Registrateurskonferensiebesluite

Vergelijkbare documenten
Registrateurskonferensiebesluite

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Hoofstuk D1 HUURPAG. Afdeling A: Huurpag met betrekking tot die Wet op Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, No.4 van 1984

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1. Selfstudie Aktekursus. Vraag1 - Modelantwoord [10] 1.

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

ARBEIDSREG ABR214. T:

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1 Selfstudie Aktekursus

Die 3 Groot Menere. Maatskappyewet. Werkstukke vir Hoofstuk 6 - DEEL 3

Endossemente. Werkstukke vir Hoofstuk 11. Verskillende endossemente. Paragraaf 2 - Artikel 4(1)(b) endossement Om n fout te herstel i i i

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Hereregte. Werkstukke vir Hoofstuk 5 - DEEL 3. Paragraaf 2 - Bedrag hereregte betaalbaar. Sien die puntetoekenning in die vorige werkstuk

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1. Selfstudie Aktekursus. Vraag 1 - Modelantwoord [10] 1.1.

Deeltitels. Werkstukke vir Hoofstuk 1 (Deel 2) Paragraaf 2 - Woordomskrywings i i i. Paragraaf n Skema op een of meer stukke grond i i

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VERKOOPSVOORWAARDES in terme waarvan VAN RENSBURG EN BEKKER VEILINGS (EDMS) BPK van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

VERKOOPSVOORWAARDES In terme waarvan VAN RENSBURGS AUCTIONS (PTY) LTD van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

VERKOOPSVOORWAARDES MEMORANDUM VAN BEDINGE EN VOORWAARDES WAAROP. Likiditer Afslaers BK ( Registrasienommer 88/05012/23 ) handeldrywend as

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

TWK AGRICULTURE HOLDINGS PROPRIETARY LIMITED (TWK LANDBOU) AANSOEK VIR DIE GOEDKEURING AS AANDEELHOUER

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen. September Deel 1. Selfstudie Aktekursus. Vraag 1 - Modelantwoord [20] Opgestel deur my

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

Die Kleiner Wette. Werkstukke vir Hoofstukke 9-27 van DEEL 3. Hoofstuk 9 - Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

TERME EN VOORWAARDES

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOED

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS

HOOFSTUK 9 Regspleging

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

KOOPKONTRAK ERF LANGEBAAN KOPER:

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

AANBOD OM TE KOOP. Wat by aanvaarding 'n Koopkontrak daarstel

Transportakte. Werkstukke vir Hoofstuk 4. Sentrum vir Aktepraktyk Paragraaf 4.3 & Beskrywing van transportgewer en transportnemer i i i

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder )

ARBEIDSREG ABR214. T:

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

AANSOEK OM STUDIELENING

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

Aansoekvorm: Lening. Belasting Registrasienommer / BTW Registrasienommer (waar van toepassing) Werkstelefoon: Faksnommer: Vonkpos adres:

SENWES BEPERK / LIMITED

BTW. Werkstukke vir Hoofstuk 4 - DEEL 3

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

AANSOEK OM TOELATING: NUWE INSKRYWING

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Besonderhede van afhanklikes - Aftree/Pensioenfondse

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Geldwassery. Ons moet aan die Wet op die. Finansiële Intelligensiesentrum. voldoen.

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

SKEDULE 1 Eed/Plegtige verklaring van Regters SKEDULE 2 Eed/Plegtige verklaring van Ministers en Adjunk-Ministers

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

REËLS VAN VEILING EN VOORWAARDES VAN VERKOPING DIE VOLGENDE SAL DIE VOORWAARDES VAN VERKOPING WEES WAARVOLGENS DIE EIENDOMME

AANSOEK OM LIDMAATSKAP

Transcriptie:

Registrateurskonferensiebesluite aanvulling tot die Selfstudie aktekursus Die Registrateurskonferensiebesluite is gesorteer en volg die volgorde van die hoofstukke en paragrawe in Dele 1,2 en 3 van die kursusnotas. Deel 1 Aktepraktyk en die Registrasie van Akteswet Hoofstuk 1 - Algemene Agtergrond Paragraaf 3 Die Aktekantoor Paragraaf 4 Die rol van die Transportbesorger Regulasie 45(1) tot die Registrasie van Akteswet bepaal onder andere dat Alle aktes, verbande, dokumente en prokurasies wat vir verlyding of registrasie, na gelang van die geval, geskik is deur n transportbesorger wat by die setel van die registrasiekantoor praktiseer of deur n persoon wat in diens van n transportbesorger is... ingedien moet word... Hoe moet die frase... transportbesorger wat by die setel van die registrasiekantoor praktiseer... geinterpreteer word met betrekking tot die grense of radius van n betrokke aktekantoor? RKB18/2003 1 is bevestig - (RKB7/2008). Paragraaf 8 Basiese begrippe Die basis waarop kaarte opgestel word kragtens artikel 16 van die Grondopmetingswet 8 van 1997 Huidgilik stel die kantoor van die LG:KZN kaarte kragtens artikel 16 van die Grondopmetingswet op vir die doel op onderverdelings van geregistreerde eiendom wat n algemene plan aan te teken. Moet die kaart opgestel kragtens artikel 16 van die Grondopemetingswet geregistreer word? Nee. Met die eerste registrasie van die eiendom, word dit geregistreer vanaf die algemene plan en vereis dit nie n kaart nie. Wanneer die eiendom egter onderverdeel word of n serwituut oor sodanige eiendom geregistreer word, moet die moederkaart (dit is die kaart van die erf soos aangetoon op die 1 RKB18/2003 bepaal dat die woord setel nie in die Registrasie van Akteswet gedefinieer word nie. Aktekantore moet gelei word deur die definisie van registrasiekantoor in artikel 102 van die Registrasie van Akteswet. Artikel 102 van gemelde wet bepaal onder andere dat registrasiekantoor beteken: i) indien gebesig met betrekking tot onroerende goed, die registrasiekantoor van aktes vir die gebied waarin daardie goed geleë is; en ii) indien gebesig met betrekking tot n akte of ander dokument, n registrasiekantoor van aktes in die Republiek waarin daardie akte of ander dokument geregistreer of registreerbaar is. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 1

