Jeug- Beleid SA Boerperd Genootskap Hersien November 2014 Petro Grové

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Jeug- Beleid SA Boerperd Genootskap Hersien November 2014 Petro Grové"

Transcriptie

1 Jeug- Beleid SA Boerperd Genootskap Hersien November 2014 Petro Grové MISSIE Om lewenslange trots, betrokkenheid by en waardering vir die SA Boerperd as ras te kweek. VISIE Die opvoeding van ons jeug as aktiewe lede van die SA Boerperd Genootskap d.m.v. die sosiale interaksie wat bewerkstellig word deur die Jeugraad as rolmodelle. DEFINISIE VAN DIE JEUG Die Jeug as aksie in die SA Boerperd Genootskap word in hierdie skrywe gedefinieer as alle aktiewe SA Boerperd ruiters onder 19 jaar wat sinvol by jeugaktiwiteite kan inskakel. DOELSTELLINGS VAN DIE JEUG-AKSIE Die primêre doelstelling vir die jeug is om die hulle (A) Sosiaal en (B) Opvoedkundig te begelei en te bemagtig om aktiewe, positiewe en ingeligte junior lede van die SA Boerperd Genootskap te wees. Hierdie primêre doelstellings kan opgebreek word in die volgende sekondêre doelwitte: A SOSIAAL 1. Om n samehorigheidsgevoel onder die jeug te bewerkstellig; 2. Om positiewe kommunikasie tussen die jeug onderling, sowel as die bestuur te fasiliteer. B OPVOEDKUNDIG 3. Om die jeug, vanuit en d.m.v. skakeling met die Jeugraad, op ʼn kontinue wyse te ontwikkel deur hulle ingelig te hou en ook soms te betrek by besluitnemingsprosesse waar hulle as leiers van die toekoms waardevolle bydraes kan lewer; 4. Om ons eie perderas deeglik te leer ken en te verstaan sowel as nuwe horisonne te verken en ʼn wyer blik op perdesport in die algemeen te ontwikkel; 5. Om die beeld van die SA Boerperd op n positiewe wyse in die buitewêreld uit te dra. SA Boerperd Jeugbeleid HERSIEN: November 2014 Page 1

2 DOELWITTE Bogenoemde breë doelstellings kan op sistematiese wyse en d.m.v. die volgende haalbare doelwitte stap vir stap nagestreef en bereik word: A. SOSIAAL 1. Samehorigheidsgevoel Om n samehorigheidsgevoel tussen mense te kan bewerkstellig, is dit nodig dat alle deelnemende partye besef dat hulle n gemeenskaplike doelwit nastreef. Om dit te kan doen, is dit nodig dat die jeug op n gesonde wyse sal kompeteer, maar ook daarna as vriende kan sosialiseer. Daar moet dus vir die jeug die geleentheid geskep word om tydens elke streekkampioenskap: - Informeel en apart van volwassenes te kan sosialiseer bv. d.m.v. n braai, fliek, ysskaats, ens. - Voorstelle van die Jeugraad te kry in die verband. Indien daar borge verkry word, kan n kamp aan die einde van elke jaar (bv. by Moolmanshoek) die geleentheid bied vir n gepaste afsluiting van n besige jaar. 2. Kommunikasie Die beplanning van alle aktiwiteite en interaksies, gaan met noodwendige kommunikasie gepaard. Die jeug kommunikeer d.m.v. die nuutste tegnologie en daarom sal kommunikasie ook op die basis moet plaasvind. Die volgende kan daarvoor gebruik word: - n geslote Facebook blad net vir die Jeugraad om hulle kommunikasie en beplanning oor afstande te vergemaklik (Volwassenes en mentors gemoeid met die Jeugraad kan ook hier insae hê); - n Facebook blad vir die Jeug en Jeugraad waar almal hulle sê kan sê. Die blad sal ook sorgvuldig deur die bestuur van die jeug gemonitor moet word om te keer dat onverantwoordelike of negatiewe kommentaar gepos word. Streke kan beurtelings daarvoor verantwoordelik wees. - BBM of WhatsApp tussen die jeug onderling. Die jeug kan hulleself op ʼn natuurlike en sinvolle wyse groepeer. Die Jeugraad moenie toelaat dat klieks vorm nie. - Die bestuur en Jeugraad moet sorg dat alle kommunikasie vir sover dit hulle kan bereik, gesond bly. B. OPVOEDKUNDIG 3. Ontwikkeling van leiers en ruiters Om die leierskap in die Jeugraad te ontwikkel, kan die Raad sekere projekte aan die Jeugraad opdra en hul menings inwin in veral sake wat die jeug as leiers van die toekoms raak. SA Boerperd Jeugbeleid HERSIEN: November 2014 Page 2

