Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 5 Leerderboek P Ranby

Vergelijkbare documenten
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAFT

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5

Antieke Egipte en die Nylrivier

7. Lengte en breedtelyne

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

SW Geografie Kwartaal 2 Onderwerp 2: Fisiese Kenmerke van Suid-AFrika Eenheid 1: Suid-Afrika van bo af (fisiese kaart) Hoë plekke en lae plekke

FAKTORE EN VEELVOUDE

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAF

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 13 EN 14 Toets 7: Verandering van ons omgewing en pas ons omgewing op

5. Kaartskale. Aktiwiteite. SW Aardrykskunde. motors, ensovoorts? Waarna verwys die woord skaalmodel?

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 4 Leerderboek P Ranby

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

NAAM: GRAAD: LAERSKOOL DALVIEW. AFDELING A [30] 3.2 n Sterk / Swak punt verwys na iets waarmee jy goed is. GRAAD 4 NOVEMBER 2016

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

10 Die bou van n plant

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2018 GRAAD 6 WISKUNDE

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die Wêreld en Suid-Afrika

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

vraestel bestaan uit 7 bladsye

Die toets bestaan uit 11 bladsye, die voorblad uitgesluit.

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

My Getallelynboek (4) Naam: Jaar: Skool:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Letterlike en figuurlike taalgebruik

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Hierdie toets bestaan uit 12 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Hoërskool Montana SW Graad 8 Eindeksamen: 22 November 2011 LU1 AS2a; LU2 AS1, 2; LU3 AS2. Naam & Van:

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Natuurwetenskap Vraestel 1 Graad 7 Junie 2013 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 100 Eksaminator: S Roos Moderator: JG Roos

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Terug in die klas moet jy mooi dink en die besighede in die volgende tabel indeel

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

EKSAMENAFBAKENING WISK. Kwartaal 4 Gr 4 EKSAMEN DATUM: DATUM UITGEHANDIG: 22 Nov Okt (Bestaan uit 9 bladsye)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Les Plan Vier. Voeding

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wiskunde Graad 4. November 2016

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: *3WISK*

Les Plan Twee. Habitats

Die klimaat van SA: Temperatuur

8 Die mens in die ruimte

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram VOORGRAAD 1 Deur S. J. Cloete INHOUDSOPGAWE

Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 6 Leerderboek P Ranby, A Zimmerman

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAFT

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

Inleiding Tot Die Jagluiperd

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

HOËRSKOOL OVERKRUIN VAK: WISKUNDIGE GELETTERDHEID DATUM: 26 MEI 2015 FORMELE TOETS 2

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Transcriptie:

Almal verstaan Sosiale Wetenskappe Graad 5 Leerderboek P Ranby

Inhoud Onderwerp 1: Vaardighede met kaarte 1 Eenheid 1: Die wêreldkaart en kompasrigtings 2 Eenheid 2: Afrika ons vasteland 7 Eenheid 3: n Fisiese kaart van Afrika 14 Eenheid 4: Beelde van Afrika 18 Opsomming van onderwerp 22 Formele assesseringstake 23 Onderwerp 2: Jagter-versamelaars en herders in suidelike Afrika 25 Eenheid 1: Hoe ons meer kan leer oor jagter-versamelaars en herders 26 Eenheid 2: San-jagter-versamelaars in die Laat-Steentydperk 30 Eenheid 3: Khoi-Khoi-herders in die Laat-Steentydperk 38 Opsomming van onderwerp 42 Formele assesseringstake 43 Onderwerp 3: Fisiese kenmerke van Suid-Afrika 45 Eenheid 1: Suid-Afrika uit die lug 46 Eenheid 2: Fisiese kenmerke 50 Eenheid 3: Riviere 54 Eenheid 4: Fisiese kenmerke en menslike aktiwiteite 57 Opsomming van onderwerp 62 Formele assesseringstake 63 Onderwerp 4: Die eerste boere in suidelike Afrika 65 Eenheid 1: Die eerste boere in suidelike Afrika 66 Eenheid 2: Hoe vroeë Afrika-boere in gevestigde kapteinsgebiede geleef het 68 Opsomming van onderwerp 84 Formele assesseringstake 85

