MERINO LANDSKAAP NUUSBRIEF POSBUS 378, PARYS, 9585 SEL. 082 353 8425 TEL/FAKS 056 817 7859 e-pos admin@merinolandskaap.co.za http://merinolandskaap.co.za/ AUGUSTUS 2011 NASIONALE VEILING 2011 Die Nasionale Veiling was hierdie jaar n baie groot sukses. Die 39 almal uitsonderlike goeie ramme wat aangebied is, is almal verkoop. 31 Stoet ramme is vir gemiddeld R11 935.48 verkoop met die hoogste prys van R18 000.00 wat betaal is deur Jaap Erasmus vir n ram van Ben du Plessis. Die 8 kudde ramme.is verkoop teen n gemiddeld van R 5 375.00 met die hoogste prys van R6 500. Baie geluk aan elke koper en verkoper. Ons bedank ook graag vir Jaco Swart en Johan du Toit wat verantwoordelik was vir die keuring van die Veilingsdiere die dag voor die Veiling. Julle het julle goed van julle taak gekwyt. Dankie ook aan dr Kobus Pretorius van Hoopstad wat soos in die verlede die dag voor die veiling alle ramme getoets het vir vrugbaarheid. Ons dank ook aan die BKB span wat alles vlot laat verloop het. ALGEMENE JAARVERGADERING 2011 11 lede het die Algemene Jaarvergadering bygewoon. U Raad wat tydens die Algemene Jaarvergadering verkies is bestaan tans uit: Colin Moolman 082 928 0389 Ben du Plessis 082 404 7428 Voorsitter Onder-Voorsitter Dirk du Plessis 082 400 8283 Johan du Toit 083 267 4315 Hansie Claasen 082 377 0494 Dirk O Neill 082 779 0525 Jaco Swart 082 651 2680
Moet asseblief nie huiwer om enige van die Raadslede of die kantoor te kontak indien u enige probleme of navrae het nie. Die volledige notule van die Algemene Jaarvergadering saam met die Jaarverslag van die Voorsitter is vir u kennisname hierby ingesluit. Indien u n afskrif van die finansiële state van die Genootskap wil hê kontak asseblief die kantoor. n Belangrike saak wat bespreek is was: Nasionale Kampioenskappe 2012 Nadat daar tydens die 2011 Nasionale Kampioenskappe volgens gewigte geskou is, was daar n aantal vertoners wat nie tevrede was met die nuwe formaat nie. Omdat die meeste van die gereelde vertoners by die vergadering teenwoordig was is n kort vergadering na afloop van die Jaarvergadering gehou om n besluit te neem in die verband. Nadat daar oor die saak gestem is, is besluit om weer in 2012 volgens gewigte te skou met die nodige regstellings van foute wat tydens die 2011 kampioenskappe gemaak is. Lede word uitgenooi om die kantoor te kontak met enige voorstelle in die verband. Diere wat aan die Kampioenskappe gaan deelneem moet tussen 15 September en 15 Oktober geskeer word om eenvormigheid van wollengte te verseker. Wisseltrofee Hide-a-way s Wisseltrofee vir die stoet met die beste getallegroei Julie Moorcroft Wisseltrofee vir tydige en volledige rekordhouding Errol Moorcroft Wisseltrofee vir die stoet met die beste interlam syfers Gerrit en Trientjie Knoetze Katryn Landskape Dirk en Bettie Badenhorst Badenhorst & Seun Ben du Plessis Roebella Daar is ook hierdie jaar n oorkonde aan Nick Geldenhuys oorhandig vir sy jarelange bydrae tot die opbouing van die Genootskap en die ras sedert 1979. Die oorkonde is net voor die Nasionale Veiling oorhandig waar Mnr Moolman vir beide Nick en Maryna bedank het vir hul volgehoue ondersteuning.
KANTOOR AANGELEENTHEDE WEBBLAD Ons is tans besig om ons webblad op te gradeer. Gaan kyk gerus na die nuwe blad by http://merinolandskaap.co.za/ en laat weet ons wat u daarvan dink. Enige voorstelle om die blad meer toeganklik of informatief te maak is baie welkom. Onthou dit is u blad! Ons het nou ook n Facebook bladsy waar gereeld wenke en ander nuus rakende die Genootskap geplaas gaan word. Sluit dus gerus daar by ons aan. PER KAPITA REKENINGE Baie dankie aan lede wat reeds hul heffings rekeninge by die Genootskap vereffen het. rekeninge nog uitstaande is. n Vriendelike beroep op diegene wie se Volgens die Grondwet word u rekening as agterstallig beskou indien dit nog nie teen einde September vereffen is nie. Onthou ook asseblief dat u n aparte rekening ontvang vanaf S A Stamboek, wat u direk aan hulle moet betaal. Die Genootskap se bankbesonderhede: Merino Landskaap Genootskap: Eerste Nasionale Bank Tak: College Court Tak kode: 230137 Rekening nommer 517 2002 7460 Verwysing op inbetaling: U van of rekening nommer Onthou asseblief om n addisionele R20.00 by te voeg indien u kontant inbetaal. DIERE TE KOOP BESKIKBAAR Laat weet asseblief die kantoor indien u enige diere te koop beskikbaar het. Ons is tans dringend op soek na ooie. Indien u n aantal jong ooilammers wat pas gespeen is beskikbaar het kontak asseblief vir James van der Nescht by 082 415 8905. INLIGTING EN WENKE Omdat dit nou skeertyd is plaas ek graag die volgende artikel deur A.J. Aucamp, J.L. Venter en J. Muller (CWSA)
Behoorlike en doeltreffende wolklassering is die eerste en heel waarskynlik die belangrikste skakel in die wolketting. Suid-Afrika was nog altyd trots op die gehalte van sy skeerselvoorbereiding en het deur die jare n uitstekende reputasie in die buiteland as een van die beste geklasseerde skeersels opgebou. Een van die belangrikste vereistes van die wolkoper is eweredigheid van enige gemete of ongemete eienskappe binne n individuele lot. Gevolglik is dit uiters belangrik dat daar die minimum afwykings is wat betref eienskappe soos veseldeursnee en stapellengte sodat dit die koper in staat kan stel om uitvoerbesendings en verwerkingslotte so kostedoeltreffend moontlik saam te stel. Die Klasstandaarde maak voorsiening vir n wye verskeidenheid klasse waarin die verskillende dele van n vag vir bemarkingsdoeleindes gegroepeer kan word. Dit beteken glad nie dat die klasseerder die skeersel in al hierdie klasse moet verdeel nie. Onnodige fragmentering van die skeersel word nie aangemoedig nie omdat dit die hanterings- en bemarkingkoste verhoog en nie noodwendig n beter prys vir die produsent beteken nie. Die sleutel tot goeie klassering is om hierdie twee teenstrydige stelle vereistes teen mekaar op te weeg ten einde die hoogste moontlike potensiële inkomste uit die skeersel te verdien. Die Klasstandaarde beklemtoon ook die wolklasser verantwoordelikheid se om goeie bestuursbeginsels in die wolskuur toe te pas en besoedeling voor klassering en tydens verpakking te voorkom. n Skeersel wat met baaltou of ander vreemde voorwerpe besoedel is, sal deur die koper gepenaliseer word, ongeag hoe goed dit geklas is. Dieselfde geld vir skoon, onbesoedelde maar swak geklasseerde skeersels
Gedagte vir die Maand Blydskap is die eggo van God se lewe binne-in ons ~ Joseph Marmion ~