Indringer in feetjieland Lensopening f2.8; Sluiterspoed 1/160 sekonde; Fokale lengte 100 mm

Vergelijkbare documenten
fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie

fotografienuus As jy mooi kyk, sou jy dit opgemerk het. Daar is reeds bome met geel herfsblare. Towerlantern Fotografie maart maart

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

FAKTORE EN VEELVOUDE

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Les 14: Entrepreneurskap

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Foto-redigering vir sun.ac.za

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1 Waar ek vandaan kom

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Deur Christus Alleen

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Jesaja sien die Toekoms

Pretoria- 14 Augustus 2011

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Pragtige Koningin Ester

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

DRIEHOEK VAN LIG. Kamera Knapie sê. Dis Maklik!!

TWEEDE KWARTAAL Tema 4: Vervoermiddels Week 1

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

AFRIKAANS EAT GRAAD 11

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Toestemming word gegee om die dokument af te druk en te reproduseer vir die doel om die Ester aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Transcriptie:

fotografienuus januarie 2018 Indringer in feetjieland Lensopening f2.8; Sluiterspoed 1/160 sekonde; Fokale lengte 100 mm Ons staan aan die begin van 2018. Seënwense vir hierdie jaar en mag jy elke dag die seën van die Here ondervind. Mag jou lewe net vrede en vreugde wees. Mag jou fotografie van krag tot krag gaan en mag jy elke oomblik daarvan geniet. Saam met hierdie nuwejaarswens neem ons aan dat daar allerlei fotografie-voornemens aan jou kant is. Van ons kant wil ons help en ons noem n paar sake wat in die loop van die jaar gaan gebeur en wat jou kan help met jou voornemens. Ons beplan om DV onder andere aandag te gee aan die volgende: Eerstevlak-kursusse elke kwartaal Tweedevlak-kursusse elke semester n Foto-uitstalling in die tweede semester Korter of langer uitstappies Lees in hierdie uitgawe nog meer oor die betowering in foto s, veral toegepas op stillewefoto s, en maak gebruik van die riglyne wat ons gee. Hoe presies is jy in jou daaglikse werk? Of dit nou wiskunde of musiek is, jy sal saamstem dat presisie belangrik is. Moet dus nie ons artikel oor presisie laat verby gaan nie.

Voorbladfoto In die vorige uitgawe van Fotografienuus het ons daaroor gepraat dat n fotograaf altyd die onverwagse moet verwag. En ons het n paar foto s gewys en daaroor gesels. Die voorbladfoto van hierdie uitgawe, Indringer in feetjieland, is nog so n onverwagse foto. Die bedoeling was nie om indringers te vang nie, maar skielik was dit net daar met spinnerak en al. En met hierdie treffende titel is die hoop dat dit n trefferfoto is. Die tegniese besonderhede van die foto word gegee. Let verder ook op na die volgende: Die spindrade in die foto is nie oral skerp nie weens die baie vlak velddiepte (lensopening f2.8) en die agtergrond bestaan uit kwashale wat verder bydra tot die betowering-karakter van die foto. Volgende kursusse Op enige tydstip is ons by Towerlantern met minstens twee van die volgende vier fotografiekursusse aan die gang: n Eerstevlakkursus in Potchefstroom. Die volgende eerstevlak-fotografiekursus begin reeds op 10 Januarie en duur tot 6 Februarie. Daar word tipies vier sulke kursusse per jaar aangebied, een per kwartaal. n Gevorderdevlakkursus in Potchefstroom. Die volgende een begin op 14 Februarie en duur tot 7 November. Daar word tipies twee sulke kursusse per jaar aangebied, een per semester. n Aanlyn-eerstevlakkursus. Dié kursus is deurlopend, en kan op enige tydstip begin word. Sodra die inskrywingsgeld betaal is en die registrasie gedoen is, begin die kursus. n Aanlyn-gevorderdevlakkursus. Ook dié kursus is deurlopend, wat beteken dat sodra die inskrywingsgeld betaal is en die registrasie gedoen is, die kursus begin. Die studente van die eerstevlakkursus kan met die gevorderde kursus aangaan. Die aanlynkursusse het die voordeel dat dit wêreldwyd aangebied word. In hierdie tyd waar Afrikaans oral uitgewerk word (met die Universiteit van die Vrystaat die jongste voorbeeld) is dit lekker om te weet dat hierdie kursusse in Afrikaans beskikbaar is, van Argentinië tot Ysland, by wyse van spreke.

Riglyne: Stillewe met betowering Ons beplan om elke maand n stel riglyne te gee vir die fotografering van een of ander foto-onderwerp. Die bedoeling is om die kamera-instellings resepmatig te gee om jou sodoende te help om op dreef te kom. Ons gesels hierdie maand oor stillewes met betowering. Ons sal die begrip stillewe redelik wyd verstaan. Dit kan n opgestelde stillewe wees of n gevinde toneel. Met gevinde toneel word bedoel dat dit n toneel is wat reeds reg staan en as t ware net wag om afgeneem te word, soos die voorbladfoto. Kry dus n toneel met betowering reg. Lees hiervoor weer die riglyne wat in die Desember-uitgawe van Fotografienuus gegee is. Aanvaar nou:: die foto-toneel is reeds opgestel die kamera is op n driepoot en daar is n redelike komposisie en fokussering gedoen. Volg dan hierdie voorskrifte: Tipe lens: Maak self n keuse. n Makrolens kan handig wees. Portret-/Landskapformaat: Kies die formaat volgens behoefte. ISO: Hou die ISO-waarde laag. Verhoog dit slegs as dit nodig is. Witbalans: Maak seker van die eksterne beligting en eksperimenteer deurgaans met spesiale effekte in gedagte. Keuse van fokuspunt: Moenie vergeet dat jy met stillewefotografie besig is nie. Kies dus n geskikte fokuspunt of -omgewing. In die geval van betowering kan jy besluit dat jy wel net enkele punte in fokus wil hê. Lensopening: Tipies is die velddiepte klein; gebruik dus n groot lensopening. Sluiterspoed: Gebruik soos altyd die liniaal vir die korrekte beligting. Fyn fokussering: Moet weereens nie vergeet dat jy met nabyfotografie besig is nie. Fokusseer dus reg en op die regte plek. Ons hoop jy kom reg. Jy is welkom om enige tyd te bel en navraag te doen. Ons sluit af met die volgende: Om betowering in foto s weer te gee, het jy self betowering (in die vorm van inspirasie) nodig. Dit kom nie noodwendig maklik en vanself nie. Een manier is om in oefening te kom, en dalk is jy gelukkig om n foto soos die meegaande te kry. Nog n manier om op hierdie pad te kom en te bly is om na kunswerke met betowering te kyk. Besoek dus ook onder andere kunsfotograwe se webblaaie. Die foto s van Sue Bryan (http://www.suebryanphotography.com/) is die moeite werd om te bestudeer (hoewel nie alle foto s stillewes is nie).

Presisi... Presisie... Presiesi... Presiesie Ons beklemtoon altyd skerpte in foto s. En almal stem saam dat dit n belangrike fotografiese saak is. Daar is natuurlik nog baie ander sake by die neem van foto s wat ook belangrik is. Die punt wat ons wil maak is dat as jy goeie foto s wil neem, dan moet daar noukeurigheid en presisie wees in wat jy met jou kamera doen. Almal sal ook saamstem dat daar veel meer dinge in die lewe is waar noukeurigheid belangrik is. In Wiskunde byvoorbeeld is daar n groot verskil tussen x 2 en x 3, of tussen spoed en snelheid. En elkeen sal uit sy/haar eie werksterrein talle voorbeelde kan aanhaal. Die punt wat ons wil maak is dat as jy goeie werk wil verrig, dan moet jy noukeurig wees in wat jy met jou werk doen. Jy sal ook saamstem: As jy met jou motor ry, gebruik jy die koppelaar só dat die kar nie rukkerig wegtrek nie. Ook stop jy by n stop; jy ry nie oor n rooi robot nie, ensovoorts. Die punt wat ons wil maak is dat as jy gemanierd wil ry, dan moet jy noukeurig wees in wat jy met jou motor doen. Stem jy nog saam? Ons hoop so: Ons hou daarvan om n fotografiekurses by te woon. Dis altyd intresant. Ek hou lings as ek met my moter na n klas toe ry. En ek vra onverskoning as ek huidiglik nie n klas kan bywoon nie. Ek sal die verskooning baie wardeur. Teen hierdie tyd snap jy sekerlik die punt; en hopelik stem jy nog saam: Ons streef daarna om presies te wees in fotografie, en ook nog in baie ander sake, maar as dit by ons taal kom, dan is die noukeurigheid daarmee heen! Die punt wat ons met hierdie refrein wil maak is dat as jy jou taal wil praat, dan moet jy ook noukeurig wees in hoe jy dit skryf. As ons met hierdie opmerking maar net een persoon kan motiveer om moeite te doen om korrek te spel, dan het ons al een persoon vir ons taal gewen. Vir taalpret en -plesier kan jy die Beter Afrikaans-app aflaai op jou selfoon. Painting with a lens Die kuns van goeie fotografie is dat jy nie net n foto van die werklikheid neem nie maar dat jy dit eerder skep; en ook dat jy ook gevoel in die prent plaas. Dink maar aan wat n skilder doen die geskepte toneel is selde die presiese werklikheid, dit is veel eerder iets van die skilder self. Doen dit met jou foto s en kyk watter hoogtes jy bereik. Ons het voorheen gesels oor die boek Painting with a lens van Rod & Robin Deutschmann. Die voorblad hierby is n treffende voorbeeld van hoe jy met jou kamera kan skilder. En hier is nie agterna-verwerking gedoen om dit so te kry nie.

