MALHERBE RP et WRIGHT R et MUSI R

Vergelijkbare documenten
MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

ANNA HENDRINA MYBURGH

FAKTORE EN VEELVOUDE

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK. CORAM: RABIE, HR, JANSEN, JOUBERT, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GERT PEARSON LIEBENBERG

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

1.1. Op watter dag het die verteller die slegte nuus gekry? (1)

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Paulus kritiseer sy tyd se manier

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Beskuldigde nr. 2 was Barry Vetman en beskuldigde nr. 3 was

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING}

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

ARBEIDSREG ABR214. T:

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

BESTUURSLISENSIE HANDBOEK

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA UITSPRAAK PIETER BERNARDUS VAN ROOYEN NO RORICH WOLMARANS & LÜDERITZ ING

Wanneer iemand sê dit het ek van ons Here gekry.

Beide kan Swahili vlot praat en dit is duidelik dat hulle 'n hart het vir hierdie mense.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

HARMONY GOLD MINING COMPANY BPK. CORAM: MUSI, CJ, R et MURRAY, H, Wnd R. [1] Die Appellant appèlleer teen die geheel van die uitspraak van

As jy weer skryf (Vir Jack)

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Pragtige Koningin Ester

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

Antonieme en sinonieme

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

Fontein van die lewe. Liturgie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Die Groot Muur van Nehemia

Jona en die Groot Vis

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen. BAREND OOR Eerste Appellant

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

UITSPRAAKOPHERSIENING

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

NASIONALE SERTIFIKAAT (BEROEPSGERIG) NKR VLAK 4 NOVEMBER

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYNE

Psalm 91:4, Die Bybel vir almal

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Jesaja sien die Toekoms

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

172/85 JONAS VUYANI MABHANI DIE STAAT

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Transcriptie:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr. A178/2004 In die appèl tussen: PADONGELUKKEFONDS Appellant en JAN ALBERT FOURIE N.O. Respondent CORAM: MALHERBE RP et WRIGHT R et MUSI R AANGEHOOR OP: 9 MEI 2005 UITSPRAAK: MALHERBE RP GELEWER OP: 19 MEI 2005 Appellant was die onsuksesvolle verweerder in die Hof a quo in n aksie om skadevergoeding voortspruitende uit n motorbotsing. Respondent was die eiser in sy hoedanigheid as kurator ad litem vir n sekere Mnr. van Staden wat permanent ongeskik is as gevolg van die beserings wat hy in die botsing opgedoen het. By

2 die aanvang van die verrigtinge het die partye die Hof versoek om slegs die vraag na nalatigheid te beslis. Die appèl handel ook uitsluitlik met die vraag of die geleerde Verhoorregter korrek was met sy bevinding oor nalatigheid. Daar was 3 voertuie betrokke by die voorval waarin Van Staden beseer is: n Corolla motor bestuur deur Mnr. Rykdom en waarin Van Staden n passasier was (hy het agter gesit); n passasiersbus wat bestuur was deur Mnr. Kopa en n Nissan bakkie bestuur deur Mnr. Makinoto. Dit was die eiser se saak op die pleitstukke dat die botsing veroorsaak is deur die nalatigheid van Kopa, alternatiewelik deur die nalatigheid van Makinoto en in die verdere alternatief, deur die gesamentlike nalatigheid van Kopa en Makinoto. Die geleerde Verhoorregter het bevind dat die betrokke botsing veroorsaak is deur die uitsluitlike nalatigheid van Makinoto en appellant ook gelas om die koste van die geding te betaal. Hy het aan appellant verlof verleen om teen die bevinding op die meriete na hierdie Hof te appelleer en gelas dat die koste van die aansoek om verlof om te appelleer, koste in die appèl is. Al die betrokkenes by die voorval waaroor hierdie saak handel, was óf werknemers van die Unisel myn te Welkom óf het baie gereeld daar gekom. Die botsing het ongeveer 4.30 vm. op 24 Augustus 1999 plaasgevind. Rykdom was oppad na Unisel waar

