MIDSTREAM COLLEGE PRIMARY SCHOOL / PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF 02/2015 22 JANUAR IE 2015 Geagte Ouers GEDAGTE VIR DIE DAG Daar is geen beter oefening vir ʼn mens se hart as om uit te reik om iemand op te hef nie. (Bernard Meltzer) IN DIE NUUSBRIEF Belangrike datums Afrikaanse redenaars Naskool Skaak Judo Huiswerkweb Gholf Tweedehandse winkel Tina Cowley Voortrekkers My School Card UIT DIE KANTOOR Ons glo sterk aan die spreekwoord wat sê `n gesonde liggaam huisves `n gesonde gees. Ons Interhuis Atletiek was n reuse sukses. Dankie aan al die personeel, ouers en atlete wat die dag seepglad laat verloop het. Baie geluk aan al ons atlete wat pragtig presteer het! Sterkte vir die res van die seisoen. Ons bied ons leerders die geleentheid om ook hul swemtalent te ontwikkel. n Woord van dank aan ons swemmers vir hul positiewe deelname tydens ons Talent-swemgala. BELANGRIKE DATUMS GELEENTHEID DATUM GRAAD/PLEK ATLETIEKBYEENKOMS 22 Januarie VS LOUIS LEIPOLDT @ HOËRSKOOL ELDORAIGNE PRESTIGE-SWEMGALA 23 Januarie 14:00 @ MSC PRESTIGE-SWEMGALA 24 Januarie INDIEN DIT NIE VRYDAG PLAASVIND NIE REDENAARSKURSUS (AFRIKAANS) 26 Januarie 14:00 (OUDITORIUM) OUERINLIGTINGSAAND 26 Januarie GR 4-7 (18:00 SAAL) ATLETIEKBYEENKOMS 27 Januarie @ MSC GRAAD 1-FOTODAG 28 Januarie GRAAD 1-LEERDERS MONITORINHULDIGING 28 Januarie 18:00 (SAAL) JUNIOR REVUE-OUDISIES 28 Januarie GR 3 (13:45 GIMSAAL) SENIOR REVUE-OUDISIES 28 Januarie GR 6 EN 7 (14:15 - SAAL) ATLETIEKBYEENKOMS 29 Januarie @ MSC SWEMGALA: LIGA A-SPAN 30 Januarie @ WOODHILL COLLEGE SWEMGALA: LIGA B-SPAN 30 Januarie @ MIDSTREAM COLLEGE SWEMGALA: LIGA C-SPAN 30 Januarie @ ROBERT HICKS PRIMARY KOOROUDISIES 4 Februarie KOOR KLASKAMER (ONDER PAWILJOEN) 13:45 15:30 READING WORKSHOP 5 Februarie OUDITORIUM (17:30 19:30) SWEMGALA: LIGA A-SPAN 6 Februarie @ MIDSTREAM COLLEGE SWEMGALA: LIGA B-SPAN 6 Februarie @ DSG SWEMGALA: LIGA C-SPAN 6 Februarie @ LYNNWOOD RIDGE PRIMARY SENIOR REVUE: OEFENING 6 Februarie SAAL (14:30 18:00) JUNIOR REVUE: NAWEEKOEFENING 7 Februarie SAAL (8:00 15:00)
2 AFRIKAANS REDENAARSKURSUS ʼn Afrikaanse Hooftaal redenaarskursus word op 26 Januarie om 14:00 in die ouditorium aangebied. Alle belangstellende ouers en leerders word vriendelik uitgenooi om hierdie kursus by te woon. Hierdie kursus word gehou om te help met die beplan en skryf van n ATKV-toespraak. Tydens hierdie geleentheid sal daar geen afrigting plaasvind nie. Die eerste uur sal aan die skryf van n gepaste voorbereide toespraak, volgens die ATKV se vereistes, gewy word, terwyl die tweede sessie oor die onvoorbereide toespraak wat deelnemers van graad ses af moet lewer, sal handel. Meer inligting sal skriftelik in die Afrikaans Hooftaal-klasse uitgedeel word. Vir verdere navrae kontak gerus vir Nicoline Wildenboer by nicolinew@midstreamcollege.co.za. NASKOOL Die naskool bied ʼn ondersteunende en huislike omgewing vir u kind na skool. U kind ontvang daagliks ʼn heerlike, gesonde maaltyd by die snoepie voordat hulle met huiswerk begin. Die naskooldames verleen ondersteuning en aanmoediging terwyl die leerders hul huiswerk voltooi. U kind sal na en van aktiwiteite wat op die skoolgronde plaasvind geneem en gehaal word. Nadat huiswerk voltooi is, het leerders die geleentheid om onder die toesig van die naskooldames buite te speel. Die kinders kan ook vrywillig aan aktiwiteite soos kuns, sang en dans wat deur die naskooldames georganiseer word, deelneem. Indien u belangstel om u kind voltyds of op Ad Hoc-basis by die naskool in te skryf, kan u die aangehegte dokument invul en terugstuur skool toe. Vir enige verdere navrae kan u vir mev. Janine Tattersall kontak: janinet@midstreamcollege.co.za. KONTAK Vir meer inligting, navrae en klagtes kontak die hoof van die naskool. PERSOON Janine Tattersall: janinet@midstreamcollege.co.za PERSONEEL Personeel Reinette Smit (Gr. 1 + 2 Afr.) Christine Rodgers (Gr. 1 + 2 Eng.) Linda Otto (Gr. 3-7 Afr.) Kim Lamble (Gr. 3-7 Eng.) FOOIE R1450.00 per maand. Dit sluit daagliks ʼn voedsame, gekookte maaltyd wat PERMANENT verpligtend is, in. Die etes word deur die snoepie voorsien. Die fooie sal by u maandelikse rekening gevoeg word. FOOIE R145.00 per dag. Dit sluit daagliks ʼn voedsame, gekookte maaltyd wat AD-HOC verpligtend is, in. Die etes word deur die snoepie voorsien. Die