Onderwerp 5: Weer, klimaat en plantegroei van Suid-Afrika 87 Eenheid 1: Weer 88 Eenheid 2: Projek waarneming en aantekening van die weer 96 Eenheid 3: Reënval 98 Eenheid 4: Klimaat 101 Eenheid 5: Natuurlike plantegroei 103 Opsomming van onderwerp 107 Formele assesseringstake 108 Onderwerp 6: n Antieke Afrika-gemeenskap: Egipte 111 Eenheid 1: Die Nylrivier 112 Eenheid 2: Die leefwyse in antieke Egipte 114 Eenheid 3: Die grafkelder van Toetankamen: gevallestudie 124 Eenheid 4: Die verspreiding van kennis uit antieke Egipte 126 Opsomming van onderwerp 128 Formele assesseringstake 129 Onderwerp 7: Minerale en mynbou in Suid-Afrika 131 Eenheid 1: Mineraal- en steenkoolhulpbronne van Suid-Afrika 132 Eenheid 2: Mynbou en die omgewing 138 Eenheid 3: Mynbou en mense 142 Opsomming van onderwerp 146 Formele assesseringstake 147 Onderwerp 8: n Erfenisspoor deur die provinsies van Suid-Afrika 149 Eenheid 1: Erfenis in ons provinsies 150 Eenheid 2: Voorbeelde van erfenis in Suid-Afrika se provinsies 153 Opsomming van onderwerp 164 Formele assesseringstake 165 Toetse 167

1 Onderwerp Vaardighede met kaarte Waaroor gaan hierdie onderwerp? Die wêreldkaart Kompasrigtings Die vasteland van Afrika Oseane, riviere en berge Lande, grense en stede Foto s van Afrika Gebruik van ruitenette op kaarte Kyk na die prent Wat noem ons die voorwerp in die foto? Noem een vasteland wat jy kan sien. Noem een oseaan waarvan jy weet. Waarom sou mense die wêreld soos in die voorwerp wil wys? Vaardighede met kaarte

Eenheid 1: Die wêreldkaart en kompasrigtings Woordbank A B aardbol n ronde kaart van die wêreld in die vorm van n bal ewenaar n lyn wat die wêreld in twee helftes verdeel oseaan n groot oppervlakte soutwater pole die koue gedeeltes aan die noorde en suide van die aarde vasteland n groot oppervlakte landgebied 1. Die aardbol, ewenaar en pole C Die wêreld is rond. Ons kan die ronde wêreld op n ronde kaart wys. n Ronde kaart is n aardbol. n Aardbol lyk soos n bal met die kaart van die wêreld daarop gedruk. n Mens kan nie al die dele van die wêreld terselfdertyd op n aardbol sien nie. Onthou feitlik driekwart van die wêreld bestaan uit oseaan en slegs een kwart uit land. Die ewenaar is n lyn wat ons op kaarte aanbring om die wêreld in twee helftes te verdeel. Die boonste helfte is die noorde. Die onderste helfte is die suide. n Mens kan nie die ewenaar op die grond sien nie. Die Noordpool en die Suidpool is koue gebiede aan die bokant en aan die onderkant van die wêreld. NOORD- AMERIKA SUID- AMERIKA EUROPA AFRIKA ASIË ASIË ANTARTIKA Soos jy die aardbol draai, kan jy verskillende dele van die wêreld sien. OSEANIË Vaardighede met kaarte

2. Die sewe vastelande n Vasteland is n groot oppervlakte land. Al die landoppervlaktes in die wêreld vorm sewe groot vastelande. Die sewe vastelande is: Afrika, Europa, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Asië, Oseanië, en Antartika. Eilande vorm deel van vastelande. n Kaart van die wêreld se sewe vastelande Klaskameraktiwiteit 1.1 Kyk noukeurig na die kaart van die wêreld hierbo en op die aardbolle op bladsy 2. 1. Lys die vastelande wat met die letter A begin. 2. Noem die grootste vasteland. 3. Trek die aardbol op bladsy 2 na sodat Afrika daarop wys. Skryf die ewenaar, die Suidpool en die Noordpool in. 4. Voltooi die sin. Die ewenaar strek deur hierdie drie vastelande: 1... 2... 3.... 5. Vertel vir jou maat waarom dit nie moontlik is om al die vastelande tegelyk op n aardbol te sien nie. Vaardighede met kaarte