3 Ons sal daarom ʼn instelling daarvan wil maak dat die beoordelaars van elke streekskou ʼn geleentheid het om met die jeug te skakel om die beoordelingstelsel en wat van hulle verwag word (veral in klasse aan ouderdomme onder 19 gekoppel), aan hulle te verduidelik. Dit kan verskeie vorms aanneem, nl. - ʼn inligtingsessie voor die skou begin waar ruiters die kans kry om vrae aan die beoordelaars te vra, of - ʼn opvoedkundige gesprek met die beoordelaars na afloop van die skou waar hulle die algemene foute wat gemaak is met die ruiters in ʼn groep bespreek sodat almal uit mekaar se foute kan leer, en/of - praktiese en lewendige inligtingsessies oor die skou-spring, dresseer, equitation of enige ander perdesport dit hoef nie noodwendig deur ʼn beoordelaar gedoen te word nie, aangesien die dissipline merendeels objektief is. 4. Nuwe horisonne Kennis kan tydens die sosiale byeenkoms vir die jeug by streekskoue deur kundiges in ons genootskap in ʼn kort rukkie bv. 30 minute, aan die jeug oorgedra word op ʼn vlak wat hulle verstaan. Hierdie onderwerpe kan onder meer die volgende insluit: - Konformasie en die doel van keuring; - Verskillende tipes beweging en gange van die SA Boerperd; - Ooreenkomste en verskille tussen tradisionele en universele perde; - Verskillende dissiplines in perdesport oor die algemeen; - Beoordelaars-prosedures in verskillende dissiplines en klasse; - Blootstelling aan alternatiewe perdesport dissiplines, bv. strictly come showing, polo-cross, ens. 5. Die SA Boerperd in die buite-wêreld Reklame en advertensie is van kardinale belang vir enige ras en besigheid. Daarom is dit goed as die jeug aangemoedig word om hulle perde en prestasies binne- en buite die Genootskap met die publiek te deel, bv. deur: - Die CRED0 van die Jeug-Aksie te ken en uit te leef; - formele of informele foto s van hulle en hul perde aan die HQ Pony vir plasing te stuur waarin die perd spesifiek vermeld word as SA Boerperd; - die stuur van artikels aan die HQ Pony wat in oorweging gebring kan word vir plasing (die bestuur en mentors van die jeugraad sal natuurlik help daarmee); - oral te vertel waarom hulle juis n SA Boerperd ry en trots is daarop. SA Boerperd Jeugbeleid HERSIEN: November 2014 Page 3

