HUISHOUDELIKE REëLS HERSIEN JANUARIE 2012/2

Vergelijkbare documenten
HUISHOUDELIKE REëLS 11/03/2010

ROOIBOSKLOOF LANDGOED. HUISEIENAARSVERENIGING GEDRAGSREëLS

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

AANHANGSEL F TOT DIE GRONDWET VAN DIE. Eienaarsvereniging van. Caves Aftree-Oord. GEDRAGSREëLS

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

INTERNE REëLS : KAREEPARK AFREE-OORD : 10 FEBRUARIE 2015

PROTEA AFTREE-OORD HEUWELSIG. GEDRAGSREËLS [Artikel 35 (2) (b) van die Wet op Deeltitels, 1986]

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

MUNISIPALITEIT BEAUFORT-WES. Kennisgewing nr. 145/2005

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Willem's Rus: Voorwaardes van Verblyf

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

GRONDWET VAN LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING. 1.1 Die naam van hierdie Vereniging is LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING.

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

TERME EN VOORWAARDES

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

GEDRAGSREëLS HARTENSEE DEELTITEL WOONSTELLE

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

Huurkontrak (vir woon - huisvesting vanaf 1 Januarie 2015 en die einddatum 30 November 2015)

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

KONTANT BESTUUR BELEID

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

HUURKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

- ADMINISTRASIE EN FINANSIES -

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

DIE HOEWES HUISREëLS - Konsep

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

Les 14: Entrepreneurskap

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOED

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

HOOFSTUK 9 Regspleging

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

Eerste jaarvergadering en konstitusie

Huishoudelike GoedereAfdeling

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

Pre-Graad R / Graad R

Les Plan Twee. Habitats

GEDRAGSREËLS VIR DIE BEHEER EN BESTUUR VAN DIE OOG AFTREE-LANDGOED

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

BTW. Werkstukke vir Hoofstuk 4 - DEEL 3

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Transcriptie:

HUISHOUDELIKE REëLS HERSIEN JANUARIE 2012/2

2 1. INLEIDING 1.1 Hierdie huishoudelike reëls is uitgevaardig deur die Direksie van die maatskappy Nelspruit Bateleur Adult Lifestyle Estate ( n Vereniging ingelyf kragtens Artikel 21), en sal van krag bly totdat dit mettertyd deur die Uitvoerende Komitee (UK) van die Bateleur Landgoed Huiseienaarsvereniging gewysig word. 1.2 Die UK sal bestaan uit die Ontwikkelaars totdat die ontwikkeling voltooi is, en wanneer die Ontwikkelaar die ontwikkeling as voltooi bestempel sal die eienaars die Uitvoerende Komiteee op n Algemene Jaarvergadering verkies. 1.3 Die primêre doel van hierdie reëls en regulasies is om die sekuriteit, estetika en omgewing te bewaar en te bevorder en toe te sien dat daar aan die behoeftes van inwoners voldoen word en optredes gereguleer word ten einde alle inwoners in harmonie met mekaar te laat saamwoon. 1.4 Die geregistreerde eienaars van alle wooneenhede en deeltiteleenhede is lede van die Huiseienaarsvereniging. Die Beheerliggaam van die deeltiteleenhede is geregtig om reëls in hul spesifieke skema s daar te stel, met die voorbehoud dat dit intern uitvoerbaar sal wees en nie meer regte of vergunnings sal skep as wat hierin vervat is nie. 1.5 Die geregistreerde eienaars van die eiendomme in die Landgoed is daarvoor verantwoordelik om te verseker dat lede van hulle families, hul huurders, besoekers, vriende en werknemers by die reëls hou. 1.6 Die besluit van die Uitvoerende Komitee is finaal en bindend ten opsigte van die interpretasie van hierdie reëls. 1.7 Hierdie reëls mag deur n besluit van die lede van die Uitvoerende Komitee aangevul, gewysig of herroep word. 1.8 Enige sodanige verandering sal van krag word sodra n toepaslike besluit daaroor geneem word. 1.9 Versuim om hierdie reëls na te kom, mag lei tot regstappe en die oplê van boetes. 2 BESTUUR VAN DIE LANDGOED 2.1 Die Landgoed word bestuur deur die onderskrywers van die statute van Nelspruit Bateleur Adult Lifestyle Estate ( n Vereniging ingelyf kragtens Artikel 21) totdat die ontwikkeling voltooi is, waarna n Uitvoerende Komitee gekies sal word deur die Bateleur Landgoed Huiseienaarsvereniging en die Landgoed sal daarna deur sodanige Uitvoerende Komitee bestuur word. 2.2 Die lede van die Uitvoerende Komitee moet eienaars wees. Hulle word verkies by die Algemene Jaarvergadering nadat hulle genomineer is deur mede-eienaars. 2.3 Die UK sal die Vereniging op dieselfde wyse as n Bestuursliggaam ingevolge die Wet op Deeltitels 95 van 1986 bedryf en derhalwe omsien na die gemeenskaplike eiendom en oop ruimtes. Die UK is verantwoordelik vir die instandhouding van die buitekant van alle geboue as gevolg van redelike slytasie en gebruik (ingesluit voltitel en deeltiteleenhede). Die Beheerliggaam van die deeltiteleenhede sal huiseienaarsversekering uitneem en in stand hou ten aansien van alle deeltitel strukture, en die kostes van instandhouding en die versekerings-premies sal gefinansier word deur heffings.

