Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Departement Rekeningkunde FINANSIËLE REKENINGKUNDE 111 FRK 111 EKSAMEN - 8 JUNIE 2006 Maksimum punte: 80 Maksimum tyd: 120 Minute Interne eksaminatore FRK 111 Dosente Eksterne eksaminator Prof J Myburgh Belangrike inligting 1. Slegs eksamen- en hereksamenuitslae van eerstejaarstudente sal so gou as wat dit beskikbaar is deur die Fakulteitsadministrasie op die kennisgewingborde langs die Geesteswetenskappegebou aangebring word. Tweede- en derdejaar-, asook nagraadse studente kry uitslae op die MTN-lyn asook op die Intranet. Uitslae word so spoedig moontlik na die eksamenperiode aan kandidate gepos. Uitslae sal telefonies by telefoonnommer 083 123 1111 beskikbaar gestel word, asook op Intranet: adres http://www.up.ac.za, students online. GEEN UITSLAE SAL TELEFONIES OF PERSOONLIK DEUR DOSENTE OF ADMINISTRATIEWE PERSONEEL VERSTREK WORD NIE. 2. Hereksamens word nie outomaties toegeken nie, maar is onderhewig aan heersende departementele beleid. 3. Hereksamens vind vanaf 22 Junie 3 Julie 2006 plaas, roosters is beskikbaar: 3.1 kennisgewingborde voor die Hoofingang van die Merensky-biblioteek om vas te stel op welke datum, eksamensessie en plek hereksamens afgelê moet word; 3.2 roosters is op die Intranet verkrygbaar: http://www.up.ac.za, student online; of 3.3 MTN by telefoonnommer 083 123 1111.
INSTRUKSIES Nommer die vrae duidelik. Rond alle bedrae af tot die naaste Rand. Toon alle berekeninge volledig en sistematies. VRAAG 1 (15 punte; 22 minute) Hierdie vraag bestaan uit twee onafhanklike afdelings. AFDELING A GEVRA: (7 punte) Die hoofbesigheid van Vinnies Wynlandgoed is om druiwe te oes en gebottelde wyn vir eindgebruikers te produseer. Na n baie suksesvolle jaar vir wynmakers is daar 10 000 glasbottels in die stoorkamer, wat geëtiketteer en gevul moet word vir herverkoopdoeleindes, teen n kosprys van R5 per bottel. Hierdie bottels kan afsonderlik aan n ander naburige wynmaker teen R6 elk verkoop word. Die finansiële jaareinde van Vinnies Wynlandgoed is 31 Desember. Verduidelik, met verwysing na die konseptuele raamwerk, a. as watter element, en b. teen watter prys die bottels in die finansiële state van Vinnies Wynlandgoed op 31 Desember 2005 ingesluit moet word. AFDELING B (8 punte) Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter van die korrekte antwoord langs die ooreenstemmende nommer in u antwoordboek. Byvoorbeeld: 1. A. 1. Rash het n 2004-model Toyota Tazz twee jaar gelede vir R170 000 gekoop. Sy broer, Rashie, het hom vandag n aanbod gemaak om dit vir R110 000 te koop. Rash het die Toyota handelaar gebel en hulle bied hom R120 000 vir sy Tazz aan en kwoteer R135 000 op n 2004-model Toyata Tazz met presies dieselfde spesifikasies en R200 000 vir n splinternuwe nuwe Tazz. Die huidige koste van sy voertuig is: A R110 000 B R120 000 C R135 000 D R170 000 E R200 000 FRK 111 Eksamen-2006 1