4 DIE ROL VAN DIE JEUGRAAD Die rol van die Jeugraad is om as spreekbuis vir die jeug in die genootskap op te tree, asook met hulle te skakel. As rolmodelle wat reeds 0/19 ruiters is, kan hulle ook die jonger of minder ervare ruiters bystaan met raad en daad. Die eerste SA Boerperd Jeugraad 2012 het bestaan uit die toe verkose Ruiterkuns span, wat dan ook o.l.v. Me. Liezelle Whitehead na die VSA gereis het om as n SA Boerperd span teen die Amerikaanse Morgan Perde te kompeteer. Om kontinuïteit te verseker, was die span steeds as Jeugraad behou, sowel as om die nuwe Ruiterkuns 2012/3 span daarby te voeg. SAMESTELLING VAN DIE JEUGRAAD VANAF 2014 Vanaf 2014, vind leier-identifiseringsaksies tydens die Nasionale kampioenskappe, sowel as tydens Streekkampioenskappe plaas waarby die jeug in homogene en interprovinsiale groepe verdeel word wat sekere take het om uit te voer. Provinsiale groepe moet juis tydens hierdie geleenthede vermy word om die vorming van klieks te verhoed, asook aan die ruiters die geleentheid te gee om interprovinsiaal te sosialiseer. Leiers word dan: 1. Vanuit en deur die jeug self in hierdie homogene groepe geïdentifiseer; 2. Voorgelê aan die Raad vir goedkeuring. Die identifisering van leiers in groepe aan wie sekere take opgedra word, gee ʼn aanduiding van wie die leiding sal kan neem in elke streek / klub /provinsie. ʼn Analise van die demografiese gebiede waarin die leiers dan val, bepaal verder wie uiteindelik op die Jeugraad sal wees. Na aanleiding van die interprovinsiale aktiwiteite tydens die Nasionale Kampioenskappe, sowel as aanbevelings van die mentors in voorafgaande Streekkampioenskappe, word twee kandidate uit elke klub/streek vir die Jeugraad voorgestel. ʼn Derde lid (onder 19 ruiter die jaar waarin werklike pligte begin) kan dan deur die twee reeds verkose Jeugraadslede uit elke streek gekoöpteer word om op die Jeugraad te dien. Op hierdie wyse word daar ook dan voorsiening gemaak vir ruiters wat nie die Nasionale Kampioenskappe kon bywoon nie om steeds tot die Jeugraad verkies te word. SAMEVATTING Die samestelling van die Jeugraad is dus 2-3 onder 19 ruiters per klub/streek/provinsie. Die ruiters wat gekies word moes al minstens EEN JAAR aktief by SA Boerperd skoue/aktiwiteite betrokke gewees het. ʼn Volwasse mentor word ook in elke streek / klub / provinsie aangestel om die Jeugraad in raadgewende hoedanigheid te steun. PLIGTE VAN DIE JEUGRAAD 1. Om tydens streekkampioenskappe met die jeug VAN ALLE OUDERDOMME te skakel en n sosiaal-opvoedkundige aktiwiteit by elke skou te beplan en uit te voer. Die aktiwiteit moet ook met die betrokke skou-komitee uitgeklaar word. 2. Om tydens ander skoue, bv. SANESA skoue, alle jong ruiters wat SA Boerperde ry, maar nie by die SA Boerperd Telersgenootskap betrokke is nie, te identifiseer en te betrek by jeugaktiwiteite. SA Boerperd Jeugbeleid HERSIEN: November 2014 Page 4