3 2.4 Elke fase of gebied wat deur die UK as n nodus verklaar is, sal n bestuurskomitee verkies wat die gemeenskaplike belange van die nodus sal behartig en sodanige komitee sal ses maandeliks met die UK vergader ten einde enige belange van die nodus met die UK te bespreek. Die UK kan sekere besluitnemingsbevoegdhede ten opsigte van n bepaalde nodus aan die komitee delegeer wat kan insluit sekuriteit, beleid oor troeteldiere, aanbouings, tuine en algemene voorkoms van geboue. 3. KOMITEES 3.1 Die Uitvoerende Komitee sal maandeliks vergader en funksioneer as n komitee met subkomitees. 3.2 Die voorgestelde portefeuljes van die komitees is soos volg: Voorsitter Sosiaal Finansies Sorgsentrum Eetsaal Vervoer Welsyn Landskap en Tuine Instandhouding Aanbouings Sekuriteit Sport en Ontspanning Gemeenskapsfasiliteit 4. LANDGOEDBESTUURDER 4.1 Die Landgoed sal n Bestuurder aanstel. Hy sal sy take uitvoer in samewerking met die sub-komitees. 4.2 Alle korrespondensie sal deur die Landgoedbestuurder behartig word en alle briewe moet dus aan die Bestuurder gerig word en moet by die kantoor van die Landgoed ingehandig word. Enige klagtes, probleme, voorstelle, vergunnings, ens. sal deur hom verwerk word en sal, indien nodig, eers met die Uitvoerende Komitee bespreek word. 5. ADMINISTRASIE 5.1 Die kantoor van die Landgoed sal beman word deur n Administratiewe Beampte en is oop vir inwoners op weeksdae gedurende die tye soos op die kantoordeur aangedui word. 5.2 Rente sal op alle agterstallige rekenings gehef word teen prima koers plus 2% per jaar, soos van tyd tot tyd deur ABSA Bank gehef. 5.3 Die Uitvoerende Komitee sal daarop geregtig wees om alle regskostes wat aangegaan is, op n skaal van prokureur en kliënt te verhaal.