2. Die rekenmeester het nie die kredietaankope van skryfbehoeftes in die betrokke joernaal aangeteken nie. Dit beteken dat die proefbalans: A sal kiop met regte totale B nie sal klop nie, want die krediettotaal is te veel C nie sal klop nie, want die debiettotaal is te veel D sal klop met verkeerde totale 3. Ten einde inligting aan die gebruikers van finansiële state te verskaf wat hulle kan help met hul besluitneming, moet finansiële state. wees: 1 Relevant 2 Verstaanbaar 3 Wesenlik 4 Vergelykbaar 5 Geouditeer A 1, 2 en 5 B 2, 3 en 5 C 1, 3 en 4 D 2, 3 en 4 E 1, 2 en 4 4. Die twee onderliggende veronderstellings van enige stel finansiële state is: A Koste-effektiwiteit en Tydigheid B Toevallingsbegrip en Lopende saak C Omsigtigheidsbegrip en Toevallingsbegrip D Lopende saak en Betroubaarheid 5. Waardevermindering is die rekeningkundige proses waardeur die kosprys van n bate. oor die nutsduur van daardie bate. A billik en stelselmatig verloor word B billik en willekeurig toegewys word C billik en willekeurig verminder word D billik en stelselmatig toegewys word 6. Indien die totale inset-btw vir die maand R75 340 beloop het en die totale uitset-btw vir die maand R94 650 beloop het, moet die ondernemer: A BTW van R19 310 vanaf die SAID terugeis B BTW van R94 650 aan die SAID oorbetaal C BTW van R19 310 aan die SAID oorbetaal D BTW van R75 340 vanaf die SAID terugeis FRK 111 Eksamen-2006 2
VRAAG 2 (15 punte; 23 minute) Parow Handelaars is n geregistreerde BTW-ondernemer in die meubelbedryf. n Konstante winsopmerk van 50% op kosprys word gehandhaaf. Die onderneming maak van n debiteure- en krediteuregrootboek gebruik. Die volgende transaksies het gedurende Mei 2006 plaasgevind (BTW teen 14% is ingesluit waar van toepassing, behalwe waar dit anders aangedui word): 1. Koop meubels vir herverkoop van Stinkhout teen R25 800 min 5% handelskorting, faktuur nr. 71. 2. Reik n tjek aan Wes Motors uit as betaling vir R525 se brandstof en R1 254 vir herstelkoste van die afleweringsvoertuig. 3. Reik faktuur nr. 311 aan Smart uit vir meubels aan hom verkoop, R10 203. 4. Ontvang n tjek van debiteur Smith ter vereffening van sy rekening van R4 800, nadat 5% vereffeningskorting toegestaan is. 5. Die eienaar neem n stoel met n verkoopprys van R840 (BTW uitgesluit) vir persoonlike gebruik. 6. Die bankstaat toon n geweierde tjek van R627 wat vroeër van White ontvang is vir huur van n stoorkamer. GEVRA: Ontleed die transaksies in die onderstaande tabel deur die volgende aannames in ag te neem: Transaksies 1 3: Die deurlopende voorraadstelsel word gebruik. Transaksies 4 6: Die periodieke voorraadstelsel word gebruik. Nr. Hulpjoernaal Rekening gedebiteer Bedrag Rekening gekrediteer Bedrag FRK 111 Eksamen-2006 3
VRAAG 3 (15 punte; 22 minute) Die volgende inligting het betrekking op Rugby Handelaars: 1. Die bankkolomtotale van die kontantjoernale vir Februarie 2006 was soos volg: Kontantontvangstejoernaal: R28 500 Kontantbetalingsjoernaal: R30 898 2. Die bankrekonsiliasiestaat op 31 Januarie 2006 het die volgende ingesluit: R Uitstaande deposito 1 255 Tjeks nog nie vir betaling aangebied nie: Nr. 48 (gedateer 14 Julie 2005) 17 Nr. 198 (gedateer 24 Januarie 2006) 360 Nr. 201 (gedateer 28 Februarie 2006) 967 Debietsaldo volgens bankrekening 4 796 3. Die bankstaat wat op 28 Februarie 2006 ontvang is, toon n gunstige saldo van R1 565. 