algemene plan) saam met die onderverdelingskaart/serwituutkaart ingedien word, waar nodig, vir endosserings-/aftrekkingsdoeleindes (RKB49/2014). Hoofstuk 2 - Transportprosedures Paragraaf 4.3 Uitklaringsyfers Word enige diskresie nog toegelaat aangaande die nie-indiening van belastinguitklaringsertifikate met betrekking tot eiendom soos gedefinieer in die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting 6 van 2004? Nee, slegs die plaaslike owerhede kan bewys in die verband verskaf 2 - (RKB47/2009). Uitklaringsertifikate vir oordrag van dieselfde eiendom Probleemstelling: A transporteer aan B wie onmiddellik dieselfde eiendom aan C oordra. Die transaksie tussen B en C word nie gelyktydig met die een van A na B ingedien nie. Die uitklaringsertifikaat uitgereik vir die transaksie waarby A aan B betrokke is, is geldig vir n tydperk van 60 dae en binne hierdie tydperk word die transaksie vanaf B na C ingedien met die uitklaringsertifikaat wat met die vorige transaksie vanaf A aan B ingedien is. Daar word verstaan dat indien die hele stel gelyktydig ingedien sou word, hierdie uitklaringsertifikaat wel aanvaar sou word vir beide transaksies. Stem die konferensie saam? Nee, dieselfde uitklaringsertifikaat mag nie gebruik word nie (RKB36/2011). Paragraaf 7.2 Toestemmings benodig Waar n Huiseienarsvereniging nie funksioneer nie of nie bestaan nie en die hof genader word om grond te transporteer sonder die toestemming van die Huiseienaarsvereniging, hoe moet daar met die ander erwe in die dorp gehandel word? Nog n hofbevel moet met betrekking tot die ander erwe in die dorp verkry word (RKB33/2013). Paragraaf 8 Indiening, voorbereiding en registrasie Dit wil voorkom asof daar geen eenvormige prosedure in aktekantore bestaan aangaande die hantering van sekere dokumente nie. Sekere aktekantore sal n dokument by die betrokke akte liasseer wat die dokument (toestemming) vereis en n nota op die betrokke indienomslag maak dat die gemelde dokument nou in n ander indienomslag geliasseer is. Sekere aktekantore gee 2 Dit beteken dat indien die plaaslike owerheid jou nie van n uitklaringsertifikaat kan voorsien vir enige eiendom (wat insluit die sessie van saaklike regte en deeltiteleenhede, uitsluitlike gebruiksgebiede, saaklike regte van uitbreiding ens.), moet hul jou van n sertifikaat voorsien dat hulle nie in staat is om sodanige uitklaringsertifikaat aan jou te verskaf nie en dat oordrag sonder sodanige uitklaringsertifikaat mag plaasvind. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 2

dit n BC nommer en ander dien dit in as n ondersteunende dokument met die akte, ensovoort. Registrasiehandelinge, soos voorsiening gemaak in regulasie 39(1), moet in n aparte indienomslag ingedien word, met n BC kode en n fooi is betaalbaar. Sien RKB2 van 2009. Alle ondersteunende dokumente moet saam met die relevante akte ingedien word en nie in n aparte indienomslag nie. Hierdie besluit is, met die nodige veranderinge, ook op die opening van n deeltitelregister van toepassing - (RKB 26/2009). Paragraaf 8.3 Omstandighede waar dit nie nodig is om die titelakte in te dien nie Regulasie 51(2) Hierdie regulasie maak vir die oordrag van onroerende eiendom voorsiening sonder die voorlegging van die titelakte. Mag feite-endossemente op die aktekantoorafskrif van n titelakte gemaak word wat nodig is alvorens oordrag van die eiendom kan plaasvind? (Mag aansoeke teen die aktekantoorafskrif van die titelakte geëndosseer word, byvoorbeeld n artikel 4(1)(b) aansoek, ten einde daarna oordrag te bewerkstellig?) Ja, die bewoording van die regulasie moet geїnterpreteer word om te beteken dat alle registrasie handelinge wat nodig is om oordrag te bewerkstellig op die aktekantoorafskrif van die titelakte gedoen kan word, met dien verstande dat die applikant die nodige locus standi het om die betrokke aansoek te bring (RKB32/2011). Afskrifte van kwitansies kragtens regulasie 20(7) van die Registrasie van Akteswet Mag n registrateur kragtens regulasie 20(7) van die Registrasie van Akteswet, n afskrif van n hereregtekwitansie of belastinguitklaringsertifikaat, gesertifiseer deur n transportbesorger of notaris as n ware afskrif van die oorspronklike, aanvaar? Nee, n afskrif van n uitklaringsertifikaat kan nie aanvaar word nie, aangesien die oorspronklike nie in n staatskantoor geliasseer is nie. n Afskrif van n hereregtekwitansie, deur die Ontvanger van Inkomste as n ware afskrif van die oorspronklike gesertifiseer, mag egter wel aanvaar word (RKB39/2010). Hoofstuk 4 - Akte van Transport Hoofstuk 3 Reëls van toepassing op die voorbereiding van aktes en registreerbare dokumente Regulasie 23: Letter grootte van woorde in aktes Daar is omsendskrywes rakende die letter grootte van aktes wat opgestel word, vir doeleindes van leesbaarheid op mikrofilm. Kan n kleiner grootte aanvaar word of nie? Nee. n Letter grootte wat kleiner as 2mm is sal nie aanvaar word nie (RKB30/2011). Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 3

Paragraaf 4.3 Aanhef BESKRYWING VAN PERSONE WAT IN HUL PERSOONLIKE HOEDANIGHEID OPTREE Algemene reëls van toepassing op die beskrywing van natuurlike persone - afkorting van identiteitsnommer Die Aktepraktyk Handleiding bepaal dat die identiteitsnommer in aktes en dokumente voorafgegaan moet word met die woord identiteitsnommer en dat die afkorting ID nommer nie gebruik mag word nie, aangesien dit die aanvaarde afkorting vir idem (dieselfde) is. Mag die afkorting ID (in hoofletters) nie toegelaat word nie? Nee. Afkortings met betrekking tot die identiteitsnommer word nie in aktes en dokumente toegelaat nie - (RKB31/2006). RKB 31 van 2006 en RKB 14 van 2008 3 : Gebruik van Afkortings in aktes en dokumente RKB 14 van 2008 verbied die gebruik van sekere afkortings. Hierdie praktyk word egter toegelaat kragtens die bepalings van artikel 11 van die Maatskappywet 71 van 2008. 4 Behoort RKB14 van 2008 nie teruggetrek te word nie? Nee, RKB word bevestig (RKB13/2012). 5 RKB 21 van 2004: Egskeidingsbevele RKB 21 van 2004 6 moet uitgebrei word om daardie gevalle in te sluit waar die voormalige gade oorlede is. Dit sal verpligtend wees om die sterftesertifikaat van die oorlede gade as n ondersteunende dokument in te dien. RKB 21 van 2004 word bevestig. Die betrokke aangeleentheid is alreeds aangespreek in RKB 15 van 2005 7 (RKB10/2010). Oordrag van eiendom onderhewig aan n voorwaarde van n skenkingsakte Onroerende eiendom is na persoon X, ongetroud, vanuit n boedel getransporteer, onderhewig aan die uitsluiting van die gemeenskap van goed. Persoon X is daarna binne gemeenskap van goed getroud en besluit later om die geheel van die eiendom aan sy gade Y te skenk, met die uitsluiting van die gemeenskap van goed. Sal die aktekantoor hierdie registrasie toelaat? Ja. Die eiendom moet as volg vestig: 3 4 5 6 7 : Die volgende afkortings word in aktes/dokumente gebruik: Registration Number / Reg number / Registration No/ Nr, No/Nr/Registrasienommer/ Reg no. Wat is aanvaarbaar? : Afkortings met betrekking tot registrasienommers van maatskappye, beslote korporasies, trusts, ens. is nie in aktes en dokumente wat vir registrasie bestem is toelaatbaar nie. Hierdie afkortings het betrekking op die agtervoegsels na n maatskappynaam byvoorbeeld (Edms) Bpk. Dit is slegs die woorde identiteitsnommer en registrasienommer wat nie afgekort mag word nie. Hierin is besluit dat n egskeidingshofbevel ingedien moet word waar n eienaar wat voorheen buite gemeenskap van goed getroud was of wie se huwelik deur die wette van n ander land beheers was, nou met die eiendom handel en as ongetroud beskryf word. Die rede hiervoor is dat die aktekantoor vas moet stel of die regte van derde partye geraak word en of die terme van die hofbevel, waar van toepassing nagekom word. Hierin is besluit dat waar die status van partye, getroud buite gemeenskap van goed of wie se huwelik beheers word deur die wette van n ander land, verander het as gevolg van die afsterwe van die gade, dit nie nodig is om n sterftesertifikaat of sterfkennis in te dien ten einde te bewys dat die gade oorlede is en dat die egskeiding nie plaasgevind het nie. n Aktevervaardigersertifikaat sal voldoende wees. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 4