Woordbank A B C posisie waar n plek of voorwerp is 3. Die agt punte van die kompas In Geografie sê ons nie Suid-Afrika is aan die onderpunt van Afrika nie. Ons sê Suid-Afrika is in die suide van Afrika. Die woorde noord en suid vertel vir ons van rigting. Rigting help ons om die posisie van plekke te beskryf. In Graad 4 het jy geleer dat daar vier kompaspunte is noord, suid, oos en wes. Daar is vier ander belangrike kompasrigtings. Hierdie ekstra vier kompasrigtings is halfpad tussen noord, suid, oos en wes. Hulle is noordoos, suidoos, suidwes en noordwes. Suid-Afrika is in die suide van Afrika. 4. Gebruik kompaspunte N Op die tafel op bladsy 5 geteken, kan jy sien dat die boeke aan die linkerkant van die kompas is. Die woorde aan die linkerkant vertel jou wat die posisie van die boeke in vergelyking met die kompas is. NW NO In geografie gebruik ons kompaspunte om die posisie van voorwerpe te vergelyk. Ons sê die atlas is suid van die liniaal. Ons kan die posisie van al die voorwerpe op die tafel met die posisie van die kompas vergelyk. W SW SO O Die agt punte van die kompas S Vaardighede met kaarte

NW N W NO kompas SW O S SO Waar is die voorwerpe? Klaskameraktiwiteit 1.2 Kyk na die tekening hierbo. 1. Watter voorwerp is wes van die kompas? 2. Watter voorwerp is noordoos van die kompas? 3. Verstrek die kompasrigtings van die volgende voorwerpe vanaf die kompas. Skryf jou antwoord as volledige sin neer. a) Die liniaal is... van die kompas. b) Die blikkie penne is... van die kompas. c) Die appel is... van die kompas. Die woord vanaf vertel jou waarvandaan jy rigtings aangee. In die aktiwiteit is al die rigtings vanaf die kompas. Vaardighede met kaarte

5. Gebruik die agt kompaspunte op n wêreldkaart Ons kan die agt kompaspunte gebruik om rigtings vanaf Suid-Afrika na ander plekke in die wêreld aan te gee. Byvoorbeeld, vanaf Suid- Afrika gaan jy wes na Suid-Amerika. Die kompasrigtings op die onderstaande kaart help jou om rigtings vanaf Suid-Afrika na ander vastelande aan te gee. Kompasrigtings vanaf Suid-Afrika Klaskameraktiwiteit 1.3 1. Watter rigting is Europa vanaf Suid-Afrika? 2. Watter rigting is Antartika vanaf Suid-Afrika? 3. Watter rigting is Noord-Amerika vanaf Suid-Afrika? 4. Watter vasteland is noordoos vanaf Suid-Afrika? 5. Verstrek die rigting van Suid-Afrika vanaf Asië. Vaardighede met kaarte

Eenheid 2: Afrika ons vasteland Woordbank A B C see n klein oppervlakte soutwater naby grondgebiede 1. Die posisie van Afrika en die oseane Ons woon op die vasteland van Afrika. Afrika is feitlik heeltemal deur water omring. Oseane is groot oppervlaktes soutwater. Seë is kleiner oppervlaktes soutwater naby die land. Seë is deel van die oseane. Afrika se oseane en seë Klaskameraktiwiteit 1.4 Skryf die onderstaande sinne af. Vul die korrekte woorde in die oop spasies in. Kies uit die volgende woorde: Middellandse See, Asië, oos, Atlantiese Oseaan. 1. Die Oseaan wes van Afrika is die.... 2. Die see noord van Afrika is die.... 3. Die Indiese Oseaan is... van Afrika. 4. Die Rooisee verdeel Afrika van die vasteland van.... Vaardighede met kaarte

