Hoë Mielieprys? Oorweeg Backgrounding van Jou Speenkalwers

Vergelijkbare documenten
DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

INSKRYWINGSVORM 2010 NASIONALE SKAAPBOER VAN DIE JAAR KOMPETISIE. Die kompetisie is oop vir deelname deur enige boer wat met skape boer.

Belangrike voedingstappe vir die winter 2013

Wildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone

VLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE

SKAPE EN MIELIES: N VOLHOUBARE KOMBINASIE? Hendrik van Pletzen (Voermol Voere)

ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

PRODUKHANDLEIDING VEERTIENDE UITGAWE. Wat die natuur kort - sal Voermol voorsien

VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE

Hoë potensiaal skaapras sonder grense

VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE

PRIKKELVOEDING VAN TEELOOIE IN PERSPEKTIEF

TEMA : HOE BOER EK INTENSIEF OP N HOE LYK DIE OMGEWING?

Vraag: Ek soek riglyne om my skape te voer sodat ek produksie kan volhou om sodoende winsgewend met die skape te boer.

VROEGSPEEN VAN LAMMERS KAN VLEISPRODUKSIE PER HEKTAAR VERHOOG

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

DROOGTEVOEDING VAN SKAPE

Hoe maak ek meer wins uit bees- boerdery? Benut geleenthede Waardetoevoeging Geleentheidsvoerkraal Toekomsvisie Samevatting

Somer. Winter. Behoefte. Fosfaat Voorsiening. Okt. Okt

Les 14: Entrepreneurskap

groot spronge koeie, of NIE dit tog korrek en betyds en die geslagsiekte Sou BULLE bespaar koste vir u, DIE September op dae

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

Lamtyd verg besondere vernuf

DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING

Tabel 1: Produksielekke: 5 Opsies. Opsie 1 Voermol Produksielek (V 10108) n Klaargemengde produksielek, met n proteïeninhoud van 25 %.

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

INDIVIDUELE LEKINNAME BEPAAL ALGEHELE KUDDEPRESTASIE

Sentraalbeplande stelsel

Diagnostiek, die Sleutel tot Voorkomende Kuddegesondheid KONTRAK

Russell en Ed Clark met klein Mike op sy pa se skoot.

KRUIPVOER VERHOED SPEENSKOK EN BEVORDER NASPEENSE GROEI

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Met goeie rambestuur kan elke ram die maksimum aantal lammers. Bestuur ramme vir meer lammers

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

FAKTORE EN VEELVOUDE

By Morvet word n verskeidenheid van produksiedier geasosieerde veeartseny dienste gelewer.

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Les Plan Twee. Habitats

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Vraag vanaf:kassel van den Berg -

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING

Hoe kies n mens n troeteldier?

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Die gebruik van doeltreffende lamstelsels beperk lamvrektes

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

(insluitende nie-dodelike en dodelike metodes) sal mettertyd help om veeverliese te verminder.

Die spons proses vir sinchronisasie van skape.

DOMSIEKTE. Oorsake van domsiekte

2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS

Antieke Egipte en die Nylrivier

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

DIE KEUSE VAN DIE KORREKTE LEK AANVULLING IS BAIE BELANGRIK VIR OPTIMALE DIEREPRODUKSIE

Maak die meeste van jou marges

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GROENVOER HEELJAAR OOR VOER-BOER WAT KAN VOER-BOER DOEN VIR JOU

BEMAGTIGINGSPLASE STRATEGIESE VENNOTE UITLEG. Elandsvlei is later verdeel tot 2 ekonomiese eenhede, elk vir JAS Cloete en Manie du Plessis.

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Drastiese verhoging in speenpersentasie is moontlik met lamhokke

Voerkraalafronding van Speenkalwers

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

RAMSEM K.I. & EMBRIOSENTRUM

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

KALF GROOTMAAK. A18044 RCL FOODS Calf Brochure A5 AFR DPS.indd 1

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

INHOUDSOPGAWE. BLADSY Sernick Soutfos. 19 Sernick P Sernick Somerlek 10% 21 Sernick Somerlek 12 + P. 22 Sernick Produksie Lek 20%

MEGA VEILING Woensdag H00 Hochfeld, Namboerkrale

S.A.TIMBER GROEP MAATSKAPPY PROFIEL

LEES DIE TEKENS VAN BANKROTSKAP DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

