PHILIPPUS JOHANNES FOURIE N.O lste Appellant

Vergelijkbare documenten
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

ANNA HENDRINA MYBURGH

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK. CORAM: RABIE, HR, JANSEN, JOUBERT, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING}

Saaknommer: 311/84 WHN. PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley)

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA UITSPRAAK PIETER BERNARDUS VAN ROOYEN NO RORICH WOLMARANS & LÜDERITZ ING

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

Pragtige Koningin Ester

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder )

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

God eer Josef die slaaf

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Jesaja sien die Toekoms

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

n Tempel Leier besoek Jesus

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Deur Christus Alleen

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005

Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen. BAREND OOR Eerste Appellant

Diagnostiek, die Sleutel tot Voorkomende Kuddegesondheid KONTRAK

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

TERME EN VOORWAARDES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Fontein van die lewe. Liturgie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SPESIALE INTERIM HS 21 & 22 HSAG NUUSBRIEF: NOVEMBER 2018

EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI. E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. UITSPRAAK

Goeie Konings, Slegte Konings

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

HARMONY GOLD MINING COMPANY BPK. CORAM: MUSI, CJ, R et MURRAY, H, Wnd R. [1] Die Appellant appèlleer teen die geheel van die uitspraak van

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Welkom by Die Storie God se storie

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

UITSPRAAKOPHERSIENING

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Transcriptie:

85 Saaknommer: 148/84 WHN PHILIPPUS JOHANNES FOURIE N.O lste Appellant JACOBUS STEENKAMP 2e Appellant en STADSRAAD VAN POTGIETERSRUS Respondent JOUBERT, AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPÊLAFDELING In die saak tussen: PHILIPPUS JOHANNES FOURIE N.O lste Appellant JACOBUS STEENKAMP 2e Appellant en STADSRAAD VAN POTGIETERSRUS Respondent Coram : JOUBERT, TRENGOVE et HOEXTER ARR, Verhoor : 2 September 1985 Gelewer: 16 September 1985 U I T S P R A A K JOUBERT AR: /Die...

2 Die respondent (die "Stadsraad" ) het in die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n aksie teen die appellante as verweerders ingestel vir die betaling van huurgeld ten bedrae van R9 726-45 plus moratore rente en koste. Die eerste appellant is die eksekuteur van wyle Philippus Johannes Fourie ( " Fourie") wat oorlede is voor= dat die aksie ingestel is. Ek sal na die tweede appellant as "Steenkamp" verwys. Die eis is gebaseer op 'n skrif te= like huurkontrak wat die Stadsraad as verhuurder op 25 Maart 1977 met Fourie en Steenkamp as huurders ten aan= sien van kampe 1,2 en 5 teen huurgeld van R3 496-40 per jaar gesluit het. Die huurtermyn het op 1 April 1977 /'n...

teeneis 1984 voor in geskil het 1. 2. SPOELSTRA teen SPOELSTRA Vonnis die taal Eieser tussen die bepalings is R die vir Stadsraad is op neem, R geregtig die eiser te partye. van neem. volgende was teruggetrek. in Reël op die die Die betaling bevel bedrag /3. 34(1) verweerders Rente uitgereik: geregtelik van wat Op R5 10 R5 ingevolge het 390-00. Januarie 395-00 inbe= hul 3 'n aanvang geneem vir 'n periode van 5 jaar. Die partye het volgens die voorverhoor-notule, gedateer 2 5 Oktober 1983, ooreengekom dat die totale pro rata huurgeld vir kamp 5 die bedrag van R5 395-00 vir die volle huurtermyn beloop. Toe die verhoor op 27 Oktober 1983 'n aanvang

4 3. Rente teen die koers van 11% per jaar op die bedrag van R9 726-45 vanaf 3 November 1980 tot datum van inbetaling en daarna op die bedrag van R5 395-00 tot datum van betaling. 4. Koste van geding. Met verlof van SPOELSTRA R kom die verweerders as appellante in hoër beroep na hierdie Hof teen paragrawe 2,3 en 4 van sy bevel asook teen die geheel van sy uitspraak Klousule 3 van die skriftelike huurkontrak bepaal dat die verhuur voetstoots geskied. Volgens klousule 6 word die kampe verhuur "vir doeleindes van beweiding en die bewerking van lande ten opsigte van kamp nr. 1-----". In terme van klousule 12 /het...