Woordbank grense land A B C lyne wat een land van n ander skei n grondgebied wat deur n regering regeer word 2. Lande en grense n Land is n grondgebied wat deur n regering regeer word. n Grens skei een land van n ander. Op sommige grense is daar heinings. Mense gebruik riviere of die oseaan ook as n grens. Mense vorm grense om die grondgebied wat aan hulle land behoort, aan te dui. Klaskameraktiwiteit 1.5 Die Gariep-Oranjerivier is deel van die grens tussen Suid-Afrika en Namibië. Deel van die grensheining tussen Suid-Afrika en Zimbabwe Mense het sommige grense as reguit lyne getrek. Kyk na die reguit lyne op die kaart van Afrika op bladsy 9. Bestudeer die kaart van Afrika op bladsy 9. 1. Hou jou vinger op twee reguit grenslyne in Noord-Afrika. Noem die lande aan die kante van elk van die grense. 2. Kry n reguit grenslyn in Afrika suid van die ewenaar. Noem die lande wat hierdie grens skei. 3. Noem drie lande in Afrika suid van die ewenaar wat aan die oseaan grens. Vaardighede met kaarte

3. Lande van Afrika Die lande van Afrika Vaardighede met kaarte

Woordbank A B C deur land n land sonder n kuslyn, omring deur land ingesluit eiland n stuk grond deur water omring; kleiner as n vasteland kuslyn die plek waar die land en die see bymekaarkom 4. Eilande van Afrika n Eiland is n stuk grond met water rondom. Daar is min eilande om Afrika. Madagaskar is die vierde grootste eiland in die wêreld. Madagaskar is n eiland en ook n land. Madagaskar het nie n grens met enige ander land nie. Die grens van Madagaskar is die kuslyn. Die kuslyn is die plek waar die land en die see bymekaarkom. Zanzibar is n eiland wat aan die land Tanzanië behoort. Dit is nie n land op sy eie nie. Afrika se hoofeilande: Madagaskar Zanzibar Seychelle Comore São Tomé en Príncipe 5. Lande deur land ingesluit Eilande aan die ooskus van Afrika n Land is deur land ingesluit as dit nie n kuslyn het nie. Lande wat deur land ingesluit is, het land reg rondom. n Kuslyn is belangrik vir skepe. Skepe bring goed soos masjiene en voedsel na n land toe. Lande deur land ingesluit kan ver van die kuslyn af wees. Klaskameraktiwiteit 1.6 1. Bestudeer die kaart op bladsy 9 en die klein kaart hierbo. Noem drie eilande aan Afrika se ooskus. 2. Watter eiland is die naaste aan Suid-Afrika? 3. Voltooi die sin: Die land in suidelike Afrika met die langste kuslyn is.... 4. Noem drie lande deur land ingesluit in Afrika. 5. Vind Lesotho op die kaart op bladsy 9. Veronderstel Suid-Afrika laat Lesotho nie toe om Suid-Afrika se paaie en hawens te gebruik nie. Noem twee maniere waarop Lesotho sou kon swaarkry. Vaardighede met kaarte

6. Groot stede van Afrika Elke jaar trek al hoe meer mense na Afrika se stede toe. Nairobi in Kenia Huiswerkaktiwiteit Die bevolking van vyf van Afrika se stede 1. Trek die tabel hieronder na. Gebruik die kaart hierbo en die kaart op bladsy 9 om jou te help om die tabel te voltooi. Naam van stad Land Aantal mense 2. Skryf die onderstaande sinne af en voltooi hulle. Kies die korrekte woorde. a) Die stad met die meeste mense is Lagos/Nairobi/Kaïro. b) Die grootste stede in Afrika is noord/suid/oos van die ewenaar. c) Al die stede is in lande sonder n kuslyn/met n kuslyn/is eilande. Vaardighede met kaarte