5 3. Om op n beurt-basis die SA Boerperd Jeug-Aksie Facebook blad lewendig te hou. 4. Om brûe tussen provinsies en ruiterkuns dissiplines te bou d.m.v. interprovinsiale skakeling. 5. Om seker te maak al die jeug in hulle streek se prestasies en foto s kom op die Jeug se Facebook blad. 6. Om insette te lewer en aktief deel te neem aan gesprekke tussen Jeugraadslede op die geslote Facebook blad spesiaal geskep vir die Jeugraad. 7. Om verdere take soos deur omstandighede bepaal en deur die hoofmeisie/seun aan hulle opgedra, te help uitvoer. AANWYSING VAN HOOFMEISIE /SEUN ʼn Hoofmeisie /seun word aangewys om seker te maak dat alle klubs/provinsies/streke met mekaar skakel. Die portefeulje van hoofmeisie/seun kan uit enige streek gevul word. In die geval waar n hoofmeisie/seun uit n spesifieke streek kom, kan daar iemand anders in sy/haar plek gekoöpteer word om take binne die provinsie te verrig. Die hoofmeisie/seun skakel inter-provinsiaal. Sy/haar plig is dan ook om in samewerking met die Jeugraad: 1. n Tema vir die jaar se Jeugaktiwiteite vas te stel. Kommunikasie kan plaasvind op die bg. geslote Facebook-blad waartoe slegs die Jeugraad en hulle mentors toegang het; 2. Seker te maak dat daar n informele verslag na elke streekkampioenskap van die jeug se aktiwiteite op die Jeug-blad (Facebook/SA Boerperd web-blad) sal verskyn. Lede van die verskillende streke moet dit skryf en foto s plaas; 3. Hulp te verleen of in te win waar nodig; 4. Seker te maak dat al die provinsies gemotiveerd en aktief bly. PLIGTE VAN DIE HOOFMEISIE/SEUN 1. Om met alle Jeugraadslede en streke te skakel; 2. Om te verseker dat dit daar groepe is wat die Facebook-blad (FB) aktiwiteite lewendig hou; 3. Om te verseker dat die streek-lede gereeld foto s op die FB blad laai; 4. Om te verseker dat daar van elke jeug byeenkoms berigte op die FB blad geplaas word. 5. Om spesifieke aksies te inisieer en die res van die Jeugraad daaroor in te lig (bv. SA Boerperd Stalletjies by SANESA skoue te beman); 6. Die hoofmeisie kan ook aan die lede sekere portefeuljes toeken, indien sy dit nodig vind, asook lede identifiseer om met die spesifieke aksies te help. Die portefeuljes kan wees: Fondsinsameling; Nuwe lede; Skakeling; Foto s; Aktiwiteite; Beloning van prestasies, ens. SA Boerperd Jeugbeleid HERSIEN: November 2014 Page 5

6 OPSOMMING JEUGAKSIE 1. Samehorigheid 2. Kommunikasie SOSIALE INTERAKSIE o Informele sosialisering: jeug-braai by streekkampioenskappe o Beplanning van ander informele aktiwiteite o Kamp aan die einde van die jaar o Facebook vir Jeugraad alleen o Facebook vir die jeug o WhatsApp o Web-blad: saboerperd.com OPVOEDKUNDIGE INTERAKSIE o Projekte vanaf die Raad aan Jeugraad o Inligtingsessies by streekkampioenskappe deur 3. Ontwikkeling van leiers en beoordelaars ruiters o Ander inligtingsessies bv. skou-spring, dresseer, equitation, ens. 4. Kennis van die ras 5. Die SA Boerperd in die buitewêreld 6. Inter-provinsiaal o Konformasie & Keuring o Beweging & gange o Tradisioneel vs. Universeel o Verskillende dissiplines in ruiterkuns (verken nuwe horisonne) o Beoordelaars-prosedures o Foto's in tydskrifte o Artikels in HQ Pony o Skakel en adverteer mondelings SAMESTELLING o TWEE verkose lede uit elke klub/provinsie o EEN gekoöpteerde lid uit elke klub/provinsie (OPSIONEEL) o Verkose HOOFMEISIE/HOOFSEUN (oorkoepelende funksie) SA Boerperd Jeugbeleid HERSIEN: November 2014 Page 6

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

Terugvoer van wegbreekgroepe. Algemene jaarvergadering 2015

Terugvoer van wegbreekgroepe. Algemene jaarvergadering 2015 Nasiebou en versoening Terugvoer van wegbreekgroepe Algemene jaarvergadering 2015 Groep A: Ewaldt Scholtz Vryheid van uitdrukking: Afrikaanssprekendes moet nie skaam wees om Afrikaans te praat of in die