5 het die huurders onderneem om op die kampe sekere grensdrade aan te bring maar die redelike koste daaraan verbonde kon die huurders van die huurgeld aftrek aan= gesien die opgerigte grensdrade die eiendom van die Stadsraad by die verstryking van die huurtermyn sou bly. Die partye het die redelike koste vir die oprigting van die grensdrade in ag geneem by die be= rekening van die bedrag van R5 395-00. Met die oog op die aard en strekking van die tersaaklike korréspondensie tussen die partye asook van die getuienis wat in die verhoorhof afgelê is, is dit wenslik om te wys op die huurders se verweer /soos...

dit en veroorsaak eet. Die die teenwoordigheid dood van 'n dier /gemelde van wat... 6 soos gepleit in hul Verweerskrif. Die relevante gedeelte van paragraaf 1 van hul Verweerskrif lees soos volg: "(iii) Verweerders beweer verder dat dit 'n stilswyende bepaling en ook 'n ge= impliseerde bepaling van die skrifte= like huurkontrak was, dat Eiser niks sou doen of toelaat dat dit gedoen word op Eiser se eiendom, waardeur Verweer= ders se benutting van die verhuurde eien= dom vir doeleindes van beweiding, belem= (iv) mer of onmoontlik gemaak sou word nie; Strydig met gemelde bepaling van die huurkontrak en ter verbreking daarvan, het Eiser veroorsaak en/of toegelaat 'dat plastieksakke vanaf Eiser se vullis= hoop neffensliggend aan 'n gedeelte van die verhuurde eiendom, naamlik Kamp nr. 5, op gemelde kamp waai; (v) Die plastieksakke word deur vee gevreet

7 gemelde plastieksakke belemmer dus die benutting van gemelde kamp vir weidingdoeleindes en maak gemelde kamp nutteloos en onbruikbaar vir weidingsdoeleindes. (vi) As gevolg van Eiser se kontrakbreuk voormeld het Eiser gebrekkig presteer en kon Verweerders gemelde kamp glad nie benut nie. Verweerders is gevolg= lik nie verplig om die ooreengekome huurgeld aan Eiser te betaal nie en Eiser is gevolglik slegs op 'n verminder= de kontrakprys geregtig." Die relevante gedeelte van die Nadere Besonderhede tot paragraaf 1 van die Verweerskrif lees soos volg: - - - Eiser was te alle relevante tye in beheer van en/of verantwoordelik vir die vullis stortingsterrein vermeld. Eiser het te alle relevante tye vullis, wat insluit plastieksakke, gestort, alterna= tiewelik toegelaat dat sodanige vullis /gestort

benadering regter op nie 'n nodig breër dat gevind het die grondslag Dit hy partye blyk om soos op uit as se volg hul die advokate betoë geformuleer: pleitstukke. uitspraak in betoë te van gaan aangevoer die Hy nie. het verhoor= het dit Sy 8 gestort word op gemelde vullishoop. Eiser het nagelaat om behoorlik beheer uit te oefen ten opsigte van die betrokke vullis= hoop deurdat Eiser in gebreke gebly het om die terrein effektief te omhein en/of 'n werknemer, alternatiewelik voldoende werk= nemers daar te plaas om toesig te hou en/of die vullis te verbrand, te bedek of te vernietig en/of te verhoed dat kinders die vullisbondels uitmekaar trek en/of te verhoed dat die plastieksakke op die gehuurde terrein gewaai word soos déur Verweerders beweer."