7. Suid-Afrika se bure Ons noem die lande langs Suid-Afrika, ons bure. Daar is ses lande wat aan Suid-Afrika grens. Suid-Afrika se bure Klaskameraktiwiteit 1.7 1. Noem die land wat die langste grens met Suid-Afrika het. 2. Hierdie land het slegs Suid-Afrika as buurland. Vind die naam van hierdie land in hierdie letters: OHELOST. 3. Skryf die onderstaande sinne af en vul die korrekte antwoord in. a) Die land noord van Suid-Afrika is Swaziland/Botswana/ Lesotho. b) Mosambiek/Namibië/Zimbabwe is noordwes van Suid-Afrika. 4. Plaas Suid-Afrika se bure in volgorde van die grootste land tot die kleinste land. Skryf dit neer. Vaardighede met kaarte

8. Hoofstede Alle lande het n hoofstad. Die hoofstad is die tuiste van die land se regering. Dit is moontlik dat die hoofstad die grootste stad in die land is. Suid-Afrika het twee hoofstede, Pretoria (Tshwane) en Kaapstad. Die regering bring die helfte van die jaar in elk van die hoofstede deur. Parlementsgeboue in Kaapstad Klaskameraktiwiteit 1.8 Trek die tabel na. Vul die ontbrekende name in. Land Namibië Mosambiek Lesotho Suid-Afrika Hoofstad Gaborone Harare Mbabane Kaapstad Vaardighede met kaarte

Eenheid 3: n Fisiese kaart van Afrika Woordbank A 1. Afrika se fisiese kenmerke B C fisiese kaart n kaart waarop natuurlike objekte soos riviere en berge voorkom meer groot oppervlakte vars water n Fisiese kaart toon goed wat met die natuur te doen het soos riviere, berge en mere. n Fisiese kaart toon ook hoe hoog die land is. Ons meet hoogte in meter bo seevlak. Seevlak is die plek waar die land en die see bymekaarkom. Hoogte bo seevlak 2. Hoogte op n fisiese kaart aangedui Ons gebruik twee verskillende maniere om hoogte op n fisiese kaart aan te dui. Ons kan kleure en syfers gebruik om hoogte bo seevlak op n kaart aan te dui. Vaardighede met kaarte

Klaskameraktiwiteit 1.9 Hoogte op n fisiese kaart van Afrika 1. Noem die twee hoogste berge in Afrika. 2. Noem die hoogste berg in Afrika suid van die ewenaar. 3. a) Watter kleur is die meeste van die landgebied suid van die ewenaar? b) Hoe hoog is hierdie land bo seevlak? 4. a) Waar is die laagste land? b) Hoe hoog is hierdie land? 5. a) Teken twee diagramme om die twee maniere te toon waarop ons hoogte op n kaart aandui. b) Watter manier om hoogte aan te dui, verkies jy? Waarom? Vaardighede met kaarte

Woordbank waterval A B C n vertikale stroom water wat gevorm word wanneer n rivier oor n steil plek vloei 3. Afrika se riviere, mere, watervalle en woestyne Sommige dele van Afrika kry baie reën. Reën val op die land. Die reën vloei van die land af in groot riviere. Wanneer n rivier oor n steil afdraend vloei, vorm dit n waterval. Soms vloei riviere in mere in. n Meer is n groot oppervlakte vars water. Afrika het drie baie groot mere. n Woestyn is n gebied wat baie min reën kry. Afrika het twee groot woestyne, die Sahara-woestyn en die Namib-woestyn. n Fisiese kaart van Afrika toon riviere, mere, woestyne en watervalle. Vaardighede met kaarte

Woordbank A B C fisiese kenmerke natuurlike objekte wat uitstaande op die land vertoon 4. Fisiese kenmerke wat deel van grense uitmaak Sommige fisiese kenmerke soos riviere en mere vorm deel van die grense tussen lande. Kyk noukeurig na die kaart hier langsaan. Klaskameraktiwiteit 1.10 Sommige grense word deur riviere of mere gevorm. 1. Trek die tabel hieronder na. Noem die rivier of meer wat deel uitmaak van die grens van elk van die plekke A tot E. 2. Noem die lande wat hierdie grens skei. Volg die voorbeeld vir die Kongorivier. Nommer Naam van rivier of meer Lande A B C D E F Kongorivier Kongo, Demokratiese Republiek van die Kongo Vaardighede met kaarte