HOEVEEL HEKTARE KAN N STAATSAMPTENAAR BEKOSTIG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

Transcriptie:

Mei 2012 Hoë Mielieprys? Oorweeg Backgrounding van Jou Speenkalwers Ulrich Müller, Voermol Voere Die afgelope paar jaar was daar ʼn skerp toename in plaasvoerkrale. Dit is omdat produsente hulle eie speenkalwers en/of mielies gebruik het om waarde tot mielies en speenkalf te voeg. Die hoë mielieprys en die relatiewe lae vleisprys het egter sake verander en winsgewendheid in die voerkraal is tans onder druk. Speenkalfprodusente moet dus hulle opsies versigtig oorweeg en besluit wat om met hulle speenkalwers te doen. Die maklikste en veiligste opsie is sekerlik om die speenkalf direk na speen aan 'n voerkraal te verkoop. Die voordeel daarvan is dat die risiko laag is en die geld onmiddellik gebank kan word. Die nadeel is egter dat geen waarde tot die speenkalf toevoeg word nie. Backgrounding 'n Verdere opsie is om die speenkalf terug te hou en op weiding uit te groei. Sodra die kalf sowat 380 kg weeg, kan die kalf vir sowat 60 tot 80 dae in 'n voerkraal gevoer word om die kalf markklaar te kry. Sodoende word die kalf heelwat later in die jaar bemark (Nov/Des) wanneer vleispryse gewoonlik hoog is. Superieure kwaliteit produkte vir die uitgroei en vetmaak van beeste. Hierdie praktyk om 'n kalf eers te background of uit te groei en dan later af te rond, werk goed indien die produsent toegang het tot voldoende en goeie gehalte weiding. Sodanige gehalte weiding verseker 'n goeie gemiddelde daaglikse toename en bring mee dat die praktyk van backgrounding kostedoeltreffend is. Die gehalte van die weiding gaan bepaal watter aanvulling gebruik moet word vir backgrounding. Groenweiding is hoog in proteïen, hoogs verteerbaar en diere op sulke weidings se massa neem toe. Op groenweiding is fosfor (P) gevolg deur energie egter beperkend. Om optimale gewigstoename te verseker, moet P en energie aangevul word. Oorweeg produkte soos Voermol Supermol (V7267), Voermol Energieblok (V11456) of Voermol Molovite (V7266). Op droë weiding is proteïen gebrekkig en moet dit in die vorm van 'n produksielek aangevul word. Voerkraal Kalwers wat direk vanaf weidings bemark word se gradering is gewoonlik swak weens die gebrek aan afronding. 'n Groot persentasie van die kalwers sal A0/A1 gradeer weens die te lae energie-inname vanaf die weiding. Gevolglik word aanbeveel dat kalwers na die backgroundingfase in 'n voerkraal afgerond word. 'n Voertydperk van tussen 60 en 80 dae is gewoonlik voldoende. Gebruik die Voermolstelsel met Voermol SB 100 (V4498) of, indien geen ruvoer beskikbaar is nie, Voermol Beefmaker (V7535). 52 1

