SAALPERD NUUSBRIEF APRIL 2012 IN HIERDIE UITGAWE: UIT DIE KANTOOR NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2012 DWELM-TOETS UITSLAE 2011 PROMOSIE ARTIKELS.

Vergelijkbare documenten
VRYDAG EN SATERDAG 17 en 18 Maart 2017

HERTZOGVILLE LANDBOUFEES 2015 VRYDAG EN SATERDAG 13 EN 14 MAART 2015

31 AUGUSTUS 2 SEPTEMBER 2017

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Wrestling Federation Stoeifederasie

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2017 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

AFRIKA BRAHMAN KONGRES HALTERMAK SKOU PAKKET

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Thabazimbi Skou JULIE 17

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

Inskrywings Program Keetmanshoop Skou 2013

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

GROOTFONTEIN KUIERFEES

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

Thabazimbi. Skou. Limpopo Kampioenskappe. Nasionale Kampioenskappe

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

GROOTFONTEIN KUIERFEES

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

AUGUSTUS 2011 NASIONALE VEILING 2011

GROOTFONTEIN KUIERFEES

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

Kodes vir Afkeurredes

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

JERSEY SA. Nuusbrief. Foto verskaf deur Judy Stuart

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

Pakket spesiaal vir n matriekafskeid

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

AANSOEK OM LIDMAATSKAP

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Animato Koorkompetisie/Choir

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

REKORD- EN EINDEKSAMEN

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Internasionale Simmentaler Kampioenskappe, Vryburg 22, 23 en 24 April 2014

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

SWARTLANDSKOU MOORREESBURG SKOUPROGRAM 3 6 SEPTEMBER 2014

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Toepaslike Eenheidstandaarde

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2018 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 11. Junie Eksamen 2016 Vraestel 1

AANSOEK OM STUDIELENING

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word, tensy anders vermeld..

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

NUUSBRIEF Februarie 2016

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Willem's Rus: Voorwaardes van Verblyf

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Les 14: Entrepreneurskap

Allegretto... we are the leaders in culture... an eisteddfod with a difference... for all

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Plot 40 Posbus 249 Tel: Bon Accord Bon Accord

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JERSEY SA. Nuusbrief. Foto: Marianna Pretorius

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Transcriptie:

IN HIERDIE UITGAWE: SAALPERD UIT DIE KANTOOR NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2012 DWELM-TOETS UITSLAE 2011 NUUSBRIEF PROMOSIE ARTIKELS REëLBOEKE LIEF EN LEED BANKBESONDERHEDE APRIL 2012 ALGEMEEN CEM TOETSE POTJIEKOS SADDLE HORSE BREEDERS SOCIETY PO Box 3853 Bloemfontein 9300 Tel: (051) 4100956 daleen@studbook.co.za

UIT DIE KANTOOR Baie dankie aan al die Inskrywers van die Nasionale Kampioenskappe wat met deeglikheid en sorg die inskrywingsdokumente voltooi het. Dit maak die kantoor se werk baie makliker as alle besonderhede volledig en netjies ingevul word. OORDRAGTE VAN PERDE Dit bly die verkoper se plig om die sertifikaat van perde wat verkoop is, na die kantoor te stuur vir oordrag na die nuwe eienaar. Die verkoper bly ook verantwoordelik vir die koste van die oordrag wat tans R110 beloop, tensy ooreengekom met die koper dat hy/sy die koste sal dra. Dui asb die koper se korrekte besonderhede aan, tesame met n sel-nr sodat die kantoor die persoon kan kontak indien nodig. Dui ook aan wie die koste gaan dra daarvan. NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2012 Bloemskougronde wag in alle spanning vir die voorbereiding van die baan vir die Nasionale Kampioenskappe, en ja, daarmee saam het die reën weereens gekom. Pak u reënjasse en modder-skoene in! Ons bring weer n paar belangrike aspekte onder julle aandag vir ons 2012 Nasionale Kampioenskappe. ALGEMEEN Die voorkoms en welstand van perde is baie belangrik ten opsigte van die beeld wat ons van ons bedryf uitdra. Perde moet asb netjies in die baan ingebring word, en die beoordelaars gaan baie streng wees m.b.t. vuil en onnet toerusting. U word versoek om die vertoners te kontroleer wat onder u ingeskryf het, en om te verseker dat die skoulidmaatskapfooi wel betaal is. Indien dit n telerslid se minderjarige kind is, moet dit asb so deurgegee word aan die kantoor. Elkeen wat aan die skou deelneem se rekening by die Genootskap, en Sub-Unie fooie moet opbetaal wees voor u mag deelneem. GEEN krediet op u inskrywing sal tydens die skou gebruik kan word nie SLEGS kontant of gewaarborgde tjeks sal aanvaar word. Die van u wat die week voor die skou arriveer, word versoek om u eie toiletgeriewe (papier) saam te bring aangesien die skou eers vanaf die 24 ste April voorsiening maak daarvoor