Eenheid 4: Beelde van Afrika Die Saharawoestyn strek oor 11 lande. Die Saharawoestyn is ongeveer net so groot soos die vasteland van Noord-Amerika. 2 1 Die Sahara-woestyn is die grootste warm woestyn in die wêreld. Lagos is die tweede grootste stad in Afrika. Lagos is een van die stede van die wêreld wat die vinnigste groei. Verkeer in Lagos, die hoofstad van Nigerië 3 Meer as die helfte van die mense in Ghana is boere. Ghana kweek kakao wat gebruik word om sjokolade mee te maak. n Boer in Ghana Vaardighede met kaarte

4 Water wat uit damme vloei word gebruik om elektrisiteit op te wek. Suid-Afrika koop elektrisiteit van die Cahora Bassa-dam. Die dam produseer jaarliks 10 000 ton vis. Die Cahora Bassadam in Mosambiek 5 Port Elizabeth het baie motorfabrieke. Suid-Afrika verkoop motors aan ander lande. n Motorfabriek in Port Elizabeth Klaskameraktiwiteit 1.11 Trek die tabel hieronder na. Beantwoord die vrae in jou tabel. Foto Noem die land Dink jy die gebied is landelik of stedelik? Watter werk dink jy doen mense in die gebied? 1. 2. 3. 4. 5. Vaardighede met kaarte

Woordbank A B C ruit die patroon wat gevorm word wanneer n mens met lyne vierkante of blokke op n kaart teken ruitverwysing gebruik letters en nommers om n plek op n kaart te vind of op te spoor 1. Gebruik van ruitverwysings In Graad 4 het jy geleer om n ruit te gebruik om plekke op n kaart te kry. Ons gebruik die letters en nommers aan die kant van die kaart om plekname te help vind. Byvoorbeeld, Lagos is in vierkant D3 op hierdie kaart. Vaardighede met kaarte Gebruik van ruitverwysings om plekke te vind

2. Vind plekke deur n ruit te gebruik Die diagram aan die regterkant wys vir jou hoe die letters en die nommers in die ruit jou help om plekke op die kaart te vind. Letters en nommers maak dit maklik om die ruit te gebruik. Klaskameraktiwiteit 1.12 Kyk na die kaart op bladsy 20. 1. Watter fisiese kenmerk is in ruitvierkant E6? 2. Noem die plekke in foto s 2, 4 en 5 op bladsye 18 en 19. Verstrek die ruitvierkante vir hierdie plekke op die kaart. 3. Noem die ruitvierkante waar jy die volgende sal kry: a) Kilimanjaro b) Berg Kenia c) Thabana Ntlenyana. 4. Noem die fisiese kenmerke in ruitvierkante: a) G6 b) H4 c) B6 5. Verstrek die ruitvierkante waar jy die volgende stede sal kry: a) Kaïro b) Nairobi c) Kaapstad Vaardighede met kaarte

Opsomming van onderwerp In hierdie onderwerp het jy oor Afrika geleer deur na kaarte te kyk. Jy het elk van die onderstaande kenmerke op die kaart van Afrika nagegaan. Sleutel n Paar fisiese en menslike kenmerke van suidelike Afrika Fisiese kenmerke Menslike kenmerke 1. Meer 10. Stede 2. Rivier 11. Hoofstede 3. Berge 12. Lande deur land ingesluit 4. Eiland 13. Bure of buurlande 5. Woestyn 14. Kompasrigtings 6. Waterval 7. Kuslyn is op seevlak 8. Oseane 9. Riviere kan deel van grense uitmaak Vaardighede met kaarte