1 Ten Slotte Onder die huidige toestande (hoë mielieprys) is die backgrounding van speenkalwers 'n goeie praktyk wat winsgewendheid aansienlik kan verhoog. Vir die suksesvolle backgrounding van kalwers, is van die volgende aspekte egter belangrik: i) Weens die lang voertydperk (uitgroei op weiding gevolg deur voerkraalperiode) is die karkasse dikwels te swaar, veral as die diere nog langer en swaarder met 'n Zilmax-bevattende voer gevoer word. ii) Weens die lang tydperk op weiding, is die karkasse se vet geneig om geel te vertoon. Die voerkraalfase help om die geel vet met wit vet te verdun. iii) Die weiding moet van sodanige gehalte wees, dat kalwers ten minste ʼn GDT van 800 g handhaaf. Deur 'n speenkalf van 220 kg direk na speen in 'n voerkraal markklaar te voer, word sowat 850 kg mielies benodig. Dit neem sowat 120 dae vanaf speen tot bemarking. Indien die kalf eers vir sowat vyf maande gebackground word en daarna in 'n voerkraal afgerond word, word die kalf sowat sewe maande na speen bemark en slegs sowat 500 kg mielies word benodig. Sien www.voermol.co.za vir meer besonderhede oor die produkte wat in die artikel aanbeveel is. Koning Letsie III van Lesotho Besoek Clocolan Henk Vermooten (Voermolagent), Leon van Dijkhorst (Verkoopsbestuurder - Sentralestreek), Dr. Carl Scholtz (Eienaar Zuikerkop), King Letsie III (Lesotho Koningkryk) en Ngaka Rafutho Leon van Dijkhorst, Voermol Voere Dr. Carl Scholtz en sy vrou, Elmien, het die voorreg gehad om Koning Letsie III van die koninkryk van Lesotho op Vrydag 3 Februarie 2012 op hul plaas, Zuikerkop, buite Clocolan te ontvang. Die besoek is deur Voermol geborg en het baie informeel verloop. Dr. Scholtz het Koning Letsie III ingelig omtrent Zuikerkop Merino s se teeldoelwitte en prestasies. Mnr. Jan Munnik van BKB is al 20 jaar betrokke by die kudde en die klas van ramme en ooie op Zuikerkop. Munnik het van die ramme en ooie bespreek en praktiese teeldoelwitte uitgewys. Hy het ook klem gelê op die feit dat 20 % van die inkomste vanaf wol en 80 % vanaf vleis verkry word. Met voedselsekerheid hoog op vanjaar se agenda maak dit sin dat dit vir die inwoners van Lesotho belangrik is om 'n gebalanseerde skaapras te gebruik. Dr. Scholtz het egter beklemtoon dat wolproduksie nie ingeboet moet word ten koste van vleisproduksie nie. Die uiteindelike doelwit van sy teling is om 'n witwol gladdelyfskaap met goeie bouvorm te teel. Hierna het Dr. Scholtz een van sy Goue Meriete Herefordstoetbulle aan Koning Letsie III vertoon. Henk Vermooten, Voermol se agent in Clocolan, het tydens sy voordrag klem gelê op die voer van die regte tipe lek op die regte tyd. Maxiwol, Maxiblokke en ander produkte is bespreek. Daarna, het almal saam middagete by Zuikerkop Lodge geniet. Hierdie dag was werklik een van die hoogtepunte van my loopbaan. Sulke dae vergeet 'n mens nie sommer nie. Dankie, Koning Letsie III. 2

Hoekom Verkies Meeste SA Beesboere Voermol se Proteïenlekke? Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (083 386 8382; jasperco@iafrica.com) Hoekom verkies meeste beesboere Voermol Proteïenlekke? Voermol proteïenlekke word deur beesboere verkies weens hulle unieke eienskappe en die wye keuse van Voermol proteïenlekke wat beskikbaar is om proteïen-, mineraal-, spoorelement- en vitamientekorte op enige tipe droë weiding aan te vul. Sommige Voermol proteïenlekke bevat natuurlike proteïen (deurvloeiproteïen) wat uitstekende diereprestasie verseker. Wat is die unieke eienskappe van Voermol se melassegebaseerde Proteïenlekke? Ureum word in melassetroop opgelos wat die risiko van ureumvergiftiging verminder. Die relatief lae ph van Voermolprodukte verseker dat die ureum stadiger in die rumen tot ammoniak afbreek wat die risiko van ureumvergiftiging verminder. Die stadiger beskikbaarstelling van ammoniak verseker doeltreffender benutting daarvan deur die mikrobes in die rumen. Die energie in melasse is onmiddellik vir die mikrobes in die grootpens beskikbaar. Dit verseker doeltreffender benutting van ureum wat die gevaar van ureumvergiftiging verder verlaag. Melasse is ryk aan kalium wat matig lakserend is en gevolglik help om droë galsiekte in diere op droë weiding te voorkom. Melasse is smaaklik en verseker ook dat lekke nie stowwerig is nie wat meehelp om die voorgeskrewe lekinnamepeile te bereik en terselfdertyd verhoed dit dat die lekke wegwaai. Voermol bemark 'n reeks melassegebaseerde rumenstimulerende proteïenlekke wat in verskillende vorms (los lek, blok en vloeistof); formaat (klaargemeng en gereed om te gebruik en selfmeng); met hoë of lae fosforinhoud beskikbaar is en wat hoë vlakke van al ses noodsaaklike spoorelemente asook makrominerale en Vitamien A bevat. Daar kom dikwels groot verskille tussen plase voor weens verskeie faktore (bv. verskille in grondtipes; klimaatstoestande; weidingsamestelling en spesies; weiding- en dierebestuurspraktyke; ensovoorts) wat dit noodsaak om aanpassings aan bestaande lekaanvullingspraktyke en -resepte te maak om optimum respons te kry.999 Wat is die doel met die voorsiening van Voermol Proteïenlekke? Die aanvulling van die ontbrekende voedingstowwe in droë weiding stimuleer die diere se eetlus; bevorder die vertering van droë weiding wat dan weidingsinname met tot 20 % kan verhoog. Dit beperk kondisie- en massaverlies waardeur vrugbaarheid bevorder word. Sonder voldoende proteïnaanvulling via lekke op droë weiding bereik teelkoeie nie hulle teikenkondisie met aanvang van die paarseisoen nie en het dit swak besetting en gevolglik laer kalfpersentasies tot gevolg.999 Diereprestasie en optimale funksionering van die immuniteitstelsel word nadelig beïnvloed indien diere aan 'n proteïentekort op droë weiding en oesreste blootgestel word. 'n Lae weerstand weens swak immuniteit maak diere meer vatbaar vir bakteriese en virussiektes terwyl diere ook swakker sal immuniseer wanneer hulle geënt word. Regte keuse van Proteïenlekke vir vleisbeeste Deur die regte Voermol Proteïenlek vir 'n spesifieke omstandighede te kies, sal nie net verseker word dat die diere maksimum voordeel uit die beskikbare droë weiding kry nie, maar ook kostedoeltreffende diereproduksie verseker. Die volgende klaargemengde droëseisoenlekke is vir vleisbeeste beskikbaar. Voermol Premix 450 (V4676) 4 Die voorsiening van n proteïenlek aan beeste op droë weiding is uiters noodsaaklik aangesien die voedingswaarde daarvan te laag is om normale produksie en reproduksie te onderhou. Die vraag is dus nie wat proteïenlekaanvulling kos nie, maar of produsente kan bekostig om dit nie te voer nie! 3

'n Besoek aan Tigani Bonsmaras Jeremy Bosman, Voermol Voere Hendrik en Elmarie Beyers boer met Bonsmarastoetbeeste op die plaas Goedevooruitzicht buite Hartbeesfontein. Hendrik het sy verse baie goed voorberei vir sy Aprilveiling saam met die Overvaalgroep. Hierdie ongelooflike produksieveiling het op 12 April plaasgevind. Van sy 200 verse is 100 verse op die produksieveiling aangebied. Die koeie kry 'n lek wat bestaan uit Voermol Super 18 (V355), Voermol Rumevite 12P (V11994) en sout. Die verse gaan die winter deur met 'n produksielek wat uit 50 kg Premix 450 (V4676) en 50 kg mieliemeel bestaan. Met die aanvang van die somer word die verse oorgeplaas op goedbemeste Smutsvingerkampe en Voermol Supermol (V7267) word teen 1 kg per dier per dag gevoer. Met hierdie voedingstrategie is die vorige seisoen daarin geslaag om 93 % van die verse beset te kry. Volgens Hendrik is Voermol Supermol definitief die beste belegging wat op die plaas gemaak word in terme van aanvullings, want sy diere bereik hulle teikenmassa betyds. Alhoewel dit n groot kapitale uitleg is, word hierdie kwaliteitverse op die veiling aangebied om sodoende goeie genetika aan beide kommersiële en stoetboere te bied. By die ingang van sy plaas is daar ook n bord wat aandui dat hier Voermol Supermol uitgegroeide Bonsmaraverse beskikbaar is. Hierdie vennootskap tussen Tigani Bonsmaras en Voermol bewys dat dit baie moeilik is om n prys op kwaliteit en genetika te bereken. Voermol Voere wens Tigani Bonsmaras alle sterkte toe met die toekomstige Overvaal Produksieveilings. 3 vir baie strawwe winters; EG Lek (V22522) vir suurveldgebiede met matige tot strawwe winters; Bovelderlek (V19218) vir laer lekinnames waar tradisionele winterlekke se innames te hoog is (bv. suurveldgebiede); Hoëveldlek (V16150) vir hoër fosforaanvulling; Dundee Lekkonsentraat (V10737) met of sonder ekstra fosfor vir selfmeng (sien Tabel); Rumevite Ekonolek (V11147) vir diere wat ekstra energie benodig soos speenkalwers en eerstekalfverse; Proteïenblok (V10448) en Beesblok (V10932) waar lekbakke nie beskikbaar is, eersgenoemde blok is ook hoog in fosfor. Vir meer besonderhede oor leksamestelling, lekmengsels, gebruiksaanwysings en aanbevole innamepeile raadpleeg Voermol se nuutste Produkhandleiding of www.voermol.co.za00 Grondstowwe * Gebruik in gebiede waar ernstige fosfortekorte voorkom. ** Gebruik Dundee Lekkonsentraat + P Selfmeng-proteïenlekke 1 2* 3 Voermol Dundee Lekkonsentraat 250 250** - met of sonder P (V10737) (kg) Bovelderlekkonsentraat (V19908) (kg) - - 450 Mieliemeel of Voermol Melassemeel 100 200 200 Voermol Rumevite 12P (V11994) (kg) - 50 - Sout (kg) 150 150 350 Totaal (kg) 500 650 1 000 Aanbevole inname (g/bees/dag) 355-470 450-600 500-800 4

Doeltreffende Skaapbestuursprogram Ononderhandelbaar vir Hoogs Winsgewende Skaapboerdery Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (083 386 8382; jasperco@iafrica.com) Wat is die hoofdoel van n Skaapbestuursprogram? Om nie te vergeet om 'n aktiwiteit uit te voer nie (bv. toediening van 'n skraagdosis). Om die korrekte aktiwiteit op die regte tyd reg uit te voer om die bes moontlike diereprestasie te verseker. Dit sluit die gebruik van n doeltreffende produk in. Die duurste produk is altyd die een wat nie gewerk het nie. Verskaf 'n onmiddellike rekord van wat in 'n kudde gedoen is wat kan help om 'n probleem makliker op te spoor. Baie skaapprodusente sukkel met lae winsmarges weens die gebruik van verouderde bestuur-, voeding- en seleksiepraktyke asook die gebruik van verouderde tegnologie. Wanneer die nuutste praktyke gelyktydig en korrek toegepas word, het dit 'n sinergistiese effek wat tot superieure diereprestasie en hoë winsgenerering aanleiding gee. tye, skandering, lamtye, speentye, veilings, skoue, vakansie, ensovoorts in om onnodige botsings te vermy wat soms daartoe lei dat 'n aktiwiteit nie uitgevoer word nie. Vul dan entings vir klostridiale siektes, pasteurella, bloutong, slenkdalkoors, ensoötiese aborsie, ensovoorts in. Res van die aktiwiteite soos dosering, skeer, dip, ensovoorts word op die mees geskikte tye ingevul. Waaruit bestaan 'n Skaapbestuursprogram? Alle aktiwiteite wat met skape gedoen gaan word. 'n Enting- en doseerprogram moet met behulp van 'n veearts opgestel word. 'n Voedingsprogram, spoorelementen vitamienaanvullings moet met behulp van 'n voedingskundige opgestel word. Is 'n basiese Skaapbestuursprogram beskikbaar? 'n Elektroniese Skaapbestuursprogram met 'n byvoedingsprogram is beskikbaar wat die basiese aktiwiteite aantoon en wat met behulp van kundiges vir elke spesifieke plaas pasgemaak* kan word (sien 'n uittreksel uit die program hieronder). Hoe word 'n Skaapbestuursprogram opgestel? Kies eers die paardatum. Deel die jaar op 'n weeklikse grondslag in en ken maksimum drie aktiwiteite per week toe. Vul eers die vaste datums soos paar- 'n Basiese Skaapbestuursprogram, wat deur kundiges vir elke spesifieke plaas opgestel is, is ononderhandelbaar om 'n hoogs winsgewende skaapboerdery te verseker. (Foto: AJ Burger, Sutherland). 'n Resep om maksimum wins te genereer, is om nie op enting, dosering en voer te bespaar nie (Vizard, 2002). STADIUM DATUM AKSIES /VOERMOLPRODUKTE PRODUKTE Prikkelvoeding 25 Maart 2012 Skuif ooie na spaarkampe & verskaf vir 'n ses weke periode 'n prikkelvoer (Voermol Winslekkorrels of 'n Voermol Maxiwollek) teen 300 tot 400 g/ooi/dag. Koggelramme in 5 April 2012 Koggel ooie vir 10 dae. * Teelramme in 15 April 2012 Paar ooie vir 35 dae. * Teelramme uit 20 Mei 2012 Haal ramme uit en ent hulle met lewendige entstowwe teen heersemde siektes. Skandering 1 Julie 2012 Skandeer ooie en skot oorslaanooie uit. * Voorbereiding van 28 Julie 2012 Nodige entings, dosering en voorsien 'n * laatdragtige ooie Maxiwollek teen 300 tot 500 g/ooi/dag. Lamtyd 8 September 2012 Ooie begin lam; plaas ooie wat gelam het in lamhokke; voorsien byvoeding aan lammerooie (Voermol Maxiwollek of 'n volledige Lammerooirantsoen) en kruipvoeding aan lammers. * * 'n Immuniserings- en doseerprogram word met behulp van die plaaslike veearts en/of die Tegniese verteenwoordiger van n Dieregesondheidsmaatskappy opgestel. * * 5

Wennerboere Oorkom Natuurlike Hulpbronbeperkings Daar was ook 'n praktiese gedeelte in die program waar die wennerboere sekere eienskappe van hul diere uitgewys het. (Foto: Johan Norval). Johan Greyling en Hennie Snyman, Universiteit van die Vrystaat en Hendrik van Pletzen, Voermol Voere n Baie geslaagde Veeboeredag is op Paradys, proefplaas van die Universiteit van die Vrystaat gehou, waar die Beesen Skaapboer van die Jaar hul praktiese bestuurspraktyke aan 230 medeveeboere verduidelik het. Een van die doelwitte van die Nasionale Bees- en Skaapboer van die Jaar kompetisie is om bestuurspraktyke van suksesvolle veeboere prakties aan medeboere bekend te stel. Die 2011 Nasionale Bees- en Skaapboer van die Jaar is terdeë daarvan bewus dat saam met die natuur geboer moet word. Beide wenners boer uitsluitlik op veld en hulle besef dat die beskerming, bewaring en volhoubare benutting van die natuurlike landbouhulpbronne die sukses van hul ondernemings bepaal. Mnr Gerrit van Zyl, Beesboer van die Jaar, boer met Bonsmaras op 'n gemengde (soet/suur) veldtipe in die Dewetsdorp distrik. Sy veldbestuurstelsel maak voorsiening dat die helfte van die plaas elke tweede jaar rus vir 'n volle groeiseisoen. Met hierdie praktyk het hy die weidingkapasiteit van sy plaas reeds met 30 % bó die norm van die gebied verhoog. Veld, veral die wortelstelsel van die plant, baat geweldig baie by lang rusperiodes. Dit verseker goeie saadproduksie, ontkieming en groei van jong saailinge en koolhidraattranslokasie na die wortels wat groeikrag en produksie in die volgende seisoen verbeter. Ongewenste indringerplante word voortdurend bestry en dit is opmerklik dat slangbos, wat 'n groot probleem op baie plase is, nie by hom voorkom nie. 'n Kenmerk van sy reproduksieprogram is 'n relatiewe kort teelseisoen van 63 dae by verse wat volhoubaar op 12-14 maande gedek word. In die afgelope produksiejaar was die speenpersentasie van hierdie verse 81.4 % (getal kalwers gespeen as 'n persentasie van getal verse by die bul) en dié van eerstekalfkoeie 92.9 %. Die speenpersentasie oor die hele kudde was 94.7 %. 'n Goed uitgewerkte lekprogram word jaarliks hersien om by wisselende klimaatsomstandighede aan te pas en goeie diereproduksie te verseker. Mnr van Zyl het ook 'n unieke doeltreffendheidsmaatstaf, nl. die globale wins-indeks (GWI) ontwikkel wat gebruik word om potensiaalbereiking by verskillende hulpbronne te bepaal. Die bruto marge per GVE was R3888 die afgelope produksiejaar met 'n wins van R343 per ha. Sy wye betrokkenheid by die vleisbeesbedryf d.m.v. uitnodigingslesings reflekteer sy kundigheid op die gebied van diereteling. Mnre. Charl en Sarel Saunderson, Skaapboer van die Jaar, boer ekstensief met Dorpers in die Kenhardtdistrik. Hierdie uiters ariede gebied met sy lae reënval van 132 mm per jaar, verg in diepte weiveldbestuurskennis vir volhoubare skaapboerdery. Veldverbetering geniet 'n besondere hoë prioriteit ten einde die weiveld se weikapasiteit te verbeter. Sy weiveld verkeer tans in 'n baie goeie toestand wat verder getuig van die erns met die bewaring en volhoubare benutting van die natuurlike hulpbronne. Prosopis- 7 6

