2. Jesus se geboorte en kinderjare

Vergelijkbare documenten
18. Jesus se geboorte en kinderjare

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesaja sien die Toekoms

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

2. Die skepping van die mens

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Welkom by Die Storie God se storie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Goeie Konings, Slegte Konings

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

12. God se verbond met Abram

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Petrus en die Krag van Gebed

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die Geseendes(Voorspoediges)

Hy is die Here - kom bring Hom lof en ere Dis Kersfees - dis Kersfees Loof Hom almal saam Kersfees - dis Kersfees Loof sy heilige naam

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

'n Man gestuur deur God

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Die Kerk se Geboorte

God eer Josef die slaaf

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Van Vervolger tot Prediker

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

n Dubbele kruis-belydenis

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die Groot Gebod dennis de wet

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

23. Die evangelie versprei na die heidene

Van Vervolger tot Prediker

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Toe God alles gemaak het

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

7. Van Noag tot die toring van Babel

20. Jesus in Jerusalem

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Geroep vir Gemeenskap

Baie welkom by vanoggend se erediens

6. Die roeping van Moses

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

20. Groei en bedreiging

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jona en die Groot Vis

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Begin Punt. Dennis de Wet 29 September 2013

15. Die geboorte van Isak

BYBELSTUDIE HEBREËRS 6:13-7:28.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Toe God alles gemaak het

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

God bewaar die gelowiges. God verydel Satan se listige planne. Dit wat vir mense onmoontlik lyk, is vir God moontlik.

Deur Christus Alleen

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

24. Die vraag oor die heidene

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Simson, God se sterk Man

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Jona en die Groot Vis

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

Transcriptie:

2. Jesus se geboorte en kinderjare Matthéüs 1: 18 tot 2: 23 en Lukas 2 God die Seun word mens Met Jesus Christus se geboorte word Hy ware mens. Net as ware mens kan Hy vir sondaars se sondes betaal. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: God se liefde vir sondaars. Jesus Christus is waarlik mens. God se beloftes kom tot vervulling. Die liefde van God God se beloftes, naamlik die geboorte van sy Seun, word nou vervul. Die vromes van die Ou Testament het vurig daarna uitgesien. Alles wat met en voor sy geboorte gebeur, gaan van God uit en die mense word maar net ingeskakel in sy groot heilsplan. Hy het ook die tyd bepaal. Hierby tref dit ons dat alles so doodgewoon voorkom. Ons kry met gewone mense en gewone plekke en omstandighede te doen. Op die vraag waarom die Seun die hemel verlaat het, gee God self die antwoord. 9 Liefde is die dryfveer van God se optrede. Jesus se volkome oorgawe aan sy werk is ook te danke aan sy liefde. Hy verlaat die hemel waar Hy omring was met heerlikheid en majesteit, lê sy glorie af en daal in die menslike natuur af. Dit was sy diepe vernedering, veral as ons hierby in aller-armoedigste plek. Tydens sy verblyf op aarde sou Hy boonop ontsaglik verneder word en ly. Hy is misverstaan, verloën, vervolg, belaster, geslaan, bespot, gekruisig en dit alles om ons te kan red uit sonde, die verderf en die dood. 9 Joh 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 16

Josef en Maria gaan na Betlehem opgeneem moet word. Lukas dui vaagweg die jaar aan as die tyd toe Cirénus goed georganiseer moet word. In ons tyd word duisende sensusopnemers van huis tot huis deur die land gestuur. In die Bybel se tyd was dit andersom: duisende gesinshoofde moes deur die land trek om by bepaalde plekke hul opgawes persoonlik in te dien. Aangesien die Jode vasgehou het aan hul stamverband, is bepaal dat elkeen na sy stamdorp of stad moet gaan vir die inskrywing. Vir Josef en Maria beteken dit dat hulle na Betlehem, die stad van hul stamvader Dawid, moet gaan. van meer as drie dae van Nasaret af in die noorde na Betlehem, suid van Jerusalem. Betlehem is eeue gelede aangewys as die geboorteplek van die Heiland. 10 Betlehem is daar vir hulle geen plek in die herberg (kamer) nie. Die woorde van Johannes dat daar nie vir hom plek by sy eie mense is nie, is in hierdie vroeë stadium reeds bewaarheid. 11 Vermoeid en mismoedig swerf Josef ander binneplaas. Daar kom hulle tot rus vir die nag. Die huisvesting is baie anders as wat hulle hul voorgestel het. Hier is die Heiland van die wêreld gebore, toegedraai in doeke wat Maria uit Násaret saamgebring het. Tot nou toe was daar niks te sien van die Kind Jesus se heerlikheid nie. Inteendeel, die Seun van God se moeder het baie Die herders van Betlehem God kondig Jesus se geboorte aan vanuit die hemel. Dit doen Hy nie aan die hooggeplaastes in die land of aan die owerpriesters in die tempel nie, maar werk doen as wat die herderseun Dawid eeue tevore in dieselfde omgewing gedoen het. 10 Miga 5: 1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. 11 Joh 1: 11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 17

Terwyl die herders onder die nagtelike hemel rondom hul vuurtjie sit, verskyn Hulle weet dat dit geen aardse lig is nie, maar die heerlikheid van die Here, dit wil sê dieselfde heerlikheid wat Israel op die reis deur die woestyn in die wolk gesien het 12 en wat Salomo se tempel gevul het toe dit ingewy is. 13 Verskrik hoor die herders die engel se stem. Die Saligmaker is gebore. Die engel gee hulle nie opdrag om die Kindjie te gaan opsoek nie, maar sal uitken. En die teken is so volkome anders as wat hulle sou verwag het. sien lê. Toeganklik vir die die armes en die herders. hemelse lofsang: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, van goddelike ontferming. God het Hom neergebuig na die aarde om vrede te bring deurdat Hy die weg tot verlossing van sonde open, en dit doen hy betuig. Daarom kom al die eer en heerlikheid in die eerste plek aan God toe. Die herders gaan haastig na Bethlehem omdat die engel hulle van die Kind in die krip vertel het. Eerbiedig buig hulle oor die Kind en vertel wat hulle in die veld ervaar het. Die omstanders en Maria het hulle verwonder. Die herders gaan terug met groot blydskap in die hart. Hulle verheerlik en dank God vir alles wat hulle gesien en beleef het. Jesus onderworpe aan die wet vreugde. Daar is egter ook bepaalde voorskrifte van die wet wat noulettend gevolg moet word, soms met groot opoffering van die kant van die ouers. Deur sy geboorte is Jesus gestel onder die wet en moet Hy die besnydenis ondergaan. 14 Dit gebeur op die agste dag na die geboorte. Vir die Israeliet 12 Ex 16: 10 En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die HERE in die wolk. 13 I Kon 8: 11 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul. 14 Gal 4: 4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, 18

verbond wat God met Abraham opgerig het, en skenk die versekering dat die Here. Die kind moet in die wet van God trou onderrig word en later self daartoe kom om die bepalinge van die wet en al die insettinge vrywillig te gehoorsaam. Vir Jesus het die besnydenis ook hierdie dubbele betekenis. Hy bly verseker van die trou van God, sy hemelse Vader, en Hy is onder die verpligting gestel om die bepalinge van die wet te gehoorsaam. Juis dít wat geen mens kan doen nie, het hy volvoer sodat Hy vir ons die einde van die wet geword het. 15 By die besnydenis vind ook die naamgewing van die kindjie plaas. In gehoorsaamheid aan die opdrag van die engel, gee die ouers aan Hom die naam Jesus. Daarna volg daar vir Josef en Maria 33 rustige dae in Betlehem waar hulle toe tydelik gewoon het. Op die 41ste dag moet hulle weer met Jesus na die tempel gaan om twee dinge te doen wat deur die wet 16 en die reiniging van Maria na die geboorte van die Kind. Símeon Nadat Josef en Maria in die tempel die voorgeskrewe handelinge in verband met die lossing van die eersgeborene en die reiniging van die moeder beweeg, ontmoet hulle twee merkwaardige bejaardes, die een na die ander, eers Símeon (verhoring) en toe Anna (genade). Die bejaarde Símeon was blykbaar in Jerusalem goed bekend. Van sy lewe vertel Lukas ons geen besonderhede nie, maar hy noem vier eienskappe waardeur ons hierdie man leer ken: Hy was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag en die Heilige Gees was op hom. die Christus van die Here sou sien. Daarom het Símeon in die verwagting geleef dat die tyd baie naby was en het hy byna rusteloos begin word in 15 Rom 10: 4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. 16 Num 18: 15 Alles wat die moederskoot open - alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere - moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop. 19

Gees hom na die tempel met die wete dat hy daar iets heerliks sal beleef. Oombliklik is hy seker: die Kindjie is die langverwagte Christus van die Here. Uit homself kon Símeon dit nie geweet het nie, maar die Heilige Gees het sy oë geopen. Hy loof God omdat die belofte wat die Here aan hom gegee het, nou bewaarheid is. Daarom is hy bereid om in vrede te sterf. Sy oë het die heil van die Here gesien, die saligheid wat God vir sy volk voorberei het. tot verligting van die nasies opgegaan het. 17 Dit sal ook wees tot heerlikheid van Israel, omdat diegene uit die volke wat die lig deelagtig word, sal weet dat die Messias uit Israel voortgekom het. Nadat Símeon so byna buite homself die Here geloof het, kyk hy die moeder aan. Dit is asof hy weet dat Josef nie die eintlike vader van die Kindjie is nie, het, die hande opgehef en geseën het. Plegtig verklaar hy dat die Kindjie Anna Anna. Sy was die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser, dit wil sê een van die tien stamme wat nie uit die ballingskap teruggekeer het nie. Daar het baie min van hulle oorgebly in die Joodse land. Anna was 84 jaar oud. Nadat sy as jong meisie in die huwelik getree het, was sy maar sewe jaar getroud toe haar man oorlede is. Van toe af het sy weduwee gebly en haar lewe in diens van die Here gestel. Elke dag was sy by die tempel besig met vaste en gebede, en selfs in die Here soms sy welbehae bekend gemaak het. Ook sy sien die jong egpaar met hul eersteling en begin om die Here te prys omdat die Verlosser gekom het. As sy die tempel verlaat en die stad weer ingaan, vertel sy dit aan almal wat onderling saamgebind is deur hulle sterk verlange na die koms van die Messias. Aan hierdie groep bring Anna die blye boodskap dat die dag van verlossing aangebreek het. 17 Jes 49: 6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U die aarde. 20

Die wyse manne uit die Ooste Hoe lank Josef en Maria in Betlehem bly woon het, kan nie met sekerheid bepaal word nie. Waarskynlik het hulle ongeveer twee jaar daar gewoon. Nog in die regeringstyd van koning Herodes die Grote, kom daar sekere wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aan en doen navraag omtrent die Koning van die Jode, wat gebore is. As rede voer hulle aan dat hulle sy ster in die Ooste gesien het en nou gekom het om aan Hom hulde te bewys. opskudding in die stad. Die berig bereik die ore van Herodes. Onmiddellik maak dit sy agterdog en van die gebore Koning van die Jode, die egte Koning afkomstig uit die huis van Dawid. Aangesien Herodes geen teenstander in die lewe laat bly nie en selfs van sy eie seuns vermoor het, wil hy ook werk maak van hierdie nuwe bedreiging van sy troon. Herodes het ook goeie insig. Hy begryp dat dit hier gaan om die verwagte Messias, die Christus. Daarom begin hy navraag doen omtrent die koms van die Christus. Die owerpriesters en skrifgeleerdes word byeengeroep en ondervra aangaande die plek waar die Messias gebore sou word. Hulle raadpleeg die heilige Skrifte. Die antwoord is glashelder opgeteken in Miga dat die Christus in Betlehem in Judéa gebore sal word. 18 Met hierdie inligting tot sy van die tyd toe die Kindjie gebore is. Dan vertel hy aan hulle dat die Koning van die Jode in Betlehem gebore sou word en dat hy self graag aan Hom hulde wil bewys. Daarom gee hy aan die wyse manne die opdrag, asof hy oor hulle dienste beskik, om noukeurig vas te stel waar die Kindjie is en hom dan te vertel. Die wyse manne besoek Betlehem Herodes se bose planne was goed uitgedink, maar God verydel dit. Die blydskap sien hulle die ster weereens, en nou staan dit aan die suidelike 18 Miga 5:1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. 21

by sy moeder, Maria. Voor Hom val hulle eerbiedig op die knieë en bring aan Hom hulde. Daarop laai hulle die vragte van die kamele af en bring waardevolle geskenke te voorskyn: goud, wierook en mirre. Die betekenis van hierdie geskenke word op verskillende maniere verklaar. Goud is die simbool van aardse skittering en heerlikheid; wierook versinnebeeld die nederige aanbidding van die hart; mirre dien as beeld van die guns van God. Die besoek van die wyse manne is van besondere betekenis. Hulle tree op as die verteenwoordigers van die heidense volke van die wêreld. Deurdat hulle Jesus huldig, erken hulle sy koningskap oor alle volke. Deur die ster te volg en deur sy lig na die Christus gelei te word, gaan die profesie in vervulling aangaande die lig wat vir die volke sal opgaan. 19 van die messiaanse profesieë aangaande die hulde wat die heidense volke aan die God van Israel sal bewys. 20 Die vlug na Egipte en die kindermoord opdrag gegee om met die Kindjie en sy moeder na Egipte te vlug, aangesien Herodes van plan was om die Kindjie te probeer doodmaak. Josef weet nou reeds uit ondervinding dat hy die opdrag wat die Here op hierdie wyse aan hom gee, moet gehoorsaam. Hy tref onmiddellik die nodige voorbereidsels om sonder versuim te vertrek. Matthéüs wys daarop dat die profetiese woord van Hosea op hierdie wyse vervul word. 21 Dit het nie lank geduur nie of Herodes ontdek dat die wyse manne hom uitoorlê het. Hy is woedend. Hy besluit dat die Kindjie in elk geval nie uit sy hand sal ontglip nie. Op grond van die inligting aangaande die verskyning van die ster wat hy van die wyse manne verkry het, bereken hy dat die Kindjie nie ouer as twee jaar kon wees nie. Dus gee hy opdrag dat alle seuntjies van twee jaar en jonger in die omgewing van Betlehem gedood 19 Jes 60: 2 en 3 Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang. 20 die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver. 21 geroep. 22

moet word. Die koning wat nooit teruggedeins het vir bloedvergieting nie, gee die onmenslike bevel. Die soldate dood met hul swaard honderde klein kindertjies. Josef en Maria keer terug uit Egipte Hoe lank Josef en Maria in Egipte gebly het en in watter deel van die land hulle hul gevestig het, is aan ons onbekend. Ons kan aanneem dat hulle minstens vir ses maande daar was en miskien nog ietwat langer. Die engel sê vir hulle van Herodes se dood en dat hulle nie langer in Egipte moet bly nie, maar nou na die Joodse land moet terugkeer. Josef aanvaar die terugreis sonder versuim. Waarskynlik was dit hulle voorneme om weer na Betlehem te gaan, maar toe hulle die grens van die Joodse land oorsteek, ontvang hulle inligting wat hulle in onsekerheid bring. ander meer verstandige seun van Herodes die Grote, naamlik Herodes terugkeer en hulle daar vestig. Jesus in die tempel deelneem. Daarom het Jesus sy ouers op dié leeftyd na die Paasfees in Jerusalem vergesel. Dié fees het gewoonlik sewe dae geduur. Na die derde dag het die feesgangers, onder andere Josef en Maria, teruggekeer maar Jesus het in die tempel agtergebly. Hy het daar aangesluit by die groepie tydens die Paasfees in een van die tempelgange gesit het om ondervra te word oor allerhande godsdienstige sake. So gaan die dag verby. Die volgende dag gaan die gesprek voort en ook nog die dag daarna. Jesus se verbaas het. Josef en Maria is onbewus hiervan. Hulle begin die terugreis waarskynlik tussen familie en kennisse. Onder die indruk dat Jesus wel êrens by die trek was, moontlik saam met sy maats, trek hulle voort tot die aand. Skielik besef hulle dat Hy nie daar is nie. Oorstelp van ontsteltenis haas hulle hul 23

terug na Jerusalem en begin oral soek, maar sonder sukses. Eindelik gaan hulle op na die tempel staan en luister. As Maria Hom verwyt, antwoord Jesus dat Hy in die dinge van sy Vader moet wees. Maria het nog nie goed begryp dat hy die Seun van God is en daarom hier in sy Vader se huis baie tuis is nie. Onderdanig gaan Hy saam met hulle terug na Násaret en hervat sy lewe daar soos voorheen. Onder leiding van Josef leer Hy daar timmermanswerk sodat Hy later self timmerman kan word. Die Bybel sê ook dat Hy toegeneem het in wysheid. ook by die mense in genade (in guns) toe. Die bure en kennisse was Hom baie goedgesind. Hulle het Hom baie liefgekry want Hy was so aangenaam, so vriendelik en so hulpvaardig teenoor almal. Aanbevole leesstukke DE GRAAF, S.G. 1935. Verbondsgeschiedenis: Schetsen voor de vertelling van de Bijbelse Geschiedenis. Het Nieuwe Testament deel II. Kampen: J.H.Kok. 9-16, 204-227 p. GROENEWALD, E.P. 1968. Handboek Bybelse geskiedenis: Die Nuwe Testament. Pretoria: DBU. 69-92 p. INGWERSEN, G. 2008. Die Bybel oorvertel vir oud en jonk. Pretoria: DBU. 461-478 p. TEN HAVE, P. 1935. Bij de Bron: Nieuwe Testament deel II. Neerbosch. Neerbosch Drukkerij. 24-65 p. VAN DER WAAL, C. 1998. Sola Scriptura. Gids vir Bybelstudie. Deel 4: Matteus Openbaring. Pretoria: Sola Scriptura Instituut. 16, 17, 54-57 p. 24