Inhoudsopgawe. Voorwoord n Verhaal van dood maar verál van Lewe Die sekerheid van Lewe Om vas te staan... 27

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Inhoudsopgawe. Voorwoord n Verhaal van dood maar verál van Lewe Die sekerheid van Lewe Om vas te staan... 27"

Transcriptie

1 Inhoudsopgawe Voorwoord n Verhaal van dood maar verál van Lewe Die sekerheid van Lewe Om vas te staan Gryp my tog, Here! Toemaar, dit is Ek Nét God skenk die Lig Hy moet méér word Moenie dat dit jou ontstel nie. Vertrou My net Om hemel toe te skakel n Christen se andersheid Brief aan n kind wat oorgestap het As blydskap en hartseer susters word Meer as dekade verloop... 99

2 Voorwoord Die dood werk met elkeen anders. Maar God werk in sekere opsig eenders met almal wat glo. As jy sy hulp vra, kry jy dit. Sonder voorwaardes. Jy hoef maar net n sprankie geloof te hê wat floutjies uitreik na jou Vader. Dan versterk Hy dit. Want God verstaan jou smart. Hierdie boek gaan bloot oor hoe ons as gesin die dood van ons kind en broer beleef. Ander mense kan die dood van n geliefde dalk anders ervaar. Maar ons wil graag, en kán beslis, getuig van God se almag, sy diepe meelewing, sy volmaakte liefde wat ons elke dag omsluit. Ook dit kan ons slegs doen omdat Hy ons daartoe in staat stel. Daarom wil ons van harte sê: Maar God wat die neerslagtiges opbeur, het ons ook opgebeur ~ 2 Korintiërs 7:6 En die belangrikste ontdekking op ons reis deur smart is dat God se vrede áltyd daar is vir dié wat Hom soek: Ek sal julle rus gee. ~ Matteus 11:28 ~ Helene de Kock 11

3 ~ Elegie vir n seun ~ Maar in Christus is daar nie afstand nie, ook nie afwesigheid nie. Niemand is ver nie, niemand kan nader wees as wat Hy reeds is nie. Daar is nie tyd of ruimte nie, gister, vandag of môre nie. Alles en almal is in Hom vir altyd bymekaar, in die hegste verbondenheid. ~ MARYNA SWARTS ~ n Geliefde niggie ( ) Hierdie liggaam wat ons nou het, gaan agteruit en is op pad na die dood toe. Die nuwe liggaam wat ons gaan kry, sal nie agteruitgaan nie en sal ook nooit doodgaan nie. Wanneer dit alles gebeur, sal dit presies wees soos die Skrif gesê het dit gaan wees: Die dood het nie meer enige krag of invloed nie. God het al die krag as oorwinnaar. Daar is net mooi niks oor van die dood se mag nie. Sal die dood ons nog kan seermaak? Nee, vir seker nie. ~ DIE APOSTEL PAULUS in 1 Korintiërs 15:53-55, Die Boodskap Waar is die dood? Soek dit in Christus, dit is nie meer nie; maar dit was daar en het daar gesterf. O lewe, Dood van die dood! Hou goeie moed, dit sal ook in ons sterf. ~ DIE KERKVADER AUGUSTINUS

4 n Verhaal van dood maar verál van Lewe Die jong man trek sy baadjie aan en druk sy das reg. n Deftige liggeel das by die wit hemp en donker pak. Sy dagboek is vol afsprake op hierdie Woensdag 23 Junie Die twee jong hondjies spring uitgelate teen hom op toe hy by die deur uitkom. Hy glimlag vir sy vrou, groet haar. Sy is vir hom pragtig met haar blou oë en ligte vel. Jy is vir my baie mooi, sê hy. Sy glimlag en tel die kleinste hondjie op, druk die syige swart pels teen haar wang vas. Hy het die diertjie n paar dae gelede vir haar gekoop omdat hy jammerhartig is. Die hondjie se ma is doodgery, het die man wat diertjies by die vlooimark verkoop, gesê. Die jong man glimlag en verkyk hom aan sy vrou. Die hondjie volg haar uit die staanspoor soos n woelige klein skadu. Engeltjie, noem sy die brakkie. Mooi bly, groet hy. Ek bel jou nou-nou. Ek sal jou eerste bel, lag sy. Dis n ou en speelse afspraak tussen hulle. As hulle enigsins kan, bel hulle mekaar deur die loop van n dag. Sommer net. Omdat liefde lekker is. Omdat hulle so fyn ingestel is op mekaar. Want die hart het sy duisend redes. Mooi loop, sê hy weer. Lank en regop staan hy daar, sy 13