9 "Dit kom my voor dat daar 'n eenvoudige grondslag is waarop die saak beslis kan Hierdie regsbeginsel waarop die verhoorregter gesteun word. Hierdie grondslag berus op die het, feit dat die verweerders voordat hulle kan gebaseer word op die fundamentele beginsel die kontrak onderteken het daarvan bewus was, na 'n inspeksie van die betrokke kamp, van die Romeins-Hollandse reg dat alle kontrakte deur dat daar 'n probleem bestaan met betrekking tot plastiek wat van die ashoop af op die grond waai. Ondanks kennis /bona van... daardie die 723." van kontrak daardie tig 693 sluit 1919 feit beginsel beslissings op AD en het aan vermindering wat omstandighede Orsmond 191, verweerders te die gaan. blyk, Larkin huur v soos Van na van Sanders besluit my Waar Heerden huur, Jacobs huurgeld oordeel, hierdie 'n is v huurder om hy Chaperon 1929 1930 die kamp nie. duidelik T huur= onder gereg= P in= Hier= D

10 bona fides beheer word. Raadpleeg Wessels, Law of Contract, 2e druk, band 1 para. 1976, 1996, Tuckers Land & Development Corporation (Pty) Ltd v Hovis, 1980 (1) SA 645 (A) op bl. 652 A, Mutual & Federal Insurance Co Ltd v Oudshoorn Municipality, 1985(1) SA 419 (A) op bl 433 A. Die volgende blyk egter uit die uitspraak van die verhoorregter met betrekking tot die huurders se aansoek om verlof om te appelleer na hierdie Hof, nl. "Die beslissing waarop ek my uitspraak gegrond het, was nie deur die advokate betoog voor uitspraak oorweeg is nie." Dit is baie jammer dat die verhoorregter nie die voordeel van betoë hieroor gehad het nie. Die verhoorregter /het...

11 het ongelukkig ook nie die getuienis voldoende ontleed nie. Ek sal aantoon dat daar in die onderhawige geval nie 'n feitebasis is wat die toepassing die verhoorregter se benadering ondersteun nie. Dit was gemene saak dat die Stadsraad tenders gevra het vir die huur van sy kampe. Fourie het ge= tender vir kampe 1, 2 en 5. Volgens die onbetwiste getuienis van Steenkamp het hy en Fourie, voordat laas= genoemde namens hulle getender het, kamp 5 binnegeloop om dit te inspekteer. Hulle het toe bemerk dat daar 'n stortingsterrein vir vullis op munisipale grond aan= grensend aan die suidelike grens van kamp 5 geleë is wat laasgenoemde met plastieksakke besoedel deurdat /die...

12 die wind die plastieksakke oor die grensdraad na kamp 5 waai. Daar was geweldige besoedeling in die on= middellike omtrek van die stortingsterrein wat al verder daarvandaan verminder het maar dit het bykans oor die hele oppervlakte van kamp 5 gestrek. As bees= boer was hy bewus daarvan dat dit noodlottig vir 'n bees kon wees om plastiek te vreet. Die probleem was om dit betyds te diagnoseer nadat dit gevreet is en dan sou die koste van 'n veearts om die bees te red meer as helfte van die bees se waarde beloop. Die oggend van 25 Maart 1977 voordat die huurkontrak onderteken is, het hy en Fourie kamp 5 in geselskap van Hendricks, /'n...

13 'n beampte van die Stadsraad, geïnspekteer. Daar was geen verandering in die mate van besoedeling sedert die vorige inspeksie deur Fourie en hom nie. In sy hoofgetuienis wat nie weerlê is nie, het Steenkamp soos volg getuig: "Met die deurgaan van kamp 5 het die asgat ter sprake gekom en daar is aan mnr Hendricks die besoedeling met plastieksakke uitgewys. Ek het dan ook in die loop van die gesprek aan hom gevra of die munisipali= teit steeds gebruik gaan maak van die asgat en of kan ons die hekke sluit. Mnr Hendricks het aan ons genoem dat die munisipaliteit steeds die asgat gaan gebruik en dat die munisipaliteit sou toesien dat behoorlike beheer uitgeoefen sou word - - - ". Sy houding ten opsigte van die besoedeling het hy soos volg uitgedruk : / " So

14 "So u in u subjektiewe posisie het dit nie as 'n onoorkomenlike probleem gesien nie? - - - Nee, as daar behoorlike beheer uitgeoefen is het ek geen beswaar gehad nie." In kruisondervraging is aan hom gestel dat hy op daardie stadium geweet het dat die stortingsterrein se asgate van vullis deur een Swartman beheer word. Sy antwoord hierop was soos volg: "Nee. Ek het geen kennis gedra van die bestaande beheermaatreëls op daardie stadium nie. Ek het slegs aangedring dat voordat ons kontrak sluit dat daar 'n onderneming gegee word dat hierdie asgate behoorlik sal beheer word deur die munisipaliteit." Hy en Fourie het toe die huurkontrak gaan onderteken. /Geen...

