Tema 3: Uitgestorwe en Bedreigde diere Week 7 Werkboek 1: bl. 63-72 Spellingboek: bl. 24-25 Skrifboek: bl. 17-18 1. Luister en praat 3 dae 15 minute Mondeling werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister- en praataktiwiteite Bespreek bedreigde diere en diere wat in alle lande wêreldwyd uitgesterf het. Van die kleinste tot die grootste dier loop gevaar om uit te sterf. Om vas te stel watter spesies bedreig word of moontlik kan uitsterf en hul bewaring te bevorder is n Rooilys saamgestel. Wetenskaplikes in verskillende lande moet elke tien jaar die verskillende diere se getalle hersien en op die lys laat aanteken. Die diere word ingedeel op die lys volgens agt kategorieë: 1. Uitgestorwe diere 2. Uitgestorwe in die natuur 3. Kritiek bedreig 4. Bedreig 5. Kwesbaar 6. Laer risiko 7. Data onvoldoende 8. Nie bedreig. 32
Museums het uitstallings van uitgestorwe diere en plante. Elke dier en plant het n spesiale plek in die skepping en as dier of plant uitsterf word die natuur daardeur beinvloed. Verduidelik kortliks hoe voedselkettings werk. Dag 3 Kom ons kyk na n paar diere wat reeds uitgesterf het en op die rooilys aangeteken is: Die Dodo, n voël afkomstig van Mauritius Falklandse wolf van die Falklandse Eilande naby Antarktika Tasmaniese tier afkomstig van Australië. Kwagga uit Suid-Afrika Goue padda van Costa Rica in Suid-Amerika Steller Seekoei van die Atlantiese Eilande in die Noordelike-Stille Oseaan. Die Encephalartos Woodii, n broodboom uit Suid-Afrika. Die Rocky Mountains-sprinkaan is van die Rocky Mountains in Noord-Amerika. 2. Lees en klanke Gedeelde lees 3 dae 20 minute Werk klassikaal met al die leerlinge. Wys aan leerlinge prente van diere wat uitgesterf het en lees die kort beskrywings in die werkboek. Leerlinge lees beskrywings saam met die onderwyser. Fokus op genot. Leerlinge toon persoonlike reaksie op die teks. Leerlinge is meer betrokke by die lees van die teks. Rig besprekings om woordeskat, begrip en taal te bevorder. Dag 3 Gebruik die werkboek en bespreek die diere wat uitgesterf het. Bespreek ook die ander kategorieë op die rooilys. 1. Uitgestorwe 2. Uitgestorwe in die natuur 3. Kritiek bedreig 4. Bedreig 5. Kwesbaar 6. Laer risiko 7. Data onvoldoende 8. Nie bedreig 33
Groepbegeleide lees 5 dae 30 minute Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by bespreking. Lees in pare en selfstandig lees (ekstra leesoefening) Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan die groeplees: Maandag Leerlinge lees vl- en vr- woorde op spellys. Kies vyf woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. Dinsdag Meervoude: Klinkergroep 3: (a, e, i, o, u, kort klanke). By dié woorde word die medeklinker verdubbel, byvoorbeeld: som somme. Blokkiesraaisel in die werkboek. Woensdag Voltooi die rympie in die werkboek. Donderdag Leerlinge kyk na die prentjies van Die seuntjie wat wil vlieg. Skryf eie titel vir die storie en eie sinne by die prentjies. 34
Vrydag Lees vir genot uit leeshoekie in die klas. Skryf jou boek se naam (titel) en die outeur (skrywer) agter in jou werkboek. Sê of jy die boek geniet het en gee n rede. Klanke 3 dae 15 minute Lees die sigwoorde. Lees en klank spellyswoorde saam met die onderwyser. Verduidelik moeilike woorde vir leerlinge. Bou jou eie vl- vr- woorde in die spellingboek. Vul die regte vl- vr- woorde in die spellingboek. Speltoets in die werkboek (10 woorde) vlieg vrou vleis vrees vloei vryf vlug vries vlei vraat Dag 3 Diktee vl- vr- (werkboek) 1. My mamma vleg my hare. 2. Die padda kwaak in die vlei. 3. Die water in die dam is vlak. 4. Die vraat prop sy mond vol kos. 5. My juffrou vra my n vraag. 6. Die vleis vries in die vrieskas. 3. Skryf Handskrif 3 dae 15 minute Leerlinge oefen skrifstrokie 1 in die skrifboek: v V w W Vera Willem Veronica Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: a A Anna Anton en Alie Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. 35