Formele assesseringstake Aktiwiteit 1 (10 punte) 1. Pas die woorde in die onderstaande tabel by die korrekte betekenisse. (5) 2. Skryf die korrekte betekenis van elke woord in n sin met jou eie woorde. (5) Woorde n Fisiese kaart is n land sonder n kuslyn. Grens n Land deur land ingesluit Aardbol Ruitverwysing Betekenisse is n ronde kaart van die wêreld.... gebruik letters en nommers om n plek op n kaart te vind. toon kenmerke soos riviere, mere en berge. is die lyn wat een land van n ander skei. Nota aan die onderwyser: Daar is nog voorbeelde van formele assesseringstake in die Onderwysersgids. Aktiwiteit 2 (5 punte) Kyk na die kaart op bladsy 20. 1. Gee die ruitverwysing van Augrabies-waterval. (1) 2. In watter rivier is Augrabies-waterval? (1) 3. Watter meer vind jy in vierkant F6? (1) 4. Watter stad is in vierkant I5? (1) 5. Noem die ruitvierkant waar die Nylrivier die Middellandse See bereik? (1) Aktiwiteit 3 (5 punte) Kyk na die kaart op bladsy 24. Skryf jou antwoorde neer op die vrae wat volg. 1. Vind n land met n meer as grens. (1) 2. Noem n land wat aan die Rooisee grens. (1) 3. Noem n rivier wat deel van die grens van Suid-Afrika uitmaak. (1) 4. Gee die rigting van Mosambiek vanaf Suid-Afrika aan. (1) 5. Watter rigting is Suid-Afrika vanaf Botswana? (1) Vaardighede met kaarte

Foto A Aktiwiteit 4 (5 punte) 1. Watter fisiese kenmerk verskyn op foto A? (1) 2. Noem een kenmerk soos hierdie in Afrika. (1) 3. Watter fisiese kenmerk verskyn op foto B? (1) 4. Noem een kenmerk soos Foto B in Afrika. (1) 5. Noem n rivier wat n grens tussen lande in Afrika vorm. (1) Foto B Vaardighede met kaarte

2 Onderwerp Jagterversamelaars en herders in suidelike Afrika Waaroor gaan hierdie onderwerp? Hoe ons uitvind oor mense wat lank gelede gelewe het Rotstekeninge en pottebakkerskuns Hoe jagter-versamelaars gelewe het Hoe hulle gejag het Skakeling met hoe mense vandag lewe Hoe herders gelewe het Skakeling tussen jagter-versamelaars en herders Kyk na die prent Waar dink jy is hierdie plek? Hoe weet jy hierdie plek het n warm, droë klimaat? Wat is hierdie mense moontlik besig om te doen? Leef mense vandag nog so? Jagter-versamelaars en herders in suidelike Afrika

Eenheid 1: Hoe ons meer kan leer oor jagter- versamelaars en herders Woordbank A B C geslag n groep mense van ongeveer dieselfde ouderdom. Kinders, ouers en grootouers is drie geslagte herders mense wat van plek tot plek met hulle diere trek jagter- mense wat lewe deur diere te jag en veldkos te versamelaars versamel voorvaders ons bloedverwante wat lank gelede gelewe het Die San en die Khoi-Khoi In hierdie onderwerp kyk ons na die San as jagter-versamelaars en die Khoi-Khoi as herders. Die San en die Khoi-Khoi het lank gelede in suidelike Afrika gewoon. Die San het gelewe deur diere te jag en veldgroente en vrugte bymekaar te maak. Die Khoi-Khoi het van die veld en hulle troppe vee gelewe. Ons kan meer leer oor die San en die Khoi-Khoi uit stories, voorwerpe, prente en geskrifte. 1. Stories Mense vertel vir ons stories oor hulle voorvaders wat lank gelede geleef het. Stories word van een geslag na die volgende oorvertel. Soms is stories feite en fantasie wat saamgeweef word. Die stories wat jou ouma vertel kan waarskynlik honderde jare oud wees. Die Wind se seun was eers n man. Toe verander hy in n voël. Die Wind se seun woon nog steeds in die berge. Stories word mondelings oorgedra. Jagter-versamelaars en herders in suidelike Afrika

