REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Vergelijkbare documenten
GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

KONSTITUSIE VAN ARSO

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging.

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede:

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

HOOFSTUK 9 Regspleging

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

Eerste jaarvergadering en konstitusie

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3

MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET. (Uitgawe 1)

GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

GRONDWET VAN DIE BRONKHORSTSPRUIT GHOLFKLUB

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194)

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING GRONDWET

CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Dokument A. Grondwet

STATUUT. van DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

1. Die bylaes is n samevatting van Kodes wat deur die Algemene Raad bepaal word en nie n integrale deel van die grondwet nie.

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

BOLAND JUKSKEI-UNIE GRONDWET

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2016 Kongres

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

GRONDWET VAN DIE SUID AFRIKAANSE PROKUREURSVERENIGING

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GRONDWET VAN DIE SAGTEVRUGTEPLANTVERBETRINGSVERENIGING

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

GRONDWET VAN..ROLBALKLUB..

- ADMINISTRASIE EN FINANSIES -

SUID-AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL FEDERASIE

GRONDWET GRAAN SA. Aangesuiwer in April 2013 itv besluite deur die 2013 Kongres

REGLEMENT INSAKE DIE AANSTELLING VAN VOLTYDSE DEKANE

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN PRIMêRE SKOOL GERT MARITZ INGEVOLGE ARTIKEL 18 VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, 1996 (84 VAN 1966) AANHEF

HOOFSTUK 7 Die Nasionale Vergadering

RAPPORT VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM AAN DIE RAAD: NR 4/2011. Die Institusionele Forum het op 20 Oktober 2011 in die US Raadsaal (admin B), vergader.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

GRONDWET VAN DIE ALUMNIVERENIGING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA KONSEP. (6 September 2015, soos gewysig en geredigeer op 27 Oktober 2015)

GRONDWET VAN DIE SASF SOOS VAN KRAG OP 29 NOVEMBER 2008

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

MISSIE KONSTITUSIE VAN DIE KWAZULU- NATALSE LANDBOU-UNIE

Grondwet van die Studente-unie van die Universiteit Stellenbosch

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

STUDENTEGRONDWET UNIVERSITEIT STELLENBOSCH Hersiening. Finale weergawe (weergawe 2.2)

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Kennisgewing van Een en Twintigste Algemene Jaarvergadering van BKBaandeelhouers

Transcriptie:

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch (hierna genoem "die Universiteit"). 2. DOELSTELLINGS 2.1 Die bevordering van die belange van die lede van die Vereniging deur: 2.1.1 verteenwoordiging van die Vereniging, waar van toepassing, in beleidmakende strukture van die Universiteit; 2.1.2 artikulering van Verenigingsbelange by sodanige strukture; 2.1.3 monitering van en optrede tov beleidsaspekte wat ledebelange raak; 2.1.4 ondersteuning van lede in sake van belang. 2.2 Die reël van geleenthede om die samehorigheidsgevoel onder lede van die Vereniging te versterk. 3. DELEGERING VAN BEVOEGDHEDE Die Vereniging delegeer tydens verkiesing en by verstek bevoegdheid aan die Bestuur om aksies te loods en uitsprake te lewer namens die Vereniging tov enige saak wat deur die Vereniging gehanteer moet word en waaroor besluite geneem moet word, uitgesonderd dié genoem in par 5.2.1. Sodanige sake sal by 'n jaarvergadering aan die Vereniging gerapporteer word. 4. LIDMAATSKAP EN LEDEGELD 4.1 Alle administratiewe personeellede aan die Universiteit kan lede van die Vereniging word. Lidmaatskap is opsioneel en word verkry deur by die Sekretaris van die Vereniging daarom aansoek te doen. 4.2 Lidmaatskap van die Vereniging behels betaling van ledegeld soos van tyd tot tyd deur die Bestuur van die Vereniging bepaal. Ledegeld word aangewend vir bedryfsuitgawes van die Vereniging en vir ander uitgawes soos deur die Bestuur goedgekeur, met verslag aan die Vereniging. 4.3 Invordering van ledegeld geskied deur outomatiese maandelikse aftrekking van die betrokke lid se salaris. Magtiging hiertoe word outomaties deur die lid gegee wanneer hy/sy aansoek om lidmaatskap doen.

2 5. BEHEERSTRUKTUUR 5.1 Samestelling Die Vereniging word beheer deur 'n verkose Bestuur bestaande uit: 5.1.1 Voorsitter 5.1.2 Ondervoorsitter 5.1.3 Sekretaris 5.1.4 Tesourier 5.1.5 Vier addisionele lede, insluitend een van Bellvillepark-kampus en een van Tygerberg-kampus. 5.1.6 Die Bestuur het die reg tot koöptering van lede van die Vereniging op grond van hulle kundigheid om spesiale funksies te verrig. Gekoöpteerde lede van die Bestuur het geen stemreg tov bestuursbesluite nie. 5.1.7 Slegs lede van die Vereniging mag tot die Bestuur verkies word. 5.2 Verkiesing en termyn van Bestuur 5.2.1 Verkiesing van Bestuurslede, waar hulle termyne verstryk het, geskied tydens 'n jaarvergadering van die Vereniging. Slegs lede van die Vereniging mag tydens sodanige verkiesing stem. 5.2.2 Nominasies vir Bestuurslede moet 14 dae voor die datum van 'n verkiesing deur die Sekretaris aangevra word en moet skriftelik by hom/haar ingedien word. Nominasies moet deur 'n ander lid van die Vereniging gesekondeer en skriftelik deur die genomineerde aanvaar wees. 5.2.3 Stemming geskied dmv geslote stembriewe en geen lid sal daarop geregtig wees om vir meer persone te stem as die maksimum getal wat nodig is om die betrokke vakatures te vul nie. 5.2.4 Stemming word beslis met 'n meerderheid van stemme van lede wat teenwoordig is en stem. 5.2.5 Die Voorsitter, Ondervoorsitter en Sekretaris word verkies vir 'n termyn van twee jaar en ander lede vir 'n termyn van een jaar. Hierdie termyne neem 'n aanvang op die eerste van die maand wat volg op die maand waarin die verkiesing plaasgevind het. 5.2.6 Bestuurslede mag hulleself na die verstryking van hulle termyne herkiesbaar stel. 5.2.7 Indien 'n Bestuurslid sy/haar portefeulje ontruim voordat sy/haar termyn verstryk het, word 'n waarnemende bestuurslid deur die Bestuur aangewys en

3 dien so 'n waarnemende lid tot die eersvolgende jaarvergadering waar 'n verkiesing dan plaasvind. So 'n waarnemende lid het stemreg. 5.2.8 Bestuurslede wat vir twee vergaderings sonder verskoning afwesig is, sal outomaties hul sitting op die Bestuur verloor. 5.3 Funksies en bevoegdhede Die Bestuur sal verantwoordelik wees vir: 5.3.1 Nastreef en uitvoering van die doelstellings van die Vereniging. 5.3.2 Beheer en bestuur van die Vereniging se finansies. 5.3.3 Jaarlikse rapportering aan die Vereniging van die aktiwiteite deur die jaar onderneem en van die besteding van Verenigingsgelde. 5.3.4 Die vul van vakatures op die Bestuur tussen jaarvergaderings. 5.3.5 Die aanwys van 'n Dagbestuur bestaande uit drie lede van die Bestuur vir die hantering van roetinesake en van sake van spoedeisende belang. 5.4 Werkwyse 5.4.1 Die Bestuur vergader minstens een maal per semester en soos omstandighede dit genoodsaak. 5.4.2 Die kworum vir 'n vergadering is twee-derdes van die lede. 5.4.3 Besluite word geneem dmv 'n meerderheid van stemme van lede wat teenwoordig is en stem. In die geval van 'n staking van stemme, het die Voorsitter 'n beslissende stem. 5.4.4 Notules van besluite word gehou en by 'n volgende vergadering goedgekeur. 6. VERGADERINGS EN PROSEDURES VAN DIE VERENIGING 6.1 Algemene jaarvergaderings Die Vereniging hou minstens een algemene jaarvergadering per jaar. 6.2 Buitengewone vergaderings 6.2.1 Die Voorsitter kan te eniger tyd uit eie beweging 'n buitengewone vergadering van die Vereniging belê, en moet op skriftelike versoek van minstens een derde van die lede van die Vereniging so 'n vergadering belê. Die doel van so 'n vergadering moet duidelik in die versoek uiteengesit word.

4 6.2.2 Geen ander sake as dié waarvan kennis gegee is, word op die vergadering behandel nie. 6.3 Voorsitter op vergaderings 6.3.1 In die afwesigheid van die Voorsitter, tree die Ondervoorsitter in sy/haar plek as voorsitter op. 6.3.2 Indien nòg die Voorsitter nòg die Ondervoorsitter by 'n vergadering as voorsitter kan optree, wys die Bestuur 'n voorsitter vir daardie betrokke vergadering aan. 6.4 Kworum en prosedure 6.4.1 Die kworum vir 'n vergadering is twintig lede. 'n Register van bywoning word van elke vergadering gehou. 6.4.2 Kennis van 'n algemene jaarvergadering sal minstens een maand voor die datum van die vergadering gegee word en kennis van onderwerpe vir bespreking moet binne een week daarna skriftelik by die Sekretaris ingedien word. 6.4.3 Die Sekretaris van die Vereniging sal minstens vyf werksdae voor 'n algemene jaarvergadering en drie werksdae voor 'n buitengewone vergadering die lede van die Vereniging skriftelik in kennis stel van die tyd en plek waarop so 'n vergadering gehou word en van alle sake wat aan die vergadering voorgelê sal word. Elektroniese kommunikasie word ook as skriftelike kommunikasie beskou. 6.4.4 Sake van dringende aard kan op 'n algemene jaarvergadering sonder vooraf kennisgewing oorweeg word, slegs met die toestemming van 'n meerderheid van die aanwesige lede. 6.4.5 Die notule van enige vorige vergadering(s) word vir goedkeuring aan die vergadering voorgelê. 6.4.6 Besluite word op die vergadering geneem per geslote stembriewe of, indien die Voorsitter dit so reël, dmv stemming per hand. 6.4.7 Alle sake word beslis met 'n meerderheid van die stemme van die lede wat aanwesig is en stem. 6.4.8 In die geval van 'n staking van stemme, het die Voorsitter 'n beslissende stem. 6.4.9 Alle voorstelle en voorgestelde amendemente daarop moet skriftelik aangebied en gesekondeer word. 6.4.10 Die beslissing van die Voorsitter oor enige punt van orde of prosedure is finaal.

5 6.4.11 Alle besluite van 'n jaarvergadering is bindend op alle lede van die Vereniging. 7. FINANSIES 7.1 Die Tesourier hou volledig boek van alle inkomste en uitgawes van die Vereniging. 7.2 Die Bestuur lewer aan elke algemene jaarvergadering verslag van die finansiële stand van die Vereniging dmv opgesomde state wat aan die vergadering voorgelê word. Lede van die Vereniging kan egter deurentyd insae in die volledige state wat deur die Tesourier gehou word, verkry. 7.3 Die jaarvergadering wys jaarliks 'n ere-ouditeur aan vir die ouditering van die Vereniging se boeke. 7.4 Geen betalings van meer as 'n bepaalde bedrag, soos jaarliks deur die Bestuur bepaal, mag sonder die goedkeuring van die Bestuur gemaak word nie. 7.5 Die Voorsitter of Ondervoorsitter en die Tesourier moet enige onttrekkings bo die bedrag soos in par 7.4 hierbo gespesifiseer uit die rekening van die Vereniging skriftelik magtig. 7.6 Onderworpe aan bekragtiging deur die jaarvergadering word die Bestuur gemagtig om die geld van die Vereniging na goeddunke te bestuur. 8. VERANDERING VAN REGLEMENT 8.1 Enige verandering van die reglement geskied deur die oorweging deur die jaarvergadering op aanbeveling van die Bestuur van skriftelike voorstelle in hierdie verband. 8.2 Besluite rakende wysiging van die reglement moet deur 'n meerderheid van twee derdes van die lede wat by 'n jaarvergadering aanwesig is en stem, aangeneem word. 6 April 2004 LB\c:\Adm Personeelvereniging\Reglement APV 2004