REKENINGKUNDE - GRAAD 12 JUNIE EKSAMEN - 2015 MAKSIMUM PUNTE: 300 NAAM: TYD: 3 URE SLEUTEL: INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN LEERDERS: 1. Antwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK verskaf. 2. Toon alle bewerkings/berekeninge om deelpunte te verdien. 3. Lees die instruksies deeglik en volg dit noukeurig. 4. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 5. Jy kan n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Skryf netjies en leesbaar. Neem kennis dat punte verloor kan word in die volgende gevalle: belangrike datums uitgelaat word, nie-standaard afkortings gebruik word en syfers of tekens oormekaar geskryf word. 7. Gebruik die onderstaande tabel as n riglyn om jou tyd per vraag te bestuur. Probeer om nie van die toegelate tyd af te wyk nie. VRAAG ONDERWERP PUNTE TYD 1 Voorraadwaardasiestelsels en interne kontrole. 35 21 2 Bestuur van vaste bates 35 21 3 Rekonsiliasies Bank en krediteure 30 18 4 Maatskappye Konsepte en grootboekrekeninge 35 21 5 Maatskappye Finansiële state 84 51 6 Maatskappye Kontantvloei, verhoudings en oudit 81 48 TOTAAL 300 180minute
2 VRAAG 1 VOORRAADWAARDASIESTELSELS EN INTERNE KONTROLE 35 punte Crystal Vision is n besigheid wat Taxi handelsmerk sonbrille verkoop. Die besigheid maak van die periodieke voorraadstelsel en die geweegde gemiddelde metode gebruik om rekord van hul voorraad te hou. Hul finansiële jaareinde is 28 Februarie 2015. 1.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2015. (9) 1.2 Bereken die bruto wins vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015. (5) 1.3 Die eienaar, C. Kay, is bekommerd oor die eindvoorraad. Bevestig sy bekommernis met n berekening. (5) 1.4 Verduidelik aan C. Kay wat die tekortkominge van die periodieke voorraadstelsel in sy besigheid is. Gee hom advies t.o.v. wat hy kan doen om die probleem reg te stel. Voorsien hom van TWEE gepaste maatstawwe. (6) 1.5 C. Kay wil sy voorraadwaardasie metode verander na die EIEU metode. Watter advies sal jy hom gee? Verduidelik TWEE punte. (4) 1.6 C. Kay het agtergekom dat die wins van die besigheid oor die jare afgeneem het. Gee n moontlike rede (uitgesluit diefstal) hiervoor en voorsien ook TWEE moontlike oplossings. (6) A. Selfone word teen n vaste verkoopprys van R1 090 elk verkoop om die mededinging in die selfoonmark te oorkom. B. Die volgende selfoonrekords het in die boeke van die besigheid verskyn: TOTALE AANTAL EENHEIDS- WAARDE EENHEDE PRYS (R) Verkope van sonbrille 1 630 R1 090 1 776 700 Beginsaldo op 1 Maart 2014 275 R620 170 500 Totale aankope gedurende die jaar: 1 760 1 313 600 Mei 2014 280 R680 190 400 Augustus 2014 240 R730 175 200 November 2014 880 R750 660 000 Januarie 2015 360 R800 288 000 2 035 1 484 100 Beskadigde sonbrille van die Augustus 2014 se aankope 50?? teruggestuur aan verskaffers Eindvoorraad op 28 Februarie 2015 320?? 35