AANMELDING Alle vertoners moet ten minste 3 minute voor die tyd aanmeld by die Versamelring Beamptes Indien die reël nie nagekom word nie sal u gediskwalifiseer word. ARENA Geen perde, motorfietse of voertuie mag op die gras in die ARENA kom voor die aanvang van die skou of buite skou-ure nie. BRANDGEVAAR U word versoek om toe te sien dat daar nie in of naby die stalle gerook word nie, ten einde brandgevaar te beperk. Elke stal moet toesien dat hy n brandblusser het vir nood. DWELMTOETSING Indien die perd moet gaan vir dwelmtoetsing, moet u onmiddellik aanmeld by die Veearts, voor Blok I - langs die opwarmingsbaan. HONDE Bloemskou het n ernstige versoek gerig dat GEEN honde tussen die stalle en op die skouterrein ingebring moet word nie, veral nie sonder halsbande nie. Die honde verhinder die werkers om die stalle en geboue skoon te maak en die DBV het n groot probleem met die honde wat los rondhardloop op die skougronde tussen die duisende mense van die publiek. Almal se samewerking sal waardeer word. HOOGTE-KLASSE Meet van hoogte-klasse sal op n steekproef-basis gedoen word. Hoogte klasse sal Maandag gemeet word en dan sal amptelike hoeflengtes aangeteken word vir uitreiking van sertifikate. Tyd sal aangekondig word. Die maatstok sal beskikbaar wees vir u kontrole. Jaaroud-vullens se beperking is 11.5cm tot op die grond, yster ingesluit. Plesierperde se beperking is 12.5cm tot bo-op die yster. KLAGTES Inskrywers en lede word versoek om die regte kanale te volg indien daar n klagte teen n mede-deelnemer, inskrywer, beampte of beoordelaar is. U word versoek om u klagtes skriftelik te rig by die skoukantoor en nie die betrokke persoon self te nader nie. U klagte sal dan deur n komitee hersien word en daar sal dienooreenkomstig opgetree word. Indien onseker oor die prosedure, kan u die skoukantoor nader. Persoonlike verskille moet nie tydens skoue in die openbaar hanteer word nie. Dit skep n groot verleentheid en doen die bedryf skade aan. Sulke optrede word ten sterkste afgekeur. KLASSE n Perd mag maksimum aan 4 klasse deelneem per skou, Kampioenskapklasse ingesluit, maar handklasse uitgesluit. Indien n perd gekwalifiseer het in die ESSASA Proewe en in die Kampioen van Kampioene gaan deelneem, mag die perd aan een ekstra Ruiterkunsklas (5e klas) deelneem. Klasse 41 en 52 het te min inskrywings gehad en is die kwalifiserende A en B klasse geskrap. Die 3jaar oud 5 Gang perde skryf dus direk in vir klas 133 die Kampioenskapsklas.