3 hy en sy twee passasiers, Van Staden en Jonker (wat links voor gesit het en in die botsing gedood is) later daardie oggend aan diens moes gaan. Hulle het gery op die pad tussen President Brand myn, Nr. 5 skag en Unisel op n teerpad met n dowwe stippellyn in die middel en wat net een baan vir verkeer in elke rigting gehad het. Dit is gemenesaak dat Kopa met die bus oppad was in die teenoorgestelde rigting. Dit was nog donker en altwee hierdie voertuie se hoofligte was aan. Hulle het met mekaar gebots deurdat Rykdom kort voor die botsing na regs gedraai het en half onder die bus ingery het wat op die laaste oomblik effens na links geswaai het. Die botsing was ongeveer waar die veld en die teerpad bymekaar kom aan Rykdom se verkeerde kant van die pad. Rykdom se weergawe is dat hy die betrokke pad goed geken het omdat hy dit daagliks gebruik het; dat hy teen ongeveer 80 kpm gery het en die ligte van die aankomende bus gesien het; dat hy sy motor se ligte gedomp het en onverwags die onverligte en stilstaande bakkie van Makinoto voor hom opgemerk het; dat hy na regs geswaai het om n botsing met die bakkie te voorkom en sodoende met die aankomende bus gebots het. Hierdie weergawe word in wesenlike opsigte gestaaf deur Kopa. Hy was n busbestuurder in diens van Sandrivier Busdiens wat

4 daagliks mynwerkers na en van Unisel vervoer het. Hy was oppad met n leë bus nadat hy mynwerkers by Unisel afgelaai het. Hy getuig dat hy die aankomende ligte van die motor wat met hom gebots het (Rykdom se Corolla) sien aankom het. Hy het voortgery aan sy korrekte kant van die pad teen ongeveer 20 kpm. Hy beskryf die botsing in sy hoofgetuienis soos volg: Terwyl ek dan so gery het, het ek opgemerk dat die aankomende voertuig het van sy baan af geswaai en in my baan kom ry. Op daardie stadium het ek n sink wat geblink het opgemerk dat hier is nog n ander voertuig. Ek het ook uitgeswaai, ek het na my linkerkant uitgeswaai, na die veld toe om hierdie ander voertuig kans te gee dat hy aan my regterkant moet verbyry... Soos ek aangery gekom het, het ek nie hierdie derde voertuig opgemerk nie aangesien dit was donker gewees en die voertuig se ligte was nie aan gewees nie, maar na die botsing ek het opgemerk dat hierdie voertuig het op n ryvlak gestaan... in sy linkerbaan aangesien dit was aankomende verkeer vanaf Brand na Unisel toe. Makinoto stem saam dat die botsing tussen Rykdom se Corolla en die bus plaasgevind het in die onmiddellike omgewing van sy bakkie. Volgens hom was hy en sy passasier ook oppad na Unisel

5 om te gaan werk. Hy getuig dat sy bakkie se hoofligte aan was en dat hy beide die aankomende bus en die agtervolgende Corolla se ligte gesien het. Hy het in sy truspieël opgemerk dat die Corolla aan die regterkant van die pad ry asof hy hom wou verbysteek. Die botsing tussen die Corolla en die bus het skuins regs agter sy bewegende en verligte bakkie plaasgevind. Hy het stilgehou en sy bakkie se noodflikkerligte (die sogenaamde hazards ) aangeskakel en gaan ondersoek instel by die botsingstoneel. Toe hy heelwat later na sy bakkie terugkeer, het hy gemerk dat hy ook nie die hoofligte afgesit het toe hy stilgehou het nie. Sy bakkie se battery was pap en hy is deur n persoon van die insleepdiens gehelp om sy bakkie weer aan die gang te kry met behulp van sogenaamde jumper kabels tussen die onderskeie voertuie se batterye. Uit voorgaande kort opsomming van die onderskeie bestuurders se weergawes, is dit duidelik dat dit gemenesaak is dat Makinoto se bakkie nie fisies in die botsing betrokke was nie. Dit is ook duidelik dat die respondent se saak was dat Rykdom nie nalatig was nie maar dat hy homself in n noodtoestand bevind het as gevolg van die onverligte en stilstaande bakkie van Makinoto.