Dag 3 Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: t T f F Tysie Fanie Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Spelwoorde: vleg vlei vraag vroeg Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Selfstandig skryf 3 dae 20 minute man gelyk het en teken hom by kreatiewe wer. Werkkaart in die werkboek. Begriplees: Lees instruksies en lees wat gevra word. Dag 3 Skryf minstens drie sinne oor eie nuus in die werkboek en gebruik aangeleerde Leerlinge skryf nuwe woorde in die woordeboek agter in die werkboek. 36
Week 8 Werkboek 1: bl. 73-83 Spellingboek: bl. 26-27 Skrifboek: bl. 19-20 1. Luister en praat 3 dae 15 minute Mondeling werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister- en praataktiwiteite Bespreek bedreigde diere in ons land. Vroeg in sy dagboek vertel Jan van Riebeeck reeds van seekoeie, olifante en leeus in die Kaapse Skiereiland, en verder in die binneland van ontelbare troppe wildebeeste, springbokke, zebras, kwaggas en volstruise wat op die vlaktes gewei het. Vandag, na verloop van n skrale 300 jaar, is daar van dié prentjie geen sprake meer nie. Drie diersoorte wat net in die Kaap voorgekom het, die egte kwagga, die bloubok en die Kaapse leeu, het vir altyd van die toneel verdwyn. Saam met hulle het nege ander soorte soos die kameelperd, seekoei, twee renostersoorte, die zebra of bontkwagga en verskeie wildsbokke, soos die swartwitpens en bastergemsbok ook baie minder geword. Die bastergemsbok kom gelukkig nog voor in wildtuine en op wildsplase in Gauteng, KwaZulu Natal en Namibië. Die egte kwagga het vroeër in troppe op die uitgestrekte vlaktes van die Karoo gewei. Hierdie diere het hoofsaaklik saam met volstruise geloop. Volstruise kan baie goed sien. Hulle is gewoonlik die eerste om onraad te merk en het dus die kwaggas op hul hoede gestel. Die kwagga was n besonder mak dier en nie moeilik om te skiet nie. Kwaggas is nie vir hulle vleis gejag nie, maar vir die besondere sterk vel waarvan boere sakke vir graan en ander landbouprodukte gemaak het. Hulle is genadeloos gejag en teen die einde van die 19de eeu is hulle uitgewis. 37
Dag 3 Die bontebok, swartwildebees, swartwitpens en bastergemsbok is ook skaars wildsoorte. Danksy die optrede van die natuurbewaringsbeweging is hulle gered. Vandag word die diere beskerm in die parke, reservate en wildtuine van die Nasionale Parkeraad. Bespreek Menseregtedag 21 Maart. Integreer met Lewensvaardigheid. 2. Lees en klanke 38 Gedeelde lees 3 dae 20 minute Werk klassikaal met al die leerlinge. Lees die leesstuk: Die Rooilys in die werkboek. Leerlinge lees die teks saam met die onderwyser. Fokus op genot. Leerlinge toon persoonlike reaksie op die teks. Rig bespreking om woordeskat, begrip en taal bevorder. Dag 3 Gedeelde skryf: Die Rooilys in die werkboek Omkring uitroeptekens en vraagtekens met rooi. Skryf sinonieme (dieselfde betekenis) vir die volgende: Voorbeeld: slim intelligent uitgesterf alle lande terg soet kinders dierelewe plantlewe te keer tien jaar gelede Skryf antonieme (teenoorgesteldes) vir die volgende moontlik meer vertel sterf versorg minder oupa skoon troeteldiere Bogenoemde opdragte kan tydens week 9 voltooi word.
