AANBOD OM TE KOOP. Ek, die ondergetekende, Identiteitsnommer: Maatskappynommer: Trust /Beslote Korporasie Nommer: Huwelikstatus: Adres: Tel:

Vergelijkbare documenten
VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

KOOPKONTRAK MEMORANDUM VAN N OOREENKOMS AANGEGAAN EN GESLUIT TUSSEN:

AANBOD OM TE KOOP. Wat by aanvaarding 'n Koopkontrak daarstel

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

REËLS VAN VEILING EN VOORWAARDES VAN VERKOPING DIE VOLGENDE SAL DIE VOORWAARDES VAN VERKOPING WEES WAARVOLGENS DIE EIENDOMME

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

VERKOOPSVOORWAARDES In terme waarvan VAN RENSBURGS AUCTIONS (PTY) LTD van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

VERKOOPSVOORWAARDES in terme waarvan VAN RENSBURG EN BEKKER VEILINGS (EDMS) BPK van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

KOOPKONTRAK ERF LANGEBAAN KOPER:

TERME EN VOORWAARDES

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder )

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

KOOPOOREENKOMS IDENTITEITSNOMMER: ONGETROUD/GETROUD BINNE/BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE (HIERNA GENOEM DIE VERKOPER")

OOS VRYSTAAT KAAP BEDRYF BEPERK : UITSTEKENDE PLAAS OP TENDER TE KOOP

KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOED

BKB EIENDOMME (EDMS) BEPERK (Reg. Nr. 67/04920/07)

KOOPOOREENKOMS IDENTITEITSNOMMER: ONGETROUD/GETROUD BINNE/BUITE GEMEENSKAP VAN GOEDERE (HIERNA GENOEM DIE "VERKOPER")

Koper Een Naam: Id / Reg No:, behoorlik daartoe gemagtig en hierin verteenwoordig deur

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

KOOPOOREENKOMS. Aangegaan deur en tussen: DIE TRUSTEES VAN TYD TOT TYD VAN DIE DIEMERSFONTEIN DEVELOPMENT TRUST Registrasie Nommer IT4061/2004

BKB EIENDOMME (EDMS) BEPERK (Reg. Nr. 67/04920/07)

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

TENDER PROSEDURE. 1. Betaal R terugbetaalbare registrasie fooi per tender op trust in by LANGE CARR & WESSELS INGELYF.

VERKOOP VAN VASTE EIENDOM

BKB EIENDOMME (EDMS) BEPERK (Reg. Nr. 67/04920/07)

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KOOPOOREENKOMS NOG 'N SPOGONTWIKKELING DEUR GLC DEVELOPMENT (EDMS) BPK

OOS VRYSTAAT KAAP BEDRYF BEPERK : VRYBURG PLASE OP TENDER TE HUUR / KOOP

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

BOUKONTRAK AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

VEILINGSREëLS (LANDBOU GROND) en VERKOOPSVOORWAARDES

VEILINGSREëLS (LANDBOU GROND) en VERKOOPSVOORWAARDES

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VILLA CORTONA AFTREE-OORD DEELTITEL KOOPKONTRAK. Aangegaan deur en tussen:

INHOUD 1. TENDER PROSEDURE 2. BESONDERHEDE VAN EIENDOM 3. TRANSPORTAKTE 4. BOUPLANNE 5. TENDER EN VERKOOPSVOORWAARDES VRYWARING

INHOUD 1. TENDER PROSEDURE 2. BESONDERHEDE VAN EIENDOM 3. BOUPLANNE 4. TENDER EN VERKOOPSVOORWAARDES VRYWARING

INHOUD 1. TENDER PROSEDURE 2. BESONDERHEDE VAN EIENDOM 3. TRANSPORTAKTE 4. BOUPLANNE & SONERINGSERTIFIKAAT 5. TENDER EN VERKOOPSVOORWAARDES VRYWARING

BEMARKINGSOOREENKOMS

OOREENKOMS OM ONROERENDE EIENDOM TE KOOP EN TE VERKOOP

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

VERKOOP VAN VASTE EIENDOM

HUURKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

AANSOEK OM LIDMAATSKAP

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

KOOPKONTRAK : CGC KANTOOR & KLEINHANDEL

VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS

Huurkontrak (vir woon - huisvesting vanaf 1 Januarie 2015 en die einddatum 30 November 2015)