OPWARMINGSBAAN /VERSAMELRING Geen voertuie mag voor, tydens of na die skou in/deur die OPWARMINGSBAAN of VERSAMELRING ry nie. Geen voertuie mag tydens die skou parkeer tussen die stalle, langs of op die paaie of op enige onwettige parkeringsarea nie. OUDERDOM Die ouderdom van n perd word op die 1ste dag van die skou bepaal. Dit is die Dinsdag 24 April, die dag waarop die Nasionale Kampioenskappe begin. Die ruiters se ouderdom word soos op 1 Januarie van die jaar waarin die skou gehou word, bepaal. REUNPERDE / GELDINGS Perde wat in Reun- en kinderklasse ingeskryf is, maar wat nog nie op die stelsel gekastreer was nie, is op grond van die inskrywing gekastreer. Indien u n perd verkeerdelik in die Reun- of kinderklasse ingeskryf het, sal die geslag slegs omgekeer word nadat n veearts-verslag ingedien is en DNA bevestiging gedoen is. Die Raad sal dan steeds die omkeer van die geslag terug na n Hings moet goedkeur. Let asb. daarop dat alle Reun-perde waarvan semen gestoor word, skriftelik aan die kantoor deurgegee moet word. Indien dit nie gedoen word nie, sal u nie in die toekoms kan vullens aanmeld uit die betrokke perde nie. SKOUNOMMERS Skounommers sal R80 elk kos, waarvan R50 rand aan u terugbetaal sal word saam met die prysgelde. Die nommer moet onbeskadig terugbesorg word aan die skoukantoor voor die terugbetaling gedoen kan word. U word ook versoek om toe te sien dat die perde se korrekte skounommers in die onderskeie klasse gebruik word. Met gebruik van die rekenaarprogram kan laat-inskrywings glad nie toegelaat word nie, en u word versoek om die inskrywings vir die volgende dag se klasse teen 6uur die vorige aand af te handel. Vir Inskrywings van klasse wat na 6uur saans plaasvind, word n halfuur grasie na die laaste klas toegelaat. TROFEES Trofees moet asb skoongemaak en voor Maandag 23 April, om 12uur by die skoukantoor ingehandig word. TYDELIKE STALLE Vir die tydelike stalle moet u asb u eie kos- en waterbakke bring. Geen vertoner mag stalle gebruik wat nie aan hom toegeken is nie. Daar is vertoners wat vroeër arriveer as ander, en u word versoek om slegs u eie stalle te gebruik. Geen beddegoed mag verwyder word uit ander vertoners se stalle nie. Daar sal ekstra doppe te koop wees. Soos belowe, het die tydelike stalle almal sinkdakke opgekry. Dit behoort reeds n groot verskil te maak. Baie dankie aan Chris Bender en almal betrokke hierby.

TOEBOU VAN STALLE U is die geleentheid gebied om permanente stalle te bou by Bloemskou. Die aanbod is gebruik deur n aantal lede en die toebou van stalle het in alle erns begin. Enige belangstellendes kan na die afloop van Bloemskou met Dr George Aldrich skakel vir die toebou van stalle 082. VEEARTS Alle veearts-briewe van behandeling 21 dae voor die skou, moet by die skoukantoor ingedien word Neem asb kennis dat enige behandeling van perde deur die veearts tydens die skoutyd, slegs op n kontantbasis gedoen sal word. Geen veeartsdienste sal op rekening gedoen kan word nie. Indien daar enige uitstaande fooie na die afloop van die skou is, sal dit van die prysgelde verhaal word. Die amptelike veearts is Dr van Oostrum 082 780 5522 Die behandelende veearts is Dr Triegaardt 083 463 3204 VOERTUIE Geen voertuie sal tydens die skoutyd op die terrein langs die paaie, tussen die stalle en stalle-area toegelaat word nie. Geen voertuie mag voor, tydens of na die skou in/deur die OPWARMINGSBAAN of VERSAMELRING ry nie. Alle oortreders sal aangekla en beboet word. Motors wat ongemagtig geparkeer is se ruite sal geplak word! C-Parkerings is beskikbaar vir mense wat nie A-parkerings kon kry nie dit is binne die gronde en agter die tydelike stalle. Daar is ook D-Parkerings beskikbaar agter die kleinvee-kompleks. Alle parkeerkaartjies MOET op die bestuurder-kant geplak word teen die voorruit, en die selfoon nr en voertuig se registrasienommer MOET daarop aangebring word. VRAGBRIEF WP INSKRYWERS Wes-kaap-Inskrywers word daarop gewys dat n vragbrief per vrag/voertuig benodig gaan word vir die vervoer van die perde vanaf Bloemskou. Dus is dit n brief per vrag en nie n brief vir al die perde wat deelneem nie.

EN NOG MEER... U word daarop gewys dat die BLOEDREëL baie streng toegepas sal word. Die smeer van poeier aan bloed is ook onaanvaarbaar. Geen verstellings mag in die baan gedoen word nie - slegs herstel/regmaak van iets wat gebreek het. Indien n Top tail/switch verloor of skuif, of as die verlengstuk afval, word die perd gediskwalifiseer vir die betrokke klas. 3 Gang perde met maanhare indien Parkklasse aangebied word As daar Parkperd klasse op n skou is, mag geen perde met lang maanhare in enige ope 3-Gang klas skou nie met uitsondering van: - Die Kinderkampioenskappe en ope 3-Gang Grootkampioenskap, indien daar nie n Parkperd Grootkampioenskap is nie. - Parkperde, onder 3jr (slegs Streekskou), Novice, Plesierperd en Natural Mane & Tail. Op SA Kampioenskappe maanhare slegs toegelaat in Parkperde, Novice (opsioneel), Plesierperd en Natural Mane & Tail. Oortreding sal n diskwalifikasie wees. Die beoordelaars en baanmeester sal toesien dat stampdraf (nie post ) nie toegelaat word nie. Die vertoners sal nie weer daaroor gewaarsku word tydens n skou of n klas nie. Vertoners kan gepenaliseer en gediskwalifiseer word. Almal is betyds gewaarsku en geen ontevredenheid sal na die tyd aangehoor word nie. Geen klappers of blaastrompette mag op enige skou gebruik word nie. Misbruik van brandblussers sal ook nie toegelaat word nie. Skuldige persone kan summier van verdere deelname aan n skou verbied word, en indien n amptelike klagte ontvang word, ook beboet word. Daar moet asb helpers by die Dames-Siertuig klasse teenwoordig wees, sowel as wanneer daar groot pryse oorhandig word en die teuels gelos moet word om dit in ontvangs te neem. Beoordeling van stalle sal Maandag 23 April 2012 voor 16:00 gedoen word. Wenners sal Maandagaand by die prysuitdeling aangekondig word. POTJIEKOS U word hartlik uitgenooi om te kom deel aan ons Prysuitdelingsfunksie / Potjiekos op Maandag 23 April 2012 om die opwarmingsbaan, langs die versamelring. Sien meer besonderhede in aangehegte skrywe. PROMOSIE ARTIKELS Daar is ook dry-mac s beskikbaar vir reënweer en lekker All Weather baadjies vir die koue aande. Daar is ook verskeie ander items beskikbaar, vanaf Dinsdag 24 April 2012 in die Klubhuis. Neem asb kennis dat die restaurant en kontantkroeg reeds vanaf Vrydag 20 April 2012 in die klub-huis oop sal wees. U word aangemoedig om dit asb. te ondersteun. Wegneemetes sal ook daar beskikbaar wees. Ons doen n baie ernstige beroep op elke skouinskrywer en deelnemer om asb. getrou die skoureëls na te kom, gehoor te gee aan die inhoud van die Algemene Inligting wat saam met die inskryfvorms aan u voorsien is en om respek en dissipline tydens die skou aan die dag te lê. Daar sal met verwysing na die algehele dissipline oor die algemeen strenger opgetree word. Die beeld wat ons na die publiek uitdra, word grootliks deur julle bepaal. Baie dankie ook aan elkeen wat so getrou bydra tot die trotse beeld van ons bedryf!

DWELM-TOETS-UITSLAE 2011 Tydens die 2011 Nasionale Kampioenskappe was daar geen positiewe gevalle gewees nie en wil ons u bedank vir u samewerking in die verband. Lede mag nie vir my, of vir Lienkie of enige van die Dwelmkomitee-lede skakel om te verneem of daar op n skou dwelmtoetse gedoen word nie- (a) om die veearts te gebruik vir 'vet-check' op n perd, of (b) om n perd op sodanige skou vir 'n dwelmtoets te nomineer, of (c) vir moontlike behandeling, of (d) vir watter rede ookal. Ons mag nie en kan nie inligting oor die neem van dwelmtoetse of beskikbaarheid van n veearts bekend maak nie, en ons weet in elk geval ook nie watter dag (dae), en tyd (tye) sodanige veearts op sodanige skou die dwelm-monsters neem nie. Verder moet lede kennis neem dat die huidige fooi (vir 2011) vir nominering van n perd deur n lid, R1,200-00 bedra, en toetsing SLEGS ter sprake is waar n dwelmtoetsveearts 'aangestel' is en hy/sy op daardie tyd ook op die gronde is in voorbereiding om toetse te neem. (Hulle is nie outomaties op die rangordeskoue op die skou teenwoordig nie, tensy hulle kom om klasse te toets!) Niemand anders sal bloeipakke hê nie en ook nie volmag hê om bloed te trek nie en ook nie ingelig wees rondom die protokol en die nodige vorms hê nie! Die persoon wat dit aanvra sal die kwitansie vir sodanige inbetaling, en waarop die versoek aangedui word, (met die naam van die perd, naam van vertoner, klas nommer en vertonersnommer) so gou as moontlik na die veearts neem en wel voordat sodanige klas plaasvind, sodat die veearts die nodige monsterhouers en dokumentasie kan voorberei en ook genoeg tyd het om die gewone prosedures kan doen. Dit moet beslis nie plaasvind wanneer die klas reeds in die baan is nie. Die fooi moet apart geïdentifiseer wees en deur die skoukantoor tesame met die dwelmfooie aan die Saalperdkantoor gestuur of op die bankrekening vir die Saalperdtelersgenootskap in betaal word- maar moet apart geïdentifiseer wees.) Aubrey Voorsitter Dwelmkomitee REëLBOEKE Dit bly die verantwoordelikheid van elke inskrywer en vertoner om vertroud te wees met die reëls. Die Reëlboek is elektronies-aflaaibaar op ons webblad en dit is die AMPTELIKE stel reëls. http://www.studbook.co.za/society/saddlehorse/ Let Wel: Die ou borgetent sal hierdie jaar gedeeltelik aangewend word vir sitplek vir die Beoordelaars. Borge sal ontvang word - op uitnodiging - in die Presidentslosie. Geen vertoners of lede van die publiek sal dus in, of voor, die ou borgetent toegelaat word nie Dit is dus slegs vir amptelike gebruik.

SANESA KLASSE - STREEKSKOUE RUITERKUNS: Op Streekskoue sal kinderklasse voortaan as ope Sanesa klasse aangebied word, maar skoue kan steeds aanvullend daartoe slegs Saalperd kinderklasse aanbied 'n diskressie wat by elke subunie berus. Stap/Draf Ruiterkuns Ruiter 10 jaar en onder SANESA Saddle Seat Ruiterkuns Laerskole Vlak 1 Stap/Draf enige ras Driegang Ruiterkuns 14 jaar en onder SANESA Saddle Seat Ruiterkuns Laerskole Vlak 2 Driegang met Toets enige ras Driegang Ruiterkuns 18 jaar en onder SANESA Saddle Seat Ruiterkuns Hoërskole Vlak 1 Driegang met Toets enige ras Vyfgang Ruiterkuns 18 jaar en onder SANESA Saddle Seat Ruiterkuns Hoërskole Vlak 2 Vyfgang met Toets enige ras PERFORMANCE Plesierperd Stap/Draf 10 jaar en onder SANESA Laerskole Vlak 1 Plesierperd 10 jaar en onder Ryperd Stap/Draf 10 jaar en onder SANESA Laerskole Vlak 2 Ryperd 10 jaar en onder Plesierperd Driegang 14 jaar en onder SANESA Laerskole Vlak 3 Plesierperd Driegang Ryperd Driegang 14 jaar en onder SANESA Laerskole Vlak 4 Ryperd Driegang Dieselfde as hierbo word ook vir die 18 jaar en onder klasse gedoen as SANESA Hoërskool klasse. LIEF EN LEED Dit is met groot hartseer en leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van die volgende persone in die afgelope 6 maande: Adv CK van Niekerk Mev Cecily Norden Wim Bester se Vader Hannes Spangenberg Kokkie Spangenberg Kokkie se familie wil graag u almal bedank wat hulle bygestaan en ondersteun het. NUWE LEDE Graag wil ons die volgende nuwe telerslede verwelkom: Mev A Dercksen Stellenbosch Mnr JA Meyer Armino stoet Grahamstad Mnr IJJ Lange Lange Saalperdstoet Upington MJ & A van der Westhuizen Upington Mev EG Viviers Upington DeWet Human - Bfn MJ & A v/d Westhuizen - Upington Willene van Rooyen - P.E.