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA Handleiding 2 Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 1 GKSA 2.1.1 INLEIDING Die World Wide Web (www) het ʼn inligtinggebaseerde samelewing geskep, waar beheer oor inligting in die hande van die

Nadere informatie

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS University of Pretoria etd Orban, L P (2003) 85 HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Uit die navorsingsresultate wat in hoofstuk 4 bespreek is blyk dit duidelik dat daar

Nadere informatie

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR: JOU SAKGIDS VIR: DIE DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE Die Dissiplinêre Kode vir Studente verduidelik wat onaanvaarbare gedrag is, hoe dit aangespreek word en deur wie. Die Kode verseker dat ons die korrekte

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel Ontwikkeling van die luistersiklus n Hulpmiddel 3 4 Basiese gebruik 5 Vir gemeentes Vir groepe Die luistersiklus gee struktuur aan ons gesprek: Dit is n handvatsel om aan vas te hou. 6. Vir gesprekke met

Nadere informatie

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het Die Elander Lente 2014 page 1 JONGMENSE Groepsdruk Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk

Nadere informatie

NUUSBRIEF Februarie 2016

NUUSBRIEF Februarie 2016 SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP NUUSBRIEF Februarie 2016 Boerperd Vriende Met 2016 se eerste SA Boerperd skoue om die draai, die eerste SANESA skoue agter die rug, asook die keurings wat gefinaliseer word,

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES

Nadere informatie

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel GEREELDE VRAE EN ANTWOORDE Ek weet niks van mentorskap nie. Wat beteken dit? Mentorskap [mentoring in Engels] is ʼn vennootskap waarin ʼn mentee [ n

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT DIREKTORAAT KURRIKULUM FET PROGRAMME LES PLANNE TERMYN 4 AFRIKAANS GRAAD 11 EAT VAK: AFRIKAANS EAT GRAAD: 11 LESPLAN 1 KWARTAAL 4 TYD: 9 Ure KERNINHOUD: ONS RYKE

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT DIREKTORAAT KURRIKULUM FET PROGRAMME LES PLANNE TERMYN 4 AFRIKAANS GRAAD 10 EAT VAK: AFRIKAANS EAT GRAAD: 10 LESPLAN 1 KWARTAAL 4 TYD: 9 Ure KERNINHOUD: INKLUSIWITEIT

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Die volgende funksie Wat Werk Waar Die hengelaar sal die mees gewilde vervaardigers se aanbevelings he t.o.v aas tipe om te gebruik per dam of oord.

Die volgende funksie Wat Werk Waar Die hengelaar sal die mees gewilde vervaardigers se aanbevelings he t.o.v aas tipe om te gebruik per dam of oord. Adventurebuddy So jaar gelede het ek besef ek wil bietjie meer kwaliteit tyd aan my seuns gee. Ek het paar pa s by die skool bymekaar gemaak en ons het hengel sessie gereel by Maselpoort Bloemfontein.

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR. 7 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 7-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 7-onderwysers aan die leerders, en veral

Nadere informatie

Oorsig van Standaarde en Sertifisering in Suid- Afrikaanse Landbou

Oorsig van Standaarde en Sertifisering in Suid- Afrikaanse Landbou OORSIG VAN DIE VAARDIGHEIDS PROGRAM - SESSIE 3 Hoe om te Begin Inleiding Leerprogram Uitkomste Hersiening van Sessie 1 en 2 Inhoud Toolkit: - Oorsig van die Leerprogram Afdeling 10: Opleiding en Fasilitering

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003 A B C Toekenning 15 Februarie 2003 VEREISTES Die jeuglid / volwasselid moet die nodige vereiste punte behaal soos in die tabel hieronder uiteengesit. Daar is vir beide jeuglede en volwasselede n punte

Nadere informatie

2 nd Chances... Wiskunde

2 nd Chances... Wiskunde Doen jou Gr 11 1ste Kwartaal Wiskunde OOR... hierdie Vakansie... by jou Huis 2 nd Chances... Wiskunde n Geleentheid om reg te wees vir die tweede kwartaal Gr 11 Wiskunde. Word deel van n Whatsapp-metodiek