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

KOOPOOREENKOMS VAN AANDELE. Hierdie ooreenkoms word aangegaan tussen: THANI-ZIMBI GAME FARM (PTY) LIMITED. Registrasienommer: 2005/018832/07

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Indien Maatskappy of Beslote Korporasie, die registrasienommer:

KOOPKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

KOOPKONTRAK. (van n deeltitel eenheid in terme van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone en die Wet op Deeltitels)

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

BTW. Werkstukke vir Hoofstuk 4 - DEEL 3

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

HUURKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

BESLOTE KORPORASIE / MAATSKAPPY AANSOEK OM KREDIETFASILITEITE Termes en Voorwaardes ingesluit. Besonderhede van persoon wat die aansoekvorm voltooi:

AANBOD VIR DIE VERKRYGING VAN N REG TOT UITBREIDING - DEELTITELSKEMA

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

AANSOEK OM STUDIELENING

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

Naskool Tel:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

HUURKONTRAK. aangegaan deur en tussen SEE-EIKE TRUST (EIENDOMS) BEPERK DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Katalogus. Lot 1 Friesperd reun: Esfané Zorba. Lot 2 Friesperd hings: Esfané Wynand. Lot 3 ESFANÉ VEILING 3 MAART ESFANé STOET OPEDAG EN VEILING

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

TWK AGRICULTURE HOLDINGS PROPRIETARY LIMITED (TWK LANDBOU) AANSOEK VIR DIE GOEDKEURING AS AANDEELHOUER

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

ARBEIDSREG ABR214. T:

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

Transcriptie:

AANBOD OM TE KOOP Ek, die ondergetekende, Identiteitsnommer: Maatskappynommer: Trust /Beslote Korporasie Nommer: Huwelikstatus: Adres: Tel: Inwoner van die Repupliek van Suid-Afrika JA/NEE (Hierna genoem die Koper(s)) Bied hiermee aan om deur bemiddeling van CAPELAND FARMING PROPERTIES, Tulbagh te koop sekere boerdery onderneming waarby ingesluit is sekere plaaseiendom (met alle geboue, indien enige) Bekend as: _ Geleë:

Groot: (hierna genoem die Eiendom) soos meer volledig beskryf in Transportakte Nr: Van: _ Identiteitsnommer: Maatskappynommer: Trust /Beslote Korporasie Nommer: Huwelikstatus: Adres: Tel: Inwoner van die Republiek van Suid-Afrika JA /NEE (Hierna genoem die Verkoper(s)) Onderhewig aan die volgende voorwaardes: 1. KOOPPRYS 1.1 Die totale koopprys van die boerdery onderneming is die bedrag van R, opgemaak soos volg: 1.2 Die koopprys van die Eiendom is die bedrag van R ;

1.3 Losgoed soos vermeld in klousule 18 ten bedrae van R, soos gelys in Aanhangsel A. 1.4 Aandele en/of leweringsregte soos vermeld in klousule 24 ten bedrae van R, soos in Aanhangsel A hiervan beskryf. 2. BETALINGS Die volle koopsom soos hierbo vermeld, is as volg betaalbaar: 2.1 n Deposito van R met ondertekening hiervan aan, welke bedrag in trust gehou en tydelik belê moet word op n rentedraende rekening, welke rente vir die rekening van die Koper(s) sal wees. 2.2 Die balans van R met registrasie van transport aan die Verkoper(s), sy of hulle order, erfgename, eksekuteurs, administrateurs of benoemdes, welke bedrae die Koper(s) onderneem om te betaal aan die Verkoper(s) of sy genomineerdes. 3. WAARBORGE Die Koper(s) sal op aanvraag deur die Verkoper(s) se prokureur na voldoening aan die hierinvermelde opkortende voorwaardes, een of meer bank- of ander aanvaarbare waarborg of waarborge ten gunste van die Verkoper(s) of sy genomineerde(s) verskaf vir die betaling van die koopprys of gedeelte daarvan. 4. BESIT Besit word aan die Koper(s) gegee op datum van registrasie van die transport onderhewig aan al die bepalings hiervan betrefende okkupasie en alle bestaande huurkontrakte (indien enige). 5. VAKANTE OKKUPASIE 5.1 Vakante okkupasie van die Eiendom sal deur die Verkoper(s) aan die Koper(s) gegee word op, op welke datum dit uitsluitlik tot die Koper(s) se wins, risiko of verlies sal wees.

5.2 Indien vakante okkupasie voor die datum van oordrag aan die Koper(s) gegee word sal die Koper(s) nie geregtig wees om enige strukturele veranderings aan die Eiendom aan te bring sonder die voorafgaande skriftelike toestemming van die Verkoper(s) nie, welke toestemming binne die algehele diskresie van die Verkoper(s) sal wees, en sal die Koper(s) verplig wees om die Eiendom te ontruim by kansellasie van hierdie ooreenkoms om welke rede ookal. Dit word ooreengekom dat geen Huurooreenkoms geskep word deur sodanige voorafgaande besit nie. 5.3 Vakante okkupasie sal ook onderhewig wees aan alle bestaande huurkontrakte (indien enige). 6. OKKUPASIEVERGOEDING Indien okkupasie van die Eiendom nie met die datum van registrasie van transport aan die Koper(s) ooreenstem nie, sal die party wat okkupasie van die Eiendom geniet terwyl dit in die naam van die ander party geregistreer is as teenprestasie vir sodanige okkupasie en vir die duur daarvan, okkupasievergoeding aan die ander party betaal teen n koers van %( persent) per jaar op die balans van die koopprys, betaalbaar maandeliks vooruit. Besitsvergoeding is betaalbaar aan te. 7. LOPENDE SAAK TRANSAKSIE 7.1 Dit word op rekord gestel dat die Eiendom deel vorm van die bates van n lopende saak, soos meer volledig elders uiteengesit, en dit voorsien word dat BTW teen n nulkoers betaalbaar sal wees. 7.2 Die Koper(s) is aanspreeklik vir die betaling van BTW ten opsigte van die koopprys van die eiendom hetsy teen n nulkoers of standaardkoers. In die geval waar die transaksie nie as n lopende saak transaksie deur die Ontvanger van Inkomste toegelaat word nie en BTW teen die standaardkoers betaalbaar is, sal die gemelde BTW betaalbaar wees deur die Koper(s) aan die oordragprokureurs voor registrasie van transport en moet die bedrag van die BTW wat aldus betaalbaar is, ingesluit word by die waarborge waarna hierbo verwys is. Dit word verder ter boek gestel dat die lopende saak wat hiermee verkoop word wel n inkomste genererende besigheid is.

7.3 Die Verkoper(s) waarborg dat by ondertekening hiervan en tot by die datum van registrasie van transport, hy n ondernemer sal wees waarna verwys word in Artikel 1 van die BTW Wet en behoorlik geregistreer sal wees ingevolge Artikel 23 van die Wet. 7.4 Die Koper(s) waarborg dat hy of reeds geregistreer is as n ondernemer ingevolge die bepalings van Artikel 23 van die Wet, of indien nog nie aldus geregistreer nie, wel op of voor die datum van registrasie van transport aldus geregistreer sal wees. 7.5 Met betrekking tot die verkoop van die besigheid word die volgende ter boek gestel: 7.5.1 die besigheid verteenwoordig n onderneming waarna verwys word in Artikel 1 van die BTW Wet; 7.5.2 die besigheid is en sal op datum van registrasie van transport, n inkomste genererende besigheid wees; 7.5.3 alle komponente wat nodig mag wees vir die bedryf van die besigheid as n lopende saak word deur die Verkoper(s) aan die Koper(s) verkoop ingevolge hierdie ooreenkoms; 7.5.4 die verkoop van die besigheid in terme van hierdie ooreenkoms is die verkoping van n lopende saak en BTW is gevolglik betaalbaar teen n nulkoers ingevolge die bepalings van Artikel 11(1)(e) van die BTW Wet; 7.5.5 die koopprys is bereken op die aanname dat n nulkoers van toepassing sal wees soos hierbo uiteengesit is; 7.5.6 beide die Koper(s) en Verkoper(s) onderneem om die oordragprokureurs so gou moontlik te voorsien van n afskrif van die toepaslike BTW Registrasiesertifikaat.

8. OORDRAGKOSTE 8.1 Die Koper(s) is aanspreeklik vir die betaling van Aktebesorgersfooie ten opsigte van die registrasie van oordrag en alle ander uitgawes verbonde aan sodanige oordrag, aan die oordragprokureur op aanvraag. 8.2 Die Koper(s) is verantwooordelik vir betaling vir die koste van die opstel van hierdie dokument (indien enige). 8.3 Enige verwysings na oordragskoste, hereregte, seëlregte en alle koste wat daarmee verband hou in terme van hierdie koopkontrak sluit in enige BTW wat ten opsigte daarvan betaalbaar mag wees. 9. RENTE OP AGTERSTALLIGES Nieteenstaande enigiets tot die teendeel hierin vervat, kom die partye uitdruklik ooreen dat, ingeval die registrasie van transport vertraag word as gevolg van enige omstandighede wat nie te wyte is aan die Verkoper(s) nie, of indien enige betaling nie stiptelik op of voor die vervaldag gemaak word nie, die uitstaande koopprys (of die bedrag betaalbaar na gelang van die geval) rente sal dra teen die prima bank oortrokke uitleenkoers van Eerste Nasionale Bank van tyd tot tyd. Die gemelde rente sal bereken word vanaf die datum waarop transport geregistreer kon gewees het (was dit nie vir die vertraging nie), of vanaf die vervaldag van die betrokke betaling tot op datum van betaling. 10. OORDRAG Registrasie van oordrag van die Eiendom na die Koper(s) sal behartig word deur prokureurs so na as moontlik aan. 11. BELASTING EN HEFFINGS Die Verkoper(s) betaal alle belastings en heffings van enige aard hoegenaamd ten opsigte van die eiendom of die gebruik daarvan opgelê en gehef tot datum van okkupasie en die Koper(s) betaal alle bedrae opgelê en gehef na datum van okkupasie.

12. VOETSTOOTS 12.1 Die Koper(s) verkoop die bogenoemde eiendom volgens die tans bestaande kaart en transport daarvan en onderhewig aan sodanige voorwaardes en serwitute as wat betrekking op die eiendom mag hê volgens ander transporte, vorige dokumente of ooreenkomste. Die Verkoper(s) is nie verantwoordelik vir enige tekort wat daar by n heropmeting van die eiendom gevind mag word nie en hy doen ook hiermee afstand ten gunste van die Koper(s) van enige oorskot wat daar by sodanige heropmeting gevind mag word. Indien die eiendom foutiewelik hierin beskryf word, bind sodanige fout of vergissing nie die Verkoper(s) nie, maar geld die beskrywing van die eiendom soos in die eiendomsbewyse verskyn en die partye stem tot die rektifikasie hiervan toe om uitdrukking te gee aan die bedoeling van die partye. 12.2 Die Verkoper(s) verkoop en die Koper(s) koop die bogenoemde Eiendom met alle geboue en verbeteringe daarop (indien enige) voetstoots en in die toestand waarin dit tans verkeer. Die Verkoper(s) sal nie aanpreeklik wees vir enige gebreke, hetsy openbaar of verborge nie, en dit word hiermee ooreengekom en verklaar dat daar geen waarborge, stilswyend of uitdruklik, ten opsigte van die bogemelde Eiendom of sake betreffende water oor die boerdery, produksie of inkomste, hetsy uitdruklik of geimpliseerd, gegee is nie. Die Koper(s) verklaar homself/haarself vertroud en tevrede te wees met die toestand van die Eiendom. Die Koper(s) word hiermee geag homself/haarself te vergewis het van die ligging, grense, aard, toestand, grootte en omgewing van die Eiendom en die Verkoper(s) en/of agent word geheel en al onthef van enige aanspreeklikheid ten aansien daarvan. Die ander bates van die boerderyonderneming wat ook ingesluit is by die verkoop soos in klousule 1 hierbo beskryf, word ook voetstoots verkoop en die Verkoper(s) verskaf geen waarborge met betrekking tot die ander bates nie en is ook nie aanspreeklik vir enige gebreke daaraan nie. 13. VERBAND 13.1 Hierdie verkoping is onderhewig aan die opskortende voorwaarde dat indien die Koper(s) nie voor of op n verbandlening op gebruiklike voorwaardes by n finansiële instelling bekom teen sekuriteit van die Eiendom vir n bedrag van minstens R nie, hierdie aanbod dan vanself verval en die partye geen verdere regte en verpligtinge voortspruitend daaruit, ook wat betref eiendomsagentekommissie (indien van

toepassing), sal hê nie. Die Koper(s) onderneem om onverwyld die nodige aansoek vir so n lening en meegaande dokumente in te dien en alles in sy vermoë te doen om sodanige lening te bekom. 13.2 Indien die Koper(s) nie binne 14 (veertien) dae sodanige verbandaansoek by die finansiële instelling indien nie, sal geag word dat hy afstand gedoen het van die voordele van hierdie klousule en sal hierdie klousule gevolglik verval en van geen waarde wees nie, en sal die oreenkoms nie verder aan hierdie klousule onderhewig wees nie. 13.3 Die bepalings van hierdie klousule is uitsluitlik tot voordeel van die Koper(s) en die Koper(s) sal geregtig wees om op enige stadium afstand te doen van die voordele voortspruitend uit die bepalings van hierdie klousule. 14. AGENTE KOMMISSIE Dit word op rekord gestel dat die effektiewe oorsaak van hierdie transaksie CAPELAND FARMING PROPERTIES is, welke agentskap geregtig is op eiendomsagentskapkommissie van plus BTW of sodanige ander bedrag waarop tussen die Verkoper(s) en die gemelde eiendomsagentskap ooreenkom is. Die Verkoper(s) magtig die oordragsprokureurs om teen registrasie van transport die gemelde kommissie plus BTW uit die opbrengs van die verkoping direk aan die gemelde eiendomsagentskap oor te betaal. 15. KONTRAKBREUK Indien die Koper(s) sou versuim om binne 7 (sewe) dae na datum nadat hy skriftelik per geregistreerde pos deur die Verkoper(s) daartoe aangemaan is, welke kennisgewing geag word deur die Koper(s) ontvang te wees 5 (vyf) dae nadat dit gepos is of op die datum waarop dit gefaks is, uitvoering te gee aan sy verpligtinge kragtens hierdie ooreenkoms, sal die Verkoper(s) die reg hê om sonder verwysings na n hof: (a) Hierdie ooreenkoms te kanselleer en herbesit van die Eiendom te neem, in welke geval enige betalings reeds deur die Koper(s) gemaak met uitsluiting van die kommissie aan die Verkoper(s) sal toeval as skadevergoeding, sonder benadeling van sy regte om verdere skadevergoeding en regshulp te eis; of

(b) Om onmiddellike betaling van die koopprys te eis en die vervulling van die voorwaardes en bepalings van hierdie koopooreenkoms. In die geval waar die koopkontrak gekanselleer word as gevolg van die versuim van die Koper(s), sal CAPELAND FARMING PROPERTIES geregtig wees om die kommissie van die Koper(s) te eis. 16. TE STIGTE MAATSKAPPY In geval die Eiendom deur n Trustee vir n te stigte maatskappy gekoop word, en die maatskappy versuim om hierdie ooreenkoms binne 7 (sewe) dae vanaf datum van inkorporasie te ratifiseer, of die maatskappy nie binne 30 (dertig) dae na datum van hierdie ooreenkoms geinkorporeer word nie, sal die ondertekenaar(s) hiervan geag word die Koper(s) te wees en verplig wees om oordrag van die Eiendom in sy/hulle eie naam/name te neem en sal hy/hulle in sy/hulle persoonlike hoedanigheid/hoedanighede gebonde wees aan die behoorlike nakoming van al die voorwaardes van hierdie ooreenkoms. 17. MAATSKAPPY / BESLOTE KORPORASIE / TRUST Indien hierdie ooreenkoms deur n persoon/persone as Koper(s) onderteken is wie voorgee om vir en namens n Maatskappy, Beslote Korporasie of Trust (ander as n Maatskappy of Beslote Korporasie nog nie opgerig nie) op te tree, dan sal hy geag word te waarborg dat hy behoorlik gemagtig is om hierdie ooreenkoms te onderteken en verbind hy hom deur sy handtekening hiertoe ten gunste van die Verkoper(s) as borg en medeskuldenaar in solidum met sodanige Maatskappy, Beslote Korporasie of Trust met afstanddoening van die voordele van verdeling, uitskeiding en sessie van aksie vir die behoorlike nakoming van al die verpligtinge van sodanige Maatskappy, Beslote Korporasie of Trust in terme van hierdie ooreenkoms of voortspruitende uit die kansellasie daarvan. 18. LOSGOEDERE 18.1 Die Eiendom word verkoop met alle bestaande vaste en los toebehore van n permanente aard, ingeslote pompe, pyplyne, permanente besproeiingstelsels, elektriese toebehore, gordynkappe, gordyntoebehore, ingeboude kaste en hortjieblindings, indien enige, en die Verkoper(s) waarborg dat dit, asook die losgoedere gemeld in Aanhangsel A, sy uitsluitlike Eiendom is en dat dit ten volle

betaal en vry van enige huurkoop, retensiereg, hipoteek of ander beswaring is. Voormelde artikels asook die gespesifiseer in Aanhangsel A word voetstoots en in die toestand waarin dit tans verkeer verkoop. 18.2 Ondanks enige bepaling tot die teendeel, sal die eiendomsreg in die Eiendom en in die losgoedere nie op die Koper(s) oorgaan tot tyd en wyl die koopprys soos hierbo vermeld, ten volle deur die Koper(s) aan die Verkoper(s) betaal is nie. 18.3 Die Koper(s) onderneem om alle losgoedere op die Eiendom vanaf datum van vakante okkupasie tot bevrediging van die Verkoper(s) te verseker tot tyd en wyl die verkoopprys ten volle vereffen is en om n versekeringspolis aan die Verkoper(s) te sedeer as bykomende sekuriteit, indien so vereis deur die Verkoper(s). 19. DOMICILIUM Dit word ooreengekom dat die partye die adresse soos hierbo uiteengesit as hul onderskeie domicilium citandi et executandi verkies. 20. JURISDIKSIE 20.1 Die Wes-Kaapse Hoë Hof, Kaapstad (Kaapse Provinsiale Afdeling) sal regsbevoegdheid hê om enige geskil wat uit hierdie ooreenkoms mag ontstaan, te beslis of om enige bepaling van hierdie ooreenkoms op die aandrang van die partye hiertoe af te dwing. 20.2 Indien enige een van die Partye te enige tyd versuim om enige van sy verpligtinge kragtens hierdie kontrak na te kom, en indien die ander Party as gevolg daarvan die aangeleentheid aan sy prokureur oorhandig ten einde nakoming van die genoemde verpligtinge af te dwing of enige ander stappe te neem soos bepaal in hierdie kontrak, sal die skuldige Party in daardie geval verplig wees om alle koste wat so deur die onskuldige Party aangegaan word, te betaal op die prokureur- en eie- kliëntskaal.

21. WYSIGINGS Hierdie kontrak stel die hele ooreenkoms tussen die partye daar en geen wysigings of veranderinge daartoe sal geldig wees tensy dit op skrif gestel is en deur die partye of hul gemagtigde verteenwoordigers geteken is nie. 22. OKKUPEERDERS 22.1 Die partye verklaar uitdruklik dat hulle bewus is van die bepalings van die Wet op Uitbreiding van Sekerheid en Verblyfreg, 1997. Die plaaswerkers soos vermeld op die aangehegte Aanhangsel B is woonagtig op die eiendom en geniet moontlik beskerming onder die Wet. Die partye kom ooreen dat die risiko ten opsigte van enige eise voortspruitend uit die Wet deur die Verkoper(s)/ Koper(s) gedra sal word. 22.2 Die verwysing na vakante okkupasie (klousule 5) in hierdie ooreenkoms sal nie verwys na okkupasie van huise van werkers nie. 23. PLAASWERKERS 23.1 Die plaaswerkers vermeld in Aanhangsel C hiertoe is in diens van die Verkoper(s). Die Verkoper(s) verklaar dat daar geen eise hangend is wat gemaak is deur plaaswerkers met betrekking tot die Wet op Arbeidsverhoudinge van 1996 of die Wet op Basiese Diensvoorwaardes nie, en dat geen plaaswerker enige reg het op buitengewone verlof, opgehoopte verlof, betaling in plaas van verlof, pensioen of ander soorgelyke voorregte, voordele en regte of vergoeding vir verlies van sy betrekking nie. Die Verkoper(s) sal enige verlofgelde of ander bedrae verskuldig aan die plaaswerkers betaal op datum van okkupasie en die Koper(s) sal aanspreeklik wees vir betaling van enige verdere bedrae daarna verskuldig aan die plaaswerkers. 23.2 (a) Die Koper(s) onderneem en sal verplig wees om die gemelde plaaswerkers in diens te neem op dieselfde of beter voorwaardes as die bestaande dienskontrakte. ALTERNATIEWELIK (b) Die Verkoper(s) sal verplig wees om die dienskontrakte van die plaaswerkers vermeld in Aanhangsel C te beëindig, welke dienskontrakte nie oorgeneem word deur die Koper(s) nie. Die

Verkoper(s) sal verplig wees om enige geld of voordele betaalbaar aan die plaaswerkers te betaal indien daartoe verplig onder enige toepaslike wetgewing. 24. AANDELE EN/OF LEWERINGSREGTE INGESLUIT BY DIE KOOPPRYS Die Verkoper(s) is die eienaar van die aandele en/of leweringsregte in die ondervermelde korporasie, welke aandele en/of leweringsregte deel vorm van die bates van die boerderyonderneming wat hiermee as n lopende saak verkoop word. Die Koper(s) onderneem om so gou moontlik na ondertekening van hierdie koopkontrak by die betrokke korporasies aansoek te doen om lidmaatskap en die Verkoper(s) onderneem om die betrokke aandele en/of leweringsregte, ingesluit by die koopprys, aan die Koper(s) oor te dra so gou moonlik, maar nie later nie as 30 (dertig) dae na datum van registrasie van transport. 25. VOORTSETTING VAN BOERDERY Die Verkoper(s) sal vanaf die datum hiervan tot die datum van registrasie van transport/okkupasie voortgaan om die boerdery te bedryf op eie koste (tensy anders hierin ooreenkom) en volgens algemeen aanvaarde beginsels in die betrokke bedryf. 26. DEBITEURE EN KREDITEURE Die Verkoper(s) behou alle debiteure van die onderneming en is aanspreeklik vir die betaling van alle krediteure soos op die datum van registrasie van transport / okkupasie.

27. ELEKTRIESE BEDRADING VAN DIE EIENDOM Die Verkoper(s) onderneem om voor die datum van okkupasie of die datum van registrasie van transport (wat ookal die eerste gebeur) op eie koste n Sertifikaat van Nakoming aan die Koper(s) te verskaf. Die Verkoper(s) sal verplig wees om so gou moontlik na ondertekening van die ooreenkoms die nodige inspeksie van die Eiendom te reël vir die uitreiking van die sertifikaat soos vermeld. 28. LOODGIETERSERTIFIKAAT Die Verkoper(s) sal, op sy eie onkoste n Sertifikaat van Nakoming bekom van n bevoegde persoon en sal hierdie sertifikaat aan die Koper(s) voorsien word voor of op registrasie van oordrag. Die sertifikaat moet sertifiseer dat (a) die water installasie op die eiendom ooreenstem met Nasionale Bouregulasies, (b) dat daar nie defekte is wat kan veroorsaak dat water vermors word nie, (c) dat die watermeter korrek funksioneer en (d) dat daar nie stormwater na die rioolpype vloei nie. 29. KEWERSERTIFIKAAT Die Verkoper(s) sal op sy onkoste reël vir: 29.1 inspeksie deur n deskundige, van al die toeganklike gedeeltes van alle bewoonbare eiendom op die perseel vir besmetting deur óf hylotrupes bajulus óf oxypleuris nodieri kewers, en 29.2 behandeling en/of vervanging van enige hout in ooreenstemming met die aanbevelings vervat in die deskundige se verslag voor okkupasie deur die Koper, of registrasie van transport, welke ookal eerste mag gebeur. 30. SERTIFIKAAT VAN VOLDOENING VIR GAS INSTALLASIES Indien n gas installasie, van watter aard ookal op die eiendom geïnstalleer is, sal die Verkoper(s) n sertifikaat van voldoening deur n gemagtigde persoon of n gemagtigde instansie in terme van die voorskrifte van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Wet No 85 van 1993 en die regulasies uitgevaardig in terme daarvan (soos gewysig) voorsien. Enige werk wat verrig moet word en die sertifikaat te verkry, sowel as die koste vir die uitreiking van die sertifikaat, sal vir die rekening van die Verkoper(s) wees. Die

gemelde sertifikaat sal deur die Verkoper(s) verkry word voor datum van registrasie of okkupasie, welke ookal eerste mag wees, en aan die prokureurs oorhandig word. 31. WATER 31.1 Dit word op rekord gestel dat die waterverskaffing aan die Eiendom onder die jurisdiksie van die Besproeiingsraad van val. Die Eiendom is ingelys vir hektaar besproeiingswater. Onderhewig aan die bepalings van die Waterwet kan die Koper(s) vir hierdie toekenning aansoek doen by die gemelde Besproeiingsraad. Die Koper(s) onderneem om so gou moontlik na ondertekening hiervan aansoek te doen om lid te word van die gemelde Besproeiingsraad. Die Verkoper(s) sal verplig wees om alle uitstaande waterbelasting en waterrekenings op datum van registrasie van transport te vereffen. Die Koper(s) is aanpreeklik vir alle waterverbruik op die plaas met effek vanaf datum van okkupasie van die Eiendom. 31.2 Die Eiendom word verkoop met alle waterregte en word die Koper(s) vanaf datum van registrasie van oordrag, eienaar van alle geregistreerde of ander waterregte wat aan die Eiendom gekoppel is. Die Verkoper(s) sal bewys van alle registrasies aan die Koper(s) lewer. 32. OPENBAARMAKING Die Koper/s verklaar uitdruklik dat hy die titelakte van die Eiendom, die Eiendom en al die bates hierby verkoop geïnspekteer het en dat hy ten volle bewus en ingelig is ten opsigte van alle serwitute, voorwaardes, beperkings en alle relevante feite met betrekking tot die Eiendom, boerdery aktiwiteite, bronne van water, toegangspaaie ens. 33. SPESIALE VOORWAARDES

34. VERVALDATUM Hierdie aanbod deur die Koper(s) aan die Verkoper(s) is onherroeplik tot 24h00 op die dag van 20 en is bindend op die partye na die aanname daarvan deur die Verkoper(s) op enige tydstip voor die gemelde datum, ongeag of die Koper(s) van sodanige aanname verwitting is al dan nie. 35. AGENTSKAP, namens CAPELAND FARMING PROPERTIES aanvaar hierby die voordele en verpligtinge van die agent soos vervat in hierdie ooreenkoms. GETEKEN deur die KOPER(S) te op hierdie dag van 20 AS GETUIES: 1. Koper(s) 2. Eggenoot(e) (Indien namens n Trust / Maatskappy / Beslote Korporasie, behoorlik gemagtig daartoe)

Bygestaan vir soverre dit nodig is deur sy eggenoot / eggenote welke handtekening as bystand en toestemming vir doeleindes van die Huweliksgoederereg geag sal word. Die aanbod soos hierbo geskryf tot die koop van die gemelde Eiendom word hiermee deur my /ons, die Verkoper(s) aanvaar. GETEKEN deur die VERKOPER(S) te op hierdie dag van 20 AS GETUIES: 1. Verkoper(s) 2. Eggenoot(e) (Indien namens n Trust / Maatskappy / Beslote Korporasie, behoorlik gemagtig daartoe) Bygestaan vir soverre dit nodig is deur my eggenoot /eggenote welke handtekening as bystand en toestemming vir doeleindes van die Huweliksgoerderereg geag sal word. GETEKEN deur die AGENT te op hierdie dag van 20 AS GETUIES: 1. Agent 2.

AANHANGSEL A LYS VAN LOS BATES (KLOUSULE 18) EN AANDELE EN LEWERINGSREGTE (KLOUSULE 24)

AANHANGSEL B LYS VAN OKKUPEERDERS WAARNA VERWYS IN KLOUSULE 22

AANHANGSEL C LYS VAN PLAASWERKERS WAARNA VERWYS IN KLOUSULE 23