P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE Weekbrief 18/2014 6 Junie 2014 GESTIG 1870 JUNIE EKSAMEN 2014 Ons graad 10-12 leerders is tans besig met die eksamen. Ons graad 7-9 leerders begin op Maandag, 9 Junie met die eksamen, asook ons graad 4-6 leerders met die Formele Assessering. Ondersteun asseblief u kind met baie liefde en verdraagsaamheid. Die skoolure gedurende die eksamen, verskyn onderaan hierdie bladsy vir u kennisname. Sportoefeninge sal in skooltyd plaasvind. In die geval van ongure weer, sal die skool steeds om 13:00 sluit. * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * * O/13 BO- LAND CRAVENWEEKSPAN Baie geluk aan Christiaan Burger wat opgeneem is in die O/13 Boland Cravenweek- span. O/18 BOLAND AKADEMIE B-SPAN Baie geluk aan J.H. Smal wat opgeneem is in die O/18 Akademie B-span. BOLAND NET- BALSPELERS Ons is trots op nog 2 van ons netbaldogters wat ingesluit is in Bo- landspanne. Baie geluk aan die volgende spelers wat vir die volgende ouderdomsgroepe verkies is: Boland 0.15 Boland 0.18 Hanneke Kotzé Lize Simon Die Bolandspanne neem die naweek van 20-21 Junie aan die Interprovinsiale toernooi te Worcester deel. Die skool se beste wense vergesel hulle. Ons netbal maak ons trots! HS WES-KAAP TOP SKOLE KOMPETISIE Op Saterdag, 7 Junie speel ons 1 ste span (0.19 Meriete afdeling) en 0.13A (0.13 Meriete afdeling) in die Laerskole en Hoërskole Wes-Kaap Top Skole Kompetisie. Die kompetisie vind by HS De Kuilen in die Kaap plaas. Die drie top skole uit WP, Weskus, Boland en SWD neem deel. Ons dogters gaan dus blootgestel word aan baie strawwe kompetisie. Mag al die spanne ons skool se naam op die Voorpunt hou. Sterkte en ons hou duime vas. Toegangsgelde vir toeskouers by Hoofingang is as volg: R5 p/p en R10 p/voertuig. Skooltye gedurende eksamen - 07:30-13:00 Rugby & Netbaloefeninge (Dins & Donderdae) - 12:00-13:00 Kooroefeninge (Maandae, Woens & Vrydae) - 07:30-08:30 Klerewinkeltye (Dinsdae) - 13:00-13:15
BAIE DANKIE... Marius en Margot Huysamer vir die skenk van die blomme & Marelise Treurnicht vir die rangskik van die blomme vir die Sop en Brood aand tydens die Protea Afrigter se besoek. Dit word baie waardeer!! GELUKWENSE AAN OUD LEERDERS MET GRADUANDI NAAM MATRIEKJAAR KWALIFIKASIE M. van Niekerk 1992 MTh M.A. Visagie 2006 LLB(VG) H. Kotze 2007 NOS K. Jordaan 2008 BEd(Algemene Onderwys) N. Williams 2008 BScAgric (Wyn Spes) Wynkunde W.J. Bleeker 2009 BEd (Algemene Onderwys) A. Kotzé 2009 HonsBCom S.J. van Zyl 2009 HonsBRekeningkunde T. Pretorius 2010 BTS MATRIEKSERTIFIKATE Die volgende oud-leerders se matrieksertifikate moet nog by die skool afgehaal word: Ischke Alkaster, Aimée Beerwinkel, Peter Brown, Marco & Junior Brundyn, Deana Burger, Henriëtte Carolus, Daniëlle Coetzee, Tiaan Coetzee, Lara Coldrey, Lihan Conradie, Melissa de Villiers, Waylon Dirks, Sebastian Dorrington, Arno du Plessis, Esmeralda Everson, Zanmari Heydenrich, Shaun-Austin Ingram, Gretchen Jafta, Lenecia Jantjes, Willem Koch, Menisha Lindt, Selena Marsch, Erik Meyer, Barbara Nel, Louis Nel, Jeremy Ockhuis, Louis Pasques, Bianca Simms, Lee Solomon, Wayne Stassen, Morné van Rhyn, Gideon van Zyl, Marika Viljoen, Bianca Wagenstroom, Roberto Wiehahn, Temera Witbooi & Rayner Zincke.
OORDENKING VIR DIE WEEK LEES: 2 Timótheüs 2: 14 16 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as `n werker wat hom nie hoef te skaam nie (15). Vir meer as 20 jaar het Olive Davies die mense van `n klein Walliese myndorpie as verpleegster gedien en versorg. Die myndokter was ontevrede met die klein vergoeding waarmee haar onbaatsugtige diens vergoed is. Na `n besondere veeleisende geval, het hy gewaag om met haar daaroor te praat. Nurse, why don t you make them pay you more? It It is ridiculous that you should work for so little. God knows you re worth it. Daar was `n pouse soos sy staan en dink. Sy glimlag, maar haar oë het `n erns en dringendheid wat die dokter verbaas. Dokter, antwoord sy met `n erns wat by haar oë se kyk pas, as God weet ek is dit werd, dan is dit ál wat vir my saak maak. As God se goedkeuring en behae ons enigste lewensmaatstaf is, loop ons `n geseënde pad. Nie my voordele nie, maar God se behae, dit is wat dan tel. Dit is die kern van almal wat God teen groot opofferings dien, se geheim. Ons verhouding met die Here Jesus en die werk van die Heilige Gees in ons, bring so `n gesindheid in die hart. GEBED Here vandag wil ek u liefde vir my só ken, dat u belange, u saak, my eerste belang is. AMEN
HSP DIVA AAND - HOU HIERDIE SPASIE DOP Fondsinsameling ten bate van n afdak by die Kleinskooltjie Slegs vir vroue Slegs vir vroue... Slegs vir vroue... Gassprekers en vermaaklikheid: Elsabé Aldrich (besoek www.elsabealdrich.co.za vir meer inligting) Adv. Hanlie Linde (Munisipale Bestuurder van Bergrivier Munisipaliteit) Datum : Vrydag, 25 Julie 2014 Tyd : 19:00 Waar : N.G. Kerksaal Tema : Vroue wat skitter Drag : Glitz and Glamour Koste : R160 p/p (Vier gang maaltyd - Johan von Wielligh) Daar gaan pryse toegeken word vir die bes geklede/mees gepaste geklede dames in die volgende kategorieë: * The lady in red * Ms. Bling * Uit Ouma se kas * The X-factor * Me Stylvol * Me Natuurlik / Ms Natural Kaartjies is te koop by: Annamarie de Lange, Annazelle Burger (Citrusdal), Belinda Smith, Chrismaré Cruywagen, Cornette Liebenberg, Ester de Jager (Kleinskooltjie), Eulize Coetzee, Gretha Cronjé, Hester Daniëls, Karin Knoetzen, Lerina Nel, Marelise Treurnicht, Minette Burger, Raimondia van Uys, Riana Hagen (Citrusdal), Ronelle Bakker, Wena van der Merwe, Wilmarie Kriel & Elna Lombard (HSP ontvangs). Kontak asseblief vir Karin Knoetzen (022 931 3201/ Karin@knoetzen.co.za) vir meer inligting. (Alle kaartjieverkope se geld moet asseblief teen Dinsdag, 22 Julie inbetaal wees by Elna Lombard (Hoërskool Porterville ontvangs). Baie dankie aan almal wat help om kaartjies te verkoop. Dit word baie waardeer!!
WEEKPROGRAM Vrydag, 06 Junie - Gr. 10-12 Eksamen O/11 Rugby @ Prieska (T) om 19:00 Pinkster Saterdag, 07 Junie - Wes-Kaap Netbal Top Skole (H/S De Kuilen) Pinkster Maandag, 09 Junie - Gr. 10-12 Eksamen Gr. 7-9 Eksamen begin begin Dinsdag, 10 Junie - Gr. 7-12 Eksamen Woensdag, 11 Junie - Gr. 7-12 Eksamen Donderdag, 12 Junie - Gr. 7-12 Eksamen Vrydag, 13 Junie - Gr. 7-12 Eksamen Wes-Kaap Netbal Oefenkamp Saterdag, 14 Junie - Wes-Kaap Netbal Oefenkamp Sondag, 15 Junie - Wes-Kaap Netbal Oefenkamp Maandag, 16 Junie - Wes-Kaap Netbal Oefenkamp Jeugdag MNR. WILLEM ENGELBRECHT SKOOLHOOF STERKTE AAN AL ONS LEERDERS MET DIE EKSAMEN!!