4. Die vergelyking van die bankstaat vir Februarie 2006 met die bankrekonsiliasiestaat van Januarie 2006 (in nr. 2 hierbo) en die kontantjoernale van Februarie 2006 het die volgende verskille getoon: 4.1 Inskrywings op die bankstaat gekrediteer, maar wat nie in die kontantjoernale vir Februarie voorkom nie: Deposito R1 255. Deposito R480. n Debiteur, B. Bull, het hierdie deposito gemaak. 4.2 Inskrywings op die bankstaat gedebiteer, maar wat nie in die kontantjoernale vir Februarie voorkom nie: Debietorder, R325. Dit is ten gunste van Rentcor vir huur. Tjek nr. 198, R360. Onbetaalde tjek, R583. Hierdie tjek is op 24 Februarie van C Cats ter vereffening van sy rekening van R600 ontvang en gedeponeer. Tjek nr. 233, uitgereik aan C Cheetah vir handelsvoorraad aangekoop ter waarde van R1 285. Hierdie tjek verskyn wel in die joernale, maar is foutiewelik as R1 375 aangeteken. Heffings vir diensgeld, R31 en kontanthanteringsfooi, R18. FRK 111 Eksamen-2006 4
4.3 Inskrywings in die kontantjoernale wat nie op die bankstaat voorkom nie: Tjek nr. 229 vir R1 150 aan SA Rugby gedateer 15 Maart 2006. Tjek nr. 243 vir R113 aan S. Shark gedateer 28 Februarie 2006. Deposito op 28 Februarie 2006, R2 445. 4.4 Tjek nr. 48 is aan n krediteur, G Gilbert, uitgereik. GEVRA: a. Stel n gekombineerde aansuiweringsinskrywing in die algemene joernaal van Rugby Handelaars vir Februarie 2006 op, om bogenoemde inligting te boekstaaf. (9) b. Toon die bankrekening, behoorlik gebalanseer, in die boeke van Rugby Handelaars op 28 Februarie 2006. (3) c. Stel die bankrekonsiliasiestaat op 28 Februarie 2006 vir Rugby Handelaars op. (3) FRK 111 Eksamen-2006 5
VRAAG 4 (10 punte; 15 minute) Die volgende inligting is op 1 Maart 2006 uit die finansiële rekords van Jaguar Handelaars verkry: R Totaal deur debiteure verskuldig 8 000 Totaal aan debiteure verskuldig 400 Totaal aan krediteure verskuldig 5 700 Transaksies vir Maart 2006: R Kontantverkope van voorraad 40 000 Kredietverkope van voorraad 16 691 Kontant en tjeks van debiteure ontvang 6 000 Tjeks aan krediteure uitgereik 4 000 Vereffeningskorting aan debiteure toegestaan 303 Vereffeningskorting van krediteure ontvang 600 Vereffeningskorting, voorheen aan debiteure toegestaan, gekanselleer 102 Kredietaankope: Voorraad 8 700 Toerusting 15 607 Kontantaankope: Voorraad 12 220 Verpakkingsmateriaal 333 Totale in krediteureafslagjoernaal: Voorraad 1 000 Toerusting 900 Totale in debiteureafslagjoernaal: Debiteure-afslag 720 Koste van verkope 623 Oninbare skulde 1 977 Tjeks ontvang van debiteure, deur die bank teruggestuur, gemerk V/T 215 Totaal uit kleinkas, vir vraggeld namens debiteure betaal 800 Totale oordragte van debiteurerekeninge met kredietsaldo s na krediteuregrootboek 180 n Faktuur uitgereik aan debiteur J Leopard is verkeerdelik na debiteur J Shepard se rekening oorgeboek 654 Oninbare skulde verhaal 923 Rente gehef op agterstallige rekeninge van debiteure 412 GEVRA: a. Stel die debiteurekontrolerekening in die algemene grootboek van Jaguar Handelaars vir Maart 2006 op. (6) b. Stel die krediteurekontrolerekening in die algemene grootboek van Jaguar Handelaars vir Maart 2006 op. (4) Let Wel: Ignoreer BTW. FRK 111 Eksamen-2006 6
VRAAG 5 (25 punte; 38 minute) Die onderstaande vooraansuiweringsproefbalans van Ngeno Handelaars op 31 Desember 2005 word aan u voorgelê: NGENO HANDELAARS Vooraansuiweringsproefbalans soos op 31 Desember 2005 Debiet Krediet R R Kapitaal 672 000 Onttrekkings 60 000 Grond en geboue (teen kosprys) 300 000 Voertuie (teen kosprys) 72 000 Opgelope waardevermindering op voertuie (1/1/2005) 28 800 Toerusting (teen kosprys) 396 000 Opgelope waardevermindering op toerusting (1/1/2005) 61 920 Voorraad (1/1/2005) 69 500 Debiteurekontrole 33 600 Krediteurekontrole 19 300 Bank 20 400 Verkope 638 160 Verkoopterugsendings 19 200 Aankope 324 000 Aankoopterugsendings 12 960 Huur ontvang 15 360 Vraggeld op aankope 10 800 Verpakkingsmateriaal 18 200 Versekering 4 800 Bankkoste 4 850 Diverse uitgawes 115 150 1 448 500 1 448 500 Bykomende inligting: 1. Die voorraadopname op 31 Desember 2005 het getoon dat daar nog handelsvoorraad ter waarde van R80 500 en verpakkingsmateriaal ter waarde van R2 400 voorhande was. 2. 'n Betaling van R7 200 wat op 1 Maart 2005 gemaak is vir 'n jaarlikse versekeringskontrak wat op 28 Februarie 2006 verval, is per abuis na diverse uitgawes gedebiteer. 3. R288 is ontvang van n debiteur, mnr. Kumba, wat insolvent verklaar is. Die bedrag verteenwoordig 30c in die Rand van sy uitstaande skuld en is reeds korrek aangeteken. Die balans van sy skuld moet as oninbaar afgeskryf word. 4. Die eienaar besluit om n toelaag vir kredietverliese ten bedrae van R1 660 te skep. FRK 111 Eksamen-2006 7
5. Verkooppryse word bepaal deur 25% by die kosprys van handelsvoorraad te voeg. 6. Op 30 Desember 2005 het die eienaar voorraad (verkoopprys R750) vir sy eie gebruik geneem. Nog geen inskrywing is hiervoor in die boeke gemaak nie. 7. Lord Transport, wat n aflewering van goedere aan n klant namens Ngeno Handelaars op 29 Desember 2005 behartig het, moet nog betaal word. Die faktuur vir R750 is eers op 3 Januarie 2006 ontvang. 8. Waardevermindering moet soos volg voorsien word: op voertuie teen 20% per jaar op die vaste-paaiementmetode; en op toerusting teen 25% per jaar op die vaste-persentasie-opafnemende-saldometode. Nuwe toerusting is op 30 September 2005 teen n kosprys van R130 000 aangekoop en is reeds te boek gestel. 9. Die volgende onvolledige aantekening word aan u voorgehou: (Gebruik dit vir berekeninge slegs waar nodig en moet nie die totaalkolom voltooi nie.) NGENO HANDELAARS Aantekeninge vir die jaar geëindig 31 Desember 2005 2. Eiendom, aanleg en toerusting Grond en Voertuie Toerusting Totaal geboue R R R R Drabedrag begin van jaar 300 000 43 200? Kosprys 300 000 72 000? Opgelope waardevermindering - (28 800) (61 920) Bewegings gedurende die jaar Toevoegings - - 130 000 Vervreemdings - - - Waardevermindering -?? Drabedrag einde van jaar 300 000?? 603 735 Kosprys 300 000 72 000? Opgelope waardevermindering -?? FRK 111 Eksamen-2006 8
GEVRA: a. Stel die Inkomstestaat van Ngeno Handelaars vir die jaar geëindig 31 Desember 2005 op. (15) b. Stel die Staat van veranderings in ekwiteit van Ngeno Handelaars vir die jaar geëindig 31 Desember 2005 op. (2) c. Stel die Balansstaat van Ngeno Handelaars soos op 31 Desember 2005 op. (5) c. Toon die volgende Aantekeninge van Ngeno Handelaars vir die jaar geëindig 31 Desember 2005: Voorraad Handelsdebiteure Handels- en ander krediteure (3) LET WEL: Geen ander aantekeninge word nie verlang nie. FRK 111 Eksamen-2006 9