6 Daarteenoor was appellant se saak dat Makinoto se bakkie nie stilgestaan het nie en dat dit ook nie onverlig was nie. Die geleerde Verhoorregter het Makinoto se weergawe in die volgende woorde verwerp: Die getuienis van Makinoto is so onwaarskynlik en leuenagtig dat dit met veiligheid verwerp kan word. Dit is so onbetroubaar en absurd dat dit geen ernstige oorweging verdien nie. Op sy weergawe sou Rykdom op n selfmoord missie gewees het en op pad om hom en sy insittendes te vernietig. Benewens Rykdom en Kopa het respondent ook die getuienis van Mnr. de Wet aangebied. Hy is n dieselwerktuigkundige in diens van Sandrivier Busdiens. Sy pligte het ingesluit om na al die skagte te gaan waar ons busse was... om hulle op te start en... basies net n ligte inspeksie te doen dat alles reg is. Die oggend van die voorval het hy Kopa se bus ook aan die gang gekry en gevind dat alles in orde was. Hy was oppad na n ander deel van die myn toe hy n radioberig ontvang het in verband met die botsing hier ter sprake. Hy is soontoe en vind Makinoto se

7 bakkie waar dit onverlig op die ryvlak staan. Hy getuig soos volg in hoof:... n nie blanke man het my genader, hy het gesê hy is die drywer van die bakkie wat in die pad staan of ek hom nie net sal kom help om sy bakkie uit die pad uit te kan skuif nie... Ek het my werksbakkie gevat en voor hom gaan stop... want hy het my spesifiek gevra ek moet hom net jump start... Ek het uiteindelik die jumpers opgesit en toe het die ligte van die voertuig aangekom... Ek het die draad van die coil na die distributor het afgekom, ek het dit net gekonnekteer en toe hulle start, toe vat hy... met die jumpers Volgens De Wet sou die los draad waarna hy verwys, veroorsaak het dat die bakkie glad nie met enjinkrag sou kon loop nie. Respondent se saak was dan ook dat hierdie getuienis van De Wet die antwoord verskaf waarom Makinoto se bakkie stilstaande en onverlig was en Rykdom en Kopa se onderskeie weergawes sterk staaf. Namens appellant het Mnr. van der Walt die geleerde Verhoorregter se uitspraak in besonderhede ontleed en gekritiseer, o.a. die volgende bevindings: i) Wat beklemtoning verdien, is dat met die moontlike

8 uitsondering van Rykdom die ander gemelde getuies (Kopa en De Wet) volkome onafhanklik was en nie enige belang by die gevolge van die botsing gehad het nie. Hierdie stelling is nie heeltemal korrek nie. Respondent se saak was dat Kopa ook nalatig was en die getuienis toon aan dat hy en De Wet beide vir dieselfde werkgewer gewerk het. ii) Geen ernstige kritiek teen die getuienis van die eiser se getuies kon deur Mnr. van Rooyen, namens die verweerder, aangetoon word nie. In alle wesenlike opsigte staaf hierdie getuies mekaar en is dit nie net geloofwaardig nie maar ook betroubaar. Die eerste deel van hierdie bevinding is ook nie korrek nie. Appellant se advokaat het in sy hoofpunte van betoog inderdaad ernstige kritiek teen veral Kopa en De Wet se getuienis uitgespreek, te wete (a) dat Kopa op die dag van die voorval in n volledige verklaring na Makinoto se bakkie verwys het as onderweg van wes na oos... in sy baan gewees en het volgens my normaal gery... aankomende voertuig

