LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

Vergelijkbare documenten
LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

EKURHULENI NORTH. Die emmer met die gaatjie

Jakkals lê eendag heerlik en

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

Antonieme en sinonieme

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Hoe kies n mens n troeteldier?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Abu Ali tel sy donkies

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 NASIENRIGLYN

Nota vir die onderwyser/es:

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Afrikaans Huistaal Graad 5 12 Junie Afdeling A : Afdeling B : Afdeling C : Begripslees: Taalleer Taalleer 'n Sprokie Te koop Kortliks

Direkte en indirekte rede. Naam:

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

TAALWERK Oefeninge. Tweede Termyn Tom Newby School. Grade 7 Afrikaans 2016 Term 2 Taalwerk oefeninge

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2

Totaal: 95 NAAM: VRAAG 1: Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae in vol sinne:

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 04 Afrikaans EAT

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

LIMPOPODEPARTEMENT VANONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E.

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

Letterlike en figuurlike taalgebruik

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

FAKTORE EN VEELVOUDE

Wat gebeur hier? Vertel vir jou maat.

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Een oggend sê pappa: Kom ons gaan hou piekniek by die dam. Al die kinders roep: Ja pappa, ons hou van piekniek. Dan moet almal help, sê Pappa.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 3 AFRIKAANS HUISTAAL TOETS

Hersiening. Die aksentteken op die letter a wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

n Tempel Leier besoek Jesus

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Datum: My tone. Teken jou tone:

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8

BARRETT SE TAKSONOMIE

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

1 Waar ek vandaan kom

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip? Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Ons speelgoed. 1. Kan jy onthou waarmee jy gespeel het toe jy nog klein was? 2. Het jy dit nog? 3. Wie het dit vir jou gegee?

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Fanie en die vuilgoedblikke

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Afdeling A: Begripstoets

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur:

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Transcriptie:

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer 1. Voltooi al die vrae. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord. 3. Jy kry 5 minute om die vraestel deur te lees. Moenie gedurende hierdie tyd skryf nie. 4. Antwoorde moet op die antwoordblad geskryf word. 5. Skryf duidelik en netjies. Nommers moet dieselfde wees as op die vraestel. 6. Trek n lyn na elke vraag. 7. Spelling tel! 8. Jy moet al die vrae antwoord! Moet asseblief nie op die vraestel skryf nie! GRAAD: 6 L S W AFDELING A : LEES EN KYK Vraag 1: Begripstoets Lees die leesstuk aandagtig deur en beantwoord daarna die vrae in volsinne: Die dominee se hond Vrydagaand sit ons in die lapa en gesels so langs die vuur oor alles waaroor n mens mos langs n braaivleisvuur gesels: politiek, kerke, spoke, troeteldiere, musiek en toe hoor ek van die dominee se hond. So n paar jaar gelede kry my suster Louna n besoek van die dominee Hy weet hulle het meer as die gemiddelde hoeveelheid troeteldiere en so lê hy toe die punt van sy besoek op die tafel vir verdere nabetragting. Hy sit met n probleem: Hy gaan vir n lang ruk oorsee en hy het nou die vier honde by die huis waarna gekyk moet word. Die honde onder bespreking is toe n worshond, genaamd Mavis, en haar drie kleintjies. Mavis is te oulik en het die vriendelikste ogies. Wie kan dan nee sê? So gaan die dominee toe met n blye gevoel in die hart huis toe en Louna-hulle word die nuwe eienaars van Mavis en haar kroos. Dit is toe ook eers later die aand toe daar n doring in die pad spring: Die honde se bakke met hul kos word in die kombuis neergesit en Louna staan tevrede en kyk hoe die klein hondjies hul kos eet. Mavis sit egter net voor haar kosbak. Sy eet nie. Later eet die klein hondjies haar kos ook op en steeds roer sy nie. Louna is nie te bekommerd nie, want dalk is die hond nie baie honger nie. Die volgende oggend kry die klomp honde weer kos en weer is dit dieselfde ding. Mavis sit voor haar bak, maar probeer nie eers om te eet nie. Nou begin Louna wonder of die hond nie dalk treur oor die dominee nie. Weer eet die ander honde haar kos op. So gaan dit vir drie 1 SUMMATIEWE ASSESSERING LEERAREA: AFRIKAANS (HT) GRAAD: 6 (Me. M Otto) MODERATOR: Me. A Botha TYD: 90 minute PUNTE: 65 DATUM 16 November 2016

