Inligtingshandleiding
Die Plaasklonkies Motto Waar ons speel-speel leer Die Plaasklonkies Missie By Plaasklonkies streef ons daarna om n atmosfeer te skep waarin kinders kan leer deur spel. Ons wil graag hê die kinders moet veilig en geborge voel, beide emosioneel en fisies, en om met respek deur ander behandel te word. Op die manier wil ons by hulle n liefde vir hul medemens, die natuur en bowenal hulself kweek! Algemene skoolreels en regulasies Skooltye Plaasklonkies is oop van Maandae tot Vrydae, tussen 07h00 en 17h00. Personeel sal op diens wees vanaf 06h30 in die oggend tot 17h30 in die middae om aflaai voor en oplaai na werk te fasiliteer. Die laat afhaal van kinders sal van u verhaal word teen R25.00 per halfuur of deel daarvan. Plaasklonkies is oop dwarsdeur die jaar, behalwe op naweke, publieke vakansiedae en n drie week-periode oor die Kersgety. Maaltye n Weeklikse spyskaart is beskikbaar om ouers te help om nie maaltye te dupliseer tuis nie. Ons spyskaart is uitgewerk deur n geregistreerde dieetkundige. Die spyskaart verskyn op kennisgewingborde by die skool. Maaltydskedule: Ontbyt 08h00 08h30 Middagete 11h30 12h15 Middag versnappering 14h30 Indien u kind later as 08h30 afgelaai word, maak asb seker dat hy/sy ontbyt by die huis nuttig.
Program Plaasklonkies se program volg n geselekteerde tema elke week wat voorsiening maak vir speletjies en aktiwiteite wat verband hou met die temas. Klem word veral geplaas op die kinders se natuurlike vermoë om te leer deur spel. Deur die program word daar aandag gegee aan verskeie aspekte van die kinders se ontwikkeling. Ons doen ook n klassieke musiekprogram by die skool. Elke kind moet asb aan die begin van die jaar die volgende items saambring: n Sak n Ekstra stel klere n Kombersie en kussing vir rustye n Hoedjie/sonblok vir warm sonnige dae n Duidelik gemerkte waterbottel n Haarborsel n Pennesakkie met kryt (jumbo vetkryte by jnrs en uitdraaikryte by seniors) n Wit bordjie en white board marker n Gemerkte bal n Motorfietsie met sy/haar naam op Al die klein items moet asb in n wit roomysbak skool toe gestuur word met u kind se naam op. Elke kwartaal is R150 betaalbaar vir die kinders se curriculum boeke. Daar is ook verskeie buitemuurse aktiwiteite wat by die skool aangebied word. Ander buitemuurse aktiwiteite is Playball, Dance Mouse, Zeelie Weelie Buddies, C-Maths Rekenaarklasse en Kinderkinetika. Kinderkinetika vir die Gr RR e is ingesluit by die skoolfonds. Wat moet saamgestuur word? Voorsien asb u kind van n klein kombersie vir rustye, asook n waterbottel en n haarborsel. Alle items moet asb duidelik gemerk word. Maak asb seker dat die items beskikbaar is op die eerste dag wat u kind Plaasklonkies bywoon. Maak asb seker dat daar n skoon stel klere in u kind se sak is vir ongelukkies, en as u kind nog potty train meer stelle skoon klere en broekies/pull-ups.
Alle kinders wat buite speel moet asb met sonskerm gesmeer word. Stuur ook asb n hoedjie saam skool toe. Fooie n Getekende Inskrywingsvorm tesame met die registrasiefooi en die eerste maand se fooie word benodig om u kind se inskrywing by Plaasklonkies te verseker. n Herregistrasiefooi is elke jaar voor einde November betaalbaar om u kind se plek te verseker. Aan die begin van elke semester moet elke ouer asb vir ons die vlg items skool toe stuur: X3 rolle toiletpapier X1 boks sneesdoekies X1 bottel handewasseep X1 pak wet wipes Fooie is vooruit betaalbaar voor die derde van elke maand. Indien u kind se registrasie by Plaasklonkies beeindig moet word vir welke rede ookal, benodig albei partye ten minste een kalendermaand skriftelike kennis. Novembermaande word nie aanvaar as n kennismaand nie. Indien u kind die skool verlaat moet u aan die einde van September alreeds kennis gee. Siekte en medikasie Hou asb u kind tuis in die geval van griep/verkoue wat u kind se aktiwiteitsvlakke beinvloed, koors, bronchitis, longontsteking of enige ander aansteeklike siekte. Kinders wat antibiotika neem vir ernstige aansteeklike siektes moet asb die eerste 3 dae van die antibiotika-kursus by die huis gehou word. Indien u kind asmaties is of enige allergiee het wat medikasie soos n inhalingstoestel of Epi-pen benodig, voltooi asb die Noodmedikasie Toestemmingsvorm. Heg asb n foto van u kind aan die vorm vas. Die medikasie sal in die medisynekassie gebere word vir gebruik indien nodig. Indien u kind enige ander medikasie benodig, handig dit persoonlik in by die onderwyseres/ assistent en voltooi die Medikasie Rekord. Geen medisyne mag in n kind se sak gelos word nie en geen medisyne/instruksies van n kind sal aanvaar word nie.
Algemeen Trek asb vir u kind ouer klere aan sodat hy/sy sorgeloos kan speel en nie bekommerd hoef te wees oor nuwe klere nie. Die kinders speel in sand, verf, werk in die grond en in warmer maande word hulle toegelaat om ook met water te speel. Ponieritte word weekliks meegemaak, maak asb seker dat u kind aangetrek is hiervoor. Ten slotte Ons doel is om elke familie wat deel raak van Plaasklonkies se ervaring so positief as moontlik te maak en om vir die kinders n huis weg van die huis te skep. Indien u enige probleme ondervind, voel asb vry om n afspraak te maak en dit te bespreek. Ons kinders is ons grootste geskenke en ons verstaan hoe belangrik dit is om gerus te voel oor in wie se sorg u hom/haar toevertrou. Gina Swanepoel 082 700 9970