Willem's Rus: Voorwaardes van Verblyf

Vergelijkbare documenten
OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Fisiese Adres: Viewlaan Rothdene, Meyerton TERME EN VOORWAARDES

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

STALLETJIE AANSOEK KLIPPIES DESEMBER VAKANSIE MUSIEKFEES DESEMBER 2017 KLIPDRAAI Karavaanpark / Caravan Park

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

PRYSLYS R p.p.p.nag R p.p.p.nag R p.p.p.nag R p.p.p.nag R p.p.p.nag

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Plot 40 Posbus 249 Tel: Bon Accord Bon Accord

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

Fisiese Adres: View laan, Rothdene, Meyerton. Besprekings NR

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

STALLETJIE AANSOEK KLIPPIES DESEMBER VAKANSIE MUSIEKFEES DESEMBER 2018

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

HERTZOGVILLE LANDBOUFEES 2015 VRYDAG EN SATERDAG 13 EN 14 MAART 2015

BESTUURSLISENSIE HANDBOEK

SOLDAAT VAN GOD MANNEKAMP

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONTANT BESTUUR BELEID

NG KERK KAMPTERREIN BRIDGETOWN BESPREKINGS- & VRYWARINGSVORM

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

Liewe Bruid en Bruidegom

Wrestling Federation Stoeifederasie

Liewe Bruid en Bruidegom

VRYDAG EN SATERDAG 17 en 18 Maart 2017

WAARDE- TOEVOEGINGS- DIENSTE VIR NOODGEVALLE. swiftcare

WAARDE- TOEVOUGINGS DIENSTE VIR GROEP SKEMAS. swiftcare

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

31 AUGUSTUS 2 SEPTEMBER 2017

Pragtige Koningin Ester

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

AANSOEK OM STUDIELENING

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Huishoudelike GoedereAfdeling

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

HOËRSKOOL OVERKRUIN VAK: WISKUNDIGE GELETTERDHEID DATUM: 26 MEI 2015 FORMELE TOETS 2

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Ons Prospektus 1. WELKOM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Judy Ferreira-Prévost PR. No

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1

8 Die mens in die ruimte

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Pre-Graad R / Graad R

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

ARBEIDSREG ABR214. T:

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Hoe kies n mens n troeteldier?

NED GEREF KERK : NOORDELIKE SINODE REËLS EN REGULASIES VIR DIE GEBRUIK VAN BADSELOOP JEUGKAMPTERREIN Webadres:

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

Pakket spesiaal vir n matriekafskeid

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Transcriptie:

Willem's Rus: Voorwaardes van Verblyf Dankie vir julle bespreking by Willem's Rus. Ons vertrou dat julle jul verblyf by ons pragtige kampterrein sal geniet. Alle kampeerders word vriendelik versoek om deeglik kennis te neem van die inhoud van hierdie dokument omdat dit noodsaaklike inligting bevat. Alle persone wat Willem's Rus besoek is verplig om aan die ondervermelde reëls en voorwaardes te voldoen, al het hulle nie self die bespreking vorm geteken nie. Die persoon wat die bespreking gemaak het en die nodige dokumente onderteken het, is verantwoontlik om die res van die groep oor die reëls en voorwaardes in te lig. Deur te betaal vir jou bespreking bevestig jy dat jy en jou hele groep, ons reëls en voorwaardes soos hierin uiteengesit, verstaan en aanvaar. Alle besprekings moet voor julle aankoms datum ten volle betaal word. Reg van toegang word voorbehou. 1. Betaling: Indien besprekings 10 dae of langer voor datum van aankoms gemaak word, is 'n 50% deposito binne 48 uur betaalbaar. Die balans moet 10 dae voor datum van aankoms betaal word. Indien besprekings 9 dae of minder voor datum van aankoms gemaak word, is die volle bedrag betaalbaar binne 24 uur na die maak van die bespreking. 1.1 Ons stelsel sal outomaties die bespreking kanselleer indien: Betaling nie geskied soos hierbo uiteengesit. Die korrekte verwysingsnommer nie gebruik word nie. Die korrekte bedrag nie betyds betaal word nie. Slegs elektroniese betalings sal aanvaar word. Geen kontant betalings sal by aankoms aanvaar word nie. Willem's Rus (Edms) Bpk, FNB, Rekening nr: 62484407707, Tak kode: 250655. Bewys van betaling moet na admin@willemsrus.co.za ge-epos word. Gebruik jou voorletters, van en bespreking nommer as jou verwysing. Indien beskprekings weens laat- of verkeerde betalings gekanseller word, waarborg ons nie dat dieslefde staanplek of datum weer beskikbaar sal wees nie.

2. Kansellasie Beleid: Alle kansellasies van besprekings, sowel as bankbesonderhede vir terugbetalings, moet skriftelik wees. 2.1 In die geval van kansellasie sal die volgende reëls van toepassing wees: Kansellasies van besprekings vir skoolvakansies, lang naweke en publieke vakansie dae: Indien die bespreking 20 dae of meer voor die aankoms datum gekanselleer word, sal die totale besprekings bedrag, minus 'n R300 administrasiefooi, terugbetaal word. Indien die bespreking gekanselleer word tussen 19 en 9 dae voor die aankoms datum, sal 50% van die totale bedrag verbeur word. Indien die bespreking gekanselleer word tussen 8 en 4 dae voor die aankoms datum, sal 75% van die totale bedrag verbeur word. Indien die bespreking 3 dae of minder voor die aankoms datum gekanselleer word, word die totale besprekings bedrag verbeur. In die geval van 'n kliënt wat glad nie opdaag nie, word die totale besprekings bedrag verbeur. Indien 'n kliënt nie al die nagte van hul bespreking bly nie, sal die oorblywende besprekings bedrag verbeur word. Kansellasies van besprekings vir nie-skoolvakansies, lang naweke en publieke vakansie dae: indien die bespreking 15 dae of meer voor die aankoms datum gekanselleer word, sal die totale besprekings bedrag, minus 'n R300 administrasiefooi, terugbetaal word. Indien die bespreking gekanselleer word tussen 14 en 4 dae voor die aankoms datum, sal 50% van die totale bedrag verbeur word. Indien die bespreking 3 dae of minder voor die aankoms datum gekanselleer word, sal 75% van die totale bespreking bedrag verbeur word. In die geval van 'n kliënt wat glad nie opdaag nie, word die totale besprekings bedrag verbeur. Indien 'n kliënt nie al die nagte van hul besprekng bly nie, sal die oorblywende bespreking bedrag verbeur word. 3. Terugbetalings en oordrag: Geen terugbetalings sal gemaak word vir enige laat aankoms of vroëe vertrek nie. Geen terugbetalings vir persone wat nie met hul groep opdaag nie.

Oordrag van 'n bespreking kan 31 dae of meer voor die aankoms datum gemaak word. Die oordrag versoek moet skriftelik gedoen word en 'n R300 administrasiefooi sal gehef word. 'n Oordrag kan slegs eenmaal gemaak word en dieselfde of soortgelyke staanplek kan nie gewaarborg word nie. Die oordraag datum moet opgeneem word binne 6 maande van die aanvanklike bespreking. 4. Deel van staanplekke: Deel van staanplekke word toegelaat op nr. 1, 2, 14, 15 en 24. Beide groepe moet die reëls en voorwaardes teken voor aankoms. 5. Hek tye: Dinokeng Groot Vyf Wild Reservaat se hek is 24 uur per dag oop. Aankoms tye is van 14h00 tot 18h00. Ontruimings tyd is 13h00. Enige persoon wat by Willem's Rus arriveer moet by ontvangs aanmeld en kan onder geen omstandighede direk na hul staanplek ry nie. Kampeerders sal met 'n afstandsbeheer vir die hoofhek uitgeryk word. 'n Deposito van R150 is betaalbaar en sal terug betaal word met die teruggee daarvan. 6. Verdeeling van naweke: Naweke en langnaweke kan nie verdeel word nie en moet bespreek word vir Vrydag en Saterdag aand in die geval van 'n normale naweek en vir al die nagte van 'n lang naweek, met die uitsondering van die laaste aand. Enkel nagte kan van Maandag tot Donderdag aande bespreek word, behalwe wanneer hulle oor 'n lang naweek of gedurende skoolvakansies val. 7. Klassifikasie van kampeer-eenhede en grondseile: Enige woonwa, sleepwa of voertuig met kamp fasiliteite sal as 'n kampeer-eenheid geklassifiseer word en 'n aparte kampterrein moet vir elke kampeer-eenheid bespreek word, behalwe vir staanplekke 1, 2, 14, 15 en 24 wat gedeel kan word en waar ekstra betaling van toepassing is. Tente word nie as 'n kampeer-eenheid geklassifiseer nie. Met die uitsondering van staanplekke 1, 2, 14, 15 en 24 word net drie tente of minder per staanplek toegelaat.

Slegs oop geweefde grondseile word toegelaat. Geen soliede grondseile word toegelaat nie. 8. Stilte: Willem's Rus is geleë in 'n Groot Vyf Wild Reservaat. Die doel van ons kampterrein is vir besoekers om in die natuur te ontspan, weg van hulle daaglikse roetine. Ons wil graag hê ons kampeerders moet die rustigheid van die bosveld geniet en derhalve mag geen musiek, radio of televisie gespeel word nie. Geen geraas word na 22h00 en voor 07h00 toegelaat nie. 9.1 Algemene Kamp Reëls: Geen troeteldiere, voëls of diere van enige aard word toegelaat nie. 'n Maksimum van 20 km/h word in die kampterrein toegelaat. Geen motorfietse, battery-aangedrewe motorfietse, vierwiel motorfietse, afstandbeheerde motors, drones of vliegtuie word toegelaat nie. Daar mag slegs vuur gemaak word in die voorsiende braaiers en bomas. Die braaier wat aan elke staanplek voorsien word mag slegs op daardie staanplek gebruik word. Geen vure mag op die grond gemaak word nie. Versameling van hout is streng verbode. Beskadiging van enige boom of plant is streng verbode in die kampterrein sowel as enige plek in die Dinokeng Groot Vyf Wild Reservaat. Alhoewel die kampterrein omhein is met 'n elektriese heining moet alle wilde diere as hoogs gevaarlik beskou word. Dit is streng verbode om aan die diere te raak, hulle te voer of te antagoniseer. Geen rook in of rondom die kantoor of ablusieblokke word toegelaat nie. 9.2 Addisionele Algemene Kamp Reëls: Moenie enige vreemde voorwerpe in die toilette gooi nie, dit sal die funksionering van die septiese tenks ontwrig. Die personeel word nie toegelaat om kampeerders met enige take te help nie. (bv. was van skottelgoed en kamp opslaan)

Rook is streng verbode in enige van die ablusiegeriewe. Brandgevaar is 'n werklikheid in die bosveld, wees altyd versigtig wanneer vuur gemaak word. Alhoewel die ablusiegeriewe op 'n gereelde basis skoongemaak word, is dit kamp etiket om die ablusiegeriewe te los soos jy dit graag sou wou vind. Geen rommelstrooiing sal binne die kamp of in die Dinokeng Groot Vyf Wild Reservaat toegelaat word nie. Geen sigaret stompies mag op die grond neer gegooi word nie. 10. Kinders: Kinders het reg van weg. Geen kinders onder die ouderdom van 7 jaar word in of rondom die swembad sonder volwasse toesig, toegelaat nie. Geen kinders onder die ouderdom van 7 jaar word toegelaat om alleen in enige van die ablusiegeriewe in te gaan nie. Neem asseblief kennis dat die swembad nie omhein is nie. Dit is dus ouers se verantwoordelikheid om te alle tye toesig oor hulle kinders te hou. 11. Klimaat: Somer (Oktober tot Maart). Reënseisoen, warm dae, soel nagte. Die gemiddelde daaglikse temperatuur is 30 grade. Die gemiddelde nag temperatuur is 17 grade. Winter (April tot September). Droë seisoen, oor die algemeen warm dae, koue nagte. Die gemiddelde daaglikse temperatuur is 23 grade. Die gemiddelde nag temperatuur 8 grade. 12. Elektrisiteit: Die bestuur van Willem's Rus kan nie verantwoordelik gehou word vir kragonderbrekings wat te wyte is aan Eskom of die Munisipaliteit nie. 13. Vals inligting: Die bestuur van Willem's Rus sal nie verantwoordelik wees vir enige vals of foutiewe inligting wat deur 'n ander maatskappy, webwerwe, reisagentskappe of persone rakende Willem's Rus, gemaak is nie. Geen terugbetalings vir besprekings wat gemaak is as gevolg van sodanige foutiewe inligting sal gemaak word nie.

14. Besoekers: 14.1 Geen dagbesoekers word toegelaat nie. 14.2 Kampeerders mag kuiergaste ontvang maar die volgende reëls geld: Daar moet vooraf reëlings getref word by die besprekings kantoor. Alle kuiergaste moet by Ontvangs aanmeld en mag onder geen omstandighede direk na staanplekke ry nie. Kuiergaste word nie toegelaat voor 09h00 nie en moet teen 18h00 die kampterrein verlaat. 'n Maksimum van 4 kuiergaste, wat in een voertuig ry, sal per staanplek toegelaat word. Kampeerders moet teen nie minder as 3 dae voor die besoek van kuiergaste vir hulle 'n bespreking maak. Die voertuig registrasienommer en alle name van die gaste moet vooraf aan die besprekings kantoor gestuur word. Betaling vir gaste moet nie later as 3 dae voor die aankoms datum by wyse van 'n elektroniese bank betaling gemaak word. 14.3 Tariewe vir kuiergaste is as volg: R60 per volwassene, R40 per persoon onder 18 jaar, R50 per voertuig. 15. Vrywaring: Die gebied en fasiliteite van Willem's Rus Kampterrein word op eie riskio betree en gebruik. Willem's Rus, sy eienaars of enige van sy filiale of enige van sy werknemers, agente, bestuurders of direkteure sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies van of skade aan enige eiendom wat veroorsaak word, sou dit wees deur brand, diefstal, wilde diere of enige ander manier wat verband hou met die gebruik van hierdie fasiliteite. Nie Willem's Rus, sy eienaars of enige van sy filiale of enige van sy werknemers, agente, bestuurders of direkteure sal aanspreeklik gehou word vir enige besering, ongeluk of dood gely deur enige persoon, hoe ookal aangegaan, selfs al is so 'n besering, ongeluk of dood veroorsaak deur die nalatigheid of skuld van Willem's Rus, sy eienaars en werknemers nie. Nie Willem's Rus sy filiale of enige van die werknemers, agente, bestuurders of direkteure is verantwoordelik vir besering, dood of skade aan eiendom wat veroorsaak word deur enige vorm van wilde diere of die elektriese heining nie. Baie dankie vir die bespreking. Ons sien uit om jou by Willem's Rus te verwelkom.