4 5.4 Die Uitvoerende Komitee behou die reg om oortreders te beboet wanneer enige van die reëls soos wat van tyd tot tyd gestipuleer, verbreek of oortree word. Sulke boetes vorm deel van die heffing en sal op dieselfde betalingsdatum as die heffing verskuldig en betaalbaar wees. 6. GEDRAGSREëLS 6.1 Strate Alle paaie in die Landgoed is private paaie en is onderhewig aan die reëls wat toegepas word deur die Uitvoerende Komitee van die Huiseienaarsvereniging. 6.1.1 Die snelheidsperk is 30 kilometer per uur regdeur die Landgoed. 6.1.2 Huiseienaars is daarvoor verantwoordelik om toe te sien dat al die besoekende kinders en gaste bewus gemaak word van die gevare verbonde aan die gebruik van die strate en moet verantwoordelikheid neem vir die veiligheid van kinders en besoekers. 6.1.3 Voertuie, gholfkarretjies en motorfietse word slegs toegelaat om in die strate van die Landgoed te ry, en parke, sypaadjies en groen gebiede is buite perke. Geen vierwielaangedrewe motorfietse word in die Landgoed toegelaat nie. Besoekers en eienaars wat met motorfietse pendel, moet die kortste roete tussen die hek en hul eenheid volg. 6.1.4 Slegs persone met geldige bestuurslisensies mag enige voertuie in die Landgoed bestuur. 6.1.5 Parkering op sypaadjies en in die strate oorkant kruisings is verbode. 6.2. Algemene Gedragsreëls 6.2.1 Geen besigheidsaktiwiteite word toegelaat en geen besigheid mag tuis bedryf word nie tensy die UK sodanige aktiwiteite goedgekeur het. 6.2.2 Stilte moet daagliks tussen 13H00-14H00 en 21H00-07H00 gehandhaaf word. 6.2.3 Die geluidsterkte van musiek of instrumente, partytjies en die aktiwiteite van huishulpe en werknemers moet op n vlak gehandhaaf word wat nie n steurnis vir die bure is nie. 6.2.4 Die instandhouding en gebruik van elektriese sae en grassnyers mag slegs tussen 8H00 en 16H00 vanaf Maandag tot Vrydag onderneem word, asook Saterdae vanaf 08h00 tot 13h00 en van 14h00 tot 16h00. 6.3 Vullisverwydering 6.3.1 Inwoners moet vullishouers in n higiëniese en droë toestand hou en moet verseker dat alle vullis goed toegedraai en vry van vloeistof is voordat dit in die houer geplaas word. Houers vir die doel van vullisverwydering moet op n plek en op die tye soos deur die UK bepaal word geplaas word.

5 6.3.2 n Inwoner mag nie rommel op die gemeenskaplike eiendom stort of gooi, of laat stort of laat gooi, of toelaat dat dit gedoen word nie. 6.4 Omgewing 6.4.1 Flora mag nie beskadig of verwyder word van enige openbare area nie. 6.4.2 Fauna mag nie gejaag, gevang, gedood of op enige ander manier beseer of verwilder word nie. 6.4.3 Diere mag nie gevoer word nie. 6.4.4 Die UK sal toesien tot die instandhouding van alle grasperke, sypaadjies en groen areas. 6.4.5 Slegs bome inheems aan die omgewing mag aangeplant word en alle plante moet onskadelik wees. 6.4.6 Inwoners se gebruik van enige oop ruimtes is ten alle tye uitsluitlik op eie risiko. 6.4.7 Alle tuingereedskap moet buite sig van mede-inwoners gestoor word. 6.4.8 Tuiniers en skoonmakers in diens van die Uitvoerende Komitee mag nie deur inwoners vir private werk gebruik of gehuur word nie. 6.4.9 Ontvlambare of enige ander gevaarlike stowwe wat n brandgevaar inhou mag nie geberg of gebruik word nie. 6.4.10 Brandslange, brandblussers en brandkrane mag slegs gebruik word vir die blus van vure en vir geen ander doel hoegenaamd nie. 6.4.11 Vuurwapens of windbukse mag nie binne die grense van die Landgoed gebruik word nie, behalwe in n noodgeval. 6.5 Troeteldiere 6.5.1 n Troeteldier mag deur inwoners van die voltitel eenhede aangehou word op voorwaarde dat die troeteldier nie n steurnis vir die naburige eienaars is nie. Geen troeteldier mag groter as 40cm gemeet vanaf sy skof wees nie. 6.5.2 Dit is die inwoners se verantwoordelikheid dat die troeteldier nie rondloop nie en binne die grense van sy erf bly. Troeteldiere moet ten alle tye sodanig gemerk wees dat die eienaar daarvan geϊdentifiseer kan word. Wanneer daar met troeteldiere gestap word, moet hulle aan n leiband wees. Katte moet n klokkie dra te alle tye. 6.5.3 Geen troeteldiere word toegelaat by die deeltiteleenhede nie. 6.5.4 Die UK kan n troeteldier beleid ten opsigte van afsonderlike nodusse uitvaardig, in ooreenstemming met die beleid wat elke nodus afsonderlik bepaal.