5 Helene de Kock bruin kuif blink in die son. Toe klim hy in sy motor. Dis n paar minute voor sewe. Hy ry weg. Miskien dink hy aan die dag wat voorlê. Mense wat hy moet gaan sien. Strategieë wat hy moet bedink. Dalk is hy traag om weg te ry van die landelike plek waar hulle woon, want die môre is koel maar blou en skoon. Die Hoëveldse sonnigheid dra n uitnodiging om te vertoef. Voëls kwetter in die bome se sil werkaal stamme en daar is n paar eende wat al om die dam metjie waggel asof die oggend nog te kil is om dit in die mosgroen water te waag. Maar dis helder en wolkloos skoon. Soos n eerste dag. Of n laaste dag. Moontlik draal die jong man se gedagtes nog by die naweek toe hy en sy vrou saam met sy ouers Vadersdag gevier het en hy opeens diep ingedagte oor die Here begin praat het. Sommer so soos wat hy baie maal in sy lewe al gedoen het. Want die Here is nie vir hom n Vreemdeling nie. Die jong man ken Hom lankal. Ma, het hy toe skielik gesê, sy hand sag op haar arm gesit, die Here loop n wonderlike pad met my. Haai, my kind. Maar dis goed. Vir die ma was dit ook nie vreemd nie. Die jong man was dikwels doenig met die Here. Gestry met Hom, lief gewees vir Hom, kwaad geword vir Hom en baie vrae gevra. Natuurlik het hy ook gesondig teen Hom. Maar hy het ook baie dinge gedoen wat sekerlik die Here se hart bly gemaak het. Hy is lief vir sy vrou en sy ouers en sy broer en sy suster en lief vir mense wat swaarkry. By die stopstrate gee hy altyd n rand of wat aan dié wat met die plakkate staan. En toe sy tannie Maryna hom eendag daarna uitvra, sê hy dis vir die Here om te besluit wie verdienstelik is of nie. Hy het n klein hartjie, sê hy. Ja, die jong man is lief vir God, het sy ma ook daardie Sondag geweet. Onteenseglik lief vir Hom. Sy verhouding met die Here was altyd soos dié met sy pa, vol liefde en met n sekerheid wat 14

6 As dood lewe word mense soms verstom het. Vir hom was die Here die Een aan wie se liefde geen einde is nie, die Een wat gee en neem. Soms sy gesondheid, soms sy werk. Slegs die liefde het Hy nooit weggeneem nie. Dit weet die jong man ook nou. Al dink hy dalk nie op hierdie oomblik daaraan nie, weet hy dit soos n mens weet jy is n mens en God is God. Presies dit. Jy is n skepsel van die Almagtige, al dwaal jy en jou gedagtes ook waar. Dalk dink hy aan die volgepakte dag op kantoor. Of aan die baie afsprake wat hy met besigheidsmense het. Of aan die Bybelstudie waarmee hy laas op die kerkkamp gehelp het. Hy dink, ja, en hy ry met die pad wat hy elke dag ry. Hy dink aan die hemel weet wat. Hy ry met die grootpad aan na die T-aansluiting waar hy regs moet draai. Hy hou stil. Hy kyk. Dis n paar minute na sewe. n Vragmotor druis verby. Hy trek weg. Hy sien nie die vier trekbakkie wat teen verbysterende spoed oor die blinde hoogte aankom nie. Die bakkie tref hom verpletterend op die deur. Hy hoor nie die slag nie. Die pad het opgehou. Die werk en die wêreld val weg asof dit nooit was nie. En die jong man dink nie meer nie. Hy glo ook nie meer nie want dis nie nodig nie. Hy wéét nou. Dis net die Liefde wat bly. Want sterwe wórd Lewe. 15