15 Geen dergelike onderneming deur die Stadsraad is in die huurkontrak opgeneem nie. Die huurders het daarna die grenslyne gespan wat hulle in die huurkontrak onderneem het om op te rig. Ek wil hier tussen hakies daarop wys dat die grenslyn van kamp 5 wat hulle aldus opgerig het nie die grensdraad tussen die stortingsterrein en kamp 5 is nie. Die huurders het ook gepoog om met span arbeiders kamp 5 van plastieksakke skoon te maak maar dit was 'n futiele taak. Die besoedeling het onverpoos voortgeduur sodat die huurders nooit kamp 5 vir beweiding kon gebruik nie. Steenkamp het Fourie afgevaardig om namens hulle die probleem van besoedeling /met...

16 met die Stadsraad op te neem. Die verhoorhof het bevind dat Fourie dit nie werklik uitgevoer het nie. 1979 was 'n baie droë jaar sodat weiding skaars en moeilik bekombaar was. Steenkamp het met Botha, 'n beampte van die Stadsraad, in verbinding getree oor die probleem van besoedeling. Op 19 Julie 1979 het Steenkamp en Fourie 'n brief aan die Stadsraad gerig wat soos volg lees: "Geagte meneer HUUR VAN DORPSKAMPE VIR WEIDING Sedert 1 April 1977 Word die weikampe nrs. 1, 2 & 5 van die Raad deur mnr. Phil Fourie en myself gehuur. Ons het die nodige omheining gespan en benut sedertdien kampe nrs.1 en 2. Ons is baie tevrede met die bystand en direkte hulp wat ons van die Raad en sy personeel ontvang het, en /wil...

17 wil derhalwe hiermee ons innige waardering uitspreek. Die weiding in kamp 5 kon egter nog nooit benut word sedert die aan= vang van die kontrak nie en dit is hieroor dat ons graag u mening vra. Ons het die kamp toegespan wat etlike honderde rande gekos het. self te beskerm, Ons moes ten einde ons die drade teen die plotte herstel en in sekere gevalle tot drie nuwe drade span. Ons het 'n span swart arbeiders gekry en die kamp vanaf die asgate begin skoonmaak van plastiese sakke. Hierdie operasie is egter die vierde dag gestaak, toe ons merk dat daar steeds plastiese materiaal, wat vir enige dier 'n stadige hongerdood beteken, uit die asgat in die veld inwaai. Hierdie probleem is verskeie kere met die personeel in beheer, deur beide mnr. Fourie en myself bespreek. Die standpunt van die amptenare is blykbaar dat die munisi= paliteit nie verantwoordelik is vir die besmetting van die veld met afval materiaal nie. Dit is aan ons gestel dat die ver= wydering van die vullis op tenderbasis /geskied

/J 18 geskied en dat die kontrakteur vir die verbrand van vullis ens. verantwoordelik is. Met my gesprek onlangs met u mnr. Botha het ek tot die gevolgtrekking gekom dat daar tot op datum steeds nie 'n tender aanvaar is in die verband nie. Intussen bly dit steeds onmoontlik om kamp 5 te bewei en moes ek onlangs 1600 morg weiding van mnr. A. Pretorius huur terwyl ek beskik= bare weiding het, maar as gevolg van die plastiek probleem nie kan bewei nie. Behalwe die draad wat gespan is, beloop die huurgeld net op kamp nr. 5 sedert die aan= vang van die huurkontrak reeds R2 787,52. As in gedagte gehou word dat ek weiding moet byhuur teen R3 200,00 per jaar kan u self verstaan dat ek nie onnodige beswaar maak nie. Ek het egter die volste vertroue dat my probleem u simpatieke aandag sal geniet en vertrou dat die nodige aanpassing in hierdie verband gedoen sal word. Dienswillig die uwe (Get.) J. Steenkamp

