SAAMBRINGLYSIE: WAPADRAND GGA/N 24-26 AUGUSTUS 2018 ALGEMENE KAMPBENODIGDHEDE: Slaapsak en kussing Spandrag / gemaklike dra-klere vir Vrydag / Saterdag Aktiewe Voortrekkerdrag vir Sondag Sweetpak en warm klere vir die aand Gemaklike skoene Sonbrandmiddel en hoed (BAIE BELANGRIK!) Reënjas Eie eetgerei Toiletware Flits Bybel Sakgeld: Daar gaan 'n snoepie wees Kampstoele vir Verkenners en volwassenes (nie te groot nie dit gaan rondgedra moet word) Leë roomysbak handig asb in met registrasie Volwassenes wat saam kamp moet asb sorg vir hulle eie tente / karavane.
KURSUSBENODIGDHEDE Graad R e Bordesakkie Pennesakkie met sker, gom en inkleurpotlode Waterbottel Rugsakkie om alles in te pak Junior Kok Per kind (in n GEMERKTE papierboks): Voorskoot Vadoeke: Afdroog- en waslappie Leë, skoon kondensmelkblikkie Bordesakkie met bord, mes, vurk, teelepeltjie en beker Klein bakkie om eier in te klits Servetring (kan tuisgemaak wees gebruik eie inisiatief) Rasper Blikoopmaker A4 plakkaat (collage) met die volgende daarop: o Elektriese ketel (indien moontlik waar ingeprop in muur) o Elektriese stoof o Verskillende soorte messe wat in die kombuis gebruik word o Rasper o Blikoopmaker o Kaas, snytjie brood, gedekte tafel vir ontbyt Per span: Gasbraaier met skottel Eierspaan Tafel (vir spanlede om by te werk) NB: Een volwassene vir elke 5 Junior Kokke wat ingeskryf word asseblief. Taalpret Bring 'n ou tydskrif, skêr, gom, skryfgoed en inkleurpotlode saam. Onthou ook jou bordesakkie! Groot Trek Per lid, duidelik gemerk asb: Pennesakkie met skêr, kleurpotlode, gom en pen Rugsakkie/Sak om alles in te bêre Kombers/e om op te sit Papier bord
Spoorkennis Potlood/pen Boekie vir notas Ou klere Hoed en sonbrandroom NB Boeresport Geen. Seremonies Formele Voortrekkerdrag Gr. 6/7 Graadwielboek. Ken die basiese bevele wat in Gr. 6/7 Graadwielboek behandel word. Nutsman Per span alles in n gereedskapskas en gemerk: Kantsnyer ( side cutter ) Tang Kabel/mat mes Skroewedraaiers: 1x klein platpunt, 1x medium platpunt en 1x medium sterpunt 1 ou koerant Soldeerbout Krapper (putty knife) ongeveer 30mm breed Per kind: Notaboek Pen Voetslaner Hierdie spesialisasie is slegs vir Verkenners. Jy moet gemaklik 15-20km met n vol rugsak in n dag kan stap. 1. Staprusgsak Groot genoeg om al jou goed vir die naweek in te sit. Sien foto s onder aan brief. 2. Slaapsak 3. Stapmatrassie 4. Stapstewels of gemaklike tekkies (Skoene moet alreeds ingeloop wees). Sien foto s onder aan brief. 5. Beker 6. Messe, Vurke en Borde (Verkieslik plastiek messe en vurke, papierborde). Daar is nie opwasgeriewe nie. 7. Reënjas (poncho werk goed) 8. Warm baadjie 9. Hoed 10. Klere vir Saterdag. 11. Iets warms om Vrydag en Saterdag in te slaap. 12. Sonblok
13. Tandeborsel, tandepasta, wet wipes, deodorant 14. Swartsakke x2 15. Waterbottels Genoeg om 3L water saam te dra 16. Poeier aanmaak koeldrank, bv. Game. 17. Hoë-energie peuselhappies. Bring waarvan jy hou. Genoeg vir Saterdag tussen etes en Sondag oggend na ontbyt. Die volgende werk goed: Neute & gedroogte vurgte Biltong Suiglekkers Wine gums Energie stafies 18. Persoonlike medisyne 19. Opsioneel as jy het: Stapstofie & gas Stappotte en -panne
Fotografie Digitale kamera (verkieslik SLR met n manual verstelling) met sagteware en kabels vir die aflaai van fotos Ekstra batterye / laaiers Driepoot as jy het Gemaklike skoene en warm klere vir stap vir nagfoto s Notaboek en pen Gekleurde liggies / flitse Glow sticks (4 verskillende kleure indien moontlik, maar kan onderling uitruil ook) USB-stokkie 3 Ballonne Naald Skootrekenaar (indien beskikbaar, sal veilig toegesluit word) Sterrekunde Geen. Elektronika Bring saam as jy het (moenie spesiaal gaan koop nie): Klein langbektang Klein kantsnyer Soldeerbout (met klein of skerp punt) Soldeersuiger Multimeter Verfbal Ou klere ( browns of n ou denim) Ou, toe skoene (tekkies) Waterbottel Pet (nie breërand hoed nie) R30 vir ekstra balletjies (opsioneel)