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte Johannes 9:1-12; 35-38 09/03/2014 n Mens se oog is n baie komplekse orgaan. In jou oog is daar o.a. n buiteoogvlies, n oogvaatvlies en n oognetvlies wat ook jou retina genoem word. Daar is n kornea en

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue Welkom o stille nag van vrede, onder die suiderkruis, Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis. Kersfees kom, kersfees kom- gee aan God die eer. Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land,

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Inhoudsopgawe. Voorwoord Inhoudsopgawe Voorwoord Januarie... In die begin Februarie... Jesus by ons Maart... Wat sou Jesus doen? April... Onderdanigheid en gehoorsaamheid Mei... Geestelike oorlogvoering Junie... Woorde wat lewe

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat. Naam: 1 Die ou vrou en die voël wat kon praat. Woordlys Lees die woorde n paar keer hardop. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud 2 Stillees Oefening

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging HUWELIKSBELOFTES Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging Kies die woorde versigtig, om jou deur die moeilikste tye van julle lewe saam te dra; om te keer dat jy opgee wanneer jy lus voel om op

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C AFRHIG311 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D10055667-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM:

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur:

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur: Die Wensknoop Storie deur: Sanette Smit Geillustreer deur: Antoinette Smit Die wensknoop: Deur Sanette Smit Met Illustrasies deur Antoinette Smit Die tienjarige Petrus stap stadig huis toe. Sy donker hare

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

Direkte en indirekte rede. Naam:

Direkte en indirekte rede. Naam: Direkte en indirekte rede Naam: Direkte en indirekte rede Direkte rede is iemand se eie woorde en dit staan in aanhalingstekens. Ryan sê: Ek weet nie wat die Afrikaanse woord beteken nie. Andrew sê: Ek

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Vrydag, 14 April 2017 Skriflesing: Johannes 19:17-37 Tema: Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Skriflesing Johannes 19:17-37 Jesus word gekruisig 17 Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van

Nadere informatie

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015 1 Dr AH Bogaards Lees: Mt.27:32-56 Teks: Mt.27:45-46 Datum: 18 Oktober 2015 Psalms: 103:1-3; 103:5,6; 119:62,63; 133:1,2; 73:1,10,11 1. Inleiding EENSAAMHEID - daaroor gaan dit in hierdie preek. Eensaamheid

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Storie 6 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan... INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 7 1. Doen God al die skuifwerk hier op aarde?... 9 2. God se genade bepaal sy planne... 12 3. God se meesterplan... 15 4. Die Bybel: God se kompas... 18 5. Doen God se wil...

Nadere informatie

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan? 1 Jeremia 1 Waarvoor is jy bang? Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan? So hoe sou jy hierdie stelling geestelik benader? Is jy wat jou geloof en gehoorsaamheid betref eerder bang

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Deur Christus alleen Reeks preke oor Galasiërs Nr 6 Dr AH Bogaards Lees: Gal.2:17-21; Hand.9:1-22 Teks: Gal.2:17-21

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

Pretoria- 14 Augustus 2011

Pretoria- 14 Augustus 2011 1 Skriflesing: Prediker 3:1-15 Teks: Prediker 3:1-2a Sing- Ps.118:1,2; Ps.64:1,6,7; Ps. 104:1,12; Ps. 31:1,12 Broeder en suster- Ons lewe mag vir ons lyk soos n groot legkaart, waar ek baie keer voel dat

Nadere informatie

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse Romeine 5:1-11 God se vooraf-genade Broers en susters in onse Here Jesus Christus: Dalk het u ook al die baie bekende roman van Victor Hugo, Les Miserables gelees. In hierdie roman word die aangrypende

Nadere informatie

Elisa, Man van Wonderwerke

Elisa, Man van Wonderwerke Bybel vir Kinders bied aan Elisa, Man van Wonderwerke Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 25 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie