fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie

Vergelijkbare documenten
KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Hoe kies n mens n troeteldier?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Kleuterkerk: 27 Januarie - 2 Februarie 2019 Ons het mekaar nodig! 1 Korintiërs 12: 12-31a

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

fotografienuus As jy mooi kyk, sou jy dit opgemerk het. Daar is reeds bome met geel herfsblare. Towerlantern Fotografie maart maart

Foto-redigering vir sun.ac.za

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Pragtige Koningin Ester

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Les 14: Entrepreneurskap

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

Voor hulle lê Kanaän. Daar kan hul in huise woon, wingerde en lande bewerk. Voor hulle lê n toekoms waar hul hulself kan vestig.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Indringer in feetjieland Lensopening f2.8; Sluiterspoed 1/160 sekonde; Fokale lengte 100 mm

1 Waar ek vandaan kom

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Jakkals lê eendag heerlik en

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

God eer Josef die slaaf

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Inhoudsopgawe. Voorwoord

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Transcriptie:

fotografienuus mei 2017 Dit bly besonders om op reis te gaan met die hoofbedoeling om foto s te neem. En as dit na die Namib toe is, is dit soveel te meer n vreugde. Om n toer na die Namib n vakansie te noem, is in n sekere sin platvloers. As jy die tonele in die Namib sien, besef jy jy is besig met n verhewe besigtiging en jy wens jy kon al jou familie, jou fotografievriende, jou gemeente saam met jou hê om die landskap-tonele met hulle te deel. En hierdie jaar, met plek-plek goeie reën in Namibië, was dit soveel te meer besonders. Die foto hierbo gee een so n blik. Dink wyd oor fotografie As jy nog nie die pragtige herfs raakgesien het nie, is dit nou die tyd om jou kamera te gryp en te begin foto s neem. Oral wag die foto s om raakgesien en geneem te word. Hoewel party bome teen die begin van Mei al kaal is, is daar ander wat selfs nog in Junie mooi vertoon. Onthou om steeds wyd te dink oor fotografie. Die mooi bome kan baie maklik tot gevolg hê dat jy net kiekies neem. Probeer werklik om dieper tonele raak te sien. Benut die geleenthede; en jy hoef nie ver te reis nie, soos die meegaande toneel toon (soos die kraai vlieg ongeveer twee kilometer van my huis af).

foto-uitstalling in augustus Dit het nou al gebruiklik geword dat studente van Towerlantern Fotografie jaarliks in Augustus die geleentheid kry om van hul werke uit te stal. Jy word hiermee dus uitgenooi om die komende Augustus hieraan deel te neem. Begin nou al om jou foto s deur te werk en/of nuwe foto s te neem met die oog op die saamstel van n portefeulje. Die reëls vir die uitstalling sal later volledig gegee word, maar kan kortliks soos volg saamgevat word: Enige student (ouer en nuwer) van Towerlantern mag deelneem. Die geleentheid is nie n kompetisie nie, en foto s van elke fotograaf wat foto s indien, sal uitgestal word. Tien foto s moet ingestuur word, waarvan drie gekeur sal word vir uitstalling. Dié drie moet gemonteer word volgens voorskrifte wat later gegee sal word. Nog vier ander foto s van die sewe oorblywendes sal elektronies vertoon word. Meeste lesers is reeds bewus van Towerlantern se Facebook-blad. Jy word uitgenooi om dit gereeld te besoek. Hierdie Facebook-blad is bedoel om opvoedkundig te wees, met die volgende rubrieke gedurende weeksdae: Foto s van ons fotografievriende (waarin foto s van klasgroepe of indiwidue vertoon word, soms ook met fotografiese inligting daarby). Kunsfotografie (waarin een of ander kunsfotograaf of kunsonderwerp bespreek word). Kamera- en fotowenke (waarin wenke of selfs opdragte vir foto-entoesiaste gegee word). Uit die verlede (waarin daar in die verlede rondgekrap word vir interessante brokkies inligting). Op internet gesien (waarin op die internet rondgesoek word na nuuswaardighede, snaakse goeters, vreemde foto s, ensovoorts). Om n idee van elk van hierdie rubrieke te gee en ook om lesers te betrek wat nie normaalweg by Facebook uitkom nie, word verderaan toeligting gegee van elk van hierdie vyf onderwerpe. Volg gerus die skakels wat gegee word. facebook

foto s van ons fotografievriende Fanie Coetzee, een van ons getroue fotografievriende, het onlangs by die Varsity Cup in Potchefstroom, gaan foto s neem. Die kindertjies op die meegaande foto het, soos hy sê, sy oog gevang. Jy het miskien self al beleef dat jy met n sekere doel foto s gaan neem en dat jy dan eindig met iets heel anders en dalk juis een van jou trefferfoto s. Soos hierdie foto van Fanie; let op na die trefkrag daarvan. kunsfotografie Die foto hierby is beswaarlik wat mens n kunsfoto sou noem, en dis ook nie my bedoeling om dit so te noem nie. Ek wil wel in aansluiting hierby n saak noem wat van belang is: Moet nooit ophou om met jou kamera te speel nie! Hiermee bedoel ek dat jy moet eksperimenteer, tonele moet raaksien, tonele moet skep, verwronge foto s van jouself en ander onderwerpe moet neem, ensovoorts. Die foto hierby is n oneindige herhaling van beelde in twee ewewydige spieëls. Die lens opening is groot vir n vlak velddiepte en die verdwynpunt in die foto is ook die infokus fokuspunt. Probeer dit: Staan tussen twee ewewydige spieëls en neem jouself af. Dis dalk net n kunsfoto!!

kamera & foto wenke Studente vind dit dikwels moeilik om die verband te sien tussen lensopening, sluiterspoed en ISO. En in die besonder hoe dit jou foto s beïnvloed. Daar is verskillende grafiese voorstellings om dié saak onder die knie te kry. Manie Krause het die volgende driehoek-voorstelling teëgekom en aangestuur. Baie dankie daarvoor. As jy van tyd tot tyd met hierdie begrippe sukkel, druk die meegaande voorstelling uit, plak dit op karton en hou dit in jou kamerasak. Daar is miskien nuwe lesers wat nie daarvan bewus is dat ook n webblad het nie. Besigtig gerus van tyd tot tyd hierdie webblad en/of bring dit onder die aandag van vriende. Adres: http://www.towerlantern.co.za/

uit die verlede Die bekende New Yorkse fotograaf, Don Hunstein, is op 18 Maart 2017, op 88- jarige ouderdom, oorlede. Hunstein was veral bekend vir besondere kunsfotos van bekende persone in die musiekwêreld. Een van sy foto s het op die omslag van Bob Dylan se tweede album, The freewheelin Bob Dylan verskyn. (Sien die foto hierby.) Ander persone in die musiekwêreld van wie Hunstein foto s geneem het, sluit persone in soos Johnny Cash, Benny Goodman, Miles Davis en Simon & Garfunkel. Gaan na http://www.donhunstein.com/ vir meer foto s van Hunstein. op internet gesien Ons kan dit nie genoeg beklemtoon nie... Dink wyd oor fotografie! Die fotograaf Andrius Burba het n projek begin waar hy diere van onder afneem (http://www.underlook.org). Wat dink jy daarvan? Iemand kan dalk vra, Hoekom?... Maar as kreatiewe fotograaf moet jou antwoord wees, Hoekom nie? Van tyd tot tyd bied ons geleentheid om saam foto s te neem of om saam foto s te kyk. Ons beplan n volgende geleentheid om saam foto s te kyk vir 24 Mei. Hou hierdie datum oop en hou jou e-pos dop vir besonderhede wat nog uitgestuur sal word. kom kyk saam foto's Redakteur: Johan de Klerk Bladuitleg: Fransa Vorster van Colourcode Designs