dae. Die hond lyk byna of sy gaan omval van die hongerte, maar eet wil sy nie. Louna probeer allerhande kos, maar niks. Later skakel sy uit moedeloosheid maar die dominee om te hoor wat hy dink kan fout wees. Kaakakaaa kakaka kkakk ug, lag die dominee nadat hy die storie gehoor het. Hy vra om verskoning omdat hy vergeet het om haar te vertel van die hond se etery. Die saak staan toe so: Aangesien die dominee altyd bid voor ete het hy en Mevrou Dominee die hond geleer om te wag totdat hulle klaar gebid het voordat sy kan eet. Jy moet amen sê voordat die hond sal eet. Kekeke hahah ug ug hugggh. Die dominee lui af terwyl Louna hoor hoe hoes-lag hy op die agtergrond. So sit sy die bakke op die grond neer en begin bid vir die ete. Na n gebed van n paar reëls sê sy amen en kyk grond toe. Mavis staan voor haar bak en lek dit uit. Die ander brakke het klaar haar kos geëet. Hmmm sy skep toe maar weer kos uit en sit dit voor Mavis neer. Weer sit die hond voor die bak en wag. Weer bid Louna. Weer mik die hond vir die kos as Louna amen sê. Weer is die bakke leeg gevreet deur die ander honde. Nou is sy sommer vies. Sy hou die bak in haar hand en bid vir die hond en haar kos. Na die amen sit sy die bak neer. Dit werk. Die hond eet. Die volgende dag is dit weer n gebid en dan na die amen eet die hond. Later begin Louna se gebed al korter raak maar dit lyk nie asof dit die hond pla hoe lank die gebed is nie. Sodra sy amen sê, dan eet die hond. Later raak sy wys. Sit die bak op die grond neer en sê net vinnig amen. Dan eet die hond. Toe was dit nooit nodig om n lang gebed op te sê nie. Net n amen was goed genoeg vir Mavis. Hierdie is n ware storie. Glo dit of nie. Vrae: 1. Wat is die titel van die storie? (1) 2. Noem 3 dinge waaroor mense graag langs n braaivleisvuur gesels. (3) 3. Wie het n paar jaar gelede besoek van die dominee ontvang? (1) 4. Wat was die dominee se probleem? (2) 5. Wat is die worshond se naam? (1) 6. Hoekom het die worshond aanvanklik nie geëet nie en net voor die kosbak gesit? (1) 7. Wat het Louna gedink was die rede dat die hond nie wou eet nie? (1) 8. Vir hoe lank het die worshond nie geëet nie? (1) 2

9. Wie het Louna later uit moedeloosheid geskakel oor die hond wat nie wou eet nie? (1) 10. Hoe het die persoon reageer toe hy die oproep ontvang oor die hond? (1) 11. Watter woord was goed genoeg vir Mavis? (1) 12. Is hierdie n ware verhaal? (1) Totaal Vraag 1 : [15] Vraag 2: Poësie Lees die volgende gedig en beantwoord die vrae: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14. 15. 16. 17. 18. 19. 20. Die spook Een aand, net na ete, begin oom Fanie met sy streke. Al het Mammie dit verbied, weet hy dat ons spookstories die meeste geniet. Daar onder by die watersloot is ou Moos mos een nag dood. Hy was ryk en vet en groot; die mense sê: hy s in die water gestoot! Daarom spook dit daar.. Moos soek na sy moordenaar! Later loop ek allenig deur die gang. Skielik vat iets aan my wang. n Rilling trek deur my lyf en my ledemate skrik stok-, stokstyf. Nou krul dit stadig om my keel en begin oor my wang te streel en streel Ek klap en skree en gryp en gil Toe bly ek ewe skielik stil Verslae staan ek met n haarsliert in my hand. Dit was die spokerige kalant! (Uit: Oe-la-la deur Bernie Visser) 2.1 Kies die korrekte antwoord: Die spreker in die gedig is ( n seun / n meisie / n grootmens.) (1) 2.2 Waarom wil Mammie nie hê oom Fanie moet spookstories vertel nie? (1) 3

2.3 Wanneer het oom Fanie met sy streke begin? (2) 2.4.1 In watter reëls word die spookstorie vertel? (1) 2.4.2 Watter leestekens sê dit vir ons? (1) 2.5 Sê in jou eie woorde hoe die persoon voel nadat sy die storie gehoor het. (reëls 12 18) (2) 2.6 Stokstyf is n intensiewe vorm dit sê dat die verteller se ledemate baie styf was. Wat is die intensiewe vorm van: oud (1) 2.7 Wie is die skrywer van die gedig? (1) Totaal Vraag 2 [10] Totaal Afdeling A : [25] AFDELING B: VISUELE TEKS Bestudeer die volgende strokiesprent en beantwoord die vrae wat daarop volg: 3.1 Wie dink jy is die man in die eerste prentjie? (1) 3.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies: 3.2.1 Die ruimte waarin hierdie storie afspeel is (in die klas / by die huis / in sy kamer). (1) 3.2.2 Die woord SUKKEL in die titel sê vir ons dat die kinders in hierdie skool (baie goed presteer / nie te goed presteer nie). (1) 3.3 Hoekom lyk die man so kwaai? (1) 3.4 Wat beteken dit om n vak te druip? (2) 3.5 Dink jy die seun hou van Wiskunde? Verduidelik hoekom jy so dink. (2) 3.6 Wat dink jy sal die gevolg wees indien hierdie seun aanhou met die houding wat hy tans inneem teenoor die vak? (2) Totaal Afdeling B : [10] 4

AFDELING C: TAALSTRUKTUUR EN KONVENSIE 4.1 Gebruik die voegwoord tussen hakies om een saamgestelde sin te maak: Baie versigtig het hulle ingestap. Hulle het op die vloer gaan sit. (en) (2) 4.2 Gee die korrekte vorm van die deelwoorde tussen hakies: a. Louna bid met n (klop) hart voordat die honde eet. (1) b. Hulle loop saggies tot by die (toemaak) deur. (1) 4.3 Soek die korrekte sinonieme in die storie vir die volgende woorde: a. poog (1) b. amper (1) 4.4 Brei die volgende enkelvoudige sin uit deur byvoeglike naamwoorde te gebruik: Mavis kyk na die kosbak. (2) 4.5 Skryf twee selfstandige naamwoorde (eiename) uit die storie neer. (2) 4.6 Voeg n bywoord in die onderstaande sin om dit meer interessant te maak: Mavis staan voor haar bak en lek dit uit. (2) 4.7 Skryf die sin oor in die direkte rede: Louna sê dat amen goed genoeg was vir Mavis. (2) 4.8 Skryf die volgende sin oor in die ontkennende vorm: Die dominee het gehoes-lag toe Louna hom van die hond vertel. (2) 4.9 Vul die gepaste voorsetsels in die volgende sin in: Die dominee vertrek motor na die lughawe en vliegtuig oorsee. (2) 4.10 Skryf die volgende sin oor en vul die regte leestekens in: agge nee mavis wil nog steeds nie eet nie (2) 4.11 Soek die antonieme in die storie vir die volgende woorde: a. altyd (1) b. dom (1) 4.12 Skryf die intensiewe vorm neer van die volgende woorde uit die leesstuk: a. nodig (1) b. leeg (1) 5

4.13 Voltooi die volgende vergelykings: a. Mavis was later so honger soos en so skraal soos, maar van eet wou sy niks weet nie. (2) b. Louna was so geduldig soos. (1) 4.14 Skryf die volgende sin oor en onderstreep die onderwerp in die sin met rooi en die voorwerp met blou: Die dominee hoes-lag vir Louna. (2) 4.15 Skryf die volgende sin oor en onderstreep die gesegde(s) in die sin: Sy hou die bak in die hand en bid vir die hond. (1) Totaal Afdeling C : [30] TOTAAL : 65 6