit help met die vlot verloop van ons eredienste. Baie dankie by voorbaat dat jy hierdie versoek biddend sal oorweeg. KLANK- en POWERPOINT OPERATEURS Ons doen weereens n beroep op persone wat ook op hierdie manier die Here wil dien,en n bydrae wil maak tot die sinvolle verloop van ons eredienste. As jy geroepe voel om jou gewig hier in te gooi, meld asb by die kerkkantoor aan. Jou besonderhede sal gegee word vir Andre Shaw, wat verantwoordelik sal wees vir die opleiding. As ons genoeg hulp kry mag dit wees dat jy slegs een Sondag per maand aan diens sal wees. Baie dankie by voorbaat dat jy hierdie versoek biddend sal oorweeg.

Preekskets 27 Augustus 2017 PREDIKER: DS. JOHAN MORKEL TEMA: GOD HET SY WOORD GEGEE OM ONS TE RED EN AS GELOWIGES TOE TE RUS VIR ONS ROEPING Skriflesing: 2 Tim.3:10-17 Liedere: Loflied: 258: 1-3 Voor Skriflesing: 253:1-2 Uitstuurlied: 476:1, 4. Inleiding: n Beskrywing van die samelewing... 1. Hoe oorleef gelowiges in so n wêreld? God het ons in hierdie deurmekaar-wêreld sy Woord gegee, ingegee, Wat n voorreg om die Woord van God vryelik tot ons beskikking te hê! 2. Waarvoor het God sy Woord vir ons gegee? In God se Woord is die boodskap van verlossing deur Jesus Christus. - Ons moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar dat almal in die kerk Jesus Christus as Verlosser ken nie. 3. Waarvoor het God sy Woord verder vir ons gegee? Die Bybel is ook die gereedskap waarmee God ons as verlostes verder vorm en toerus vir ons roeping op aarde! Paulus wys hoedat die Woord ons in twee opsigte verander. 3.1. Die Woord sorg dat ons die regte kennis van God het. Die Woord wys dwaling uit en leer aan die ander kant vir ons die waarheid. 3.2. Die Woord spreek ook ons lewenswyse aan. Die Bybel lê die vinger op die verkeerdhede in ons lewe en wys ons hoe om reg voor die Here te lewe. 4. Paulus sê deur dit wat hierbo genoem is,(die verlossing van Jesus Christus, ons kennis van die Woord en n regte lewenswyse) vorm God ons om instrumente van Hom in die wêreld te wees.