3 VRAAG 2 VASTE BATES 35 punte Die volgende inligting verskyn in die boeke van OmegaTraders. Hul finansiële jaar eindig op 31 Desember 2014. 2.1 Bereken die opgelope waardevermindering en drawaarde van die voertuig wat op 1 Oktober 2014 verkoop is. (9) 2.2 Voltooi die vaste bate nota van die balansstaat. Toon individuele waardeverminderingsyfers om deelpunte te verdien. (22) 2.3 Verduidelik hoe die bateregister die interne ouditeur met haar pligte van hulp kan wees. Verduidelik TWEE punte. (4) A. Die volgende saldo s het in die boeke verskyn: 31 Desember 2014 1 Januarie 2014 Grond en geboue 1 200 000 1 450 000 Voertuie? 820 000 Toerusting 400 000 320 000 Opgelope waardevermindering op voertuie? 344 000 Opgelope waardevermindering op toerusting? 123 480 B. n Nuwe oond (toerusting) is op 4 Desember 2014 van Bakoond bestel. Die oond is op 31 Desember 2014 afgelewer. C. n Ou voertuig wat R70 000 gekos het, is op 1 Oktober 2014 ingeruil vir R10 001. Die opgelope waardevermindering vir die voertuig op 1 Januarie 2014 was R66 000. Die koste van die nuwe voertuig was R150 000. D. Waardevermindering word soos volg bereken: Voertuie teen 20% op kosprys en toerusting teen 15% op drawaarde. 35
4 VRAAG 3 REKONSILIASIES 30 punte 3.1 Krediteure-rekonsiliasie Midrand Handelaars het n staat vanaf Malibongwe Bpk ( n krediteur) op 30 April 2015, ontvang. Die saldo volgens die staat verskil van die saldo wat in die krediteuregrootboekrekening verskyn. Vergelyk die krediteuregrootboekrekening en die staat wat ontvang is. Voltooi die tabel voorsien in die antwoordboek. (13) A. Krediteuregrootboek van Midrand Handelaars Malibongwe Bpk (KG8) DATUM BESONDERHEDE FOL DEBIET KREDIET SALDO Apr 1 Rekening gelewer a/b 50 000 4 Debietnota 439 KAJ 1 250 48 750 10 Faktuur no. 1229 KJ 1 000 49 750 17 Faktuur no. 1230 KJ 9 090 58 840 19 Faktuur no. 1231 KJ 250 58 590 19 Kwitansie no. 771 KBJ 53 750 4 840 28 Faktuur no. 1330 KJ 5 000 9 840 29 Tjek no. 799 KBJ 6 250 3 590 Debietnota 411 KAJ 2 000 1 590 B. Staat ontvang van Malibongwe Bpk op 30 April 2015. MALIBONGWE BPK REKENINGSTAAT Aan Midrand Handelaars P.O. Box 1234 Newton 2110 Staatdatum: 26 April 2015 Rekening no: 122 AW 89 Datum Besonderhede BEDRAG Apr 1 Rekening gelewer 50 000 4 Kredietnota 113 1 250 10 Faktuur no. 1229 1 000 17 Faktuur no. 1230 8 250 19 Faktuur no. 1231 250 19 Kwitansie no. 771 (53 750) 20 Afslag (375) 27 Faktuur no. 1239 2 500 Eindsaldo 9125
5 Addisionele inligting: a) Daar is vasgestel dat faktuur 1239 wat op die staat verskyn, vir goedere is wat aan n ander besigheid gelewer is. b) Midrand Handelaars het foutiewelik nie die korting aan hulle verskuldig aangeteken nie. c) Midrand Handelaars het nie die handelskorting op faktuur 1230 afgetrek nie. d) Beide die staat en die krediteuregrootboek bevat sommige oorboekingsfoute. 3.2 Bankrekonsiliasie Die onderstaande inligting is n uittreksel uit die rekeningkundige rekords van Elegant Handelaars vir Mei 2015. Die finansiële jaar van die besigheid is jaarliks einde Mei. 3.2.1 Bereken die korrekte banksaldo wat in die algemene grootboek van Elegant Handelaars sal verskyn op jaareinde. Dui aan of die saldo gunstig of ongunstig is. (5) 3.2.2 Verduidelik hoe tjek no. 9172 hanteer behoort te word met die opstel van die finansiële state op 31 Mei 2015. Toon die debiet en krediet inskrywings. (2) 3.2.3 Een van die uitstaande tjeks uitgereik vir herstelwerk is verkeerd hanteer. Identifiseer die tjek en verduidelik hoekom jy hierdie tjek kies. Gee ook die dubbelinskrywing wat nodig is om die transaksie reg te stel. (4) 3.2.4 Slegs R4 900 van die uitstaande deposito van R24 900 was gedeponeer. a) Wat moet die ouditeur doen rakende hierdie saak? (2) b) Watter addisionele maatstawwe moet die interne ouditeur (4) implementeer om die kontantvloei te verbeter? A. Die volgende bankrekonsiliasie was opgestel deur die boekhouer van Elegant Handelaars vir Mei 2015. Oortrokke bank volgens bankstaat 33 500 Uitstaande deposito op 30 Mei 2015 24 900 Uitstaande tjeks: No. 1642 (gedateer 20 November 2014) 8 000 No. 9172 (gedateer 30 Junie 2015) 9 800 ` No. 9753 (gedateer 23 Mei 2015) 4 800 Saldo volgens bankrekening in die algemene grootboek? 30
6 VRAAG 4 MAATSKAPPYE KONSEPTE EN ALGEMENE GROOTBOEK 35 punte 4.1 Vergelyk die konsepte in kolom A met die beskrywings in kolom B. Skryf die korrekte letter langs die nommer in die antwoordboek. KOLOM A 4.1.1 Memorandum van inlywing 4.1.2 Beperkte aanspreeklikheid 4.1.3 Gemagtigde aandelekapitaal 4.1.4 IFRS 4.1.5 Paringsbeginsel KOLOM B a) Riglyne vir die voorbereiding van finansiële state om konsekwentheid te verseker. b) Verteenwoordig die totale aantal aandele wat n maatskappy mag uitreik. c) Inkomste gedurende die rekeningkunde jaareinde gegenereer, moet met die uitgawes gedurende dieselfde periode afgespeel word. d) Spel die regte, pligte en verantwoordelikhede van aandeelhouers en direkteure uit. e) Die besigheid is verantwoordelik vir sy eie skulde en in die geval van insolvensie sal die eienaars slegs hul belegging in die besigheid verloor. (10) 4.2 Die inligting voorgelê is n uittreksel uit die rekords van Taiwan Winkels Bpk vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015. 4.2.1 Bereken die saldo van die SAID: Inkomstebelastingrekening. Dui aan of die saldo betaalbaar is aan die SAID en of die SAID die bedrag aan ons verskuldig is op 28 Februarie 2015. (7) 4.2.2 Stel die volgende rekeninge in die algemene grootboek op: Dividende op gewone aandele rekening (8) Verdelingsrekening. (10) A. Die besigheid het n gemagtigde aandelekapitaal van 500 000 gewone aandele. Op 1 Maart 2014, het die maatskappy 60% van die gemagtigde aandelekapitaal uitgereik. B. Op 20 November 2014, het die besigheid n verdere 80 000 gewone aandelekapitaal teen n uitreikprys van R5,20 elk uitgereik. Hierdie aandeelhouers was nie geregtig op n tussentydse dividend nie, maar sal n finale dividend ontvang. C. Saldo s : 28 Februarie 2015 28 Februarie 2014 Gewone aandele kapitaal? 1 425 000 Behoue inkomste? 34 500 SAID: Inkomstebelasting? (Dt) 13 600 Aandeelhouers vir dividende? 165 000
7 D. Bedrae verskuldig aan die SAID en die aandeelhouers, is op 25 Maart 2014, betaal. E. Op 31 Augustus 2014, het die direkteure n interim dividend van 45 sent per aandeel, verklaar en betaal. n Finale dividend was op 28 Februarie 2015 verklaar. Die totale dividende verklaar gedurende die jaar beloop R363 000. F. R256 000 was aan die SAID betaal t.o.v. voorlopige belasting wat gedurende die jaar betaal is. G. Die netto wins vir die jaar van R1 030 000, is korrek bereken. Inkomstebelasting word bereken op 30% van die netto wins. 35
8 VRAAG 5 BALANSSTAAT EN OUDITVERSLAE 84 punte Jy word voorsien van inligting t.o.v. Deliswa Bpk. Hul finansiële jaar eindig jaarliks op 28 Februarie 2015. Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 1 000 000 gewone aandele. 5.1 Stel die volgende notas tot die finansiële state op: 5.1.1 Gewone aandelekapitaal (12) 5.1.2 Behoue inkomste (12) 5.2 Voltooi die staat van die finansiële posisie op 28 Februarie 2015. (42) A. Gewone aandelekapitaal Die gewone aandelekapitaalrekening het n saldo van R2 112 000 op 1 Maart 2014 gehad. Daar was 660 000 aandele uitgereik tot op hierdie datum. Op 1 Junie 2014, het die maatskappy se raad van direkteure, die terugkoop van 30 000 aandele vanaf bestaande aandeelhouers goedgekeur. Die terugkoopprys is vasgestel teen R9.20 elk. Elektroniese fondsoordragte is aan die aandeelhouers gemaak vir die terugkoop van die aandele. Die transaksie is op 1 Junie 2014 geboekstaaf. 100 000 nuwe aandele is op 1 November 2014 teen R7,00 elk, uitgereik. B. Dividende Tussentydse dividende van R134 000 was op 31 August 2014 betaal. Finale dividende van 35 sent per aandeel is op 28 Februarie 2015 verklaar en sal na die algemene jaarvergadering in April 2015 betaal word. C. Netto wins en belasting Die korrekte netto wins voor belasting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015, is bereken as R1 250 000, nadat al die onderstaande aansuiwerings in ag geneem is. Geen inskrywing is vir die inkomstebelasting teen 30% van die netto wins, gemaak nie. D. Die volgende saldo s het in die boeke op 28 Februarie 2015 verskyn: Krediteurekontrole R720 000 Debiteurekontrole R530 000 Krediteure vir salarisse R 35 500 Inkomste ontvangbaar R 24 000 Kontant in die bank R 66 000 SAID-Inkomstebelasting (Voorlopige belasting) Debiet R400 000 Behoue Inkomste (1 Maart 2014) R306 000
9 E. Vaste deposito s Een van die vaste deposito s, R175 000, verval op 30 September 2015. Die ander belegging verval eers in 2017. F. Die volgende inligting is beskikbaar t.o.v. die verbandlening van ABSA: Verbandlening aan die begin van die jaar R300 000 Gekapitaliseerde rente R 8 000 Terugbetaling van lening en rente vir die jaar R 56 000 Kapitaal gedeelte van terugbetaling op die lening, sal weer dieselfde bedrag wees in die volgende finansiële jaar.? G. Vaste bates Die boekwaarde van die vaste bates was R2 805 000 op 28 Februarie 2015. H. Huur-inkomste Huur-inkomste van R115 500 sluit die huur vir Maart en April 2015 in. Huur was met R500 per maand op 1 Oktober 2014 verhoog. I. Finansiële aanwysers Die netto batewaarde was 455 sent per aandeel op 28 Februarie 2015. Die bedryfsverhouding op 28 Februarie 2015 is bereken as 1,5:1.
10 5.3 KORPORATIEWE BESTUUR EN INTERNE KONTROLE Jy word van n uittreksel van die onafhanklike ouditeure se verslag vir JOSIE Bpk, vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2015, voorsien. Oudit mening Aan die aandeelhouers Ons het die finansiële state soos uiteengesit op bladsy 10 tot 30, nagegaan. Na ons mening, is die finansiële state n redelike weergawe, in alle aspekte, van die finansiële posisie van die maatskappy op 28 Februarie 2015. Die resultate uit hul bedrywighede en kontantvloei vir die jaar geëindig, is in ooreenstemming met die internasionale Finansiële Verslagdoening Standaard soos vereis deur die maatskappyewet in Suid-Afrika. Wetlike en regulerende vereistes In ooreenkoms met ons verantwoordelikhede in terme van seksie 44(2) en 44(3) van die oudit professie se wet, het ons identifiseer dat daar nie aan seksie 48 van die Maatskappyewet van 2008 voldoen is nie t.o.v. die terugkoop van aandele vanaf n direkteur teen verhoogde prys. Hierdie onwettige handeling deur persone verantwoordelik vir die bestuur van Josie Bpk is n ongeruimdheid in terme van die oudit professie wet en ons het dit aan die onafhanklike regulerende raad van ouditeure rapporteer. Fred and Norman Geoktrooieerde rekenmeesters (SA) Geregistreerde rekenmeesters en ouditeure Johannesburg 1 Mei 2015 5.3.1 Verduidelik hoekom die bogenoemde aangepaste ouditverslag nie n bevredigende verslag sal wees nie. (2) 5.3.2 Verduidelik TWEE hoof gevolge vir Fred en Norman indien hulle versuim om die ongeruimdhede deur Josie Bpk te rapporteer in die lig van hul oudit. (4) 5.3.3 Voorsien TWEE aksies wat Fred en Norman sal moet neem om die syfers en eienaarskap van nie-roerende items in die balansstaat te verifieer. (4) 5.3.4 Die Direkteur in beheer het n nuwe motor as geskenk by Smart Cars op 31 Maart 2015 ontvang. Smart Cars het getender om volgende jaar, voertuie aan JOSIE Bpk te voorsien. Lewer kommentaar of dit die ouditverslag sal affekteer volgende jaar. Verduidelik. (4) 5.3.5 Sommige van die chemiese voorraad sal hul vervaldatums teen 31 Mei 2015 bereik. Die stoor se bestuurder sê dat hy dit in die nabye rivier sal stort sodat dit weggewas kan word. Lewer kommentaar en gee advies aan die direkteure. (4) 84
11 VRAAG 6 KONTANTVLOEI, VERHOUDINGS EN OUDIT 81 punte Die volgende inligting was verkry uit die rekeningkundige rekords van Lions Bpk op 31 Desember 2014, die einde finansiële jaar. Die maatskappy het n gemagtigde aandelekapitaal van 750 000 gewone aandele. 6.1 Stel die Kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite -nota op. (17) 6.2 Voltooi die kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 31 Desember 2014. Toon alle berekeninge om deelpunte te verdien. (29) 6.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 31 Desember 2014: 6.3.1 Vuurproefverhouding (4) 6.3.2 Skuld-ekwiteitsverhouding (3) 6.3.3 Opbrengs op aandeelhouersekwiteit (5) 6.3.4 Opbrengs op totale kapitaal aangewend (5) 6.4 Lewer kommentaar op die likiditeitsposisie van die besigheid. Gee TWEE finansiële aanwysers (met syfers) in jou antwoord. (6) 6.5 Behoort die aandeelhouers tevrede te wees met die opbrengs op hul beleggings? Gee TWEE relevante aanwysers (met syfers) om jou antwoord te ondersteun. (6) 6.6 Lewer kommentaar op die finansiële risiko (hefboom) van die besigheid. Gee relevante aanwysers om jou antwoord te steun. (6) A. Uittreksel van die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Desember 2014. Verkope 1 295 100 Rente op lening 27 000 Rente op oortrokke rekening 380 Waardevermindering 58 000 Inkomstebelasting 23 000 Netto wins voor inkomstebelasting 100 000
B. Inligting uit die balansstaat: 2014 2013 Gewone aandelekapitaal 678000 440 000 Behoue inkomste 73000 56 000 Lening: AU Bank (15% p.j.) 130 000 170 000 Vaste bates (drawaarde) 549 000 420 000 Voorraad 61 000 73 000 Handelsdebiteure en ander 210 320 150 600 ontvangbares Bank (gunstig) 30 130 - Oortrokke bank - 10 000 Wisselgeld 1 000 1 000 Handelskrediteure en ander betaalbares 130 400 120 550 SAID (Inkomstebelasting) (Dt) 4 000 (Kt) 10 000 Aandeelhouers vir dividende 28 000 22 000 12 C. Totale dividend vir die jaar beloop R60 000. D. Nuwe toerusting was aangekoop, en n voertuig was teen drawaarde van R17 000, gedurende die jaar verkoop. E. Die volgende aanwysers was bereken: 2014 2013 Bedryfsverhouding 1,93 : 1 0,4 : 1 Vuurproefverhouding? 0,9 : 1 Debiteure invorderingstermyn 34 dae 32 dae Skuld-ekwiteitsverhouding? 0,34 : 1 Opbrengs op aandeelhouersekwiteit? 14% Opbrengs op totale kapitaal aangewend? 22% Rente op lening 15% 15% Verdienste per aandeel 31 sent 31 sent Dividende per aandeel 24 sent 28 sent Rentekoers op alternatiewe beleggings 13 % 12,5% 81 TOTAAL: 300