Geagte voornemende ouers

Vergelijkbare documenten
SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7

LAERSKOOL ELARDUSPARK. Skryfbehoeftes vir 2019 IN SAMEWERKING MET 10/10 SKRYFBEHOEFTES. (ouers is welkom om van hierdie opsie gebruik te maak)

Laerskool Eikestad Voorgeskrewe Skool- en Sportdrag. Soos goedgekeur op 26 Julie 2016

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

LAERSKOOL ELARDUSPARK. Skryfbehoeftes vir 2018

SKOOLUNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Nie korter as vier vingerbreedtes bokant die knie nie.

SKOOL UNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Vier vingerbreedtes bo die knie.

HOëRSKOOL ROODEPOORT VOORKOMSREËLS

ADDISIONEEL BYKOOP per kwartaalasseblief: (Die artikels is nie in die pakket nie)

Laerskool Horison Graad

Wiskunde. Werkboek. Geagte Ouers/Voogde

GRAAD 8 SKRYFBEHOEFTES 2012

S. Swanepoel. Standerton Akademie 08/11/2017. Geagte Ouers,

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

Graad 7-inligtingsbrief

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

Primêre Seunskool Skryfbehoeftelyste 2016

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Ons Prospektus 1. WELKOM

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

LAERSKOOL PARK. Op die Algemene Ouervergadering gehou op 23 Oktober 2018, is gelde vir 2019 soos volg vasgestel :

VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG INHOUDSOPGAWE BLADSY

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Januarie: Eerste Kwartaal

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Inligtingshandleiding

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Laerskool Garsfontein

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

REKORD- EN EINDEKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Laerskool Olifantsvallei

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

POSBUS 22 TEL: (022) PORTERVILLE FAKS: (022) Gestig 1870 PROSPEKTUS 2019

AANSOEKVORMS EN INLIGTINGSDOKUMENTE OP JVR-WEBWERF

KLEREDRAGBELEID. Die voorgeskrewe skooldrag word gedurende skoolure, sowel as by ander skoolaktiwiteite

LAERSKOOL ROODEKRANS INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 4-6 AKADEMIESE INLIGTING JANUARIE 2018 AKADEMIESE HOOF (DPS): ME. SUZANNE FOURIE

2 nd Chances... Wiskunde

Laerskool Olifantsvallei

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Liewe Ouers. Baie Welkom! Ons glo dat dit vir u en u kind n positiewe ervaring gaan wees om deel van ONS skool te wees.

Beleid oor Leerders se Algemene Voorkoms Tydens Skoolure en ander Skool Aktiwiteite

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Indien u kan help, gee asseblief u naam in by die sekretaresse, me Nolene van Wyk.

LAERSKOOL GARSFONTEIN

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Laerskool Bakenkop. Underbergstraat 5, Wierdapark, Centurion. Posbus 51928, Wierdapark, Tel nr faks

LAERSKOOL LORRAINE. -Die skool wat omgee.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

NUUSBRIEF 1 VAN 2017

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

Foendieklub vir uitnemendheid in Tegnologie

LAERSKOOL GARSFONTEIN

Wiskunde Graad 4. November 2016

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

POSBUS 22 TEL: (022) PORTERVILLE FAKS: (022) Gestig 1870 PROSPEKTUS 2017

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Hier trap ons diep spore...

1. Ek en my nuwe skool

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Omsendbrief 19/ Junie 2015

PRO-ED AKADEMIE SKOOLREËLS

Les 14: Entrepreneurskap

inligting vir skole Doen iets wen iets!

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE

Transcriptie:

Geagte voornemende ouers Ek het die voorreg om saam met n span toegewyde personeel en betrokke ouergemeenskap, hierdie wonderlike skool, wat 114 jaar gelede geopen het, te dien en te lei. Laerskool Middelburg is n plek ryk aan tradisies, waar elke individuele kind binne n ontspanne, koesterende en veilige atmosfeer vrae kan vra, kan eksperimenteer, foute kan begaan en sy/haar unieke potensiaal en vermoëns kan ontwikkel. Hier kry elkeen die geleentheid om kennis en vaardighede te bekom, wat hulle sal toerus om aan te pas en te blom binne n voortdurend veranderende wêreld. Binne die rustige plattelandse atmosfeer en ons boomryke skoolterrein, kan ons kinders ook ontspan, speel en lag. Hulle kan hul verwonder en hulle verbeelding en kreatiwiteit uitleef. So word positiewe verhoudings gebou en werk ons aan ons unieke identiteit, wat prioriteit verleen aan gesonde waardes wat elke kind se toekoms rig. Ons het n reputasie en rekord van uitnemende akademiese, kulturele en sportprestasies. Ons volg n holistiese benadering en moedig elke leerder aan om hul fisiese, kognitiewe, emosionele en sosiale potensiaal te ontwikkel. Gesonde dissipline word gebalanseer met sorg en liefde. Moet asseblief nie aarsel om my te kontak, indien dit nodig is nie. My deur is altyd oop en ek verwelkom elke geleentheid om u te ontmoet en u kind se vordering en ontwikkeling te bespreek. Hier by Laerskool Middelburg word u deel van ons Koedoekopfamilie, waar daar geen vreemdelinge is nie. Net vriende wat u nog nie ontmoet het nie. Ons verwelkom u in ons wêreld en ons sien met groot afwagting uit na u inskakeling! Gerrie van der Merwe Skoolinligting Skoolure Maandag - Donderdag: Aantree 07:25 sluit 13:30 Vrydag: Aantree 07:25 sluit 13:00 Parkering Kinders van Gr. 1-3 word opgelaai in Bhimy Damanestraat (Kerk parkeerterrein). Kinders van Gr. 4-7 word opgelaai in Joubertstraat. Indien u gesin meer as een kind in ons skool het, kan u almal oplaai by die jongste lid se gespesifiseerde oplaaiplek.

Skooldrag Maandag tot Donderdag skooldrag Vrydag Middiedrag SKOENE IS NIE VERPLIGTEND GEDURENDE DIE SOMER NIE. Middiedrag - is nie verpligtend op Vrydae nie, leerders mag gewone skooldrag ook dra. Somer Middiedrag Middie kortbroek en Middie hemp met swart, wit of swart-en-wit tekkies. Geen ander skoene of gekleurde tekkies word toegelaat nie. Winter Middiedrag - sweetpakbroek met die Middiehemp. Wit, swart of wit-en-swart tekkies mag gedra word. Geen ander skoene of gekleurde tekkies word toegelaat nie. Somersdrag (Gedra vanaf die eerste Maandag in September): SEUNS DOGTERS Hemp: Kakie, kortmou Broek: Kakie, kort broekie Kouse: Grys, lank, skoolkleure Skoene: Swart, toeryg Baadjie: Maroen skoolbaadjie Sweetpakbaadjie Pull-over: Maroen, ougoud ingeweef in V-nek Trui: Maroen, ougoud ingeweef in V-nek Rok: Maroen en wit geruit (Gingham) Maroen hot pants Sokkies: Maroen, kort ingeweef Skoene: Swart, toeryg of met gespe Baadjie: Maroen skoolbaadjie Sweetpakbaadjie Pull-over: Maroen, ougoud ingeweef in V-nek Trui: Maroen, ougoud ingeweef in V-nek Wintersdrag (Gedra vanaf die eerste Maandag in Mei): SEUNS DOGTERS Hemp: Wit, langmou Broek: Grys, langbroek Das: Amptelike maroen skooldas Kouse: Grys lang skoolkleure Skoene: Swart, toeryg Pull-over: Maroen, ougoud ingeweef in V-nek Trui: Maroen, ougoud ingeweef in V-nek Baadjie: Maroen skoolbaadjie of sweetpakbaadjie Hemp: Wit, langmou Broek: Maroen, langbroek Das: Amptelike maroen skooldas Kouse: Maroen kniekouse ingeweef Skoene: Swart, toeryg Pull-over: Maroen, ougoud ingeweef in V-nek Trui: Maroen, ougoud ingeweef in V-nek Baadjie: Maroen skoolbaadjie of sweetpakbaadjie Juwele: Geen armbande, rekke, sierringe of kettinkies word toegelaat nie. Slegs polshorlosies en Medic Alert bandjies of hangertjies word toegelaat by seuns. Dogters mag ook een goue of silwer seëlring dra met breedste deel nie breër as 1cm nie. Dogters mag slegs een oorbel per oor in die onderste gaatjie van die oorlel dra. Slegs gewone goue of silwer knoppie-studs of ringetjies, nie groter as 1cm in deursnee,mag gedra word nie. Geen oorringe met gekleurde steentjies, diamantjies of tierlantyntjies van goud of silwer toegelaat nie. Horlosies (slegs swart,goud of silwer) moet nie uitspattig wees nie en geen elektroniese funksie (sms, calculator ens) mag tydens skool gebruik word nie. Hare, naels en grimering: Hou hare skoon en netjies; geen steps of comb over ; nie gekleur of gebleik; geen sonstrepies of jel. Hare mag nie n kind se sig belemmer as hy/sy sit en werk nie. Seuns se hare mag nie oor hul oë en ore hang of aan die kraag raak nie. Dogters se kuifies moet kort geknip of met knippies/skuifknippies (swart of bruin) vasgesteek word. Slegs wit, goud of maroen plastiek haarbande word toegelaat. Sodra n dogter se hare die onderpunt van die kraag raak, moet dit netjies vasgemaak word met wit, goud of maroen linte, bruin en swart skuifknippies, rekkies (ook swart of bruin) of bolletjies. Geen ander haarversiersels (strikke of kamme) word toegelaat nie. Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie - hou dit kort en skoon. Geen neallak word toegelaat nie. Geen lip gloss, maskara, blosser of enige ander grimering word by skooldrag toegelaat nie. Skoolklere kan by die volgende winkels aangekoop word: Retiefs: Cowen Ntulistraat, Eastdene kompleks ( 013 243 2487 Die Lapa: Bhimy Damanestraat 29 ( 013 282 5794 By skool se klerebank: Maandae 09:00 10:00 MIDDIEDRAG: Sportswear: Joubertstraat oorkant die skool, verkoop Middiedrag op bestelling. ( 013 243 0575 Alle artikels moet duidelik gemerk word met leerder se naam en van.

Ons Waardes Laerskool Middelburg is n waardegedrewe skool. Ons fokus op die volgende 5 waardes: Eerlikheid, respek, verantwoordelikheid, nederigheid en regverdigheid. Ons pas hierdie waardes toe in alle situasies en die leerkragte fasiliteer die proses van bewusmaking en toepassing van die relevante waarde. Leerders kan deur die jaar waarde balkies verdien deur die waardes daagliks toe te pas. Dissiplinêre stelsel: Seniors Elke klas het n dissiplinêre boek wat die klas oral vergesel. Deur die dag word goeie gedrag met positiewe inskrywings beloon en oortredings kry n negatiewe inskrywing. Aan die einde van elke week ontvang u as ouers n e-pos, met die week se terugvoer-positief en negatief. (die kodes word in die e-pos beskryf. Hierdeur word u op hoogte gehou van u kind se gedrag by die skool en kan u prys/ vermaan waar nodig. Juniors Ons junior klasse spandeer meeste van hul dae in een klas, by hul eie juffrou. (hulle wissel nie na elke periode soos die seniors nie). Elke klasjuffrou behandel dus haar klasreëls met haar leerders en maak seker hulle word toegepas. Op die laaste Maandag van elke kwartaal, ontvang ouers n opsomming van hul kind se gedrag deur die kwartaal (die positiewe en die nie-so positiewe gedrag). Hierdie vorm moet geteken en terug gestuur word voor die einde van die kwartaal. Enige gedragsprobleme wat onmiddellike aandag vereis sal aan die ouers gekommunikeer word. Daar is elke kwartaal n oueraand. (Sien jaarbeplanner) Kommunikasie Huiswerkboekie: Elke seniorleerder ontvang n spesiale Koedoekop huiswerkboekie. Dit is elke leerder se verantwoordelikheid om daagliks hul huiswerk in die boekie aan te teken. Die huiswerkboek MOET u kind elke dag skool toe vergesel. n Verlore huiswerkboek moet dadelik by die registerjuffrou aangemeld word. Me. Vera de Wet behartig alle sake i.v.m. die huiswerkboekies. Koedoewoordjies: Die leerders ontvang weekliks n harde kopie met n opsomming van die daaropvolgende week se gebeure. n Meer gedetaileerde uiteensetting word op dieselfde dag d.m.v. e-pos aan u gestuur. Alle take, assesserings en toetse word ook hier uiteengesit. Communicator: Ons maak ook van n eksterne informasiebron gebruik, wat inligting dadelik op n rekenaarskerm laat verskyn. Aktiwiteite, asook prestasies en uitslae word weekliks op die Communicator geplaas. U moet net die sagteware gaan aflaai deur D6 School Communicator in Google in te lees, ons skool se naam te kies en dan die eenvoudige stappe daarna te volg. Skool-SMS: Ons stuur ook met sekere geleenthede n massa-sms uit om seker te maak u ontvang sekere belangrike inligting, of om u net daaraan te herinner. Facebook: Gaan volg gerus ons Facebookblad om te kan volg en sien wat alles by ons skool aangaan! Webtuiste: www.laerskoolmiddelburg.co.za

Whatsapp groepies: Meeste leerkragte en afrigters stig n groepie om alle inligting vinnig aan al die ouers oor te dra. Ons versoek dat u dit as n eenrigtingradio hanteer en glad nie op die onderwyser se boodskap sal reageer op die groep nie. Indien u verdere kommunikasie verlang, moet u dit asseblief na die onderwyser persoonlik stuur. U is ook welkom om die skoolkantoor te skakel, om telefonies met die betrokke persoon in aanraking te kom. Respekteer asseblief elke onderwyser en afrigter se privaatheid en hou kommunikasie binne gepaste ure. Skooltasse Graad 1 tot graad 3 gebruik slegs die plastiek bokstassie soos die Bantex Cassey 11. Enige kleur word toegelaat. Graad 4 tot graad 7 kan enige tipe skooltas gebruik. GRAAD 1 Legkaart 20-75 stukke 1 boks snesies 1 metaal skerpmaker met houer 1 pak met 12 lang inkleurpotlode 1 Amos gompen en wit craft gom 1 groot geel stoflap (grootste een!) 2 x uitdraaikryte (pak van 12) 12 x 2H potlode (verkieslik Staedtler) Tassie: bokstassie plastiek soort - groter as A4 (sodat papier nie vou nie) 1 inkleurboek ± 40 bladsye Kontantbedrag: R30 00 per leerling (vervang en aankoop van leesmateriaal) 1 plastiek roomysbak (2 liter) (moenie naam opskryf nie) 10 wasgoedpennetjies (nie hout nie) 2 vloeibare seep 1 klein bordborseltjie 2 x Staedtler uitveërs 1 pakkie wetwipes GRAAD 2 2 x 40g Pritt gomstafie 2 x Staedtler Inkleurpotlode (12 s) 1 pak uitdraaikryte (opsioneel) 12 x Staedtler 2H potlode 1 x A4 wit skryfbordjie 1 xmini borduitveër (grys) 8 x swart, witbordmerker (dun punt) 2 x uitveërs - Staedtler 1 x 2 gat skerpmaker met houertjie 1 x 14cm Staedtler stomppunt skêr 1 x 3cm Staedtler liniaal (geen twist en flex) 1 x Bantex Cassy II skooltas (geen caddy) 2 x bokse snesies 2 x handwasseep vloeistof 2 x flip files Kontantbedrag: R50 00 (vervang en aankoop van leesmateriaal) GRAAD 3 1 x skêrpmaker, 2 gat met houertjie, Staedtler 2 x Pritt gomstafies, 40g 1 x uitveër, Staedtler Tradition 1 x skêr, Staedtler, 140mm stomppunt 1 x pak Staedtler inkleurpotlode (12 s) of plastiek 12 x Inoxcrom/Jovi inkleurkryte (12 s) 1 x Staedtler 2H potlode 1 x liniaal, Staedtler 30cm 1 witbordjie 2 x stelle van 4, dik Pentel Maxiflo witbordmerkers 1 x mini bord uitveër (grys)

1 x pennesakkie (30cm) - moet van materiaal wees 2 x Bulldog clips (32mm) 1 x Bantex Casey ll skooltas - plastiek bokstas 2 x pakke van 5, A4 boekoortreksels: deurskynend 1 x boks snesies Kontantbedrag: R30 00 (vervang en aankoop van leesmateriaal 1 x Pakkie Wet wipes of Baby wipes GRAAD 4 1 x boksie vuurhoutjies 1 x maatband (naaldwerkmaatband) 6 x blou penne fyn (Geen swart of rooi penne en ook geen uitveërpenne nie 4 x HB potlode (Geen 2H potlode nie) 2 x lang liniale (nie buigbare liniale nie) 1 x uitveër 1 x skerpmaker (met twee groottes vir skerpmaak van potlode met houer) 1 x skêr (groot skêr met oranje handvatsel 4 x Pritt (45g) 1 x inkleurpotlode (12) Kleurpenne (klein pakkie is voldoende) geen khoki s nie asb!! 3 x Flip files met 20 sakkies Pennesakkie / penneblikkie Dik plastiek vir oortrek van handboeke en skirfte, soos nodig Huiswerkboekie met datums word aan leerders gegee 3 x snesies (200 per pak) SKEPPENDE KUNSTE 1 x 2B kuns potlood 1 x olie pastelle 1 x Flip file (20 sakkies) 1 x Steadler uitdraaikryte OORTREK VAN SKRIFTE Oortrekpapier vir Afrikaanse, Engelse en Wiskunde skrifte (4 boeke per vak) (Rooi, blou, geel, groen) GRAAD 5 Inkleurpotlode Skêr Staedtler uitveër Skerpmaker met houer Tippex Staedtler kleurpenne Staedtler liniaal 30cm Staedtler pacer en lood 2 x Staedtler potlode 2 HB 5 x bloupenne (Nie gel of uitveërpenne nie) 5 x Pritt 40g 2 x snesies (boks van 200) 2 x Disifix vir oortrek van boeke Gewone oortrekpapier (Karakter/kolle/kleure/strepe) 1 Pakkie sterre/kolle/gesiggies GRAAD 6 en 7 NIE SPESIALE LYSIE VAN BENODIGDHEDE NIE. Wenk: Ons vra baie mooi dat u die handboeke sal versterk, aangesien ons handboeke en skrifte vreeslik verniel. Versterk asb u kind se skooltas deur die volgende te doen: Plastiese sakkies met : zip / lêers/koeverte aan te skaf, waar u kind se boeke per vak ingepak word. n Los rakkie vir u kind se rugsak (+- R50-R70) of Gebruik n papboks: Sny dit in die helfte en sit dit in u kind se tas. Merk asb. al u kind se skryfbenodigdhede duidelik.

Skoolbestuurspan: Mnr. Gerrie van der Merwe Skoolhoof Mev. Petrea van den Heever Adjunkhoof (Akademie, Kultuur) Mnr. Willie Dique Adjunkhoof (Dissipline, Sport) Mev. Lindi Rall Kurrikulumspesialis: Tale Mev. Sarie Verwey Kurrikulumspesialis: Grondslagfase Mnr. Louis Potgieter Kurrikulumspesialis: SW Mnr. Charl van der Westhuizen Kurrikulumspesialis Sport Mev. Tharina Opperman Kurrikulumspesialis: LV, Kuns en Kultuur & EBW Mnr. Edri Rall Kurrikulumspesialis: Wiskunde & NWT SKOOLGELD Deposito van R1190 sal gealokeer word as die eerste maand se betaling. Die Skoolgeld beloop R11 900 (Gr1- Gr7 & SPO) per leerder vir die jaar 2018. Betaling oor 10 maande - R1 190 per maand, vanaf 7 Januarie 2018 tot 7 Oktober 2018 Die Skoolgeld vir Koedoe-spoortjies beloop R14 520 (Gr R) per leerder vir die jaar 2018. Die skoolgelde is vooruitbetaalbaar voor die sewende van elke maand. Betaling oor 11 maande - R1 320.00 vanaf 7 Januarie 2018 tot 7 November 2018. BETALING VAN NASKOOLGELDE Slegs leerders in graad 1 graad 7 van Laerskool Middelburg word toegelaat in die naskool. Die naskoolgeld beloop R10 340 (Gr1- Gr7 & SPO) per leerder vir die jaar 2018. Dit is n bedrag van R940 per maand per leerder. Die gelde is vooruitbetaalbaar voor die sewende van elke maand, vanaf Januarie 2018 tot November 2018. (11 maande) - Kontak die debiteure departement vir enige navrae. Die naskoolgeld vir Koedoe-spoortjies beloop R8 800.00 (Gr R) per leerder vir die jaar 2018. Dit is n bedrag van R 800 per maand per leerder. Die gelde is vooruitbetaalbaar voor die sewende(7de) van elke maand, vanaf Januarie 2018 tot November 2018. (11 maande) Bankbesonderhede: Rekeningnaam: LAERSKOOL MIDDELBURG Bank: ABSA Bank - Middelburg Takkode: 632005 Rekeningnommer: 01019800870 Naskool: Bank: ABSA MIDDELBURG Rekening naam: HUIS GRUNDLINGH Takkode: 632005 Rekeningnommer: 0101 9790 874 Naskoolgelde moet asb nie in die skoolrekening inbetaal word nie. Verwysing: U gebruik u verwysingsnommer soos op skoolstaat, anders u kind se naam, van en graad. Bewys van betalings kan gefaks word na (013) 2431306 of e-pos na admin@lsmbg.co.za Rekeningnavrae: debiteure@lsmbg.co.za

Laerskool Middelburg Kontakinligting Posadres: Posbus 19, Middelburg 1050 Straatadres: Joubertstraat 32, Middelburg, Mpumalanga Telefoon: 013-282-5298 Telefoon Huis Grundling (Naskool): 013-243-2482 E-pos: navrae@lsmbg.co.za Webwerf: www.laerskoolmiddelburg.co.za