9 d.w.s. dat dit nie stilstaande was nie. (b) dat De Wet se beskrywing van die enjinruim van Makinoto se bakkie, en veral die posisie van die coil waaraan die los draad sou gewees het, nie klop met die werklikheid nie en n vraagteken plaas agter De Wet se getuienis omtrent die herstelwerk wat hy na bewering aan die bakkie gedoen het. (c) dat De Wet se geheue klaarblyklik nie goed is nie omdat hy glad nie eers kan onthou dat hy in die strafsaak in die Landdroshof oor hierdie botsing getuig het nie. Dit is korrek dat die uitspraak van die Hof a quo swyg oor hierdie aspekte. Ek meen ook dat die stelling dat Makinoto se getuienis absurd is omdat dit daarop neerkom dat Rykdom op n selfmoord missie was, nie geregverdig is nie. Talle botsings word bedags en snags veroorsaak deur n voertuig wat poog om n ander voertuig verby te steek terwyl daar verkeer van vooraf aankom.

10 Die geleerde Verhoorregter noem in sy uitspraak ook n hele aantal weersprekings in Makinoto se getuienis wat daarop sou dui dat hy onbetroubaar is, bv. dat daar namens appellant aan hom gestel is dat Jonker om 4.30 vm. sou sak (d.w.s. ondergrond gaan) terwyl hy getuig dat dit 4.45 vm. was; dat hy in die Landdroshof getuig het dat die Polisie 1 1½ uur na die botsing opgedaag het en in die onderhawige verhoor getuig het dat dit tussen n ½ uur en 1 uur was; ens. Ek stem met eerbied met Mnr. van der Walt saam dat heelwat van hierdie weersprekings werklik nie wesenlik is nie. Veral die verwysing na tye is onbelangrik: dit is trouens welbekend dat wanneer tye soos half vyf of half ses oorgetolk moet word, daar dikwels misverstand is. Hoe dit ookal sy, ek het al die kritiek teen die geleerde Verhoorregter se uitspraak en teen respondent se getuienis oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom dat die appèl nie kan slaag nie: Kopa was in n skielike noodtoestand geplaas deur Rykdom se swaai na regs. Rykdom gee n aanvaarbare verklaring vir sy swaai na regs, nl. Makinoto se onverligte, stilstaande bakkie in sy

11 rybaan. Die is gemenesaak dat Makinoto se bakkie na die botsing nie aan die gang kon kom nie en ge jump start moes word. Alhoewel De Wet moontlik fouteer oor waar presies die coil van die bakkie was, is dit hoogs onwaarskynlik dat hy sy herstelwerk aan die bakkie uit sy duim suig. Sy weergawe verklaar waarom Makinoto se bakkie onverlig en stilstaande was. Volgens Mnr. van der Walt is dit onverklaarbaar dat De Wet konsuis sy herstelwerk aan die bakkie in besonderhede kan onthou maar nie kan onthou dat hy in die strafsaak in die Landdroshof oor dieselfde botsing getuig het nie. Hierdie deel van sy getuienis plaas n vraagteken oor sy geloofwaardigheid in die algemeen, aldus die betoog. Dit kom inderdaad vreemd voor dat De Wet nie kon onthou dat hy in die Landdroshof getuig het nie. Ek het al sy getuienis in hierdie verband gelees en weer gelees en vir my kom dit eg voor. Die geleerde Verhoorregter het die getuie gesien en gehoor getuig en sy getuienis aanvaar. Ek is nie oortuig dat hy in hierdie opsig fouteer het nie. Indien al die getuienis opnuut oorweeg word, meen ek dat respondent se weergawe tereg deur die geleerde Verhoorregter aanvaar is as meer waarskynlik as dié van appellant. Gevolglik word die appèl met koste afgewys. J.P. MALHERBE, RP Ek stem saam.

12 G.F. WRIGHT, R Namens die appellant: Adv N van der Walt In opdrag van: Honey Prokureurs BLOEMFONTEIN Namens die respondent: Adv P J T de Wet In opdrag van: Rossouws Prokureurs BLOEMFONTEIN /sp