6 6.6 Sekuriteit 6.6.1 Sekuriteitsprotokol by die hek moet ten alle tye gehandhaaf word. Onder geen omstandighede mag inwoners of enige persoon anders as die sekuriteitspersoneel in die poortkamer toegelaat word nie. 6.6.2 Die identiteitsisteem vir permanente werkers en ander werkers moet pligsgetrou deur elke inwoner toegepas word. 6.6.3 Inwoners moet hulle telefoonnommers en adresse aan die UK voorsien om sekuriteitspersoneel in staat te stel om telefonies kontak te maak om besoekers in hul wonings toe te laat. 6.6.4 Geen eiendom mag met lemmetjiesdraad of n soortgelyke heining beveilig word nie. 6.6.5 Inwoners mag nie instruksies aan die sekuriteitspersoneel gee nie. 6.6.6 Geen besoeker sal in die Landgoed toegelaat word, tensy die persoon wat besoek word in die Landgoed is en bevestig het dat die besoeker n afspraak het nie. 6.7 Bewoning 6.7.1 Aangesien hierdie ontwikkeling bedoel is vir persone met n senior leefstyl en aftreefasiliteite daarstel, mag slegs persone ouer as 40 jaar n eenheid bewoon tensy die Bateleur Landgoed Huiseienaarsvereniging n spesiale vergunning verleen het. Sodanige vergunning kan byvoorbeeld wees ten opsigte van die Pastorie of werknemers en hul gesinne wat noodgedwonge op die Landgoed bly. 6.7.2 Slegs een bediende word toegelaat om in te woon, en moet dan in die wooneenheid slaap of in geskikte akkommodasie. Geen persoon mag in n motorhuis of in n tydelike struktuur oornag nie. 6.8 Instandhouding 6.8.1 Die UK sal toesien tot die instandhouding van die buitekant van alle geboue wat die gevolg is van redelike slytasie en verbruik. 6.8.2 Inwoners mag onder geen omstandighede aan n elektriese- of waterapparaat wat die gemeenskaplike eiendom bedien, peuter of werk nie. 6.8.3 Enige probleme met instandhouding moet in die klagteregister in die kantoor opgeteken word. Voorbeelde hiervan is lekkende krane, dakke wat lek, strukturele probleme, straatligte wat nie brand nie, ens. 6.9 Eetsaal 6.9.1 Etes word daagliks in die eetsaal bedien. Die ure sal van tyd tot tyd vasgestel word, en by voltooiing sal die UK bepaal hoeveel etes se kostes per maand van die verpligte heffings verhaal word ten einde die eetsaal lewensvatbaar te maak.