Woordbank A B C leidrade inligting wat jou help om iets te verstaan 2. Voorwerpe Ons kan oor mense leer uit die voorwerpe (goed) wat hulle agterlaat, soos hulle gebreekte potte en klipwerktuie. Met verloop van tyd word voorwerpe in die grond begrawe. A baie jare later B stukke gebreekte erdewerk onder die grond Sommige voorwerpe wat mense in Suid-Afrika gevind het ou bene Hoe voorwerpe met verloop van tyd in die grond begrawe word Wetenskaplikes soek na ou voorwerpe wat in die grond begrawe is. Die voorwerpe wat hulle kry, is leidrade. Die voorwerpe help hulle om uit te vind hoe mense lank gelede gelewe het. Klaskameraktiwiteit 2.1 1. Benoem voorwerpe A en B hierbo. Hoe dink jy het mense elk van die voorwerpe gebruik? 2. Skryf hierdie sinne in jou werkboek neer en voltooi dit: a) Voorwerp A vertel ons dat die mense.... b) Voorwerp B is n.... Dit vertel ons dat die mense.... 3. Hoe help stories ons om oor die verlede te leer? 4. Vertel vir die klas n paar ou stories wat jy oor mense van lank gelede gehoor het. 5. Watter voorwerpe in jou gemeenskap dink jy, sal mense in die toekoms interessant vind? Jagter-versamelaars en herders in suidelike Afrika

3. Rotstekeninge Die San-jagter-versamelaars het derduisende tekeninge op rotse in suidelike Afrika aangebring. Sommige tekeninge is baie oud. Die Santekeninge vertel vir ons baie dinge oor hoe die San gelewe het. Eers het mense gedink die San-prente was net tekeninge van diere. Maar nou weet ons die tekeninge het baie dieper betekenisse. San-rotskuns in die ukhahlamba-drakensberg Nasionale Park Klaskameraktiwiteit 2.2 1. Gesels oor hierdie vrae: a) Watter dier is in die tekening? b) Waarom dink jy hardloop die mense? 2. Wat dink jy het die San as verf gebruik? 3. Kan jy sien dat daar dele van die diere se liggame in die prent weg is? Die redes daarvoor is dat die tyd en die verf dit veroorsaak het. Verduidelik wat gebeur het. Begin jou antwoord soos volg: Sommige dele van die diere se liggame is weg, want.... Jagter-versamelaars en herders in suidelike Afrika

4. Boeke Die San en die Khoi-Khoi het nie skryfkuns gehad nie. Hulle het nie goed in boeke geskryf nie. Ander mense het oor die San en die Khoi- Khoi geskryf. Ons het die huise van die plaaslike mense gesien. Hulle is van grasmatte gemaak. Die mense het dikwels getrek om vars weiding vir hulle diere te kry. Die woorde van n Hollandse reisiger wat dit 300 jaar gelede neergeskryf het Uit n boek genaamd The Khoisan peoples of Southern Africa deur Isaac Schapera, 1930 5. Waarneming van lewende gemeenskappe Gedurende die 1950 s het n Amerikaanse gesin, die Marshalls, by die San in Botswana gewoon. Hulle het foto s geneem en onderhoude met die San-mense gevoer. Die San het vir die Marshalls vertel hoe hulle voorvaders geleef het. Hierdie inligting help ons om meer oor die San van lank gelede te verstaan. Lorna Marshall het n San-gemeenskap in Botswana gedurende die 1950 s waargeneem. Jagter-versamelaars en herders in suidelike Afrika

Eenheid 2: San-jagter-versamelaars in die Laat-Steentydperk Woordbank A B C omgewing alles rondom ons Steentydperk n tyd lank gelede toe mense slegs werktuie van klip gehad het 1. Die San en die omgewing Die San het diere gejag en veldkos op die land bymekaargemaak. Hulle het met seisoenwisselings getrek om kos en water te soek. Die San het baie van hulle omgewing geweet. Hulle het die name van honderde plante en diere geken. n Paar maniere waarop die San kos bymekaargemaak het Klaskameraktiwiteit 2.3 1. Lys al die verskillende kossoorte wat jy in die prent kan sien. 2. a) Watter werktuie gebruik die vroue om in die grond te spit? b) Waarvan is die werktuig gemaak? c) Watter kos versamel hulle? 3. a) Wat doen die seun? b) Watter kos dink jy wil hy graag vang? 4. a) Hoe berg die mense water? b) Is dit n goeie houer? Gee redes. 5. Watter soort kos maak die mense van die bos bymekaar? Jagter-versamelaars en herders in suidelike Afrika