Faktore wat groei en verandering beinvloed

Vergelijkbare documenten
1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan.

TAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL )

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Die klimaat van SA: Temperatuur

Prysvorming deur vraag en aanbod

Vergelyking van 'n reguitlyn vanuit 'n grafiek *

Die slaapkamer * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 4 3 MY WOONPLEK 4 Module 16 5 DIE SLAAPKAMER

Rolprente uit twee verskillende genres *

Dit is 'n staafgrafiek wat vertikaal rangskik is. Dit toon die verspreiding van 'n bevolking volgens ouderdom en geslag. Gewoonlik is die jonger

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Nokke. Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 9 3 MEGANISMES EN BEWEGING 4 Module 4 5 NOKKE NOKKE

Visuele Kuns: Kleur. Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 4 Module 1 5 VISUELE KUNS: KLEUR

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 9 3 MEGANISMES EN BEWEGING 4 Module 3 5 KATROLLE EN RATTE. Katrolle en Ratte

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die 1990's: Apartheid eindig - menseregte begin

Inhoud (volume) * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Graad 5 3 METING EN TYD 4 Module 42 5 INHOUD (VOLUME)

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Die drie varkies. Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2 Graad 6 3 Module 10 4 DIE DRIE VARKIES

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

OpenStax-CNX module: m Diere is aangepas. Siyavula Uploaders

BEVOLKINGSAARDRYKSKUNDE. 4. Hoe bereken mens ʼn gebied se bevolkingsdigtheid? Skryf die formule neer.

Antieke Egipte en die Nylrivier

FAKTORE EN VEELVOUDE

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Meganiese stelsels en beheer:

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

Funksies en Grafieke: Eksponensiële funksies *

Pretoria-Noord Hoёrskool Geografie GRAAD 9 Junie eksamen

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Groot godsdienste van die wereld *

'n Kort geskiedenis van seevervoer *

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

BARRETT SE TAKSONOMIE

EKURHULENI NOORD. DISTRIk 14 NOVEMBER Graad 8 Memorandum

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Dit is pret! - 02 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Dit is Pret! 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

OpenStax-CNX module: m Die plant: blomme. Siyavula Uploaders

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Deelname aan klasbesprekings oor dans

Die uitwerking van ddie Eerste Wereldoorlog op SA

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAF

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Om materiaal te weef

Les 14: Entrepreneurskap

Sentraalbeplande stelsel

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

HOËRSKOOL FLORIDA GEOGRAFIE GRAAD 11

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 13 EN 14 Toets 7: Verandering van ons omgewing en pas ons omgewing op

Die verhaal van die ruimtewedloop

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Om te onderskei tussen herbivore, karnivore en omnivore

1 Waar ek vandaan kom

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

Afdeling A Kaartwerk. HOËRSKOOL MONTANA GRADE 8 SOCIAL SCIENCE EXAMINERS: DATUM: JUNIE 2012 Mr E.P. KLEYNHANS. TYD: 1 UUR Mr. L.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Wiskunde Graad 4. November 2016

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

Transcriptie:

OpenStax-CNX module: m24445 1 Faktore wat groei en verandering beinvloed Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: AARDRYKSKUNDE 2 Graad 7 3 BEVOLKINGSGROEI EN VERANDERING 4 Module 6 5 Die faktore wat groei en verandering beïnvloed 5.1 Aktiwiteit 1: 5.2 Om vrae oor die verspreiding van die wêreldbevolking te beantwoord 5.3 [LU 1.5] Die wêreldbevolking is nie eweredig versprei nie. Hoekom nie? Bestudeer die wêreldkaart [g. 2, bevolkingsverspreiding] en kaarte in jou atlas, en beantwoord die daaropvolgende vrae: Version 1.1: Jun 4, 2009 1:13 am -0500 http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