7 6.9.2 Inwoners word versoek om hulle etes n dag voor die tyd by die Administratiewe Beampte te bespreek. 6.9.3 Toegang tot die kombuis is streng verbode. 6.9.4 Die eetsaal sal gebruik word vir bybelstudie, kerkdienste, vergaderings, onthale ens. Die eetsaal is ook beskikbaar vir private funksies. Besprekings daarvoor moet by die kantoor gedoen word. 6.10. Algemeen 6.10.1 Inwoners sal verantwoordelik wees vir enige skade aan die eiendom van die oord, hetsy dit deur nalatigheid geskied of per ongeluk veroorsaak word. 6.10.2 n Spaarsleutel van die wooneenheid en veiligheidshek, indien daar is, kan tot die beskikking van die Bestuurder gestel word indien die inwoner vir n verlengde tydperk uitstedig gaan wees. Die Bestuurder sal die sleutel in veilige bewaring hou vir gebruik tydens nood situasies. 6.10.3 Daar word vereis dat elke wooneenheid oor n brandblusser moet beskik, en gemelde brandblussers moet op n gereelde basis versien word. 6.10.4 Wasgoedlyne moet toepaslik verberg word van omliggende eiendomme, gemeenskaplike grasperke, voetpaadjies en paaie af. Wasgoed moet slegs gehang word op wasgoedlyne wat vir dié doel geskep is. Wasgoed word op die uitsluitlike risiko van die eienaars daarvan opgehang. 6.10.5 Enige karavane en sleepwaentjies moet in motorhuise gestoor word en mag nie buite parkeer word nie. Fasiliteite sal deur die Ontwikkelaars geskep word waar stoorruimte vir verhuring beskikbaar sal wees. 6.10.6 Kinders wat die damme op die Landgoed besoek moet deur n volwasse persoon vergesel word te alle tye. 7. PRIVAAT OOP RUIMTES Die inwoners het tydens die ontwikkelingsfase slegs toegang tot die gemeenskaplike gebiede binne hul bepaalde nodus. Die Ontwikkelaar behou die reg van toegang ten opsigte van die restant van die grond voor vir doeleindes van die ontwikkeling in verskillende fases. 8. AANBOUINGS 8.1 Indien n persoon enige aanbouings wil aanbring sal goedgekeurde bouplanne aan die UK voorgelê moet word vir goedkeuring. Sodanige aanbouings moet inskakel by die bestaande boustyl en afronding van die Landgoed. 8.2 Geen skadu-afdakke mag deur die Eienaars opgerig word nie tensy die UK die ontwerp en voorkoms goedgekeur het. 8.3 Die UK kan hierdie funksie na die kompleks argitek delegeer vir goedkeuring.

8 9. OMHEININGS Tussen erwe sal n eienaar sy erf met baksteenmure kan afkamp. Die voorste gedeeltes van erwe mag nie afgekamp word nie. 10. KRAGVOORSIENING EN LUGVERSORGERS 10.1 Daar sal voorsiening gemaak word vir n aansluitingspunt vir n kragopwekker by die minisub wat geïnstalleer word by n bepaalde nodus. Indien die UK dit nodig ag en indien dit geïnstalleer sou word, sal die koste daarvan pro rata van die inwoners van elke nodus verhaal word. 10.2 Slegs indien die UK nie kragopwekkers daarstel nie, mag n eienaar sy persoonlike kragopwekker installeer en sal die UK goedkeuring moet verleen en die eienaar moet aan die geraasbepaling, soos deur die UK vasgestel, voldoen. 10.3 Lugversorgingseenhede moet so geplaas word dat dit nie afbreuk doen aan die estetika van die Landgoed nie en moet in oorleg met die bure gedoen word. Voorts mag dit nie oormatige geraas veroorsaak nie. 11. HUURDERS n Eienaar mag slegs n eiendom in Bateleur Landgoed uitverhuur deur gebruik te maak van die skriftelike huurooreenkoms wat opgestel is deur die UK en verkrygbaar is by die kantoor. Die skriftelike toesteming en goedkeuring van die UK moet verkry word, welke toestemming geweier kan word deur die UK tot tyd en wyl hulle tevrede is dat: 11.1 Die Huurder of enige persoon wat okkupasie neem van die eiendom die geskikte ouderdom is vir inwoners, soos vasgestel in Klousule 6.7.1 van hierdie Reëls (40 jaar en ouer); en 11.2 Die Huurder bevestig het dat hy kennis dra van die Reëls en hy hom skriftelik daartoe verbind; en 11.3 Die Huurder onderneem dat die Reëls n term van die geskrewe huurooreenkoms is, welke die Verhuurder in staat stel om die huurooreenkoms by die nie-nakoming van die Reëls te kanselleer.