Voermol Landelek vir die Optimale Benutting van Oesreste en Weimielies Hendrik van Pletzen, Voermol Voere Oesreste van kontantgewasse speel 'n belangrike rol in die oorwintering van vee in saaigebiede. Die drakrag van oesreste is hoog met 'n redelike hoë energiewaarde, maar die proteïenwaarde is marginaal tot laag. Die spoorelementinhoud van oesreste is laag, veral sink, koper, mangaan en selenium op swaarder gronde. Hamels wat lank op mieliereste of weimielies wei, ontwikkel blaasstene. Suurpens is 'n groot probleem wat aanleiding gee tot vrektes en swakker groei. Hoe meer graan op die grond soos, bv. koppe wat nie opgetel is nie, hoe groter die probleem. Voordele en Gebruike van Landelek Voermol Landelek (V15414) is ontwikkel om tekorte aan te vul en voedingsprobleme te beperk op reste van mielies, graansorghum, sonneblomme, kleingrane en weimielies. Landelek is 'n klaargemengde proteïen, mineraal- en spoormineraalaanvulling vir skape, beeste en bokke en kan net so gebruik word. Dit bevat verskillende buffers om suurpens te voorkom en bevat ook 'n anioonsout om blaassteenvorming by hamels te voorkom. Landelek het 'n medium-inhoud verbyvloeiproteïen en bevat voldoende hoeveelhede van al sewe noodsaaklike spoorelemente, is melasse gebaseer wat 'n goeie inname verseker en sal nie wegwaai nie. Om die beste voordeel uit wolproduksie te kry, moet lammers twee weke voor bemarking geskeer word. Navorsing toon dat goeie gehalte droë speenkalwers met 'n aanvulling van 1 kg Landelek per dag, tot 1.2 kg per dag gegroei het oor 'n weityd van 60 dae op mieliereste. In praktyk groei goeie gehalte speenlammers tot 240 g/dag op weimielies met Landelek. In gekontroleerde proewe met goeie gehalte lammerooie op weimielies met Landelek, het ooie tot 232 g/dag en lammers tot 265 g/dag gegroei. Voerinstruksies Landelek word aanbeveel vir diere met 'n hoë voedingsbehoefte soos bv. eerstekalfkoeie, lammerooie, speenlammers en speenkalwers. Die aanbevole inname van Landelek is 800 1200 g/bees/dag en 150-200 g/ skaap/dag. Landelek kan ook in gelyke dele met mieliemeel gemeng word om beter lekinname en beter diereprestasie te verkry. Voer die mengsel teen 2 kg/bees/ dag en 400 g/skaap/dag. Gelykmatige aanpassing op mielies is belangrik. Volg die voorskrifte om verliese te beperk. Indien meer ingligting verlang word, raadpleeg u naaste Voermolagent of sien www.voermol.co.za. 6 bome is vanaf die vroeë 1980 s uitgeroei en vandag is daar geen Prosopisbome op die plaas nie. Ondergrondse water en veldtoestand het aansienlik verbeter sedert die indringers bestry is. Kaal kolle in die veld word geploeg om 'n goeie saadbed te verseker sodat elke druppel reën op sy plaas bly en nie wegloop nie. 'n Intensiewe turksvy vestigingsprogram dra daartoe by om die lae potensiaal natuurlike veld aan te vul. As Dorperteler met definitiewe seleksiedoelwitte, word 'n hoë premie geplaas op vrugbaarheid, aanpasbaarheid en moedereienskappe. Die gebruikmaking van prestasietoetsing versnel die bereiking van die doelwitte. Unieke reproduksiebestuursaspekte sluit o.a. in 'n teelseisoen van 35 dae, die gebruik van KI, vier lamseisoene in drie jaar en die gebruik van lamkruiphokke. Jong ooie word op 11 maande gepaar wanneer hulle 56 kg weeg (80 % van volwasse ooimassa). 'n Speenpersentasie van 142.7 % is die afgelope lamseisoen aangeteken en dit getuig van doeltreffende reproduksiebestuur. Rente verdien op kapitaal belê in grond en vee het 11.2 % beloop in die afgelope finansiële jaar en dit sluit kapitaalgroei in grond en ooie uit. Mnr Charl Saunderson is ook aktief betrokke by verskillende aksies van georganiseerde landbou en bied kursusse vir opkomende boere aan. Die beoordelaars van die kompetisie was professore Johan Greyling en Hennie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement Vee-, Wild- en Weidingkunde en mnr Hendrik van Pletzen van Voermol. Voermol is die hoofborg en koördineerder van die kompetisie. Ander borge en medewerkers sluit in Landbouweekblad, Agri SA, BKB, Eerste Nasionale Bank, die Nasionale Wolkwekersvereniging van SA (NWKV), die Rooivleisprodusente Organisasie (RPO), die Transvaalse Landbou Unie SA (TLU SA), die UV en die Veegesondheid- en Produksiegroep van die SA Veterinêre Vereniging. 7