Y Identiteitsnommer.... Getroud binne gemeenskap van goed met X, welke gemeenskap van goed uitgesluit is kragtens n voorwaarde vervat in n skenkingsakte (RKB30/2014) Item 8 - Persone getroud volgens die wette van n ander land Registrateur het n diskresie om af te sien van die bystand van die gade Moet die gade wat handel met eiendom wat in sy/haar naam geregistreer is, in sodanige handeling bygestaan word deur sy/haar gade? Ja, maar die registrateur van aktes mag sy/haar diskresie uitoefen om af te sien van die nodige bystand deur die gade in terme van artikel 17(6) van die Registrasie van Akteswet vir die uitvoering van enige akte of dokument wat vereis of aanvaar word vir registrasie in n aktekantoor - (RKB14/2005). Transport van eiendom kragtens skenking of testament Onroerende eiendom is aan n transportnemer getransporteer hetsy kragtens n skenking of testatment, wat die gemeenskap van goed uitsluit. Die transportnemer se huwelikstatus word beskryf as getroud, welke huwelik bepaal word deur die wette van n vreemde land. Word bystand deur die ander gade vereis indien die transportnemer die eiendom nou wil transporteer of n verband will passeer? Nee. Bystand word nie vereis nie in lig van die feit dat die voorwaarde die gemeenskap van goed uitsluit RKB4/1985 word hiermee teruggetrek (RKB28/2014). Item 10 Persone getroud kragtens die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike Beskrywing van partye in n poligame huwelik Gegewe die saak van Ngwenyama v Mayelane and Another 474/2011 [2012] ZASCA 94 gedateer 1 Junie 2012, hoe moet n persoon beskryf word wat huidiglik n gade in n monogame gebruiklike huwelik wat geag word binne gemeenskap van goed te wees en wat n poligame gebruiklike huwelik aangegaan het, sonder die vereiste hofbevel soos voorsiening gemaak in artikel 7(6) van Wet 120 van 1998? Die volgende is die behoorlike manier om sodanige persoon te beskryf: A Identiteitsnommer.. en B Identiteitsnommer.. Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar en A, getroud kragtens gewoontereg (RKB28/2012) RKB28/2012: Beskrywing van partye tot n poligame huwelik Die besluit moet heroorweeg word gesien in die lig van die uitspraak deur die Konstitusionele Hof in Ngwenyama v Mayelane and Another CCT57/2012 [2013] RKB28/2012 word hierdie bevestig (RKB17/2013). Item 11 - Registrasie in naam van n vennootskap - partye getroud binne gemeenskap van goedere met mekaar Scenario Waar partye binne gemeenskap van goed getroud is en n vennootskapsooreenkoms aangegaan het, behoort daar geen beswaar teen die registrasie van onroerende eiendom in die naam van die vennootskap te wees nie. n Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 5

Scenario Persoon wat binne gemeenskap van goed getroud is, is geregtig om n vennootskapsooreenkoms aan te gaan met n ander persoon. Hoekom behoort hulle verhoed te word om sodanige ooreenkoms met mekaar aan te gaan? Vanuit n registrasie oogpunt is daar geen verbod teen die registrasie van onroerende eiendom in die naam van n vennootskap waar twee vennote binne gemeenskap van goed met mekaar getroud is nie. - (RKB3/2005). Partye getroud binne gemeenskap van goed met mekaar is elk geregtig op een halwe aandeel van die bates van die gemeenskaplike boedel. Mag die vennootskapsooreenkoms lees dat elke vennoot n verskillende aandeel in die vennootskap het? Die gemeenregtelike posisie met betrekking tot die aandeel van elke party tot n huwelik binne gemeenskap van goed kan nie deur n vennootskapsooreenkoms verander word nie. Die eiendom moet vestig in die name van beide gades, getroud binne gemeenskap van goed met mekaar dit is... wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as... - (RKB5/2006). Mag partye getroud binne gemeenskap van goed met mekaar, met mekaar n vennootskapsooreenkoms aangaan? Ja. 8 Vestiging in vennootskappe n Eiendom word gehou deur twee persone, waarvan elkeen n 50% aandeel hou. Hierdie mede-eienaars vorm daarna n vennootskap en sluit die voornoemde eiendom in in die vennootskapsooreenkoms. Kan die eiendom nou in die naam van die vennootskap vestig kragtens n aansoek in terme van artikel 3(1)(v)? Nee. Indien registrasie in die naam van die vennootskap vereis word, moet dit getransporteer word by wyse van n transportakte na die naam van die vennootskap (RKB39/2013). Beskrywing van n Commenditaire vennootskap Kan n vestigingsklousule verwys na n Commenditaire vennoot 9 in aktes en dokumente? Nee. Die bepalings van regulasie 34 van die Registrasie van Akteswet, Wet 47 van 1937 maak nie vir sodanige openbaarmaking of verwysing voorsiening nie (RKB22/2012). Beskrywing van n Commenditaire vennootskap RKB22/2012 moet hersien word om registrasie toe te laat in die name van stille vennootskappe sowel as En Commanditaire vennootskappe. Die aangeleentheid sal na die Aktes Regulasieraad verwys word. Ondertussen word RKB22/2012 bevestig (RKB15/2013). 10 8 9 10 Registrateurskonferensie besluit 8 van 2007 waardeur RKB3/2005 en RKB5/2006 bevestig is. Met ander woorde n stilswyende vennoot. Die Aktes Regulasieraad het alreeds beslis dat eiendom niein die name van stille vennootskappe en En Commanditaire venootskappe geregistreer mag word nie. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 6

Item 17 - Aard van huwelik Scenario n Aktevervaardiger mag sertifiseer met betrekking tot die aard van n huwelik, indien die identiteitsdokument / huweliksertifikaat nie die aard van die huwelik weerspieël nie. Mag die aktevervaardiger in die eerste plek sertifiseer met betrekking tot die aard van die huwelik of mag hy/sy slegs sertifiseer dat die identiteitsdokument / huweliksertifikaat nie die aard van die huwelik weerspieël nie? Die huweliksertifikaat sal voldoende wees tensy dit nie die aard van die huwelik weerspieël nie. In sodanige geval moet n beëdigde verklaring deur die party / partye ingedien word - (RKB4/2006). (Meeste huweliksertifikate dui nie die aard van die huwelik aan nie. Dit beteken dat waar die aard van die huwelik nie op die huweliksertifikaat aangedui word nie, moet n beëdigde verklaring deur die paartjie ingedien word waarin die aard van die huwelik bevestig word, byvoorbeeld of hulle binne of buite gemeenskap van goed getroud is, volgens moslem of hindu gebruike of die wette van n vreemde (ander) land, ens.) Item 17 - Bewys van gebruiklike huwelik Watter bewys moet ingedien word dat n geldige gebruiklike huwelik in terme van die Wet op Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 bestaan? a) Bewys vanaf die Departement van Binnelandse Sake; of b) n Hofbevel - (RKB31/2005 soos bevestig deur RKB8/2006). BESKRYWING VAN PERSONE WAT IN N VERTEENWOORDIGENDE HOEDANIGHEID OPTREE Item 1 - maatskappye en beslote korporasies Verwysing na maatskappybesluit Is dit n vereiste in terme van Regulasie 44A(d)(ii)(aa), om na die maatskappybesluit in die volmag te verwys? Die aanhef van die volmag, aansoek of toestemming moet bepaal of die magtiging in terme van n besluit of n algemene volmag is, sonder om volle besonderhede van die besluit te openbaar - (RKB7/2005 soos bevestig deur RKB8/2008). 11 Afkorting van registrasienommer van maatskappye, beslote korporasies, trusts, ens. Daar word verskillende afkortings gebruik met betrekking tot die woorde registrasienommer in aktes en dokumente, byvoorbeeld: Reg Nommer. Registrasie Nr. Wat is aanvaarbaar? Afkortings van die woord registrasienommer van maatskappye, beslote korporasies, trusts, ens. is nie in aktes en dokumente wat vir registrasie 11 Kragtens die besluit aanvaar die opsteller nie aanspreeklikheid in terme van regulasie 44A(d)(ii)(aa) vir die mandaat in terme van die algemene volmag nie (sien die verwysing na regulasie 65 in regulasie 44A(d)(ii)(aa)). Dit is dus steeds die registrateur se verantwoordelikheid om algemene volmagte na te gaan waarna verwys word in volmagte, aansoeke en toestemmings. Die aanhef moet slegs bepaal of die magtiging in terme van n besluit of n algemene volmag is sonder om volle besonderhede van die besluit te verskaf. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 7

ingedien word aanvaarbaar nie (RKB14/2008) RKB31 van 2006 en RKB 14 van 2008: Gebruik van afkortings in aktes en dokumente RKB14 van 2008 verbied die gebruik van sekere afkortings. Hierdie praktyk word egter toegelaat kragtens die bepalings van artikel 11 van die Maatskappywet 71 van 2008. Behoort RKB 14 van 2008 nie teruggetrek te word nie? Nee, RKB 14 van 2008 word bevestig (RKB14/2012). 12 Item 2 Trusts Bewind trust Hoe moet n bewind trust beskryf word in aktes en dokumente? Dit moet op dieselfde manier beskryf word as enige ander mortis causa of inter vivos trust (sien die woordomskrywing van trust in die Wet op Beheer van Trustgoedere, 1998 (Wet 57 van 1998) (RKB21/2012). Item 6 - Insolvente boedels - (natuurlike persone) Hoe moet die aanhef van n akte van transport ingeklee word, waar die eiendom geregistreer is in die naam van A, getroud buite gemeenskap van goed en B, getroud buite gemeenskap van goed en die kurator in die insolvente boedel van A ook die eiendom wat aan B (synde die gade van A) behoort verkoop kragtens artikel 21(3) van die Insolvensiewet, 1936: Die kurator in die insolvente boedel van A Identiteitsnommer Getroud buite gemeenskap van goed en handelend kragtens artikel 21(3) van Wet 24 van 1936 in die solvente boedel van B Identiteitsnommer Getroud buite gemeenskap van goed - (RKB46/2009) 13 Paragraaf 4.4 Die causa klousule Waar grond n bate in n gemeenskaplike boedel gevorm het van gades wat geskei het en na die egskeiding het die partye die ooreenkoms gewysig, sonder benadeling van derde partye, om saam die grond te verkoop, moet die causa van die transport die volle feite openbaar of slegs dat die komparant se prinsipaal die grond verkoop het? Die causa van die transportakte hoef slegs die verkoping te reflekteer - (RKB24/2006). Die South African National Roads Agency Limited onteien n gedeelte van n eiendom wat 200 vierkante meter groot is. Toe eiendomsreg van die 12 13 Slegs die gevalle na verwys in RKB31/2006, naamlik identiteitsnommer en in RKB14/2008, naamlik registrasienommer mag nie afgekort word nie. Die gade van die insolvent moet ook beskryf word, aangesien dit geag word dat hy/sy ook insolvent is vir doeleindes van die Insolvensiewet, tensy die kurator n vrystelling ( disclaimer ) met betrekking tot die eiendom wat in die naam van sodangie gade geregistreer is, gegee het. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 8

onteiende eiendom getransporteer moet word, blyk dit dat daar in die tussentyd n ander ooreenkoms met die geregistreerde eienaar van die eiendom aangegaan is om n addisionele 400 vierkante meter te transporteer. Een kaart is opgestel met betrekking tot die hele 600 vierkante meter. In die transportakte kom daar n tweeledige causa voor, naamlik onteiening van 200 vierkante meter en die geskrewe ooreenkoms om die ander 400 vierkante meter te transporteer. Kan dit in een transportakte oorgedra word? Nee, aangesien die causa nie dieselfde is nie, moet die onteieningstransport en die ooreenkoms afsonderlik van mekaar hanteer word. Die causa vir n artikel 31 transport is óf vestiging óf onteiening. Waar die onteieningkennisgewing gelig word, kan eiendomsreg van die geheel van die eiendom met een transport oorgedra word. Alternatiewelik kan dit kragtens een vestigingstransport gedoen word soos wat daar in artikel 31 van die Registrasie van Akteswet voorsiening gemaak word, op voorwaarde dat artikel 41(3) van die Wet op Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk en op Nasionale Paaie 7 van 1998 voldoen word - (RKB37/2009). Is die blote verwysing na n ooreenkoms n geldige causa vir n transport van onroerende eiendom? Nee, n blote verwysing na n ooreenkoms is onvoldoende - (RKB38/2009). 14 Paragraaf 4.5 Die vestigingsklousule Is dit toelaatbaar om eiendom as volg te vestig, indien partye nie as vennote handel dryf nie, maar slegs n gesamentlike onderneming bedryf? 1 Bellandia (Edms) Bpk Registrasienommer. 1967/006312/07 2 Boness Development Phase 3 (Edms) Bpk Registrasienommer. 1994/008516/07 3 Southern Spirit Properties 156 (Edms) Bpk Registrasienommer. 2005/020284/07 handeldrywend in gesamentlike onderneming as BREë STRAAT GESAMENTLIKE ONDERNEMING Die vestiging in n gesamentlike onderneming is nie toelaatbaar nie, aangesien dit nie n regspersoon is nie. - (RKB29/2007). Item 8 Vestiging van landbougrond in die name van gades wie se huwelik deur die reg van n ander land beheer word. Waar partye binne gemeenskap van goed met mekaar getroud is word die bepalings van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970 nie oortree nie soos voorsiening gemaak in artikel 17(5)(a) van die Registrasie van Akteswet. Hoe moet vestiging plaasvind waar gades getroud is ooreenkomstig 14 In die causa moet vermeld word waaruit die ooreenkoms voortvloei, byvoorbeeld n egskeiding, verkoping, skenking ensovoorts. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 9

die wette van n ander land om aan Wet 70 van 1970 te voldoen, waar die huwelik geag word een van binne gemeenskap van goed te wees? Waar die eiendom deur beide gades gekoop is moet die vestiging as volg lees, naamlik:- 1 Joseph Dreyer Geboortedatum / identiteitsnommer getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van (naam van vreemde land) 2 Elizabeth Dreyer Geboortedatum / Identiteitsnommer getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van ( vreemde land) Toestemming deur die Minister in terme van Wet 70 van 1970 moet ingedien word waar die eiendom in die name van beide gades vestig - (RKB39/2009). Beskrywing van dieselfde geslag partye in n buitelandse siviele huwelik / verbintenis Hoe moet partye beskryf word indien hulle in n huwelik / verbintenis is welke huwelik / verbintenis deur die wette van n ander land beheers word? 1 Vennoot 1 Identiteitsnommer / gebore op getroud, welke huwelik bepaal word deur die wette van (ander land) 2 Vennoot 2 Identiteitsnommer / gebore op getroud, welke huwelik bepaal word deur die wette van (ander land) - (RKB40/2009). RKB 40 van 2009: Buitelandse huwelike: Beskrywing van dieselfde geslag partye in n buitelandse siviele verbintenis/huwelik Dit is nie altyd seker of n buitelandse huwelik as n huwelik of as n verbintenis beskryf moet word nie. RKB 40 van 2009 word hiermee bevestig (RKB24/2010). Item 2 - Trusts Buitelandse trust Aan watter formaliteite moet daar voldoen word alvorens onroerende eiendom in die naam van n buitelandse trust geregistreer kan word? Die buitelandse trust moet eers by die Meester van die Hooggeregshof geregistreer word en n magtigingsbrief moet aan die trustees daarvan uitgereik word soos bedoel in artikel 8 van die Wet op Beheer oor Trustgoedere 57 van 1988 - (RKB24/2009). Paragraaf 4.8 Die voorwaarde klousule Huiseienaarsvereniging voorwaardes Waar n Huiseienaarsvereniging disfunksioneel is of nie betaan nie en die hof word genader vir die oordrag van die grond sonder toestemming van die Huiseienaarsvereniging, hoe moet daar met die ander erwe in die dorp gehandel word? Nog n hofbevel moet met betrekking tot die ander erwe bekom word Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 10

(RKB33/2012). Huiseienaars se toestemming en sertifikate deur argitekte of landmeters soos bedoel in RKB61/2008 Konferensie moet dit oorweeg om riglyne te gee vir die vorm van die sertifikaat deur die landmeter of argitek vereis kragtens RKB61/2008 en artikel 24(6)(d) van Wet 95 van 1986 en die vorm van toestemming van Huiseienaarsverenigings. Of dit n briefhoof moet bevat, n praktyknommer en attestering van die landmeter se handtekening deur getuies. n Huiseienaarsvereniging toestemming moet op hul briefhoof gegee word of deur n transportbesorger opgestel word kragtens regulasie 44 en sertifikate deur argitekte of landmeters moet hulle name en praktyknommer bevat (RKB39/2014). RKB 43 van 2003 en RKB 2 van 2007 15 Huiseienaarsvereniging Waar n voorwaarde wat die vervreemding of transport van n eiendom sonder die toestemming van die Huiseienaarsvereniging verbied in n tiotlekate van n eiendom vervat is en die transportbesorger n sertifikaat indien wat bepaal dat die huiseienaarsvereniging nog nie gestig is nie, mag die Reigstrateur van AKtes dhierdie sertifikaat aanvaar en moet die voorwaarde na die transportakte vorentoe gebring word? Daar moet pop n toestemming aangedring word, by gebreke waaraan die aangeleentheid na die hof verwys moet word vir magtiging tot transport sonder die toestemming. Die voorwaarde moet na die transportakte vorentoe gebring word, ten sy die hof anders bepaal. RKB43/2003 en RKB2/2007 word hierby teruggetrek (RKB5/2014). Huiseienaarsverenigingvoorwaardes - laaste voorbehoudsbepaling tot art. 65 Is dit korrek om slegs n uitklaring/sertifikaat van die huiseienaarsvereniging te aanvaar dat die transportnemer homself/haarself verbind het om n lid van die vereniging te word en dat die grondwet van die vereniging nagekom is wanneer ookal eiendom getransporteer word? Moet n toestemming deur die transportnemer self nie ook ingedien word as bevestiging dat hy/sy dit aanvaar het nie? In baie gevalle is hierdie voorwaardes geproklameerde voorwaardes. Ja, dit is korrek. Geen aanvaarding deur die transportnemer is nodig nie, aangesien hierdie n geregistreerde voorwaarde is - (RKB27/2009). Naamsverandering van n Huiseienaarsvereniging In die geval waar n huiseienaarsvereniging sy naam verander op n tydstip 15 Scenario: n Voorwaarde wat die vervreemding of oordrag van n eiendom verbied sonder die toestemming van die huiseienaarsvereniging word vervat in n titelakte van n eiendom. By oordrag, dien die transportbesorger n sertifikaat in wat bepaal dat die huiseienaarsvereniging nog nie gestig is nie. 1 Mag die registrateur van aktes hierdie sertifikaat aanvaar; en 2 Mag die voorwaarde vorentoe gebring word in die akte van transport? 1 Nee. Daar moet op die toestemming aangedring word, by gebreke waaraan die aangeleentheid na die hof verwys moet word vir toestemming tot oordrag sonder die toestemming. 2 Die voorwaarde moet na die transportakte vorentoe gedra word - (RKB2/2007 and RKB43/2003). Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 11

nadat die dorp in die provinsiale koerant geproklameer is, hoe moet daar met die naamsverandering gehandel word? a) Moet die proklamasie verbatim gevolg word? b) Wat sal die posisie wees waar die maatskappy se registrasienommer verkeerd in die proklamasie gepubliseer was? a) RKB42(a)/2011 is herroep deur RKB1/2013. Sien die volgende besluit. b) Die korrekte registrasienommer moet gevolg word. Bewys van die verkeerde nommer moet op die dorpelêer geliasseer word en die betrokke aktes moet kragtens artikel 3(1)(v) geëndoseer word rakende die korrekte nommer. n Caveat moet teen alle betrokke erwe in die dorp genoteer word tot die effek dat die korrekte registrasienommer gevolg moet word (RKB42/2011). RKB42(a)/2011: Naamsverandering van Huiseienaarsvereniging RKB42(a)/2011 16 wat bepaal dat daar in die voorwaardes van n titelakte na die nuwe en die ou naam verwys moet word, moet heroorweeg word gegewe die bepalings van HRO3/2012. Paragraaf 4.4.4 van HRO3/2012 17 moet nagekom word deurdat die voorwaarde woordeliks aangehaal moet word. Die toestemming vereis vir n registrasiehandeling moet na beide die ou en nuwe naam verwys. RKB42(a)/2011 word hiermee teruggetrek (RKB11/2013). Huiseienaarsvereniging voorwaardes Scenario n Ontwikkelaar van n dorpsgebied word gelikwideer en die hele ontwikkeling word na n nuwe eienaar getransporteer. Die nuwe eienaar vorm n huiseienaarsvereniging met nuwe voorwaardes. Hoe moet daar gehandel word met die voorwaardes wat na die eerste Huiseienaarsvereniging verwys (wat nie in werking is nie)? Die voorwaardes wat die eerste Huiseienaarsvereniging skep moet verwyder word kragtens die betrokke wetgewing of n hofbevel moet bekom word (RKB39/2012). Beperking op vervreemding Gegewe die obiter dictum in die saak Standard Bank of South Africa Ltd v Hunkydory Investments 188 (Pty) Ltd and others, saaknr. 154/27/2008, is dit nogsteeds n vereiste dat die persoon ten gunste van wie n beperking op vervreemding geregistreer is moet toestem tot die registrasie van n verband waar die eiendom onderhewig is aan n beperking op vervreemding? Ja, RKB35/2005; RKB2/2006; en RKB12/2008 word bevestig - (RKB6/2009). 16 17 RKB42(a): Indien n Huiseienaarsvereniging sy naam verander nadat die dorp geproklameer is in die provinsiale koerant, hoe moet daar met die naamsverandering gehandel word? a) Moet die proklamasie verbatim gevolg word? : Nee. Die nuwe naam moet gevolg word. Bewys van die naamsverandering moet op die dorpslêer geliasseer word en die betrokke aktes moet kragtens artikel 3(1)(v) van Wet 47 van 1937 geëndosseer word rakende die nuwe naam. n Caveat moet teen die betrokke erwe in die dorp aangeteken word tot die effek dat die nuwe naam gevolg moet word. HRO3/2012 is ondertussen herroep deur HRO28/2013. Dieselfde bepaling is egter herhaal in paragraaf 4.4.4 van HRO28/2013. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 12

Verwydering van beperkende voorwaardes n Titelvoorwaarde (wat in al die titelaktes in n dorpsgebied voorkom) ten gunste van die ontwikkelaar (of enige ander begunstigde) bepaal dat die eienaar nie die eienaar van meer as een eiendom in n spesifieke dorpsgebied mag wees nie. Hoe moet daar met hierdie voorwaarde gehandel word wanneer dit duidelik is dat die oordrag van die eiendom tot oortreding van sodanige geregistreerde voorwaarde sal lei? Die voorwaarde maak nie voorsiening vir die begunstigde se toestemming nie. a) Is die Wet op Opheffing van Beperkende Voorwaardes of n hofbevel die enigste manier van kansellasie, gegewe dat hierdie voorwaarde teen al die eiendomme in die dorpsgebied opgelê is? b) Kan die ontwikkelaar tot die oordrag toestem? a) Konferensie kan nie n besluit in hierdie verband neem nie, aangesien elke voorwaarde op sy eie meriete beoordeel moet word. b) Nee, die ontwikkelaar kan nie tot die oordrag toestem nie, aangesien die voorwaarde nie vir n toestemming voorsiening maak nie (RKB63/2010). Verandering van inligting vervat in titelaktes Wanneer n transportbesorger n transportakte opstel, mag die voorwaardes vervat in die voorwaardes van die titelakte verander het as gevolg van byvoorbeeld, verandering in eiendomsbeskrywings, metrikasie van dimensies en areas of veranderinge van persoonlike of maatskappy besonderhede. Terwyl saamgestem word dat die eiendomsbeskrywing en groottes in die eiendomsklousule met huidige data opgedateer moet word, watter ander besonderhede moet verander en watter besonderhede moet bly soos dit is? Kragtens regulasie 35 van Wet 47 van 1937 moet voorwaardes verbatim vorentoe gedra word soos wat dit voorkom in die titelakte (RKB46/2014). Titelvoorwaarde wat gebruik voorskryf Die stigtingsvoorwaardes van n dorpsgebied bevat n voorwaarde dat n spesifieke eiendom slegs vir residensiële doeleindes gebruik mag word. Die munisipaliteit is die geregistreerde eienaar van hierdie eiendom en dit word nou aan n weldaadsorganisasie oorgedra om as n kerk gebruik te word. Mag die registrateur van aktes n nota op n akte maak wat ingedien word om te bepaal of die betrokke eiendom vir weldaadsdoeleindes gehersoneer is? Nee. Die sonering van die eiendom het niks met die registrateur van aktes uit te make nie (RKB48/2014). Paragraaf 4.10 Vergoedingsklousule Waarde van eiendom Moet daar na die waarde van die eiendom in die causa (Vorm H deeltitelakte) en in die vergoedingsklousule (Vorm E konvensionele transportakte) verwys word, of mag daar van hierdie vorms afgewyk word? In deeltiteloordragte moet die waarde in die causa klousule geopenbaar word (sien vorm H). In konvensionele transportaktes moet die waarde in die vergoedingsklousule geopenbaar word (sien vorm E) (RKB34/2012). Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 13

Paragraaf 5 Aktes moet die volgorde van hul relatiewe oorsake volg A het sy eiendom aan B verkoop op 01/10/2008 maar voordat die koopooreenkoms tussen A en B geteken is, het B alreeds die eiendom aan C verkoop op 01/10/2008. 18 Sal die bepalings van artikel 14 van die Registrasie van Akteswet oortree word indien hierdie oordragte toegelaat word? Nee, dit sal nie n oortreding wees nie. A moet aan B transporteer en B aan C - (RKB13/2009). Paragraaf 5.3 Uitsonderings in artikel 14 Artikel 14(1)(b)(iii) - Vruggebruiker party tot herverdelingsooreenkoms Waar eiendom bemaak is aan A en B onderhewig aan n vruggebruik ten gunste van C, moet die vruggebruiker ook n party tot die herverdelingsooreenkoms tussen A en B wees? Nee, tensy die vruggebruiker ook die vruggebruik herverdeel - (RKB12/2006). Hoofstuk 5 - Volmag Paragraaf 2.2 Opstel en ondertekening van die opstelsertifikaat Toestemmings opgestel deur prokureur, notaris & transportbesorger Welke toestemmings, vereis vir die uitvoer van n registrasiehandeling soos bedoel in regulasie 44 van die Registrasie van Akteswet, moet deur n prokureur, notaris en transportbesorger opgestel word? Slegs toestemmings vereis vir doeleindes van n registrasiehandeling en opgestel deur n prokureur, notaris of transportbesorger moet n opstelklousule bevat. - (RKB20/2006). Paragraaf 2.3 Regulasie 44A - Verantwoordelikheid vir korrektheid Regulsie 44A en HRO 7 van 2010: 19 Waarde van eiendom Is die opstellende transportbesorger verantwoordelik vir die korrektheid van die waarde van die eiendom? In sommige gevalle vereis die Ontvanger van Inkomste nie n waardasie nie (byvoorbeeld egskeidingsbevel). Sal 18 19 n Verkoper mag eiendom verkoop wat nie in sy naam geregistreer is nie solank as wat hy uitvoering aan sy verpligting in terme van sodanige kontrak kan gee. Kragtens Hoofregistrateursomsendskrywe 7 van 2010, moet die vergoedingsklousule in n transportakte of aansoek vir oordrag by wyse van endossement, n verwysing na die waarde van die eiendom bevat waar n koopprys nie van toepassing is nie. Sodanige verwysing sal as bewys van die waarde van die eiendom dien. Dit bepaal verder dat waar n hereregtekwitansie n verwysing na beide die koopprys en die waarde van die eiendom bevat, beide die koopprys en waarde van die eiendom in die vergoedingsklousule van die transportakte of aansoek vir n registrasie-endossement aangedui moet word. Die rede vir die insluiting hiervan, is dat die aktekantoorfooi op die grootste van die koopprys of die waarde van die eiendom bereken moet word. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 14

waardasiesertifikate bekom moet word? Nee, dit is nie nodig om n waardasiesertifikaat in te dien nie. In die afwesigheid van n hereregtekwitansie waarin die waarde van die eiendom aangedui word, sal die bedrag soos in die akte of dokument gereflekteer, gebasseer op die munisipale waardasie, as die waarde van die eiendom aanvaar word (RKB40/2010). Verantwoordelikheid van transportbesorger Scenario Indien n verband gepasseer is ten gunste van die trustee (kurator) van n insolvente boedel, is die praktyk om dit te aanvaar, indien dit vir die balans van die kooppprys is (die besluit deur die trustees hoef nie ingedien te word om vas te stel of die trustee of kurator die regsbevoegdheid het om so op te tree nie). Is dit nie die plig van die registrateur van aktes maar eerder die verantwoordelikheid van die transportbesorger in terme van regulasie 44A nie? Wat sal die posisie wees in n scenario waar n insolvent sy eiendom in Junie 2006 aan sy moeder verkoop het vir R900 000,00 en daarna, in Desember 2006 insolvent verklaar word. Sy moeder was die applikant. Die moeder het n eerste verband ten gunste van die trustee van die insolvent geregistreer in Julie 2007 vir R190 000,00. Die causa was nie vir die balans van die koopprys nie. Dit is nie die plig van die registrateur van aktes om die causa van die verband vas te stel nie en ook nie of die trustee optree in terme van sy magte nie. Dit is die verantwoordelikheid van die transportbesorger om die geldigheid van die transaksie vas te stel. (RKB18/2007). Rus daar n onus op die registrateur van aktes om vas te stel of die transportbesorger n transportbesorger is en daardeur die magtiging het om die opstelklousule op aktes en dokumente te onderteken? Ja. In terme van artikel 15 sal aktes, verbande, sertifikate van titel nie deur die registrateur van aktes geregistreer/geattesteer/uitgevoer word nie, tensy dit deur n transportbesorger onderteken is - (RKB15/2009). Behoud van nooiensvan In die geval dat n party in n akte haar nooiensvan na haar huwelik behou, moet bewys ingedien word, in die vorm van n beëdigde verklaring van die betrokke persoon of word dit gedek deur die bepalings van regulasie 44A? Dit word gedek deur die bepalings van regulasie 44A - (RKB24/2007). Indien n party in n akte na haar nooiensvan terugkeer of kies om haar nooiensvan te behou, moet die registrateur van aktes aandring op bewys van sodanige persoon met betrekking tot die behoud of terugkeer? Nee, dit word gedek deur die bepalings van regulasie 44A - (RKB25/2007). Landbougrond - transportnemer getroud binne gemeenskap van goed Is dit die verantwoordelikheid van die registrateur van aktes om aan te dring op bewys van n huwelik binne gemeenskap van goed waar die transportnemer van landbougrond binne gemeenskap van goed getroud is? Nee, in terme van die bepalings van regulasie 44A is dit die verantwoordelikheid van die transportbesorger - (RKB38/2007). Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 15

Identiteitsnommer en status van insolvent Dit is vasgestelde praktyk om die identiteitsnommer en status van enige insolvent te openbaar wanneer die kurator grond transporteer op grond van n verkoping in insolvensie. Die status van die insolvent mag egter verander het sedert die registrasie en aangesien die kurator die eienaar is, aanvaar die transportbesorger nie verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Moet die identiteitsnommer en status soos wat dit in die titelakte voorkom gevolg word of moet die registrateur van aktes verantwoordelikheid daarvoor aanvaar? Die status en identiteitsnommer soos wat dit in die titelakte voorkom, moet gevolg word - (RKB33/2008). Magte van n ondernemingredding praktisyn Kan die ondernemingredding praktisyn maatskappyeiendom met verband beswaar sonder n besluit deur die raad van direkteure? Ja, sien artikel 140 van die Maatskappywet, 2008 (Wet 71 van 2008) (RKB37/2012). Regulasie 44 parafering deur transportbesorger van konsepverband saam met alle verbandgewers Mag n registrateur van aktes daarop aandring dat die transportbesorger wat die opstelkousule van n volmag tot n konsepverbandakte onderteken het, al die bladsye van die konsepverband volledig moet parafeer? Transportbesorgers agrumenteer dat regulasie 44 van die Wet en RKB 26 van 2004 nie voorsiening maak dat die transportbesorger wat die opstelsertifikaat van die volmag waarby die konsepverbandakte aangeheg is onderteken, ook die bladsye van die konsepverband hoef te parafeer nie. Die konsepverband hoef nie deur die transportbesorger geparafeer te word nie (RKB19/2014). Regulasie 44A(d)(ii)(aa) en (bb) Algemene Volmag Die wysigings tot regullsie 44A dek nie natuurlike persone nie. Kragtens HRO 4 van 2013 het die wysigings tot regulasie 44A(d)(ii)(aa) en (bb) van Wet 47 van 1937 die gevolg gehad dat die verantwoordelikheid om te verseker dat n verteenwoordiger kragtens die magtiging van n volmag optree, van die registrateur van aktes (ondersoekers) weggeneem is en dié van die opstellende transportbesorger geword het. Dit moet egter uitgewys word dat regulasie 44A(d)(ii)(aa) en (bb) geen verwysing maak na n verteenwoordiger wat namens n natuurlike persoon optree nie. Dit is derhalwe logies dat die wysigings tot die regulasies nie al die verantwoordelikhede van die registrateur van aktes (ondersoekers) verwyder het nie en dat waar n persoon deur n natuurlike persoon as verteenwoordiger kragtens n volmag aangestel word, dit nogsteeds die registrateur (ondersoekers) se verantwoordelikheid is om die volmag na te gaan. Onsekerheid bestaan of volmagte nagegaan moet word al dan nie. Regulasie 44A van Wet 47 van 1937 en Regulasie 16C van Wet 95 van 1986 moet terug na die betrokke Rade verwys word vir verdere bespreking. HRO 4 van 2013 moet ook gewysig word (RKB20/2014). Regulasie 44A(d)(ii)(aa) en (bb) Algemene Volmag In lig van die wysigings tot regulasie 44A(d)(ii)(aa) en (bb) van Wet 47 van 1937, word dit nogsteeds vereis dat n spesiale volmag of algemene volmag wat as n spesiale volmag gebruik gaan word, ingedien moet word? Die Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 16

verantwoordelikheid om te verseker dat n persoon wat in n verteenwoordigende hoedanigheid optree behoorlik daartoe gemagtig is, is na die transportbesorger verplaas. Spesiale en Algemene volmagte moet ingedien word soos bepaal in regulasie 65(1) (RKB21/2014). Paragraaf 2.5 Parafering van volmagte, aansoeke en toestemmings Oortik van eerste bladsy Waar die eerste bladsy van n volmag oorgetik word, of waar die eerste bladsy van n beëdigde verklaring oorgetik word, moet die volmag herverly word en die beëdigde verklaring oorgedoen word, of sal n blote volle parafering voldoende wees? Die volmag moet herverly word en n nuwe beëdigde verklaring moet voorsien word (RKB29/2006). Paragraaf 2.6 Waarmerking Reël 63 van die Hooggeregshofreëls Wie het die bevoeghheid om n dokument wat in Antartika verly is vir gebruik in die Republiek van Suid-Afrika te waarmerk, gegewe die bepalings van Reël 63 van die Hooggeregshof? Dokumente wat in Antartika verly is vereis nie waarmerking nie as gevolg van die bepalings van artikel 2(1) van die Wet op Suid-Afrikaanse Burgers in Antartika 55 van 1962. Die gemelde artikel bepaal dat die wette van die Republiek van toepassing sal wees op Suid-Afrikaanse burgers terwyl hulle in Antartika is (RKB45/2010). Reël 63 van die Hooggeregshof reëls Mag n dokument wat in Namibië verly is vir gebruik in Suid-Afrika behoorlik deur n Notaris Publiek gewaarmerk word? Nee. Die formaliteite soos voorgeskyrf deur die Den Haagse Konvensie gedateer 5 Oktober 1961 mag egter gevolg word, aangesien Namibië n party tot sodanige konvensie is (RKB46/2011). Waarmerking van beëdigde verklarings Moet n beëdigde verklaring wat buite die Repuliek van Suid-Afrika verly word ook in terme van Reël 63 van die Hooggeregshofreëls gewaarmerk word? Ja, tensy die beëdigde verklaring voor n beampte voorgeskryf in artikel 8 van die Wet op Vrederegters en Kommissarisse van Ede 16 van 1963 gemaak word - (RKB21/2009). Paragraaf 2.7 Ontleding van n volmag Persoon wat die volmag onderteken Magtiging om dokumente te onderteken: Grondwet van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996 Kragtens artikel 139(1)(b) van die Grondwet van die Republiek van Suid- Afrika, 1996, kan die Provinsiale Kabinet n administrateur vir n sukkelende munisipaliteit aanstel om volle verantwoordelikheid vir die administrasie, insluitende die werkmag, finansiële en tegniese funksies van daardie Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 17

munisipaliteit, oor te neem. Sluit hierdie oorname van volle verantwoordelikheid die bevoegdheid in om vorm DDD vir die oordrag van onroerende eiendom te onderteken? Ja, die aanststellingsbrief wat sodanige magte van die administrateur dek, moet vir liassering ingedien word (RKB49/2011). Kommentaar Daar moet egter vasgestel word of sodanige persoon inderdaad magtiging het, aangesien sodanige magtiging in die aanstellingsbrief uiteengesit sal word. Die agent (Komparant) n Transportbesorger voer aktes uit namens n ander firma Dit gebeur gereeld dat n transportbesorger van n ander firma aktes uitvoer namens die firma wat die aktes ingedien het. Moet die registrateur ingelig word aangaande sodanige gevalle of is dit nie sy/haar verantwoordelikheid nie? Nee. Die transportbesorgingsfirma moet verantwoordelikheid aanvaar vir die uitvoer van hul eie aktes - (RKB33/2006). Substitusie van uitvoerende transportbesorgers RKB 49 van 1962 moet teruggetrek word in lig van RKB 18 van 2009. RKB 18 van 2009 moet egter ook heroorweeg word in lig van die Namibiese saak Roads Contractor Company Ltd v AE/ Gams Engineering Company Namibia (Pty) Ltd. Die naam van die transportbesorger, wat nie in die volmag voorkom nie, mag in die volmag bygevoeg word met volle parafering, alternatiewelik mag n akte van substitusie, deur die transportbesorger wat in die volmag aangestel is, ingedien word: met dien verstande dat die volmag voorsiening vir substitusie moet maak. RKB 49 van 1962 en RKB 18 van 2009 word hiermee teruggetrek (RKB7/2010). Die verlydingsklousule Plek van verlyding van n Volmag Behoort daar nie n wyer uitleg aan regulasies 25 en 65(2) gegee te word betreffende die plek van verlyding van n volmag as om in te sluit die besondere land van verlyding nie? Nee. Waar daar egter onsekerheid bestaan, mag die registrateur van aktes vereis dat die transportbesorger n sertifikaat verskaf wat aandui in watter land van verlyding van die volmag plaasgevind het (RKB31/2011). 20 Paragraaf 5 Algemene Volmag Afskrif van Volmag n Gesertifiseerde afskrif van n volmag wat in een aktekantoor geregistreer is, word by n ander aktekantoor vir registrasie ingedien en daar word bevind dat dit ongeskik vir registrasie is. Hoe moet dit hanteer word? Die volmag moet nie geregistreer word totdat die teenstrydighede in die eerste 20 Indien n volmag byvoorbeeld in Parys, Suid-Afrika onderteken is, sal dit goeie transportbesorgingspraktyk wees om aan te dui dat dit in Parys (Suid-Afrika) onderteken is en nie in Frankryk nie. Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 18

aktekantoor van registrasie aangespreek is nie. In die alternatief, moet n nuwe volmag geregistreer word - (RKB34/2008). RKB 40 van 2008: Algemene Volmagte vernietig of aflewer na registrasie Daar word voorgestel dat die woord vernietig waarna daar in die besluit verwys word met geëndoseer tot die effek dat dit nie vir doeleindes van registrasie in enige aktekantoor gebruik mag word nie vervang moet word. Stem konferensie saam? Ja. Sien RKB40/2008, soos gewysig (RKB 40/2008 word gewysig om as volg te lees): Algemene volmagte vernietig of aflewer na registrasie Voordat mikrofilming ingestel is was die agent in n algemene volmag sonder sy instrument van aanstelling gelaat sodra die algemene volmag geregistreer is. Die remedie vir hom/haar was om vir n gesertifiseerde afskrif aansoek te doen. Die vraag is nou of n algemene volmag na skandering geëndosseer moet word rakende die feit dat dit nie vir doeleindes van registrasie in enige aktekantoor gebruik mag word nie? Die algemene volmag moet na skandering geëndosseer word rakende die feit dat dit nie vir doeleindes van registrasie in enige aktekantoor gebruik mag word nie (RKB9/2011). Na registrasie van algemene volmag veskaf deur bank of maatskappy, naamsverandering / oordrag van bates Kan n agent wat deur n bank of maatskappy aangestel is steeds handel in terme van n volmag wat deur sodanige bank of maatskappy gegee is en wat daarna sy naam verander het of sy bates aan n ander entiteit oorgedra het? a) Ja. Die volmag sal nie termineer met n naamsverandering nie; maar b) Nee, die volmag sal stilswyend termineer deur die oordrag van bates na n nuwe entiteit wat gevorm word - (RKB41/2008). Herroeping van Algemene Volmag Verskeie algemene volmagte wat ingedien word vir registrasie bevat n klousule wat die bestaande volmag herroep. Moet n aparte kennisgewing van herroeping ingedien word om die algemene volmag te herroep? Nee. Die registrasie van n algemene volmag en die herroeping van n bestaande algemene volmag mag in dieselfde dokument vervat word. In sodanige geval sal die dokument n PA kode ontvang welke kode ook gebruik sal word vir doeleindes van die kansellering van die bestaande algemene volmag. Die herroeping van n algemene volmag kan egter ook in n aparte dokument vervat word, wat n afsonderlike registrasiehandeling daarstel - (RKB42/2008). Volmag n Volmag word ingedien vir registrasie in n aktekantoor kragtens artikel 3(1)(u) van Wet 47 van 1937. Dit bevat egter die nuwe aanstelling sowel as Februarie 2015 Selfstudie Aktekursus 19