CEM toetse op hingste Registrateur van Veeverbetering U word herinner dat dit wetgewing is dat alle hingste getoets moet word vir CEM (Contagious Equine Metritis). Dit is tot voordeel van die bedryf om die toetse te doen. Geen vullens sal geregistreer kan word uit merries wat gedek is na 30 Augustus 2011, tensy die hings negatief getoets is vir CEM nie. n Sertifikaat word uitgereik wat bevestig dat die hings positief of negatief getoets het, en dit moet ingedien word by die Genootskap saam met die geboortekennisgewing en dekkingsertifikaat. Vir meer inligting hieroor kan u na ons webblad gaan kyk onder URGENT by: http://www.studbook.co.za/society/saddlehorse/ BANKBESONDERHEDE Hier volg ons bankbesonderhede indien benodig word enige borggelde is ook nog welkom! (Borgskap per klas: R3000 + BTW) SAALPERDTELERSGENOOTSKAP STANDARD BANK TAK: 055034 REK NR: 04 107 9914 BLUE RIBBON POTJIEKOSKOMPETIESE Die Blue Ribbon Potjiekoskompetisie sal gehou word in die opwarmingsarea langs die versamelring. Staanplekke, waar deelnemers gazebos mag opslaan, sal uitgesit word met n tydelike verhoog onder n tentafdak aan die bo-kant daarvan. Inskrywingsgeld beloop R200,00 (Twee Honderd Rand) per potjie ingeskryf (nie per persoon nie), en deelnemers kan enige tipe pot in enige variasie maak. *** Inskrywings, registrasie en toekenning van staanplekke sal Maandagmiddag 23 April 2012 om 12h00 gedoen word by die opwarmingsarena, met potjies wat gereed moet wees vir beoordeling teen 18h30. Elke deelnemer is verantwoordelik vir sy eie toerusting (potjies ens.) en verskaffing van eie kos, en ander verversings, vir die aand uit hul potjies. Die organiseerders sal omsien na die beoordelaars, beamptes en eregaste. Daar sal musiek verskaf word, sowel as kontantkroegfasiliteite en self n wyn-proe! Deelnemers moet egter toesien dat hul staanplekke ontruim, skoongemaak en gazebos afgeslaan is teen nie later nie as 08h00 Dinsdagoggend, sodat met die normale skouprogram voortgegaan kan word. Hieronder volg n kort program om die verloop van Maandagmiddag/aand te verduidelik. 16:30 AFRICA SADDLE HORSE FUTURITY STALLION AUCTION / AFRIKA SAALPERD FUTURITY HINGSVEILING 18:00 AFRICA FUTURITY WEANLING AUCTION / AFRIKA FUTURITY SPEENOUDVEILING 18:30 POTJIEKOS - BEOORDELING / JUDGING 19:00 AWARDS / PRYSUITDELING *ESASSA FINAL 12 - TO BE ANNOUNCED / *ESASSA FINAAL 12 - SAL AANGEKONDIG WORD *CHAMPION OF CHAMPION FINAL 8 - TO BE ANNOUNCED / *KAMPIOEN VAN KAMPIOENE FINAAL 8 - SAL AANGEKONDIG WORD FRANCOIS DERCKSEN RASBEVORDERING 082 555 1701

Ons Borge Baie dankie aan al ons borge wat dit moontlik maak om so n groot sukses van die Nasionale Kampioenskappe te maak! Sonder u bydrae sou dit nie moontlik gewees het nie. AFRICAN BRICK AFRICA AIR BAINS GAME LODGE BAFANA PETROLEUM BKB BEPERK BLUCHER MELLET BOOGER BONSMARAS BOSMANKOP BONSMARAS BUSHVELD GAME CAPTURE CAPE CHAMONIX WINE & SPRINGWATER (PTY) LTD CAXTON MAGAZINES / FARMERS WEEKLY CHARLIE BOLTON CHRIS HELLINGER CRYSTAL ANVIL STALLE DE BOSCH STABLES DEUGAS LOOCK BOERDERY DRIES DU PREEZ (SAVUTI WILDLIFE) DRIES VENTER EDDIE FABER EQUIFEEDS ESSASA GIELIE VISSER GRAEME FALCK GRIEKWA SUBUNIE HEYMANS KOLE HAROLD POIL STABLES IAN BARRIE ITEC JAN HENDRIK HANEKOM JIREH STABLES JUHANTHA STALLE JUNIOR SMITH KAPSTADT INTERNATIONAL KAMDEBOO STALLE KIPPIE LOUW KLOPPERS BFN LUCI NOUWENS MARIUS VAN ROOYEN MARTIN PIENAAR MSD ANIMAL HEALTH MUTUAL & FEDERAL NEWLINE STUD NOBLE EQUESTRIAN STABLES NOORDELIKE SUBUNIE OCKERT BOTHA OFS PANELBEATERS OOSTELIKE SUB UNIE PAUL S BITS & TACK PETRA KLEEFISH PROUD PLANTS RUST EN VREDE WYNKELDERS PROF SWANEVELDER SA TRUCK BODIES SAASU SHOW ME STABLES SONJA HELLINGER STATIONARY WORLD AND PAPER SA SUMMERLANE PETROLEUM TJ LOCHNER TOIT LOTTER TOKKAS VAN HEERDEN (IMPONDO) TOTUS WINES TRACY GREEFF TRU-CAPE UKUQALA ENERGY CENTRE VAN LOVEREN WYNE VIKING MEUBELVERVOER VOLVO VRYSTAAT SUB UNIE WEMER LOGISTICS W P SUB UNIE WIM VAN BERGEN WINKELHAAK PETROLEUM VERSPREIDERS WINKELHAAK OLIE VERSPREIDERS 911 ENERGY DRINK