Voermol by NAMPO Mark Barlow, Voermol Voere Voermol Voere rig graag 'n hartlike uitnodiging aan boere en hul gesinne om die Nampo-oesdag van 15 tot 18 Mei 2012 naby Bothaville by te woon. Die fees beloof om weer 'n onvergeetlike ervaring te wees met 'n reeks uitstallings wat die hele gesin sal besig hou. Talle besoekers word verwag. Gedurende die 2011 Nampo-oesdag feestelikhede het meer as 73 000 besoekers die terrein oor die vier dae besoek. Die verkiesingsdag wat die Woensdag tot 'n openbare vakansiedag verklaar is, het 'n toeloop van bykans 34 000 besoekers tot gevolg gehad. Boere word genooi om Voermol Voere se stalletjie te besoek net wes van die Beeskompleks. Daar sal u geleentheid hê om u voerbehoeftes met die Voermolverkoopspan en ons tegniese kundiges, dr. Jasper Coetzee, Ulrich Müller en Hendrik van Pletzen, te bespreek. 'n Aantal Voermolprodukte sal ook tydens die Nampo-oesdag op promosie wees en sluit in die populêre vetmaakkonsentrate, Voermol SB 100 (V4498), en Voermol SS 200 (V8592) vir die vetmesting van beeste en lammers, asook Voermol se gewilde winterlek, Voermol Landelek (V15414). Ons wil u graag aanmoedig om die meeste van u Nampo besoek te maak deur u bestelling by die Voermolstalletjie te plaas. Boere wat hul bestellings vir hierdie produkte by Voermol se Nampo-stalletjie plaas, sal nie alleen die beste pryse betaal nie, maar sal ook kwalifiseer vir 'n spesiale Voermolgeskenk so na aan die veeboer se hart. 'n Minimum bestelling sal geld en alle bestellings wat by die Voermolstalletjie geplaas word, sal daagliks in aanmerking kom vir pryse tydens 'n gelukkige trekking. In 2011 is twee Leatherman Wave multitoebehore in die daaglikse gelukkige trekking weggegee. Ons wenners was Jan van Zyl van Vryburg; Rowland Munger van Francistown, Botswana; Jannie de Wet van Fochville; Dallas Phillips van die Evans-groep, Viljoenskroon; Jalome Joubert van Bothaville; Boeboe Louw van Wesselsbron; Albert Otto van Bultfontein en Rheeder Plase van Wesselsbron. Dankie vir u voortgesette ondersteuning; ons vertrou dat u groot waarde uit die pryse kon put. Die Voermol Voere-stalletjie by Nampo was nog altyd 'n spesiale trekpleister en vanjaar is geen uitsondering nie. Gesinne is welkom om by ons aan te kom vir 'n koeldrank of 'n lekker koppie tee of koffie, terwyl die lewendige uitstalling van beeste en skape onder aangename omstandighede besigtig kan word. Ons maak dan ook graag van hierdie geleentheid gebruik om ons opregte dank oor te dra aan Redgate Bonsmaras, die EAC Groep, Naas Malherbe en Willie Oosthuisen vir die goedgunstige leen van hulle diere tydens die 2011 Nampooesdag. Voermol Voere sien daarna uit om boere by die Voermolstalletjie tydens die 2012 Nampo-oesdag te verwelkom. Maak seker dat u besoek vanjaar 'n onvergeetlike een is. 8 Terwyl Voermol alles in sy vermoë gedoen het om die juistheid te verseker van inligting in hierdie inligtingstuk vervat, is ons nie aanspreeklik vir enige foute wat moontlik onopsetlik ingesluit is nie.