19 J. STEENKAMP (Get.) P. Fourie P. FOURIE. " Op 9 Augustus 1979 het mnr Mattheus, die stadsklerk van die Stadsraad, soos volg geantwoord: "Geagte mnr. Steenkamp HUUR VAN DORPSGRONDE: WEIKAMPE Ek verwys na u skrywe gedateer 16 Julie 1979 en deel u mee dat my Raad, weens 'n gebrek aan fondse en mannekrag, ongelukkig nie die probleme wat in weikamp nr. 5 ondervind word kon oplos deur die stortings= terrein te omhein nie. Die betrokke stortingsterrein is egter weer eens aan 'n tenderaar wat vullis wil herwin, verhuur en sodra die ooreenkoms in die ver= band finaal gesluit is, sal die huurder 'n heining om die stortingsterrein moet oprig wat moet verhoed dat papiere en plastieksakke die omliggende gebied besoedel. Dit word derhalwe voorgestel dat die aangeleent= heid agterweë gehou word tot die bovermelde /ooreenkoms...

20 ooreenkoms aaangegaan is en indien u daar= na nog probleme ondervind, is u welkom om weer die aangeleentheid met my Raad op te neem met die oog op 'n alternatiewe oplossing, Die uwe (Get.)?? C.F.B. MATTHEUS STADSKLERK." Die getuienis van Mattheus wat vir die Stadsraad getuig het, is nie van veel hulp wat die probleem van besoedeling betref nie. In kruisondervraging het hy verklaar dat die stortingsterrein indirek onder hom res= sorteer het en hy kon nie aan die verhoorhof 'n verslag gee hoe die vullis dag na dag op die stortingsterrein hanteer is nie. /Na...

21 Na my mening het die verhoorregter tereg op die getuienis die volgende bevinding gemaak: "Dit was ook nie ernstig deur eiser aangevoer of bewys dat eerste verweerder se beskrywing van die besoedeling oordrewe is nie. Ook het eiser nie probeer aantoon dat die wyse waarop die stortingsterrein beheer en ad= ministreer was daarop ingestel of daarop gerig was om besoedeling van aangrensende gronde soos kamp 5 te voorkom of te beperk nie. Die toedrag van sake wat by die aanvang van die huurkontrak bestaan het is toegelaat om voort te duur." Hierdie bevinding is nie deur die Stadsraad in hierdie Hof bevraagteken nie. Na my mening blyk uit die aanvaarbare getuienis as 'n geheel o.a. die volgende: /1. Voordat...

22 1. Voordat die huurders die huurkontrak onderteken het, was hulle bewus daarvan dat kamp 5 se weiding be= soedel word deur plastieksakke wat noodlottige ge= volge kon hê vir beeste wat dit vreet. 2. Voordat die huurders die huurkontrak onderteken het, was hulle bewus daarvan dat die stortingsterrein van die die Stadsraad die bron van besoedeling van kamp 5 se weiding deur plastieksakke was en dat hierdie stortings= terrein geleë is op aangrensende grond van die Stadsraad wat die stortingsterrein beheer en administreer. 3. Voordat die huurders die huurkontrak onderteken het, het hulle bona fide geglo en vertrou dat die Stadsraad sou toesien dat die stortingsterrein behoorlik beheer /sou...

23 sou word om die besoedeling te bekamp. Waar die toestand van besoedeling egter onverpoos voortgeduur het nadat die huurkontrak aangegaan is, het die huurders dan ook in hul brief, gedateer 16 Julie 1979, die probleem wat besoedeling skep pertinent onder die aandag van die Stadsraad vir 'n oplossing daarvan gebring. Weliswaar is hierdie brief in 'n vriendskaplike toon geskryf en nie in die trant van 'n eisbrief of dreigbrief nie maar sy strekking is baie duidelik om die aandag van die Stadsraad op die probleem van besoedeling van kamp 5 se weiding te vestig ten einde iets daaromtrent te doen sodat dit bekamp kan word /Na...

