Tema 5: Aansteeklike siektes Week 4 Werkboek 2: bl. 38-46 Spellingboek: bl. 36-37 Skrifboek: bl. 29-30 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister en praataktiwiteite Bespreek siektes. Virusse en bakterieë veroorsaak siektes. Aansteeklike siektes is siektes wat van een persoon na n ander oorgedra word. Wanneer jy verkoue het en in die rigting van n persoon nies, kan jy die verkoue oordra. Soms dra n insek n siekte oor na n persoon, soos die malaria-muskiet wat malaria aan die mens oordra. Kindersiektes Masels, pampoentjies en waterpokkies is die algemeenste kindersiektes. Babas word geïmmuniseer om te keer dat hulle die siektes kry. Leerlinge vertel of hulle al n aansteeklike siekte gehad het. Waterpokkies Dit is n virus wat oorgedra word deur aan iemand te raak wat die virus het, of deur aanraking van n siek persoon se klere of komberse. Die eerste waterpokkies kom eers te voorskyn drie weke na die persoon aangesteek het. Die persoon kry koors en blasies op die hele liggaam. Jy moet in die bed bly as jy waterpokkies het. Moenie die blasies stukkend krap nie, want dit kan lelike merke laat. Die dokter sal middels gee wat sal help vir die gejeuk. Integreer met Lewensvaardigheid. 64
2. Lees en klanke Gedeelde lees 3 dae 20 minute Werk klassikaal met al die leerlinge. Lees die leesstuk Siek Neels en die kieme op transparant of in die werkboek. Leerfokus: klanke en leestekens. Fokus op genot en die eerste kyk na die teks. Leerlinge toon persoonlike reaksie op die teks. Leerlinge is meer betrokke by lees van die teks. Bespreek die teks. Mondelinge vrae: Soek die sinne met uitroeptekens. Gee teenoorgesteldes vir siek, seer, mond, lop, lug, ensovoorts. Gedeelde skryf: Lees die leesstuk Siek Neels en die kieme en beantwoord die vrae in die werkboek. Groepbegeleide lees Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by die bespreking. 5 dae 30 minute 65
Lees in pare en selfstandige lees: (ekstra leesoefening) Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteit vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees: Maandag Leerlinge lees kl- kn- woorde op spellys. Kies ses woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. Dinsdag Skryf in die werkboek drie instruksies wat jy moet toepas as jy siek is. Woensdag Woorde vir pret: Blokkiesraaisel in die werkboek. Donderdag Lees Dokter Muis se raad in die werkboek. Omkring rymwoorde en kleur in. Vrydag Lees n boek vir genot uit leeshoekie in die klas en doen dan die werkopdrag Boeke lees in die werkboek. Klanke Lees en klank spelwoorde saam met die onderwyser. Verduidelik die moeilike woorde. Lees die sigwoorde. Bou jou eie kl- en kn- woorde. Vul die regte klanke in kies woorde uit die spellys. Speltoets in die werkboek (15 woorde) klei klok knol klein klos knel kloof knyp kneus klou knap knor kleef knal knip 66
Diktee kl kn (werkboek) 1. In graad een speel ons baie met klei. 2. Die apie klou aan die boomtak vas. 3. Die seun trek n klos hare uit sy kop. 4. Jan knip n prent uit die boek. 5. As die skool begin lui die klok. 6. Die swart hond knor vir die wit kat. 3. Skryf Handskrif Leerlinge oefen skrifstrokie 1 in die skrifboek: M N Mooi skryf Nolsie Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: U 'n Uil op 'n kluit Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: V W Veels geluk Wessel Uys! Sin: Marie en Wim speel saam Selfstandig skryf 3 dae 20 minute Beplan jou eie storie in die werkboek. Punktuasie Lees die paragraaf Marie se verjaarsdag in die werkboek en vul die korrekte leestekens in. Voltooi die opdrag oor Nuus in die werkboek. 67
Week 5 Werkboek 2: bl. 47-57 Spellingboek: bl. 38-39 Skrifboek: bl. 31-32 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister en praataktiwiteite Bespreek masels. Masels is n gevaarlike kindersiekte. Die siekte word versprei wanneer vogdruppels ingeasem word, soen of aanraking van n besmette persoon. Die klein maselvlekkies lyk soos soutkorrels. Die vlekkies verskyn eers op die binnekant van die wang. Koors, n loopneus en hoes is deel van die simptome. Party kinders se oë word rooi. Die persoon voel vir vier dae erg verkoue, dan verskyn die uitslag. Daar is fyn, rooi kolletjies agter die ore, op die voorkop en in die nek wat later oor die hele liggaam versprei. n Mens kan op enige ouderdom masels kry. Bespreek pampoentjies. n Mens kan op enige ouderdom pampoentjies kry, maar die siekte is die gevaarlikste vir grootmense. Pasiënte moet in die bed bly en vloeibare kos eet, sonder enige sout. Simptome is swelling van die kliere naby die ore en kakebeen. Bespreek luise. Luise kom gereeld by skole voor. Wanneer jy n kam of haarrekkies deel met iemand wat kopluise het, kan jy aansteek. Simptome is n jeukerige kopvel, vol grys nete (luiseiers) wat aan die hare vaskleef. Kam die eiers daagliks uit die hare met n kam wat in asyn gedoop is. Daar is ook n wye reeks sjampoes daarvoor beskikbaar. Integreer met Lewensvaardigheid. 68
2. Lees en klank Gedeelde lees Werk klassikaal met al die leerlinge. Lees die gedigte Skoolsiek en Skoolsiekte in die werkboek. Leerfokus: Klanke en leestekens. Fokus op genot en die eerste kyk na die teks. Leerlinge toon n persoonlike reaksie op die teks. Leerlinge is meer betrokke by lees van die teks. Bespreking om woordeskat, begrip en taal te bevorder. Leerlinge lees selfstandig en voltooi die opdragte van die gedigte. Gedeelde skryf: 1. Omkring rymwoorde met rooi. 2. Omkring aanhalingstekens met groen. 3. Omkring uitroeptekens met blou. 4. Omkring kommas met bruin. 3 dae 20 minute Groepbegeleide lees Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by bespreking. 5 dae 30 minute 69
Lees in pare en selfstandige lees: (ekstra leesoefening) Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteit vir leerlinge wat nie deelneem aan die groeplees Maandag Leerlinge lees pr- pl- woorde op spellys. Kies ses woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. Dinsdag Lees die idiome in die werkboek. Skryf twee sinne van jou eie idiome en teken dit in die werkboek by kreatiewe werk. Woensdag Die ballon. Nommer die prentjies in die regte volgorde en skryf op die volgende bladsy in die werkboek wat by elkeen gebeur het. Donderdag Vul die regte uitroepe in werkkaart in die werkboek. Vrydag Lees vir genot uit uit Leeshoekie in die klas. Skryf jou boek se naam (titel) en outeur (skrywer) agter in jou werkboek en sê of jy die boek geniet het en gee n rede. Klanke Lees en klank spelwoorde saam met die onderwyser. Verduidelik die moeilike woorde. Lees die sigwoorde. Vul die regte pl- en pr- klanke in. Kies woorde uit spellys. Speltoets in die werkboek (15 woorde) ploeg plas proes plaag plek pruim pleit pluk prys plooi prop prent plig praat pragtig 70
Diktee pl- pr- (werkboek) 1. Al die man se hare het uitgeval, nou dra hy n pruik. 2. Jy moet die prop in die wasbak sit voordat jy die kraan oopdraai. 3. Die dominee preek elke Sondag in die kerk. 4. Sy het n plooi in haar rok. 5. Ek pleit by pappa om my nie te straf nie. 6. My plig by die huis is om vir die honde skoon water te gee. 3. Skryf Handskrif Leerlinge oefen skrifstrokie 1 in die skrifboek: A A Asseblief Anna! Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: T F T F Totsiens Tania en Frik Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: I J Is Jan by Japie? Sin: Anna en Frik lees boek. Selfstandig skryf 3 dae 20 minute Hou n dagboek van die week waarin die weer en ander inligting vervat is. (Werkboek) Skryf tien sinne oor toe jy Siek was en in die bed moes bly. Skryf en illustreer twee sinne oor toe jy siek in die bed was vir die leeshoekie. 71
Week 6 Werkboek 2: bl. 58-68 Spellingboek: bl. 40-41 Skrifboek: bl. 33-34 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge geluk wat verjaar. Bespreek spesiale gebeurtenisse van die dag. Voltooi die register. n Paar leerlinge vertel hulle nuus. Neem beurte, luister sonder onderbreking en toon respek vir die spreker. Gefokusde luister en praataktiwiteite Leerlinge vergelyk die eetgewoontes van n kind en n apie. n Apie eet kos wat gesond is, byvoorbeeld bessies, vrugte en neute. So bly hulle gesond en sonder siektes. Baie leerlinge eet nie gesonde kos nie en dit veroorsaak siektes. (Gebruik die stuk is nodig vir assessering) Verkoue en griep: Verkoue en griep word veroorsaak deur n virus. Jy het verkoue as jy begin moeg voel, jou neus loop en jou keel seer word. Bly maar in die bed met n verkoue. Griep veroorsaak ook hoes en spierpyn. Griep steek maklik aan. Bly in die bed, drink jou medikasie en moenie oefeninge doen nie. Praat oor Vryheidsdag 27 April Bespreek Malaria. hoofpyn, koors en spierpyne. Voorsorgmaatreëls: Drink medikasie wat die dokter voorskryf voordat jy in n omgewing gaan vakansie hou, waar malaria voorkom. Malariamuskiete is na sononder aktief. Bly saans binnenshuis. Dra klere wat jou lyf bedek. Lang moue, n langbroek, sokkies en toe skoene. Muskietnette help baie. Hou vensters en deure toe wat nie muskietsifdraad het nie. Brand muskietspirale en spuit muskietgif in die kamer. 72
: VIGS Vigs is n baie ernstige siekte wat mens kry van die MIV-virus. Dit kom in die siek persoon se bloedselle voor. Die VIGS-virus versprei nie deur die lug soos masels- of griepvirusse nie. Die virus bly in die bloed en ander liggaamsvloeistowwe. Jy kan nie VIGS kry deur trane of sweet of spoeg nie. Wees versigtig vir iemand anders se bloed. Integreer met Lewensvaardigheid. 2. Lees en klanke Gedeelde lees 3 dae 20 minute Werk klassikaal met al die leerlinge. Storie: Ben maak nuwe maats in die werkboek. Leerfokus: Leestekens, klanke, werkwoorde, antonieme. Fokus op genot en die eerste kyk na die teks. Leerlinge toon n persoonlike reaksie op die teks.. Leerlinge is meer betrokke by die lees van die teks. Bespreking om woordeskat, begrip en taal te bevorder. Leerlinge lees die storie en beantwoord mondelinge en begripleesvrae oor die teks. Groepbegeleide lees (Groepe van ses tien leerlinge lees dieselfde teks onder begeleiding van die onderwyser. (15 minute elk) Gebruik n gegradeerde leesboek vir groeplees. 1. Inleiding: Stel die onderwerp bekend. Help leerlinge om die onderwerp aan hul eie lewenservaring te koppel. 2. Bespreek prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop van die gebeure. Bespreek nuwe of moeilike woorde voordat leerlinge self die les lees. (2 3 minute) 3. Eerste lees: Beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word. Moedig leerlinge aan om korrek te lees. 5 dae 30 minute 73
4. Bespreking: Bespreek die antwoorde op vrae. Sluit klankfokus, begrip of taalaspek in by bespreking. Lees in pare en selfstandige lees: (ekstra leesoefening) Leerlinge kry die geleentheid om hulle leesvaardigheid in te oefen en word aangemoedig om selfstandig te lees. Leesinoefening moet plaasvind op n gereelde daaglikse grondslag. Leerlinge lees boeke op hul eie of in pare. Klas- of groepleesboeke kan herlees word. Aanvullende leesboeke en pretboeke kan gebruik word. Leerlinge kan in pare sit om saam te lees of beurte neem om te lees. Onafhanklike aktiwiteit vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie: Maandag Leerlinge lees woorde wat op like en lige eindig op spellys. Kies vyf woorde van elke klank en maak sinne in die spellingboek. Dinsdag Lees en leer die gedig Verkoue in die werkboek. Teken die gedig in die werkboek by kreatiewe werk. Woensdag Praktiese aktiwiteit. Pas die aksiewoord (werkwoord) by die prentjie. Fotostateer bl. 77 vir elke leerling. Leerlinge knip die woorde uit en pas dit by die prentein die werkboek. bad huil plak baklei touspring kruip waai dans oefen seerkry hande was afdroog 74
Donderdag Lees die grappe in die werkboek. Vertel grappe vir n maat. Vrydag Lees vir genot uit die Leeshoekie in die klas. Skryf jou boek se naam (titel) en outeur (skrywer) agter in jou werkboek, sê of jy die boek geniet het en gee n rede. Klanke Lees en klank spellingwoorde saam met die onderwyser. Verduidelik die moeilike woorde. Lees die sigwoorde. Bou jou eie ike en ige woorde in die spellingboek. Soek die woorde en skryf dit op die regte plekke. Speltoets in die werkboek (10 woorde) vrolike pragtige oulike aaklige vreeslike bangerige maklike langerige lelike gelerige Diktee -ige -ike werkboek 1. Dit is n vrolike klomp kinders wat daar buite speel. 2. Jy het n oulike grap vertel. 3. Gister was daar n vreeslike ongeluk in ons straat. 4. Die besige bye maak heuning. 5. Jy het n pragtige geskenk gekry. 6. Die bangerige hond kruip onder die bed weg. 3. Skryf Handskrif Leerlinge oefen skrifstrokie 1 in die skrifboek: S S Slaap lekker Sarel! 75
Leerlinge oefen skrifstrokie 2 in die skrifboek: G G Goeienag Gawie! Leerlinge oefen skrifstrokie 3 in die skrifboek: L L Liefste sus Lettie Klem word gelê op korrekte spasiëring tussen letters en woorde in. Sarel en Gawie lag lekker. Selfstandig skryf 3 dae 20 minute Verduidelik lettergreepverdeling in dei werkboek. a) Oop lettergrepe dit is wanneer die lettergreep op n klinker eindig: a, e, i, o, u Voorbeeld: o o o o o o ta-ke, be-gin, tou-leer, pro-bleem, ja-re, tie-re b) Geslote lettergrepe dit is wanneer lettergreep op n medeklinker eindig: Voorbeeld: g g g kus-sing, hul-le, hard-loop o vir oop en g vir geslote Verdeel woorde in lettergrepe in die werkboek werkwoord werk-woord lettergrepe let-ter-gre-pe siekte siek-te masels ma-sels pampoentjies pam-poen-tjies kinkhoes kink-hoes malaria ma-la-ria dokter dok-ter medisyne me-di-sy-ne hoesstroop hoes-stroop Voltooi tabel met lik of like. Onderstreep ig of ige in die leesstuk in die werkboek. Skryf vyf sinne oor eie nuus in die werkboek en skryf aangeleerde klanke, Leerlinge skryf nuwe woorde in die woordeboek agter in die werkboek. 76
Knip die woorde uit en plak dit by die prentjies waar dit pas: hande was plak touspring oefen huil dans bad baklei afdroog kruip seerkry waai 77