fooie sal by u maandelikse rekening gevoeg word. URE Direk na skool tot 17:30. NASKOOL SLUIT STIPTELIK OM 17:30. MAAK ASSEBLIEF SEKER DAT U, U KIND BETYDS OPLAAI. Op Vrydae sal die Gr. 3- tot 7-leerders in die biblioteek wees. VAKANSIES Die naskool sal gedurende skoolvakansies gesluit wees. ʼn Kunsprogram sal sekere tye gedurende die vakansies deur Kim Lambe teen ʼn ekstra koste aangebied word. HUISWERK U kind sal in die voltooiing van sy/haar daaglikse huiswerk bygestaan word. EN Toesig en hulp sal gedurende toetse en eksamentye verleen word. STUDIES Ouers is steeds verantwoordelik om huiswerk na te gaan, al is huiswerk en studie by die naskool voltooi. Graad 1-ouers moet asseblief na hul kinders se pretlees luister. BUITEMUURSE Ons sal seker maak dat u kind al sy/haar buitemuurse aktiwiteite bywoon. AKTIWITEITE Voorsien asseblief die naskooldames van alle inligting rakende buitemuurse aktiwiteite. TOESIG Leerders sal altyd onder toesig wees, binnekant en buitekant. Die skool se gedragskode is van toepassing by die naskool. Mnr Kotze is in beheer van REËLS dissipline. Voorsien asseblief u kind van die onderstaande items. BENODIGHEDE ALLE ITEMS MOET GEMERK WEES. GR 1-3
3 1. Leë 2L roomysbak 2 Twee grys potlode 3. Skerpmaker 4. Skêr 5. Pritt 6. Liniaal 7. Uitveër 8. Uitdraai-kryte 9. Inkleurboek 10. Toetsboek (A4 met lyntjies) 11. Hoed en sonroom 12. Speelklere 13. Warm klere GR 4-7 1. Pennesakkie met skryfbehoeftes soos vir huiswerk benodig. 2. Hoed en sonroom 3. Speelklere 4. Warm baadjie SKAAK Skaak sal op Dinsdag 3 Februarie ʼn aanvang neem. Meld by Mev. Nicholson se klas op die volgende tye aan: Gr. 1, 2 & 3 van 13:45 tot 14:45 Gr. 4 & 5 van 14:30 tot 15:30 Gr. 6 & 7 van 15:30 tot 16:30 Bogenoemde tye is bloot voorlopig totdat die oefengroepe uitgesorteer is. Veranderinge aan die oefentye kan plaasvind na aanleiding van die hoeveelheid leerders in elke groep, en sommige groepe se oefening / lesse kan moontlik gelyktydig plaasvind. JUDO Vir meer inligting, sien asseblief aangehegte dokument. HUISWERKWEB U sal binne die volgende twee weke ʼn e-pos ontvang waarin die registrasieproses vir Midstream College se huiswerkweb uiteengesit is. Die e-posadres waarop u dié inligting ontvang, is die een wat gebruik sal word om u te registreer. U moet asseblief weer vir 2015 herregistreer. GHOLF Leerders wat op n sinvolle wyse nege gaatjies op hul eie kan speel, is welkom om op Donderdae by ons Gholfspelers in te val. Spelers gaan op dié dae nege gaatjies onder toesig speel. Die reëling sal vanaf 5 Februarie tot 19 Maart 2015 geld. Spelers moet stiptelik om 14:00 by die Gholfbaan aanmeld. DIE SESSIES IS NIE VIR AFRIGTING NIE, maar om spelers wat reeds kan speel die geleentheid te bied om te speel. Vir verdere inligting kontak mnr Kotze by (012) 661 0724 of per e-pos: schalkk@midstreamcollege.co.za. (Kostes: R35-00 per speler per middag). Die wedstryde gaan ook gebruik word as proewe om ons skoolspanne vir die vierde kwartaal te bepaal.
4 Indien daar leerders is wat graag met Gholf wil begin, of wat baie sukkel, kan hulle by die Gholfbaan navraag doen. Kontakbesonderhede: Patrick 082 992 1314 of per e-pos patrick@pobgolf.co.za Christo Eagleton - 0825363354. TWEEDEHANDSE KLERE-/BOEKWINKEL Indien u belangstel om ons tweedehandse klerewinkel vir skoolklere en/of skoolboeke te besoek, is u meer as welkom om Carlou op 082 5200 478 vir afsprake te kontak. Winkeltye: Maandag- en Woensdagoggende van 7:00 8:00. Ouers kan Carlou skakel vir middagafsprake, aangesien sy op verskillende tye in die middae beskikbaar sal wees. TINA COWLEY ʼn Leerprobleem is ʼn leesprobleem. Is u bekommerd oor u kind se vordering en of u kind die mas gaan opkom hierdie jaar? Ons kan help! By Tina Cowley Midstream help ons almal van klein tot groot met die belangrikste lewensvaardigheid: lees! Ons doen ʼn wetenskaplike evaluasie van jou leesvaardigheid en begripsvermoë. Die program bevorder ʼn liefde vir lees en help om leesspoed, begrip en leesvaardighede te verbeter. Ons glo Lesers is Presteerders as jy kan lees kan jy enigiets doen! Moenie wag nie, maak nou ʼn afspraak. Kontak Estari: 084 580 7755 of nelestari@gmail.com VOORTREKKERS Die Voortrekkers in Midstream skop die jaar met groot opgewondenheid af.
5 MY SCHOOL CARD Midstream-groete Me. H. HILL SKOOLHOOF