24 Na my mening is dit duidelik uit die voorgaande dat vermelde feite nie in die onderhawige geval die "eenvoudige grondslag" kon vorm vir die regs= beginsel aan die hand waarvan die verhoorregter die saak beslis het nie. Die huurders was wel bewus van die besoedeling toe hulle die huurkontrak onderteken het maar hulle het hul nooit daarby berus dat die besoedeling onverpoos moes voortduur nie. Hulle het ook nooit afstand gedoen van hul reg om teenoor die Stadsraad daarop aan te dring om die besoedeling te bekamp nie. In die onderhawige geval kan die Stadsraad homself ook nie met welslae op die feit dat klousule 3 van die huurkontrak 'n voetstoots-bepaling bevat, beroep /nie....

25 nie. Die bron van die besoedeling is nie op kamp 5 geleë nie. Dit is nie 'n gebrek van die verhuurde saak per se nie. Die bron van die besoedeling is op die stortingsterrein d.w.s. dit is geleë op grond van die Stadsraad wat aan kamp 5 grens en met behulp van die wind kamp 5 met plastieksakke besoedel. Ons het hier met 'n eksterne steurnis van die gebruik van kamp 5 vir beweiding te doen, As verhuurder was die Stadsraad volgens die gemene reg verplig om gedurende die huurtermyn die ongesteurde gebruik (commodus usus) van kamp 5 aan die huurders te verleen vir die doel waarvoor dit volgens klousule 6 van die huurkontrak verhuur is nl. "vir /doeleindes...

26 doeleindes van beweiding". Raadpleeg de Groot 3.19.12; Voet 19.2.14, Kersteman, Hollandsch Rechtsgeleert Woordenboek s.v. Huur; Van der Linden 1.15.12, Van der Keessel ad Gr. 3.19.12; Brunneman ad D19.2.15.1; Pothier, Traité du Contrat de Louage 5 s 75,106,286 en Poynton v Cran, 1910 AD 205 per INNES R. op bl. 221: "Now, the Roman Dutch law (differing in this respect from the law of England) imposes upon every lessor the duty of placing and maintaining the leased premises in a condition reasonably fit for the purpose for which they are let (Van der Linden, 1.15.12; Grotius, 3.19.12; Pothier, Contrat de Louage s.106 etc). The principle is that the tenant is entitled to the due use of the thi.ng which he has leased, and he cannot en joy that use /unless

27 unless the property is delivered and maintained in a state of repair which is reasonable under the circum= stances." Die huurkontrak het nie hierdie gemeen= regtelike verpligting van die Stadsraad as verhuurder beperk of uitgesluit nie. In die lig van die voor= gaande is dit duidelik dat die Stadsraad as verhuurder hierdie gemeenregtelike verpligting nie teenoor die huurders nagekom het nie aangesien kamp 5 gedurende die hele huurtermyn glad nie vir beweiding gebruik kon word nie deurdat die Stadsraad op sy aangrensende grond nie behoorlike beheer en administrasie oor die stortingsterrein uitgeoefen het nie. Dit /was

28 was steeds die Stadsraad se verantwoordelikheid om die besoedeling te bekamp maar die Stadsraad wou dit nie doen nie omdat dit nie geld daaraan wou spandeer nie, soos blyk uit die eerste paragraaf van die brief, gedateer 9 Augustus 1979. Die bewyslas rus op die Stadsraad as verhuurder om aan te toon dat hy ongesteurde gebruik van kamp 5 vir beweiding aan die huurders verskaf het Die Stadsraad het hom nie van hierdie bewyslas gekwyt nie soos uit die voorgaande blyk. Dit volg dat die appèl met koste slaag. /Paragrawe...

29 Paragrawe 2,3 en 4 van die hof a quo se bevel word vervang deur die volgende bevel: 2: Absolusie van die instansie word met koste verleen ten aansien van eiser se eis. " C. P. JOUBERT AR, TRENGOVE AR ) HOEXTER AR) Stem saam,