Januarie se foto-uitdaging Ons foto-uitdaging vir Desember het geen foto opgelewer nie. Ons begryp dat van ons lesers op vakansie is of gegaan het, of dat daar dalk nie so ver af in die teks gelees is nie, of dat die jaar bloot net sy tol geëis het. Ons herhaal dieselfde uitdaging dus vir Januarie. Hier is dan die foto-uitdaging vir Januarie, en dit kan jou n prys van R300 in die sak bring. Die beoordelaars soek na die beste foto wat betowering uitbeeld. Die foto moet in die vorm van n miniatuur toneeltjie wees en dit moet geneem wees gedurende die tydperk 1 Desember 2017 tot 31 Januarie 2018. Lees weer die wenke wat in die vorige maand se Fotografienuus gegee is. facebook se basiese bedoeling, en ook die oorspronklike rede waarom dit tot stand gekom het, is om opvoedkundig van aard te wees. En dit geld in die besonder ook vir Towerlantern se Facebook-blad. Die Facebook is dus allermins n kletsblad en ons noem hierdie saak, want daar is baie mense wat juis om dié rede n onliefde vir Facebook het. Maak asseblief dus maats met Towerlantern Facebook en kyk na die verskillende foto s en sake. Ons sê Towerlantern se Facebook is opvoedkundig van aard. Daarmee word nie bedoel dat dit leeragtig (pedanties as jy wil) of voorskriftelik wil wees nie. Dit bedoel wel om vol allerlei interessante en leersame dinge te wees. Ons het weekliks 5 rubrieke volgens die onderstaande patroon: Maandae: Foto s van ons fotovriende Dinsdae: Kunsfotografie Woensdae: Kamera- en fotowenke Donderdae: Uit die verlede Vrydae: Op internet gesien Die temas by hierdie rubriekindeling spreek vir hulself en behoort duidelik te wees. Dit is ook dieselfde as wat dit die afgelope maande was. Geniet dit, deel dit, en lewer gerus kommentaar. Jou bydrae sal altyd welkom wees. As jy jou kamera by die huis vergeet het, of die batterye is pap... Haal jou selfoon uit! Meeste moderne selfone het allerlei funksies - speel vooraf daarmee rond!

Op internet gesien Een van ons weeklikse Facebook-rubrieke is Op internet gesien. Miskien is dit juis nie jou sterkte om op internet rond te swerf nie. Laat dit dan aan n jonger persoon oor om dit vir jou te doen, in hierdie geval Fransa Vorster, een van die administrateurs van Towerlantern se Facebook en ook die versorger van Fotografienuus. Die soekenjin Bing, het elke dag n treffende agtergrondfoto. Blaai gerus daardeur by https://www.bing.com/ en verlustig jou in die interessante foto s. n Onlangse foto is geneem deur Per-Gunnar Ostby van makaakape in Japan se Jigokudani Aappark. Wonder jy hoe foto s van stillewe-items geneem moet word sodat daar net n witheid in die agtergrond is? Het jy al gesukkel om so iets reg te kry? Moenie moedeloos word nie die internet sal jou wys hoe. Die idee is om n ligboks te bou. So n ligboks kan gebruik word om items af te neem, maar met n eenvormige agtergrond sodat dit dan vir produkfotografie gebruik kan word. Kyk gerus by https://www.photoblog.com/learn/20-photography-hacks-will-get-amazing-results/ en ook nog vir ander fotografie-aktiwiteite en idees! Redakteur: Johan de Klerk Bladuitleg: Fransa Vorster van Colourcode Designs