Nadere informatie

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses 1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld

Nadere informatie

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore Hoofstuk 5: Ekonomiese e 1 Drie Ekonomiese e Die drie ekonomiese e verwys na die verskillende stadia waardeur produkte gaan van: die ontginning van die grondstof (primêre ) na die vervaardigingsproses

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Nadere informatie

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE

education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE education Departement van Onderwys MPUMALANGA PROVINSIE AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 GRAAD 11 JUNIE 2017 LEERUITKOMS 3: SKRYF Punte:80 EN AANBIED ALGEMEEN Tyd: 2 ure Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 2016 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2016 INSTRUKSIES EN

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00 SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00 1. VERWEOMING EN OPENING Rian Steyn open die vergadering met skriflesing en gebed. 2. KONSTITUERING

Nadere informatie

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem. VOORRAAD Elke item wat u wil monitor as voorraad, soos bv. kunsmis, chemikalieë, saad en sakke voer moet as ʼn voorraaditem geskep word. Daar is geen beperking op die hoeveelheid items wat in voorraad gehou

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets Handleiding 9 Riglyne vir plakkate en pamflette [Type text] Page 1 9.1.1 INLEIDING Die doel van ʼn plakkaat is om ʼn boodskap vinnig en maklik te versprei. Dit is ʼn effektiewe manier om groot getalle mense

Nadere informatie

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee Kinderwerf.co.za leesprodukte (2014) Evalueringsvorm Meer inligting Gratis diftongkaart Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Beantwoord die volgende vrae om te kyk of die leesmateriaal op julle van

Nadere informatie

Elektriese Stroombane

Elektriese Stroombane Elektriese Stroombane Definisie BEGRIP Elektriese Stroombaan Sel en Battery (Bron) Geleier Skakelaar Stroombaandiagram Serieverbinding Parallelverbinding Potensiaalverskil of Spanning Stroom Weerstand

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week Weeklikse lesbeplanning Eerste kwartaal 1. My skool Week 1 (Week 1 4 handel hoofsaaklik oor aftrek) Voorbeeld: 12 + 9 Werkkaart 1 19 getalkaarte gebruik vir hersiening. getalle te skryf, sodat u kan sien

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK INSTRUKSIES EN INLIGTING OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

Riglyne vir Steundiensaanstellings

Riglyne vir Steundiensaanstellings Riglyne vir Steundiensaanstellings Verwysingsnommer van hierdie dokument HEMIS-klassifikasie Doel Om riglyne vir steundiensaanstellings neer te lê, onder meer wat betref dokumentasie wat aan die betrokke

Nadere informatie

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 Beoordeling vind plaas 15 tot 19 Augustus 2016 1 KLAS E: Enige Taal: SPRAAK EN DRAMA Algemene Riglyne Inskrywings is onderhewig

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2015 (R) PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

Les Plan Twee. Habitats

Les Plan Twee. Habitats Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in. Klikker ( Clicker ) Klikker-aktiwiteite is nuttig vir assessering in die klaskamer. Dosente gebruik hierdie assesseringsmetode om studente se verstaansvlak van n besondere begrip te meet terwyl die lesing

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE WAT IS SOSIALE WETENSKAPPE? Die vak Sosiale Wetenskappe bestaan uit Geskiedenis en Geografie. Beide Geskiedenis en Geografie moet gedurende elke kwartaal van die skooljaar onderrig

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE Wat is bestaande gebruike van water? Bestaande watergebruike word ingevolge artikel 32 van die Nasionale Waterwet (NWW), wet 36 van 1998, gedefinieer. Dit is daardie watergebruike wat inderdaad gedurende