OpenStax-CNX module: m24445 2 Figure 1 2. Die verspreiding van mense oor die wêreld a) Om watter rede is daar 'n yl bevolking by a, b en c? b) Om watter rede is die bevolking by d en e ook besonder yl? c) Het die Amasonerivier in Brasilië iets met die bevolkingsverspreiding in dié land te doen? (Verduidelik) d) Verduidelik die oorsaak vir die bevolkingskonsentrasie in die noordoostelike hoek van Afrika. e) Sou julle sê dat Australië in die geheel gesien verstedelik is? 3. Bevolkingstrukture Die jong bevolking soos uitgebeeld met behulp van die bevolkingspiramide in guur 1 was dié van Engeland en Wallis in 1881. Vyftig jaar later het die prentjie heelwat anders gelyk, en nog vyftig jaar later het dit verdere verandering ondergaan. Die verandering word demograese oorgang genoem. Belangrike kenmerke van `n bevolking wat met `n tipiese piramide (met `n breë basis) aangetoon word, is (a) hoë geboortesyfer, (b) hoë sterftesyfer, (c) kort lewensverwagting. Die toename in bevolking van enige groep (`n land of gemeenskap) word met die volgende formule bereken: 5.4 Bt = G S (+ of netto migrasie) Bt is die Bevolkingstoename G is die Geboortesyfer S is die Sterftesyfer immigrante word bygetel, en emigrante word afgetrek As die Bt `n relatief hoë syfer is, sal die bevolkingstruktuur as `n piramide met `n opvallend breë basis aangetoon word. Migrasie geld nie net vir lande nie, maar ook vir bepaalde gemeenskappe binne lande.

OpenStax-CNX module: m24445 3 5.5 Aktiwiteit 2: 5.6 Om `n aeiding wat betrekking het op bevolkingstoename te maak 5.7 [LU 3.2] Is dit moontlik dat die Bt nie `n toename nie, maar `n afname kan beteken? Motiveer jou antwoord. 5.8 Aktiwiteit 3: 5.9 Om die verskille in bepaalde bevolkings in piramides voor te stel 5.10 [LU 3.2] Wanneer geboortes en sterftes normaalweg voorkom in gemeenskappe, en mits daar nie groot getalle mense deur migrasie bykom of vertrek nie, sal die bevolkingstruktuur met `n taamlik normale piramide voorgestel kan word, soos Figuur 1. Julle weet dit al, maar stel julle net `n smaller basis voor. Binne dié normale gemeenskappe met hul normale piramides kan kulturele, sosiale en ekonomiese faktore tot gevolg hê dat die samestelling ten opsigte van ouderdomsgroepe en die verteenwoordiging van die geslagte verander. Die vorm van die piramide waarmee die bepaalde gemeenskap dan voorgestel word, sal van die normale een begin afwyk. As daar jaarliks `n paar duisend jong Turkse mans uit `n deel van Turkye weggaan om in Duitsland, byvoorbeeld in die stad München, te gaan werk, sal die strukture van die Turkse streek sowel as dié van München mettertyd verander. Figure 2 a) Die piramide vir gemeenskappe met `n hoë geboortesyfer, hoë sterftesyfer en `n kort lewensverwagting, sal steeds `n normale piramidevorm hê, maar met `n laer bopunt en opvallende inkepings aan die kant. Figure 3 b) Gemeenskappe en bevolkings met `n lae geboortesyfer, `n ewe lae sterftesyfer en `n lang lewensverwagting (`n welvarende gemeenskap met `n goeie lewensgehalte en mediese sorg), se piramide sal `n smallerige (smaller as (a) hierbo) basis hê en egalig afplat na die bopunt

OpenStax-CNX module: m24445 4 Figure 4 a) Slegs primitiewe (wat nog in `n vroeë stadium van ontwikkeling is) gemeenskappe se -*geboortesyfer sowel as sterftesyfer is hoog (met die geboortesyfer die hoogste). Die gevolg is `n redelik vinnige bevolkingsgroei. Figure 5 c) Slegs primitiewe (wat nog in `n vroeë stadium van ontwikkeling is) gemeenskappe se geboortesyfer sowel as sterftesyfer is hoog (met die geboortesyfer die hoogste). Die gevolg is `n redelik vinnige bevolkingsgroei. Figure 6 d) Die bevolkings van ontwikkelde lande (byvoorbeeld die meeste Wes-Europese state) het `n lae geboorte- en sterftesyfer. In sommige gevalle is die geboortesyfer laer as die sterftesyfer, wat `n negatiewe bevolkingsgroei tot gevolg het. Die lewensverwagting is hoog. In hierdie geval praat ons van `n ou bevolking. 4. Hoekom vind verandering in bevolkings plaas? Vir die grootste deel van die bestaan van die wêreld was die verandering wat plaasgevind het, slegs groei. Oor die hele wêreld het mense het net meer en meer geword. Maar vandag is dit nie meer oral die geval nie. In sommige lande in Europa krimp die bevolking. En as julle gedink het dat slegs (baie) vinnige groei in lande of streke probleme tot gevolg het, moet julle weer dink, want `n krimpende bevolking lei ook tot probleme! Dit is net `n ander soort probleem waarmee die mense te kampe het. Maar voordat ons aan die gevolge en uitdagings van verandering aandag gee, moet ons eers vasstel hoekom veranderinge plaasvind.

OpenStax-CNX module: m24445 5 Hierbo is gesê dat sekere lande se bevolkings ook kan krimp, of afneem, maar die belangrikste rede vir verandering is egter steeds die groei wat in die bevolking plaasvind. In die geheel gesien, groei die wêreldbevolking vandag. Die meeste demograwe aanvaar dat die groei van die wêreldbevolking korrek met `n graek soos die een hier langsaan aangetoon kan word. Dit sê dat die wêreld se bevolking eers min was, dat dit gegroei het, maar ook dat die groei nie eweredig was nie dit groei al vinniger! En dit is in die vinnige toename dat die grootste uitdagings vir regerings opgesluit is. Figure 7 5.11 Aktiwiteit 4: 5.12 Om in groepe die uitdagings wat op munisipale regerings wag t.o.v. bevolkingstoename te bespreek 5.13 [LU 3.1] a) Verdeel jul klas of werkgroep in twee een groep kies `n dorp en die ander `n grootstad, en bespreek en lys die uitdagings wat op die munisipale regering wag as die bevolking (inwoners in hierdie geval) binne vyf jaar sou verdubbel. Noudat julle Aktiwiteit 4 gedoen het, kan julle seker begryp dat `n verandering in `n bevolking nie ligtelik opgeneem moet word nie! Die verandering waarna julle in Aktiwiteit 1.4 gekyk het, was slegs toename, iets wat `n mens baie maklik kan verstaan. Onthou asseblief dat `n verdubbeling van die bevolking van `n munisipale gebied binne tien jaar baie vinnig is eintlik die uitsondering. Toestroming na `n kleiner gebied binne `n groot munisipale gebied kan eerder verwag word. Verandering in bevolkings behels egter veel meer as toename of afname! Bevolkings raak ook ouer, bevolkings kan jonger raak; die lewensverwagting van mense kan verhoog; die sterftesyfer kan daal; die vrugbaarheid kan toeneem, en dies meer. Hierdie soort veranderinge staan ook nie los van mekaar nie die een lei tot die ander, byvoorbeeld as die sterftesyfer daal, verhoog die lewensverwagting. So ook sal die bevolking of gemeenskap jonger raak as die vrugbaarheid toeneem. Hou ook in gedagte dat die verandering stadig en oor `n lang tydperk plaasvind! Belangrik om te onthou, is dat wanneer baie mense na `n bepaalde gebied verhuis, nie net die gebied verander waarheen die mense gaan nie ook die gebied waarvandaan die mense kom, ondergaan verandering! As `n baie groot deel van `n gemeenskap se jong mans permanent weggaan om elders te werk, verander die struktuur van daardie gemeenskap, want dit raak ouer, én die persentasie vrouens in die jonger groep neem toe. En daardie jonger groep word later die ouer groep, en die groep manlike lede bly kleiner as die vroulike groep. Al die veranderings wat op die lang termyn, maar voortdurend, in bevolkings voorkom, word demograese oorgang genoem. 5. Oorsaak en gevolg

OpenStax-CNX module: m24445 6 Hierbo is gesê dat die veranderinge nie los staan van mekaar nie die een lei tot die ander. Julle ken waarskynlik ook die begrip oorsaaken gevolg. In hierdie stadium sal dit vir julle moontlik wees om lekker oor oorsake en gevolge te dink. Julle kan ook al lekker redeneer; julle is mos nie verniet al in graad 7 nie! 5.14 Aktiwiteit 5: 5.15 Om die beste opsies t.o.v. bevolkingsveranderings te kies 5.16 [LU 3.2] KIES DIE BESTE OPSIE Onderstreep die korrekte moontlikheid uit die woorde tussen hakies: 1. As die vrugbaarheid van `n gemeenskap toeneem, sal die geboortes in daardie gemeenskap (afneem / toeneem). 2. Goeie mediese sorg vir die hele gemeenskap lei normaalweg tot `n daling in die (sterftesyfer / lewensverwagting). 3. As die sterftesyfer in `n [primitiewe] gemeenskap baie hoog is, sal die geboorte-syfer ongetwyfeld (hoog / laag) wees. 4. Wanneer `n gemeenskap gewoond is daaraan dat die staat vir hul bejaardes sorg, sal die neiging ontstaan dat gesinne (kleiner / groter) sal word. 5. `n Bevolking met `n hoë vrugbaarheid en lae sterftesyfer, sal (krimp / groei). 6. Die bevolking van `n land wat erg deur die wêreldwye Vigs-pandemie geraak word, se (vrugbaarheid / lewensverwagting) sal daal. Op die oomblik is dit die ontwikkelende lande wat `n vinnige bevolkingsgroei ervaar, en waarvan die bevolkingspiramide dus `n tipies jong bevolking toon. Ontwikkelde lande soos bykans alle Europese state, die VSA en Kanada het egter ook `n tyd beleef toe die bevolking as jonk beskryf kon word. Hierdie state het dus ook `n demograese oorgang deurgemaak. 6. Demograese oorgang, en hoe dit met bevolkingspiramides voorgestel word Hier volg `n beskrywing (as't ware `n geskiedenis) van die bevolkingstruktuur van Engeland en Wallis. Dit is `n goeie voorbeeld van die verskillende stadiums waardeur `n bevolking normaalweg kan gaan. Figure 8 Figuur 5: Bevolkingspiramides Vir eeue het die bevolking redelik konstant gebly. Die geboorte- sowel as die sterftesyfer was hoog, en die lewensverwagting kort. Die piramide van hierdie groep het waarskynlik gelyk soos die een in Figuur 1 (a) aan die begin van hierdie leseenheid. 1Ná die veranderinge wat die landbou- en nywerheidsrewolusie tot gevolg gehad het toe meer voedsel as gevolg van meganisasie op die plase geproduseer is, en mense in fabrieke kon gaan werk vir `n inkomste, het die bevolking vinniger gegroei. Die geboortesyfer het die sterftesyfer geleidelik begin oortref as gevolg van beter voeding, beter mediese sorg en beter sanitasie. Soos vroeër was gesinne steeds groot, maar omdat minder babas en jongmense gesterf het, het die totale bevolking `n jong karakter aangeneem. 2Vyftig jaar later het die bevolkingspiramide opvallend verskil van die vorige. Toe het `n laer vrugbaarheidsyfer tot gevolg gehad dat die jonger deel van die bevolking proporsioneel gekrimp het. Die laer groeikoers is veroorsaak deurdat vrouens kans gesien het en verkies het om minder kinders te hê, want hulle wou gaan

OpenStax-CNX module: m24445 7 werk om die gesin se inkomste aan te vul. Boonop het die staat verantwoordelikheid vir die versorging van bejaardes oorgeneem en was bejaardes nie meer aangewese op hul kinders nie. (Voorheen was die kinders die versekeringspolis vir die oudag.) 3 Teen 1981, nog 50 jaar later, was die groep ter sprake duidelik al `n ou bevolking. Plaas `n liniaal dwars oor die drie piramides op bl. 12 sodat net die groepe 65 jaar en ouer sigbaar is. Julle sal duidelik sien hoeveel groter is hierdie groep as 50 en 100 jaar vroeër. Dit is ook duidelik dat die geboortes (vrugbaarheid) nóg meer afgeneem het, want tussen 1931 en 1981 het geboortebeperking `n alledaagse instelling geword. 6 Assessering Leeruitkomstes(LUs) LU 2 AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek. Assesseringstandaarde(ASe) Dit is duidelik wanneer die leerder: 1.2 inligting relevant vir die ondersoek uit eenvoudige graeke, kaarte en statistiese bronne organiseer en interpreteer [werk met bronne]; 1.5 inligting gebruik om antwoorde, alternatiewe en moontlike oplossings voor te stel [die vraag beantwoord]; 1.6 verslag doen oor die ondersoek deur bewyse uit die bronne te gebruik, insluitend kaarte, diagramme en graka, en waar moontlik rekenaars in die aanbieding gebruik [die antwoord oordra]. LU 3VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en probleme te neem. Assesseringstandaarde(ASe) Dit is duidelik wanneer die leerder: 3.1 uitdagings vir samelewings en nedersettings identiseer, met `n fokus op bevolkingsgroei en - verandering [identiseer die vraagstuk]; continued on next page

OpenStax-CNX module: m24445 8 3.2 die faktore identiseer wat tot bevolkingsgroei en verandering bydra [faktore wat die vraagstuk aekteer]; 3.3 prosesse identiseer wat bevolkingsgroei en verandering op verskillende plekke aekteer [faktore wat die vraagstuk aekteer]; 3.4 maniere voorstel om op vraagstukke met betrekking tot bevolkingsgroei en verandering in `n spesieke konteks te reageer [maak keuses]. Table 1 7 Memorandum Aktiwiteit 1: a) warmwoestyne b) yswoestyne c) Die Amasone maak die binneland toeganklik; nou vestig die mense hulle langs die rivier en sy vernaamste sytakke. d) Dit is weens die teenwoordigheid van die Nyl (in die omliggende woestyngebied). e) Australië is verstedelik, want die meeste mense woon in stede en dorpe. Die kaart dui so `n verspreiding aan. In Australië woon tussen 85% en 90% van die bevolking in stede of groterige dorpe. 7.1 Aktiwiteit 2: a) As minder geboortes as sterftes voorkom, kan dit `n afname beteken, maar ook as daar meer mense emigreer as wat die geboortes aanvul. b) Indië se piramide sal die meeste verskil. (a) Die belangrikheid van die piramides as sodanig is omdat `n piramide `n graese voorstelling is wat baie inligting met min woorde verskaf. (b) Deur elke keer na die verandering in die piramides te verwys, hoop die skrywers om inligting oor bevolkingstrukture op `n maklike manier aan die leerders oor te dra. Dit moet ook nooit van leerders verwag word om `n piramide 100% akkuraat te kan teken nie; dit is die algemene indruk wat korrek moet wees. Aktiwiteit 4: Die doel met hierdie aktiwiteit is om by die leerders tuis te bring dat `n drastiese toename soos verdubbeling in `n kort tyd ernstige gevolge vir enige regering inhou plaaslik, provinsiaal of nasionaal! Na die oefenig sal die leerder ook besef dat die probleme in die dorp en die stad eintlik maar eenders is die probleme (uitdagings) is dieselfde, die omvang daarvan verskil net. Watervoorsiening Elektrisiteitsvoorsiening Die lewering van dienste, iets waarvoor lank vooruit beplan Riolering moet word, sal in baie gevalle ineenstort. Aanlê van strate Die verskang van behuising sal ook tekort skiet. Werkverskang sal `n baie groot probleem wees. Skole moet gebou word (nie primêr die funksie van die plaaslike regering nie). Misdaad sal toeneem, en dies meer. Aktiwiteit 5: 1. toeneem 2. sterftesyfer 3. hoog 4. kleiner

OpenStax-CNX module: m24445 9 5. groei 6. lewensverwagting a) Dit is `n syfer wat uitgewerk is toe `n groot groep vroue se voorkeure bymekaar getel en die gemiddeld uitgewerk is. b) Twee kinders per gesin het tot gevolg dat die bevolking nie groei nie (staties bly), want die geboortes kanselleer net die twee ouers uit as hulle eendag te sterwe sou kom. c) Wie gaan eendag die werk (baie soorte) doen? (Werkers van elders is nie die ideale oplossing nie!) Huise, skole, en dies meer gaan ongebruik staan en verval gaan intree.