Groepbegeleide lees 5 dae 30 minute Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by bespreking. Lees in pare en selfstandig lees (ekstra leesoefening) Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees: Maandag Leerlinge lees tr- en tw- woorde op die spellys. Kies vyf woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. Dinsdag Lees die gedigte Renoster, Pandabeer en Die bloukraanvoël in die werkboek en doen die opdragte. Woensdag Voltooi die speletjie Doolhof en Bos blomme in die werkboek. Donderdag Skryf ten minste vyf instruksies vir jou maat in jou werkboek. Jou maat lees dit en voer die opdragte uit. 39
Vrydag Lees vir genot uit leeshoekie in die klas. Skryf jou boek se naam (titel) en outeur (skrywer) agter in jou werkboek, sê of jy die boek geniet het en gee n rede. Klanke 3 dae 15 minute Lees die sigwoorde. Lees en klank die spellyswoorde saam met die onderwyser. Verduidelik moeilike woorde aan die leerlinge. Bou jou eie tr- en tw- woorde in die spellingboek. Vul die regte tr- en tw- woorde in. Speltoets in die werkboek (10 woorde) trein twee treur twis troos twintig trui tweeling tros twak Dag 3 Diktee tr- tw- (werkboek) 1. Die trein ry op n spoor. 2. Ek eet n groot groen tros druiwe 3. As ek huil troos mamma my. 4. Die seun is traag om sy werk te doen. 5. Die tweeling twis oor die speelgoed. 6. Ek het twintig Rand in my spaarbussie. 3. Skryf Handskrif 3 dae 15 minute Leerlinge oefen skrifstrokie 1 in die skrifboek: i I j J Isak Johan Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: g G Gert en Gerda Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. 40
Dag 3 Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: s S Susan en Saartjie Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Spelwoorde: troos trok tweeling Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Selfstandig skryf 3 dae 20 minute Meervoude: Klinkergroep 3 (a, e, i, o, u) As hierdie klinkers in n woord kort uitgespreek word, kry die woord in n Voltooi die werkkaart in die werkboek Trappe van vergelyking werkkaart in die werkboek. Leerlinge skryf drie sinne oor hul eie nuus in die werkboek en gebruik week se nuus. Leerlinge skryf nuwe woorde in die woordeboek agter in die werkboek. 41
Week 9 Werkboek 1: bl. 84-91 Spellingboek: bl. 28-29 Skrifboek: bl. 21-22 1. Luister en praat 3 dae 15 minute Mondeling werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister- en praataktiwiteite : Die renosters Die renosterspesie is vandag uiters skaars en die getalle is vinnig besig om af te neem in die lande waar dit nie streng beskerm word nie. Ons hoor en lees daagliks van renoster-stropery veral in die Kruger Wildtuin in Suid-Afrika. Die oorsaak hiervan is baie tragies: In die lande van die Verre- en Midde-Ooste is daar n bygeloof dat die renoster se horings gebruik kan word om n verjongingsmiddel vir mense te maak en dus word renosters meedoënloos agtervolg en doodgemaak. Renosters het een of twee kenmerkende horings op die neus. Hierdie horings is nie aan die skedel geheg nie, maar is veselagtige strukture wat bokant die neus uitgroei. Renosterhorings kan tot 1,6 meter lank word. Die benaming witrenoster en swartrenoster is misleidend, want albei renosters is grys van kleur. Die bolip van die witrenoster is breed en vierkantig. Die diere is grasvreters en nie aggressief nie en sal nie sommer mense of voertuie aanval nie. Die bolip van die swartrenoster is gepunt en word gebruik om sy kos (boomblare en takkies) te gryp. Swartrenosters is alleenlopers, aggresief en sal as hulle bedreig voel op mense en voertuie afstorm. 42
Dag 3 Hoe diere bedreig word. Ondeurdagte jag: Walvisse wat in die Suidpoolstreke doodgemaak word. Robbe wat gejag word. Diere wat doodgemaak word vir hul vleis en vet, pelse of vere, vir trofeë of aandenkings, sport of vermaak. Bymekaarmaak van eiers en vang van kleintjies. Die steurvis se eiers is uiters gesog, daar is nou reeds min van hierdie visse oor. Verandering van die woonplek waarin die diere lewe as gevolg van ontbossing, drooglegging van vleie, bou van paaie en uitbreiding van stede. Diere wat bedreig word deur siektes wat deur vreemde diere na hul omgewing gebring word (veral siektes van mak diere is n groot gevaar vir wilde diere). Die witkruisarend is een van Suid-Afrika se roofvoëls wat ook besig is om uit te sterf. Hulle getalle is min, aangesien net een kuiken op n slag grootgemaak word. Die vernietiging van diere se natuurlike omgewing hou n groot gevaar in vir die veldlewe. Bewaring van die diere se habitat is ons grootste taak om ons land se unieke dierelewe te behou en bewaar. Bespreek die gebeure rondom Paasnaweek. Wys leerlinge daarop dat hierdie tydperk n baie belangrike gebeurtenis is vir Christene. Goeie Vrydag op die kalender is die dag waarop Jesus Christus gekruisig is. Gesinsdag is die dag waarop Jesus uit die dood opgestaan het. 2. Lees en klanke Gedeelde klanke Werk klassikaal met al die leerlinge. Storie Is Willy nou vry? in die werkboek. 3 dae 20 minute Voltooi skriftelike opdragte van Die Rooilys op bl. 75 in die werkboek. Indien nie voltooi in week 8. Leerlinge lees teks Is Willy nou vry? saam met die onderwyser. Leerlinge toon persoonlike reaksie op die teks. Dag 3 Leerlinge is meer betrokke by die lees van die teks. Rig besprekings om woordeskat, begrip en taal te bevorder. 43
Groepbegeleide lees 5 dae 30 minute Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by bespreking. Lees in pare en selfstandig lees (ekstra leesoefening) Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees. Maandag Leerlinge lees kr- en kw- woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. Dinsdag Skryf die sigwoorde in die werkboek. Kies vyf sigwoorde en maak sinne daarmee. Woensdag Lees gedig Versoeking in die werkboek. Omkring al die rymwoorde. Teken die gedig in die werkboek by kreatiewe werk. Donderdag Gee vir elke leerling n sakkie met klanke. Bou spelwoorde uit die spellys met die klanke. 44
Vrydag Lees vir genot uit die Leeshoekie in die klas. Skryf jou boek se naam (titel) en outeur (skrywer) agter in jou werkboek, sê of jy die boek geniet het en gee n rede. Klanke 3 dae 15 minute Lees die sigwoorde. Lees en klank spellyswoorde saam met die onderwyser. Verduidelik die moeilike woorde. Bou jou eie kr- en kw- woorde. Kies die regte kr- of kw- woord uit spellingboek en omkring. Speltoets in die werkboek (10 woorde) kreun kwaad kruip kwaak kroes kwel kriek kwes kreef kwaal Dag 3 Diktee kr- kw- (werkboek) 1. Jy moet die kraan styf toedraai. 2. My hemp se kraag is vuil en vol modder. 3. Die groot krap knyp my toon. 4. Oupa steun en kreun as hy van die stoel af opstaan. 5. Die siek vrou het n ernstige kwaal. 6. Die padda kwaak in die vlei. 3. Skryf Handskrif 3 dae 15 minute Leerlinge oefen skrifstrokie 1 in die skrifboek: l L Lena en Lukas Klem word gelê op die korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: h H Hans enhester Klem word gelê op die korrekte spasiëring tussen letters en woorde. 45
Dag 3 Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: o O Oom Oskar Olivier Klem word gelê op die korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Spelwoorde: kruip kriek kwaak koes Klem word gelê op die korrekte spasiëring tussen letters en woorde. Selfstandig skryf 3 dae 20 minute Meervoude kort en lang klanke: Blokkiesraaisel in die werkboek. Skryf drie sinne in dei werkboek oor die storie Is Willy nou vry? en teken ander nuus om begrip van storie te toon. Dag 3 Skryf minstens drie sinne oor eie nuus en gebruik aangeleerde klanke, sig- Leerlinge skryf nuwe woorde in die woordeboek agter in die werkboek. 46
Week 10: Assessering Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite: Luister en praat (mondeling en/of prakties) Luister sonder om die spreker te onderbreek, toon respek vir die spreker en neem beurte om te praat. Druk gevoelens uit oor n teks en verskaf rede. Byvoorbeeld: Ek dink die skrywer kon die storie n gelukkiger einde gegee het. Die dolfyn het so hard probeer om te ontsnap. Neem deel aan besprekings, stel vrae en toon sensitiwiteit vir ander se gevoelens. Formele assesseringsaktiwiteit 1 Luister en praat (mondeling en/of prakties) Praat oor persoonlike ervaring. Byvoorbeeld, vertel nuus, gee uitdrukking aan gevoelens en lug eie mening. Luister na n ingewikkelde reeks instruksies (ten minste 4) en reageer gepas. hoërorde-denkvrae. Byvoorbeeld: Dink jy dit is die beste titel vir die storie? Hoekom? 47
Assesering Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Klanke (mondeling en/of prakties) Vorm woorde met die aangeleerde klankkennis. Spel woorde korrek deur fonemiese kennis gebruik. Formele assesseringsaktiwiteit 1: Klanke (mondeling en/of prakties en/of skriftelik) Meervoude lang en kort klanke Verdeel woorde in lettergrepe. Skryf die dae van die week korrek. Skryf die maande van die jaar korrek. Sorteer letters in alfabetiese orde. kr-, kw-. Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Lees (mondeling en/of prakties en/of skriftelik) Gedeelde lees Lees vergrote teks soos gedigte, groot boeke, plakkate en elektroniese teks in klasverband saam met die onderwyser (gedeelde lees). Lees instruksies in die klaskamer. Groepbegeleide lees Lees stil en hardop in leesgroepe saam met die onderwyser. Die hele groep werk met dieselfde teks of storie wat op die groep leerlinge se leesvlak is. Gebruik klankkennis, kontekstuele en struktureel-analitiese dekoderingsvaardighede tydens hardop lees. Toon begrip vir leestekens soos punte, vraagtekens, uitroeptekens, aanhalingstekens tydens hardop lees. Leerlinge stel eie foute reg tydens lees ten opsigte van woordherkenningsen begripsvaardighede. 48
Formele assesseringsaktiwiteit 1 Lees (mondeling en/of prakties en/of skriftelik) Gedeelde lees n foto en bespreek wat jy sien en waar dit afgeneem is. Lees n boek in klasverband saam met die onderwyser (gedeelde lees) en beskryf die hoofgedagte en hoofkarakters. Beantwoord hoër-orde-denkvrae, wat op die teks gegrond is voor, gedurende en nadat die teks gelees is. Voorbeeld: Wat dink jy gaan volgende gebeur? Hoekom sê jy so? Groepbegeleide lees Lees hardop in groepe saam met die onderwyser, dit wil sê die hele groep werk met dieselfde teks/storie wat op die groep se leesvlak is. Gebruik klankkennis, kontekstuele en struktueel-analitiese dekoderingsvaardighede tydens lees. 49
Assessering Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Handskrif Hanteer skryfgereedskap doeltreffend: potlood, uitveër, liniaal. Spasiëer woorde korrek in lyne. Formele assesseringsaktiwiteit 1 Handskrif met verbindings. Skryf eenvoudige woorde in lopende skrif of skrif met verbindings. Skryf n sin leesbaar en korrek in drukskrif en lopende skrif. Voorbeelde vir informele assesseringsaktiwiteite Skryf Teken prente en skryf sinne om begrip van n storie te toon. Skryf instruksies, byvoorbeeld vir n vriend. Gee idees, woorde en sinne vir n klasstorie (gedeelde skryf). Skep eie woordbank en persoonlike woordeboek deur die eerste letter van die woord te gebruik soos appel, boek of dam. Formele assesseringsaktiwiteit 1 Skryf Skryf ten minste een paragraaf van agt sinne soos eie nuus, kreatiewe storie, beskrywing van gebeure eksperiment. kommas, uitroeptekens en aanhalingstekens. Gebruik woordboutegnieke, klankkennis en spelreëls om onbekende woorde te skryf. Gebruik teenwoordige, verlede en toekomende tyd korrek. 50