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2013 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel oefeninge Hoe om die projek motivering te skryf 3 komponente: Die probleemstelling Die verband met klimaatsverandering Die voorgestelde aanpassingsaksie wat die

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie. HUISHOUDELIKE REëLS : CENTURION KUNSVERENIGING 1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie. 2. Die huishoudelike reels kan onder

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012 AFRHIG611 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012 Hierdie vraestel

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) B.5 DIE ADVERTERING EN VULLING VAN OPVOEDERPOSTE 1 5.2 Advertering 5.2.1 Die advertensie van vakatures vir opvoeders moet: 5.2.1.1 selfverduidelikend en duidelik wees,

Nadere informatie

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Algemene Sinode 1998/2003 Die Algemene Sinode aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die drie formuliere van eenheid in stryd

Nadere informatie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Inleiding Tot Die Jagluiperd Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief

Nadere informatie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel

Nadere informatie

PUNTE: 80 TYD: 2 uur

PUNTE: 80 TYD: 2 uur Wes-Kaap Onderwysdepartement Western Cape Education Department ISebe lemfundo lentshona Koloni NASIONALE STRATEGIE VIR LEERDERPRESTASIE GRAAD AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL EEN MEMORANDUM/NASIEN

Nadere informatie

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3 Eerste Kwartaal Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3 Voorbereiding Doelstellings Lees: Spreuke 1: 4 Mattheus 6: 25-34 Eksodus 22: 28 Romeine 13: 1-7 1. Opvoeding en onderrig by die skool sluit aan

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL 1. NAAM: Pre-Primêre Skool Senekal Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Pre-Primêre Skool Senekal (hierna genoem

Nadere informatie

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie 1. PRAISE EN WORSHIP 2. YSBREKER: - Julle het verlede week die hoede gemaak, wat operasie transformasie moes uitbeeld - Elke groep kom wys sy hoed vir die groep

Nadere informatie

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks KWARTAAL OORSIG Kleuter & Peuter reeks Die Bybel is beter as Goud! Kinders sal tydens hierdie reeks, op ʼn interaktiewe manier sowel as deur herhaling leer dat die Bybel is vir ons meer kosbaar is as enige

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE 2007-2011 GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (DIE 2009/2010 JAARPLAN) AAN DIE RAAD OP 28 MEI 2009 Mnr die Speaker en

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS AANVAAR: 18 September 2012 Bladsy 1 van 5 GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR OPVOEDERS 1. DEFINISIES Tensy die konteks anders aandui, het uitdrukkings in hierdie

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB AANHEF (2017 hersiening goedgekeur op 19 September 2017) Aangesien die Staat die deel van die Hartbeespoortdamoewer aangrensend aan Schoemansville per servituut

Nadere informatie

NUUSBRIEF. SA BOERPERD TELERGENOOTSKAP Maart 2014, NUUSBRIEF No. 1. Regstellings: Punt 7. Geagte Boerperd Vriende

NUUSBRIEF. SA BOERPERD TELERGENOOTSKAP Maart 2014, NUUSBRIEF No. 1. Regstellings: Punt 7. Geagte Boerperd Vriende Geagte Boerperd Vriende SA BOERPERD TELERGENOOTSKAP Maart 2014, NUUSBRIEF No. 1 NUUSBRIEF Regstellings: Punt 7 Dit is waarlik ʼn voorreg om deel te kan wees van so ʼn dinamiese ras soos die SA Boerperd.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRFA.3 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2010 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. MIDDAGSESSIE Afrikaans Eerste Addisionele

Nadere informatie

GROOTFONTEIN KUIERFEES

GROOTFONTEIN KUIERFEES GROOTFONTEIN KUIERFEES 29 & 30 Julie 2016 Geagte Besigheidsvriend Die Kuierfees sal hierdie jaar sy 5de verjaarsdag vier en ons is trots om aan te kondig dat hy 5 jaar jonk is. Gedurende die afgelope 5

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2009 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 DoE/November 2009 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie